kongresborge - · pdf filesosiale beleggingsfiliaal asook deur ontwikkeling van die land se...

1
PLATINUM Absa AgriBesigheid – U vennoot in Landbou Absa beskik oor ’n span landbou-ekonome wat geografiese verteenwoordig is en kliënte ondersteun om hul finansiële behoeftes te bepaal. Gesamentlik het die AgriBesigheidseenheid van Absa meer as 300 jaar se ervaring in die landbousektor. Hierdie kennis en vaardighede laat Absa toe om ’n uitgelese waarde-oplossing aan al sy landboukliënte te bied. Die kennis word gebruik om nie net risiko vir die Bank te bestuur nie, maar ook om te verseker dat verantwoordelike finansiering aan Absa se kliënte gebied word. Absa AgriBesigheid beskik verder oor ’n Sentrum van Voortreflikheid by Absa se Hoofkantoor in Johannesburg. Hierdie sentrum beskik oor spesialis kundigheid in landbou op verskeie vlakke soos: Swart Bemagting in die Landbou; Nuwe Finansiering Produk Ontwikkeling en Innovasie; Spesial Projekte; Landbou Risiko-evaluering en Bestuur; en Ondersteuningsdienste en Opleiding. Gegewe die belangrikheid van die landbousektor, het Absa oor meer as 70 jaar dinamiese, veelsydige en innoverende finansieringsmeganismes vir die sektor ontwikkel. Absa se omvattende, holistiese oplossings is ontwerp om in die behoeftes van boere te voorsien vanaf “die grond tot op die rak”. Produsente kan hul Besigheidsbankiers kontak by die naaste tak of skakel Absa AgriBesigheid by (011) 350 6854 vir verdere inligting of bystand. DIAMANT Santam Landbou Santam optimisties oor volhoubare boerdery Doeltreffende risikobestuur (in die vorm van voldoende oes- en bateversekering) is lewensbelangrik – en dit is hier waar Santam Landbou werklik ’n verskil maak om boere en produseerders te help om ‘n meer volhoubare toekoms te vestig. Om hierdie rede strewe Santam Landbou om versekering selfs meer toeganklik, bekostigbaar en aanloklik vir boere en produseerders te maak. Hoewel Santam Landbou die fundamentele faktore van versekering vir boere en produseerders wil verduidelik, wil hulle ook werklike oplossings bied en goeie raad gee wat tersaaklik is vir hul spesifieke omstandighede. Versekering word dikwels as ’n wrokaankoop beskou – Santam Landbou se uitdaging is om dit meer prakties te maak. Dit gaan alles oor kennis van kliënte en besluite oor wat die beste vir hulle en hul spesifieke omstandighede sal werk. Hulle wil hê boere en produseerders moet weet dat hulle hul besigheid verstaan, dat hulle hul bydrae tot die ekonomie en volhoubare voedselproduksie waardeer, en bowenal dat hulle hul passie vir boerdery deel. Santam Landbou se proefplaas Mooihoek (naby Bloemfontein) is ’n goeie voorbeeld van hoe die maatskappye waarde vir boere en produseerders kan toevoeg. Die wetenskaplike navorsing wat op Mooihoek gedoen word, gee aan boere en produseerders waardevolle inligting oor die moontlike skade aan gesaaides in verskillende groeistadiums. Santam Landbou is tot op hede steeds die enigste Suid-Afrikaanse versekeraar wat so ’n proefplaas het. KONGRESBORGE Agri SA erken hiermee die finansiële bydraes deur Kongresborge soos hier aangedui volgens kategorieë: Platinum, Diamant, Goud, Silwer en Brons. GOUD AgriSETA Die bestek van AgriSETA sluit die landbou omgewing in vanaf insetdienste aan die plaas, aktiwiteite op die plaas asook eerstevlak prosesseringsaktiwiteite vanaf die plaas. In terme van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, het AgriSETA totstand gekom met die doel om verantwoordelikheid te aanvaar vir die vaardigheidsontwikkeling van leerders reeds in diens of werkloos in die landbou sektor, ten einde by te dra tot verhoogde produktiwiteit en indiensneming. AgriSETA fasiliteer die implementering van leer deur middel van Leerlingskappe, Vaardigheidsprogramme, Volwasse Onderrig asook tersiêre onderrig en indiensopleiding deur fondse vir die doel beskikbaar te stel. AgriSETA ondersteun ook Vakleerling- skappe, Internskappe en Mentorskappe. Om kwaliteit opleiding en ontwikkeling te verseker, is die SETA ook deur middel van sy Kwaliteitsversekering Departement, verantwoordelik vir akkreditasie van sektor spesifieke