kleingroep-dinamiek voorbeeld

4
Kleingroep-dinamiek © 2010 Jimi le Roux www.jimileroux.com Fotostatering toegelaat slegs met behoud van hierdie verwysings na outeur, webruimte en kopiereg. Bladsy 1 Die kleingroepbediening is iets wat die Here die laaste 50 jaar gewerk het om sy Kerk voor te berei vir die groot veranderings wat in ons tyd sou kom. Kerkwees is vandag besig om te verander van die starre en hiërargiese instelling wat dit was na die vloeibare en gelykmakende organisme wat dit moet wees om ons generasie te bedien. Kleingroepe skep ‘n lewende liggaam van gelowiges wat byeenkom waar en wanneer hulle kan – met ‘n verbintenis nie primêr aan ‘n organisasie nie, maar aan Jesus Christus en die Koninkryk van God. Kleingroepe kan bedien waar groter strukture nie kan nie, want dit bestaan uit verhoudings en deel direk met mense, hulle lewens en hulle harte. Dit is post-moderne, relevante kerk. Dit is kerk-in-aksie! Jimi le Roux is ‘n geordende leraar met ervaring in tradisionele en vernuwingskerke, o.a. as die kleingroep-leier van ‘n megakerk in Johannesburg. Hy is ook die skrywer van geestelike kursusse vir persoonlike en gemeentegebruik. Inhoud Deel #1 Kleingroepe as bediening p2 Deel #2 Die behoefte aan gemeenskap p5 Deel #3 Die kriteria van kleingroepe p8 Deel #4 Die kenmerke van kleingroepe p10 Deel #5 Die byeenkomste van die kleingroep p13 Deel #6 Die program van die kleingroep (1) p15 Deel #7 Die program van die kleingroep (2) p19 Deel #8 Die kleingroepleier (1) p23 Deel #9 Die kleingroepleier (2) p31 Deel #10 Geestelike vorming in die kleingroep p36 Deel #11 Missionele verhoudings p41 Deel #12 Pertinente punte en probleme p46 DOEL: Hierdie kursus bied ‘n algemene inleiding in kleingroepbediening. Dit is ‘n generiese maar volledige kursus wat kleingroepleiers van verskillende Christen- tradisies en agtergronde sal inlei in die kuns van suksesvolle kleingroep- bediening.

Upload: jimi-le-roux

Post on 30-Mar-2016

233 views

Category:

Documents


14 download

DESCRIPTION

Die voorblad en die eerste deel van ons kursus Kleingroep-DINAMIEK deur Jimi le Roux.

TRANSCRIPT

Page 1: Kleingroep-DINAMIEK Voorbeeld

Kleingroep-dinamiek

© 2010 ���� Jimi le Roux ���� www.jimileroux.com

Fotostatering toegelaat slegs met behoud van hierdie verwysings na outeur, webruimte en kopiereg.

Bladsy 1

Die kleingroepbediening is iets wat die Here die laaste 50 jaar gewerk het om sy Kerk voor te berei vir

die groot veranderings wat in ons tyd sou kom. Kerkwees is vandag besig om te verander van die starre

en hiërargiese instelling wat dit was na die vloeibare en gelykmakende organisme wat dit moet wees

om ons generasie te bedien. Kleingroepe skep ‘n lewende liggaam van gelowiges wat byeenkom waar

en wanneer hulle kan – met ‘n verbintenis nie primêr aan ‘n organisasie nie, maar aan Jesus Christus en

die Koninkryk van God. Kleingroepe kan bedien waar groter strukture nie kan nie, want dit bestaan uit

verhoudings en deel direk met mense, hulle lewens en hulle harte. Dit is post-moderne, relevante kerk.

Dit is kerk-in-aksie!

Jimi le Roux is ‘n geordende leraar met ervaring in tradisionele en vernuwingskerke, o.a. as die kleingroep-leier van

‘n megakerk in Johannesburg. Hy is ook die skrywer van geestelike kursusse vir persoonlike en gemeentegebruik.

Inhoud Deel #1 Kleingroepe as bediening p2

Deel #2 Die behoefte aan gemeenskap p5

Deel #3 Die kriteria van kleingroepe p8

Deel #4 Die kenmerke van kleingroepe p10

Deel #5 Die byeenkomste van die kleingroep p13

Deel #6 Die program van die kleingroep (1) p15

Deel #7 Die program van die kleingroep (2) p19

Deel #8 Die kleingroepleier (1) p23

Deel #9 Die kleingroepleier (2) p31

Deel #10 Geestelike vorming in die kleingroep p36

Deel #11 Missionele verhoudings p41

Deel #12 Pertinente punte en probleme p46

DOEL:

Hierdie kursus bied ‘n

algemene inleiding in

kleingroepbediening. Dit is

‘n generiese maar volledige

kursus wat kleingroepleiers

van verskillende Christen-

tradisies en agtergronde

sal inlei in die kuns van

suksesvolle kleingroep-

bediening.

