kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

24
’n Gesondheidsproduk, Humex K, wat deur Kleinfonteiner, Connie Medlen, help ontwikkel is, is die afgelope twee maande landswyd op die rakke van Dischem, Clicks en ander apteke beskikbaar. H umex K is ’n anti -inflammatoriese middel, wat die vrystel- ling van pro-inflammatoriese produkte tydens ’n inflamma- toriese reaksie, bv in gewrigte, verhoed. “Witbloedselle is onontbeerlik in ’n mens se immuunsisteem, maar as daar enige skade aan die liggaam is, soos wat dikwels voorkom as mens ouer word, val die witbloedselle die beskadigde selle aan en veroorsaak inflammasie. Byvoorbeeld, in osteoartritis kan hierdie in- flammasie baie pynlik wees en hierdie middel help onder meer hiervoor,” verduidelik Connie, wat ’n doktorsgraad in Immunologie het en ook ’n direkteur van Kleinfontein Boerebelange Koöperatief is. Volgens haar kan selfs mense wat aan allergieë lei, daarby baat vind. Connie het reeds verskeie radio-onderhoude oor Humex K gedoen en haar naam verskyn ook baie pertinent op die verpakking. Sy is ook in ’n reeks tydskrifadvertensies te sien. Sy vertel entoesiasties van die jarelange proewe wat sy en haar nagraadse studente by die Uni- versiteit van Pretoria op die middel gedoen het. “Waaroor ek veral opgewonde is, is dat hierdie middel, wat van bruinkool (ligniet) vervaardig word, glad nie toksies is nie en dus geen newe-effekte het nie. Dit gaan nie skade wat reeds aangerig is herstel nie, maar sal wel verdere skade verhoed en dus mense se lewenskwaliteit verbeter. Dis altyd lekker vir ’n navorser om te weet jy maak ’n verskil in mense se lewens,” sê sy. Kleinfontein prof verlig wêreld se pyn Lees meer oor Humex K by http: //www.natrx.co.za/ product/humex-k/ K leinfontein is vanjaar ’n hele 21 jaar oud en ons gaan groot makietie hou. Op 25 Oktober is daar ’n heerlike revue in die Gemeenskapsaal. Hou die plakkate en Gemeenskapsnuus dop vir meer besonderhede. Nooi jou vriende en familie en kom vier saam ons mondigwording. Onthou van Kleinfontein se groot verjaardagpartytjie Kleinfonteinnuus K L E I N F O N T E I N B O E R E B E LANGE KOÖPERATIEF BP K www.kleinfontein.net September 2013

Upload: kleinfontein

Post on 28-Mar-2016

303 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Kleinfontein, nuus en gebeure in dié Afrikanerkultuurgemeenskap

TRANSCRIPT

Page 1: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

’n Gesondheidsproduk, Humex K, wat deur Kleinfonteiner, Connie Medlen,

help ontwikkel is, is die afgelope twee maande landswyd op die rakke van

Dischem, Clicks en ander apteke beskikbaar.

H umex K is ’n anti-inflammatoriese middel, wat die vrystel-

ling van pro-inflammatoriese produkte tydens ’n inflamma-

toriese reaksie, bv in gewrigte, verhoed.

“Witbloedselle is onontbeerlik in ’n mens se immuunsisteem, maar as daar enige skade aan

die liggaam is, soos wat dikwels voorkom as mens ouer word, val die witbloedselle die

beskadigde selle aan en veroorsaak inflammasie. Byvoorbeeld, in osteoartritis kan hierdie in-

flammasie baie pynlik wees en hierdie middel help onder meer hiervoor,” verduidelik

Connie, wat ’n doktorsgraad in Immunologie het en ook ’n direkteur van Kleinfontein

Boerebelange Koöperatief is.

Volgens haar kan selfs mense wat aan allergieë lei, daarby baat vind.

Connie het reeds verskeie radio-onderhoude oor Humex K gedoen en

haar naam verskyn ook baie pertinent op die verpakking. Sy is ook in ’n

reeks tydskrifadvertensies te sien.

Sy vertel entoesiasties van die jarelange proewe

wat sy en haar nagraadse studente by die Uni-

versiteit van Pretoria op die middel gedoen het.

“Waaroor ek veral opgewonde is, is dat hierdie middel,

wat van bruinkool (ligniet) vervaardig word, glad nie

toksies is nie en dus geen newe-effekte het nie. Dit

gaan nie skade wat reeds aangerig is herstel nie, maar

sal wel verdere skade verhoed en dus mense se lewenskwaliteit verbeter. Dis altyd lekker

vir ’n navorser om te weet jy maak ’n verskil in mense se lewens,” sê sy.

Kleinfontein prof verlig wêreld se pyn

Lees meer

oor Humex K by

http:

//www.natrx.co.za/

product/humex-k/

K leinfontein is vanjaar ’n hele 21 jaar oud en ons gaan groot

makietie hou. Op 25 Oktober is daar ’n heerlike revue in die

Gemeenskapsaal. Hou die plakkate en Gemeenskapsnuus

dop vir meer besonderhede. Nooi jou vriende en familie en kom vier

saam ons mondigwording.

Onthou van Kleinfontein se

groot verjaardagpartytjie

Kleinfonteinnuus

K L E I N F O N T E I N B O E R E B E LANGE KOÖPERATIEF BP K

w w w . k l e i n f o n t e i n . n e t September 2013

Page 2: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

Redaksie

D ie Spaanse joernalis, Jaime, was so

bietjie mosterd na die maal. Hy en ’n

vryskut Afrikaanse kameraman het Klein-

fontein eers laat in Augustus kom verfilm

vir ’n TV stasie in Meksiko. Jaime bly al

drie jaar in Suid-Afrika en hy was baie

trots op die paar Afrikaanse woorde wat

hy ken: “Lekker” en “baie dankie”.

Iemand het hom geleer jy sê “buy a don-

key” en dit beteken dan “baie dankie” in

Afrikaans.

Ek dink nie Jaime het besef dat dié

“donkiebrug” se “dônkie” presies klink

soos deftige Afrikaners in die ooste van

Pretoria praat nie. Hulle praat mos van pô

en mô se strôndhuis.

Hy was ook die een wat opgemerk het

dat daar eintlik net een groep in Suid-

Afrika is wat ’n plek soos Kleinfontein aan

die gang kon kry en hou. “Julle is baie

selfgenoegsaam,” het hy gesê.

En die Afrikaanse kameraman het, toe

ek sê hy moet die armer én die ryker dele

van Kleinfontein afneem, stilletjies in Af-

rikaans vir my gesê: “Toe maar, ek is aan

julle kant!”

Ek wil vir al die Kleinfonteiners wat ek

so baie keer nadergehark het vir onder-

houde met die media “buy a donkey” sê.

Daar was Dries en Annatjie Oncke, Elise

Smit, Armand van Jaarsveld en Dina de

Jager, om maar net ’n paar te noem. “Buy

a donkey”, julle. Julle was waardige am-

bassadeurs vir Kleinfontein en ek is trots

om julle my mense te kon noem. Ek is aan

julle kant, hoor!

