ken ons direkteure - bougainvilla aftree-oord

8
Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 Aug 2020 1 Nuusbrief van Bougainvilla Aftree-oord / Newsletter of Bougainvilla Retirement Village Nr. 51 Jul 2020 Aug 2020 KEN ONS DIREKTEURE Johan Coetzee is deel van die Direksie vir die afgelope twee jaar en is tans die Voorsitter van die Direksie. Wie is hy en waar kom hy vandaan Gebore en groot geword in Namakwaland op ‘n dorpie met die naam Klawer. Dit was in hoofsaak ‘n spoorwegdorp wat gedien het as middelpunt vir die verspreiding van goedere na die res van Namakwaland en Noord Kaap. Vandaar die groot liefde vir stoom lokomotiewe wat die trekeenhede was vir al die treine. Skoolgegaan op Klawer en Matriek gemaak (1959) op Vredendal Na matriek op ‘n trein geklim en in Pretoria kom werk in die Staatsdiens in ’n finansiële departement. Dit was hier wat ek, as ‘n jong man, my groot liefde raakgesien het en ons is getroud in Desember1963. Rienie het gedien op verskeie skoolkomitees en ons was ook baie betrokke by die Kerk. In 1966 is ons dogter Lynette gebore. Lynette is getroud en ons het oupa en ouma geword van twee pragtige kleinkinders, Arisca en Rickus. Die Staatdiens het nie genoeg uitdagings gebied nie en ek het na Krygkor/Denel, die wapenvervaardiger, aanbeweeg. Die landsbeleid het beperkend ingewerk op wapenaankope, wat groot uitdagings veroorsaak het om die land van wapens te voorsien. Hier het ek gevorder tot Groep Finansiële bestuurder van die “Ordnance Groupwat uit 13 Maatskappye bestaan het. Dit is met groot dankbaarheid dat ons terugkyk na hierdie tye en besef dat ons deel was van buitengewone prestasies wat deur Denel en die land behaal was. Op versoek van ‘n ouditfirma het ek, na aftrede by Denel, gehelp om firmas met probleme weer op die been te kry. Dit was heerlik om baie jare se ondervinding te kom terugploeg. Spesifieke liefdes Stoomlokomotiewe en Familie Navorsing. Wat is vir my belangrik? My vrou, kinders en kleinkinders is bo-aan die lys. Alles wat jy doen, veral teenoor jou medemens, moet jy doen na die beste van jou vermoë. Wat Irriteer my? Ondankbare mense. Oneerlike mense. As ek vandag terugkyk na ons lewe, sien ek die oorvloed seëninge wat ongevraag na ons gekom het. Alle eer aan ons Hemelse Vader. ____________________ Johan Coetzee Johan op sy fiets naby hulle huis in Klawer Johan en Rienie met hulle dogter Lynette en twee kleinkinders, Arisca en Rickus Die Coetzee-paartjie as jong getroudes

Upload: others

Post on 12-Nov-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: KEN ONS DIREKTEURE - Bougainvilla Aftree-oord

Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 1

Nuusbrief van Bougainvilla Aftree-oord / Newsletter of Bougainvilla Retirement Village Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020

KEN ONS DIREKTEURE

Johan Coetzee is deel van die Direksie vir die afgelope twee jaar en is tans die Voorsitter van die Direksie.

Wie is hy en waar kom hy vandaan

Gebore en groot geword in Namakwaland op ‘n dorpie met die naam Klawer. Dit was in hoofsaak ‘n spoorwegdorp wat gedien het as middelpunt vir die verspreiding van goedere na die res van

Namakwaland en Noord Kaap.

Vandaar die groot liefde vir stoom lokomotiewe

wat die trekeenhede was vir al die treine.

Skoolgegaan op Klawer en Matriek gemaak

(1959) op Vredendal

Na matriek op ‘n trein geklim en in Pretoria kom werk in die Staatsdiens in ’n finansiële

departement.

Dit was hier wat ek, as ‘n jong man, my groot liefde raakgesien het en ons is

getroud in Desember1963.

Rienie het gedien op verskeie skoolkomitees en ons was ook baie betrokke by die Kerk.

In 1966 is ons dogter Lynette gebore.

Lynette is getroud en ons het oupa en ouma geword van twee pragtige kleinkinders,

Arisca en Rickus.

