kom swaai ‘n hou vir ‘n goeie doel sport...chiefs vs hurricanes in ‘n riller klop die chiefs...

1
P12 20 JULY 2018, PLATINUM BUSHVELDER, Tel: 081 309 3876 / 081 542 6796, Fax: 011 252 6669, E-mail: [email protected] / [email protected] ... Om jou te herinner van komende gebeure... FUNKSIE DATUM LOKAAL KONTAK Thabazimbi Landbou Skou 26-28 July '18 TBZ: Thabazimbi Skougronde 087-151 1837 Mej Thabazimbi 27 July '18 TBZ: Thabazimbi Skougronde 083-584 6061 Skou Wildsveiling 27 July '18 TBZ: Thabazimbi Skougronde 083-581 7780 Meatmaster veiling 28 July '18 TBZ: Thabazimbi Skougronde 083-845 0339 Kom swaai ‘n hou vir ‘n goeie doel POSDUIFNUUS Thabazimbi – Ter fondsinsameling vir die bejaarde sorg trust in Thabazimbi, behartig deur die Helpende Hand, word ‘n gholfdag van stapel gestuur. Die ‘shot-gun’ gholfdag, op 11 Augustus, beloof om ‘n treffer te wees. Vir meer informasie kontak Ilze Bekker by 079-226 1568. Thabazimbi – Die Thabazimbi Wedvlug Duiwe klub se eerste duiwe het vanaf Wolmaransstad op Saterdag, 14 Julie, om 11h30 weggespring. Die wedvlug wat die einde van die kortpad wedvlugte aangekondig het, het die duiweboere behoorlik laat sweet! Dit het die Vrydagnag, voor loslating, deurnag gereën in Wolmaransstad en die hele roete het met deurmekaar winde en reën gepaardgegaan. Die duiwe het ‘n baie moeilike wedvlug van ongeveer 300km afgelê. Die JO en OPE wedvlugte word gewen deur Ad Erasmus & Seun. Eerskomende Saterdag op 21 Julie word daar gevlieg vanaf Theunissen met ‘n afstand van ongeveer 420km. Hierdie is een van die keur wedvlugte, genaamd die ‘Derby’, en beloof om weer die senuwees van staal te toets by die vlieërs. Hiermee die volledige uitslae: JO WEDVLUG: Aantal duiwe: 97, Wenspoed: 1207.2411mpm, Afstand: 293.002km Ad Erasmus & Seun: 1, 2, 3, 4, 10, 17, 39 Aziscore (Sb): 5, 6, 7, 8, 13, 20, 29, 30 Dust-A-Side (Nvdw): 9, 35, 38 Northam Toyota (Gvr): 11, 12, 14, 18, 31, 34, 37 Pieter Ferreira: 15, 16, 27, 36 W Hydenrych: 19, 21, 32 Cla911 (Gcs): 22, 23 Child Seuns: 24 Nic Loubser: 25, 26, 28, 33, 40 OPE WEDVLUG: Aantal duiwe: 99, Wenspoed: 1162.2529mpm, Afstand: 293.002km Ad Erasmus & Seun: 1, 32, 39 Northam Toyota (Gvr): 2, 12, 16, 20, 21, 29, 33, 40 Dust-A-Side (Nvdw): 3, 5, 6, 10, 28, 31 Aziscore (Sb): 4, 18, 26, 27, 35 Pieter Ferreira: 7, 8, 9, 13 Cal911 (Gcs): 14, 15, 17, 19, 30 W Hydenrych: 22, 25, 34, 37 Nic Loubser: 23, 24, 36, 38 Child Seuns: 44 KLUB KAMPIOENNE 1. Northam Toyota: 374 2. Ad Ersamus & Seun: 363 3. Aziscore: 338 4. Dust-A-Side: 325 5. Pieter Ferreira: 321 6. Cla911 (Gcs): 237 7. W Hydenrych: 219 8. Child Seuns: 177 9. Nic Loubser: 153 En so het die laaste groepwedstryde plaasgevind in die Superreeks en nou word die seuns van die ooms geskei, aldus die kenners langs die braaivleis vure ou grote! Sommige spanne het vir die trots gespeel terwyl ander nog moes veg vir ‘n plek onder die laaste agt. Die oorheersing van Kiwi ruggas kan duidelik gesien word met vier NZ spanne wat die laaste agt gehaal het. Reds vs Sunwolwes Die Reds klop die Japannese Wolwe in hul laaste game van 2018 met 48-27 in Brisbane. Die Reds eindig 