kleur jou lewe in! · ons versoek dat die betrokke ouers asseblief die geleentheid moet bywoon,...

6
Kleurvol op die Wonniewerf Boodskap van die hoof Hokkie Wonnie-Gholfdag Atletiek Meriete – Kultuur Sportseun/dogter Akademiese Assessering Tennis Bederf-snoepgoed Wonnies skitter! Drama Bulletjierugby Krieket Wonnie-Teatro Inligtingsaand Gr1 2018 Kuieroggend Gr1 2018 Prestasies buite skool Klawerklitsie-foto's Senior koor Swem Vakante poste Gholfdag brief Wonnies is Sprankelkinders! Wonnie-Gholfdag Die Wonnies hou 22 November, 'n gholfdag ten bate van ons Oueromgeegroep, by WingatePark Gholfbaan. Alle gholfentoesiaste, teken asseblief hierdie datum in jul dagboeke aan! Hou asseblief die skool se korrespondensie dop en indien iemand al wil bespreek of verdere inligting benodig, skakel asseblief vir Annelize by 012-543 0208 of e-pos: [email protected] [email protected] Kleur jou lewe in! 18 Oktober 2017 Geagte Ouers en Wonnie-personeel Vanjaar se graad 7-groep is leeders wat hul laerskool loopbaan met ywer en groot entoesiasme ingekleur het! Ons is baie trots om hulle aan te stuur op hul lewenspad en hoërskool-loopbane, omdat ons weet dat hulle goed gewortel is en dat hulle VAS STAAN in die grondslag wat gelê is. Ons sien met groot verwagting uit om van hul prestasies en vordering in die toekoms te hoor. Die Hoërskool is baie opwindend en daar gaan sommer weer baie geleenthede op hul pad kom. Gryp dit aan en groei tot volwaardige, gebalanseerde, jong volwassenes, MAAR saam met dit moet belangrike keuses uitgeoefen word en dít is waar standvastigheid geloof, waardes en karakter werklik sal tel. Ons wens elke graad 7-leerder 'n pad van guns en seën toe. Mag die toekoms vir julle nimmereindigende vreugde en sukses inhou! Graad 7-ouers, baie dankie vir die pad wat julle saam met ons en julle kinders gestap het. Dankie vir julle deurlopende ondersteuning. ‘n Groep ouers wat soos een man saamgestaan het – langs die sportveld – by fondsinsamelings en sommer net dáár was wanneer ons staatmakers nodig gehad het! Party mense kom en gaan in ons lewe. Sommige bly vir net ‘n wyle, maar laat spore in ons harte agter – en ons is nooit weer dieselfde nie. Dankie vir elkeen se spoor, ons gaan dit beslis koester. Onthou altyd dat elke oorwinning begin het met 'n besluit om te probeer! Kleurvolle groete L. M. Kruger Nuusbrief 35 Hokkie Ons gee graag die uitslae van die liga aan u deur: * Eerstes eindig 5de uit 8 in die A2-liga. * 0/12A eindig 6de uit 8 in die A1-liga. * 0/12B eindig 7de uit 8 in die B1 liga. * 0/11 wen hulle A2-liga en dit is ook die derde liga in 'n ry wat hierdie span wen. Baie dankie aan elke speler, ouer en afrigter wat so hard gewerk het. Ons is baie trots op elkeen vir julle en ons waardeer almal se bydraes tot die suksesse wat Wonnie- hokkie behaal het!

Upload: others

Post on 14-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kleur jou lewe in! · Ons versoek dat die betrokke ouers asseblief die geleentheid moet bywoon, aangesien noodsaaklike inligting rakende u kind, aan u deurgegee sal word. ... Klawerklitsies

Kleurvol op die Wonniewerf

Boodskap van die hoof Hokkie Wonnie-Gholfdag Atletiek Meriete – Kultuur Sportseun/dogter Akademiese Assessering Tennis Bederf-snoepgoed Wonnies skitter! Drama Bulletjierugby Krieket Wonnie-Teatro Inligtingsaand Gr1 2018 Kuieroggend Gr1 2018 Prestasies buite skool Klawerklitsie-foto's Senior koor Swem Vakante poste Gholfdag brief

Wonnies is Sprankelkinders!

Wonnies is Sprankelkinders!

