kandidate moet aandui of hulle saamstem ... -...

26
METRO EAST EDUCATION DISTRICT GESKIEDENIS VRAESTEL 1 GRAAD 12 JUNIE EKSAMENS 2015 NASIENRIGLYNE

Upload: voanh

Post on 28-Aug-2018

227 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

METRO EAST EDUCATION DISTRICT

GESKIEDENIS VRAESTEL 1

GRAAD 12

JUNIE EKSAMENS 2015

NASIENRIGLYNE

Page 2: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE TOT KOUE OORLOG- SPANNING TUSSEN DIE WESTERSE MOONDHEDE EN DIE SOWJETUNIE BYGEDRA?

1.1

1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] Brittanje/Britse Frankryk/Franse Verenigde State van Amerika (VSA)/ Amerikaanse Rusland (Sowjetunie) (4 x 1) (4)

1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] Die Sowjetunie het 'n aparte geldeenheid (Ostmark)in hulle sektor bekend

gestel Waarsku die Weste dat hulle, hulle nie moet bemoei in die aangeleenthede van

Oos-Duitsland nie Die Sowjetunie het Wes-Berlyn geblokkeer (Byvoorbeeld: paaie is toegemaak,

spoorlyne, waterweë) Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)

1.1.3 [Verduideliking van 'n historiese begrip uit Bron 1A – V1] Konsep wat deur Winston Churchill gebruik is om die verdeling tussen Oos- en

Wes-Europa aan te dui Dit was 'n simboliese grens tussen die kommunistiese blok en Wes-Europese

lande gedurende die Koue Oorlog Skeiding tussen kapitalisme en kommunisme in Europa Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)

1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] Wou die verspreiding van kommunisme verhoed/ 'domino- effek' na Wes

Europa As Berlyn in die hande van die kommuniste val, dan sou Wes-Duitsland onder

kommunistiese invloed kom Wou verseker dat demokrasie floreer Wou nie 2 miljoen Wes-Berlyners aan kommunistiese bewind oorgee nie Wes Berlyn was ʼn luisterpos vir die Weste (enige 1 x 2) (2)

1.21.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]

Om noodsaaklikhede/ benodigdhede soos voedsel, steenkool en klere aan Wes-Berlyn te lewer (1 x 2) (2)

Page 3: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] Tekort aan brandstof lei tot 'n beperkte voorsiening van elektrisiteit Vars voedsel was nie geredelik beskikbaar nie Berlyners ondervind koue en donkerte gedurende die winter en het geen warm

etes of elektrisiteit vir ligte nie (enige 2 x 1) (2)

1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] Gedetermineerd om nie in te gee/afgeknou te word

onder Sowjetdruk/kommunisme nie Om te toon dat hulle nie afhanklik was van die Sowjetregering se bystand nie Afkeur van die blokkade Glo dat die Weste hulle ten volle sou ondersteun Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)

1.3

1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] Dit toon Amerikaanse vliegtuie wat voorrade na Wes-Berlyn bring Kinders wag vir voorrade met verwagting Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)

1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] Dit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

aan Wes-Berlyn te beklemtoon Om te toon dat die Weste verbind was tot die stuiting van

kommunisme/ beskerm kapitalisme Om te illustreer dat die Truman-leer/Marshall-plan effektief was Kinders op die foto toon die menslikheid van die lugbrug Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)

1.4

1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] Graan (voedsel) Vette (voedsel) Verhittingsmateriaal (2 x 1) (2)

1.4.2 [Vasstelling van partydigheid in Bron 1D – V3] Dit is die siening van 'n lid van die Oos-Duitse Sosialiste wie ten gunste

was van die Sowjetunie se beleid Skets 'n positiewe prentjie van die Sowjetunie se rol in Berlyn Toon die VSA as die oorsaak van hulle swaarkry Grotewohl maak aanspraak daarop dat die lugbrug deur Westerse

moondhede 'uitgevind' is Grotewohl maak aanspraak daarop dat die Westerse moondhede probeer het

om die Duitsers aan te hits teen die Sowjetunie Gebruik emosionele woorde om die optrede van die VSA uit te beeld Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)

Page 4: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

1.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] Hulle verhoed inwoners van hulle sektore om voordeel te trek uit die

geleenthede om voorrade wat deur die Sowjetunie aangebied word te verkry Hulle het die mense wat in die Westerse sektore woon ontneem van die

geleentheid om voedselvoorrade en ander kommoditeite te verkry wat deur die Sowjetunie direk in die winkels voorsien is

Die 'lugbrug' wat hierop gevolg het, was 'n uitvindsel van die Westerse moondhede en was onnodig

Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)

1.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]

Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM of NIE SAAMSTEM NIE met Grotewohl se interpretasie van optrede deur Westerse moondhede.