Opleidingsverskaffers asook die monitering en evaluering van die standaard van opleiding verskaf deur die Opleidingsverskaffers. Total SA Die pad vorentoe is nie sonder uitdagings nie – en, as ‘n boer, is opdraande uitklim, berge verskuif en heelwat klippe kou, deel van jou, jou familie en jou gemeenskap se daaglikse lewe. Hier by Total SA stap ons die pad al lank saam met ons land se boeregemeenskap en sy mense. En as vennoot op die pad, het ons enorme respek vir die rol van die boeregemeenskap as ruggraat van die Suid-Afrikaanse Landbou en as voedsel voorsieners van ons land se mense. Daarom bied ons die boer ‘n reeks van dienste en produkte, so wyd soos die vlaktes, en hul het almal een ding in gemeen: die waarborg van hoë standaarde en betroubaarheid– ontwerp om jou masjinerie, jou dag en besigheid gladder te laat verloop. Ons beplan om ons verhouding met jou en jou gemeenskap, in die toekoms sommer in 4 x 4 rat te sit. Besoek ons gerus by www.total.co.za vir meer inligting. TOTAL AGRI - “Laat dit glad loop.” Land Bank Land Bank is ‘n ontwikkelings finansieringsinstansie met ‘n mandaat om die ontwikkeling van landbou te ondersteun, bevorder en te fasiliteer. Die Bank is gestig in 1912 en word besit deur die staat. Land Bank as ‘n finansiële instelling, speel ‘n sleutelrol in die landbou, en verskaf klein- en groothandel finansiering aan boere. Land Bank is die enigste aandeelhouer in LBIC (Land Bank Insurance Company) wat versekeringsprodukte aan boere verskaf. Die bank, as ‘n belangrike implementeringsagent vir die staat, speel ‘n strategiese rol in die stel van maatstawwe om plattelandse armoede te verlig, ekonomiese groei te bevorder en om ontwikkeling in die landbousektor aan te dryf. SILWER Sanlam Sanlam en landbou stap al ’n lang pad saam. Oor die afgelope nege dekades het die maatskappy deur sy betrokkenheid by verskeie landboubedrywighede boere ondersteun, terwyl die Sanlam-groep nommerpas finansiële oplossings vir boere aanbied deur Finansiële Oplossings vir Besigheidseienaars, die maatskappy se portefeulje van finansiële oplossings vir selfbesoldigde persone. In samewerking met Landbouweekblad, bied Sanlam die “Sanlam/Landbouweekblad Landbouvroue Entrepreneurs”-kompetisie aan, ter verering van die entrepreneursgees van vroue wat besighede op landbougrond of in landelike gebiede besit en bestuur. Eskom Eskom is 90 jaar oud Eskom voorsien Suid-Afrika reeds 90 jaar lank van krag sedert sy ontstaan as die Electricity Supply Commission (Escom) op 1 Maart 1923. Danksy stabiele, voldoende kragvoorsiening, kon Suid-Afrika groei tot die grootste en mees ontwikkelde ekonomie in Afrika waar meer as 83% van huishoudings toegang tot elektrisiteit het. Eskom het ook op ‘n meer direkte wyse bygedra tot Suid-Afrika se ontwikkeling deur middel van sy korporatiewe sosiale beleggingsfiliaal asook deur ontwikkeling van die land se tegniese vaardighede via beurse, leerlingskappe en mentorskapprogramme. Eskom bied ook direkte werksgeleenthede aan tienduisende Suid-Afrikaners, met sy huidige indiensnamesyfer op 46 266. Eskom het wel ‘n trotse nalatenskap, maar daar is nog baie werk om te doen. Wat dienslewering aan landbou-kliënte betref, fokus ons spesifiek op die volgende: Lig kliënte in oor hoe hulle hul elektriese gereedskap beter kan beskerm. Verlaag ons meterlees-ramings deur kanale beskikbaar te stel vir kliënte om self hul meters te lees. Handhaaf die akkuraatheid van ons meters. Voorsien kliënte van beter terugvoer oor die herstel van kragtoevoer. Help kliënte om hul rekeninge beter te verstaan. Verbeter ons toevoer-hersteltye (Supply Restoration Times) gedurende kragonderbrekings. Verbeter ons reaksietyd op kwotasies en nuwe aansluitings. Ons het op vele terreine vordering gemaak waar ons, ons vaardighede in die gebruik van die hulpbronne tot ons beskikking aangewend het om ons in staat te stel om die besigheid te stabiliseer en die fondasie te lê vir ‘n meer bekosbare, buigsame instansie wat ‘n toenemende bydrae tot Suid-Afrika se groei en ontwikkeling lewer. Senwes Toekomsgerigtheid hou landbou relevant Landbou van die toekoms sal nie wees wat