Wonnie-Gholfdag Die Wonnies hou 22 November, 'n gholfdag ten bate van ons Oueromgeegroep, by WingatePark Gholfbaan. Alle gholfentoesiaste, teken asseblief hierdie datum in jul dagboeke aan! Hou asseblief die skool se korrespondensie dop en indien iemand al wil bespreek of verdere inligting benodig, skakel asseblief vir Annelize by 012-543 0208 of e-pos: [email protected] [email protected]

Kleur jou lewe in!

18 Oktober 2017

Geagte Ouers en Wonnie-personeel Vanjaar se graad 7-groep is leeders wat hul laerskool loopbaan met ywer en groot entoesiasme ingekleur het! Ons is baie trots om hulle aan te stuur op hul lewenspad en hoërskool-loopbane, omdat ons weet dat hulle goed gewortel is en dat hulle VAS STAAN in die grondslag wat gelê is. Ons sien met groot verwagting uit om van hul prestasies en vordering in die toekoms te hoor. Die Hoërskool is baie opwindend en daar gaan sommer weer baie geleenthede op hul pad kom. Gryp dit aan en groei tot volwaardige, gebalanseerde, jong volwassenes, MAAR saam met dit moet belangrike keuses uitgeoefen word en dít is waar standvastigheid geloof, waardes en karakter werklik sal tel. Ons wens elke graad 7-leerder 'n pad van guns en seën toe. Mag die toekoms vir julle nimmereindigende vreugde en sukses inhou! Graad 7-ouers, baie dankie vir die pad wat julle saam met ons en julle kinders gestap het. Dankie vir julle deurlopende ondersteuning. ‘n Groep ouers wat soos een man saamgestaan het – langs die sportveld – by fondsinsamelings en sommer net dáár was wanneer ons staatmakers nodig gehad het! Party mense kom en gaan in ons lewe. Sommige bly vir net ‘n wyle, maar laat spore in ons harte agter – en ons is nooit weer dieselfde nie. Dankie vir elkeen se spoor, ons gaan dit beslis koester. Onthou altyd dat elke oorwinning begin het met 'n besluit om te probeer!

Kleurvolle groete L. M. Kruger

Nuusbrief 35

Hokkie Ons gee graag die uitslae van die liga aan u deur: * Eerstes eindig 5de uit 8 in die A2-liga. * 0/12A eindig 6de uit 8 in die A1-liga. * 0/12B eindig 7de uit 8 in die B1 liga. * 0/11 wen hulle A2-liga en dit is ook die derde liga in 'n ry wat hierdie span wen. Baie dankie aan elke speler, ouer en afrigter wat so hard gewerk het. Ons is baie trots op elkeen vir julle en ons waardeer almal se bydraes tot die suksesse wat Wonnie-

hokkie behaal het!

Page 2: Kleur jou lewe in! · Ons versoek dat die betrokke ouers asseblief die geleentheid moet bywoon, aangesien noodsaaklike inligting rakende u kind, aan u deurgegee sal word. ... Klawerklitsies

Meriete - Kultuur Alle kultuurleerders wat in aanmerking wil kom vir toekennings tydens die meriete-aand, moet asseblief briewe in hierdie verband by die betrokke onderwysers afhaal: Juniors : Me. Carina Rademan - (Kamer 27) Seniors : Me. Benita Botha - ( Kamer 12) Sluitingsdatum vir aansoeke: Maandag, 23 Oktober 2017.

(Geen laat-aansoeke sal oorweeg word nie)

Atletiek Baie sterkte aan al die atlete met môre se atletiek by Laerskool Stephanus Roos. Ons hou styf duim vas! Die volgende byeenkoms vind op 26 Oktober, by Hoërskool Menlopark plaas. Briewe sal Vrydag aan die atlete uitgedeel word. Oefentye: Sessie 1: 13:45 - 14:30 Sessie 2: 14:30 - 15:15 Middelafstandatlete oefen op ons skool se velde. Spiesgooi- en

diskus-oefeninge vind 15:15 - 16:00 plaas.