Marisa

“Buy a donkey, Kleinfontein”

Dr Deon Lombard MB Ch B MED Reg Unisa Pr 1401017 MP0314579

RAYMED MEDIESE SENTRUM Treurnichstraat 1, Rayton

Posbus 382, Rayton, 1001

Tel (012) 734-4161/2

Faks (012) 734-4741

Selfoon 079-206-9393

Epos [email protected]

NOODNOMMERS Cullinan Nood (012) 734-2890

Wilgers Nood (012) 807-8285

NETCARE 082 911

ER NOOD 084-124

SPREEKURE Maandag – Donderdag 09:00 tot 17:30

Vrydae 09:00 tot 15:00

Saterdae 08:00 tot 11:00

Sondae en vakansiedae gesluit

(Gebruik noodnommers asb)

REDAKTEUR: Marisa Haasbroek

MEDEWERKERS: Álet Erasmus, Marietjie Fourie, Ria Pretorius

ADVERTENSIES: Elisabeth Malan

FOTO’S: Flipper Fotografie, Estelle Cronjé, Charel Bezuidenhout.

Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan marisa@kleinfontein. net

Page 3: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

KLEINFONTEINNUUS 3

Wat maak jy, Petrus?

1. Ek het Kleinfontein toe gekom . . .

Johan: . . . toe ek en my vrou uit

die stad wou kom. Ons het op

Kleinfontein kom besoek aflê en

ek het vir my vrou gekyk en sy vir

my en ons het net daar besluit hier

wil ons bly.

Andries: . . . nadat ek en my

vrou geruime tyd al die strewe

gehad het om na ’n volkseie

woongebied te verhuis en toe ons

persoonlike omstandighede dit

toegelaat het, het ons ons woning

in Pretoria verkoop en na Klein-

fontein verhuis. Ons keuse het op

Kleinfontein, en nie Orania nie,

geval omdat al ons belange asook

meeste van ons vriende en familie

hier in die Noorde gevestig is.

2. My vrou is . . . Johan: . . . Ceciel. Sy is ’n

Spreuke 31 vrou so uit die

hand van God.

Andries: . . . Marietjie. Sy is ’n

opgeleide dieetkundige en het ja-

relank in die HF Verwoerd Hos-

pitaal en later in haar eie private

praktyk gepraktiseer. Sy was die

eintlike dryfveer dat ons sonder

verdere versuim na Kleinfontein

moes kom.

3. My kinders is . . . Johan: . . . Almal ge-

troud met Boeremanne

met mooi kinders en hulle begeer

om ook op Kleinfontein te bly.

Andries: . . . drie dogters en ’n

seun. Marianne, die oudste, is ad-

junk-stasiebestuurder by Radio

Pretoria. Nita is ’n huisvrou en gee

ook wiskunde-klasse by ’n private

skool. Lize-Marie is ’n vioolonder-

wyseres en Hendrik is ’n predi-

kant, wat tans nagraads aan die

Universiteit van Tübingen in

Duitsland studeer.

4. Ek is opgelei as . . . Johan: . . . ’n leraar.

Tans staan ek aan die

hoof van opleiding by ’n Bybelkol-

lege op Rayton. Ek beskou myself

as ’n dienskneg in die hand van

ons Meester en Koning, Jesus.

Andries: . . . infanterie-offisier,

geskiedenisnavorser, en algemene-

en inligtingstegnologiebestuurder.

5. Om ’n Afrikaner te wees, beteken . . .

Johan: . . . om deel te wees van

God se volk en saam te kan stry vir

die waarheid en om volkseenheid

te bewerkstellig.

Andries: . . . ek is as ’n Boer/

Afrikaner gebore en beskou dit as

my plig om ons volk se geskiedenis,

waardes en -strewes te koester en

my vir die verwesenliking van ons

volksideale te beywer.

6. As ek onmiddellik net één ding op Klein-

fontein kon verander, sou ek . . .

Johan: . . . alle negatiwiteit weg-

vat en vir almal sê: kom ons werk

saam as kinders van die Here.

Andries: . . . die getwis tussen

die faksies wou bylê sodat ons

saam skouer aan die wiel kan sit

om Kleinfontein vinnig en doel-

treffend uit te bou.

7. My visie vir Kleinfontein is . . . Johan: . . . om ’n bydrae

te maak in die geestelike groei van

Kleinfontein.

Andries: . . . dat dit, saam met

ander dele van ons land wat die-

selfde strewe koester, uitgebou sal

word tot ’n volwaardige tuiste vir

ons volk, soos deur N.P. van Wyk

Louw beskryf in Die Dieper Reg:

afsonderlik en trots en vry!

Kleinfontein spog sedert

17 Augustus met twee

nuwe direkteure, Johan

Nel (regs) en Andries

Breytenbach (links).

antwoorde van

nuwe

Direkteure

A lmal wonder waarmee Petrus van der

Schyff steeds so woel by die Uit en Tuis

Winkelsentrum. Daar gaan ’n nuwe gebou

kom, verduidelik Hannes Conradie, eienaar

van dié sentrum.

“Die nuwe gebou gaan ongeveer 200 m2

vloerspasie hê. Die Koöperasie gaan oortrek

en opgradeer en sal ook sy eie badkamers hê.

Verder beoog ek ’n paar klei-ner persele

wat vir kantore of klein ondernemings

gebruik kan word. My vrou Elsie en ’n

vriendin wat landskapuitleg doen, beplan

’n mooi tuin,” sê Hannes.

Voorlopig gaan die nuwe gebou net eers

tot op vloerhoogte gebou word, sodat

Petrus die plaveisel dadelik kan klaar-

maak. Dus spoedig meer parkeerplek en

minder stof.

Page 4: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

Lukas 19:1-10; Vs. 5 “Ek moet

vandag in jou huis tuisgaan.”

M iskien ervaar jy dat God ver

buite jou lewe staan. Dis

nie waar nie, Hy het Immanuel

geword: God met ons. Deur sy

Woord en Gees kom Hy in ons le-

we en maak van ons, nes Saggeus,

nuwe mense. Ook vir jóú sê Hy: Ek

moet vandag in jou huis tuisgaan.

1. Jy moet daarna verlang.

Saggeus het gesmag om

Jesus te ontmoet. Die verlange na

Hom moet in jou leef as jy Sy krag

en liefde wil ervaar. Ps 42:3 sê:

Soos ’n wildsbok smag na water-

strome, smag my siel na U, o God.

2. Jy moet wérk maak daar-

van. Saggeus het Jesus nie

‘toevallig’ ontmoet nie. Hy het

Hom doelbewus gaan opsoek.

Soms moet ons ons lewensgejaag

onderbreek om weer in die reine

met God te kom. Deur sy profeet

Hosea sê Hy: Dis nou die tyd om

na my wil te vra sodat Ek kan kom

en weldade oor julle uitgiet.

3. Geen verskonings. Saggeus

kon Jesus weens die skare

se gedrang nie sien nie, maar toe

hardloop hy vooruit en klim in ’n

wildevyeboom, hy móét vir Jesus

sien. Ons het baie verskonings.

God sê: Kyk, nou is die regte tyd,

nou is dit die dag van redding (2

Kor.6:2).

4. Jy kan Jesus net ontmoet

waar Hy is: in sy Woord, in

sy Kerk (erediens), in jou binne-

kamer. Waar daar twee of drie is,

daar is Ek in julle midde, sê Jesus.