Page 2: Kleingroep-DINAMIEK Voorbeeld

Kleingroep-dinamiek

© 2010 ���� Jimi le Roux ���� www.jimileroux.com

Fotostatering toegelaat slegs met behoud van hierdie verwysings na outeur, webruimte en kopiereg.

Deel #1

Kleingroepbediening

In hierdie deel kyk ons na die Bybelse en teoretiese agtergrond vir

ons kleingroepbediening en lê so die fondasie vir die dele wat kom.

1.1 InleidingKleingroepe het in Suid-Afrika populêr geword sedert die 70’s van die vorige eeu, met die

in Pretoria wat hiermee die leiding geneem het

Kerk in Seoul het baie belangstelling gelok met baie groepe Suid

die konsep teruggedra het. Dit was egter die Selkerk

Community Baptist Church in Singapoer in 1995 in Suid

werkbare formaat aan gemeentes van ‘n wye verskeidenheid kerke, tradisioneel of charismaties, aangebied het.

Vandag is kleingroepbediening ‘n basiese onderdeel van seker die meerderheid evangeliese gemeentes.

Kleingroepe verleen bedieningsmoontlikhede wat vir die gemeente van groot waarde is en die gemeentewerk op

verskeie wyses aanvul.

1.2 Wat is ‘n kleingroep?‘n Christelike kleingroep is ‘n geestelike familie.

die Bybel vir “huis” of “huishouding” gebruik word is die woord

Ralph Neighbour (The Year of Transition, 1995) gebruik dit ook as naam vir ‘n

persoon se sosiale netwerk. Hy definieer dit as die persone met wie jy op ‘n

gereelde basis jou lewe diep deel. Diegen

jou ken soos jy is. Jou oikos sluit bv. jou ouers in, jou eggenoot, beste vriende,

miskien ‘n ouma of tante, een kollega by die werk (maar nie die ander nie),

ens. Daar is bevind dat die groottes van mense se

van 3 tot 20 kan behels. Die volgende tendense geld wat dit betref:

� Mense se oikos is besig om te verklein, soos wat ons verloor aan

community. Navorsing suggereer dat gemeenskapsbelewing op ‘n

hoogtepunt was tydens die Tweede Wêrel

daarna minder het daarvan: families word kleiner, gemeentes loop

leeg, “plattelandse” gasvryheid en openheid word ‘n rariteit.

Individualisme neem oor en verstedeliking vererger die situasie.

Mense beskerm hulle privaatheid al h

gemeenskappe geleef het, leef elkeen nou net in ‘n klein, hegte groepie. ‘n Gemiddelde

verlede minstens omtrent 10 mense, maar dit is deesdae, in die stad, veel minder.

� Mense se oikos wissel n.a.v. hulle persoonlikheid. Ekstroverte se

s’n heelwat minder.

Mense hunker na gemeenskap, maar is ook bang vir die blootstelling en moeite wat dit meebring. Die kleingroep

moet ‘n plek wees waarin mense weer ‘n veilige tuiste, ‘n geestelike familie kan vind

ander kan konnekteer en aanvaarding en omgee kan beleef. Dis nie bedreigend

persoonlike vriendskappe nie, maar dis meer persoonlik as die pu

groei-plek en ‘n dien

‘n Kleingroep is soos

dinamiek

www.jimileroux.com

toegelaat slegs met behoud van hierdie verwysings na outeur, webruimte en kopiereg.

Kleingroepe as bediening In hierdie deel kyk ons na die Bybelse en teoretiese agtergrond vir

ons kleingroepbediening en lê so die fondasie vir die dele wat kom.

Inleiding Afrika populêr geword sedert die 70’s van die vorige eeu, met die

leiding geneem het. Die kleingroepformaat van Dr. Paul Yonggi Cho se

belangstelling gelok met baie groepe Suid-Afrikaners wat Korea in die 80’s

Dit was egter die Selkerk-konferensie wat Dr. Ralph Neighbour van die

in Singapoer in 1995 in Suid-Afrika aangebied het, wat selgroepe in ‘n vaste en

werkbare formaat aan gemeentes van ‘n wye verskeidenheid kerke, tradisioneel of charismaties, aangebied het.

