kommuniek julie 2012

64
Julie 2012 `n handelsmerk van PMR Africa bekroon GWK met verskeie pyltjie-toekennings Noord-Kapenaar is nou bedryfshoof by Graan SA Wêreld se koringvoorraad is drasties aan die krimp

Upload: carien-grobler

Post on 28-Mar-2016

305 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

Corporate agricultural magazine

TRANSCRIPT

Page 1: Kommuniek Julie 2012

Julie 2012

`n handelsmerk van

PMR Africa bekroon GWK met verskeie pyltjie-toekennings

Noord-Kapenaar is nou bedryfshoof by Graan SA

Wêreld se koringvoorraadis drasties aan die krimp

Page 2: Kommuniek Julie 2012

GWK Graan . . .innoverende bemarking

GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graanhanteringsdienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die produsentwat saakmaak!

Kontak die graan-

verkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan.

BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885

DOUGLAS Hendrikus Keulder 082 888 6295

Ig Pretorius 082 906 1672

HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676

LUCKHOFF Willie Pretorius 082 881 1120

MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736

PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Esperansza van der Walt 082 805 9911

i nnoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

Page 3: Kommuniek Julie 2012

Inhoud2RedaksioneelDie winter slaan sy kloue in . . .

3Geestelike akker Die duif se stem . . .

4Agrikalender

5Damme en reënval

6Landbouwenke

8GWK: Direksie en Bestuur

10LANDBOUSAKEAktueelPMR Africa bekroon GWK met verskeie pyltjie-toekennings.

12Ons besigheidGWK se divisie vir Veilings, Vleis en Supermarkte. 16GraanKoringvoorraad drasties aan die krimp.

18 GraanVerminder die “fog of war” vir winsgewende prysbesluite.

20Graan Kleinmaat-afnemers kan voorrade verseker.

22Navorsing en Ontwikkeling Gars geel dwergvirus kan opbrengsverliese veroorsaak. 26Kleinhandel PromosieBekostigbare kwaliteit vir TITAN belangrik.

28Eiendomme Die eiendomsmark lyk goed!

30Georganiseerde Landbou Stel doelwitte en beraam planne, hoor kongresgangers. 32Georganiseerde Landbou Die graanprodusent se spreekbuis: Graan SA.

36 GWK NUUSLandzicht se uitstalling die beste op indaba. Man wen kragopwekker by GWK Landmark. Landmark-personeel woon opleidingsessie by. Spreker motiveer personeel op bestuursvergadering.

38Ons menseProdusente en GWK-personeel wys hul passie.

42Kollig Noord-Kapenaar nou bedryfshoof van Graan SA.

48FOTOKOMPETISIEHerfs.

50KOMMUNIEK KIEKIES Jou kind met die GWK-handelsmerk. 52 RUGBYPRAATJIESGriekwas gesels GWK Park kook.

54Vir die jongspanPret op die plaas.

56VROUELeefstylMaak jou brein wawyd wakker!

58Gesondheid en resepVind inspirasie vir `n tuin wat jy goed kan gebruik.

60AgterbladDie SM se toerusting arriveer . . .

12 Divisie brei uit

49 Wenfoto

56 Word wakker!

10 GWK bekroon

Page 4: Kommuniek Julie 2012

T erwyl die winter behoorlik sy kloue in die Noord-Kaap ingeslaan het, is Kommuniek

vandeesmaand propvol warm lees- stof oor die dinge wat ons lesers naby aan die hart lê.In hierdie uitgawe is GWK en sy personeel trots op die verskeie pyl- tjie-toekennings waarmee PMR Africa onlangs die maatskappy bekroon het. Ons doen aan by GWK se divisie vir Veilings, Vleis en Supermarkte (die voormalige divisie vir Veilings en Vleisbedrywe) wat onlangs drasties uitgebrei het en opwindende nuwe sakegeleenthede ontgin. Ons lees oor die wêreldvoorraad

van koring wat teen 2013 op die laagste vlak sedert 2007 behoort te wees weens die droogtetoestande wat produksie van Amerika tot so ver as Rusland ingeperk het.In hierdie maand se Kommuniek kry afnemers van graan in kleinmaat (minder as 100t/jaar) die geleent-heid om hul mielievoorrade per silo te verseker. Lees op bl. 20 wat die werkswyse hieromtrent is. Ons kry goeie nuus oor die eien-domsmark en lees oor die Noord-Kaap Rooivleisprodusente Organi- sasie (NKRPO) se jaarlikse kongres wat onlangs in Kimberley aange- bied is.Dan vertel mnr. Dissie Kruger van Graan SA se hoofbestuur ons meer

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 072 215 1029

Advertensies Miranda van der Walt 083 709 0688

Die winter slaan sy kloue in, maar nuus bly vuurwarm . . .

oor die totstandkoming van dié or-ganisasie en hoe Graan SA as die graanprodusent se spreekbuis optree. In “Ons Mense”, `n nuwe afdeling in die tydskrif, gaan ons kyk na die passie waarmee GWK se personeel en die produsente in GWK se bedie- ningsgebied hul dagtake aanpak. En dan moet die dames naderskuif, want hierdie maand leer ons hoe om jou brein wawyd wakker te maak en met kruie te kook, voordat ons by Piet aansluit waar die SM se toerusting uiteindelik gearriveer het . . .

Tot volgende keer

Carien

Carien GroblerRedakteur Redaksioneel

Hoofkantoor GWK Bpk. De VilliersstraatPosbus 47Douglas8730

Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630

Webwerfwww.gwk.co.za

VOORBLADFOTO`n Katoenland word bewerk voordat koring daarop geplant word. Foto: Verskaf

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, [email protected] Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

2

Page 5: Kommuniek Julie 2012

Milanie Vosloo Geestelike akker

`n Week later het hy nog `n keer die duif uitgelaat, maar hierdie keer het dit nie na hom toe teruggekom nie. Genesis 8:12 Dit was `n gewone, vaal duif wat `n waterskeidingsrol in Noag se lewe gespeel het. Noag moes weet wanneer dit veilig was om die ark te verlaat en stuur daarom drie maal `n duif op die verkenningstog uit. Die eerste keer moes die duif om-draai omdat hy nêrens staanplek op die watermassas kon kry nie. Die tweede keer kom hy terug met `n olyfblaartakkie . . . vol hoop. `n Week later verander hierdie hoop in `n vaste fondament toe hy uitein-

Die duif se stem . . .delik sy wêreldse tuiste tussen die takke van die bome vind. Toe weet Noag dat die tyd amper reg is om die deure van die ark oop te maak. Die goddelike Duif – die Gees van God – praat vandag steeds met ons: Soms sê Hy: “Wees geduldig. Wag en wéét: Op die régte tyd sal jy antwoorde en `n uitkoms kry.” Ander kere fluister Hy: “Ek wil jou seën met die olyftakkies van die lewe. Vind rus op die plek waar jy nóú is, want dis waar jou vreugde vandag lê.” En dan is daar dié kere wat die Gees aan jou die groen lig gee om iets te doen.

Wanneer Hy sê: “Gaan nou en doen wat ek vra. Die tyd is reg. Jou bevry-ding is hier.” Wat dink jy sê die Heilige Gees vandag vir jou?

Praat met my, Here. Ek luister. En ek sal doen.

Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

3

Page 6: Kommuniek Julie 2012

Lewendehawe Veilingskalender en Veilingspryse

Bees Kimberley

Slagosse 0

Slagkoeie R11.00

Maer beeste R10.00

Ligte kalwers(180-200kg)

R18.10

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.20

Swaar kalwers (250kg +)

R14.50

Skape Kimberley

Slaglammers R21.50

Stoorlammers R21.50

Kruislammers R20.50

Slagooie R13.00

Maer ooie R12.00

Klein bokkies R23.00

Jong bokke R23.00

Bokooie R20.00

21/05 - 25/05/2012

4 Julie 201210 Julie 201211 Julie 201212 Julie 201217 Julie 2012

Kimberley kleinveeveilingKimberley grootveeveilingKimberley kleinveeveilingHertzogville-veilingKimberley grootveeveiling

Bees Kimberley

Slagosse R13.25

Slagkoeie R10.50

Maer beeste R10.40

Ligte kalwers(180-200kg)

R17.80

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.10

Swaar kalwers (250kg +)

R15.00

Skape Kimberley

Slaglammers R21.00

Stoorlammers R20.60

Kruislammers R21.00

Slagooie R14.60

Maer ooie R12.20

Klein bokkies R22.00

Jong bokke R21.40

Bokooie R15.20

28/05 - 31/05/2012

Bees Kimberley

Slagosse 0

Slagkoeie R11.50

Maer beeste R10.00

Ligte kalwers(180-200kg)

R17.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (250kg +)

R14.50

Skape Kimberley

Slaglammers R21.00

Stoorlammers R21.00

Kruislammers R21.00

Slagooie R13.50

Maer ooie R13.00

Klein bokkies R22.00

Jong bokke R22.00

Bokooie R15.00

02/06 - 08/06/2012

Bees Kimberley

Slagosse 0

Slagkoeie R11.00

Maer beeste R10.20

Ligte kalwers(180-200kg)

R17.25

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.05

Swaar kalwers (250kg +)

R15.00

Skape Kimberley

Slaglammers R20.50

Stoorlammers R20.40

Kruislammers R21.00

Slagooie R13.20

Maer ooie R11.40

Klein bokkies R20.00

Jong bokke R21.25

Bokooie R15.00

11/06 - 15/06/2012

18 Julie 201219 Julie 201224 Julie 201225 Julie 201226 Julie 2012

Kimberley kleinveeveiling / Diamant Dorperveiling KimberleyBoshof Suid-veilingBritstown Vatvyf-veilingKimberley grootveeveilingKimberley GWK-bulveiling / Griekwastad-veiling

Veilingspryse vir lewendehawe

4

Page 7: Kommuniek Julie 2012

Bees Kimberley

Slagosse 0

Slagkoeie R11.00

Maer beeste R10.20

Ligte kalwers(180-200kg)

R17.25

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.05

Swaar kalwers (250kg +)

R15.00

Skape Kimberley

Slaglammers R20.50

Stoorlammers R20.40

Kruislammers R21.00

Slagooie R13.20

Maer ooie R11.40

Klein bokkies R20.00

Jong bokke R21.25

Bokooie R15.00

Oranjerivier Vaalrivier

Rietrivier

Modderrivier

Welbedachtdam GariepdamVanderkloofdam VaaldamAllemanskraaldamErfenisdam

Kalkfonteindam

Krugersdriftdam

958890

73 55 60 75

61

Riviersisteem Dam % Vol

Huidige stand van damme Werklike vs. langtermyn reënval

0

10

20

30

40

50

60

Dou

glas

Prie

ska

Hop

etow

n

Bark

ly-W

es

Riet

rivie

r

Vaal

harts

Reënval 25 Mei - 24 Junie 2012

Werklik Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur

Inligting verkry van GFCSA

Damme en reënval

-10

0

10

20

30

40

Douglas Skaal

25 Mei - 24 Junie 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

-10

0

10

20

30

40

Douglas Lunenburg

25 Mei - 24 Junie 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

-10

0

10

20

30

40

Prieska Green Valley Nuts

25 Mei - 24 Junie 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

-10

0

10

20

30

40

Barkley-Wes Ulco

25 Mei - 24 Junie 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

-10-505

1015202530

Rietrivier 25 Mei - 24 Junie 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

-10

0

10

20

30

Hopetown Lilydale

25 Mei - 24 Junie 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

0

10

20

30

40

50

60

Doug

las

Pries

ka

Hope

town

Barkl

y-Wes

Rietri

vier

Vaalh

arts

Reënval 25 Mei - 24 Junie 2012

Werklik Langtermyn

-10

0

10

20

30

40

Douglas Skaal

25 Mei - 24 Junie 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

-10

0

10

20

30

40

Douglas Lunenburg

25 Mei - 24 Junie 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

-10

0

10

20

30

40

Prieska Green Valley Nuts

25 Mei - 24 Junie 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

-10

0

10

20

30

40

Barkley-Wes Ulco

25 Mei - 24 Junie 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

-10-505

1015202530

Rietrivier 25 Mei - 24 Junie 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

-10

0

10

20

30

40

Vaalharts Jan Kempdorp

24 April - 24 Mei 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

-10

0

10

20

30

Hopetown Lilydale

25 Mei - 24 Junie 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

Maandelikse voorspelling Julie 2012

Barkly-Wes

5

Page 8: Kommuniek Julie 2012

Uie en saaduie � Ligte topbemesting (stikstof) kan toegedien word indien nodig. Volg `n bemestingsprogram en waak teen te veel stikstof op saaduie.

� Uie benodig gemiddeld 150 N, 90 P en 80-140 K/ha.

� Blaarvoedings met mikro-elemente soos boor, molibdeen

� Koring-planttyd is amper verby en slegs kort groeiers kan van middel tot einde Julie geplant word.

� Met laat aanplantings kan plantdigtheid tot 120-130kg saad/ha aangepas word.

� Bring duisendkorrelmassa in berekening aangesien dit `n aansienlike verskil kan maak. `n DKM van 37 het `n saadtelling van 27 000 sade/kg teenoor `n

Koring

� Gars is in die saailingstadium en moet net lig besproei word totdat die plante goed gevestig is.

� Op `n katoen-wisselboustelsel en waar baie mieliereste net voor plant op die land teenwoordig was, moet `n hoër stikstofpeil toegedien word (ongeveer 20-30kg meer), afhangend van die grondtekstuur. Dit moet verkieslik verdeel word om sodoende `n

Gars

sink en koper kan vanaf nou tot vroegsomer toegedien word.

� Onkruidbeheer is belangrik en moet begin word terwyl onkruide nog klein is.

� Spuit sistemiese swamdoders veral op saaduie om siektes te beheer voordat dit sigbaar word.

� Nuut gevestigde aanplantings moet veral op swaarder gronde oordeelkundig besproei word. Om wortelontwikkeling te optimaliseer, moet die profiel nie te nat wees nie

Lusern � Ouer aanplantings kan swaarder besproei word, veral lae dormansie kultivars wat meer aktief is in die winter.

� Vestiging van lusern in die winter word nie aanbeveel nie

weens baie koue toestande wat ontkieming en opkoms erg kan vertraag. Saailinge kan dan ook makliker versuip indien te veel besproei word.

stikstofnegatiewe periode teen te werk. Op baie sanderige gronde word ± 20 N meer aanbeveel weens loging.

� `n Verdeelde stikstoftoediening van 100 N met plant, 20-40 N op ses weke ná opkoms en 30 N vir Puma, maar 40-60 N vir Cocktail met melk- tot sagte deegstadium.

DKM van 44 met `n saadtelling van 22 000 sade/kg.

� By `n plantdigtheid van 120kg/ha sal die saad met die laer DKM d.w.s 37, `n stand van 600 000 plante/ha meer hê as `n lot van 44 DKM.

� `n Te hoë plantestand verhoog die risiko vir omval en dit lei tot `n hoër persentasie sifsels en `n laer persentasie vetkorrels

Landbouwenke

6

Page 9: Kommuniek Julie 2012

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

� Pekanneute moet steeds in die winter besproei word, maar die waterbehoefte is heelwat laer.

� Twee goeie besproeiings tydens die winter behoort voldoende te wees.

� Snoei van pekanneute word in Julie en Augustus gedoen.

� Nuwe bome word ook in dié twee maande geplant.

� Gate moet minstens 1m diep wees of 20cm dieper as die penwortel. `n Gedeelte van die los grond moet onder in die gat teruggeplaas word voor plant. Die afgesteekte penwortel moet in los grond wees om vertikale wortelontwikkeling te bevorder.

� Goed verrotte kompos en 0,5kg van `n sinkbevattende bemestinstof (22% Zn) kan met die grond vermeng

word en in die gat geplaas word.

� Struktuurvorming van jong bome jonger as vyf jaar word gedoen en leierloot word gestimuleer om so sterk en hoog as moontlik te groei.

� Sylote moenie dikker as twee derdes van hoofstam by plek van aanhegting wees nie.

� Die gewenste hoek met hoofstam moet kleiner as 90° en groter as 30° wees.

� Verwyder een derde van loot net bokant `n ogie wat na buite weg van die boom wys.

� Vryf leierloot se ogies af (behalwe die boonste ogie) om opwaartse groei te stimuleer.

� Volwasse bome word ligter gesnoei aangesien die struktuur reeds gevorm is. Verwyder oortollige klein sylote en dooie takke.

Pekanneute

Onkruiddoders � Omgewingstoestande beïnvloed die werking van onkruiddoders. Lae lugvogtoestande tydens bespuiting tesame met soute in die water sal die werking van die middel baie nadelig

beïnvloed. � As riglyn kan antagonisme verwag word indien die gesamentlike kalsium- en magnesiumkonsentrasie van die water 100mg/l (100 dpm) oorskry.

