klipfonteyn home owners association/klipfonteyn...

5
Klipfonteyn Homeowners Association/Klipfonteyn Huiseienaarsvereniging Posbus 1131 Gansbaai 7220 Jaarverslag Goeiedag Klipfonteyn eienaar Die jaar het gevlieg en dit is al weer tyd om al ons binnelandse besoekers te verwelkom vir die kersseisoen. Oor die algemeen was dit ‘n suksesvolle jaar en ek is bly om die volgende te kan rapporteer. Ons het begroot vir ‘n inkomste van R75 000 en het R79 699 (106%) ontvang. Ons het begroot vir uitgawes van R59 350 en het R56 167 (95%) spandeer. ‘n Oorskot van R23 532 het ‘n verhoging in jaargeld vir 2017 / 18 voorkom. Ons het ‘n landmeter gekontrakteer om die suidelike grens van Klipfonteyn te bepaal. Ons het die wandelpad van De Wittstr. na die trappe geplavei ten bedrae van R18 970. Gaan kyk asb. en gee terugvoering; sodat ons kan voortgaan met die ander paadjies. Karl Akermann (Voorsitter), Fred Rossouw (Sekretaris); Piet Erasmus (Trustee) Johan Pfister (Trustee), Kobus Joubert (Trustee)

Upload: ngomien

Post on 17-Dec-2018

222 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Klipfonteyn Home Owners Association/Klipfonteyn ...klipfonteyn.co.za/wp-content/uploads/2016-Jaarverslag.docx  · Web view(Trustee) Johan Pfister (Trustee), Kobus Joubert (Trustee)

Klipfonteyn Homeowners Association/Klipfonteyn HuiseienaarsverenigingPosbus 1131 Gansbaai 7220

Jaarverslag

Goeiedag Klipfonteyn eienaar

Die jaar het gevlieg en dit is al weer tyd om al ons binnelandse besoekers te verwelkom vir die kersseisoen.

Oor die algemeen was dit ‘n suksesvolle jaar en ek is bly om die volgende te kan rapporteer.

Ons het begroot vir ‘n inkomste van R75 000 en het R79 699 (106%) ontvang.

Ons het begroot vir uitgawes van R59 350 en het R56 167 (95%) spandeer.

‘n Oorskot van R23 532 het ‘n verhoging in jaargeld vir 2017 / 18 voorkom.

Ons het ‘n landmeter gekontrakteer om die suidelike grens van Klipfonteyn te bepaal.

Ons het die wandelpad van De Wittstr. na die trappe geplavei ten bedrae van R18 970.

Gaan kyk asb. en gee terugvoering; sodat ons kan voortgaan met die ander paadjies.

Karl Akermann (Voorsitter), Fred Rossouw (Sekretaris); Piet Erasmus (Trustee) Johan Pfister (Trustee), Kobus Joubert (Trustee)

Page 2: Klipfonteyn Home Owners Association/Klipfonteyn ...klipfonteyn.co.za/wp-content/uploads/2016-Jaarverslag.docx  · Web view(Trustee) Johan Pfister (Trustee), Kobus Joubert (Trustee)

Klipfonteyn Home Owners Association/Klipfonteyn Huiseienaarsvereniging

Ons is besig om ‘n webwerf vir Klipfonteyn te ontwikkel teen ‘n koste van R5 000.

Ons het op instruksie van die Munisipaliteit begin om ‘n brandpad te sny aan die

suidweste kant van Klipfonteyn. Ons het reeds ‘n 200m strook voltooi en wag vir

goedkeuring van die munisipaliteit voor ons die oorblywende 800m doen.

Ons het die trappe en handreelings by alle paadjies herstel en behandel.

Ons het die bankies by die uitsigpunte geverf.

Ons verwyder dooie plantmateriaal en Rooikransbome op ‘n gereelde basis.

Ons het onkruiddoder aangewend om te verhoed dat onkruid die watervore verstop.

Die Munisipaliteit het die stormwaterpype uitgespoel / uitgeblaas.

Die Munisipaliteit het slaggate herstel.

Die Munisipaliteit het beskadigde padtekens herstel / vervang.

Daar was ‘n paar probleme wat ons aandag geverg het:

Perlemoenstropers is nog aktief op Klipfonteyn. Dit word gerapporteer aan die SAPD. Ons het ‘n inbraak en diefstal van koperpype en krane gehad in Straussstraat.. Stoepmeubels is gesteel by ‘n huis in Bestersingel.

Page 3: Klipfonteyn Home Owners Association/Klipfonteyn ...klipfonteyn.co.za/wp-content/uploads/2016-Jaarverslag.docx  · Web view(Trustee) Johan Pfister (Trustee), Kobus Joubert (Trustee)

Klipfonteyn Home Owners Association/Klipfonteyn Huiseienaarsvereniging

Ons het ‘n inbraak gehad in ‘n voertuig in Slabber Str. Sommige eiendomme is verkoop sonder dat die Huiseienaarsvereniging in kennis getsel

is. Dit veroorsaak probleme met die invordering van jaargelde, die uitstuur van nuusbriewe, die Grondwet ens. Eiendomsagente is versoek om ons by te staan en die verkope aan te meld.

Die storting van boumateriaal en tuinvullis in die groen stroke vind soms nog steeds plaas en ons versoek eienaars weer eens om asseblief hierdie praktyk te staak.

Die volgende dokumentasie is aangeheg by hierdie jaarverslag:

“Onthou die datum” Algemene Jaarvergadering (AJV) op 17 Desember 2016. Agenda vir die AJV op 17 Desember 2016. Volmagvorms (teken asb. en stuur terug indien u nie die AJV kan bywoon nie). Notule van die 2015 AJV vir goedkeuring. Voorsitter se Jaarverslag Die 2015/16 Finansiele Staat Begroting 2017-2018

In geval ek u nie sien by ons AJV nie, wil ek u almal ‘n geseende kersfees en voorspoedige nuwe jaar toewens namens die Trustees van die KHEV.

Vriendelike groete.

K. Akermann (Voorsitter)