Vandag is kleingroepbediening ‘n basiese onderdeel van seker die meerderheid evangeliese gemeentes.

ingroepe verleen bedieningsmoontlikhede wat vir die gemeente van groot waarde is en die gemeentewerk op

Wat is ‘n kleingroep? ‘n Christelike kleingroep is ‘n geestelike familie. Die Griekse woord wat in

of “huishouding” gebruik word is die woord oikos (οικος).

Ralph Neighbour (The Year of Transition, 1995) gebruik dit ook as naam vir ‘n

persoon se sosiale netwerk. Hy definieer dit as die persone met wie jy op ‘n

gereelde basis jou lewe diep deel. Diegene by wie jy jou hart deel – die wat

sluit bv. jou ouers in, jou eggenoot, beste vriende,

miskien ‘n ouma of tante, een kollega by die werk (maar nie die ander nie),

ens. Daar is bevind dat die groottes van mense se oikos wissel en enige-iets

van 3 tot 20 kan behels. Die volgende tendense geld wat dit betref:

is besig om te verklein, soos wat ons verloor aan

. Navorsing suggereer dat gemeenskapsbelewing op ‘n

hoogtepunt was tydens die Tweede Wêreldoorlog en dat elke geslag

daarna minder het daarvan: families word kleiner, gemeentes loop

leeg, “plattelandse” gasvryheid en openheid word ‘n rariteit.

Individualisme neem oor en verstedeliking vererger die situasie.

Mense beskerm hulle privaatheid al hoe meer. Waar mense in die verlede in groot groepe en

gemeenskappe geleef het, leef elkeen nou net in ‘n klein, hegte groepie. ‘n Gemiddelde

verlede minstens omtrent 10 mense, maar dit is deesdae, in die stad, veel minder.

wissel n.a.v. hulle persoonlikheid. Ekstroverte se oikos is bv. 10 of groter, en introverte

Mense hunker na gemeenskap, maar is ook bang vir die blootstelling en moeite wat dit meebring. Die kleingroep

weer ‘n veilige tuiste, ‘n geestelike familie kan vind. Dit is ‘n plek waar jy met

ander kan konnekteer en aanvaarding en omgee kan beleef. Dis nie bedreigend-intiem nie en vervang nie jou

persoonlike vriendskappe nie, maar dis meer persoonlik as die publieke sfeer. Dit is ‘n sosiale plek, ‘n geestelike

plek en ‘n dien-plek. Dis jou geestelike familie. Dis jou geestelike plek, jou huis

‘n Kleingroep is soos ‘n geestelike familie.

toegelaat slegs met behoud van hierdie verwysings na outeur, webruimte en kopiereg.

Bladsy 2

Afrika populêr geword sedert die 70’s van die vorige eeu, met die Hatfield Christian Church

Dr. Paul Yonggi Cho se Volle Evangelie

Korea in die 80’s gaan besoek en

konferensie wat Dr. Ralph Neighbour van die Faith

angebied het, wat selgroepe in ‘n vaste en

werkbare formaat aan gemeentes van ‘n wye verskeidenheid kerke, tradisioneel of charismaties, aangebied het.

Vandag is kleingroepbediening ‘n basiese onderdeel van seker die meerderheid evangeliese gemeentes.

ingroepe verleen bedieningsmoontlikhede wat vir die gemeente van groot waarde is en die gemeentewerk op

oe meer. Waar mense in die verlede in groot groepe en

gemeenskappe geleef het, leef elkeen nou net in ‘n klein, hegte groepie. ‘n Gemiddelde oikos was in die

verlede minstens omtrent 10 mense, maar dit is deesdae, in die stad, veel minder.

is bv. 10 of groter, en introverte

Mense hunker na gemeenskap, maar is ook bang vir die blootstelling en moeite wat dit meebring. Die kleingroep

. Dit is ‘n plek waar jy met

intiem nie en vervang nie jou

blieke sfeer. Dit is ‘n sosiale plek, ‘n geestelike

plek. Dis jou geestelike familie. Dis jou geestelike plek, jou huis – jou oikos.

geestelike familie.

Page 3: Kleingroep-DINAMIEK Voorbeeld

Kleingroep-dinamiek

© 2010 ���� Jimi le Roux ���� www.jimileroux.com

Fotostatering toegelaat slegs met behoud van hierdie verwysings na outeur, webruimte en kopiereg.

