katkisasie- finansiËle verslag kerkkantoor -17 …...verlof die koster, talent chimuti, is met...

8
Baie welkom 29 November 2015 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof. Oggenddiens Aser is meer geseënd waarom nie ek nie? Ds Fanus Heystek In die min wat die Bybel oor die stam van Aser verhaal, moet ons na die kern soek. Dit vind ons in Deuteronomium 33:24a in die woorde: “Aser is meer geseënd as die ander seuns.Waarom? Wat wil die Skrif vir ons daarmee sê? Wat het dit met ons koning Jesus Christus te doen? Is daar dalk tog n boodskap vir my daaruit? Aaanddiens 18:30 Opvoeding tot die regte verhouding met God Ds Fanus Heystek Die kern van Eksodus 16 (manna uit die hemel) is dat God sy volk wou toets (v 4b). God se toetse gaan ten diepste oor Israel se verhouding met Hom tot watter vlak God se volk opgevoed moet word. Hieruit sien ons hoe God voortdurend droogtes en hongersnode positief inspan tot geestelike verdieping. Volgens hierdie Skrifgedeelte is daar vier basiese opskerpings wat sal lei tot n gesonder verhouding met ons Skepper en Saligmaker. Eredienste: Duxbury: 09:30 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Gen 49:20, Deut 33:24-25 en Josua 19:29-30 Sang: Ps 18:1, 14 Sk 12-5 Lb 530:1, 2 Ps 31:1, 12, 17 Lb 308:1, 4, 5 Duxbury: Aanddiens 18:30 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Eksodus 16 Sang: Ps 104:1, 8, 20 Lb 525:1, 3 Lb 188:1-3 Residentia-Sunnyside Araratsaal 09:30 Hierdie dienste word deur die ander belanghebbende kerke waargeneem. Katkisasie- kamp 15-17 Jan 2016 Lees binne … Nuus uit die kerkkantoor DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA BEROEPENUUS SONDAG 29 November 2015 Geen beroepenuus is ontvang nie. FINANSIËLE VERSLAG Eerstejaars -kamp

Upload: others

Post on 13-Jul-2020

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Katkisasie- FINANSIËLE VERSLAG kerkkantoor -17 …...Verlof Die koster, Talent Chimuti, is met verlof van 5 tot 21 Desember. Gedurende die tyd kan u vir Simon Kekana kontak by 078

Baie welkom 29 November 2015 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof.

Oggenddiens

Aser is meer geseënd – waarom nie

ek nie? Ds Fanus Heystek

In die min wat die Bybel oor die stam van Aser verhaal, moet ons na die kern soek. Dit vind ons in Deuteronomium 33:24a in die woorde: “Aser is meer geseënd as die ander seuns.” Waarom? Wat wil die Skrif vir ons daarmee sê? Wat het dit met ons koning Jesus Christus te doen? Is daar dalk tog ’n boodskap vir my daaruit?

Aaanddiens 18:30

Opvoeding tot die regte verhouding

met God Ds Fanus Heystek Die kern van Eksodus 16 (manna uit die hemel) is dat God sy volk wou toets (v 4b). God se toetse gaan ten diepste oor Israel se verhouding met Hom – tot watter vlak God se volk opgevoed moet word. Hieruit sien ons hoe God voortdurend droogtes en hongersnode positief inspan tot geestelike verdieping. Volgens hierdie Skrifgedeelte is daar vier basiese opskerpings wat sal lei tot ’n gesonder verhouding met ons Skepper en Saligmaker.

Eredienste: Duxbury: 09:30 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Gen 49:20, Deut 33:24-25 en Josua 19:29-30 Sang: Ps 18:1, 14 Sk 12-5 Lb 530:1, 2 Ps 31:1, 12, 17 Lb 308:1, 4, 5

Duxbury: Aanddiens 18:30

Ds Fanus Heystek Skriflesing: Eksodus 16 Sang: Ps 104:1, 8, 20 Lb 525:1, 3 Lb 188:1-3

Residentia-Sunnyside

Araratsaal 09:30 Hierdie dienste word deur die ander belanghebbende kerke waargeneem.