STEM SAAM

Die Westerse moondhede verhoed Wes-Berlyners om voorrade uit die Sowjetsektor te verkry

Die Berlynse stadsadministrasie is beïnvloed deur Westerse moondhede wat Wes-Duitsland beset het

Deur nie die hulp van die USSR te aanvaar nie het aanleiding gegee tot die verskerping van die wrywing tussen die USSR en Wes-Berlyners

Enige ander relevante antwoord

STEM NIE SAAM NIE Partydige perspektief deur Otto Grotewohl As Voorsitter van die Verenigde Sosialisteparty in Oos-Duitsland was hy krities

oor die Weste en hul invloed in Berlyn Westerse moondhede was nie verantwoordelik vir die blokkade nie Die USSR was bekommerd oor die ekonomiese herstel van Wes-Berlyn Die Westerse moondhede wou slegs die Duitse bevolking help Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)

1.5 [Vergelyking van inligting in Bron 1B en 1D – V3] Bron 1D is 'n Sowjet/ kommunistiese perspektief terwyl Bron 1B ‘n Westerse/

kapitalistiese perspektief is Bron 1D verwys na die voorrade (bv. graan, vleis) wat die Sowjetunie aan

Berlyn gegee het in 1948 terwyl Bron 1B verwys na die voorrade(brandstof, kos) wat die Westerse nasies in 1948 aan Berlyn verskaf het

Bron 1D beeld die lugbrug in ʼn negatiewe lig (onnodig) uit terwyl Bron 1B die lugbrug as positief uitbeeld

Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)

1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne - V3]

Page 5: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

Verdeling van Duitsland en Berlyn volgens ideologiese grense (Bron 1A en eie kennis)

Instelling van 'n nuwe geldeenheid Reichsmark in die Westerse sektore en dieOstmark in die Oostelike sektor (Bron 1A)

VSA/Wes-Duitsers was bekommerd oor die verspreiding van kommunisme/ domino-effek (Bron 1A en 1D)

Westerse lugbrug het die impak van die Blokkade deur die Sowjetunie ondermyn (Bron 1B)

Blokkade is gebruik as propaganda deur die Weste teen die USSR (kinders in Wes-Duitsland het gely as gevolg van die USSR se optrede) (Bron 1C)

Grotewohl het beweer dat Westerse lande die Berlynse stadsraad beheer en Berlyners verhoed het om toegang tot voedselvoorrade gestuur deur die USSR te verkry (Bron 1D)

Implementering van die lugbrug deur Westerse moondhede gedurende die Berlynse Blokkade (Bron 1C en 1D)

USSR beweer dat Westerse moondhede woede aangehits het onder Wes- Duitsers wat tot 'n oorlog kon lei (Bron 1D)

Enige ander relevante antwoord

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

VLAK 1

Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe die Berlynse Blokkade tot Koue Oorlog-spanning tussen die Westerse moondhede en die Sowjetunie bygedra het nie.

Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp te skryf of kan glad nie oor die onderwerp skryf nie.

PUNTE 0 - 2

VLAK 2

Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met die onderwerp bv. toon begrip hoe die Berlynse Blokkade bygedra het tot Koue Oorlog- spanning tussen die Westerse moondhede en die Sowjetunie.

Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.

PUNTE 3 - 5

VLAK 3

Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip oor die Berlynse Blokkade bygedra het tot Koue Oorlog-spanning tussen die Westerse moondhede en die Sowjetunie.

Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp.

PUNTE 6 - 8

Page 6: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

VRAAG 2 WAAROM HET KUBA BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

2.12.1.1 [Onttrekking van bewyse uit bron 2A – V1]

Ekspansionistiese (koloniserende) doelwitte. Die Sowjetunie het Kuba beveel om na Angola te gaan (Sowjetse ‘marionet’).

(2 x 1) (2)

2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit bron 2A – V1] Kuba is te klein om uitbreiding in Afrika te oorweeg. Kuba het niks behalwe hul dooie soldate uit Angola geneem nie. Kuba het na Angola gegaan in reaksie op ’n versoek om ondersteuning van Neto

(leier van die MPLA-regering). Kuba het nie die Sowjetunie geraadpleeg voordat troepe na Angola gestuur is nie.