Bladsy 3

1.3 Soorte KLEINgroepe Ons moet oplet dat verskillende dinge met “kleingroepe” bedoel word – watter soort is julle groep?

Huisgroepe Ander kleingroepe Selgroepe Huiskerke Die gewone tipe groep is

waar gelowiges as deel van

hulle gemeentebediening

gereeld as kleingroep (ook

genoem omgeegroep) by

huise of elders vergader. As

‘n “kerk met groepe” het

sulke gemeentes dikwels ‘n

agenda om so veel as

moontlik mense in

kleingroepe te bedien, maar

in ander gemeentes is groepe

meer vrywillig.

1) Sommige kerke het

belangegroepe: kleingroepe

wat rondom bv. die orkes,

leierskap of ‘n belang-stelling

gevestig het;

2) Kleingroepe ontstaan

dikwels addisioneel tot enige

gemeente se bediening, bv.

‘n manne-biduur sommige

oggende, ‘n

vrouegebedsgroep op

sommige middae, ‘n groep by

die werk, ens.

‘n Sel is ‘n baie besondere

soort kleingroep. Dit is deel

van ‘n 100% selkerk, en het

ten doel om die die DNS van

die kerk presies te reflekteer.

Die sel funksioneer volgens

pre-siese reëls. Die sel is

sterk gerig op groei en

verdeling in ‘n sekere tyd. ‘n

Selkerk is ‘n “kerk van

groepe” – alles gebeur in

selle; die groepe saam vorm

die gemeente.

Baie mense verlaat deesdae

die tradisionele kerk en doen

“kerk” op hulle eie manier.

Groepe mense kom in huise

bymekaar op die manier wat

hulle verkies en staan los van

enige bestaande kerk – hulle

betrokken-heid by hulle

groep is hulle kerk. Die

huiskerk-beweging is al goed

georganiseerd in die wêreld.

Die kans is goed dat jy aan ‘n gewone huisgroep of omgeegroep behoort, of so ‘n groep lei (selfs al noem julle dit

‘n “sel”, of ‘n “selgroep”, wat eintlik nie heeltemal reg is nie) – met die volgende eienskappe:

• Julle kom gewoonlik weekliks bymekaar op ‘n vaste aand (sommige reël dit van week tot week)

• Julle gebruik die materiaal wat deur die gemeente verskaf word (sommige mag daarvan afwyk)

• Julle roteer julle byeenkoms by verskillende huise (sommige groepe kom altyd by een plek bymekaar)

• Julle het ‘n leier vir julle kleingroep (maar dit kom meer en meer voor dat die fasiliteerder roteer)

• Julle agenda is ‘n bespreking van ‘n Bybelgedeelte of ‘n tema en julle bid vir mekaar en vir ander sake

• Julle het ook sosiale byeenkomste van tyd tot en doen soms dinge saam soos uitreik, kamp, ens.

Dan is hierdie kursus vir julle bedoel! Ons sal na hierdie aspekte terugkom.

1.4 Bybelse agtergrond In die Nuwe Testamentiese tye was daar nie kerkgeboue vir die gelowiges nie, en het die gelowiges in huise

byeengekom. Lees van hulle huisgemeentes in Rom 16:3-5, 1 Kor 16:19, Kol 4:15 en Filem 1:1-2. Hulle het egter

ook van groter lokale gebruik gemaak as hulle kon (sien bv. Hand 19:9). Ons kan dus nie sê dat die kleiner of die

groter byeenkoms eintlik die “regte” byeenkoms is nie – dis is eerder waar dat beide nodig is. Ons sien reg aan die

begin van die Kerk se bestaan dat die gelowiges in die tempel sowel as in huise byeengekom het, wat hulle

blootgestel het aan bediening in die groot groep en die kleiner groep. Lees dit in Hand 2:46-47a:

Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die

gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys.

Die groot byeenkoms en die klein byeenkoms het elkeen sy plek en waarde en vul mekaar aan, wat soos volg

geïllustreer kan word:

Erediens Kleingroep

‘n Groter byeenkoms ‘n Kleiner byeenkoms

Het ‘n meer formele verloop Het ‘n informele verloop

By die kerk, ons sit in rye By die huis, sit in ‘n sitkamer, in ‘n kring

Die vergaderplek is vas Die byeenkoms is mobiel, beweeg rond

Die mense is dikwels onbekend Die mense is persoonlik goed bekend

Die mense se betrokkenheid is baie beperk Die mense is betrokke en gesels saam

Die diens is ‘n ontvang-geleentheid Die kleingroep is ‘n gee-geleentheid

Die diens leer ons die teorie Die kleingroep is die praktiese uitlewing

Page 4: Kleingroep-DINAMIEK Voorbeeld

Kleingroep-dinamiek

© 2010 ���� Jimi le Roux ���� www.jimileroux.com

Fotostatering toegelaat slegs met behoud van hierdie verwysings na outeur, webruimte en kopiereg.