Page 10: Kommuniek Julie 2012

DireksieVoorsitter Frank LawrenceOndervoorsitter Frans Lubbe

Uitvoerende bestuurspan

Sekretariaat en RegsdiensteFreek Meyer083 644 0022 Navorsing en OntwikkelingDup Haarhoff083 646 1111

KleinhandelRocky le Roux082 317 7656

Finansies en StelselsJohann Klopper083 633 2105

RisikobestuurWillie Goussard082 806 9991

Meganisasie en IngenieurswerkeJohan Kruger082 809 4778

Versekering en EiendommeBrits van den Berg082 803 5190

FinansieringKobie Greyvensteyn082 808 4178 KwaZulu-NatalTerence van Dyk082 885 4163

Sidi ParaniChris Piek083 629 8569

Menslike HulpbronneChopper Theart082 806 9995

DirekteureHennie CoetzeeWynand Human Johan Jacobs Tertius MaraisOrffer Müller

Willem MülkeEric RamongaloPiet RouxRonnie StadhouerKoos van der RystFrans Wiid

HoofbestuurBesturende DirekteurJohan van DykFinansiële Direkteur Rehann Nolte

Hoofbestuurder: SpesialisprodukteLlewellyn Brooks Hoofbestuurder: IndustrieelPieter Bekker

Hoofbestuurder: GraanprodukteTom MeintjesHoofbestuurder: Veilings, Vleis en SupermarkteWim van Rooyen

Direksie en Bestuur

Oliesade, Pekanneute en GWK VerspreidersAndreas Snyman082 801 1849

Veevoere en Aanverwante ProdukteChristo Beukman082 906 2382

Westra en SA Feed PhosphatesKenne Louw082 804 7545

Korporatiewe BemarkingNeil de Klerk 082 881 7531

GraanfasiliteiteCarl du Toit 082 906 2121

Oos-VrystaatHennie van der Walt079 511 4547

8

Page 11: Kommuniek Julie 2012

Missie en Visie

Bestaansrede:As besigheid in produsente se besit, tree ons as verlengstuk van ons produsente se be-sighede op, om volhoubare welvaart te skep vir deelne-mende aandeelhouers.

GWK wil graag geken wees daaraan dat ons ons beywer om generasies van volhou-baar-suksesvolle boere op landbougrond te hou.

Visie:Om`n volhoubare agri-be-sigheid van uitnemendheid te wees.

Missie:Ons ontsluit potensiaal, skep welvaart en voeg waarde toe vir ons vennote-in-missie op `n entrepreneuriese wyse, ge- kenmerk deur:

� innoverende denke, � kreatiewe oplossings, � voortreflike besluitneming,

energieke uitvoering, en� gerugsteun deur eienaar-

skap en spesialisasie.

Waardesisteem:� Met eerlikheid, integriteit en deursigtigheid,� sosiaal verantwoordbaar teenoor ons gemeen- skappe,� in vennootskap met ons personeel, en� met holistiese volhoubaar- heid as oogmerk.

Page 12: Kommuniek Julie 2012

PMR Africa bekroon GWK met verskeie pyltjie-toekennings

Carien Grobler Aktueel

Mnr. Gerhard Henning (GWK Handelsbestuurder: Kimberley) met twee van die gesogte pyltjie-toekennings van PMR Africa wat hy namens GWK in ont-vangs geneem het.

G WK is op `n glansgeleent- heid in Kimberley met altesaam agt pyltjie-toe-

kennings deur PMR Africa bekroon. Volgens mnr. Johan Hattingh (Uitvoe- rende Hoof van PMR) word hierdie toekennings gemaak op grond van `n navorsingsproses waardeur maat-skappye en instellings beoordeel word volgens respondente se persepsies oor kliëntediens en -tevredenheid. “`n Groep van 140 respondente, bestaande uit uitvoerende hoofde, besturende direkteure, direkteure en bestuurders van maatskappye, asook eienaars van ondernemings en senior plaaslike regeringsbeamptes in die Noord-Kaap, het aan die beoorde-ling deelgeneem.” GWK het die volgende pyltjie-toe- kennings ontvang:

� In die besigheidskategorie: Landbou (abattoirs) in die Noord-Kaap, oostelike gebied – GWK se abattoirs het die hoogste punt be-haal (4,30 uit `n moontlike 5,00) en `n Diamant Pyltjie-toekenning daarvoor ontvang.

� In die besigheidskategorie: Landbou (graanhantering) in die Noord-Kaap, oostelike gebied – GWK het die hoogste punt be-haal (4,10 uit `n moontlike 5,00) en `n Diamant Pyltjie-toekenning daarvoor ontvang.

� In die besigheidskategorie: Landbou (lewendehawe) in die

Noord-Kaap, oostelike gebied – GWK het die hoogste punt be-haal (4,00 uit `n moontlike 5,00) en `n Goue Pyltjie-toekenning daarvoor ontvang.

� In die besigheidskategorie: Landbou (wynlandgoedere) in die Noord-Kaap, oostelike gebied

– Landzicht het die hoogste punt behaal (3,75 uit `n moontlike 5,00) en `n Goue Pyltjie-toeken-ning daarvoor ontvang.

� In die besigheidskategorie: Landbou (verskaffers van land-boutoerusting en -produkte) in die Noord-Kaap, oostelike

10

Page 13: Kommuniek Julie 2012

gebied – GWK het die hoogste punt behaal (4,00 uit `n moont-like 5,00) en daarvoor `n Goue Pyltjie-toekenning ontvang.

� In die besigheidskategorie: Landbou (trekker- en boer- dery-implement-agentskappe) in die Noord-Kaap, oostelike gebied – GWK het die hoogste punt behaal (4,00 uit `n moont-like 5,00) en daarvoor `n Goue Pyltjie-toekenning ontvang.

� In die kategorie vir maat-skappye/instellings wat hooggeag word as goeie korporatiewe burgers gegrond op hul korpora- tiewe sosiale verantwoor-delikheid, inisiatiewe en beleggings in die Noord-Kaap, oostelike gebied – GWK het die hoogste punt behaal (4,38 uit `n moontlike 5,00) en daarvoor `n Diamant Pyltjie-toekenning ontvang.

� In die kategorie vir uit-

Volgens Hattingh is die doel van die toekennings om uitnemendheid in die bedryf te verhoog. “Agter elke suksesvolle maatskap-py staan `n suksesvolle span. Die toekennings moet gebruik word om erkenning aan personeel te gee en personeel te bedank vir hul bydrae tot `n wen-maatskappy. Op hierdie manier word `n kultuur van dankbaarheid tussen kollegas en teenoor kliënte en klante geves-tig.” PMR Africa is `n afdeling van C.J.

Hatting & Seuns, `n konsultasie-, bestuurs- en navorsingsmaatskappy in Johannesburg. PMR publiseer maandeliks `n sakejoernaal. Die navorsing in die Noord-Kaap is nie in opdrag gedoen nie, maar is `n inisiatief van PMR. “Dit is ons doelwit om die Noord-Kaap as `n provinsie met groot potensiaal te brandmerk en die provinsie bekend te stel as `n unieke gebied vir bestaande en potensiële besigheid. Ons wil uitnemendheid in die provinsie oor al die sektore heen erken, sowel as die regering.” Mnr. Gerhard Henning (GWK Han-delsbestuurder: Kimberley) wat die pyltjie-toekennings namens GWK ontvang het, het ná afloop van die geleentheid gesê dat dit `n voorreg was om GWK op die geleentheid te verteenwoordig. “Ek is trots om `n werknemer van hierdie vooruitstrewende maatskap-py te wees.”

staande diens en bydrae tot die ekonomiese groei en ontwikkeling van die Noord-Kaap, oostelike ge-bied deur sakemense in die afgelope 12 maande – GWK se Besturende Direkteur, mnr. Jo-han van Dyk het die hoogste punt behaal (4,30 uit `n moontlike 5,00) en daarvoor `n Diamant Pyltjie-toekenning ontvang.

L

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730

Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

innovee r l andbouGWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

De Villiersstraat, Douglas

i nnovee r l andbouGWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele

Ure /Hours: Maan/Mon-Vry/Fri: 08:00 - 13:00 & 14:00 - 17h00Jacobsdal: (053) 591 0164 | Douglas: (053) 298 8314/5 www.landzicht.co.za

SUID-AFRIKA SOUTH AFRICA

OOOOOOOOOOOOOOOOOOO

W

Ons produseer topgehalte wyne van oorsprong wat al met verskeie

toekennings bekroon is. By ons kelder bied ons braaigeriewe aan besoekers.Keldertoere en wynproe op versoek.

`n Dag sonder Landzicht-wyn is `n dag sonder sonskyn!

We produce top quality wines of origin which have won various

awards. At our cellar, we o� er braai facilities to visitors. Cellar tours and wine tasting on request.

A day without Landzicht wine is like a day without sunshine!

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n

Page 14: Kommuniek Julie 2012

Carien GroblerOns besigheid

G WK se divisie vir Veilingsen Vleisbedrywe het on-langs drasties uitgebrei

om ook GWK Eiendomme en GWKse Verbruikerskonsessiewin-kels in te sluit. Diedivisie sal voortaan asVeilings, Vleis en Super-markte bekend staan. GWK Eiendomme ressor- teer onder die divisie seveilingsbesigheid vanweëdie groot oorvleueling tus-sen veilings- en eiendom-stransaksies. “Ons is opgewonde om aan te kondig dat mnr. Willie Meyer onlangs as Uitvoerende Bestuurder: Veilings en Lewendehawe by ons aangestel is,” sê mnr. Wim van Rooyen, Hoofbestuurder van die divisie. Die divisie se veilingsbe-sigheid skep `n markvir die veeprodusent seproduk, sê Van Rooyen. “Ons fokus voortdurenddaarop om die afsetge-bied vir produsente sevee te vergroot en nuwegeleenthede te ontgin.GWK is betrokke by groot- en kleinveevei- lings, asook stoet- en wildveilings. Veeverkryging en die fasilitering van transaksies tussen produsente vorm deel van die diens wat deur die divisie gelewer word.

“Ons bestuur ons aandeel-houers se sake met dienodige omsigtigheid enverantwoordelikheid,” sê

van Rooyen. “Dit isvir ons belangrik

om puik diens telewer en deur-lopend `n goeieverhouding metons produsentesowel as onsafnemers te hê

deur deursigtig en eerlik sake te doen. GWK waarborg betaling en die regte prys vir die regte pro-duk en verseker dat die massa en graadwaarvoor betaal is,korrek is.”Hierdie sakebegin-sels geld ook virdie ander afdelingsin die divisie. GWKEiendomme is `nuitnemende eien-domsondernemingmet sy fokus in dieNoord-Kaap. Dieonderneming worddeur die GWK-groep gerugsteun. “GWK Eiendommewaarborg`n professionele diens vir kliënte-wat residensiële,

GWK se divisie vir Veilings, Vleis en Supermarkte

kommersiële of landbou-eiendom wil koop, verkoop, huur of verhuur. Ons ervare personeel is daarop gefokus

om puik kliëntediens te lewer en sal verseker dat elke kliënt `n positiewe eiendomservaring het. Dié onderne-ming sal voortaan sy fokus op land-bou-eiendom uitbrei.” Die divisie is ook trots om aan tekondig dat GWK se direksie in Juniedie besluit goedgekeur het om dieSpar op Postmasburg te koop. “Dit is die eerste van waarskynlik etlike winkels wat GWK gaan koop,” sê Van Rooyen. “Die strategiese doelwit hier-mee is om ons aktiwiteit in die waarde-ketting verder uit te brei deur `n afset vir produsente se produkte te skep.”

Veilings Die divisie se afdeling vir veilings enlewendehawe bestaan uit die veilings-besighede in Bloemfontein, Kimberley en Humansdorp.Dié afdeling ontwikkel sy besigheidop `n dinamiese wyse en `n streek-kantoor met mnr. Willie Meyer aandie stuur, is onlangs in Bloemfonteingeopen. Die Bloemfontein-kantoorsal by die huidige streekkantoor inKimberley aansluit en sal aanvanklik konsentreer op die verhandelingvan groot- en kleinvee d.m.v. uit-die-hand-transaksies. Die kantoor sal egter ook verslagtings hanteer en veilings aanbied. GWK het onlangs onderhandelingesuksesvol voltooi om die bestaandeKaroo-Ochse-veilingsbesigheid opHumansdorp te bekom. Dié transaksie vorm deel van GWK se Veilingsbesigheid se uitbreiding na die Vrystaat en Oos-Kaap, sê Meyer.GWK sal voortaan veilings vanaf dieNoord-Kaap tot in die Vrystaat,

12

Page 15: Kommuniek Julie 2012

GWK besit die volle aandeel-houersbelang in LAW en CertifiedNatural. LAW bedryf skaapabattoirs te Groblershoop en De Aar en besit ook die Certified Natural-handels-merk, waarvan die gebruiksreg aan Shoprite Checkers gelisensieer is.Die natuurlike heilsaamheid vandie Kalahari- en Karoolamsvleis watvir Certified Natural geproduseerword, bly behoue deur ons strengkwaliteit-protokol, kontroles enoudits om slegs die beste natuurlikelamsvleis vir ons kliënte te verseker.Ons laat niks aan die toeval oornie, ongeag die feit dat die Kalaha-ri en Karoo met sy onbesoedeldevlaktes en unieke plantegroei ideaalgeskik is om natuurlike lamsvleis teproduseer.Alle gesondheidsaspekte, insluitendresidu-voorkoming, die welsyn vandie diere en omgewingsbesoedelingword met groot sorg deur onaf-hanklike en gekwalifiseerde inspek-

Oos-Kaap en die Suid-Kaap aanbied. `n Omvattende lewendehawe-diens sal vanuit die Humansdorp-kantoor aangebied word, insluitend veilings op Swellendam, Riversdal, Humans-dorp, Jansenville en Fitche’s Corner. Volgens Van Rooyen het GWK slegs die reg om sake te doen van F&M Lewendehawe bekom, maar is die maatskappy as sulks nie gekoop nie.

F&M Lewendehawe behoort aanmnr. Frans Ferreira wat die veilings-besigheid onder die Karoo-Ochse-naam uit Humansdorp bedryf het.Mnr. Renier Zietsman sal die on-derneming voortaan onder die leidingvan Meyer bestuur. Zietsman is ookdie hoofafslaer.“Dit is `n gevestigde besigheid met`n sterk klante- en kopersbasis,” sê

Van Rooyen. “Ons sien uit om metdie kopers en verkopers saam te werken die stabiliteit en betroubaarheidvan `n groot maatskappy aan onskliënte te bied,” sê hy.GWK se veilingsbesigheid op Kimber-ley word deur mnr. Deon Klopperbestuur. Hier word weeklikse veilings aange-bied en is die strategie om ons akti- witeite in die omliggende gebiede sterk uit te brei.

VleisDie divisie se Vleisbesigheidbestaan uit die LAW-abattoirs opGroblershoop en De Aar waar mnre.Kobus Buys en Johan Hanekomonderskeidelik aan die stuur is. Mnr.H.G. Human van Prieska bestuur dieveeverkryging en mnr. Flippie Ludickbehartig die bemarking.GWK is ook `n aandeelhouer in dieMeat to Market (M2M) beesabattoirop Jan Kempdorp.