Katkisasie-

kamp 15-17 Jan 2016

Lees binne …

Nuus uit die kerkkantoor

DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA

BEROEPENUUS SONDAG 29 November 2015

Geen beroepenuus is ontvang nie.

FINANSIËLE

VERSLAG

Eerstejaars-kamp

Page 2: Katkisasie- FINANSIËLE VERSLAG kerkkantoor -17 …...Verlof Die koster, Talent Chimuti, is met verlof van 5 tot 21 Desember. Gedurende die tyd kan u vir Simon Kekana kontak by 078

Gelukwense Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon.

(Psalm 4:9)

29/11 Mikhe du Plessis 079 902 2794

29/11 Henk Hoogenboezem 082 922 3295

30/11 Rudi Breytenbach 083 660 1839

30/11 Riadri de Klerk 082 883 4376

30/11 Miené van Zyl 083 400 2819

01/12 Gerrit Myburg 082 466 4825

01/12 Pricilla Nagtegaal 083 446 5005

02/12 Wim Steyn 072 436 7334

02/12 Annelize Swart 082 466 3214

02/12 Ester v.d. Walt 076 017 2728

02/12 Hein v.d. Walt 083 661 7711

02/12 Jan Delang

Venter 079 871 7320

03/12 Bertie Guillaume 012 361 6334

03/12 Gerrit Kroes 082 348 8397

03/12 Otto Pasch 082 560 5938

04/12 Tiaan de Cruz 079 490 0893

04/12 Liddon Howard 071 015 6583

05/12 Michelle Booyse 012 460 2142

05/12 Joshua Prinsloo 083 380 6321

DAGBOEK

Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Stel ons in kennis stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 928 0767 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Voorbidding: Indonesië

Bid vir die plaaslike verkiesings wat in Desember gaan plaasvind. Bid dat die Christen-kandidate hul integriteit sal behou, ondanks die druk en finansiële versoekings en dat die Here meer “Daniëls” en “Josefs” sal oprig in die politieke arena.

Geen aktiwiteite vir hierdie week nie.

Ons het groot nuus – die nuwe webwerf is aan die gang! Besoek www.gkjeug.co.za om te sien wat ons beplan. Dié webwerf van die GKSA is spesiaal vir alle sake wat met die jeug te doen het en word deur die kantoor van die Deputate Jeugsorg onderhou. Jy kan oor die jongste gebeure van die jeug lees. Dié webwerf is ook daar om hulpmiddels beskikbaar

te stel om jou te help met kerkkampe, Bybelstudies en vele meer.

Agapé-fondsinsameling Agapé is besig met die laaste fondsinsameling van vanjaar. Ons verkoop servette en geskenksakkies met Afrikaanse woorde op. Die servette kos R20 per pakkie van 25 en die geskenksakkies kos R10 per pakkie waarin 10 sakkies is. Ondersteun ons gerus en moenie hierdie lekker winskopie misloop nie. Te koop by Agapé-lede.

Page 3: Katkisasie- FINANSIËLE VERSLAG kerkkantoor -17 …...Verlof Die koster, Talent Chimuti, is met verlof van 5 tot 21 Desember. Gedurende die tyd kan u vir Simon Kekana kontak by 078

FINANSIËLE VERSLAG

Werklike bydraes teenoor begroting Werklike uitgawes teenoor werklike bydraes

Kumulatiewe oorsig Maart 2015 – Oktober 2015

R0 R50,000

R100,000 R150,000 R200,000 R250,000 R300,000 R350,000

Jul-15 Aug-15 Sep-15 Okt 2015

WERKLIKE BYDRAES TEENOOR

BEGROTE BYDRAES

Begroting Werklike bydraes

R0

R100,000

R200,000

R300,000

R400,000

Jul-15 Aug-15 Sep-15 Okt 2015

WERKLIKE UITGAWES TEENOOR

WERKLIKE BYDRAES

Werklike bydraes

Werklike uitgawes

KUMULATIEWE

OORSIG MAART –

OKTOBER

2015

INKOMSTE [BYDRAES]