Bladsy 4

1.5 dimensies van bediening Hoe moet ons kleingroepe daar uitsien? Elke kleingroep in die gemeente, hetsy huisgroep, orkes, leiersgroep,

gebedsgroep, kursusgroep, uitreikgroep, belangegroep of ander kleingroep moet minstens die volgende

kenmerke vertoon, n.a.v. die algemene dimensies van ons lewe:

Verhouding met God Verhouding met ander Verhouding tot die wêreld Dimensie: SPIRITUALITEIT Dimensie: KOMMUNALITEIT Dimensie: MISSIONALITEIT

Rigting: Opwaarts/Vertikaal Rigting: Sywaarts/Horisontaal Rigting: Uitwaarts/Vorentoe

Elke groep moet ‘n geestelike

komponent hê. Sommige kere sal dit ‘n

suiwer geestelike byeenkoms wees, met

‘n Bybelstudie of ‘n intense gebedstyd,

of bediening wat plaasvind, maar selfs

by ‘n sosiale byeenkoms, moet ons ten

minste saam bid.

Elke groep moet ‘n sosiale komponent

hê: die geleentheid om ietsie te eet en

te drink, te share & care. Soms het ons

uit en uit net ‘n sosiale byeenkoms, ‘n

uitstappie of ‘n kamp. Ook as ons ‘n

suiwer geestelike byeenkoms het, moet

ons toelaat dat mense kan connect, en

bewus bly van hoe dit met lede gaan, en

omsien na die verhoudings.

Elke groep moet ‘n bedienings-

komponent hê na buite. Ons is dikwels

geneig om die groep rondom onsself te

organiseer en so irrelevant te raak tot

die wêreld. Elke groep moet dus ten

minste bid vir sake soos sendelinge,

Christelike werk en die wêreld se nood.

Verkieslik sal die groep egter nog meer

direk betrokke kan raak.

Doel: GELOOF

Doel: LIEFDE

Doel: HOOP

Dit is die taak van die kleingroepeleier in die gemeente om seker te maak dat alle groep al hierdie dimensies

vertoon, verkieslik by ELKE byeenkoms. Ons sal nog ‘n eenvoudige vloei beskryf wat vir hierdie dimensies

voorsiening maak. In ‘n tipiese huisgroep of omgeegroep is die aspekte gewoonlik goed gebalanseer (en dit

oorvleuel natuurlik met mekaar), maar ook:

• die orkes moet bv. bid vir ‘n sendeling of ‘n nood, of geld insamel vir truie

• die leiersgroep moet by hulle byeenkoms ‘n teetjie drink en tyd vir deel inruim

• die vroue-breigroep moet open met ‘n kort woord, bespreking en saam bid

Elkeen van hierdie doelwitte is doelwitte opsigself. Ons kom nie bymekaar (sosiaal) sodat ons die geestelike

dinge kan doen nie, en lees en bid en bespreek nie (geestelik) sodat ons kan bedien (bediening) nie. Ons het

elkeen nodig. Dit hou die groep gesond. So nie, word die groep:

• ‘n super-geestelike groep wat meer “geestelik” is as ander (en dus hoogmoedig en sondig, nè?)

• ‘n sosiale klub wat vergeet dat hulle as kinders van God saam is en eerder net lekker dinge saam doen

• ‘n aktivistiese groep wat hulle vir allerhande sake beywer maar die nood in hulle eie geledere miskyk

• ‘n ingegroeide groepie wat intense bediening doen onder hulleself en die wêreld vergeet (koinonitis)

• ‘n kliek: ‘n hegte groepie vriende waarby niemand anders werklik welkom is nie, want hulle groep is “vol”

1.6 Slot Betrokkenheid by ‘n kleingroep hou baie voordele in, o.a. geestelike groei gefasiliteer deur ‘n betroubare herder,

mentorskap en leierskap wat plaasvind deur die voorbeelde van volwassenes in die Here, geleentheid om liefde te

gee en te ontvang, en ‘n plek om my gawes uit te leef en te dien. Op geen ander platform is hierdie voordele so

oorvloedig te vind as in die kleingroep nie!

Watter tipe groep het ons? Is ons groep gesond gebalanseerd?