5. Moenie uitstel nie. Dit was

Saggeus se laaste kans.

Jesus was op pad na Jerusalem

waar Hy gekruisig sou word. Hy

sou nie weer deur Jerigo gaan nie.

Vandag is dalk ook jou laaste kans.

6. Maak jou deur oop.

Saggeus het Jesus met

blydskap ontvang. Openbaring

3:20 sê: Kyk Ek staan by die deur

en Ek klop. As iemand my stem

hoor en die deur oopmaak, sal Ek

ingaan en saam met hom feesmaal

hou. Jesus breek nie jou deur af

nie. Hy roep jou op jou naam—en

jy kan Hom innooi of wegjaag.

7. Maak reg. Saggeus het

mense uitgebuit en afge-

pers, maar hy het berou. Voorheen

was hy inhalig, nou is hy vrygewig.

“Vandag het daar redding vir

hierdie huis gekom,” sê Jesus –

die mooiste woorde in dié verhaal.

Saggeus se huisgenote deel in sy

verlossing.

Jesus soek nie oornagplek nie,

maar woonplek, nie ’n gastehuis

nie, maar ’n woonhuis. As Jesus in

jou huis kom bly, word alles nuut:

jou huwelik , jou gesin, jou

verhoudings. Wil jy nie vandag vir

Jesus in jou huis nooi nie?

Jesus in jou huis Ds Nico

Steenberg

het hierdie

keer vir die

oordenking

gesorg. Hy

is van die

NG Kerk

oordenking

Page 5: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

KLEINFONTEINNUUS 5

Piet Janssens word deur

die mense van Klein-

fontein geken as iemand wat dag

en nag, somer en winter op sy pos

was om te help met elektriese

instandhoudings- en ontwikke-

lingswerk. “Ons gaan dié elek-

triese tegnikus moeilik vervang,”

het Pieter du Preez, voorsitter van

die Dagbestuur tydens Piet se af-

skeidgeleentheid gesê.

Piet het op sy beurt vertel hoe

gereeld Kleinfonteiners vir hom

en die werkers drinkgoed aange-

dra het as hulle in die nag of in die

koue moes werk. Piet het besluit

dat hy en sy vrou Corrie voortaan

by sy kinders in Pretoria gaan bly.

Gert du Plessis het vir

baie jare Klein-

fontein se watertoetse met nouge-

setheid uitgevoer. Sy professio-

nele agtergrond het verseker dat

die gehalte van die inligting wat

hy verskaf het, so noukeurig was

dat dit sonder huiwering net so

deur die konsultante vir formali-

sering aanvaar is. Gert is ’n man

van vele talente wat ook graag

klavier speel en skilder.

Kleinfonteiners neem met spyt

kennis dat sy gesondheid so

verswak het dat hy nie langer die

watertoetse kan behartig nie.

Niël de Beer het as een van

Kleinfontein se

pioniers sedert die aanvangsjare

geen inspanning of ongerief in

belang van Kleinfontein gespaar

nie. In geldwaarde kan die dienste

wat hy gratis as siviele ingenieur

vir die gemeenskap gegee het, nie

bereken word nie.

Vandag nog tref ’n mens Niël

steeds iewers aan die woel en

werskaf op Kleinfontein aan en is

hy dié staatmaker in Kleinfontein

se formaliseringsaksie.

Francois Malan is

nie al-

leen ’n gekwalifiseerde ingenieur

nie, maar ook ’n natuurliefhebber

wat in ’n afgeleë woestyn navor-

sing gedoen het.

Vir etlike jare nou al is Klein-

fontein bevoorreg om sy professio-

nele kennis en ervaring te kon

bekom. Op sy stil manier lewer hy

gratis diens van onberekenbare

geldelike waarde aan Kleinfontein.

Jan Boer is in die buite-

land opgelei as stads-

en streeksbeplanner, het jarelange

ondervinding van dorpsbeplan-

ning en het ’n onskatbare bydrae

tot Kleinfontein gemaak. Jan was

vroeër vanjaar negentig jaar en

tydens dié verjaarsdagviering in

Die Koöperasie Koffiewinkel, het

sy kinders vir hom ’n gedrukte

kopie van sy outobiografie as

geskenk gegee.

Jan het vir jare sy professionele

kennis en ervaring gratis tot voor-

deel van Kleinfontein aangewend,

en hy is tans nog gereeld in die

beplanningskantoor te sien.

Op 1 Augustus het Kleinfontein spesiaal dankie gesê aan vier

van sy veteraan-ontwikkelaars van links Piet Janssens,

Francois Malan, Niël de Beer en Jan Boer. Elkeen het ’n

spesiale oorkonde ontvang. Die volgende dag het Gert du

Plessis, wat tans baie siek is, ook syne by sy huis gekry.

Bo oorhandig Jan Groenewald sy oor-

konde aan Gert du Plessis, terwyl Marie-

tjie Fourie toekyk, en onder aan Piet

Janssens.

veterane

vereer

Page 6: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web
Page 7: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

KLEINFONTEINNUUS 7

Die Diepraams se houer raak net nie leeg

T oe Boet en Nicoline in 1953

getroud is, was geld skaars en

hulle is vir hul wittebrood na

Isingogostrand in Natal, waar

hulle ’n tent opgeslaan het.

“Dit het geweldig gereën en die

tent het soos ’n sif gelek. Na drie

dae het ons moed opgegee en huis

toe gekom,” vertel Nicoline.

Sy kan die dag en datum wat sy

vir Boet ontmoet het nog goed

onthou – 9 Mei 1948, by ’n Son-

dagskoolpiekniek by Fonteinedal

in Pretoria.

Boet het na-uurs by Tukkies stu-

deer en sy graad in Sielkunde

behaal, maar hy het sy lewe lank

by die Departement van Finansies

gewerk waar hy uiteindelik ’n hoë

pos beklee het. Nicoline was ’n

skoolsekretaresse. Hulle het twee

dogters en ’n seun.

“Toe ons seun in graad een was,

het hy net een sussie gehad wat

agtien maande jonger as hy is. Hy

W im

en

Selma

Diepraam,

inwoners

van die

Hoewes,

het in Ju-

nie saam

met die

Klein-

fontein

bus

Orania toe

gery vir die rugby- en netbalwed-

stryd daar. Op pad soontoe het

wou baie graag nog boetie of

’n sussie hê en hy vertel toe mooi

vir sy juffrou dat sy mam-ma ’n

baba gaan hê. Pouse wens die

juffrou ’n verbaasde Nicoline

geluk. Sy moes toe mooi verdui-

delik dat dit pure wensdenkery van

haar seun was,” vertel Boet.

Tien jaar later, toe Ouboet

sestien jaar oud is, het daar wel vir

hom nog ’n sussie opgedaag. Toe

Nicolene vir die hoof sê dat ’n

nuweling op pad is, kondig hy dit

terstond oor die interkom aan. ’n

Graad een seuntjie het die

middag by die huis gaan vertel

“dat die oujongnooitannie wat in

die kantoor werk ’n babatjie gaan

hê”. Die Pretoriusse lag lekker oor

dié storie en vertel dat hul laatlam,

’n Sin vir humor hou hulle al 60 jaar

saam

Lize, op die ou end die hele skool

se klein liefling was.