(enige 3 x 1) (3)

2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit bron 2A – V1] Agostinho Neto (1 x 1) (1)

2.1.3 [Verduideliking van bewyse in bron 2A – V2] Die Sowjetunie het Kubaanse troepe met logistiek ondersteun. Die Kubane het wapens gehad, maar het op die Sowjetunie vir ammunisie

staatgemaak. Die Sowjetunie het bykomende wapens aan Kuba voorsien soos hul oorlogspoging

uitgebrei het. Beide Kuba en die Sowjetunie het die MPLA in hul stryd (teen UNITA/ Suid-Afrika –

‘rassisme’ en ‘kolonialisme’) ondersteun. Enige ander toepaslike antwoord (enige 2 x 2) (4)

2.22.2.1 [Onttrekking van bewyse uit bron 2B – V1]

Baie van die Kubaanse mense is afstammelinge van slawe wat uit Afrika gesteel is. (1 x 2) (2)

2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit bron 2A – V1] Suid-Afrika Verenigde State (Yankees) (2 x 1) (2)

2.2.3 [Interpretasie van bewyse in bron 2A – V2] Die Angolese regering was in 1975 onder aanval van Suid-Afrikaanse troepe. Voor die revolusie was Kuba deel van die Amerikaanse invloedsfeer /

imperialistiese beheer en hulle wou Angola, wat volgens hulle deur Suid-Afrikaanse / Amerikaanse imperialisme bedreig is, ondersteun.

Kuba het voor die revolusie rassisme en segregasie ervaar en hulle het geglo dat Suid-Afrika besig is om ’n soortgelyke rassistiese stelsel aan Angola op te lê.

Page 7: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

Kuba (sosialisties) was ideologies gekant teen Suid-Afrika en die VSA (kapitalisties) wat UNITA en FNLA teen die MPLA ondersteun het.

Enige ander toepaslike antwoord (enige 2 x 2) (4)

2.32.3.1 [Interpretasie van bewyse in bron 2C – V2]

Dit impliseer dat die Sowjetunie magtiger as Kuba is (soos ’n volwasse tier sterker en magtiger as haar welpie is).

Kuba tree nie as ’n onafhanklike nasie op nie, die Sowjetunie is in beheer (soos die tier haar welpie beheer).

Enige ander toepaslike antwoord (enige 2 x 2) (4)

2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit bron 2C – V1] Die feit dat tien- tot dertienduisend Kubaanse troepe in Angola gestasioneer was en

volgens Vorster die Angolese regeringsbeleid sou beïnvloed.(1 x 2) (2)

2.3.3 [Interpretasie van bewyse in bron 2C – V2] Hy het geglo dat wanneer die MPLA hul mag gekonsolideer het, die Kubane sou

probeer om Suider-Afrika te destabiliseer. Vorster het geglo dat die Kubane kommunisme deur Suider-Afrika wou versprei. Hy het geglo dat Suid-Afrika / die suidpunt van Afrika van strategiese belang was vir

die kommuniste se plan om die wêreld te oorheers. Die Kaapse seeroete was belangrik vir die Europeërs en die Sowjetunie sou dus in

’n sterk posisie wees as hulle beheer oor hierdie handelsroete kon neem. Suid-Afrika het grondstowwe gehad wat in ’n konvensionele oorlog waardevol vir die

Sowjetunie sou wees.

2.4 [Verduideliking van verskillende perspektiewe in bron 2B en 2C – V3] Bron 2B is deur Castro, die Kubaanse leier geskryf en bron 2C is deur Vorster, die

Suid-Afrikaanse leier geskryf – hulle het aan verskillende kante in die Angolese burgeroorlog geveg.

Castro (bron 2B) het geglo dat Suid-Afrika probeer om beheer oor Angola te neem en hul rassistiese beleid (apartheid) te versprei; terwyl Vorster (bron 2C) geglo het dat Castro probeer om beheer oor Suid-Afrika te neem en kommunisme te versprei.

Albei leiers moes aan hul mense regverdig waarom hulle lande by ’n oorlog in Angola betrokke was.

Die twee leiers het baie verskillende ideologiese standpunte gehad. Enige ander toepaslike antwoord. (enige 2 x 2) (4)

2.52.5.1 [Onttrek bewyse uit bron 2D – V1]

Die hand verteenwoordig die Sowjetunie – die hamer en sekel op die ring is op die Sowjetunie se vlag.