dit vandag is nie. Die momentum van die konsolidasie van landboubesighede is reeds besig om te versnel en vorm deel van die vaartbelyning van ‘n bedryf wat sy vere regskud om ‘n konstruktiewe bydrae te kan maak tot die doelstellings van die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan. As deel van Senwes se toekomsstrategie het ons die verlede ontleed en toekomstige waarskynlikhede geanaliseer. Ons 2020-strategie is eenvoudig: konsolideer, herorganiseer, integreer in graanwaardekettings en internasionaliseer. Die groeivennootskappe wat tot dusver bereik is, tel as mylpale in die nuwe koers wat deur Senwes ingeslaan is. Die Nasionale Ontwikkelingsplan is ontwerp om ‘n nuwe koers vas te lê, met die vermindering van armoede en ongelykhede as verwagte uitkoms. Senwes – as ‘n sleutelrolspeler in die landbou – aanvaar die uitdaging om werkskepping en die verskaffing van voedselsekerheid op ‘n volhoubare basis in die hand te werk. Mag vanjaar se kongrestema kollektiewe innoverende denke aanspoor wat landbou sal beklemtoon vir die relevante en toekomsgerigte bedryf wat dit is. Vriendelike groete Francois Strydom Besturende Direkteur: Senwes Vodacom Vodacom se afdeling wat na besigheid behoeftes omsien, beter bekend as Vodacom Business, bied totale kommunikasie oplossings vir die openbare sektor, groot-, medium- en klein sake ondernemings. Vodacom Business en Agri SA, ‘n federasie van landbou-organisasies, het in 2012 ‘n vernootskapooreenkoms vir ‘n satelliet-gebaseerde kommunikasie-oplossing vir Agri SA-lede en die breëer landelike gemeenskap aangekondig. Hierdie ooreenkoms volg op ‘n besluit wat tydens Agri SA se 2011-kongres geneem is, waar Agri SA gevra is om alternatiewe telekommunikasiestelsels vir landelike gebruikers te ondersoek. Vodacom Business is deeglik bewus daarvan dat landelike gebiede in Suid-Afrika swak bedien word wat konnektiwiteit betref. Dit hou ernstige probleme in – nie net vir die boeregemeenskap nie, maar ook vir hul kliënte, diensverskaffers en landelike gemeenskappe oor die algemeen. Landbou is ‘n kritieke sektor vir ontwikkeling, werkverskaffing en die ekonomie van die land en benodig hoogs moderne tegnologie om hul besighede te bemark en uit te brei. ‘n Vernootskap met Agri SA bring Vodacom Business se satelliet-gebaseerde spraak- en data-oplossings na die landelike gemeenskap, insluitend Agri SA-lede. Vodacom Business bied oplossings oor mobiele en vaste lyn tegnologie wat insluit virtuele privaat netwerke (VPN), stem oor internet protokol (VoIP), wolkverwerkingsdienste, stoorfasiliteite, rugsteunkopie, sekuriteit- en web-gebaseerde dienste. Mutual & Federal Agri Dis ons voorreg om betrokke te wees by Agri SA. Ons deel ‘n passie vir die Landbou en die beskerming van die boer, sy bates en dit wat vir hom belangrik is. Die uitdagings wat elkeen van ons in die gesig staar maak dit onontbeerlik om ‘n vennoot te hê wat begrip het vir die uitdagings, maar ook oplossings en ondersteuning bied. Mutual & Federal Agri is deel van die landbou. Die vennootskap met u is kosbaar en daarom ploeg ons deurlopend terug. Mag die kongres waardevol wees en u versterk en gemotiveerd terugkeer plaas toe. Statistiek Suid Afrika (Stats SA) Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) bedank alle respondente vir hul ondersteuning met die 2012 Landbou-steekproefopname, waarvan die syfers binnekort gepubliseer gaan word. Ons wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om respondente in kennis te stel van die 2012 Landbou-steekproefopname waarvoor vraelyste alreeds uitgestuur is, en om hulle aan te moedig om hul heelhartige samewerking te gee. Die inligting wat versamel word, word gebruik vir die evaluering van uitdagings, ontwikkelings en neigings in die kommersiële boerderysektor. Die regering en privaatsektor gebruik ook die inligting om te bepaal tot watter mate die landbousektor tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP) bydra. Ingevolge artikel 17 van die Wet op Statistieke, 1999 (Wet No. 6 van 1999), word alle inligting wat versamel word deur Stats SA as uiters streng vertroulik hanteer. BRONS