Certified Natural

teurs gemonitor om die veiligheiden gesondheid van ons reeksvleisprodukte te waarborg. Elke snitis afkomstig van die beste kwaliteitlam en word met die hand verpakom ons kliënte se verwagtings teoortref.Alle boerdery-eenhede watlamsvleis aan ons handelsmerkverskaf, word in ooreenstemmingmet die beginsels van die CertifiedNatural-riglyne vir minimum omge-wingsimpak en maksimum voed-selveiligheid bestuur. Ons pro-dusent-vennote is daartoe verbindom slegs die beste gehalte natuur-like vleis te lewer van plase watvolgens die beginsels van omge-

wingsvriendelikheid en volhoubaar-heid bestuur word.Die grondslag van ons gehalte- sisteem is die gedragskode wat byelke produksieterrein geïmplemen- teer is en gemonitor word volgensons HACCP (Hazard Analysis andCritical Control Points) gehaltestelsel.Die omgewingsimpak word deur die Universiteit van Pretoria gemeet deur miskruiers as bio-indikatorste gebruik.Elke segment van elke karkas(insluitend die verwerkte produkte)word met unieke veiligheidseëlsgemerk om die veiligheid en integ-riteit van elke produk te verseker.Dit maak die naspoorbaarheidvan elke karkas moontlik tot bydie plaas waar die dier vandaankom. Hierdie aandag aan die fynbesonderhede verseker dat geenongewenste middels aan die dieregegee is of dat hulle aan enigelewensbedreigende siektes bloot-

13

Page 16: Kommuniek Julie 2012

Meat to Market

M2M is een van die tien grootstebeesabattoirs in Suid-Afrika. GWKhet `n 30% aandeelhouding in diémaatskappy.M2M se abattoir op Jan Kempdorpkoop slagbeeste by onafhanklikeprodusente, voerkrale en lewende-hawe-agente se veilingspunte.Die karkasse word aan verskeieafsetpunte in Suid-Afrika gelewer.Die Halaal sowel as die nie-Halaal-markte word bedien.Die abattoir het ook uitvoerstatusvir verspreiding na Afrika en dieMidde-Ooste en voldoen aan SouthAfrican Food Safety Industry Stan-dards (SAFSIS).Mnr. Albert Grundlingh, besturendedirekteur van M2M, vertel met trotsdie pad wat die besigheid geloophet vandat hy en `n vennoot, mnr.Kobus Hauman, `n bietjie meeras `n dekade gelede die abattoirgekoop het.Kobus is egter in 2004 in `n moto-rongeluk oorlede en Grundlingh hettoe sy aandele uitgekoop. Altesaam30% hiervan is aan GWK verkoop

en nog 30% aan mnr. Kobus Pie-ters van Witbank Abattoir.Volgens Grundlingh is GWK sebetrokkenheid by dié abattoir vanonskatbare waarde. GWK help metlewendehawe-werwing en verleenook hulp in die vorm van finansier-ingstabiliteit en bestuursdienstewat hulle aanbied. Die sekretariaaten rekenkundige dienste word ookvan GWK se kant af beheer, terwylmnr. Johan van Dyk (BesturendeDirekteur: GWK), ook op die direk-sie van M2M dien.Die besigheid het `n voorsienings-basis van sowat 500 produsentewat deurlopend diere vir slaglewer.Dié produsente kom van die oosteso ver as Hoopstad tot die weste byVan Zylsrus en in die suide tot byPetrusburg tot so ver as Bray in dienoorde.“Ons besigheid het `n spesifiekefilosofie en waardes, sê Grun-dlingh. Dit wat jy sê, moet jydoen. Ons betaal nooit laat nie enis `n besigheid met integriteit. Ons

het verskeie lojale produsente wataan ons voorsien en het oor diejare heen `n goeie vertrouensver-houding met hulle opgebou. Onsgradering en gewigte is deursigtigen enige produsent is welkom om`n slagting by te woon.”Die gradering by M2M worddeur Samic-personeel hanteer engesondheidsinspeksies word deurImqas gedoen. Produsente wordsewe dae ná slagting betaal. Dieuitslagpersentasie is 24 uur náslagting beskibaar.Grundlingh vertel dat M2M goeiestatistieke byhou en `n betroubarebron van inligting vir die bedryfis. Sowat 60% van die personeelis al bykans 12 jaar by die abattoirwerksaam. “Hulle is almalervare en kundig op hul gebied.Die bestuur isook van dagtot dag bydie besigheidbetrokke watverder tot onssukses bydra.”

gestel is nie.Ons moderne verwerkingsfasiliteitevoldoen aan die Europese Unie severeistes vir voedselveiligheid enander gesondheidsbewuste landeoor die wêreld heen. Die infrastruk-tuur is spesifiek ontwerp om dievolgehoue natuurlike integriteit vanons vleisprodukte te verseker.`n Aantal noodsaaklike kontrolesis in verskeie segmente van dieverwerkingsfasiliteite geïmplementeer.Dwarsdeur die produksiekettingword met groot sorg toegesiendat geen besmetting of verlies aangehalte plaasvind nie.Die personeel volg `n strenggedragskode, insluitend reëls oorkleredrag en vereistes oor higiëne,verseker dat alle vleisproduktekorrek hanteer word. Volgehoue

opleiding en assessering is deel vandie protokol. Higiëne-oudits sluitook die neem van lukrake monstersvan personeel se hande en alletoerusting waarmee die vleis han-teer word in. Alle chemikalieë watvir skoonmaak-doeleindes gebruikword, is deur die Suid-AfrikaanseBuro vir Standaarde goedgekeur.Personeel moet ook vry verklaarword van enige aansteeklike siekteswat die vleis mag beïnvloed enmoet gereeld mediese ondersoekedeur geregistreerde mediese prakti-syns ondergaan.Ons vleis se varsheid bly behouedeur prosesse wat `n ononderbrokekoueketting en `n stelsel vir diebespeuring van bederf insluit. Rekords van alle temperatuurles-ings, inspeksies en onafhanklike

higiëne-oudits word op datum gehou.Die vleis word vakuumverpak voorverspreiding vanaf ons verwerkings-fasiliteite om gehalte te behou,varsheid te verleng en die raklewe te verbeter. Hierdie suurstof-ver-sperring bied allesomvattende ge-halte- en higiënebeskerming, terwyl dit die risiko van bederf deur enige bakteriese besmetting verlaag.Ons doelstelling is volgehouegehalte – om net die beste, natuur-like heilsaamheid aan ons kliëntete bied.

14

Page 17: Kommuniek Julie 2012
Page 18: Kommuniek Julie 2012

Albert JacobszSafex-graanhandelaar van GWK

Graan

Wêreld se koringvoorraad is drasties aan die krimp

D ie wêreldvoorraad van ko-ring behoort teen 2013 op die laagste vlak sedert 2007

te wees. Dit is hoofsaaklik die gevolg van droogtetoestande wat produksie van Amerika tot so ver as Rusland ingeperk het. Die wêreldproduksie word op 672,56 miljoen ton geraam. `n Eind- voorraad van 185,7 miljoen ton be-hoort teen Junie volgende jaar 6.1% kleiner te wees as `n jaar tevore. Koring in die Noordelike Halfrond het aanvanklik baie koue weer in veral die Swartsee-gebied ervaar en daarna het droogtetoestande in Amerika en Rusland voorgekom. Lae grondvog in Argentinië en Australië

kan die beplande aanplantings in die Suidelike Halfrond belemmer. Suid-Afrika beleef tans soortgelyke droë grondtoestande in die binneland en die intensie om koring te plant word op die laagste vlak sedert die jare dertig bepaal.

Droogtetoestande in Amerika Koring het op Chicago `n agt maande hoogtepunt van $7,22 op 21 Mei 2012 behaal. Sedert Janu-arie 2012 het die koringprys egter 3,4% teruggesak na $6.3. Standard en Poor se kommoditeits- indeks van 24 kommoditeite het van-jaar met 8,8% verswak. Interessant genoeg is die opsie wat die meeste verhandel word, `n koopposisie op

$7 vir `n Julie 2012- koringkontrak. Amerika, as die grootste koringuit-voerder in die wêreld, behoort in 2012/2013 sowat 60,2 miljoen ton koring te produseer. Droë weer van Texas tot Ohio behoort hierdie tonne egter te laat krimp. Weersomstandighede vir winterkoring het die vyf weke tot Junie 2012 aanhoudend gedaal. Dele van Kansas en Oklahoma het so min as 5% van die gemiddelde maandelikse reënval gekry.

Koueskade in die Europese Unie Naas droogtetoestande in Mei 2012, het koueskade in Februarie 2012 in groot dele van die 27 state

16

Page 19: Kommuniek Julie 2012

van die Europese Unie (EU) plaas-gevind. Produksie in die EU word op 130,5 miljoen ton geskat. Die 12 lande in die voormalige Sowjetunie word op 90 miljoen ton vir 2012/2013 gereken. Die vorige jaar is 114 miljoen ton geproduseer. Die wêreldvoorraad word dus al hoe kleiner. Hierdie krimpende voorraad hoef nie noodwendig tot hoër pryse aanleiding te gee nie. Dít mag na `n fout klink, maar weens die voortslepende finansiële krises in Europa en `n verlangsaming van die wêreldekonomie sal die vraag na graan vir menslike verbruik en veevoer daal. Met bogenoemde in gedagte is daar voldoende koring in die wêreld beskikbaar. Onlangse reën in Oos-Europa en Rusland het koringoeste in daardie state gestabiliseer. Rusland se koring- opbrengs behoort egter 30% laer te wees teenoor 2011. Hul produksie is 54 miljoen ton. Daar is verder ook voldoende tyd beskikbaar vir reën om in Australië en Argentinië bo-gemid-delde koringoeste te realiseer.

Uitvoerder Tonne Kanada 45 252 mt Amerika 86 645 mt Argentinië 396 985 mt Duitsland 105 964 mt Australië 149 389 mt Rusland 124 938 mt Brasilië 190 799 mt Litaue 8 880 mt Totaal 1 127 536 mt Invoersyfer van 1 Oktober 2011

tot 15 Junie 2012.

`n Verslag van die Verenigde Nasies van 55 voedselsoorte het in Mei 2012 `n twee jaar laagtepunt bereik. Dit was hoofsaaklik die gevolg van laer koste van suiwelprodukte, graan en suiker. Koringproduksie in die top sewe uit-voerders in die wêreld word op 8,9% laer as `n jaar tevore gereken. Die grootste koringuitvoerders sal voor strooptyd 2012/2013 probeer om hul voorrade op 15% van hul uit-voerverpligtinge te hê. Die afgelope seisoen was hierdie voorraad op 19% van hul uitvoerverpligtinge.

Gevolgtrekking Oor die langertermyn is die ver-wagting dat mielies internasionaal in simpatie met sojabone en koring in simpatie met mielies sal beweeg. Suid-Afrika is `n netto-invoerder van koring en hierdie situasie behoort nie sommer te verander nie. Suid-Afrika word globaal gesien as `n klein rolspeler. Invoere vind van oral in die wêreld plaas. Internasionale gebeure wat rentekoerse, die Rand, oliepryse, finansiële markte en senti-ment dryf, sal altyd graanpryse beïn-

vloed. Die Suid-Afrikaanse koring-produsent kon daarom `n koringprys van R4 288 op 18 Maart 2008 benut. Dieselfde markkragte het egter op 5 Januarie 2010 `n koringprys van R2 040 tot gevolg gehad. Dit is dus belangrik om geleenthede te benut wat deur fundamentele en tegniese faktore veroorsaak word en sensitief te wees vir risiko’s. Die produsent moet die winspersentasie bepaal waarmee hy tevrede is en `n bemarkingsbesluit neem wat vir hom die moeite werd is.

Suid-Afrika koring (‘000t) vraag en aanbod

Jaar 2007/2008 2008/2009 2009/2010 2010/2011

2011/2012

Openingsvoorraad

376 509 694 579 478

Invoere

1396

1192

1285

1694

1500

Gebruik

2881 2900 3051 2970 3100

RSA uitvoere

223 231 240 169 200

Eindvoorrade

509 694 579 478 656

Uitgevoer as `n % van die totale kommersiële aanvraag

18%

24%

19%

16%

21%

17

Page 20: Kommuniek Julie 2012

Graan

Verminder die ‘fog of war’ vir winsgewende prysbesluite

Handré van HeerdenGWK Graanhandelaar

D ie Pruissiese Generaal-ma-joor Carl von Clausewitz (1 Julie 1780 tot 16 No-

vember 1831) word allerweë beskou as die offisier wat die konsep van die “fog of war“ gekonseptualiseer het. Hierdie rook of mis was afkomstig van die kruit van gewere en kanonne en het sig aansienlik belemmer. Sy publikasie On War word steeds wêreldwyd bestudeer en die begin-sels daarin vervat word as universeel toepaslik gesien. In kort beskryf die konsep die interaksie van diverse faktore en `n ontleding van onver-wagse gebeure teen die agtergrond van onvolledige, dubbelsinnige en foutiewe inligting. Hiermee gaan vrees, onsekerheid en opwinding gepaard. Hierdie faktore vereis haastige besluite binne die gegewe konteks. As graanhandelaar klink bogenoem-de konsep vir my baie beskrywend van die bepaling van graanpryse op Safex. Maak geen fout, ek is oortuig dat die markkragte van vraag en aanbod die beste prysbepaling binne die huidige konteks is. Daar bestaan `n legio nuwe funda-mentele nuus wat daagliks beskik-baar raak. Vir `n kort tydjie kan daar geheimsinnigheid rakende marknuus bestaan, maar sodra dit bekend raak, word dit vinnig ou nuus. Dit is hier waar die tegniese mark- analis floreer. Hy begin met die veronderstelling dat die huidige prys reeds die bekende fundamentele nuus in ag geneem het. Die tegniese ontleder erken dat

pryse in herhaalde en identifiseerbare patrone beweeg. Tegniese ontleding behels dus die voorspelling van toe-komstige pryse gegrond op historiese prysbewegings. Die uitdrukking “fundamentals will prevail” is nie teenstrydig hiermee nie. Fundamentele nuus verduidelik nie alleen prysbewegings nie. Sodra pryse vanweë tegniese faktore weer hul ekwilibrium bereik het, sal fundamentele nuus oorneem. Hierdie artikel het ten doel om slegs vier voorbeelde van tegniese ontle- dings as hulpmiddel tot prysbepaling aan te bied. Só kan ons die “fog of war” vermin- der ten einde winsgewende prysbe- sluite te neem. Met die illustrasie van die Julie 2012 Safex Witmielie-kontrak op die blad hiernaas, sal vier voorbeelde uitgelig word. Hierdie voorbeelde is ondersteu- nings- en weerstandsvlakke, stygen-de- en dalende driehoeke en `n dubbelhoogte.

Weerstands- en ondersteuningsvlakke Wat die eerste voorbeeld aanbetref is die prysvlak R2 072 geïdentifiseer as `n vlak waar beduidende aktiwiteit plaasgevind het. Die beginsel agter steun en weer-stand is dat dit hul rol verander sodra die vlak gebreek word. Vir sewe dae, van 4 tot 12 Januarie 2012, was hierdie die vlak ondersteunend en het pryse bo hierdie vlak gesluit. Sodra hierdie vlak met die volgende verhandelingsdag gebreek is, het dit tot in die eerste week van Maart

2012 weer as weerstand gedien. `n Mens kan duidelik sien dat vanaf middel tot einde April 2012 hierdie vlak weer as steun gedien het. Sedert einde April 2012 tot middel Junie 2012 (met die uitsondering van vier dae) dien hierdie vlak steeds as weerstand.

Dubbelhoogte omkeer Hierdie patroon word uitgeken deur twee hoë prysvlakke met `n trog tussenin. Hierdie patroon dui op `n onaf-wendbare prysverandering van `n bul- na `n beermark. Van die vereistes moet duidelike neigings wees wat kan verander, die eerste piek moet die hoogste vir `n beduidende tyd wees, die trog moet `n 10% tot 20% terugtrek in prys ver-teenwoordig en die volgende hoogte moet minstens 3% van die eerste piek wees. Sodra hierdie patroon met die tweede piek gevestig is, kan `n ver- snelde daling verwag word wat selfs openinge tussen prysvlakke kan na-laat. Kyk ons na die Julie 12 witmielies is hierdie `n baie goeie voorbeeld van `n dubbelhoogte omkeer. Ironies genoeg het die R2 072-vlak wat sedert einde Desember 2012 ge-vorm het, weer ter sprake gekom as die ondersteuningsvlak. Die omkeer van R219 het binne ses dae van R2 317 na R2 098 plaasgevind. Hierdie beweging kan myns insiens slegs tegnies verklaar word.

Opgaande driehoek Hierdie driehoek verteenwoordig `n

18

Page 21: Kommuniek Julie 2012

onafwendbare prysstyging. Die hoogste pryse vanaf 6 tot 16 Maart 2012 was op min of meer dieselfde vlakke terwyl die laagste pryse oor dié tyd al hoe hoër ge-klim het. Dit vorm bykans `n vlag met `n voorafgaande vlagpaal (op hierdie ontleding as `n X-as aangedui). Die teorie van hierdie driehoek stel dit dat die verkopers eers vir `n se-kere vlak wag voordat hulle verkoop en dat die kopers oor hierdie tydperk bereid is om al hoe meer te betaal.

Indien hierdie koopvlak aanhou vermeerder is dit vanselfsprekend dat pryse na bo sal deurbreek. Die breek het gebeur en binne vyf dae het die prys met R150 gestyg om die eerste piek van die dubbel-hoogte te bereik. Die teorie rondom die X-as stel dit dat die lengte van die vlagpaal min of meer die hoogte van die volgende lopie gaan bepaal. Op die illustrasie is die onderste X-as R170 en die boonste X-as R150.

Phb 31D24 Phb 31D21 B

Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com

L/3349

Hoë potensiaal? HOOGSTE potensiaal!