Die sigaar verteenwoordig Kuba – Kuba is ’n groot internasionale tabakprodusent en is beroemd vir hulle sigare / Castro word dikwels uitgebeeld waar hy ’n sigaar rook.

Page 8: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

2.5.2 [Interpretasie van bewyse in bron 2D – V2] Kuba en die Sowjette was ’n negatiewe / vernietigende mag in Afrika – die

aanduiding was dat hulle Afrika as ’n asbak gebruik. Die Sowjette het Kubaanse betrokkenheid in Afrika beheer – Sowjet-hand met

Kubaanse sigaar. Kuba was die een wat “gebrand” is (sigaar), m.a.w. het die ergste van die oorlog

met ongevalle en koste verduur. Enige ander toepaslike antwoord (enige 2 x 2) (4)

2.5.3 [Vra vraag oor kwessie van historiese bruikbaarheid van bron 2D – V2] Die spotprent hou direk met die navorsingsonderwerp verband, want dit bevat

verwysings na Kuba en Angola en is in 1975 gedruk, die jaar wat die Angolese burgeroorlog uitgebreek het.

Die spotprent gee ’n perspektief van een van die lande (Suid-Afrika) wat in 1975 by die oorlog betrokke was.

Die spotprent dui daarop dat die Sowjetunie beheer oor Kuba uitgeoefen het en hulle betrokkenheid in Angola gelei het – die geskiedkundige sal dan ondersoek instel om te bepaal of daar stawende bewyse is om hierdie idee te ondersteun.

Die spotprent verskaf ’n insig oor die Suid-Afrikaanse regering se verduideliking vir Kubaanse betrokkenheid in Angola.

Die navorser sal die spotprent as bevooroordeeld identifiseer en sal vir ander bronne met verskillende standpunte moet soek (om byvoorbeeld die Kubaanse of Sowjetse siening van die gebeure te gee).

Enige ander toepaslike antwoord (enige 2 x 2) (4)

2.6 [Interpretasie, ontleding en sintese van bewyse uit bronne en toepassing van eie kennis om die bruikbaarheid daarvan te evalueer –V3]

Leerders moet van die volgende punte by hul antwoord insluit: Kuba se doel was om Angola te koloniseer – Castro ontken dit deur te sê dat Kuba

’n veels te klein land is om na Angola te probeer uitbrei (Bron 2A). Kuba was onder Sowjet-bevel en -beheer in Angola – Castro beweer dat die

Kubane na Angola gegaan het sonder om die Sowjetunie in kennis te stel (Bron 2A en 2D).

Kuba het Angola as ’n basis gebruik om kommunisme in Suider-Afrika te versprei – alhoewel Castro sê dat hulle die MPLA (’n Marxisties-Leninistiese / sosialistiese party) ondersteun, sê hy ook dat sy troepe onttrek sal word wanneer hulle nie meer nodig is nie (bron 2A).

Kuba wou minerale rykdom uit Angola onttrek – Kuba beweer dat al wat hulle ooit uit Angola geneem het, is die lyke van Kubaanse soldate (Bron 2A).

Kuba wou apartheid-Suid-Afrika vernietig – Castro beweer dat Kuba Angola teen ’n aanval deur Suid-Afrika wou verdedig.

Castro beweer dat Kuba in Angola was om die MPLA-regering te verdedig as deel van Kuba se internasionalistiese missie om mense wat teen kolonialisme veg, te ondersteun

Page 9: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

Castro voer aan dat baie Kubane afstammelinge is van Afrikane wat vir slawerny verkoop is – daarom is dit hulle plig om hul ‘broers en susters’ te verdedig.

Enige ander toepaslike antwoord.

Page 10: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

VLAK 1

• Gebruik bewyse op ’n elementêre manier, bv. toon geen of min begrip van die verskillende redes wat gegee word om Kubaanse betrokkenheid in Angola uiteen te sit.

• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor ’n onderwerp verslag te lewer of kan nie oor ’n onderwerp verslag lewer nie.

PUNTE0–2

VLAK 2

• Bewyse is meestal toepaslik en hou tot ’n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon ’n begrip van die verskillende redes wat gegee word om Kuba se betrokkenheid in Angola uiteen te sit.

• Gebruik bewyse op ’n basiese manier.

