komponente van dieet

12
Verloor gewig vinnig en maklik Die Vyf Komponente vir Suksesvolle Dieet ‘n Publikasie van Jonk.co.za

Upload: wwwjonkcoza

Post on 11-Feb-2017

713 views

Category:

Healthcare


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Komponente van dieet

Verloor gewig

vinnig en

maklik

Die Vyf

Komponente vir

Suksesvolle Dieet

‘n Publikasie van

Jonk.co.za

Page 2: Komponente van dieet

Daaglikse oefening

Page 3: Komponente van dieet

Daaglikse oefening As jy deur harde intense oefening gaan kan jy tussen 500 en 1000 kalorieë verbrand in ‘n uur. Die getal kalorieë wat jy verbrand hang af van verskillende faktore soos jou liggaamsgewig, die tipe oefening wat jy doen en die intensiteit van daardie oefening. Ten spyte van hierdie faktore weet ons almal dat hoe langer jy oefen hoe meer kalorieë sal jy verbrand. Dit is voor die hand liggend en selfs baie ligte oefening is beter as geen oefening. Selfs al vat jy net ‘n daaglikse stappie van ‘n halfuur kan dit wondere vir jou verrig. Waar baie mense die fout maak is hulle probeer te vinnig te hard oefen en verloor dan maklik moed na die eerste week. Begin stadig en probeer klein bietjies daaglikse vordering in jou oefen program maak. Vordering bou selfvertroue selfs al is dit minimaal.

Page 4: Komponente van dieet

Verminder kalorie inname

Page 5: Komponente van dieet

Verminder jou

kalorie inname Deur oor die langtermyn minder te eet SAL jy gewig verloor. Meeste

mense het nie tyd om ‘n uur per dag te oefen nie. Daar is so baie dinge wat kompeteer vir ons tyd en aandag. Die maklikste manier om dan

gewig te verloor is deur net minder te eet. Klink so maklik op papier maar weereens is die fout wat mense maak om op n crash dieet te gaan wat

nie volhoubaar is nie.

Begin deur net jou slegte nie-proteïene soos witbrood, aartappelskyfies, witrys, pannekoek en gebakte poedings uit te sny. Dit is

al massiewe vordering as jy dit kan regkry.

Page 6: Komponente van dieet

Eet vroeër

Page 7: Komponente van dieet

Eet vroeër Een van die ongesondste goed vir jou gewig wat jy kan doen is om te laat te eet. Dit is nie ‘n goeie idee om kliphard deur die dag te werk en dan ‘n groot ete te eet voor jy bed toe gaan nie. Hierdie laataand kalorieë word dan gestoor as vet wat die liggaam later as brandstof wil gebruik. Dikwels kom daardie later dan nooit nie want ons eet net weer die volgende dag. Eet jou laaste ete drie tot vier ure voor jy gaan slaap.

Page 8: Komponente van dieet

Vorder stadig en bou aan

goeie volhoubare

gewoontes

Page 9: Komponente van dieet

Vorder stadig en bou aan

goeie volhoubare gewoontes Ons is te ongeduldig. Ons koop oefenprogramme soos “Insanity” wat mal baie van ons vereis die eerste week en dan gee ons op. Die eerste week is die oefenprogram lekker want dit is nuut en ‘n vars ondervinding maar dan verloor ons vinnig moed. Wat ek altyd aanbeveel is om ‘n goeie dieetplan te kry saam met ‘n oefenprogram waarop jy oor die tydperk van ‘n jaar kan bou. Jy kan vir jouself hoë doelwitte stel maar dit is belangrik om dan ‘n langtermyn uitkyk daarop te he en dit in kleiner doelwitte op te breek.

Maak klein verbeteringe oor ‘n lang tydperk. Nie net gaan jy uitstekende volhoubare resultate sien nie maar dit gaan wondere vir jou selfbeeld

doen as jy jou langtermyn doelwitte bereik. Baie van ons se grootste

probleem is ons is goed daarmee om dinge te begin maar nie om vol te

hou en klaar te maak nie. Die grootste suksesse wat ek al behaal het was

deur hierdie metode van stadige volhoubare groei.

Page 10: Komponente van dieet

Selfbeeld

Page 11: Komponente van dieet

Selfbeeld As jy kan verander hoe jy jouself sien sal jou lewe verander. ‘n Wenk wat ek vir jou kan gee is om ‘n klomp van die Here se beloftes en opbouende maniere waarop Hy jou sien uit sy Woord uit neer te skryf en dit elke dag tien minute te oordink voor jou werk begin. Probeer dit vir ‘n jaar en kyk watse effek dit het! Hierdie is die belangrikste wenk want hoe jy jouself sien maak dat die ander vier komponente maklik in plek val. Maak seker jou selfbeeld is goed. As jy dit kan reg kry SAL jy suksesvol wees. As jy nog sukkel met jou deurbraak lê jou probleem gewoonlik hier.

Page 12: Komponente van dieet

Jonk: Gelukkig en gesond

Hierdie is oorspronklik ‘n artikel van www.jonk.co.za. Gaan kyk gerus op ons webblad vir nog wenke oor dieet en oefening.