Die Staatdiens het nie genoeg uitdagings gebied nie en ek het na Krygkor/Denel, die wapenvervaardiger, aanbeweeg.

Die landsbeleid het beperkend ingewerk op wapenaankope, wat groot uitdagings veroorsaak het om die land van

wapens te voorsien.

Hier het ek gevorder tot Groep Finansiële bestuurder van die “Ordnance Group” wat uit 13 Maatskappye bestaan

het.

Dit is met groot dankbaarheid dat ons terugkyk na hierdie tye en besef dat ons deel was van buitengewone

prestasies wat deur Denel en die land behaal was.

Op versoek van ‘n ouditfirma het ek, na aftrede by Denel, gehelp om firmas met probleme weer op die been te kry.

Dit was heerlik om baie jare se ondervinding te kom terugploeg.

Spesifieke liefdes

Stoomlokomotiewe en Familie Navorsing.

Wat is vir my belangrik?

My vrou, kinders en kleinkinders is bo-aan die lys.

Alles wat jy doen, veral teenoor jou medemens,

moet jy doen na die beste van jou vermoë.

Wat Irriteer my?

Ondankbare mense.

Oneerlike mense.

As ek vandag terugkyk na ons lewe, sien ek die oorvloed

seëninge wat ongevraag na ons gekom het.

Alle eer aan ons Hemelse Vader.

____________________ Johan Coetzee

Johan op sy fiets naby hulle

huis in Klawer

Johan en Rienie met hulle dogter Lynette en twee

kleinkinders, Arisca en Rickus

Die Coetzee-paartjie

as jong getroudes

Page 2: KEN ONS DIREKTEURE - Bougainvilla Aftree-oord

Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 2

HOUVAS MY HAND.

Na ‘n verblyf van meer as vyf jaar in die Kaap

trek ons seun en sy gesin terug Pretoria toe.

Ek en Henri is te verstane baie dankbaar. Des-

te-meer omdat hulle twee skatlike dogtertjies

het. Tot op daardie stadium het ons so baie

van die kleintjies se grootword en

ontwikkeling gemis. Ek vertel hier van twintig

jaar gelede. Daar was geen selfone,

WhatsApps, foto’s, video’s of enig van

vandag se wonderlike tegnologie wat afstand kon krimp, en beeld materiaal vrylik beskikbaar gemaak het

nie. Nog groter was ons vreugde toe hulle een straat verder, om die hoek van ons, ‘n huis koop.

Baie gou het ek en hierdie Engels tweeling (vier jaar oud) mekaar gevind. Solank ek net nie met hulle Afrikaans

gepraat het nie, het hulle graag by my kom kuier as almal by die werk is. Die kinders was gelukkig om ‘n baie betroubare en oulike huishulp, Patricia, te bekom. Aanvanklik as die tweeling na my toe moes kom het sy

saam met hulle gestap tot by my en het ek hulle dan na die kuier weer veilig terug besorg by hulle eie huis.

Net vir gou egter het die tweetjies besluit hulle wil self en alleen na Ouma toe loop. Ons het toe ‘n plan bedink. As Patricia met hulle saam stap tot op die hoek, sal ek by die volgende straat staan en dan kan hulle op hulle

eie na my toe loop. Net so met die teruggaan na hulle eie huis. Ek stap saam tot op die hoek en Patricia wag

voor hulle huis op die sypaadjie vir hulle. Hulle mag dan van my tot by Patricia op hulle eie stap.

Met so ‘n geleentheid word dit toe die tyd vir hulle om huiswaarts te keer. Ek vat een aan elke hand en stap

so oor die straat. Nou is daar so ‘n halwe blok se stap tot by ‘n straat. Matty, die rustige enetjie, stap langs

my, hand aan hand. Maar Carla die rabedoe ruk en pluk om haar handjie los te kry. Ek buk totdat ek haar in

die ogies kan kyk en se sy mag tot op die hoek hardloop maar nie oor die straat gaan nie, op die hoek moet

sy vir my wag. So gesê so gemaak. Sy’s pragtig gehoorsaam en wag op die hoek, terwyl ek en Matty hand

aan hand tot by haar stap. Daar vat ek weer altwee se hande en stap oor die straat. Carla woel weer los en

met dieselfde vermaning om op die hoek van die straat vir my te wag, hardloop sy vooruit. Matty stap egter

dood gelukkig en tevrede aan my hand.