PUNTE3–5

VLAK 3

• Gebruik toepaslike bewyse, bv. toon ’n deeglike begrip van die verskillende redes wat gegee word om Kubaanse betrokkenheid in Angola uiteen te sit.

• Bewyse hou goed met die onderwerp verband.

Gebruik bewyse baie doeltreffend in ’n georganiseerde paragraaf wat ’n begrip van die onderwerp toon.

PUNTE6-8

(8)[50]

VRAAG 3: WAS DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL IN LITTLE ROCK IN 1957 'N OORWINNING VIR DIE BURGERREGTE- BEWEGING?

3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]

Het gewag vir die swart Amerikaanse studente om te arriveer om sodoende te verhoed dat hulle die skool bywoon

Om die desegregasie van Central High te voorkom(enige 1 x 2) (2)

3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]

(a)

(b)

Om hulle fisies te stop/om geweld te gebruik/intimiderende taktiek (1 x 1)

Om joernaliste aan te moedig om die area te verlaat (1 x 1)

(1)

(1)

3.1.3 [Verduideliking van 'n historiese begrip uit Bron 3A – V1]

Page 11: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

'n Segregasionis is iemand wat rasse integrasie van studente by Central High School wou voorkom

Segregasioniste wou hê dat swart en wit Amerikaanse kinders aparte skole bywoon

Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)

3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]

Hy is geïnspireer deur die waardigheid waarmee Elizabeth Eckford die skreeuende skare in die gesig gestaar het

Hy wou nie hê die horde moet voel dat hulle gewen het deur hulle te laat weghardloop

Wilson was 'n hoog gerespekteerde joernalis, 'n oud- vlootoffisier, dit was 'n geval van trots om nie weg te hardloop van 'n horde segregasioniste nie

Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)

3.2 3.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]

Die horde het aangeval, skoppe en klappe is op joernaliste toegedien

Een van die mans het Alex Wilson (die joernalis) geskop nadat hy hom met 'n baksteen geslaan het

Een van die mans in die foto het sy vuis gelig asof hy gereed is om te baklei

'n Skare mans het toegekyk maar het nie probeer om die joernalis te help teen die aanvalle nie

Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)

Page 12: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]

Hulle was rassiste/segregasioniste Hulle wou nie hê dat joernaliste oor die gebeure by Central

High verslag moes lewer nie Hy was 'n swart Amerikaner Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)

3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]

Geweldloosheid Christelike beginsels (enige 1 x 1) (1)

3.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]

Geterroriseer Gestenig Bedreig (3 x 1)

3.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]

Die mag om geweldlose taktiek te gebruik om verandering teweeg te bring

Die mag wat verkry word deur moreel korrekte strategieë te gebruik om vryheid en regverdigheid te verkry

Geestelike krag is 'n filosofie van Gandhi wat gewortel is in vrede, waardigheid en morele regverdigheid en dit het die gebruik van geweld in die oplos van probleme ondersteun

(enige 1 x 2) (2)

3.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]

Het geglo dat segregasie/diskriminasie nie meer teen die einde van die eeu in Amerika sou bestaan nie

Was oortuig daarvan dat vryheid naby was Hy het geglo dat segregasie nie vir ewig kon aanhou nie

omdat dit moreel verkeerd was Hy het geglo dat regverdigheid en vrede uiteindelik bereik sou

word Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)

3.4 [Interpretasie en evaluering van inligting in Bron 3A, 3B en 3C – V3]

Page 13: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

Die gebeure in Little Rock, Arkansas het 'n saak van nasionale belang geword en verslag is daaroor gedoen in koerante (media) regoor die land (Bron 3A)

Joernaliste uit ander suidelike state het oor die gebeure by Little Rock verslag gedoen (Bron 3A, 3B en 3C)

Die beeld van 'n joernalis wat brutaal aangeval word, het wydverspreide openbare ondersteuning vir die Burgerregtebeweging gewen (Bron 3B)

Die media het die geweldloosheid van die Burgerregtebeweging beklemtoon deur Martin Luther King Jnr. aan te haal in teenstelling met die geweld van die blanke horde in Little Rock (Bron 3C)

Die morele gewete van die nasie het deur die media se blootstelling van beelde van rassehaat en die aanvalle op onskuldige swart Amerikaners 'n opskudding veroorsaak (Bron 3B)

Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)

3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]