Boet en Nicoline is geliefde en

staatmaker-Kleinfonteiners. Dit

was ook Boet wat gereël het dat

die kerkklok waarmee Kleinfon-

tein so spog sy staanplek op die

dorp kry. Marietjie Fourie

hulle beroemde wit houer, soos die

spreekwoordelike weduwee se

kruik, nooit leeg geraak het nie.

Almal in die bus se monde het

gewater as Wim die wit houer van

die bagasierak skuins bokant sy

kop afgehaal het. Daar was worsies

van Uitkyk af, vleisrolletjies en die

lekkerste toebroodjies in. En die

Diepraams was nie suinig om te

deel nie. Benewens hul kleinseun

Werner het ons ander net so

lekker saamgeëet.

Orania het ons ook goed bederf.

In die koshuis waar ons tuisgegaan

het, was tee, koffie, koekies en be-

skuit dag en nag beskikbaar. Vir

die pad terug het Aliena Beyers en

haar span vir die heerlikste kos-

pakkies vir elkeen gesorg, maar

kan jy glo, Wim en Selma se wit

houer het steeds lekkernye

opgelewer.

Die Orania besoek was kort,

maar die kuier met mede-

Kleinfonteiners het dit soos ’n

vakansie laat voel. Volgende keer

maak ons Erasmusse weer so . . .

mits die wit houer saamgaan. Álet

Erasmus

Foto’s op dié bladsy: Flipper fotografie

Boet en

Nicoline

Pretorius, wat in Kiewietlaan

woon, kon op 5 September

hulle diamantbruilof vier . . .

al het hulle wittebrood

sestig jaar gelede letterlik

uitgereën.

Page 8: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web
Page 9: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

KLEINFONTEINNUUS 9

“M y spesialiteit is die restourasie van ou

foto’s. Ek het onlangs vir my ouma ’n ou

swart en wit foto op die rekenaar heringe-

kleur en dit toe laat uitdruk. Dis tydrowende werk, maar

baie bevredigend,” praat die grafiese ontwerper Marica

Loock oor haar werk.

Sy rits die name af van duur en moeilike rekenaarpro-

gramme waarmee sy kan werk en noem terloops dat sy

ook webwerwe ontwerp. Haar eie webwerf, loockaudio-

visueleprojekte.co.za/, is die afgelope drie weke weer op

die lug en sy begin al weer navrae kry. “Maar mens be-

gin eers bestellings kry nadat daar omtrent so twee-

duisend keer op jou webwerf ingeloer is,” sê sy met ge-

sag. Marica studeer deeltyds grafiese ontwerp.

Marica en haar man, Adam woon nou al vier jaar op

die Kleinfontein Hoewes. Hulle het twee blinkoog

kinders, Heinrich (3) en Juanine (18 maande).

Vir haar en Adam se troue het Marica ’n stilfilm-

uitnodiging op laserskyf gesit en dit na al die gaste ge-

stuur. Sy het ook bekendheid verwerf toe sy vir die VVK

’n reuse fotocollage gemaak het, wat aan Paul Kruger

geskenk is. Die collage van haar en haar gesin hierbo is

ook haar handewerk.

’n Man van vele talente

Hennie Wes-

terman speel

skaak, kweek

orgideë en

weet alles van wyn af. Hy is ook geneesheer,

homeopaat en is boonop kundig in

akupunktuur. Hy en sy vrou Marina besoek

Kleinfontein elke laaste Donderdag van die

maand vir konsultasies.

D r Westerman het in 1975 sy mediese graad

aan Tukkies verwerf. Sedert 1977 is hy

Algemene praktisyn en Distriksgeneesheer op

Bronkhortspruit. In 1982 behaal hy ’n Mees-

tersgraad in Huisartskunde .

“Ek is in wese maar ’n student,” vertel hy. Hy het in

Frankryk ook as homeopaat gekwalifiseer en in die

Kaap as enoloog (’n kenner van wynmakery). Hy het

ook ’n kursus in akupunktuur voltooi. Tussendeur

speel hy skaak, kweek orgideë en versprei as aktiewe

Gideon ook Bybels.

Hou die Gemeenskapsnuus dop vir die datums

waarop dr Westerman Kleinfontein se Sorgsentrum

besoek. Skakel 013 932 3162 en maak vooraf ’n

afspraak. Marietjie Fourie

Foto

: Fli

pper

fot

ogra

fie

MARICA TOOR MET

FOTO’S

Page 10: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

Koop of verkoop, ek loop die pad saam met u

Irene Groenewald EIENDOMME

083 228 8572

Vir die instandhouding

van huisbedrading

Nuwe installasies en fout

-nasporing

Installasietoetsing vir die

uitreiking van sertifikate

BEN MOOLMAN 072 243 4297 012 802 1111

ETIENNE SMIT 084 775 5990

HO

OG

LAN

D E

LEK

TR

IES

Uitroepfooi: R100

Gebak op

bestelling

Gemengde Kleinkoekies sonder vulsels @ R 58 per kg

Vrugtekoekbrode in foelie verpak @ R 95 per kg

Skakel of sms

Ria Pieterse by

082 698 2465

Ons bou vir jou toekoms

Meer as 15 jaar ondervinding in residensiële konstruksie

DE WET CILLIERS

Tel (012) 940-0220

Sel 072-345-3086

Epos [email protected]

KLEINFONTEIN

BOUBESTUUR BK

A FLAIR FOR HAIR Heleen

Rayton Village Sentrum no 10 Rayton Tel 012 734 4743 Gesluit op Dinsdae

Materiaalwinkel Hannetjie en Bets

(012) 734-4751 Winkel 8

Rayton Park Plaza

Page 11: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

KLEINFONTEINNUUS 11

Jan Beyers is tans kliphard aan die werk om vir CVO Kleinfontein ’n museum te bou. Dit is

moontlik gemaak deur ’n erflating van Martin Pretorius, ’n oud-onderwyser van die skool.

Op die sketse verskyn ’n argiteksvoorstelling van die museum.

“Die museum gaan grootliks ’n onderwysmuseum wees waar onderwysstudente byvoorbeeld

vergelykende studies oor vakinhoud sal kan doen. Ons hoop om die FAK te betrek om te help

met die uitsoek en kategorisering van die uitstalmateriaal,” vertel Thinus Mulder, die hoof.

Skool kry ’n museumSkool kry ’n museum

As jy Kleinfonteinnuus in volkleur wil lees, gaan na www.kleinfontein.

net, klik op die Kultuur en Sport oortjie bo-aan die bladsy en kies dan

die uitgawe wat jy wil lees.

Almal het gehelp om die

geboutjie leeg te dra. Die raamwerk

van die oorspronklike gebou word be-

hou vir die museum. Die oorspronklike

gebou is self van historiese betekenis,

aangesien dit opgerig is met bouma-

teriaal afkomstig van die ou Weer-

magbarakke op Voortrekkerhoogte.