Akademiese Assessering Kwartaal 4 As gevolg van departement se Provinsiale eksamen vir graad 6 en ander onvoorsiene omstandighede was ons genoodsaak om van ons November-eksamendatums te skuif. Algemene eksamens is die departementele "Common Exams" Die datums is soos volg:

Vrydag 10 November Afr. en Eng. Skryfstukke Graad 4 - 7

Maandag 13 November Geskiedenis Graad 4 - 7

Dinsdag 14 November LV Graad 4 - 6 en LO graad 7

Woensdag 15 November NW/Teg Graad 4 en 5, NW Graad 7 & Algemene eks.NW/Teg Graad 6

Donderdag 16 November Tegnologie Graad 7 (eerste sessie)

Vrydag 17 November Algemene eks. Wiskunde Gr. 6 en Wiskunde Gr. 4,5 en 7

Maandag 20 November Engels Graad 4,5 en 7 en Algemene Engels Graad 6

Dinsdag 21 November Afrikaans Graad 4 - 7

Woensdag 22 November KK- Graad 7 (eerste sessie)

Donderdag 23 November Geografie Graad 4 - 7

Vrydag 24 November EBW- Graad 7 (eerste sessie)

Die departement bepaal dat alle Graad 6-leerders weer in die 4de kwartaal die algemene distrikvraestelle in Wiskunde, Engels en NW moet skryf. Die skoolbestuur het dit goed gedink om die graad 6’e slegs hierdie algemene eksamens te laat skryf. Die vraestelle se datums en tye word deur die departement bepaal en ons vra dus dat alle GRAAD 6-LEERDERS sal let op die datums, aangesien die vraestelle verpligtend is en steeds 25% van die leerders se jaarpunt uitmaak. Verder moet leerders en ouers hulself asseblief vergewis van die gewig wat die einde van die jaar se eksamens uitmaak van die

jaarpunt: * Graad 4 – 6 - 25% * Graad 7 - 60%

Aansoeke vir Sportseun of Sportdogter van die jaar Kom voltooi ‘n aansoekvorm by juffrou Maryke. Sluitingsdatum: Maandag 23 Oktober 2017 Kriteria: Om te kwalifiseer moet die kandidaat aan die

volgende vereistes voldoen:

Die toekenning is gebaseer op veelsydigheid in sport.

Kandidate moes gedurende die jaar aan drie of meer sportsoorte deelgeneem het.

Kandidate moet 70 of meer punte op die kriterialys behaal om in aanmerking te kom vir die toekenning.

Die kandidaat met die hoogste getal punte bo 70 punte, ontvang die toekenning.

Indien twee kandidate ewe veel punte behaal, word die toekenning aan die

veelsydigste kandidaat toegeken.

Graad 8-leerders wat volgende jaar na Hoërskool Overkruin toe gaan is welkom om die

OVIE-MOB OUDISIES - 2018 by te woon!

25 OKTOBER 2017

18:00 NG KERK OVERKRUIN

Page 3: Kleur jou lewe in! · Ons versoek dat die betrokke ouers asseblief die geleentheid moet bywoon, aangesien noodsaaklike inligting rakende u kind, aan u deurgegee sal word. ... Klawerklitsies

Inligtingsaand – Graad 1's vir 2018

24 Oktober 2017, 18:00, in die skoolsaal. Ons versoek dat die betrokke ouers asseblief die geleentheid moet bywoon,

aangesien noodsaaklike inligting rakende u kind, aan u deurgegee sal word.

Tennis Proewe: Almal is welkom om aan die proewe vir kwartaal 1 van 2018 se liga te kom deelneem.

Datums en Tye vir die proewe is soos volg: O/13 seuns en dogters, Woensdag, 18 Oktober 2017 13:45 – 16:15 O/11 seuns en dogters, Maandag, 23, 25 en 30 Oktober 2017 13:45 – 15:00 O/13 seuns en dogters, Maandag, 23, 25 en 30 Oktober 2017 13:45 – 15:00

Al die leerders kom 13:45 by die klubbane bymekaar. Personeel sal die spelers van daar af na die onderskeie bane vergesel en na die proewe weer besorg waar hulle afgehaal word. Leerders wat in die naskool is, kan 13:40 by die lapahek bymekaarkom, vanwaar die personeel hulle op dieselfde wyse sal vergesel

en na die proewe by die naskool terug besorg.

Drama – Graad 4-6 Oefeninge vind om 13:45 in kamer 53 plaas. Oefentye is soos volg:

Oefentye

Maandae

Groep 1 13:45-14:45

Groep 2 14:45-15:45

Dinsdae

Groep 3 13:45-14:45

Woensdae

Groep 4 13:45-14:45

Groep 5 14:45-15:45

Wonnie Teatro 4de Kwartaal oefening – Ons oefen op die volgende Maandae van die vierde kwartaal:

23 Oktober Oefening vind wel 17:30 plaas

30 Oktober

6 November

Baie dankie vir julle samewerking en entoesiasme!

