kalender vir die komende week...junie-eksamenvraestelle (tale): 27 en 28 maart soos aan die leerders...
Embed Size (px)
TRANSCRIPT

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
KALENDER VIR DIE KOMENDE WEEK
Datum Aktiwiteit
Vrydag 16 Maart Tennis: Seuns A vs. St Stithians
Skiet: Interprovinsiaal
Saterdag 17 Maart NWU Reeks vs. Hartbeespoort (weg)
Skiet: Interprovinsiaal
Sondag 18 Maart Koor: Kerkoptrede – NG Aasvoëlkop
Woensdag 21 Maart Menseregtedag
Netbal: O/14 – O/18 GSS Proewe
Saterdag 24 Maart NWU Reeks vs. Hoogenhout (tuis)
BEHEERLIGGAAM
Die allokering van die beheerliggaamportefeuljes is as volg:
Voorsitter Johan Botha
Ondervoorsitter Tommy Ferreira
Sekretaris Herman Swanepoel
Tesourier Tommy Ferreira
Regsake en Dissipline Schalk Aucamp
Bemarking en Openbare Betrekkinge/kommunikasie Herman Swanepoel
Fondsinsameling en Borge Johann Tredoux
Fasiliteite, terreinbestuur en spesiale projekte Piet van Wyk
Akademie, Personeelsake en Welsyn Gerrit Claassen
Sport Harry Gardner
Kultuur Ronel Meiring
Inligtingstegnologie Sal bevestig word
Baie geluk en sterkte aan elkeen van bogenoemde persone vir julle taak wat voorlê.
16 MAART 2018

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
AKADEMIE
Junie-eksamenvraestelle (Tale): 27 en 28 Maart
Soos aan die leerders gekommunikeer en ook op die kalender (sedert die aanvang van die skooljaar) aangedui, skryf alle
grade op hierdie twee betrokke dae die kreatiewe vraestelle wat deel van die Junie-eksamen uitmaak. Die motivering
hiervoor is dat die skool ‘n beperkte aantal dae tot ons beskikking het om die eksamen af te handel en dat ons sekere
vraestelle vooraf probeer skeduleer om tydsdruk te verminder. Omdat hierdie vraestelle as eksamenvraestelle geskeduleer
word, sal slegs doktersbriewe of begrafnisbriewe (volgens Departementele vereistes) as geldige verskonings aanvaar word
indien leerders nie hierdie vraestelle kan meemaak nie. Dis skool funksioneer volgens die datums geskeduleer volgens die
Departement van Onderwys. Hiervolgens sluit die skool 28 Maart en versoek ons dat ouers hierdie besluit sal respekteer.
Leerders met geldige versoeke sal gedurende die Junie-eksamen die geleentheid ontvang om hierdie vraestelle af te lê.
Wiskunde Departement vier Pi-dag
'n Groep van 76 Lindeniete het op Internasionale Pi-dag aan die eerste ronde van die Wiskunde Olimpiade deelgeneem.
Hoërskool Linden is een van net 130 skole in die land wat reeds in 2017 daarmee kon spog dat hulle 20 jaar agtereenvolgens
aan dié olimpiade deelgeneem het. Vanjaar is dus Linden se 21ste keer in 'n ry.
Die slimkopdames op die Wiskundestoep het ook met hulle Pi-hemde die konstante 3.14 en Albert Einstein se verjaardag op
14 Maart (3/14) gevier.
SPORT
NWU-reeks vs. Standerton
Rugby-uitslae Netbal-uitslae Hokkie-uitslae
O/14A wen 22-10 O/14 A wen 28-11 O/14A verloor 0-5
O/15A wen 70-10 O/14B verloor 8-17 O/15A verloor 0-4
O/16A wen 14-0 O/15A wen 25-16 O/16A verloor 0-5
Tweede span verloor 0-19 O/15B wen 19-8 Tweede span verloor 1-4
Eerste span verloor 22-28 O/16A wen 23-19 Eerste span gelykop 1-1
O/16B verloor 15-26
Tweede span verloor 8-29
Eerste span wen 34-10

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
Tennis
Hoërskool Linden se gemengde seuns- en dogterstennisspan het verlede naweek aan die Menlo Mixit Toernooi by Sun
City deelgeneem.
Linden se span was elke dag op die wenpad. Die uitslae was as volg:
- Linden wen 30-1 teen Menlopark B.
- Linden wen 24-7 teen Framesby.
- Linden wen 20-11 teen Bloemhof/Paarl Boys.
- Linden speel gelykop teen Nelspruit.
- Linden wen 13-12 teen Potchefstroom Gimnasium.
Hoërskool Linden behaal 'n algehele derde plek in die toernooi.
Welgedaan Linden!
Skaak
Hoërskool Linden se Junior A-skaakspan wen 6 uit die 7 ligawedstryde. Hulle laaste twee wedstryde was teen De la Salle
en Randpark High.
- Linden wen 8-0 teen De la Salle.
- Linden wen 5.5-2.5 teen Randpark High.
Die Junior B-span moet nog hul liga klaar speel. Hulle wen hulle laaste wedstryd teen Greenside High met 4.5-3.5

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
KULTUUR
Lindenkoor het die week bevestiging van Interkultur, die organiseerders van die World Choir Games, ontvang dat die koor
saam met talle ander internasionale kore gekies is om deel te neem aan die Wêreldkoorspele se afsluitingseremonie op 14
Julie in Pretoria.
Dít is nou bo en behalwe die drie kompetisie-kategorieë van die Spele waarvoor Lindenkoor reeds gekeur is.
Die afsluitingseremonie beloof om ‘n uitsonderlike massa-kooruitvoering van wêreldgehalte te wees wat na alle
waarskynlikheid ook internasionaal op televisie uitgesaai sal word. Vir hierdie geleentheid het die komponis, John Rutter, ‘n
spesiale lied gekomponeer, getiteld “One Voice”.
Dit is voorwaar ‘n eenmalige voorreg!
SOSIAAL
UKUNAKA
Hoërskool Linden maak hulle harte en beursies oop vir Ukunaka se jaarlikse muntlegging. Alle fondse wat deur Ukunaka
gegenereer word, word aangewend vir behoeftige gesinne in ons skool.
Stuur gerus ‘n e-pos aan [email protected] indien u betrokke wil raak by een van Ukunaka se projekte.

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
ADVERTENSIES