KLEINFONTEINNUUS 11

Page 12: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

12 KLEINFONTEINNUUS

B y Wag ’n Bietjie wou van die aangrensende eienaars graag ’n paadjie

tussen hulle rye huise hê. Dit sou stap vergemaklik en ook tot nut wees

as die susters van die Sorgsentrum in die aand uitgeroep word. Hulle het al-

mal bygedra tot ’n paadjie. Maar na sewe jaar was ’n nuwe paadjie nodig.

Weer het die groepie saamgestaan en die nodige geld bymekaar gemaak. Jan

Boer het ’n deeglik gestruktureerde paadjie beplan en geteken, maar toe word hy siek en De Wet Cilliers

stem in om die paadjie te bou. So lyk die nuwe pragpad nou. Marietjie Fourie

Wag ’n Bietjie kry Wag ’n Bietjie kry

gebaande weë gebaande weë

Kom kuier saam by ou Kom kuier saam by ou

BoereBoere--slagveldeslagvelde

D ie Kultuurkomitee bied as deel van sy

Krugerdagvieringe op Saterdag 12 Okto-

ber ’n uitstappie aan na Boereslagvelde in die

Bronkhorstspruitomgewing. Voordat die

gevegsterreine besoek word, gaan Kolonel

Chris van Wyk ’n praatjie aanbied oor die

operasionele beweging van die Boere.

Almal vertrek om 08:00 vanaf die Gemeen-

skapsaal in hul eie voertuie, maar saamryge-

leenthede sal so ver as moontlik gereël word.

Verrigtinge begin om 09:00 by die APK

Bronkhorstspruit en om 12:30 kom almal weer

by dié terrein byeen vir ’n bring en braai. Pap,

sous en slaai word voorsien, maar elkeen sorg

vir sy eie vleis en drinkgoed.

Skakel 012 802 1688 of 082 809 5900 of

012 803 1500 vir meer besonderhede. Onthou

om die volgende saam te neem:

Hoed & sonskerm • Stewige stapskoene

Kierie & opvoustoel • Water & koeldrank

Bosluis-afweermiddel

Plakkaat ontwerp deur Charel Bezuidenhout

Foto

’s: F

lip

pe

r fo

tog

rafi

e

Page 13: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

KLEINFONTEINNUUS 13

Roelie laat nie gras onder sy voete groei nieRoelie laat nie gras onder sy voete groei nie

O p die koudste Saterdagoggend nog hierdie winter was daar ’n

saamsinggeleentheid in die saal. Goed gepantser teen die

koue het almal onder leiding van Tersia Knobel hartlik gesing: Al

Debbo se Hasie, Blink vosperd, As ek moeg word vir die lewe in die

stad . . .

Toe kleintyd se Hallelujas gesing is soos Sondae na kerk om die kla-

vier of traporreltjie, is baie van ons, jare teruggevoer. Die Hoogland

is ons woning was weer ’n heerlike uiting van optimisme. Aai, dit

was lekker om so saam te sing.

Ons maak DV weer so op Saterdag 14 Desember as deel van ons

Geloftedagviering. Dankie vir die reël hiervan, Christa van den Berg.

Marietjie Fourie

Uit volle borsUit volle bors

Boom, boomer, Boom, boomer,

boomsteboomste

A gt jaar gelede het Jan Boer ter

wille van privaatheid, sipres-

bome tussen van die huise by Wag

’n Bietjie aangeplant. Sy buurman

Jopie Fourie het ook so gemaak en

gou was daar meer as twintig van

dié bome.

Onlangs het dié bome se takke

begin rank en Jan het gereël dat

twee werkers die bome korter kom

saag, omdat ’n sterk wind die té

hoë bome kon ontwortel. Die hele

taak het sowat twee uur geneem en

nou is die bome se toppe weer ge-

lyk met die huise se stoepdakke.

Die voëlvolkie vind dit steeds ’n

heerlike kuierplek: dit wip heen en

weer en kwetter en rinkink in die

takkies, party het selfs nessies be-

gin bou. Johan Oosthuizen sê die

boompies is ’n heerlike beskutting

en Lea Schulze sê dit voel of sy in

die paradys is met die sagte groen

takke hier voor haar wat saggies in

die wind ruis. Marietjie Fourie

D ie afgelope winter het Roelie Cronjé gras op die Kleinfontein Hoewes

afgemaai vir ’n vale. “Ek het brandpaaie gesny, maar ook hele

hoewes,” sê hy. Roelie vra R160 per uur om dié werk te doen. Dit sluit die

diesel in. Dit neem gemiddeld sewe uur om ’n hele hoewe te sny.

Daar is ’n paar dinge wat die lewe vir hom en sy Fiat trekkertjie

moeilik maak, sê hy: draad wat rondlê, veral doringdraad,

boomstompe wat nie kort genoeg afgesny is nie en

klippe.

“Ek vra altyd vir die eienaars van die hoewes om

tog maar vooraf seker te maak dat die drie

euwels verwyder is voordat ek opdaag,” sê

hy.

Tans help Roelie vir Leoné Kruger om die

gras van die hoewes kort te hou, omdat dit

die bestryding van pompoms makliker

maak.

Skakel Roelie by 082 413 9239 as jy jou

gras wil laat sny.

Foto: Estelle Cronjé

Page 14: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

1. Wat is op die oomblik vir jou die lekkerste?

Mara Prinsloo: Die feit dat my seun

Frans my in alles bystaan.

Ella Greeff: Om te kan gesels.

Jan Boer: Dat ek ’n kind van die

Here is en by Hom geborge mag wees.

Willemien Wierenga: Om rustig

en vreedsaam op Kleinfontein te woon.

Willie Albrecht: Om na my

oggendgodsdiens en koffie, in die tuin

te werk, smiddae boek te lees en in die

aand na my aandgodsdiens lekker te

kan gaan rus.

2. Wat sou jy graag wou hê?

Mara: Die lewe saam met my oorlede

man, Joggie .

Ella: Ek sou graag my kinders by my

wou hê.

Jan: Dat die Here ons verlos van ’n

moeitevolle lewe want ons kragte word

uitgeblus.

Willemien: Ek is volkome tevrede

met die toestand waarin ek nou is.

Willie: Dat my oorlede vrou nog by

my kon wees en ons die tyd saam kon

geniet.

3. Wat is nou vir jou die belangrikste?

Mara: Om my kontak met my

Hemelse Vader te behou.

Ella: As ek net weer kan loop.

Jan: Dat die lewe wat ons nog elke

dag ontvang steeds sinvol mag wees.

Willemien: Om gesond te mag bly.

Willie: Om so naby my Hemelse

Vader te leef dat ek gereed sal wees as

ek geroep word.

4. Wat is jou mooiste herinnering?

Mara: My huwelik.

Ella: Die dag toe Hannes my gevra

het om met hom te trou.

Jan: Die ontmoeting en troue met

Sjaan en later met Cecilia.

Willemien: Toe ek in 1946 met my

Marietjie Fourie het vir vyf

van Wag ’n Bietjie se

negentigers plus gevra om

’n paar vrae te beantwoord:

liefste, beste, dierbare man getroud is.

Willie: Die 67 jaar wat ek en my

oorlede vrou gelukkig saam was.

5. Wat is jou gunsteling kos?

Mara: Hoendervleis met aartappel en

groente.

Ella: Lekker mieliepap.