Kuieroggend – Graad 1's vir 2018

9 November 2017, 9:00, in die skoolsaal. Leerders sal reeds ingedeel wees en word op hierdie belangrike oggend aan hul juffrou vir 2018 bekendgestel!

Krieket 19 Oktober–1ste-Span Dag/aand

teen Cornwall Hill weg.

Bederf-snoepgoed! Baie dankie aan die leier-ouers wat die personeel Vrydag, 13 Oktober, met heerlike "doughnuts" en luukse koffie vir onderwyserdag bederf het! Almal het heerlik gesmul en dit het ons Vrydag sommer ekstra-lekker gemaak!

Bulletjierugby Die Bulletjierugby se afsluiting vind 31 Oktober om 18:30 in die skoolsaal plaas. Volledige inligting sal

aan die betrokke ouers deurgegee word.

Wonnies skitter Baie geluk aan Brandon Card in graad 5, wat op 8 September SA-kleure gekry het vir Hip Hop dans. Brandon dans nou maar eers ongeveer 6 maande, wat beteken dat hy 'n besondere natuurlike talent

het. 'n Besonderse toekenning vir 'n groentjie! Let asseblief daarop dat daar geen drama-oefening op Maandag, 23 Oktober sal wees nie, a.g.v. juf. Michelle se eksamen. Dinsdag en Woensdag se oefeninge gaan wel

voort.

Hoërskool Overkruin GRAAD 8 – 2018 SPORT – OEFENTYE vanaf 23 Oktober 2017 – November 2017

ATLETIEK: NETBAL: Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 14:30 tot 16:00 Dinsdag, 24 Oktober 16:30 1ste rondte proewe. Oefentye sal dan deurgegee word. Spiesgooi: Dinsdae en Donderdae vanaf 14:00 tot 15:00

RUGBY: HOKKIE: Woensdae vanaf 16:00 Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 14:30

OVIE-MOB Oudisies – 25 Oktober 2017 18:00 – NG KERK OVERKRUIN

Page 4: Kleur jou lewe in! · Ons versoek dat die betrokke ouers asseblief die geleentheid moet bywoon, aangesien noodsaaklike inligting rakende u kind, aan u deurgegee sal word. ... Klawerklitsies

Toekenning vir prestasies buite skoolverband:

Maandag, 27 November 2017, word die jaarlikse toekennings aan leerders wat buite skoolverband op Provinsiale of Nasionale vlak presteer het, toegeken. Prestasies buite skoolverband is waar leerders presteer in omstandighede buite skoolverband waarby die skool nie geaffilieer is nie, of waar die betrokke aktiwiteit of item nie noodwendig deel van die skool se buitekurrikulêre program is nie.

Prestasie buite skoolverband, op Provinsiale en/of Nasionale vlak, word deur Laerskool Wonderboom erken as prestasies buite skoolverband. As gevolg van die omvang van hierdie toekennings sal dit aan die einde van die jaar tydens ‘n saalgeleentheid gedurende die week toegeken word.

Dit is die plig van elke ouer van leerders wat aansoek doen vir erkenning vir prestasie buite skoolverband om die nodige skriftelike voorlegging betyds te maak as bewys van sodanige prestasies. Die ouer moet saam met die aansoek, binne die voorgeskrewe tydperk, skriftelike bewys lewer, op ‘n amptelike briefhoof van die vereniging / organisasie, (nie klub), van die betrokke sportsoort. Die name van die leerders verbonde aan Laerskool Wonderboom asook hul verkiesing en verwerwing van “volle provinsiale KLEURE” (verteenwoordig die provinsie op SA-byeenkoms of toernooi) / “nasionale kleure” (verteenwoordig S.A. op internasionale byeenkoms of –toernooi), moet duidelik op die bogenoemde brief aangdui word.