Upload: dinhdieu

Post on 07-Feb-2018

234 views

Category:

Documents


18 download

TRANSCRIPT

PLATINUMAbsa AgriBesigheid – U vennoot in Landbou

Absa beskik oor ’n span landbou-ekonome wat geografiese verteenwoordig is en kliënte ondersteun om hul finansiële behoeftes te bepaal. Gesamentlik het die AgriBesigheidseenheid van Absa meer as 300 jaar se ervaring in die landbousektor. Hierdie kennis en vaardighede laat Absa toe om ’n uitgelese waarde-oplossing aan al sy landboukliënte te bied. Die kennis word gebruik om nie net risiko vir die Bank te bestuur nie, maar ook om te verseker dat verantwoordelike finansiering aan Absa se kliënte gebied word.Absa AgriBesigheid beskik verder oor ’n Sentrum van Voortreflikheid by Absa se Hoofkantoor in Johannesburg. Hierdie sentrum beskik oor spesialis kundigheid in landbou op verskeie vlakke soos:• SwartBemagtingindieLandbou;• NuweFinansieringProdukOntwikkelingenInnovasie;• SpesialProjekte;• LandbouRisiko-evalueringenBestuur;en• OndersteuningsdiensteenOpleiding.Gegewe die belangrikheid van die landbousektor, het Absa oor meer as 70 jaar dinamiese, veelsydige en innoverende finansieringsmeganismes vir die sektor ontwikkel. Absa se omvattende, holistiese oplossings is ontwerp om in die behoeftes van boere te voorsien vanaf “die grond tot op die rak”.ProdusentekanhulBesigheidsbankierskontakbydienaastetakofskakelAbsaAgriBesigheidby(011)3506854virverdereinligting of bystand.