6603_PioneerStripKom.indd 1 2012/05/22 5:11 PM

Dalende driehoek Dit spreek vanself dat hierdie drie-hoek die teenoorgestelde van die opgaande driehoek verteenwoordig, waar verkopers bereid is om al hoe minder vir hul produk te aanvaar. Uiteindelik ondermyn verkopers mekaar en pryse val beduidend. Die Y-as in hierdie voorbeeld verteenwoordig dieselfde dinamika as die voorafgaande X-as waar die lengte van die onderstebo vlagpaal die omvang van die daling kan aan-dui. Inderdaad is die waarde van die boonste Y-as R94 en die onderste Y-as R97.

Gevolgtrekking Die verstommende prysvoorspel- lingsvermoë van bogenoemde teg-niese ontleding spreek boekdele. Hierdie vier voorbeelde het in die afgelope ses maande plaasgevind en is nog vars in die geheue. Tegniese ontledings is ongetwyfeld `n belangrike aspek vir toekomstige prysbepaling. Die oogmerk hiermee is om van die onsekerheid, dubbelsinnigheid en emosie van prysbepaling te vermin-der en as’t ware die “fog of war” te verminder aangesien ons sig dikwels erg belemmer is op die mark. Die ironie van Carl von Caluse-witz is dat hy op 14 Oktober 1806 tydens die Geveg van Jena-Auerstedt gevange geneem is en die Pruissiese leër uitgewis is. Soveel vir ironie . . .

Page 22: Kommuniek Julie 2012

Datum:_________________________ Handtekening:___________________

A fnemers van graan in klein-maat (minder as 100t/jaar) kry in hierdie maand se

Kommuniek die geleentheid om hul mielievoorrade per silo te verseker. Die werkswyse rondom hierdie aankope sal soos volg hanteer word:Alle kommunikasie sal geskied deur u silobestuurder waar die graan onttrek gaan word en dus moet u

asb. die getekende dokument daar indien. Gesakte/gemaalde mielies moet minstens drie werksdae voor onttrek-king by die silobestuurder bespreek word om te verseker dat u produk gereed is. Waar die vasteprys-opsie (VPK) ge-neem word, sal u silobestuurder met die verhandelingskamer skakel om u prys te verskans. Hierdie prysing kan

enige tyd gedoen word. GWK sal steeds graan op gewone kleinverkope beskikbaar stel. Prysver-skille mag wel van toepassing wees indien graan van ander gebiede af aangekoop moet word. Neem asb. in ag dat hierdie `n bindende kontrak is en dat die genoemde finansiële implikasies van toepassing is indien dit nie nagekom word nie.

Produsent:____________________________________________________________________ Lid nr:________________________________________________________________________ Kontakbesonderhede:___________________________________________________________ Depot/Dorp:___________________________________________________________________

Maand Jun. Jul. Aug. Sept. Okt. Nov. Des. Jan. Feb. Mar. Losmaat YM/mt Gesak YM/mt Gemaal YM/mt Totale tonne

Prysingsopsies VPK: Safex-prys en differensiaal word vasgestel op die dag van kontrak- tering. Volumekontrak: Slegs die tonnemaat word gereserveer. Die GWK-dagprys sal geld soos op dag van graanont-trekking. Enige tonnemaat kan deur pro-dusente aangekoop word. Indien graan nie onttrek word soos aangedui nie, sal die koste* van die produsent verhaal word:

*Rente en stoor vanaf 1 Julie 2012 plus negatiewe spreads tussen die prysingsmaande (indien van toepas- sing).

Indien hierdie dokument nie teen 31 Julie 2012 ontvang word nie, sal aanvaar word dat u `n nul opgawe ingedien het.

Marnus Janse van RensburgSafex-graanhandelaar van GWK

Graan

Kleinmaat-afnemers kan mielievoorrade verseker

Page 23: Kommuniek Julie 2012
Page 24: Kommuniek Julie 2012

Navorsing en Ontwikkeling

Gars geel dwergvirus kan opbrengsverlies veroorsaak

Drs. Goddy Prinsloo en Tarekegn Terefe LNR Kleingraaninstituut

V ergeling van koringblaarpunte is die 2011-seisoen onder sommige spilpunte in die

Jacobsdal-omgewing opgemerk. Waar hierdie vergeling in kolle in lande voorgekom en geen ander ge-paardgaande blaardood plaasgevind het nie, is daar `n sterk moontlikheid dat gars geel dwergvirus teenwoordig kon wees. Hierdie virus behoort tot die plantvirus familie Luteoviridae, van die Latynse woord luteus, wat geel beteken, omdat virusse in hierdie familie `n vergeling van die blare by geïnfekteerde plante veroorsaak. Gars geel dwergvirus is `n belang- rike siekte wat wêreldwyd kleingrane soos gars, koring en hawer aantas. Mielies en talle grasse kan ook as gashere dien, hoewel hulle meestal nie simptome toon nie. In Engels word na die virus verwys as “barley yellow dwarf virus” en dit word BYDV afgekort. Virusse is gewoonlik baie klein en bestaan uit `n enkele Ribonukluien-suurstring wat met proteïen bedek is.

Simptome BYDV veroorsaak vergeling van blare vanaf die blaarpunte, verdwerging van plante en beperk ook stoelvermoë en graanvulling (Figuur 2). Ernstige besmetting veroorsaak dat graanplante verkort en hierdie plante kan minder are vorm, maar in die meeste gevalle het geïnfekteerde plante kleiner are met slegs verkrimpte korrels. Hierdie are vertoon maer en

regopstaande, asook effens swart van kleur wanneer ryp weens sekondêre swamgroei op die are voorkom. Die simptome kom gewoonlik in kolle in die lande voor (Figuur 1). Die vergeling is meer sigbaar op ouer blare en dit wil voorkom of hierdie kolle vinniger ryp word as die res van die land. Die aard en die erns van die simp-tome hang af van die spesifieke virus-soort, die genotipe van die gasheer-plant en omgewingsfaktore. In die geval van BYDV-besmetting op

koring kan die geel blare ook `n rooi of pers verkleuring toon – oor die hele blaaroppervlakte of slegs op die kante of punte van blare. Die blare van besmette hawer vertoon oranje, rooi of pers, terwyl besmetting op mielies soms die blaarpunte en kante van die blare geel, rooi of pers verkleur.

Hoekom geel kolle in die lande? Gars geel dwergvirus infekteer net die floëem of vaatbondels van die

Figuur 1: Geel kolle of besmette dele in `n koringland.

22

Page 25: Kommuniek Julie 2012

gasheerplant. Die funk-sie van hierdie selle is om voedingstowwe in die plant te vervoer. Die blokkering van die floëem weens BYDV beperk dus die oordrag van voe- dingstowwe. Dit lei tot die bogenoem-de abnormaliteite in die plante wat grootskaalse opbrengsverliese kan meebring. Gars geel dwergvirus word nie meganies ver-sprei nie. Net plant- luise kan die virus na die floëem van die gasheer-plante oordra. Wanneer plantluise voed in die floëem van geïnfekteerde plante, beweeg die virus na die agterderm van die insek waar dit as gevolg van die proteïendeklaag deur die dermwand toe-

gang kry tot die liggaams- holte wat die insek se bloed bevat. Hier kan die virus vir `n onbeperkte tyd bly, maar dit vermeerder nie in die plantluis nie. Plantluise wat die virus opdoen is vir die res van hul lewensduur besmet. Die virus beweeg deur die bloed tot by die speek-selkliere waar hulle dan weer deurdring in die speekselkanaal en met die luis se volgende voeding in die floeëm van die plant oorgedra word. In die begin van die seisoen migreer besmette koringluise (wat op grasse oorwinter) na landerye of grasonkruide binne of naby die landerye. Sodra hulle op on-besmette kleingrane of gras begin voed, word die

Figuur 2: Koring besmet met gars geel dwergvirus (links) toon geel blare en is korter as gesonde plante (regs).

Page 26: Kommuniek Julie 2012

virus oorgedra. Hierdie plant- luise plant voort op hierdie plante en sodra die jong nuwe plantluise op geïnfekteerde plante voed, raak hulle ook besmet en dra die virus na ander plante oor namate hulle aanbeweeg. Dit veroorsaak dat die virus oorgedra word na groepe plante wat aanleiding gee tot die geel kolle wat in die lande ontstaan.

Koringluise Verskeie koringluise kan die BYDV oordra. Dit sluit sommige van die be-langrikste kleingraan-plantluise in wat in Suid-Afrika voorkom, naamlik die roos-graanluis (Figuur 3), bruin aarluis (Figuur 4) en hawerluis (Figuur 5). Al hierdie plantluise kom op besproei- ingskoring voor en in die laaste vyf tot sewe jaar veroorsaak BYDV veral gereeld probleme in KwaZulu-Natal en die Noordwes-provinsie.

Tydstip van oordraging is belangrik Sodra BYDV na die floëem van die gasheerplant oorgedra is, vermenig-vuldig die virus en versprei van sel tot sel totdat die hele plant besmet is. Aangesien `n geïnfekteerde plantluis eers in die floëem van `n plant moet voed voordat doeltreffende oordrag kan plaasvind, kan dit ure neem van-dat die plantluis op die plant aankom totdat suksesvolle virusoordrag na die plant plaasvind. Omgewingsfaktore speel `n belang- rike rol in die voorkoms en versprei- ding van geel gars dwergvirus. Koeler temperature (10-18ºC), tesame met vogtige toestande, bevorder die ontwikkeling van die siekte. Infektering vind enige tyd van die seisoen plaas en neem in omvang toe soos die plantluis-getalle toeneem. Die intensiteit van die siekte en die gepaardgaande verliese hang saam met die groeifase van die gasheerplant. Hoe vroeër besmetting plaasvind, hoe groter is die oesverliese en literatuur wys daarop dat tot 50% oesverlies kan voorkom. Oormatige stikstoftoedienings kan ook die mate

van verkleuring wat deur die virus veroorsaak word, nadelig beïnvloed. Die bestuur van gars geel dwergvirus Die teenwoordigheid van geel blare in `n land is nie noodwendig `n aan-duiding van BYDV nie. Die plante moet vir die teenwoordig-heid van die virus getoets word. As die virus eers na `n plant oorgedra is, kan niks die siekte stuit nie. Genetiese weerstand Genetiese weerstand teen BYDV is `n veilige en relatief goedkoop be-

heeropsie vir gars geel dwergvirus. Tog wil dit voorkom of volkome weerstand nie algemeen by klein-grane voorkom nie, hoewel die gene vir gedeeltelike weerstandigheid en totale weerstand tog teenwoordig blyk te wees in talle van die alternatiewe gasheerplante waar die virus kan oorleef. Geen ondersoek na plantweerstand teen BYDV is egter nog in huidige Suid-Afrikaanse kultivars gedoen nie.

Beheer van plantluise Navorsing deur die LNR Kleingraan- instituut in 2011 in Winterton het `n

Figuur 3: Roos-graanluis.

Figuur 4: Bruin aarluis.

24

Page 27: Kommuniek Julie 2012

Gallagher voorsien die volkome pakket vir hoë kwaliteit veebestuurstelsels en -produkte. Hierby ingesluit is ‘n wye reeks SmartPower-kragbronne, isoleerders en Smartfix-toetsapparate (‘n voltmeter, stroommeter en foutvinder alles in een).

Die volkome oplossing tot effektiewe veebestuur

Die betroubare oplossing vir die afgelope 70 jaar

Permanente en tydelike elektriese omheiningstelsels vir veilige, koste-effektiewe weidingsbestuur en veebeheer – vir ‘n meer winsgewende boerdery.

Wêreldwyd vertrou Beskikbaar by Obaro-winkels. Beskikbaar by GWK-kleinhandel

opbrengsverlies van 33% getoon. Produsente wat vroeg in die seisoen met `n insekmiddel bespuit het, het nie opbrengsverliese gely nie. Wetenskaplike literatuur wys daarop dat besmetting wat ná stamverleng-ing plaasvind nie beduidende op-brengsverliese tot gevolg het nie, maar dit hang ook saam met die heersende klimaatsomstandighede. Die eerste ses tot agt weke ná op-koms (afhangend van die groei-

Figuur 5: Hawerluis.

tempo van die plant) is gevolglik die belangrikste tyd vir die beheer van plantluise om virusoordraging te be-perk. Saadbehandeling om kwesbare plantjies te beskerm, kan wel van waarde wees, maar onder besproei-ingstoestande is hierdie behandeling gewoonlik slegs vir ses weke doel- treffend, waarna `n opvolgbespui- ting met `n insekbeheermiddel in be- paalde omstandighede nodig sal wees. `n Voorafvasgestelde bespuitings- program is nog `n opsie wat reeds deur produsente in besproeiings-gebiede gebruik word. Waak egter teen te veel bespuitings en bespui- tings teen laer as die aanbevole dosis, aangesien dit geen bykomende beskerming bied nie terwyl dit produk-siekoste opjaag en die moontlikheid bevorder dat die plantluis weerstand teen insekdoders sal opbou.

Navorsing deur LNR Kleingraanin-stituut fokus tans op die aanwending van reukstowwe wat plantluise uit die lande kan hou en dus virusoordra- ging tot die minimum beperk. Ander navorsingsmoontlikhede behels `n vroeë waarskuwingstelsel wat die migrasie van plantluise moniteer om produsent vroegtydig teen inkomende plantluise te waarsku. Aandag word ook gegee aan die identifikasie van virusse in plante sodat ons akkuraat die besmetting van virusse in lande kan monitor.

Enige navrae kan gerig word aan drs. Goddy Prinsloo of Tarekegn Terefe by 058 307 3400. Kontak ook gerus u plaaslike GWK-landboukundige.

Die bogenoemde navorsing is moont-lik gemaak deur die geldelike onder-steuning van die Wintergraantrust en die LNR.

Page 28: Kommuniek Julie 2012

PromosieKleinhandel

T ITAN se werkswinkel-toerus- ting word deur die grootste domkrag-fabriek in die wêreld

vervaardig. Hierdie fabriek verskaf wêreldwyd aan maatskappye soos GM, Ford en Renault. TITAN se reeks het uitgebrei en hul reeks produkte sluit nou boorpunte, draadborsels, handgereedskap, kom-pressors, hoëdrukspuitmasjiene, ge- reedskapkiste en algemene werkswin-kel-toerusting in. Vir Titan is bekostigbare kwaliteit van uiterste belang. Alle handgereedskap word vir twee jaar gewaardborg en alle ander produkte vir een jaar.

GereedskapBoorpunte

� Hoëspoed staalpunte: Kan ge-bruik word vir die boor van suiwer en allooistaal tot 900n/mm, giet- yster, aluminium, koper en in `n mindere mate vir vlekvrye staal. Dit is belangrik om teen `n lae spoed te boor sodat die punt kan sny. Teen `n hoë spoed sal die punt nie kans kry om te sny nie en slegs bo-op die metaal draai. Dit lei tot wrywing en hitte wat die punt sal brand en verkleur. `n Punt wat te vinnig geloop het, sal `n blou-pers kleur hê. Wanneer vlekvrye staal geboor word, is dit belangrik om `n koelmiddel te gebruik om die lewensduur van die boorpunt te verleng.

� Beton boorpunte : Word gebruik vir die boor van beton, stene en klip. Wees versigtig, staal in die

groottes (gewoonlik 2,4-4,8mm). Die lengte van hierdie skroefies ver-skil. Hoe langer die skroefie is, hoe verder word die kake teruggedruk. As die steeltjie van die klinknael in die geweer bly vashaak, gebruik `n groter skroefie en die steeljie sal maklik uitkom.

Handgereedskap TITAN se tange en verstelbare skroefsleutels word van hoëgraad allooistaal vervaardig en is met `n roeswerende laag afgewerk. Skroewedraaiers het `n magne-tiese punt en word vervaardig van “Chrome Vanadium” met `n ergo- nomiese rubberhandvatsel. TITAN se handsae het induksie- verharde tande wat baie langer as standaard handsae skerp bly. Sok- en kombinasiesleutels word volgens Europese standaarde vervaardig en met `n roeswerende laag behandel.

Kompressors TITAN se kompressors word deur Fini, een van die oudste kompressor-vervaardigers in die wêreld, vervaar-dig en die produkte is van hoog-staande gehalte. Suierkompressors word in twee kate-gorieë verdeel, naamlik direkaan- gedrewe en beltaangedrewe. Met die aankoop van `n kompres-sor is dit baie belangrik om eers die behoefte te bepaal. Direkaangedrewe kompressors word gemaak vir ligte toepassings waar die masjien vir kort periodes gebruik word (maksimum van 15 minute

Bekostigbare kwaliteit is vir TITAN belangrik

beton sal die boorpunt beskadig en dit met `n blou-pers kleur laat.