Daar moet bewys gelewer word dat die leerder nie net geregistreer was by die vereniging / organisasie nie, maar ook op Provinsiale en/of Nasionale vlak deelgeneem het en kleure verwerf het in 2017. Die volgende is belangrike punte om van kennis te neem:

Die tipe toekenning sal geëvalueer word na oorweging van elke spesifieke geval. Die hoogste toekenning verleen vir prestasie buite skoolverband is ‘n vergulde sertifikaat. Toekennings sal binne skoolure geskied. Die aansoekvorm moet volledig voltooi word en alle nodige stukke moet daarby aangeheg word. Die voorblad moet voltooi word en bo-aan die aansoek vasgekram word. Die leerder se naam op die aansoekvorm sal net so op die sertifikaat verskyn. Die aansoekvorm moet volledig voltooi word en alle nodige stukke moet hierby aangeheg word. Onvolledige

aansoeke sal ongelukkig nie verwerk kan word of ‘n toekenning gemaak kan word nie. Alle afskrifte van bewyse moet gewaarmerk wees. Die aansoek moet voor die keerdatum ingehandig word.

Die sluitingsdatum vir die indien van aansoeke is Vrydag, 3 November 2017, om 12:00. Geen aansoek sal na die

sluitingsdatum aanvaar word nie. Aansoekvorms kan by mnr. Fivaz of by die kantoor afgehaal word.

Klawerklitsie-foto's Die Klawerklitsie-foto's word 7 November, vanaf 13:30 geneem. Klitsies moet asseblief AL HULLE KOSTUUMS EN "PUMPS" in 'n krat saambring. Hare moet asseblief reeds in 'n bolla wees en almal moet reeds onderlaag aan hê. Die Klawerklitsies moet tweede pouse na juffrou Rethna se klas toe gaan vir grimering. Klawerklitsie-ouers kan die kinders

om 14:30 by die skool kom afhaal.

Seniorkoor Baie sterkte aan die seniorkoor wat Saterdag, 21 Oktober, aan die Sing-in-Harmonie, regstreekse kompetisie gaan deelneem. Ons hou styf duim vas en weet julle sal net julle beste gee! Hierdie uitsending word regstreeks op kanaal 146 (KykNET) uitgesaai, vanaf 15:00 tot 17:00. Daar sal weer eens ‘n kykerskeuse koor wees en lyne sal slegs vir die duur van die konsert oop wees – ondersteun asseblief ons seniorkoor en stem vir hulle! Reëlings Venue: Southdowns College, John Vorster rylaan, Irene. Tyd: Koorlede moet reeds 07:45 by die sporthek wees. Busse vertrek stiptelik om 08:00 en sal ongeveer 18:00 terug wees. Kleredrag: Optreedrag – ons het kleedrepetisie vanaf 10:00 tot 12:00 in optreedrag. Kospakkie: Middagete en genoeg om te drink. Koorlede gaan vanaf 12:00 tot 14:00 tyd hê om te eet en te ontspan – sorg asseblief dat hulle iets saambring om hulself mee besig te hou. Briewe met volledige inligting is Woensdagoggend tydens kooroefening uitgedeel. Alle koorlede moet die oefening Vrydagmiddag vanaf 13:30 tot 15:30 bywoon – afrondingswerk word dan vir hierdie kompetisie gedoen.

Page 5: Kleur jou lewe in! · Ons versoek dat die betrokke ouers asseblief die geleentheid moet bywoon, aangesien noodsaaklike inligting rakende u kind, aan u deurgegee sal word. ... Klawerklitsies

Vakante poste Laerskool Wonderboom beskik oor die volgende drie poste vir vulling 1 Januarie 2018: Pos 1 – Junior fase assistentpos

Die geskikte kandidaat moet 'n ingeskrewe 2de- of 3de-jaar onderwysstudent wees, wat voltyds as assistent aangestel kan word.

SACE-registrasie (tydelik) en buitemuurs is voorvereistes vir die pos. 'n Volledige CV, gewaarmerkte ID, laaste puntestaat en moontlike verwysings moet die aansoek vergesel.

Aansoeke sluit Vrydag, 27 Oktober 2017, om 12:00. Pos 2 – Intermediêrepos: Wiskunde en Afrikaans

Die geskikte kandidaat moet oor 'n 4 jaar erkende onderwyskwalifikasie beskik.

Hoofvakke: Afrikaans en/of Wiskunde.

SACE-registrasie is verpligtend en kandidate met buitemuurs-kundigheidheid sal voorkeur geniet.

'n Volledige CV, gewaarmerkte ID en kwalifikasies asook moontlike verwysings moet die aansoek vergesel.