DIAMANTSantam Landbou

Santam optimisties oor volhoubare boerdery

Doeltreffende risikobestuur (in die vorm van voldoende oes- en bateversekering) islewensbelangrik–endit ishierwaarSantamLandbouwerklik’nverskilmaakomboereenproduseerders te help om ‘n meer volhoubare toekoms te vestig.OmhierdieredestreweSantamLandbouomversekeringselfsmeertoeganklik,bekostigbaaren aanloklik vir boere en produseerders te maak. HoewelSantamLandboudiefundamentelefaktorevanversekeringvirboereenproduseerderswilverduidelik,wilhulleookwerklike oplossings bied en goeie raad gee wat tersaaklik is vir hul spesifieke omstandighede. Versekering word dikwels as ’n wrokaankoopbeskou–SantamLandbouseuitdagingisomditmeerpraktiestemaak.Ditgaanallesoorkennisvankliënteen besluite oor wat die beste vir hulle en hul spesifieke omstandighede sal werk. Hulle wil hê boere en produseerders moet weet dat hulle hul besigheid verstaan, dat hulle hul bydrae tot die ekonomie en volhoubare voedselproduksie waardeer, en bowenal dat hulle hul passie vir boerdery deel. SantamLandbouseproefplaasMooihoek(nabyBloemfontein)is’ngoeievoorbeeldvanhoediemaatskappyewaardevirboereenproduseerderskantoevoeg.DiewetenskaplikenavorsingwatopMooihoekgedoenword,geeaanboereenproduseerderswaardevolle inligtingoordiemoontlikeskadeaangesaaides inverskillendegroeistadiums.SantamLandbouistotophedesteeds die enigste Suid-Afrikaanse versekeraar wat so ’n proefplaas het.

KongreSborgeAgri SA erken hiermee die finansiële bydraes deur Kongresborge soos hier aangedui volgens kategorieë: Platinum, Diamant, Goud, Silwer en Brons.

WEB BORGE 2013.indd 8 2013/11/14 11:11:03 AM

9

GOUD

AgriSETA

Die bestek van AgriSETA sluit die landbou omgewing in vanaf insetdienste aan die plaas, aktiwiteite op die plaas asook eerstevlak prosesseringsaktiwiteite vanaf die plaas.

In terme van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, het AgriSETA totstand gekom met die doel om verantwoordelikheid te aanvaar vir die vaardigheidsontwikkeling van leerders reeds in diens of werkloos in die landbou sektor, ten einde by te dra tot verhoogde produktiwiteit en indiensneming.

AgriSETA fasiliteer die implementering van leer deur middel van Leerlingskappe, Vaardigheidsprogramme, Volwasse Onder rig asook tersiêre onderrig en indiensopleiding deur fondse vir die doel beskikbaar te stel. AgriSETA ondersteun ook Vakleerling­skappe, Internskappe en Mentorskappe.

Om kwaliteit opleiding en ontwikkeling te verseker, is die SETA ook deur middel van sy Kwaliteitsversekering Departement, verantwoordelik vir akkreditasie van sektor spesifieke Opleidingsverskaffers asook die monitering en evaluering van die standaard van opleiding verskaf deur die Opleidingsverskaffers.

Total SA

Die pad vorentoe is nie sonder uitdagings nie – en, as ‘n boer, is opdraande uitklim, berge verskuif en heelwat klippe kou, deel van jou, jou familie en jou gemeenskap se daaglikse lewe. Hier by Total SA stap ons die pad al lank saam met ons land se boeregemeenskap en sy mense. En as vennoot op die pad, het ons enorme respek vir die rol van die boeregemeenskap as ruggraat van die Suid­Afrikaanse Landbou en as voedsel voorsieners van ons land se mense. Daarom bied ons die boer ‘n reeks van dienste en produkte, so wyd soos die vlaktes, en hul het almal een ding in gemeen: die waarborg van hoë standaarde en betroubaarheid– ontwerp om jou masjinerie, jou dag en besigheid gladder te laat verloop.

Ons beplan om ons verhouding met jou en jou gemeenskap, in die toekoms sommer in 4 x 4 rat te sit. Besoek ons gerus by www.total.co.za vir meer inligting.

TOTAL AGRI - “Laat dit glad loop.”