Diamantwiele TITAN verskaf drie soorte diamant-wiele:

� Algemene gesegmenteerde wiele (general purpose) word vir vinnige snywerk gebruik waar die spoed meer belangrik is as die kwaliteit van die snit. Dit is ideaal vir beton en bakstene.

� Turbo-wiele sny stadiger, maar die snit is skoner. Dit kan gebruik word vir beton, bakstene, dak-teëls, graniet, marmer en teëls.

� “Continuous rim”-wiele sny stadig en het `n baie skoon snit wat dit ideaal maak vir die sny van teëls.

Draadborsels TITAN se reeks draadborsels kan op boor- en slypmasjiene gebruik word. Dit is hoofsaaklik vir die skoonmaak van metaal bedoel, maar kan ook vir die skoonmaak van hout gebruik word. Klinknael-geweer Dit is belangrik om die regte grootte klinknael saam met die regte grootte skroefie op die klinknaelgeweer te gebruik. Elke klinknaelgeweer het vier skroe-fies met gaatjies van verskillende

26

Page 29: Kommuniek Julie 2012

aaneen). Dit is ideaal vir die pomp van bande, skoonblaas van items en spuitverf (lae druk) van klein opper- vlaktes. Beltaangedrewe kompressors kan vir langer periodes gebruik word, aan- gesien dit teen die helfte van die spoed van `n direkaangedrewe kom-pressor loop. Algemene plaaswerk kan met die 100lt-, 150lt- of 200lt-kompressor gedoen word. Dit is belangrik dat `n 3hp of groter kompressor vir hoëdruk spuitwerk gebruik word.

� Let daarop dat suier kompres-sors `n 50% dienslewering het, bv. werk tien minute, af vir tien minute.

� Moet nooit `n elektriese verleng-koord by `n kompressor gebruik nie. Verleng eerder die lugpyp.

� Die kompressor moet slegs by sy eie skakelaar aan- en afgeskakel word en nooit by die muurskake-laar nie.

� Onder die kompressor se tenk is `n klep vir die dreinering van water. Dit moet minstens een keer per week gedreineer word.

� Dienste vind elke 50 uur of ses-maandeliks plaas. Ons beveel Engen se Genair 100 aan. Waar dit nie beskik-baar is nie, kan `n goeie kwali- teit 15W40 graad olie gebruik word.

� Vervang die filter se element en gaan die belde na. Filters behoort maandeliks skoongemaak te word.

� Lees die handeleiding sorgvuldig deur met die aankoop van `n kompressor, aangesien al die

fasette nie hier bespreek kan word nie.

Hoëdruk spuitmasjiene TITAN verskaf `n 220v 130bar en `n 380v 200bar-masjien. Dit is ideaal vir die skoonmaak van plaastoerusting, dakke, mure en vloere. Die masjiene is gemaak vir swaarder diensverrigting en word deur `n laespoed 1400rpm motor aangedryf. Die pomp is gemaak van soliede geelkoper, het drie keramieksuiers en is op `n sterk trollie met wiele ge- monteer.

� Met die gebruik van `n hoë-druk spuitmasjien moet die water eerste gekoppel word. Laat vloei die water deur die hele stelsel en maak seker al die lug is uit die stelsel voor gebruik. Moenie die masjien met `n elektriese verleng-koord koppel nie. Verleng eerder die hoëdrukpyp.

� Die masjien is toegerus met `n koppelstuk vir die aanwending van chemikalieë. Wend eers die chemikalieë aan en spuit daarna die voertuig met hoë druk skoon.

� By chemikalieë is die reël ge-woonlik dat as dit veilig is om `n mens se hand daarin te druk, dit ook veilig is om deur die masjien te sit.

� Skakel die motor tussen skoon-maak sessies af. Dit keer dat die water in die pomp te warm word.

� As die skoonmaakwerk klaar is, skakel die masjien af en trek die sneller. Dit verlos die druk van die pype en seëls. As dit nie gedoen word nie, bly die masjien onder 130bar/200bar druk wat tot gebreekte seëls of selfs gebarste pype kan lei.

� Vervang die olie (80W90) elke drie maande met gewone gebruik en elke twee maande met swaar gebruik.

Domkragte TITAN verskaf `n wye reeks dom-kragte met verskeie toepassing, onder

meer bottel-, trollie-, lug-, ratkas-, palet-, en vurkhyser-domkragte. Alle TITAN botteltipe-domkragte het `n oorlaai funksie vir veiligheid. `n Domkrag se doel is om `n voer- tuig vir kort periodes op te lig. Vir langer periodes word bokkies ge- bruik. Dit verseker dat die seëls van die domkrag langer hou. Skakel probleme uit:

� Gaan die olievlakke gereeld na. � As die silinder `n sponserige gevoel het wanneer dit uitgestoot is, is daar lug in die sisteem. Pomp die domkrag drie keer tot heel bo om die lug uit te haal.

� `n Domkrag wat olie lek, word hoofsaaklik deur die vas en los-draai van die meganisme veroor-saak. Draai die skroef mega- nisme uit en vervang die seël.

� As die domkrag die voertuig lig en dan stadig sak, is daar vuilig-heid in die sisteem. Dit kan sand of selfs `n stukkie ystervylsel wees. Draai die vas- en losmaakme- ganisme uit. Daaronder is daar `n klein staalballetjie. Haal die balletjie uit en maak die gaatjie met `n oorstokkie skoon. Wees versigtig sodat daar nie in die proses vuiligheid in die sisteem kom nie. Sit die balletjie terug en slaan daarop met `n dryfyster sodat dit behoorlik seël. Skroef weer die vas- en losdraaimeganisme terug en toets. Dit mag nodig wees om die olie te vervang as daar te veel vuiligheid in die sisteem is. Gebruik `n 32 of 46 graad hidroliese olie.

Page 30: Kommuniek Julie 2012

Natassia RoetsEiendomme

V erkopers wat hul eiendomme korrek prys, die regte eien-domsagent kies en die die

nodige stappe geneem het om hul huise vir voornemende kopers aan- treklik te maak, sal met my saam-stem: Die mark lyk goed! Dit het nie slegs te doen met die banke se besluit om hulle lenings- vereistes positief aan te pas en weer na 100%-lenings te kyk nie. Ek is van mening dat die mark sal aanhou klim as ons slegs “waarde” toepas. Ken jou waarde! Dit mag eenvoudig klink, maar is geweldig belangrik en van toepas- sing op kopers, verkopers en eien-domsagente. Verkopers moet verstaan wat die kor- rekte waarde van hulle eiendomme is en kopers moet glo hulle koop die huis van hul drome teen `n billike prys. Al drie bogenoemde is haal-baar. Die meeste verkopers vra die volgen-de vrae:

� Hoe vinnig sal my eiendom ver-koop?

� Sal dit teen die regte prys ver-koop?

� Wat is die regte prys? Ons lesers sal bly wees om te hoor dat die banke en die ekonomie nie al die beheer in eiendomsverkope het nie. `n Groot deel hang van die verkoper se benadering af. Een van die grootste foute wat `n verkoper kan maak, is om sy eien-dom te duur te prys. `n Oorgepryste eiendom wek die indruk van slegte waarde wat veroor-saak dat die vlak van koperaktiwiteit drasties afneem. Dit kan veroorsaak dat sommige kopers die huis elimi-

neer sonder dat hulle dit eers gesien het. Huise wat te duur geprys is, is ge-woonlik te lank in die mark en sal nie potensiële kopers lok nie. Dit sal beteken dat die verkoper sy prys moet aanpas, wat gewoonlik dan ook heelwat laer sal wees as die prys waarteen die eiendom oorspronklik kon verkoop het as dit aanvanklik reg geprys is. `n Eiendom wat reg geprys is, be-hoort nie langer as drie maande in die mark te wees nie. Om `n huis suksesvol te verkoop beteken ook om die regte agent die regte mandaat op die regte tyd te gee. Om `n huis te verkoop is vir die meeste huiseienaars `n emosionele besluit. Om dan van `n agent te hoor dat die prys wat jy vir jou huis wil hê nie haalbaar is nie, is teleurstellend. `n Goeie agent sal egter altyd bewus wees van nuwe neigings in die bedryf. Hy/sy sal dus die verkoper kan bystaan en inlig oor `n markver-wante prys vir sy eiendom, onlangse verkope in die gebied en banke se finansieringsbeleid. Die agent moet dan ook waarde heg aan die be-markingsmetodes wat hy toepas. Wees versigtig vir agente wat vir die koper `n onrealisties hoë prys belowe slegs om die mandaat te kry en daar-na die prys probeer afdwing. Terwyl die regte prys sal afhang van faktore buite almal se beheer is daar een belangrike proses waarmee huiseienaars ten volle vertroud moet wees: Om jou huis “aan te trek” om te verkoop:� Let op na fyn besonderhede.

Herstel lekkende krane en verse-ker dat deure nie kraak wanneer

dit oopgemaak word nie. � Laat min aan die

verbeelding oor. Moenie van `n potensiële koper verwag om homself te verbeel hoe die huis sou gelyk het as die swembad blou en skoon of die huis netjies en aan die kant was nie. Hou jou eiendom te alle tye vertoonbaar!

Nou kan `n mens weer oor die prys gesels. `n Mens kan jou tuin netjies maak, jou swembad skoonmaak en die huis aan die kant maak, maar uiteindelik koop kopers op grond van wat hulle kan bekostig. Wanneer `n koper met die koerant voor hom sit, stel hy nie belang of die huis onlangs geverf is en of die tuin netjies en die huis skoon is nie. Hy wil weet wat die prys is en of hy dit sal kan bekostig.As eiendomsagente is niks wat ons doen perfekte wetenskap nie, maar sekere patrone duik telkens op. Vergeet van ekonomiese voorspel- lings. Daar sal altyd huiskopers in die mark wees, mense wat verhuis, opgradeer of afskaal en daar sal ook altyd verkopers wees, om dieselfde redes. Dit is egter die verkoper se besluit of die mark goed of sleg lyk. In my tyd in die eiendomsbedryf het ek geleer dat daar `n resep is om te verseker dat almal gelukkig wegloop van `n verkoopstransaksie: Kopers, verko- pers en agente moet almal besef wat die waarde is wat elke party tot die suksesvolle verkoop van `n eiendom bydra. Wanneer hierdie besef by al die betrokke partye insink sal ons altyd, ongeag negatiewe voorspellings, `n goeie eiendomsmark beleef!

Die eiedomsmark lyk goed!

28

Page 31: Kommuniek Julie 2012
Page 32: Kommuniek Julie 2012

Carien GroblerGeorganiseerde landbou

Stel doelwitte en beraam planne, hoor kongresgangers

Tydens die dinee van die NKRPO-kongres is mnr. Wim van Rooyen (Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte van GWK), dr. Piet Croucamp (politieke ontleder van die Universiteit van Johannesburg en gasspreker by die dinee) en mnre. James Faber (Voorsitter: NKRPO), Henk van Wyk (President: Agri Noord-Kaap) en Johan van der Colff (Ondervoorsitter: NKRPO).

O m `n langtermynwins te realiseer, moet produsente fokus op dit wat bestuur-

baar is, doelwitte stel en aksieplanne beraam. Só het prof. Johan Willemse (bekende landbou-ekonoom van die depar-tement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat) gesê op die onlangse jaarlikse kongres van die Noord-Kaap Rooivleisprodusente-or-ganisasie (NKRPO) wat in Kimberley gehou is. Die mark bestaan uit siklusse, waarvol-gens rooivleisprodusente goeie en

swakker pryse beleef, het Willemse gesê. “Niemand is seker wat vleispryse later vanjaar gaan doen nie. Daarom moet ons doelwitte stel en aksieplanne in plek hê.”Dit is ook belangrik om die regte fokus te hê, meen Willemse. Produsente moet weet waarheen hulle op pad is. “Waar gaan jou besigheid oor vyf of tien jaar wees? Die verkeerde fokus kan tot `n produsent se ondergang lei. Slegs die produsent met `n aksieplan sal sy fokus behou en suksesvol wees.”Volgens Willemse word vleispryse deur die “Groot vyf” beïnvloed, naamlik die ekonomiese siklus, die internasionale

mark, reënval, voerkoste en kompetisie. “Ons moet die perspektief behou en besef dat hierdie faktore in siklusse werk. “Dit is belangrik dat produsente dít verstaan, andersins kan dit hul besig-heid negatief beïnvloed. Willemse het gewaarsku dat `n tweede ekonomiese resessie moontlik op pad is. In die lig hiervan moet rooivleispro-dusente hul besigheid in die mark posi-sioneer en daarteen waak om negatief te word. Hy meen dat vleispryse teen die einde van die jaar weer kan styg en dat die prys vir speenkalwers in die rigting van R18,50 kan beweeg.

30

Page 33: Kommuniek Julie 2012
Page 34: Kommuniek Julie 2012

Dissie KrugerGraan SA Hoofbestuur

Georganiseerde landbou

Die graanprodusent se spreekbuis: Graan SA

G raan Suid-Afrika (Graan SA) het met die ontbinding van die Mielie- en Koring-

rade en die deregulering van die eenkanaal-bemarkingstelsel in 1999 ontstaan. Tydens die eenkanaal-bemarkingsera in die vorige bedeling het die minister van landbou onder meer die mielie- en koringpryse aan die kabinet voorgelê om dit te bekragtig. Graanprodusente het reeds in die jare 70 meer inspraak in die bepa- ling van produkpryse gevra. Dit het meegebring dat organisasies soos die Suid-Afrikaanse Mielieprodusente-in-stituut (SAMPI) en die Suid-Afrikaanse Mielieprodusente-organisasie (SAM-SO) tot stand gekom het. Elkeen van hierdie organisasies het sy eie agenda en meestal sy eie politieke bril gehad. Albei hierdie organisasies het daarop aanspraak gemaak dat hulle namens die graanprodusent optree, wat tot ongekende spanning tussen lede gelei het. Later is die Nasionale Mieliepro-dusente-organisasie vir mielie- produsente en die Wintergraan Pro-dusente-organisasie (WPO), die Na-sionale Oliesade-organisasie (NOPO) en die Sorghumprodusente-organisa-sie (SPO) gestig om as spreekbuis vir hul lede te dien. Die stem van redelik-heid het geseëvier en het Graan SA uit NAMPO, die WPO, NOPO en die SPO ontstaan. Graan SA tree sedert- dien op as spreekbuis vir elke graan-produsent in die land. In 2012 is Graan SA se hoofkantoor

van Bothaville na Pretoria verskuif. Saam met die naasliggende Graange-bou word die hele Suid-Afrikaanse graanbedryf vandag feitlik onder een dak gehuisves. Graan SA, die Graanlaboratorium (SAGL) die SIQ (wat oppervlakte-skat-tings doen), die Landboubesigheid-skamer (LBK) en die Graansilo-indus-trie (GSI) se hoofkantore is op een terrein. Strategies word die graanbedryf in Suid-Afrika op die oomblik nasion-aal en internasionaal bedryf. Die kom- pleks is in Lynwoodweg in Pretoria geleë en is beslis `n besoek werd. Dit is immers die eiendom van ons land se graanprodusente. Graan SA se dagbestuur word ver-teenwoordig deur mnre. Jannie de Villiers as Uitvoerende Hoofbestuurder, Louw Steytler as Voorsitter, Andries Theron as Ondervoorsitter en Jozeph du Plessis, Jaco Minnaar en Chris Schoonwinkel. `n Verdere 26 Hoofbestuurslede ver-teenwoordig 26 streke waarin die land verdeel is. Onder leiding van hierdie bestuurspan doen Graan SA as uiterse dinamiese organisasie sy bes om aan elke graan-produsent die bedryfsdienste te lewer om volhoubaar te produseer.

Graan SA se visie Graan SA word wêreldwyd deur sleutel-rolspelers erken as die enigste amptelike mondstuk vir graanpro-dusente. Daarom wil ons elke graan-produsent met die nodige inligting bemagtig om weldeurdagte besluite te neem oor die in- en uitsette van sy

boerdery. Graan SA se missie Graan SA poog deur sy ondersteu- nende bedryfsaktiwiteite om die graanprodusent in staat te stel om winsgewend teen invoerpariteit te kan produseer. Deur sodanige onder- steuning word die Suid-Afrikaanse graanprodusent in die posisie geplaas om `n rolspeler in die globale wêreld-graanmark te word. Voedselsekuriteit Op die oomblik produseer sowat 8 000 graanprodusente landwyn genoeg stapelvoedsel in Suid-Afrika om in 55 miljoen mense se behoeftes te voorsien. Die afgelope jaar kon ons daarin slaag om `n verdere 2,2 miljoen ton mielies na lande soos Meksiko, Korea en Venezuela uit te voer. China het reeds te kenne gegee dat hy ook belangstel om Suid-Afrikaanse mielies aan te koop en die bepaalde protokol is reeds in plek. China stel ook belang om koring van Suid-Afrika aan te koop aangesien ons koring van `n baie hoë kwaliteit is. Graan SA stel hom altyd ten doel om met die vryemark as basis vir volhou-bare graanproduksie sy produsente te beskerm en `n beleidsomgewing te skep sodat voedselsekerheid in die langtermyn gehandhaaf kan word.