Dan struikel Matty oor die ongelyke sypaadjie. Alhoewel sy my met haar so saamtrek dat ek moes buk sodat

ek nie my greep op haar handjie verloor nie, bly haar handjie stewig in myne. Ek hou vas en sy val nie. Ek

gaan staan stil en help haar totdat sy weer haar ewewig herwin het. Ons stap rustig voort tot waar Carla

ongeduldig op die hoek staan en rondtrippel. Daar onder staan Patricia en wag. Ek gee elkeen ‘n soentjie en drukkie en sê ek is lief vir hulle, en hulle stap veilig huistoe.

Daardie dag het ek besef hoe dit werk as die Here ‘n pad met ons stap. Ons mag struikel, maar ons val nie

want Hy hou ons hand vas. Stewig vas, en kyk dat ons veilig is. Hy is lief vir ons. Hy sorg vir ons, pas ons op

en beskerm ons, Hy gee om vir ons. Elke dag kan ek met vreugde aanpak as ek ‘n pad saam met Hom stap.

Hy (die Here) sal nie toelaat dat jy struikel nie.

Ps 121:3

Page 3: KEN ONS DIREKTEURE - Bougainvilla Aftree-oord

Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 3

2 3 4 1

This is why we cannot go to the barber shop

It’s so simple to be wise. Just think of something stupid to say and then don’t say it.

Page 4: KEN ONS DIREKTEURE - Bougainvilla Aftree-oord

Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 4

JPES Engineering Services (Pty) Ltd

Cell: 0660 277 909 (James- sales and

marketing) P.O BOX 908138 - Montana

We do solar installations: Ons doen solar installasies: To lower electricity bills * Om koste op jou krag rekening te bespaar

Backup for load shedding * Rugsteun krag vir wanneer ons beurtkrag het

According to your needs and budget * Volgens jou behoeftes en begroting

We do any make and model of solar * Ons installeer slegs goedgekeurde toerusting

Bougainvilla aftree oord installasie. Eenheid 79

Contact James on: 0660 277 909. Kontak James op: 0660 277 909

Sr. Soreka Oosthuizen is ons nuwe

Oordsuster. Sy neem oor by Sr.

Annesta wat die diens verlaat het.

Soretha, baie welkom en ons

vertrou dat jy baie gelukkig in

Bougainvilla Aftree-Oord sal wees.

Dra asseblief julle maskers en moenie

net sê “ons doen” nie. Ek sien veral

familie wat kom kuier of kos afgee,

sonder maskers loop.

Indien iemand in jou huis moet kom

werk is dit net goeie voorsorg dat jy ook

‘n masker dra al is dit in jou eie blyplek.

Page 5: KEN ONS DIREKTEURE - Bougainvilla Aftree-oord

Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 5

Testamente

Boedels

Trusts

Persoonlike diens in

die gemak van u

woning.

Bekostigbare

eksekuteursfooie.

Hein Klokov

Praktiserende prokureur (LLB)

Lid van Fiduciary institute of

Southern Africa

Kontakbesonderhede

084 581 8146

012 543 1806

Page 6: KEN ONS DIREKTEURE - Bougainvilla Aftree-oord

Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 6

Ons SENIOR INWONERS (80 en ouer) wat in Junie agter geslote deure ‘n verjaardag

gevier het. Veels geluk en ons is hoopvol dat die volgende mylpaal ook vir u beskore

sal wees.

Ons wens ons SENIOR INWONERS (80 en ouer) wat in Julie en Augustus verjaar ‘n geseënde jaar toe.