13de met ses oorwinnings, en die Wolwe het darem drie games kon wen die seisoen en verower die gesogte houtlepel om dan laaste te eindig op die puntetabel. Chiefs vs Hurricanes In ‘n riller klop die Chiefs die Canes in Hamilton 28-24 om sodoende derde op die NZ konferensie te eindig en vyfde algeheel op die puntetabel. Die Chiefs speel nou ongelukkig weer teen die Canes in een kwarteindstryd in Wellington. Die Canes eindig tweede op die NZ konferensie en vierde algeheel. Highlanders vs Rebels Die Highlanders sonder Ben en Aaron Smith moes hard werk in Dunedin vir hul oorwinning van 43-37 oor die Rebels wat tweede eindig op die Aussie konferensie ou grote. Die Rebels eindig negende op die puntetabel met die Highlanders wat vierde in die NZ konferensie eindig en sesde algeheel en ook teen die Waratahs in Sydney uitdraf. Crusaders vs Blues Die Crusaders klop die Blues in Christchurch 54-17 in hul laaste groepwedstryd en lyk beslis nie lus om hulle titel af te staan nie ou grote. Die Saders eindig dan heel bo in die NZ konferensie en natuurlik tops op die algehele puntetabel met 63 punte. Die Leeus is tweede met 46 punte. Die Saders wen veertien van hulle sestien games met die Blues wat slegs vier uit sestien kon wen. Die Crusaders draf dan in een kwarteindstryd teen die Haaie in Christchurch uit. Waratahs vs Brumbies In ‘n klipharde Aussie derby verras die Brumbies en klop die Tahs 40-21 in Sydney voor hulle tuisskare in hul laaste game van die seisoen. Die Waratahs eindig egter nog steeds eerste op die Aussie konferensie en derde op die algehele puntetabel. Die Brumbies eindig derde op die Aussie konferensie en tiende op die puntetabel. Die Tahs speel dan in een kwarteindstryd teen die Highlanders in Sydney. Leeus vs Bulle Die Bulle se droewige seisoen kom tot ‘n einde met ‘n groot pakslae deur die Leeus in Jo’burg ou grote. Die Bulle het vroeg voorgeloop met 12-0 en dit het gelyk of daar dalk ‘n skokkie of twee kan kom maar watwou... Die Bulle val in die laaste uur van die game heeltemal uit die bus uit en sluit hul seisoen af met ‘n allemintige 38-12 pakslae. Die Leeus eindig dan eerste in die SA konferensie en tweede op die algehele puntetabel. Hulle wen nege uit sestien games en eindig op 43 punte. Hulle kom nou teen die Jaguares op Ellispark te staan in ‘n konferensie en twaalfde algeheel. Haaie vs Jaguares Soms speel geluk ‘n groot rol in enige kompetisie en die Haaie is die gelukkige wenner van hierdie pakkie in die 2018 Super reeks. Die neerlaag van die Rebels teen die Highlanders en hulle oorwinning van 20-10 in Durban teen ‘n erg verswakte Jagueres span, het aan die Sharks ‘n plek derde op die SA konferensie en agste op die algehele puntetabel met 36 punte. Die Haaie wen sewe van hulle sestien games met die Jaguares wat tweede op die SA konferensie en sewende algeheel eindig met 38 punte en wen nege van hulle sestien games. Die Haaie het amper ‘n onmoontlike taak om die Crusaders in Christchurch te gaan moet gaan uitdraf. Kom ons hoop rugby seëvier en mag die spanne wat dit verdien deurdring na die Nag ou grote... SUPER RUGBY SPORT