Land Bank

Land Bank is ‘n ontwikkelings finansieringsinstansie met ‘n mandaat om die ontwikkeling van landbou te ondersteun, bevorder en te fasiliteer. Die Bank is gestig in 1912 en word besit deur die staat. Land Bank as ‘n finansiële instelling, speel ‘n sleutelrol in die landbou, en verskaf klein­ en groot handel finansiering aan boere. Land Bank is die enigste aandeelhouer in LBIC (Land Bank Insurance Company) wat versekeringsprodukte aan boere verskaf. Die bank, as ‘n belangrike implementeringsagent vir die staat, speel ‘n strate giese rol in die stel van maatstawwe om plattelandse armoede te verlig, ekonomiese groei te bevorder en om ontwikkeling in die landbousektor aan te dryf.

SILWER

Sanlam

Sanlam en landbou stap al ’n lang pad saam. Oor die afgelope nege dekades het die maatskappy deur sy betrokkenheid by verskeie landboubedrywighede boere ondersteun, terwyl die Sanlam­groep nommerpas finansiële oplossings vir boere aanbied deur Finansiële Oplossings vir Besigheidseienaars, die maatskappy se portefeulje van finansiële oplossings vir selfbesoldigde persone.

In samewerking met Landbouweekblad, bied Sanlam die “Sanlam/Landbouweekblad Landbouvroue Entrepreneurs”­kompetisie aan, ter verering van die entrepreneursgees van vroue wat besighede op landbougrond of in landelike gebiede besit en bestuur.

WEB BORGE 2013.indd 9 2013/11/14 11:11:15 AM

Eskom

Eskom is 90 jaar oud

Eskom voorsien Suid-Afrika reeds 90 jaar lank van krag sedert sy ontstaan as die Electricity Supply Commission (Escom) op 1 Maart 1923.

Danksy stabiele, voldoende kragvoorsiening, kon Suid-Afrika groei tot die grootste en mees ontwikkelde ekonomie in Afrika waar meer as 83% van huishoudings toegang tot elektrisiteit het.

Eskom het ook op ‘n meer direkte wyse bygedra tot Suid-Afrika se ontwikkeling deur middel van sy korporatiewe sosiale beleggingsfiliaal asook deur ontwikkeling van die land se tegniese vaardighede via beurse, leerlingskappe en mentorskapprogramme. Eskom bied ook direkte werksgeleenthede aan tienduisende Suid-Afrikaners, met sy huidige indiensnamesyfer op 46 266. Eskom het wel ‘n trotse nalatenskap, maar daar is nog baie werk om te doen.

Wat dienslewering aan landbou-kliënte betref, fokus ons spesifiek op die volgende:

• Ligkliënteinoorhoehullehulelektriesegereedskapbeterkanbeskerm.• Verlaagonsmeterlees-ramingsdeurkanalebeskikbaartestelvirkliënteomselfhulmeterstelees.• Handhaafdieakkuraatheidvanonsmeters.• Voorsienkliëntevanbeterterugvoeroordieherstelvankragtoevoer.• Helpkliënteomhulrekeningebeterteverstaan.• Verbeteronstoevoer-hersteltye(SupplyRestorationTimes)gedurendekragonderbrekings.• Verbeteronsreaksietydopkwotasiesennuweaansluitings.

Ons het op vele terreine vordering gemaak waar ons, ons vaardighede in die gebruik van die hulpbronne tot ons beskikking aangewend het om ons in staat te stel om die besigheid te stabiliseer en die fondasie te lê vir ‘n meer bekosbare, buigsame instansie wat ‘n toenemende bydrae tot Suid-Afrika se groei en ontwikkeling lewer.

Senwes

Toekomsgerigtheid hou landbou relevant

Landbouvandietoekomssalnieweeswatditvandagisnie.Diemomentumvandiekonsolidasie van landboubesighede is reeds besig om te versnel en vorm deel van die vaartbelyning van ‘n bedryf wat sy vere regskud om ‘n konstruktiewe bydrae te kan maak tot die doelstellings van die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan.