Jan: Indonesiese pikante Nassie (’n

soort rysgereg).

Willemien: Bobotie.

Willie: Skaapbredie met groente.

6. Wat is jou gunsteling

musiek? Mara: Klassieke

orrel.

Ella: Boeremusiek.

Jan: Kerkorrel

met trompet, fluit en

harp, ook netjiese

Boeremusiek.

Willemien: Ek

hou van melodieuse musiek.

Willie: Mooi Boeremusiek en liedjies

uit vergange se dae.

7. Wat sal jy graag vir jou kinders wil sê ?

Mara: Julle ken die pad wat Ma en Pa

vir julle van kleins af geleer het,volg dit

na.

Ella: Dat hulle sterk in hul geloof

moet staan.

Op 90 is God en geliefdes die

belangrikste

Ons bied u:

Posdiens

Bindwerk

Fotostate

Rekenaar-

uitdrukke

Lamineerwerk

Internetkafee

Openbare

telefoon

Stuur van

eposse

Karwassery

Voorheen geliefde klere

en boeke

Video’s te huur

Video’s op

DVD

Langspeelplate

op CD

VERLENGDE

WINKELURE :

Maandag tot Vrydag

8:00 – 16:00

012 940 1921

Uit en Tuis Winkelsentrum, Kleinfontein KLEINFONTEINNUUS 14

Page 15: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

KLEINFONTEINNUUS 15

Jan: Dat hul eerste die Konin-

kryk van God moet soek en in Sy

vrese lewe.

Willemien: Dieselfde wat ek

elke Sondag oor die telefoon vir

hulle sê en dit is dat ek hulle van

die geboorte af nog iedere dag so

baie baie liefhet.

Willie: Dankie vir wat julle deur

die jare vir ons gedoen het en die

plesier wat julle ons gee.

8. Wat laat jou lekker lag? Mara: Party mense se

gesegdes.

Ella: Om met my skoonseun te

korswil.

Jan: God se humor in die Bybel

en ’n goeie gesonde grap sonder

leedvermaak.

Willemien: Fyn goeie humor

(soos Toon Hermans s’n)

Willie: As my kinders my vertel

van die kleinkinders se

kattekwaad.

9. Wat maak jou hartseer ?

Mara: Dat ek my huisie waar ek

so lekker gebly het moes verlaat.

Ella: As ek sien iemand kry

swaar.

Jan: Dat gelowige Afrikaners

vandag moet sug onder’n

roofgierige heidense regering en

hul grootste vyande en

teenstanders gevind word onder

ons eie sg.vrome volksgeledere.

Willemien: Die vreeslike

agteruitgang van ons pragtige

land.

Willie: As ’n geliefde oorlede is

en daar spesiale dae is wat

herdenk word.

10. Watter radio-program is vir jou

die mooiste? Mara: Sondagoggende se

program op RSG “Loof die Here”

Ella: Saterdagaande se mooi

musiek en boeremusiek op Radio

Pretoria.

Jan: Erediensuitsendings, goeie

kerkmusiek en kore en

Boeremusiek op Radio Pretoria.

Willemien: Daar is heelwat

mooi leersame programme op

Radio Pretoria.

Willie: Godsdiensprogramme

wat uitgesaai word saam met

gewyde musiek op Radio Pretoria.

Ella Greeff Mara Prinsloo

Willie Albrecht Willemien Wierenga

Jan Boer

Foto’s van negentigers: Flipper fotografie

Page 16: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

ROELF KRUGER GROEP

RAYTON 012 734 5462/3 Skakel ons vir ons spesiale aanbiedinge Die regte onderdeel teen die regte prys

Weeksdae van 07:00 tot 17:30 Saterdae van 07:00 tot 14:00

24 h Insleepdiens tot

5 ton • Roelf

082 374 5279

• Raymond 072 038 0603

Roelf Kruger Motorherstel-

werk Rayton

T: 012 734 5002 T: 012 734 4025 F: 012 734 5104 S: 082 374 7281 E: [email protected]

Koppelaar oordoen Suspensie Alle groot herstelwerk

Diagnostiese Diens: Shaun Kruger

“ALL ROAD HAZARD” 155/80R13 R 470 165/80R13 R 500 175/70R13 R 595 175/65R14 R 600 175/70R14 R 790 185/60R14 R 695 185/65R14 R 750 185/65R15 R 745 195/65R15 R 790 205/55R16 R 890

4x4 BANDE 215R15 R 1150 245/75R15 R 1380 245/70R16 R 1450 265/65R17 R 2000

“STANDAARD WAARDE”

155/80R13 R 445 165/80R13 R 480 175/70R13 R 545 175/60R14 R 560 185/60R14 R 680 185/65R14 R 690 195/50R15 R 670 195/60R16 R 860 205/55R16 R 800 205/40R17 R 780

LIGTE KOMMERSIEEL 195R14CV2000 R 800 205/75R14WSW R 980 205/75R15WSW R 990 195/70R15 R 790

TROK- EN TREKKERBANDE TEEN BEKOSTIGBARE PRYSE

Bepalings en voorwaardes geld, pryse sluit BTW in Opsit en balansering ingesluit

Wielsporing teen R200

Rayton BANDEKENNERS / NADER AAN JOU

Treurnichstraat 1026, Rayton, Tel: 012 734 5007 /34 • 082 922 2502

Page 17: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

Gebruik die kitsbank

A bsa het ons in kennis gestel dat

die benutting van die OTM

hier in die sentrum redelik ver te-

kort skiet. Hul verwagting is 3 000

transaksies per maand en hierdie

OTM toon gemiddeld maar 900

transaksies.

Ons is bewus dat daar op ’n sta-

dium probleme was met die sleu-

Die redak-teur behou die reg voor om briewe na goeddunke te redigeer.

telbord, spesifiek waar die taal- en

rekeningkeuse probleme verskaf

het, maar dit is reggestel. Ons

doen ’n beroep op almal om meer

van die OTM gebruik te maak.

KSKK Bestuur

(Hierdie oproep is in ’n nuus-

brief aan lede van KSKK gemaak,

maar aangesien die Kleinfontein

kitsbank ’n gerieflike bate vir die

hele Kleinfontein is, word dit

graag hier herhaal. RED).

My wenslysie vir die

nuwe bussie

E k het in die Gemeenskapsnuus

verneem van die bussie wat

Kleinfontein wil bekom. Ek dink

dis ’n baie goeie idee en ek sal

graag van dié diens gebruik wil

maak. Nou wil ek net graag weet:

Gaan die bussie gereelde

roetes ry op vasgestelde dae

en tye teen ’n vasgestelde

tarief?

Word daar bepaalde opklim-

punte in Kleinfontein beplan

sodat die bussie almal kan

bereik?

Sal die bussie moontlik ook

buiten Rayton ook na die in-

kopiesentrum in Hazeldene

gaan, waar daar so ’n lekker

Dischem apteek is?

En dis omtrent my hele wenslysie

vir die bussie-projek.

Nuuskierige Kleinfonteiner

Dankie, dit gaan goed

met my seuntjie Ek wil graag vir al

die Kleinfonteiners

wat bygedra het dat

ek my seun kon be-

soek nadat ’n hond

hom aangeval het,

baie dankie sê.