Inligting Markinligting is uiters belangrik binne die vrye handelsomgewing. Daarom stel Graan SA daagliks soveel as

32

Page 35: Kommuniek Julie 2012

moontlik deursigtige markinligting aan produsente beskikbaar.

TariefaansoekeDie koringtarief `n Nuwe aansoek vir `n koringtarief van $326 per ton is reeds ingedien. Op die oomblik voorsien koringpro-dusente slegs in 47% van die land se koringbehoefte, bloot weens die lae koringprys. Laer grade koring word ingevoer wat dan die binnelandse prys bepaal. `n Selfvoorsienendheidsindeks van 1,158 is in die huidige aansoek inge-bou in `n poging om die produksie van koring te stimuleer om minstens 85% selfvoorsienend te wees. Hierdie tariefaansoek geniet hoë prioriteit.

Die hoendertarief Graan SA ondersteun die pluim-veebedryf in hul aansoek om `n tarief op ingevoerde hoendervleis. Sowat 250 000t hoendervleis word jaarliks ingevoer en impliseer `n verbruik van 250 000t mielies.

Sojabone Die verhoging in perskapasiteit deur verskeie landbou-ondernemings skep die geleentheid vir die uitbreiding van sojaboon-aanplantings. Die gebruik van sojabone en sonneblomme vir die vervaardiging van biodiesel word ook ondersoek.

GraansorghumMielies word op die oomblik uitgesluit as grondstof vir die vervaardiging van bio-ethanol. Graansorghum word as grondstofgewas voorgestel. Indien slegs 2% van die verpligte inmenging van bio-ethanol in die 11 miljard liter petrol wat Suid-Afrika jaarliks gebruik sou plaasvind, kan dit `n aansienlike aanvraag na graansor-ghum teweegbring.

Verdere kwessies wat aandag moet genietInfrastruktuurUitvoerkapasiteit, sowel as die instand-houding van paaie en spoorlyne moet

aandag geniet. Dieselrabat Graan SA was instrumenteel in die onderhandelings van die dieselrabat wat op die oomblik R1,53/l beloop. Hoewel druk tans uitgeoefen word om die rabat te herroep, veg Graan SA om die behoud daarvan.

Navorsing Navorsing is `n onmisbare element vir volhoubare graanproduksie.

Opleiding`n Span opleidingsbeamptes van Graan SA staan die ontwikkelende landbou by. Fondse uit die staat se herkapitaliseringsprogram word op die oomblik vanweë die suksesse wat reeds behaal is aan Graan SA toegewys om dit te implementeer.

Erkenning Graan SA se toekennings vir die graan-produsent van die jaar is `n jaarlikse in-stelling. Verskeie GWK-aandeelhouers, onder andere mnre. Bennie van Niekerk en Connie Coetzee van Prieska, Jaco van Niekerk van Luckhoff, J.D. le Roux van Hopetown, Vickie Bruwer van Douglas is al vir hierdie hierdie toeken-nigs benoem.

Befondsing Graan SA is ten volle outonoom en lidmaatskap is vrywillig.

Lede betaal ledegeld van R2/t. As persentasie van `n produsent se inkom-ste is dit weglaatbaar min. Daarbe-newens word 5% van die gevorderde heffings jaarliks aan boereverenigings en landbou-unies terugbetaal. Die Douglas Boere-unie het vanjaar `n aansienlike bedrag van R45 000 ontvang. GWK as invorderingsagent ontvang verder ook 5% van die inge-vorderde heffings.

Streek 25 GWK se aandeelhouers val in streek 25 waarvan mnr. Dissie Kruger die hoofbestuurslid van Graan SA is. Streek 25 is die streek met die hoogste bydrae uit heffings en daarom kon ons streek vanjaar `n groep van 27 afgevaar-digdes na die Graan SA se kongres stuur. Ek bedank graag elke produsent wat die kongres vanjaar bygewoon het. `n Spesiale woord van dank aan mnre. Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK), Frank Lawrence (Voorsitter: GWK-direksie), Neil de Klerk (Uitvoer-ende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK) en Ederich Prinsloo (Bestuurder: Graanver-handeling van GWK) wat die kongres as gaste bygewoon het. Ek bedank ook graag elke lid wat getrou sy heffing betaal. Dit is produsente soos u wat Graan SA `n leier in die internasionale graan- arena maak.

Graan SA se kongres was vanjaar ‘die beste in jare’ Die onlangse kongres van Graan SA was voorwaar `n hoogtepunt op die landboukalender en word beskryf as die beste kongres in jare.Graan SA was bevoorreg om mnr. Derek Hanekom (adjunkminister van die departement van wetenskap en tegnologie) vir `n hele oggend daar te hê om kongresgangers toe te spreek oor navorsingstegnologie vir voedselsekerheid. Hy het in sy toespraak gesê dat 2012 `n jaar van aksie in landbou sal wees en

dat daar `n verhoogde fokus op voedselproduksie is. ”Voedselproduksie oor die alge-meen en spesifiek graanproduksie is kwessies wat die Departement van Wetenskap en Tegnologie baie ernstig opneem,” het Hanekom gesê. Hy het verder ook die verskil tussen nasionale en huishoudelike voed- selsekuriteit verduidelik, asook onderskeid getref tussen die beskik-baarheid, bekostigbaarheid en veiligheid van voedsel. . . . vervolg op volgende bladsy

33

Page 36: Kommuniek Julie 2012

Aanhalings op die kongres“Gebruik die lepel en roer die pappot om aan voedselsekuriteit te herinner en as daar `n stoute outjie verbykom, raps hom sommer!”. - Mnr. Jan Grey van Graan SA se Hoofbestuur met die oorhandiging van `n paplepel aan minister Derek Hanekom.

“We like the quality of your maize.”- Mnr. Hector Valezzi, ambassadeur van Meksiko.

“We can’t be naive and only rely on imports for food.” - Mnr. Derek Hanekom, adjunk- minister: departement van wetenskap en tegnologie.

“South African maize is top notch.” - Mnr. Michael (Pei-Yung) Hsu, am-bassadeur van Taiwan.

BronSA Graan met erkenning aan Marna Swart (Skakel-beampte: Graan SA).

. . . van vorige bladsy. Hy was vol lof vir Graan SA se Ontwikkelende Landbouprogram.Prof. Jonathan Jansen (Vise-kanse-lier en Rektor van die Universiteit van die Vrystaat) het die Kongres toegelig oor hoe eenheid in land-bou bewerkstellig kan word en het klem daarop gelê dat empatie sowel as dissipline nodig is om hierin te slaag. Mnr. Stephen Hanival (Hoofdirek-teur: Agro-verwerking, Departement van Handel en Nywerheid) het die werking van en strategiese raam-werk vir agro-prosessering aan die kongres verduidelik. Verder het hy die nuwe markgeleenthede vir die graanbedryf uitgelig met die klem op biobrandstof en nuwe perskapa-siteit vir sojabone. Die menigte nuwe geleenthede vir markuitbrei- ding en werkverskaffing het almal baie opgewonde gehad. Verskeie toekennings is gemaak aan lande waarheen Suid-Afrika in die afgelope seisoen mielies uitgevoer het. Mnr. Hector Valezzi (ambassadeur van Meksiko) het die toekenning namens Meksiko

ontvang en gesê hy hoop om in die toekoms steeds mielies van Suid- Afrika in te voer. Die toekenning aan die Republiek van China (Taiwan) is deur mnr Michael (Pei-Yung) Hsu in ontvangs geneem. Hy meen Suid- Afrikaanse mielies is van uitstekende gehalte. Mnr. Louw Steytler, geen vreemde-ling in Georganiseerde Landbou nie, is tydens Kongres verkies om die leisels as Voorsitter van Graan SA by mnr Neels Ferreira oor te neem. Mnr Steytler het in sy toetre- dingstoespraak gesê dat dit `n voor-reg sal wees om die organisasie te lei en sy dankbaarheid teenoor mnr Ferreira en vorige Voorsitters van die organisasie uitgespreek. “Graan SA is `n orga- nisasie waarop ieder en elk trots kan wees, “ aldus Steytler.Mnr. Andries Theron is as vise- voorsitter van Graan SA herkies. “Die inhoud en sentiment van die Kongres was `n sterk mosie van ver-troue in die mandaat van Graan SA se nuwe strategiese rigting,” het mnr. Jannie de Villiers, Uitvoerende Hoof-bestuurder van Graan SA, gesê.

Mnre. Frank Lawrence (Voorsitter: GWK Direksie), Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK), Bully Bothma van Bothaville en Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK) geniet `n koppie koffie tydens Graan SA se jaarlikse kongres.

34

Page 37: Kommuniek Julie 2012
Page 38: Kommuniek Julie 2012

GWK Nuus

LANDZICHT SE UITSTALLING DIE BESTE OP TOERISME-INDABA

Landzicht se stalletjie is op die on-langse toerisme-indaba in Durban

as die beste aangewys waarmee prysgeld van R30 000 gewen is. Landzicht is deur Nokki gevra om sy staanplek op die indaba te deel. Dié stalletjies was in die Noord-Kaapse toerisme-owerheid se uitstal-ruimte. Die uitstalruimte is deur GWK geborg om toerisme te bevorder. Dié indaba bied jaarliks aan die Suid-Afrikaanse toeristebedryf die geleentheid om hul produkte ten toon te stel en word deur afvaardigings en joernaliste van oor die wêreld heen bygewoon. Sowat 13 00 afgevaar-digdes het vanjaar se indaba byge-woon. Landzicht het `n wynproe-tafel gehad waar toeriste daagliks aan topgehalte wyne kon proe. Die Noord-Kaapse toerisme-owerheid wys jaarliks die beste uitstalling aan wat deur die loop van die indaba beoor-deel word. Landzicht het vanjaar trots met die louere weggestap en beplan om dit `n jaarlikse instelling te maak.

Regs: Mnr. Philip van Sitterd en mev. Gerda Meades van die wynkelder op Jacobsdal by Landzicht se stalletjie.

36

Tydens Landmark se maandelikse promosie kan klante groot pryse

wen. Die nasionale Landmark-wenner van `n kragopwekker vir die Maart/April-kompetisie was mnr. Louis Blom van Postmasburg wat aankope by die Kimberley-tak gedoen het. Blom werk vir Kumba Iron Ore op Postmasburg. Hy vertel dat hy só `n kragopwekker by een van sy kollegas gesien het en gesê het dat hy daarvan sal hou om iets soortgelyks te hê, aangesien Post-masburg gereeld kragonderbrekings ervaar. Blom het die kragopwekker slegs `n dag voor Vadersdag gewen en daarom is dit ook sommer `n Vaders-daggeskenk aan hom!

MAN WEN KRAGOPWEKKER IN LANDMARK SE MAANDELIKSE KOMPETISIE

Mnre. Gerrie Bezuidenhoudt (Bedryfshoof: Landmark Kimberley) en Louis Blom (pryswenner) saam met mev. Wilma Blom (Louis se vrou) en mnr. Ger-hard Henning (Handelsbestuurder: GWK Landmark Kimberley).

Page 39: Kommuniek Julie 2012

37

GWK Landmark se personeel het die eerste opleidingsessie

bygewoon wat gehandel het oor Landmark se strategie “Living the brand” en hoe dit elkeen by GWK Landmark se verantwoordelikheid is om die handelsmerk uit te leef deur klante se inkopie-ervaring in `n aan-gename en onvergeetlike ervaring te omskep. Die personeel sal voortaan elke laaste Vrydag van die maand T-hem-de dra met die slagspreuk “Ek is net wat jy nodig het.” Hiermee kry personeel die geleent-heid om klante met hul uitsonderlike diens te verras. Die opleiding word aangebied in twee opleidingsessies vir alle Land-mark-winkelpersoneel. Op die foto (regs) wat tydens die eerste sessie geneem is, is die per-soneel opgewonde en oorgehaal om suksesvol te wees. Die tweede sessie word vir die komende maand beplan.

‘EK IS NET WAT JY NODIG HET,’ SÊ PERSONEEL BY GWK LANDMARK

Personeel van GWK Landmark tydens hul eerste opleidingsessie oor Land-mark se strategie “Living the brand” met hul T-hemde waarop die slagspreuk “Ek is net wat jy nodig het,” aangebring is.

SPREKER MOTIVEER PERSONEEL OP BESTUURSVERGADERING

Mnre. Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK) en Jannie Putter, voor-malige sportsielkundige van die Blou Bulle wat GWK se bestuursvergadering toegespreek het.

Mnr. Jannie Putter, voormalige sportsielkundige van die Blou

Bulle, het GWK se bestuursvergade- ring toegespreek. Putter, wat nou as motiveringspreker werk, het gesels oor hoe belangrik dit is om in jouself te glo en nie kri-ties teenoor jouself te wees nie. Putter spreek gehore oor verskeie onderwerpe toe, onder meer sukses in die werksplek, bestuur en lei-erskap, die huwelik, verhoudings, ouerskap en hoe om stres en frustra-sie te hanteer. Drie boeke uit sy pen is reeds gepubliseer, waaronder die laaste, Wenplan vir die lewe, verlede jaar in Julie uitgegee is. “My vrou het my lief en my kinders fassineer my – ons woon in `n huis vol liefde en geluk,” sê Putter. “Ek dien `n almagtige God wat `n perfekte plan vir elkeen van ons het!”

Page 40: Kommuniek Julie 2012

Ons mense

K ommuniek stel graag in hierdie uitgawe `n nuwe

afdeling in die tydskrif aan ons lesers bekend. Met “Ons mense” wil ons die passie uitbeeld waarmee die produsente in GWK se bedienings-gebied hul boerdery

behartig, maar ook die passie van GWK se personeel landbou te innoveer en puik diens te lewer. Ons ontvang graag fo-to’s van produsente waar hulle in die boerdery werksaam is, asook foto’s van personeel waar hulle met hul dagtake besig is.

Stuur foto’s [email protected]

Kommuniek Posbus 47Douglas 8730

Mev. Marisca Nel (Bedryfshoof: Produkhantering, Doug-las) en mnre. Robert Molusi (Toesighouer: Simba-aanleg) en Jaco Voges (GWK Depotbestuurder, Douglas) in die Simba-aanleg op Douglas.

Mnre. Freddie Williams (Algemene werker: Simba-aan-leg) en Niel Simon (Masjienoparateur: Simba-aanleg) in die aanleg.

Mes. Priscilla Haas (Kontrolebeampte: Simba-aanleg) en Miena Lukas (Kontrolebeampte: Simba-aanleg) hard aan die werk.

38

Page 41: Kommuniek Julie 2012

39

Mnr. Marius vd Schyff van GWK Saad by `n nuwe blaar-slaai saadproduksie-land.

Mnr. Willem Nel (Werktuigkundige: GWK Meganisasie, Douglas) versien die bedrading van `n John Deere- trekker.

Mnr. Chris de Villiers, `n produsent van Prieska, vat `n blaaskans terwyl hy `n mielieproef stroop.

Mnr. Otto von Molendorff (Bedryfshoof: Silo, Douglas) by `n mielievervoerband.

Page 42: Kommuniek Julie 2012

40

Hoe lyk die diere vir jou? Produsente bespreek die aan-bod op `n veiling by GWK se veilingskrale in Kimberley.

Mev. Nohline Grobler van Prieska gee haar hanslam-mers melk.

Mnr. Schalk Liebenberg (Handelsbestuurder: GWK Land-mark Prieska) agter sy lessenaar.

Mnr. Frank Lawrence (Voorsitter: GWK Direksie) leef sy passie vir die landbou uit.

Produsente bie tydens `n veiling by GWK se veilingskrale in Kimberley.

Page 43: Kommuniek Julie 2012

Die personeel van GWK Saad by hul nuwe saadbakkie en afleweringswa.

Mnre. Jean van Vuuren (Graangradeerder, Douglas)en Visser Vermaas (Assistent-graangradeerder, Douglas).

Die personeel van GWK Saad plant grondboon-proewe aan.

Page 44: Kommuniek Julie 2012

KolligCarien Grobler met erkenning aan Elmarie Schoeman, SA Graan-medewerker

Mnr. Dissie Kruger van Graan SA se hoofbestuur en dr. Mirinda Visser, Graan SA se Bestuurder: Bedryfsdienste het GWK se grondboontjie-drogingsaanleg op Douglas besoek.