UITGAWES

TEKORT

R1 995 098

R2 174 787

R 179 689

Uitgesluit Biltongfees

Uitgesluit Biltongfees

finansiële verslag 26 november 2015

ZERO FEE INCREASE FOR HIGHER EDUCATION With the announcement of a zero fee increase for higher education institutions next year, the focus is now on where the money will be sourced to finance the expected shortfall. Recent data provide an indication of which universities are most dependent on tuition fees, and as a result might be most vulnerable to a shortfall. South Africa’s higher education institutions recorded a total income of R60,6 billion in the 2014 financial year. Money from government, in the form of grants, contributed R25,3 billion (42%), followed by other receipts at R35,2 billion (58%). Other receipts includes tuition fees (contributing R19,3 billion or 32% to total income), research income, gifts, donations and other sources of income. Taxes contributed R51 million. STATSSA 2014

Page 4: Katkisasie- FINANSIËLE VERSLAG kerkkantoor -17 …...Verlof Die koster, Talent Chimuti, is met verlof van 5 tot 21 Desember. Gedurende die tyd kan u vir Simon Kekana kontak by 078

Nuus uit die kerkkantoor Op Sondag 13 Desember het DSG-skool ’n baie groot funksie aan en hulle het vriendelik versoek dat u asseblief glad nie op daardie dag enige van hul parkering gebruik nie.

Van 30 November tot en met 11 Desember gaan Ela in die kantoor wees van 8:00 tot 13:00. Rentia gaan vir ’n operasie. Ons bid haar sterkte en spoedige herstel toe.

Die kerkkantoor is gesluit van 14 Desember tot en met 31 Desember.

Die laaste Hart&Hand vir vanjaar sal op Sondag 6 Desember verskyn.

Rentia en Ela wens u almal ’n voorspoedige en geseënde Christusfees toe.

Katkisasie-inligting vir klasse in 2016 Kinderkerk: in die lapa Van 6-16 jaar: direk ná erediens in verskeie lokale Belydenisklas om 16:30 in die grot

Almanak 2016 Die nuutste kerk-almanakke is in die kerkkantoor beskikbaar teen R70 per eksemplaar.

Verlof Die koster, Talent Chimuti, is met verlof van 5 tot 21 Desember. Gedurende die tyd kan u vir Simon Kekana kontak by 078 782 0885.

ELJADAHUIS : L EKKERNYPAKKIES Soos in die verlede wil ons vanjaar ook graag vir die mense van Eljadahuis elkeen 'n lekkernypakkie gee. By die deure sal 'n sakkie wees met 'n lysie van die lekkernye wat ons graag daarin wil sit: 1x pak Bakers Kips (200g), 2x pakkies Toppers Bakers-koekies (125g elk), 2x Beacon-toffies 150g elk (rooi pakkie), 1x botteltjie Brooke's Sweeto-koeldrank (200ml). Indien jy wil deelneem aan hierdie projek, neem geus 'n pakkie(s) en bring dit voor of op 6 Desember terug. Daar word ook nog steeds nie-bederfbare kos en blikkies soos groente, vis en vleis, koffie, tee, suiker en langlewe-melk benodig vir die daaglikse kosgee van mense by Eljadahuis. Ons benodig ook ekstra kos om vir die mense kospakkies te kan gee vir Desember wanneer die huis geluit is. Kos en pakkies kan in die voorportaal van die saal geplaas word.