As deel van Senwes se toekomsstrategie het ons die verlede ontleed en toekomstige waarskynlikhede geanaliseer. Ons 2020-strategie is eenvoudig: konsolideer, herorganiseer, integreer in graanwaardekettings en internasionaliseer. Die groeivennootskappe wat tot dusver bereik is, tel as mylpale in die nuwe koers wat deur Senwes ingeslaan is.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan is ontwerp om ‘n nuwe koers vas te lê, met die vermindering van armoede en ongelykhede as verwagte uitkoms. Senwes – as ‘n sleutelrolspeler in die landbou – aanvaar die uitdaging om werkskepping en die verskaffing van voedselsekerheid op ‘n volhoubare basis in die hand te werk.

Mag vanjaar se kongrestema kollektiewe innoverende denke aanspoor wat landbou sal beklemtoon vir die relevante en toekomsgerigte bedryf wat dit is.

Vriendelikegroete

Francois Strydom

Besturende Direkteur: Senwes

 

WEB BORGE 2013.indd 10 2013/11/14 11:11:30 AM

Vodacom

Vodacom se afdeling wat na besigheid behoeftes omsien, beter bekend as Vodacom Business, bied totale kommunikasie oplossings vir die openbare sektor, groot-, medium-en klein sake ondernemings.

Vodacom Business en Agri SA, ‘n federasie van landbou-organisasies, het in 2012 ‘n vernootskapooreenkoms vir ‘n satelliet-gebaseerde kommunikasie-oplossing vir Agri SA-lede en die breëer landelike gemeenskap aangekondig. Hierdie ooreenkoms volg op ‘n besluit wat tydens Agri SA se 2011-kongres geneem is, waar Agri SA gevra is om alternatiewe telekommunikasiestelsels vir landelike gebruikers te ondersoek.

Vodacom Business is deeglik bewus daarvan dat landelike gebiede in Suid-Afrika swak bedien word wat konnektiwiteit betref. Dit hou ernstige probleme in – nie net vir die boeregemeenskap nie, maar ook vir hul kliënte, diensverskaffers en landelike gemeenskappe oor die algemeen. Landbou is ‘n kritieke sektor vir ontwikkeling, werkverskaffing en die ekonomie van die land en benodig hoogs moderne tegnologie om hul besighede te bemark en uit te brei. ‘n Vernootskap met Agri SA bring Vodacom Business se satelliet-gebaseerde spraak- en data-oplossings na die landelike gemeenskap, insluitend Agri SA-lede.

Vodacom Business bied oplossings oor mobiele en vaste lyn tegnologie wat insluit virtuele privaat netwerke (VPN), stem oor internet protokol (VoIP), wolkverwerkingsdienste, stoorfasiliteite, rugsteunkopie, sekuriteit- en web-gebaseerde dienste.

Mutual & Federal Agri

Dis ons voorreg om betrokke te wees by Agri SA. Ons deel ‘n passie vir die Landbou en die beskerming van die boer, sy bates en dit wat vir hom belangrik is. Die uitdagings wat elkeen van ons in die gesig staar maak dit onontbeerlik om ‘n vennoot te hê wat begrip het vir die uitdagings, maar ook oplossings en ondersteuning bied.

Mutual & Federal Agri is deel van die landbou. Die vennootskap met u is kosbaar en daarom ploeg ons deurlopend terug.

Mag die kongres waardevol wees en u versterk en gemotiveerd terugkeer plaas toe.

Statistiek Suid Afrika (Stats SA)

Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) bedank alle respondente vir hul ondersteuning met die 2012 Landbou-steekproefopname, waarvan die syfers binnekort gepubliseer gaan word.

Ons wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om respondente in kennis te stel van die 2012 Landbou-steekproefopname waarvoor vraelyste alreeds uitgestuur is, en om hulle aan te moedig om hul heelhartige samewerking te gee.

Die inligting wat versamel word, word gebruik vir die evaluering van uitdagings, ontwikkelings en neigings in die kommersiële boerderysektor. Die regering en privaatsektor gebruik ook die inligting om te bepaal tot watter mate die landbousektor tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP) bydra.