Noord-Kapenaar nou bedryfshoof by Graan SADr. Marinda Visser is `n boorling van die Noord-Kaap en het op Prieska grootgeword. Nadat sy onlangs as Bestuurder: Bedryfsdienste by Graan SA aangestel is, het sy en mnr. Dissie Kruger van Graan SA se hoofbestuur GWK se hoofkantoor op Douglas besoek.

W anneer dr. Marinda Visser praat, hang `n mens behoorlik aan

haar lippe. Sy gesels só mooi in ons lieflingtaal dat `n mens nie anders

kan as om elke woord in te drink nie. Dít was die ervaring toe sy onlangs die Douglas Boere-unie toegespreek en daarna saam met mnr. Dissie Kruger van Graan SA se hoofbestuur by GWK se grondboontjie-droging-saanleg aangedoen het en die Land-zicht-wynkelder op Douglas besoek het. “Sy is een van die Noord-Kaap se beste uitvoerprodukte!” terg Kruger. Visser het die leisels as Bestuurder: Bedryfsdienste van Graan SA by mnr. Nico Hawkins oorgeneem. Hiermee het `n deur van potensiaal vir inter-

nasionale marktoegang oopgegaan aangesien sy `n kundige op dié gebied is. Vir Visser is die graanprodusent `n prioriteit en sy sien haar aanstelling as `n geleentheid om `n diens te le-wer om produsente meer winsge- wend en volhoubaar te maak. Visser was voorheen die Hoofdirek-teur by die nasionale departement van landbou, bosbou en visserye, waar sy marktoegang vir Suid-Afri-kaanse produkte met oorsese lande tot stand gebring het en spesifiek mielies vir die Chinese mark.

42

Page 45: Kommuniek Julie 2012

BronSA Graan

Haar fokus was hier egter op diere- sowel as plantproduksie. “By Graan SA gaan ek selfs meer doeltreffend wees aangesien ek suiwer op die graanbedryf fokus.” Die onlangse beroepskuif was geen-sins vir haar `n moeilike besluit nie. “Hier by Graan SA probeer ons die graanprodusent so winsgewend as moontlik maak. Ons maak seker dat daar befondsing vir navorsing is en dat navorsing gedoen word, dat genoeg kultivars ontwikkel word en dat daar voldoende markte is om die produkte te verkoop. “Ek bring hierdie dimensies met my saam en het vinnig en maklik by Graan SA ingepas.” Visser het as senior staatsamptenaar goeie verhoudings met kollegas in ander staatsdepartemente en ook in ander lande opgebou, wat `n groot voordeel vir die bestuurspan van Graan SA en graanprodusente inhou.Graan SA het verskeie mikpunte vir die jaar wat uitstekend by Marinda se

kundigheid en ondervinding aansluit: “Een van daardie mikpunte is om voortdurend nuwe uitvoermarkte te ondersoek. “Ons ondersteun op die oomblik die departement van landbou, bosbou en visserye in onderhandelings met China. “Ons help waar ons kan om mark-toegang te kry en om hierdie mark permanent vir mielies te vestig. Alles wat ons doen, moet tot voordeel van ons produsente wees.” Visser gesels opgewonde oor haar span by Graan SA se bedryfsdienste. “Die afdeling loop oor van talent en geesdrif en ons hoop dat die bydrae wat ons vir die graanprodusente le-wer, vir hulle net voordelig sal wees en hul selfs meer volhoubaar en winsgewend sal maak.“Graan SA se mandaat is om die graanprodusent te help in terme van marknavorsing en om strategiese kwessies op te los. Ek sal seker maak dat ons by hierdie mandaat bly.

“Ek is opgewonde oor Graan SA se toekoms en hierdie dinamiese groep mense wat ons produsente dien.” Interessant� Visser het op Prieska grootge-

word. � Sy het in die Wes-Kaap begin

studeer en daarna haar Ph.D. in plantpatologie aan die Uni- versiteit van Pretoria verwerf.

� Sy was agt jaar lank werksaam by die Landbounavorsingsraad.

� Visser was voorheen Hoofdirek-teur by die nasionale departe-ment van landbou, bosbou en visserye.

� Sy is getroud met Joe en hulle het `n dogter, Erin (6).

� Sy lees graag en leer op die oomblik Spaans.

Page 46: Kommuniek Julie 2012
Page 47: Kommuniek Julie 2012
Page 48: Kommuniek Julie 2012
Page 49: Kommuniek Julie 2012

Vroue

VLV SE TAK OP PRIESKA BEMAGTIG VROUE MET PLASTIEK

Die Vroue Landbou-vereni- ging (VLV) op Prieska is aktief

besig om dié organisasie se tema vir 2012 – Bou `n brug – in die ge-meenskap uit te leef. Die projekte wat hiermee gepaardgaan is die ver-mindering van rommelstrooi met die aandag op plastiek, bevegting van armoede en die geldelike bemagtig-ing van die vrou d.m.v die opstel van begrotings en oordeelkundige hanter-ing van geld. “Ons neem standpunt in dat ons nie net gaan uitdeel nie, maar vroue wil bemagtig,” sê mev. Corrie Lieben-berg, voorsitter van dié tak. “Ons leer hulle om plastieksakke nuttig te gebruik en armoede met

hierdie kennis te beveg. “ Ons kom een keer per maand bymekaar en intussen gaan die vroue op hul eie aan.” Liebenberg vertel dat die VLV in die woonbuurt begin het met demon-strasies waarmee vroue geleer word om met plastiekrepe te brei waarmee hulle sakke en verskeie gebruiksar-tikels maak. “Ons maak ook slaapsakke van plastiek en koerantpapier en waar-sku voortdurend oor die gevaar van plastiek, veral vir kinders.” Liebenberg en haar mede-lede van die VLV gee ook aandag aan die kinders. “Ons vra dat hulle plastiek vir hul ma’s bymekaarmaak en speel

ook met hulle. Ons moedig die ouers aan om dit ook te doen en sodoende by hul kinders betrokke te raak. “Ons nooi die hele gemeenskap se vroue om betrokke te raak en `n brug na ander vroue te help bou. Ons kan so baie van mekaar leer. Ek was verstom oor die pragtige tuine en vrugtebome in die woonbuurt wat met so min aan die gang gehou word. Dit het ons ook opgeval hoe skoon dit om mense se huise is. “Die rommelprobleem kom eerder om die woonbuurt as by mense se huise voor.” Mense wat betrokke wil raak, kan Liebenberg by 072 469 1600 skakel.

Page 50: Kommuniek Julie 2012

Julie herfs Hiermee sluit Kommuniek hier-die weergawe van die fotokom-petisie af. Ons bedank graag ons lesers vir elke foto wat ons ontvang het. Ons vertrou dat ons nuwe fotokompetisie (blaai om) groot aftrek sal geniet en dat oud en jonk sal deel word van die fotopret!-Red.

Temas vir 2012 Maandelikse pryse

1ste R600 GWK kleinhandel-

koopbewys, geborg deur GWK

Landmark.

2de R300 GWK koopbewys

3de R100 GWK koopbewys

REËLSDie inskrywing moet verband hou met die tema vir die maand en moet ook `n onderwerp hê. Slegs twee inskrywing en foto’s wat geneem is deur die persoon wat dit inskryf, sal aanvaar word. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500kb wees nie. U naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Die beoordelaars se beslissing is finaal.

Fotokompetisie

48

Page 51: Kommuniek Julie 2012

Tweede: Elma Peens van Bloemfontein Tema: Groen en goud verweer

Derde: Ronel Sutherland van Hopetown Tema: Herfs in `n pekanboord

Wenner: Elsabé Goussard van van Cradock Tema: Oulap se rooi

Page 52: Kommuniek Julie 2012

Kiekies

Tema vir Aug.Maandelikse pryse

1ste R600 GWK kleinhandel-koopbewys, geborg deur GWK Land-mark.

2de R300 GWK koopbewys3de R100 GWK koopbewys

REËLSDie inskrywing moet die tema van die betrokkie maand weerspieël. Deelnemers mag slegs een foto inskryf. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500 kb wees nie. U naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Stuur foto’s na

[email protected]

Kommuniek Posbus 47Douglas 8730

Jou kind met GWK se handels-merk. (Sien voorbeeld hier bo).

K ommuniek is baie opgewonde om `n nuwe fotokompetisie aan ons lesers bekend te stel.

Met Kommuniek Kiekies kan almal deel word van die fotopret! Die foto’s sal nie op grond van die fotograaf se vernuf agter die kamera beoordeel word nie, maar eerder op grond van die inisiatief en oorspronk-likheid wat aan die dag gelê word om die tema uit te beeld. Die enigste voorwaarde is dat die foto’s vir publikasiedoeleindes 500kb of groter moet wees as dit per e-pos gestuur word. `n Tema sal maandeliks in Kommu-niek bekend gemaak word waarvol-gens lesers hul foto’s kan inskryf. Lesers kan hul eie inisiatief en krea-tiwiteit gebruik om die tema uit te beeld. Voorbeeld: Klein Josh Grobler spog met sy pa se pet met die GWK-handelsmerk.

50

Page 53: Kommuniek Julie 2012
Page 54: Kommuniek Julie 2012

Carien GroblerGriekwas gesels

GWK is die

hoofborg van die GWK Griekwas

Groot opwinding op GWK Park

52

D ie Griekwaland-Wes Ruby-unie (GWRU) het vanjaar die eerste keer in 12 jaar `n wedstryd

teen `n internasionale span aange-bied. Die Engelse was in 2000 laas in die Diamantstad in `n weekdagwedstryd teen die Griekwas in aksie. Rugby-ondersteuners het vanjaar in groot getalle vir die weekdag-toer-wedstryd tussen die Suidelike Barba- rians en Engeland opgeruk en gewys dat hulle honger is vir internasionale wedstryde. Die paviljoene op GWK Park was stampvol met toeskouers wat die Engelse in aksie wou sien en hulle

is beslis nie teleurgestel nie. Engeland het met 54–26 klaargespeel met `n Baabaas-span wat van die begin af nooit `n kans gegun is om opslae te maak nie. Volgens mnr. Arni van Rooyen (Uitvoe- rende Hoof: Griekwas) was sowat 8 000 mense by die wedstryd teen-woordig. Dit is net `n raps meer as met die eindstryd van die afgelope Voda-combeker-reeks, toe die Westelike Provinsie die Griekwas net-net geklop het. Verskeie verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het ook die wedstryd bygewoon en was baie tevrede met die wyse waarop

die GWRU vir die skouspel gasheer gespeel het. Mnr. Stuart Lancaster, die Engelse se afrigter, het sy tevredenheid uitgespreek met die Noord-Kaapse gasvryheid en net lof gehad vir Griekwas se organisa-sie. “Dit is absoluut fantasties. Kimber-ley is wonderlik. Dit is werklik iets besonders om van Durban na Kimberley tot in Johannes-burg en dan ook Potchefstroom te reis. Só sien ons die hele Suid-Afrika.”

BronVolksblad

Page 55: Kommuniek Julie 2012

Die SkopskoenOom Gemsbok

D agsê vrinne! Kyk, oom Gemsbok is klaar in “overdrive” as ek net hoor die

Ingilse kom sit weer voet aan wal in die Republiek. Dit het niks met die “Queen” se krimpelien-pakkies of teedrinkery by die paleis of met Magersfontein te doen nie, maar van Oupa Gemsbok se Boereoorlog-dae af is die klomp bleekbene maar net nie my “cup of tea” nie. Dis hoekom ek so uit my fellies uit is oor Heyneke se reeks oorwinning oor die klomp Pommies. Geluk ou maat! Soos ek voorspel en gehoop het, doen Heyneke toe net mooi dit – hy kies die jong manne saam met die ervare kom-binasies en sink hierdie ervare wit span-netjie wat sopas `n vyfnasie-reeks agter die rug het sommer in twee weke se tyd. Aai, dis mos nou vir my soos muskadel voor `n kaggelvuurtjie. Soet en lek-ker! Ja, ons het nie die wêreld aan die brand gespeel in die eerste toets nie, maar genugtig, die manne ken mekaar toe skaars vier dae. Gee kans volkie! In

Selfs Snorre snak na asem . . .die tweede een se eerste helfte verwoes die Bokke hulle op so `n minagtende manier dat selfs ou Snorre na sy asem snak daar in die Presidentlosie. Ons voorry in Beast en die twee onvervangbare du Plessis-boeties het nie op die oomblik `n gelyke nie. Hulle maak seer voor en klaar. Ons nuwe jong en onervare slotpaar Etzebeth en Jeandré word by die dag al hoe beter terwyl die 123kg van Alberts verwoes- ting tussen die Engelse voorlinies saai. Hoor ek die Ingilse skree: “You take him!” as Alberts op hulle af kom. Hulle sal hom nog lank onthou. Kry ons môre vir Bekker terug, sit ons nog met Flip en sommer `n yster slotfabriek. In Jacques Potgieter, Kolisi en Brussow het ons `n reserwe lostrio wat enige dag nog kan oorneem en dalk beter mag doen. Agterlangs is daar nog `n bietjie skaaf-werk nodig met Morné wat sukkel met sy ritme en Hougaard wat takties nog nie skop soos Fourie dit kon doen nie, maar dis `n kwessie van tyd of hierdie twee loop weer op al agt silinders.

Ons senterpaar is dodelik en ons agterste driehoek skitterend met Aplon, Lambie en Pienaar wat `n moet is op die bank. Heyneke en Rassie vat raak en wen hul eerste reeks met net twee weke se afrigting en dit met min moeite. Hoor ek my buurman Dik Piet sê “Jaaaa die All Blacks wag.” Dit ís so . . . die All Blacks is op die oomblik so `n paar trappies bo ons spelvlak, maar die Bokke besef dit. Nou sit ek so op GWK Park en bekyk die Ingilse langs my mooi deur met hulle maer lyfies en tingerige beentjies en dan kom staan en wen hulle sowaar hierdie uitnodigingspan waarvan geen mens al gehoor het nie. Dis toe dat ek wonder wat sou `n Griekwaspan op GWK Park met hierdie Engelse B-Span gedoen het. Aai, dit sou nou vir jou `n Rugbyfees gewees het!

Tot volgende keer.Groetnis Oom Gemsbok

53

Page 56: Kommuniek Julie 2012

Pret op die plaasVir die jongspan

Maak jou eie plaas-collage en wen!

Skeur en plak op die blad hier langsaan om `n prentjie soos

ons s’n te maak. Gebruik die bont papier op hierdie blad en vra jou ma vra vir ou tydskrifte wat jy kan gebruik. Jy kan ook enige ander papier skeur en plak. Stuur jou collage in `n A4-koevert na Kommuniek (vir aandag Carien Grobler), Posbus 47, Douglas, 8730 en jy staan die kans om een van drie kontantpryse (R150, R100 en R50) te wen en jou collage volgende maand in Kommuniek te sien. Geniet dit! -Red.

Page 57: Kommuniek Julie 2012

55

Page 58: Kommuniek Julie 2012

Maak jou brein wawyd wakker!

Carien GroblerLeefstyl

Die winter kan dit laat voel asof `n mens se brein as’t ware vas-gevries het. Jy kan egter heel-wat doen om jou brein wakker en gesond te hou en teen Alzheimer se siekte te beskerm.

T oerusting wat gereeld gebruik word, moet ook gereeld ver-sien word. `n Mens se brein is

jou kosbaarste toerusting en het ook gereeld spesiale aandag nodig. Navorsing wys dat die brein soos `n spier is – as dit nie gebruik word nie, word dit al hoe kleiner. Navorsers van die Case Western Reserve University

Medical School in Amerika meen dat `n dowwe geheue en verwakte sin vir humor nie `n onvermydelike deel van veroudering is nie. Volgens dr. Amir Soas, een van die navorsers, kan mense met `n fami- liegeskiedenis reeds in hul twinti-gerjare sekere stappe doen om hul brein teen veroudering te beskerm. Hy beskou lees as die belangrikste oefening vir `n gesonde brein. “Lees, doen blokkiesraaisels en speel skaak en Krabbel. Hierdie aktiwiteite stimu-leer alles die brein om te dink.” Hy beveel ook aan dat `n mens minder TV kyk, aangesien die brein rus terwyl jy voor die kassie sit. Die navorsers voel so sterk op die in-

vloed wat TV op `n mens se brein het, dat hulle dit met Alzheimer se siekte verbind en `n studie beplan om die effek wetenskaplik te bepaal. Word wakker, brein! Dit is maklik om in `n groef te verval sodat jou brein nie optimaal benut word nie. Maak hom só wakker: ■ Wees `n agie. Moenie alles goedsmoeds aanvaar nie. `n Mens se brein is gemaak om nuuskierig te wees vrae te vra. Vra gereeld “hoekom?” en “hoe?” en soek totdat jy `n bevredigende antwoord op jou vrae vind. Dit sal jou brein wakker maak, maar ook jou al-

56

Page 59: Kommuniek Julie 2012

gemene kennis verbreed en jou meer interessant maak! ■ Speel `n speletjie. Kaart- en bordspeletjies is groot pret en oefen ook jou brein. Kenners meen dat veral strategie-speletjies `n mens kan help om vlymskerp te dink. ■ Lag uit jou maag. Endorfiene is goedvoel-hormone wat deur die liggaam afgeskei word wan-neer `n mens lag. Dit verlaag stres-vlakke en verhoog jou energievlakke wat jou brein help om beter te fokus. `n Goeie sin vir humor help `n mens ook om met `n ander perspektief na `n situasie te kyk. As jy oor iets lag, skep dit sielkundige afstand wat keer dat die brein oorweldig word. ■ Luister na musiek.