Dit gaan goed met

my seun en hy lyk al

baie beter as toe hy net aangeval is.

Westley

Oosthuizen

Ek sal vertel hoe hard Kleinfonteiners werk

E k is ’n gebore Kolonialer, maar sedert my jeug is my hartklop dié

van ’n Boere-Afrikaner. Ek is selfs ’n Bloubul-ondersteuner. Ek het

altyd die soet drome gehad van ’n plek of gebied wat deur behoudende

Afrikaners bewoon word en die liberalisme minimaal is.

Op gevorderde ouderdom van 85 jaar het ek in Kleinfontein so ’n plek

ontdek. Ongelukkig na slegs ’n kort verblyf moes ek Kleinfontein as

gevolg van familiedruk (bekommernis en verlange na Pa) weer binne-

kort verlaat.

Ek wil hiermee al die Kleinfonteiners hartlik bedank vir al die liefde en

ondersteuning wat ek deurgaans van almal ontvang het. Waar ek my

ook al mag bevind, sal ek met lof getuig van die hardwerkende Afrikan-

ers alhier. Veral oor hul selfwerksaamheid.

My bede is dat ons Hemelse Vader se genade groot oor ons volk sal wees

en ons sal bevry van die knellende juk ons tans opgelê.

Corneels van Rooyen

(Op die foto is die getroue pannekoekbakkers juis weer aan die

woeker. Hulle is van links Erika Nel, Isabel Venter, Marie le Roux,

Chris Els en Pop Schoeman. Voor sit Elisabeth Malan. — RED). KLEINFONTEINNUUS 17

Page 18: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

Bekostigbare gesondheidsorg vir almal

Kliniekdienste:

Immunisering

Bloeddruktoetse

Gesinsbeplanning

Cholesteroltoetse

Bloedsuikerlesings

Vitamiene-inspuitings

Baba- gesondheidskliniek

Uithaal van steke

Swangerskap-ondersteuning

Algemene ondersoeke

Vooraftoetse vir Discovery Vitality

Raymedsentrum, Treurnichstraat, Rayton

Tel: (012) 734 4800

Faks: (012) 734 5647

Weeksdae: 08:00 — 19:00

Saterdae: 08:00 — 13:00 en 17:30 —18:30

Sondae en vakansiedae: 10:00 —12:00 en 17:30 —18:30

Oaklaan 112, Cullinan

Tel: (012) 734 0557

Faks: (012) 734 1624

Weeksdae: 08:00 — 18:00

Saterdae: 08:00 — 13:00

Sondae en vakansiedae: 11:00 —12:00

RAYTON APTEEK CULLINAN APTEEK

Na-ure noodnommer: 083 302 5918

Page 19: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

A lmal is hartlik welkom om die

nuwe Leserskring se byeen-

komste elke laaste Woensdag van

die maand by Houtkapperlaan 2 by

Boekwurms, kom lees gerus saam

aan ons interessante boeke

te woon. Die volgende boeke is al

bespreek:

Die glasblasers deur

Daphne du Maurier Silja van der Merwe het hierdie

historiese roman wat tydens die

Franse Rewolusie afspeel,

behandel.

Die tweede Rebellie deur

FW Quass

Lood van der Merwe het dié boek

bespreek. Dit handel onder meer

oor die Ossewabrandwag. Baie van

die lede het dié tyd nog self beleef

en die boek het ’n lewendige

bespreking uitgelok.

Die Bybelfiksie van

Francine Rivers

Marietjie Fourie het dié boeke

behandel. Baie van die lede het

reeds van dié boeke gelees. Die

Leserskring het gevoel dat dié

boeke met vrug gelees kan word

solank as wat dit die leser

terugbring na die Bybel.

Kroniek van die kamp-

kinders deur HS van Blerk

Elisabeth Malan het die roman

deur een van Afrikaans se

bekendste skrywers behandel. Van

Blerk het baie arm groot geword,

soos wat blyk uit sy outobiografie

“Dé, wêreld, hier’s vir jou ’n kind”.

As rebel was hy ses jaar in die

tronk, waar hy sy skryftalent

ontdek het. Hy het uiteindelik

veertig boeke geskryf.

Kroniek van die Kampkinders is

’n aangrypende boek wat handel

oor die lot van drie kampkinders

na die oorlog. Van Blerk se

realistiese skryftrant bring die leser

midde-in die ellende van daardie

Die RVB se jaarlikse lenteloop is op 7 Sep-tember gehou en Flipper Fotografie was daar.

DIS HEERLIKE LENTE

KLEINFONTEINNUUS 19

Page 20: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

internet • epos • faks na epos en epos na faks

bekostigbare telefoondiens: plaaslik, landswyd en internasionaal

Uiters billike pakkette spesiaal vir Kleinfonteiners, vanaf slegs R250

per maand vir 3 GB se op– en aflaaidata. Groter pakkette is

beskikbaar.

Kleinfonteiners op die Wipronet telefoonstelsel kan mekaar gratis

skakel

Hulplyn waar jong Afrikaners wat weet waarvan hulle praat, jou help

Wipronet, Kleinfontein se eie internetverskaffer, verskaf ook

internetdienste aan ’n wye omgewing om Kleinfontein, en het van die

vinnigste internetspoed in die land

Ons hou jou aan die praat

Skakel ons gerus by 012 940 0222 of op ons gratis nommer 6000.

Meer inligting is beskikbaar by www.wipronet.co.za

Page 21: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

KLEINFONTEINNUUS 21

D is September en ons almal

WIL die lente voel, al moet

ons nog so nou en dan dik

truie aantrek. Kleinfontein is en bly

die plek waar ek die mooiste sonson-

dergang kan en wil aanskou!

By die Koöperasie, wat nou net

mooi ses jaar oud is, is daar baie

dinge aan die gang.

Soos die nuwe gesiggie

met die regop, pienk

hare en die groot glim-

lag wat altyd wil help.

Sy is Riekie en sy kom

van Port Elizabeth af

en saam met tannie

Ruth woeker sy nou in

Die Koöperasie. Riekie

geniet dit om kos te maak en haar

leuse is: “As dit nie op die rak of spy-

skaart is nie, vra, en ek kyk wat ek

kan doen.”

Baie dankie aan Ebenette en Tyla

vir hulle harde werk en toegewyde

diens in die tyd wat hulle deel van

Die Koöperasie was. Ebenette werk

nou by Excalibur, op die ander hoek,

en Tyla by Kitty Hawk. Sterkte en

voorspoed, ook met die studies, Tyla.

Soos gewoonlik is daar verskeie

produkte op ons rakke beskikbaar en

as dit nie daar is nie, maak ons dit op

bestelling of vra een van die lede om

dit te maak.

Vrydae kuier die Stoepsitters.

Verlede Vrydag het ek gesien

hoe ver kan een blikkie Sprite

gaan! Abé, jy kan maar, hoor.

Almal mis net vir Hannes wat

nou in Malawi is.

Ons kook steeds op ’n Vry-

dag. Bestel voor elfuur op ’n

Vrydag by Riekie. Jy kan jou

eie bord kom afgee en dan skep sy in

en jy kom haal dit. Of ons kan jou

bedien en dan hoef jy nie skottelgoed

te was nie . . .