Upload: others

Post on 18-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kom swaai ‘n hou vir ‘n goeie doel SPORT...Chiefs vs Hurricanes In ‘n riller klop die Chiefs die Canes in Hamilton 28-24 om sodoende derde op die NZ konferensie te eindig en

P12 20 JULY 2018, PLATINUM BUSHVELDER, Tel: 081 309 3876 / 081 542 6796, Fax: 011 252 6669, E-mail: [email protected] / [email protected]

... Om jou te herinner van komende gebeure...FUNKSIE DATUM LOKAAL KONTAK

Thabazimbi Landbou Skou 26-28 July '18 TBZ: Thabazimbi Skougronde 087-151 1837Mej Thabazimbi 27 July '18 TBZ: Thabazimbi Skougronde 083-584 6061Skou Wildsveiling 27 July '18 TBZ: Thabazimbi Skougronde 083-581 7780Meatmaster veiling 28 July '18 TBZ: Thabazimbi Skougronde 083-845 0339

Kom swaai ‘n hou vir ‘n

goeie doel

POSDUIFNUUS

Thabazimbi – Ter fondsinsameling vir die bejaarde sorg trust in Thabazimbi, behartig deur die Helpende Hand, word ‘n gholfdag van stapel gestuur. Die ‘shot-gun’ gholfdag, op 11 Augustus, beloof om ‘n treffer te wees. Vir meer informasie kontak Ilze Bekker by 079-226 1568.

Thabazimbi – Die Thabazimbi Wedvlug Duiwe klub se eerste duiwe het vanaf Wolmaransstad op Saterdag, 14 Julie, om 11h30 weggespring. Die wedvlug wat die einde van die kortpad wedvlugte aangekondig het, het die duiweboere behoorlik laat sweet! Dit het die Vrydagnag, voor loslating, deurnag gereën in Wolmaransstad en die hele roete het met deurmekaar winde en reën gepaardgegaan. Die duiwe het ‘n baie moeilike wedvlug van ongeveer 300km afgelê. Die JO en OPE wedvlugte word gewen deur Ad Erasmus & Seun. Eerskomende Saterdag op 21 Julie word daar gevlieg vanaf Theunissen met ‘n afstand van ongeveer 420km. Hierdie is een van die keur wedvlugte, genaamd die ‘Derby’, en beloof om weer die senuwees van staal te toets by die vlieërs.Hiermee die volledige uitslae:

JO WEDVLUG: Aantal duiwe: 97, Wenspoed: 1207.2411mpm, Afstand:

293.002km• Ad Erasmus & Seun: 1, 2, 3, 4, 10, 17,

39• Aziscore (Sb): 5, 6, 7, 8, 13, 20, 29, 30• Dust-A-Side (Nvdw): 9, 35, 38• Northam Toyota (Gvr): 11, 12, 14, 18,

31, 34, 37• Pieter Ferreira: 15, 16, 27, 36• W Hydenrych: 19, 21, 32• Cla911 (Gcs): 22, 23• Child Seuns: 24• Nic Loubser: 25, 26, 28, 33, 40

OPE WEDVLUG: Aantal duiwe: 99, Wenspoed: 1162.2529mpm, Afstand:

293.002km

• Ad Erasmus & Seun: 1, 32, 39• Northam Toyota (Gvr): 2, 12, 16, 20, 21,

29, 33, 40• Dust-A-Side (Nvdw): 3, 5, 6, 10, 28, 31• Aziscore (Sb): 4, 18, 26, 27, 35• Pieter Ferreira: 7, 8, 9, 13• Cal911 (Gcs): 14, 15, 17, 19, 30• W Hydenrych: 22, 25, 34, 37• Nic Loubser: 23, 24, 36, 38• Child Seuns: 44KLUB KAMPIOENNE1. Northam Toyota: 3742. Ad Ersamus & Seun: 363 3. Aziscore: 3384. Dust-A-Side: 3255. Pieter Ferreira: 3216. Cla911 (Gcs): 2377. W Hydenrych: 2198. Child Seuns: 1779. Nic Loubser: 153

En so het die laaste groepwedstryde plaasgevind in die Superreeks en nou word die seuns van die ooms geskei, aldus die kenners langs die braaivleis vure ou grote! Sommige spanne het vir die trots gespeel terwyl ander nog moes veg vir ‘n plek onder die laaste agt. Die oorheersing van Kiwi ruggas kan duidelik gesien word met vier NZ spanne wat die laaste agt gehaal het.