Wanneer ’n mens na musiek lu-ister, word albei kante van die brein ingespan. Om hierdie rede is musiek baie stimulerend. As jy `n ruk lank hard moes konsen-treer, luister ’n paar minute lank na vrolike musiek. As jy egter die hele oggend rondgehardloop het om jou take af te handel, luister na rustige musiek om jou fokus te herstel. ■ Dink voor jy eet. Moet nooit jou middagete afskeep of heeltemal oorslaan omdat jy besig is nie. Voedsel is jou enigste bron van energie. Eet `n voedsame middagete wat ryk is aan maer proteïene en komplekse koolhidrate om jou brein en liggaam weer energiek te laat voel. Wees egter versigtig om nie jouself te ooreet nie. Een van die redes waar-om `n mens na middagete lusteloos voel, is omdat jou liggaam hard aan die werk is om `n groot middagete te verteer. Kou jou kos deeglik om vertering te vergemaklik. ■ Let op jou asemhaling. Neem `n paar minute om diep asem te haal. Dieper asemhaling sal die suurstoftoevoer na die brein verhoog en jou help om jou gedagtes op die res van die dag te fokus.

■ Leer nuwe dinge. Die meeste mense is nie daarop toegespits om nuwe dinge te leer nie. Die onderwerp hoef geensins met jou werk verband te hou nie. Kies `n onderwerp wat jy interessant vind of maak bloot `n punt daarvan om elke dag `n nuwe woord te leer. Kenners meen `n mens se intelligensie word in `n groot mate deur jou woordeskat beïnvloed. Met nuwe woorde kan `n mens op nuwe maniere dink en jou beskrywings en idees meer volledig inkleur. ■ Sweet vir meer suurstof. Oefening verhoog die suurstof- toevoer na die brein en laat `n mens se liggaam en brein verfris voel. As jy sukkel om jouself in die koue sover te kry, probeer om bloot meer te loop. Gaan op `n uitstappie tydens jou koffiebreuk, parkeer jou motor effens verder van die kantoordeur af of stap `n paar blokke met jou hond. `n Perdfris brein, heeldag lank Die meeste mense voel effens tam sowat sewe ure nadat hulle op-gestaan het. Dit kan toegeskryf word aan die natuurlike bioritme van die liggaam, asook die spanning wat `n mens deur die dag ervaar. Maak só seker dat jou brein heeldag lank perdfris bly: ■ Beweeg. Waak daarteen om heeldag in die-selfde posisie te sit en werk. Wanneer `n mens beweeg, stimuleer dit bloed-vloei wat op sy beurt meer suurstof na die brein vervoer. Maak `n punt daarvan om gereeld te strek of slegs `n oomblik lank op te staan. ■ Wissel jou aksies. Probeer om minstens elke uur iets anders te doen, al is dit net vir `n paar minute. As jy besig is met iets wat streng konsentrasie verg, staan op en loop `n draai deur die kantoor. Jy kan hierdie tyd gebruik om na jou stempos te luister of iemand terug te bel.

■ Pas die stukke. Legkaarte, speletjies soos Sudoku en blokkiesraaisels hou die brein aktief. Om `n legkaart se stukke te pas, moet `n mens dink, inligting verwerk en nuwe dinge leer wat alles noodsaaklik is vir helder denke.

57

Page 60: Kommuniek Julie 2012

Carien GroblerGesondheid en resep

Vind inspirasie vir `n tuin wat jy goed kan gebruik

Mev. Anita van Heerden van Prieska gesels oor die gebruikstuin. Takkies van elke kruiesoort is tussen die dames omgestuur sodat hulle daaraan kon voel en ruik.

D ie dames van die VLV-tak op Niekerkshoop het on-langs `n kuieroggend met

die tema “Die gebruikstuin” by Mas du Source (Huis van die fontein) van mev. Anita van Heerden op Prieska bygewoon. Van Heerden het die dames geiïn-spireer om vars kruie in hul tuine te plant en dit vir verskeie gebruike in die huis aan te wend. Teetyd is die dames bederf met tee wat met suurlemoengras gegeur is en pragtige kolwyntjies met roosgeur. Daarna het hulle deur die tuin gestap voordat hulle aangesit het vir `n feesmaal van hoender met heu-ning en laventel, slaai met kruie- viniagrette, geroosterde knoffelbrood-jies en laventelroomys. Hiermee saam het hulle suurlemoenlimonade geniet. Die dames is elkeen huis toe met `n geskenk uit van Heerden se tuin om in hul eie tuine te plant. Kruiewenke Ment “Elke huis moet ment hê, sê van Heerden. Dit is pragtig vir garnering, heerlik as dit fyngekap oor slaai bedien word, geurig in koue drankies en goed vir die spysvertering. Pietersielie Pietersielie is propvol minerale en vitamien C en moet verkieslik rou voorgesit word. Dit is heerlik oor vis en slaai en ook in sop. Onthou om dit laaste by `n warm dis te voeg.

Origanum Origanum is heerlik in meditireense disse en en kan saam met hoender, pasta en pizza gebruik word. Roosmaryn Roosmaryn bevat sterk olies – wees versigtig vir te veel. Dit is heerlik saam met rooivleis en kombineer baie goed met knoffel. Roosmaryn is ook heerlik in gebak. Voeg roosmaryn by brood of soet- koekies om dit ekstra spesiaal te maak. Hierdie krui is ook baie gesond vir die kopvel en laat donker hare prag-

tig blink as dit daarmee afgespoel word.

Tiemie Tiemie gaan goed saam met alle stadig kokende disse soos soppe en bredies. Dit is ook lekker in patees en bevat sy eie preserveermiddel om die patee vars te hou. Hierdie krui het ook anti-septiese eienskappe. Maak `n mondspoel daarvan of gebruik water waarin tie-mie getrek is om `n wond te was.

58

Page 61: Kommuniek Julie 2012

Die dames van die VLV-tak op Niekerkshoop smul aan die hoender met heuning en laventel op hul kuieroggend met met die tema “Die gebruikstuin”.

Oondgebakte hoender met heuning en laventel 20ml vars laventelblomme15ml tiemieblare7,5ml sout en varsgemaalde swart peper1 heel hoender (1,5-2kg)45ml gesmelte botter250ml hoenderaftreksel15ml tamatiepuree50ml heuning

� Verhit die oond tot 180°C.

� Kap laventel en tiemie en voeg sout en peper by.

� Vryf die hoender met botter in en dan met die kruiemengsel.

� Plaas die hoender met die borskant na onder in `n oondbak.

� Meng aftreksel en ta-matiepuree en giet oor die hoender.

� Rooster vir een uur. � Verwyder uit die oond en draai die hoender om.

� Verf die hele hoender met heu-ning en bak nog 30 minute tot gaar.

� Verwyder die hoender uit die oondbak en draai in foelie toe.

� Verdik die sous en bedien saam met die hoender.

Knoffelbroodjies60g botter30ml olyfolie3 knoffelhuisies, gekap1 suurdeegbrood, in dun skyfies of happiegroot blokkies gesny30ml Italiaanse pietersielie, gekap

90ml gerasperde parmesankaas � Voorverhit die oond.� Smelt die bottel en olyfolie met die knoffel daarin. � Roer die brood deur die bot-termengsel en pietersielie, geur met sout en peper en rangskik

op `n bakplaat. � Bak tot goudbruin en bros (sowat 8-10 minute). Roer die gerasperde parmesan-kaas deur die blokkie sodra dit uit die oond kom.

Salie Salie werk goed saam met hoender en vark. Dit dryf die vet af wat `n meer gesonde dis tot gevolg het. Om `n mens se immuniteit `n hupstoot te gee, kan jy `n drankie van salie, suurlemoensap en heuning maak.

Grasui Grasuie moet nooit gaargemaak word nie, maar rou gebruik word. Gebruik dit in slaai, gekap oor roer- eier, omelet of frittata.

Dragon Dragon het `n baie subtiele smaak en is heerlik in Franse geregte en saam met hoender of aartappels. Hierdie krui het `n besonderse geur en word die krui van die liefde ge- noem, waarskynlik vanweë die prikkie wat dit op `n mens se tong laat. Knoffel Knoffel is onmisbaar in die winter en heerlik in bredies en sop. Knoffel smaak ook heerlik wanneer dit met suurlemoen gekombineer word.

59

Page 62: Kommuniek Julie 2012

Die SM se toerusting arriveer . . .

Uit Piet se pen . . . Agterblad

M aandagmiddag laat kom `n trein vragmotors op die plaas

aan. Die groen plastiektoilet staan soos `n vuurpyl bo-op een van hulle. Rikus is in bevel van die vragmotors. Hy jaag op en af tussen hulle met sy 4x4. Sy hande werk soos twee wind-pompe soos hy verduidelik en bevele gee. Uitasem kom hy groet. Hy lyk haas-tig. “Oom, ek moet terug Pretoria toe vir `n hofsaak. Die pote het my afgetrek vir dronkbestuur ná Saterdag se game op Loftus. My pêl wat my kar moes huis toe vat, was nog dronker as ek. “Ek was nie eers so dronk nie. Was dit nie vir daai tappet van Benoni wat wou dice nie, het hulle my nooit gevang nie. Oom, dit was koud in daai sel. Hulle het ons soos sardien- tjies ingeprop. Môre kom my pa ook af en dan wil ek weg wees. Pa is glad nie lekker nie.” Rikus se pa, DP, `n oud rugby-afrig- ter, en Ron, die ingenieur wat die grondvoorbereiding moet doen, arriveer die volgende middag. Ron is `n reus van `n man. DP het hom in die een of ander stadium van sy lewe afgerig. Die Boubul-tradisie loop sterk in hul are. Alles wat DP kwytraak, beaam Ron met “ja coach”. Die een Bloubul-storie volg op die ander. Van Heyneke wat deur die broederbond-kanale gevorder het tot ou Victor met sy dun kuite en maer gat wat glad nie so `n wafferse slot was nie. Die Bulle het van hom `n slot gemaak, hoor ons meer as een keer. Interessante stories volg en die manne maak die Rum en Coke lelik skrik. Een van die vragmotordrywers, ou

Bles Mabathu, is baie beswaard. Hy kla by my omdat hy so ver moes ry. “Jy sien,” sê hy, “hierie Prieska hy’s baie ver. Hierie wêreld, ek laaik hom nie. Ek kom daar op Prieska, ek is baie moeg. Daai shops, hulle is almal toe. “Die hele dorp, hy slaap. Nooit weer ek kom hier nie. Daai boss van my sal moet ekstra betaal next time.“Nog `n deng ek laaik nie is die Tracker (satelliet opspoorder). Die boss hy het hom ingesit daar by die lorrie. Jy ken hom, daai deng?” wil hy weet. Ek hou my dom. “Jy sien daai deng, hy kom daar by die dak. Daai deng hy is banja slim. Nou ek stop, die lanie wil dadelik weet wat gaan aan. Daai deng hy willie hê Bles moet rus nie. Nou die lanie vra aanmekaar: ‘Bles hoekom jy het alweer gestop. Ek soekie daai deng nie. Nou ek is terug by die dorp, ek gaan soek anner lorrie om te dryf. Daai spook by die dak hy maak Bles nervous.” Bles sê hy is ook haastig terug. Hy moet Vrydagoggend vroeg Moria toe vir die Paasfees. “Jy ken hom, Mo-ria?” vra hy. Die hele plaaswerf lyk soos `n dorpie in die kleine. Rikus loop wye draaie om sy pa. Die vragmotors moet so gou moont-lik afgelaai word, daar dit hulle duisende rande kos vir elke ekstra dag. Intussen begin dit reën. Baie meer as normaal vir die tyd van die jaar. Ek besef hier gaan moeilikheid kom en waarsku die manne om gou te speel, anders is niemand die langnaweek terug in Pretoria nie. Rikus sê hy steur hom nie eintlik aan reën nie, sy 4x4 loop enige plek.

Almal is 4x4-mal. Terwyl dit heerlik buite reën, kry ek `n 4x4-lesing. Ek hoor van diff locks, outo tracktion control en wat nog. Volgens die Pretoria-manne kan `n 4x4 glad nie vas sit nie. “Oom ken mos die storie van die honne?” wil Rikus weet. Ja, oom ken die storie van die honne, maar as daai bakkie van jou op sy pens lê, gaan hy nie loop nie. Ek stry nie meer nie. Intussen is nog `n leë bottel op pad asdrom toe.Die volgende oggend is dit net water waar jy kyk. Die vragmotors staan blou en rook soos hulle opwarm. Ek probeer weer waarsku om nie te ry nie. Skaars by die eerste kraal verby en die eerste vragmotor lê op sy aste in die modder. Ek draai om en loop huis toe. Hiervoor het ek nie lus nie. TLB’s word afgelaai en die HIAB’s ingespan om die vragmotors letterlik uit te grawe. Nog vragmotors het intussen begin vasval. Sodra die een uit is, sit die ander weer. Een van my plaasmanne kom later roep en sê ek moet liewer kom help. Dit kan nie so aangaan nie. Rikus se 4x4 het intussen ook vas-geval. Die meeste drywers is nou op die voet. Letterlik `n modderge- mors. Billy, een van die Zimbabwiërs “suggest” van vroeg af al allerhande goed. Hy “suggest” nou “we must turn back.” Ek sê te hel met die “suggestery” nou moét ons vorentoe. Donkeraand is hulle op “site”. Almal te uitgeput om oor die terugtog te bekommer.Die toilet word eerste afgelaai . . .

Word vervolg . . .

60

Page 63: Kommuniek Julie 2012

®

Jou familie boer al vir geslagte, en jy weet dis nie kinderspeletjies nie.

Dit neem geslagte om ’n naam te maak!

By Monsanto weet ons dit ook. Ons reputasie is, soos joune, ook nie oornag gebou nie. Dis die resultaat van jare se harde werk saam met jou, die boer. In die laboratorium en op die land. Daarom ondersteun ons ons tegnologie, navorsing en ontwikkeling met spanwerk, steun en professionele advies. Dis immers die kombinasie hiervan wat jou help om jaar na jaar volgehoue prestasie te handhaaf. En geslagte lank sukses te behaal.

DEKALB® – Dis mos mielies!™

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.zaKliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: [email protected].

Net Abacus® van BASF gee AgCelenceTM. Vir meer inligting oor Abacus®, SMS* die woord “ABACUS12”, jou naam en area na 33090 en ons skakel jou terug. *SMS-koste is R1.50.

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand 1685 Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: [email protected]. Abacus® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik. Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket. Abacus® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

van BASF

uppe

mar

keti

ng A

0629

8/G

WK

Goeiestaanvermoë

Hoë opbrengspotensiaal

Besproeiing

Stabiliteit

Page 64: Kommuniek Julie 2012

GWK Korttermynversekering...

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730

Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

Oesversekering is `n onmisbare aspek van `n produsent se risikobestuur. Die ekonomiese klimaat sowel as veranderende weersomstandighede noodsaak produsente om die risiko in iemand anders se hande te plaas. Wanneer verseker `n mens nie? Slegs wanneer jy self die verlies kan dra!

i nnovee r l andbouGWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

DouglasBrits van den BergBestuurder: VersekeringKredietlewensversekering082 803 5190

PrieskaKannetjies KotzeKorttermyn- en Oesversekering082 809 4773

HopetownJanitha von MolendorffKorttermyn- en Oesversekering082 889 4602

DouglasLucas HoltzhausenKrediet- en Lewensversekering 082 682 8201

DouglasMarietjie VermeulenKorttermyn- en Oesversekering082 809 4775

Barkly-WesRené v/d WesthuizenKorttermyn- en Oesversekering082 907 8548

ModderrivierRiana ShergoldKorttermyn- en Oesversekering082 808 2911

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op

welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185