Gesmaad Gepootjie Ink is oor hulle uitgegooi Klere is geruïneer Fisiese aanvalle (enige 4 x 1) (4)

3.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]

Sien homself as 'n verteenwoordiger van swart Amerikaanse kinders wat nie die geleentheid gehad het om by Central High School te studeer nie

Wou aan almal wat getwyfel het dat skole geïntegreer kon word bewys dat dit wel moontlik was

Wou nie hê dat segregasioniste hom moes oorwin en moet voorkom dat hy sy doel bereik van graduering by Central High School

Dit was 'n geval van persoonlike trots vir hom om sy studies te voltooi

Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)

3.5.3 [Vasstelling van die bruikbaarheid van Bron 3D – V3]

Die inligting in die bron spreek die ondervinding van integrasie by Central High School direk aan

Die bron is geneem uit 'n onderhoud met die eerste swart Amerikaanse student wat by Central High School gegradueer het

Die bron gee aan die geskiedkundige persoonlike insig in die lewe van 'n student wat integrasie ondervind het by Central High School

(4) Die bronlaat geskiedkundige empatie toetoeEnige ander relevante antwoord (2 x 2)

Page 14: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne - V3]

Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

Martin Luther King Jnr. se toewyding aan 'geestelike krag' (Bron 3B) was suksesvol aangesien die skool geïntegreer is

Die 'dagbreek van vryheid en geregtigheid' waarvan Martin Luther King Jnr. praat in (Bron 3B) is bereik aangesien federale troepe die nege swart Amerikaanse leerlinge begelei het na die voorheen gesegregeerde Central High School (Bron 3B en 3C)

Burgerregte aktiviste en die nege swart Amerikaanse leerlinge het by hulle verbondenheid aan geweldloosheid gebly ten spyte van die buitengewone geweld wat teen hulle gepleeg is (Bron 3A, 3B, 3D)

Ten spyte van die geweld wat deur wit segregasioniste toegepas is om desegregasie te verhoed het die nege swart Amerikaanse leerlinge Central High School in 1957 bygewoon (Bron 3C and 3D)

Die president toon sy ondersteuning aan die Burgerregtebeweging deur federale troepe te stuur om die desegregasie by Central High School af te dwing (Bron C)

Little Rock is toegelig omdat dit die eerste keer was dat federale troepe gebruik is om 'n beslissing van die Hooggeregshof dat dit ongrondwetlik was om skole te segregeer, af te dwing (Bron 3C)

Ernest Green het die eerste swart Amerikaanse student geword om by Central High School te gradueer (Bron 2D)

Enige ander relevante antwoord

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

(8)[50]

VLAK 1

Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse bv. toon geen of min begrip of die integrasieproses by Central High School, Little Rock in 1957 'n oorwinning was vir die Burgerregtebeweging.

Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp te skryf of kan glad nie oor die onderwerp skryf nie.

PUNTE 0–2

VLAK 2

Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met die onderwerp bv. toon begrip of die integrasieproses by Central High School, Little Rock in 1957 'n oorwinning was vir die Burgerregtebeweging.

Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.

PUNTE 3–5

VLAK 3

Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip of die integrasieproses by Central High School, Little Rock in 1957 'n oorwinning was vir die Burgerregtebeweging.

Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp.

PUNTE 6–8

Page 15: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 4:

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]

SINOPSISKandidate moet kan aandui of hulle saamstem met die bewering en dan demonstreer hoe hulle van plan is om die argumentslyn te ontwikkel.

HOOFASPEKTEKandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

Inleiding: Kandidate moet aandui of hulle saamstem dat die onttrekking van soldate uit Viëtnam die nederlaag van die Verenigde State van Amerika aangekondig het.

UITBREIDING

Die Verenigde state se betrokkenheid in die Viëtnamese oorlog was om die verspreiding van kommunisme te stuit

Agtergrond: Tussen 1957 en 1965 het die Suid-Viëtnamese weermag teen die Viëtkong (kommunisties opgeleide rebelle in die Suide) wat ondersteun is deur die Viëtminh (kommunistiese guerrillas in Noord- Viëtnam) geveg

In Maart 1965 is die eerste 'amptelike' 3 500 VS gevegstroepe gestuur om die Suid- Viëtnamese weermag te ondersteun om te voorkom om deur die kommuniste oorgeneem te word

Die VSA het gedink dat hulle tegnologiese meerderwaardigheid die Viëtnamese oorlog sou beëindig