Aan almal wat verjaar het – Gods

rykste seën. Almal wat siek of hart-

seer is – Die Here is u Herder.

Koöperasiegroete!

Ons maak met die leed-

wese die afsterwe bekend

van die volgende twee

Kleinfonteiners:

FRIKKIE KLAASSEN

F rikkie is op 21 Augus-

tus oor-

lede. Hy

was 88

jaar

oud en

het in

Wag ’n

Bietjie

gewoon.

Alle simpatie aan sy vrou,

Anna en sy kinders.

“’n Mens kan Frikkie be-

skryf as iemand wat met

onwankelbare geloofsver-

troue sy roeping vervul

het,” het Jan Groenewald

op sy begrafnis gesê.

MARIUS GREYLING

M arius was een van

KBK se werkers en

hy is op 18 Junie oorlede.

Sy mede-

werkers

mis

hom

veral

oor sy

sin vir

humor.

“As ons wou moedeloos

raak oor ’n pyp wat gebars

het, was Marius altyd die

een wat die grap daarvan

ingesien het en almal aan

die lag gekry het oor die

water so hoog spuit of om-

dat ons almal nat geword

het,” vertel Hansie Breedt,

een van sy kollegas.

IN MEMORIAM

Page 22: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

22 KLEINFONTEINNUUS

Oop Maandae tot Vrydae

07:00 tot 19:00

Saterdae

08:00 tot 18:00

Melk, kaas, brood, koerante,

tydskrifte, koeldrank, vrugtesap,

roomys, pasteie, vleis, biltong,

droëwors, ys, lekkergoed,

koekies, beskuit, batterye,

kruideniersware, elektriese ware

en benodigdhede, sigarette,

medisinale middels,

skoonmaakmiddels,

braaibenodigdhede en nog baie

meer.

“Baie dankie aan almal wat ons so

getrou ondersteun. Hoe meer u by

ons koop hoe meer kan ons u bied.

Mandjie vir mandjie vergelyk ons

goed met groter winkels. En onthou ons spaar u brandstof en tyd.” Deon van der Westhuizen

KLEINFONTEIN MINIMARK

Van ons

mense,

vir ons

mense

Uit en Tuis Winkelsentrum Tel 012 940 0059

Onder nuwe bestuur

Gaan smul ’n slag aan

die Minimark se roomys

A s jy lanklaas by die Kleinfon-

tein Minimark ingeloer het,

gaan jy aangenaam verras

wees. Die rakke is vol, die diens

goed en die nuwe eienaar, Deon

van der Westhuizen vol planne.

“Dit gaan baie goed met die Mini-

mark,” beaam hy. Deon en sy vrou

Tinka bestuur die Minimark nou

vier maande.

Hy vertel van die billike, maar

lekker roomys wat hy aanhou. Ook

van sy plan om voortaan meer vleis

aan te hou. “A-graad, alles reguit

van Uitkyk Vleismark af,” sê hy. Hy

verkoop tans heelhoenders teen

net R29.99 per kg. In Desember

wil hy gebraaide skyfies met of vis

of worsies begin verkoop.

“Ons vra bietjie duurder as groter

supermarkte, maar as jy brandstof-

koste byreken, baat dit om by ons

te koop. En ons hou ’n groot ver-

skeidenheid van produkte aan.”

Beide Tinka en Deon het jare-

lange ondervinding in kleinhandel.

Tinka is tans nog areabestuurder

van Foshini en besoek gereeld

takke van dié klerewinkelgroep so

ver as Warmbad. Deon het vir lank

as streeksbestuurder by Edgars

gewerk en daarna sy eie on-

derneming as winkelinrigter ge-

had. Die Van der Westhuizens

woon al elf jaar op die Hoewes.

“As jy ’n spesiale versoek

het, kom sien my by die Mini-

mark en ek maak ’n plan. Of

los ’n boodskap by Shanene,

ons vriendelike winkelassis-

tent,” nooi Deon. “My beleid

is: gehalte produkte en puik

kliëntediens.”

Page 23: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

KLEINFONTEINNUUS 23

Uit Álet se Kleinfonteinkombuis: planne met pampoen

E k het die afgelope tyd baie

geskryf en opgelees oor re-

septe van vervloë dae. Van die

resepte wat uitstaan, is beskuit, melktert,

melksnysels, bobotie en sop. ’n Resep wat

ook heel dikwels opduik, is pam-

poenkoekies. As bygereg, geurig afgerond

met kaneelsuiker is dit altyd ’n wenner! Die lekkerstes is die

laaste paar wat onderin die opdienbak so in die kaneelsui-

kersousie lê.

Die pampoenkoekie-resep het ek by my ma, Rina van Wyk gekry.

Nog ’n lekker pampoenresep is my skoonma Celia Erasmus se pam-

poenmoes, wat verrassend genoeg met brood gekombineer word.

Die ander pampoenmoesresep kom uit “Voortrekker-resepte – Tra-

disionele Suid-Afrikaanse Geregte”, in Desember 1949 uitgereik

met die komplimente van die Shell-maatskappy. Miemie Deale het

dié boek vir my geleen.

Bestanddele:

Vroeë pampoen (groot murg van

groente), opgekook in bietjie water

gegeur met sout, witbrood, botter,

kaneelsuiker.

Metode:

Kook die pampoen tot sag en

dreineer. (Die pampoen het self

ook baie vog.)

Plaas snye bottergesmeerde wit-

brood onderin ’n vlekvryestaalbak

en skep van die gaar pampoen bo-

op. Strooi kaneelsuiker oor, plaas

’n lagie gesmeerde brood bo-op en

strooi kaneelsuiker oor. As daar

nog pampoen is, bou nog ’n laag.

Bak die pampoen in ’n voorver-

hitte oond van 180°C tot goud-

bruin (so ongeveer 25 – 30 min)

Pak die boonste laag brood in

driehoeke vir ’n mooi voorkoms.

Dié moes is lekkerder as nagereg.

PAMPOENMOES (1): PAMPOENKOEKIES: PAMPOENMOES (2):

Bestanddele:

2 kop gaar pampoen, 1 ekstra-

groot eier, 2 t bakpoeier, knippie

sout, 4 e koekmeelblom, kaneel-

suiker om oor te strooi

Metode:

Meng alles saam en bak in vlak

olie in ’n pan tot goudbruin aan

weerskante.

Skep uit in opskepbak en

bestrooi met kaneelsuiker.

Bestanddele:

Vroeë pampoen, brood, botter,

stukkies pypkaneel, suiker, sout

na smaak.

Metode:

Sny pampoen en brood in blok-

kies.

Sit ’n laag pampoen, brood en

stukkies botter in, strooi suiker

oor en voeg dan stukkies pyp-

kaneel by.

Hou so aan totdat al die

bestanddele in die kas-

trol is.

Voeg nou ’n bietjie kook-

water by en stowe

eenkant op die stoof.Net

voor die pampoenmoes

opgedis moet word, laat

dit onderaan effens bru-

inbraai.

Roer deur en dis op.

Page 24: Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

24 KLEINFONTEINNUUS

Stuur ’n epos na

[email protected]

om in te teken op ’n nuusbrief

wat al Uitkyk se spesiale aan-

biedinge bevat.