Aansoeke sluit Vrydag, 27 Oktober 2017, om 12:00.

Pos 3 – Mansonderwyser: Wiskundepos Die geskikte kandidaat moet oor 'n 4 jaar erkende onderwyskwalifikasie beskik, hoofvak Wiskunde.

SACE-registrasie is verpligtend en kandidate met buitemuurs-kundigheidheid sal voorkeur geniet.

'n Volledige CV, gewaarmerkte ID en kwalifikasies asook moontlike verwysings moet die aansoek vergesel.

Aansoeke sluit Vrydag, 27 Oktober 2017, om 12:00.

Alle aansoeke kan na [email protected] gestuur word of by die skoolkantoor ingehandig word. Dui asseblief duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

Swem Baie geluk aan al die swemmers wat gister aan die gala deelgeneem het! Die Wonnies het algeheel tweede geëindig. Ons is trots op elke swemmer wat sy of haar beste gegee het en so punte vir die span ingesamel het. Die Wonnies se aflos het pragtig gelyk! Die seunspan het ons sommer baie beïndruk! Geluk aan Dean De Clerck wat aangewys is as die Victor Ludorum en sodoende 4 skole se seuns uitgestof het! Hou asseblief aan oefen vir volgende week, 25 Oktober se

gala, wat weer by Deon Malherbe plaasvind.

Tree vandag op asof dit die dag is waarvoor almal jou sal onthou…

Page 6: Kleur jou lewe in! · Ons versoek dat die betrokke ouers asseblief die geleentheid moet bywoon, aangesien noodsaaklike inligting rakende u kind, aan u deurgegee sal word. ... Klawerklitsies

21 September 2017

LAERSKOOL WONDERBOOM GHOLFDAG: BORGE, DONASIES EN PRYSE

Laerskool Wonderboom bied op Woensdag, 22 November 2017, ‘n gholfdag te Wingate Park Gholfbaan aan. Die gholfdag is ten bate van Laerskool Wonderboom se OOG (Oueromgeegroep) wat regdeur die jaar omsien na al die behoeftige Wonnies.

Die sukses van die gholfdag is grootliks afhanklik van die deelname van spelers, korporatiewe- en private borge, donasies en pryse. Daar is verskeie borgskappakkette beskikbaar wat wissel van items vir die geskenkpakkies, groot pryse vir die wenners, borg van ‘n watergat of selfs ‘n borg vir ‘n 4-bal span. Die waarde van die verskillende pakkette wissel van R500 tot R5 000 en word grootliks deur die borg self bepaal. Sien asseblief aangeheg die deeglike uiteensetting van die verskillende borgpakkette wat beskikbaar is.

Formaat: ‘2 Ball Betterball Stableford’ met ‘n ‘scramble’ dryf Afslaantyd: 11:30 – ‘shotgun start’ Koste: R3 000 per 4-bal (registrasie, halfweghuis en aandete tydens die prysuitdelings is

ingesluit) Gholfkarretjie: Neem asseblief kennis dat daar slegs 40 karretjies beskikbaar is en dat dit op ‘n First

come first serve basis is

Elke speler gaan ‘n geskenkpakkie (goodie bag) ontvang, wat gevul gaan wees met items van ons borge. Tydens die prysuitdelingseremonie gaan daar ook ‘n veiling van verskeie geborgde items wees. Ons borge gaan ook deur die loop van die dag goeie blootstelling geniet. Tydens die aand se prysuitdelingseremonie word alle borge genoem, bedank en hulle naam word geadverteer op die grootskerm.

Daar is net plek vir 136 spelers (34 x 4-balle). Vul asseblief so spoedig moontlik u inskrywingsvorm in om u plek te verseker. Alle gelde moet asseblief teen Vrydag, 10 November, inbetaal wees. Indien daar enige kansellasie na hierdie dag is, word alle gelde ongelukkig verbeur.

Om hierdie fondsinsamelingsdag ‘n groot sukses te maak, vra ons elke individu of besigheid om ons gholfdag te ondersteun. Kontak gerus vir Annelize Worst by 012 543 0208/9 of [email protected] vir enige navrae.

Ons jaartema is Kleur jou lewe in... en u bydrae is van onskatbare waarde.

Vriendelike groete _______________ Mev. Lu Kruger Hoof