Outtatown:

Kanadese uitreikprogram 2016 www.outtatown.com Vir die afgelope nege jaar help die GK Rietvallei met die plasing van die Kanadese studente in Suid-Afrika. Hierdie studente toer sowat vyf maande lank deur ons land en help met verskeie uitreikprogramme. In die eerste week het hulle die geleentheid om saam met ’n Afrikaanse gesin te bly en ons normale gesinslewe te ervaar. In dié week besoek hulle Pretoria en omstreke bedags, maar saans kuier hulle saam met hul huismense. Vanjaar wil ek probeer om al die studente huisvesting te gee in Brooklyn-gemeente om die logistiek van op- en aflaai te vergemaklik. (Ons gaan sover moontlik die studente afwisselend in die twee gemeentes akkomodeer.) Die volgende word van u verwag indien u sou besluit om ’n student te huisves: oplaai by die kerk ná die oggenddiens op 17 Januarie 2016; aflaai soggens by die kerk, enige tyd voor 08:00 is reg; oplaai smiddae by die kerk, enige tyd ná 16:00; kos vir die week, ontbyt, kospakkie om saam te vat en aandete. Hulle vertrek weer op Sondag 24 Januarie voor die oggenddiens. Indien u u weg oopsien om u huis oop te maak vir ’n student of twee, kontak my asb op 083 302 4515 [email protected] en ek sal dan meer inligting aan u verskaf.

Page 6: Katkisasie- FINANSIËLE VERSLAG kerkkantoor -17 …...Verlof Die koster, Talent Chimuti, is met verlof van 5 tot 21 Desember. Gedurende die tyd kan u vir Simon Kekana kontak by 078

Jun-15 Jul-15 Begrote bydraes 248,644 248,644

Bydraes 279,462 303,522

Uitgawes 280,886 243,421 Surplus/Tekort

Werklik -1,424 60,101

Aug-15 Sept-15 Begrote bydraes 248,644 248,644

Bydraes 290 392 227833

Uitgawes 342 047 278942 Surplus/Tekort

Werklik -51655 -51109

AUGUSTUS-

DANKOFFER

"Die Augustus-Dankoffer

is jare gelede ingestel

om'n besondere en

bewuste geleentheid

te skep vir 'n spesiale

bydrae as deel van ons

dankbaarheidslewe

INKOMSTE BERAAM

R550 000

86% bydraes tot op

15 Oktober ontvang

=

R 472 900

FINANSIËLE VERSLAG

BILTONG- FEES 2015

R161 440.92

Katkisasiekamp Aan alle hoërskool- katkisante! Ons hou volgende jaar ’n katkisasiekamp by kamp Raynard. Die datum is 15 tot 17 Januarie en dit kos R200 per persoon. Kom geniet ’n heerlike naweek waar ons God en mekaar beter gaan leer ken. Skakel Fanie by 083 446 6096 of Chris by 082 758 3550 vir enige navrae.

BORGE: Juventus

Indien jy 'n bydrae

wil maak of 'n 1ste-

jaar wil borg,

kontak Leoné asb

by 082 581 7585. FNB Tjekrekening: 624 684 399 66 Takkode: 250 655 Stuur bewys met verwysing BORG na 1stejaarskamp@gkbroo

klyn.org.za.

Nuwe webwerf vir die jeug http://www.gkjeug.co.za/

Page 7: Katkisasie- FINANSIËLE VERSLAG kerkkantoor -17 …...Verlof Die koster, Talent Chimuti, is met verlof van 5 tot 21 Desember. Gedurende die tyd kan u vir Simon Kekana kontak by 078

TUINWOONSTEL TE HUUR Beskikbaar vanaf 1 Des of 15 Des 2015 met die nodige huurgeldaanpassing, 3 slaapkamers, 1 studeerkamer, 1 volbadkamer, groot oopplan- kombuis met ingeboude kaste, aparte opwas, oopplan-sit/ eetkamer, onderdakparkering vir 3 voertuie. Top sekuriteit. Ideaal vir bejaarde egpaar (geen trappe) of jong getroudes. Huur is R7 500 p.m. met water en elektrisiteit ekstra. Deposito van R7 500 betaalbaar voor of op 1/15 Des Kontak Millie Kriek by 082 4367 460. Rabiestraat 176, Meyerspark

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: [email protected]

Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.