Reds vs SunwolwesDie Reds klop die Japannese Wolwe in hul laaste game van 2018 met 48-27 in Brisbane. Die Reds eindig 13de met ses oorwinnings, en die Wolwe het darem drie games kon wen die seisoen en verower die gesogte houtlepel om dan laaste te eindig op die puntetabel.

Chiefs vs HurricanesIn ‘n riller klop die Chiefs die Canes in Hamilton 28-24 om sodoende derde op die NZ konferensie te eindig en vyfde algeheel op die puntetabel. Die Chiefs speel nou ongelukkig weer teen die Canes in een kwarteindstryd in Wellington. Die Canes eindig tweede op die NZ konferensie en vierde algeheel.

Highlanders vs RebelsDie Highlanders sonder Ben en Aaron Smith moes hard werk in Dunedin vir hul oorwinning van 43-37 oor die Rebels wat tweede eindig op die Aussie konferensie ou grote. Die Rebels eindig negende op die puntetabel met die Highlanders wat vierde in die NZ konferensie eindig en sesde algeheel en ook

teen die Waratahs in Sydney uitdraf.

Crusaders vs BluesDie Crusaders klop die Blues in Christchurch 54-17 in hul laaste groepwedstryd en lyk beslis nie lus om hulle titel af te staan nie ou grote. Die Saders eindig dan heel bo in die NZ konferensie en natuurlik tops op die algehele puntetabel met 63 punte. Die Leeus is tweede met 46 punte. Die Saders wen veertien van hulle sestien games met die Blues wat slegs vier uit sestien kon wen. Die Crusaders draf dan in een kwarteindstryd teen die Haaie in Christchurch uit.

Waratahs vs BrumbiesIn ‘n klipharde Aussie derby verras die Brumbies en klop die Tahs 40-21 in Sydney

voor hulle tuisskare in hul laaste game van die seisoen. Die Waratahs eindig egter nog steeds eerste op die Aussie konferensie en derde op die algehele puntetabel. Die Brumbies eindig derde op die Aussie konferensie en tiende op die puntetabel. Die Tahs speel dan in een kwarteindstryd teen die Highlanders in Sydney.

Leeus vs BulleDie Bulle se droewige seisoen kom tot ‘n einde met ‘n groot pakslae deur die Leeus in Jo’burg ou grote. Die Bulle het vroeg voorgeloop met 12-0 en dit het gelyk ofdaar dalk ‘n skokkie of twee kan kom maar watwou... Die Bulle val in die laaste uur van die game heeltemal uit die bus uit en sluit hul seisoen af met ‘n allemintige 38-12 pakslae. Die Leeus eindig dan eerste in die SA konferensie en tweede op die algehele puntetabel. Hulle wen nege uit sestien games en eindig op 43 punte. Hulle kom nouteen die Jaguares op Ellispark te staan in ‘n

konferensie en twaalfde algeheel.

Haaie vs JaguaresSoms speel geluk ‘n groot rol in enige kompetisie en die Haaie is die gelukkige wenner van hierdie pakkie in die 2018 Super reeks. Die neerlaag van die Rebels teen die Highlanders en hulle oorwinning van 20-10 in Durban teen ‘n erg verswakte Jagueres span, het aan die Sharks ‘n plek

derde op die SA konferensie en agste op die algehele puntetabel met 36 punte. Die Haaie wen sewe van hulle sestien games met die Jaguares wat tweede op die SA konferensie en sewende algeheel eindig met 38 punte en wen nege van hulle sestien games.Die Haaie het amper ‘n onmoontlike taak om die Crusaders in Christchurch te gaan

moet gaan uitdraf.

Kom ons hoop rugby seëvier en mag die

spanne wat dit verdien deurdring na die

Nag ou grote...

SUPER RUGBY SPORT