80 EN OUER WAT IN JULIEVERJAAR 80 EN OUER WAT IN AUGUSTUS VERJAAR

Dag Naam Van Eenheid Dag Naam Van Eenheid

2 CHRISTA DU PLOOY 28 3 HETTIE VICTOR 2309

5 FRANCI VAN DER LAAN 5212

4 JURIE LOMBARD 8

9 JENNY VILJOEN 61 7 MARTHA NEL 41

13 STOLLE VAN ZYL 128 8 ERIK VISSER 72

14 AREND ADRIAANSE 145 11 ANDREW VAN DER BERGH 3102

16 HESTER HATTINGH 71 12 MARIE DE VILLIERS 66

16 MIEMIE VAN WYK 244 12 KOOS STRAUSS 179

17 MAGRIETHA VISAGIE 192 14 ELIZE VAN DYK 140

19 HOPPIE VAN JAARSVELDT 160 15 MATTY VAN DEN BERG 11

20 COEN HANEKOM 4113 18 LOUISA VAN ASWEGEN 181

23 CHRISTO LOMBARD 2308 19 WILLEM VAN DER MERWE 5112

23 BETTIE VAN ZYL 1208 19 LOUIS DESPLAND 221

23 LUCAS STOLTZ 1002 20 GERTIA VAN BLOMMESTEIN 1217

24 GEORGE DOMIAN 113 21 DINA VAN JAARSVELDT 160

25 MAGDALENA VAN DER MERWE 138 21 KATHY DE BRUYN 185

25 TINEKE VORSTER 1215 22 MIKE RAUBENHEIMER 303

27 RINA VAN ROOYEN 2009 23 ELIZE CAMPHER 4211

27 MAGDALENA VAN DER WALT 165 26 HUBERT NIEHAUS 5208

28 MIEMS VAN DER WALT 1107 30 PETRUS VAN HEERDEN 21

28 ADRIANA ALBERTS 290 31 PIET LOUW 129

28 ORIEL THERON 4013

29 JOHNNY O'CONNEL 4306

30 HEINZ GIESE 3202

30 GEZINA KAMSTRA 103

30 ENSIE BOTHA 15

31 CHRISTA ALTONA 203

Dag Naam Van Eenheid

Dag Naam Van Eenheid

2 ANNETJIE DU PLESSIS 18 15 BREGGIE LANDMAN 1309

6 RIA GERTZEN 5102 15 HERMANUS VISAGIE 192

7 FRANSIE DE KLERK 69 16 PETRO KOCH 27

7 FREDA BRUYNS 31 16 ANNA STEYN 186

7 IVO PETR 246 16 THYS CORNELIUS 5209

7 KOWIE STRIJDOM 133 19 ETTA VAN COLLER 223

8 PAUL JOUBERT 195 22 ANNIE BOUCH 292

9 THERESA ROSSI 5006 23 KOOS STEYN 167

9 ERIC GELDENHUYS 255 24 PHOEBE WAGENER 1311

11 MARIE STRIMER 258 25 HENNIE CRONJE 112

13 JOHANNES SMITH 9 25 CHRISTINE COETSER 220

13 HANNIE UPTON 3105 27 MARI VAN DEVENTER 3002

14 JOHNNY DE BRUYN 234 29 IDA PRETORIAS 151

29 JACOB CLASSEN 123

Page 7: KEN ONS DIREKTEURE - Bougainvilla Aftree-oord

Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 7

WHICH ARE YOU

Some members keep a group so strong,

While others just join to belong.

Some dig right in: serve with pride.

Some go along just for the ride.

Some volunteer to do their share,

While some lie back and just don’t care.

Some do their best, some help, some make;

Some do nothing, only take.

Some greet new members with a smile,

And make their coming so worth wile.

While some go on their merry way,

No greeting or kind word to say,

Some help the group to grow and grow,

When asked to help to help they don’t say ‘No’.

Some drag, some pull, some don’t, some do

Consider, which of these are you?

- Author unknown.

BLOKKIESRAAI

1^ ?Oord bestuurder se naam en van

2> Faktotum se naam

3> Kombuis operateur

4> - Oord koerant naam

5> Blonde ontvangsdame

6af- Oord Naam 8af- Familie naam 9> ESkimo se huis 10> Nie vuil 11> Bestuursagent van oord

12> Nie onder 13af- 5 aan voet 14> Dier met horings

15 > - Iemand wat les gee

16af - Simbool vir getroud wees

17^ Loop op spore 18af- Wat jy saai sal jy ……

19> Nie af 20> Dankie

(Antwoorde op bl 8)

DANKIE STOFFEL EN ANNETJIE

Soos met baie van ons, het ons te

veel skilderye saamgebring toe ons

hier ingetrek het. Stoffel en Annetjie

het ‘n aantal skilderye en prente geskenk om van die woonstelle se

gange te vervraai. Indien u dalk

oortollige skilderye het wat u wil

skenk sal ons dit baie waardeer Daar

is nog baie woonstelgange met kaal

mure. Kontak gerus vir Chris Hőll

(Tel 6055)indien u iets wil skenk.