KAMERS TE HUUR IN KOMMUNE 1.5 km vanaf hoofkampus. Dumbartonweg 167, Lisdoganpark (net onder die Uniegebou), R2 800 p.m. deposito verlang. Kontak Jan Reek by 082 573 0401.

VERBLYF GESOEK Enkelmoeder en haar seun (6) is op soek na eiendom om te huur in Brooklyn, Muckleneuk of Waverley van 1 Januarie 2016. Verkieslik ’n twee-slaapkamerwoonstel met ’n erf in ’n veilige buurt. Kontak Petro asb. by 083 721 3480 of Adelaine by 072 780 4602 (slegs sms/WhatsApp-Doof) indien u kan help.

VARS VLEIS Ons verkoop lam of halwe lam @ R70 per kg - gesaag, verpak en afgelewer. Veldlammers is hormoonvry = organiese lammers. Mooi vleis en skoon. Word weekliks afgelewer in Pretoria. Kontak my indien julle wil bestel of weet van iemand wat belang stel. Kontak Sandra by 082 890 1615.

ADVERTENSIES

KAMER BESKIKBAAR ’n Ruim kamer in ’n 2-slaapkamerwoonstel in Burnettestraat, loopafstand van die koshuis. Die woonstel het 24-uur-sekuriteit, veilige parkering en bestaan uit ’n baie ruim kombuis, woon- deel, badkamer met groot stort en 2 slaapkamers. Die een slaapkamer word bewoon deur ’n derdejaardamestudent (volgende jaar finale jaar). Ons is op soek na ’n Christen-jongmens om die woonstel met haar te deel. Die huur is onderhandelbaar, maar in die omgewing van R3 400 per maand. Skakel Susan by 0795178660 of e-pos na [email protected]

STUDENTEVERBLYF BESKIKBAAR 3 kamers vir studente 40m vanaf die kampus. Bekikbaar Jan 2016. R3 250 p.m. Kontak Erla van der Walt by 012 362 0675 of 076 840 3731.

STUDENTEVERBLYF DRINGEND BENODIG Drie studente wil graag ’n huis huur waar honde ook toegelaat word. Kontak Hannes by 073 085 6218 of Marietjie by 074 776 0007.

SUID – AFRIKAANSE BEVOLKING STATSSA2011

199

6

40, 5 MILJOEN

20

01 44, 8

MILJOEN 20

11

51, 7 MILJOEN

Page 8: Katkisasie- FINANSIËLE VERSLAG kerkkantoor -17 …...Verlof Die koster, Talent Chimuti, is met verlof van 5 tot 21 Desember. Gedurende die tyd kan u vir Simon Kekana kontak by 078

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste

Sondae Administrasiehulp

[email protected]

www.gkbrooklyn.org.za

Anita Cilliers en Arnline Kuun Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings

Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt

29 Nov

Duxbury Ouderling Diaken Fanus Nortje

Onder die diens Diakonale werk By die deure Dankbaarheidsfonds

Sanet

6 Des

Duxbury Ouderling Diaken Willem Reyneke

Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds

Gerda

Predikante verbonde aan die gemeente:

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 [email protected] Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 [email protected]

Fanus Heystek (Residentia-Sunnyside) 012 542 3662 073 777 1254 [email protected]

Baie dankie vir jou

finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! Bank: ABSA, Hatfield-tak Takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede: Diakonale kas ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

GOD SE GROOT GENADE Psalm 9:11: Daarom vertrou almal wat U Naam bely, op U, Here, laat die wat vra na u wil, nie in die steek nie. Terugslae is nie die einde van die wêreld nie. Begin vandag van voor af. Aanvaar en vertrou dat gister, danksy God se groot genade, uitgewis en verby is, en hou vas aan die belofte dat Hy ook jou môre in Sy hand hou ...