Die oorlog was nie 'n konvensionele oorlog nie - die Viëtkong het guerrilla taktiek gebruik om hulle land te verdedig wat die VSA deurmekaar gemaak het en tot groot verliese vir die VS weermag gely het

Die VSA het in 1965 met 'Operasie Rolling Thunder' ('n bombardering van Maart 1965 om die Noord- Viëtnamese te vernietig) teruggeantwoord, dit was 'n mislukking

Tet offensief (1968) - Viëtkong lanseer verrassingsaanvalle deur guerrillas op Suid- Viëtnamese dorpe en Amerikaanse basisse, hulle neem beslag van ongeveer 80% van hulle

Tet offensief toon dat die Amerikaners nie die oorlog kon wen nie omdat die Viëtkong strategies was

Die rol van die media en antioorlog bewegings rakende die VSA se betrokkenheid in Viëtnam

Die kommuniste van Noord-Viëtnam (Viëtminh) voorsien voorrade aan Suid- Viëtnam deur die Ho Chi Minh Trail

'Operasie Ranch Hand' in 1968 het die VS chemiese ontblaringsmiddels soos 'Agent Orange' gebruik om die woud en 'Agent Blue' te vernietig en om landbouprodukte te vernietig

In antwoord hierop het die Viëtkong onkonvensionele taktiek en strategieë gebruik om die VS se inval in Viëtnam aan te vat

Teen 1973 is op 'n skietstilstand besluit (VSA, Noord- Viëtnam en Suid- Viëtnam) 1973 Viëtnamisasie (Nixon Doktrine) was 'n geheime plan om die oorlog te

beëindig/VS troepe onttrek uit Viëtnam.

Page 16: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

In 1975 het Saigon (Suid- Viëtnam) onder die kommuniste in Noord- Viëtnam geval Enige ander relevante antwoordSlot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot

VRAAG 5:[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]

SINOPSISMet die skryf van hierdie opstel moet kandidate verduidelik tot watter mate die ekonomiese beleid wat in die Kongo en Tanzanië ingestel is suksesvol was na verkryging van onafhanklikheid van koloniale beheer tot en met die 1980's.

HOOFASPEKTEKandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

Inleiding: Kandidate moet 'n gedagterigting aanneem en toon hoe die Kongo en Tanzanië hulle ekonomiese beleid ontwikkel het na onafhanklikheid.

UITBREIDING Die ekonomiese situasie in die Kongo en Tanzanië met onafhanklikheid

- In beide lande het die ekonomie staat gemaak op die uitvoere van minerale en grondstowwe

- Nie die Kongo of Tanzanië het 'n goed ontwikkelde infrastruktuur (paaie, spoorwegverbindings)

- In beide lande was die meerderheid mense kleinskaalse bestaansboere

Die beleid wat ingestel is om die ekonomie te stabiliseer en verbeter was grotendeels 'n mislukkingDie Kongo

- Zaïrenasie (Buitelanders is met Zaïrese vervang) het misluk as gevolg van (onervarenes/korrupsie/wanadministrasie/nalatigheid)

- Toepassing van terugwyking (vervanging van Zaïrese met buitelanders)- Die Kongo het aangehou om buitelandse geld te verdien uit mynwese en die

uitvoere van minerale gedurende hierdie tydperk maar die rykdom was gekonsentreerd in die hande van 'n klein elite

- Die Kongo het nie sy ekonomie gediversifiseer nie en daarom het dit sterk gesteun op pryse wat op uitvoere betaal is

- Die Kongo het aangehou om sterk te leun op buitelandse hulp en lenings van sy ondersteuners in die Weste wat 'n sindroom van afhanklikheid veroorsaak het

[50]

Page 17: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

Tanzanië:- Nyerere het probeer om neokolonialisme teen te staan deur sy

industrieë te nasionaliseer en nie probeer om die ekonomie te moderniseer nie deur buitelandse hulp of lenings te gebruik

- Ujaama, die ekonomiese en maatskaplike beleid van 'familieskap' het veroorsaak dat die ekonomie stagnant gebly het

- Villagisation (kollektiewe dorpe) het dienslewering verbeter/het probeer om 'n meer stabiele gemeenskap, wat vry was van ekonomiese ongelykheid, te vorm

- Boere weier om hulle voorvaders se grond te verlaat en daarom het landbouproduksie geval.