Stoffel staan by die skilderye en prente wat geskenk is.

Page 8: KEN ONS DIREKTEURE - Bougainvilla Aftree-oord

Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 8

BLOKKIESRAAI SE ANTWOORDE

1^ ?Oord bestuurder se naam en van ricus groenewald

2> Faktotum se naam frik 3> Kombuis operateur fedics 4> - Oord koerant naam informant

5> Blonde ontvangsdame dana 6af- Oord Naam bougainvilla

8af- Familie naam van 9> Eskimo se huis iglo 10> Nie vuil skoon 11> Bestuursagent van oord csi 12> Nie onder bo 13af- 5 aan voet toon 14> Dier met horings bok 15 > - Iemand wat les gee leraar 16af - Simbool vir getroud wees ring 17^ Loop op spore trein 18af- Wat jy saai sal jy …… maai 19> Nie af an 20> Dankie ta

IMPORTANT PHONE NUMBERS

NB: For medical emergencies or fire: Use panic button.

Security: 6363 / 1126

Dr. Stephanie Gouws: 012 940 2724

Frail care (Sr. Lea): 7020/1130

Clinic: (Sr. Soreka) 1127

Electrician: (Charl) 082 086 0397

Plumber: (Gerrie) 071 194 2153

Kitchen: 7018/7023/7030

Hair salon: 7019

Beauty salon: 7005

Laundry: 7021

Village manager: 7003

Reception: 9 /7001 /7002 or 012 000 4437

Bougainvilla emergency maintainance: 064 812 0093

Other important numbers:

Ambulance 086 011 2911

Firebrigade 10177 / 012 310 6300

Die menings en kommentaar wat in hierdie

blad verskyn is nie noodwendig diè van die

redaksie, direksie of bestuursagent van

Bougainvilla Aftree-oord nie. Die redaksie

behou die reg voor om bydraes te korrigeer of

te verkort. Nie alle berigte of fotos wat

ontvang word sal noodwendig geplaas word

nie. Sommige mag oorstaan na ‘n volgende uitgawe. Indien die redaksie van mening is dat

‘n bydrae onvanpas is sal die berig nie geplaas

word nie en die outeur sal sodanig in kennis

gestel word. Geen produkte wat in

INFORMANT geadverteer word, word

onderskryf nie. Berigte en artikels kan gestuur

word na Henri Braak #25, Didi en Dana by

ontvangs. E-pos: [email protected].

Die DSTV groep bied goeie waarde vir

geld. O.a. is daar al die sportkanale,

talle nuuskanale, Kyknet, vele

fliekkanale en baie meer.

Vir meer besonderhede kan u die

volgende persone kontak

Jan Buter (Voorsitter) 6042

Susan Van Zyl (Ondervoorsitter) 6127

Aansoekvorms om aan te sluit is by

ontvangs beskikbaar.

Algemene Metrofibre inligting

Aansoekvorms om aan te sluit is by

ontvangs beskikbaar.

Vir meer inligting kan Chris Hőll by

6055 gekontak word.

Metrofibre kan benewens ’n Wifi-

dataverbinding ook ’n telefoon lyn

verskaf maar nie die telefoon self nie.

U kan enige standaard telefoon

gebruik of ‘n telefoon by die kantoor

koop teen R350

BOUGAINVILLA

AFTREE-OORD

DSTV GROEP

BAIE DANKIE

Ons as inwoners van Woonstelblok D sê baie dankie aan

ons blokleier, Elize (5110), vir al haar hulp en bystand, nie

net tydens die grendeltyd nie, maar ten alle tye.

Elize gebruik haar persoonlike tyd, voertuig en brandstof

om op versoek vir ons kruideniersware te gaan aankoop.

Sy sien ook na-ure om na mense wat hulp nodig het,

sorteer kosaflewerings uit wanneer dit nie reg is nie en

vele meer.

Dit word opreg deur ons almal waardeer en ons is

bevoorreg om haar as blokleier, te hê.