- Arusha Verklaring (skaf uitbuiting af/lei tot die verkleining van die inkomstegaping tussen die armes en rykes/eienaarskap van die land se bronne)

- Meeste genasionaliseerde maatskappye het bankrot geraak- Uitvoere het vinnig gedaal- Teen 1980 was Tanzanië afhanklik van buitelandse hulp en is

forseer om lenings aan te gaan by die IMF wat gelei het tot groot afhanklikheid van buitelandse kapitaal

Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot

VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: SWARTMAGBEWEGING

Malcolm X se idees het die Swartmagbeweging meer as enige ander individu geïnspireer.

Evalueer hierdie stelling met verwysing na die idees en aksies van die Swartmagbeweging in die Verenigde State van Amerika gedurende die 1960’s.

[50]

SINOPSISKandidate moet die stelling evalueer deur eerstens die idees van Malcolm X uiteen te sit en dan te bepaal tot watter mate dit die idees en aksies van die Swartmagbeweging gedurende die 1960’s beïnvloed het. Kandidate moet na gepaste voorbeelde soos Stokely Carmichael en die Black Panther Party verwys om hul antwoord te staaf.

HOOFASPEKTE

Kandidate moet die volgende aspekte by hul antwoord insluit. Inleiding: Kandidate moet die vraag kontekstualiseer en ’n argument bepaal.

UITBREIDING Die idees van Malcolm X

- Selfverdediging in plaas van die niegewelddadige protes wat deur die Burgerregtebeweging gevolg is.- Swart nasionalisme in plaas van nierassisme.

Page 18: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

- Swart separatisme in plaas van integrasie – hy was beroemd vir sy stelling dat koffie krag verloor as melk bygevoeg word, wat impliseer dat swart en wit Amerikaners afsonderlik moes bly.- Revolusie in plaas van hervorming – hy het geglo dat die samelewing radikaal verander moes word.- Hy was ’n belangrike spreker vir die Nasie van Islam-beweging totdat hy in 1964 daarvan weggebreek het. Die Nasie van Islam-beweging het swart Amerikaners aangemoedig om hul Afrika-erfenis terug te eis en hul kultuur en godsdiens te waardeer. - Swart mense is aangemoedig om trots te wees op hulle swart vel.- Hy het die probleme van die middestede beklemtoon en het ’n rolmodel vir baie jong swartmense geword.- Leerders kan die feit noem dat die idees van Malcolm X steeds ten tye van sy dood in 1965 aan die verander was (bv. hy het meer sosialisties geword en genoem dat hy behoeftige swart en blanke mense wou organiseer).

Die idees van Malcolm X het Stokely Carmichael geïnspireer. - Was die eerste aktivis wat die slagspreuk ‘Swart Mag’ gebruik het.- Het weggebreek van die SNCC oor hul beleid van niegewelddadige protes en hul ondersteuning van die Burgerregtebeweging. - Het aangevoer dat swartmense afsonderlik moes organiseer. - Carmichael het by die Black Panther Party vir Selfverdediging aangesluit.- Het tot Islam bekeer en na Afrika verhuis.

Die Black Panther Party- Huey Newton en Bobby Searle is deur Malcolm X se idees oor selfverdediging beïnvloed en het hul gewapende patrollies ingestel om die swart gemeenskap teen die brutaliteit van die polisie te beskerm. - Hulle het, soos Malcolm X, aangevoer dat swartmense afsonderlik moes organiseer en het gemeenskapsprojekte, welsyn en voedingskemas in die swart gemeenskap gevestig.- Het aandklasse en naskoolse klubs gestig om Afro-Amerikaanse geskiedenis aan lede van die swart gemeenskap te onderrig.- Het swartmense aangemoedig om hulself as Afro-Amerikaans te beskou en om trots op hul Afrika-erfenis en -kultuur te wees.

Ander invloede van die Swartmagbeweging - Die geskrifte van Franz Fanon. - Die bevrydingsbewegings in Afrika en hul leiers (bv. Nkrumah, Nyerere en Mandela).- Asiatiese nasionalistiese bewegings en leiers (bv. Ho Chi Minh in Noord-Viëtnam; Mao Zedong in China).

Page 19: Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM ... - …metroeast.co.za/download/NASIENRIGLYNE_VR_1__JUN…  · Web viewDit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se ondersteuning

Enige ander toepaslike antwoord

Gevolgtrekking: Kandidate moet die argument opsom wat deurgaans in hul opstelle volgehou is.

[50]GROOT TOTAAL = 100