Ingevolge artikel 17 van die Wet op Statistieke, 1999 (Wet No. 6 van 1999), word alle inligting wat versamel word deur Stats SA as uiters streng vertroulik hanteer.

WEB BORGE 2013.indd 11 2013/11/14 11:11:44 AM

Nissan SA

Nissan SA wil graag die geleentheid gebruik om sy onderneming om landelike veiligheid te bevorder deur sy finansiële bydrae tot die Agri Securitas Trustfonds te herbevestig.

Hierdie verbintenis van Nissan SA met die Trustfonds strek reeds vir twaalf jaar waardeur Nissan SA ‘n bydra van ‘n R1 000.00 tot die Trustfonds bewillig vir elke nuwe Nissan voertuig wat deur die landbou, insluitende boere, aangekoop word. Die gebruiklike metode waarby ‘n Vlootkode, F14911 gebruik word om vir die afslag te kwalifiseer wanneer ‘n voertuig by ‘n handelaar aangekoop word is steeds in werking.

Bydraes deur die Trustfonds word onder andere aangewend om ‘n beradingsdiens aan boeregemeenskappe te verskaf, ‘n inligtingsdiens in die Vrystaat te bedryf wat reeds groot welslae behaal het om plaasaanvalle in die provinsie te voorkom, die voorsiening van kommunikasiestelsels aan boeregemeenskappe om noodkommunikasie te bevorder en om hulle landelike beveiligingsplanne effektief te bedryf, en vele meer.

Dit is dus geen verrassing dat Nissan SA so ‘n sterk verhouding met die landboubedryf het nie. Die motorvervaardiger het ‘n 70-jaar erfenis in hierdie mark met die mees omvattende reeks handelsvoertuie tans op die mark. Die reeks strek vanaf die NP200 halftonner wat die 1400 bakkie vervang het, die betroubare reeks eentonners van die Hardbody na die Navara dubbelkajuit en Kingcab modelle en die toppunt van Nissan se werkesel –voertuie, die onstuitbare Patrol.

Tydens die Kongres sal van die bogenoemde modelle op die terrein beskikbaar wees en ons verwelkom u vir nadere besigtiging.

T&E FinOps

‘n Gesonde vennootskap word gekenmerk deur aktiewe deelname van die partye betrokke.Aktiewe betrokkenheid verseker suksesvolle implementering en bereiking van doelwitte

Die T&E Finops / Agri SA vennootskap het na 15 jaar ‘n stadium bereik waar sterker onder-steuning vir groei nodig is. Gedurende die afgelope 15 jaar is daar bykans R10 miljoen se eise aan boeregesinne uitbetaal teenoor ‘n premie-inkomste van R20 miljoen.

Dit is uiters belangrik dat Agri SA op bestuursvlak en deur sy veiligheidsverteenwoordigers deel-name aan die Gesinsbesskermerproduk sal bevorder.

‘n Gesamentlike poging is dus nou nodig om getalle te laat groei om sodoende te verhoed dat lede onnodige trauma ervaar.

CrisisOnCall

Die landbou gemeenskap is vir ons baie belangrik. Dit is waarom CrisisOnCall ‘n diens aan hulle en hul gesinne beskikbaar stel wat bystand kan lewer midde in ‘n krisis.

Daar is die afgelope jaar by verskeie geleenthede telefoniese mediese advies aan mense op die platteland gegee wat hulself midde in ’n ongekende mediese situasie bevind het terwyl daar ook ernstig beseerdes per lug na die stad vervoer is vir onmiddellike mediese behandeling. (Mnr. Piet Taute is op dieselfde dag in Julie 2013 wat hy ‘n beroerte gehad het, vanaf Carolina na Pretoria per helikopter vervoer nadat sy huisdokter aanbeveel het dat hy vinnig by ‘n hospitaal in Pretoria moet uitkom – CrisisOnCall het al die kostes betaal).

Die dienste van CrisisOnCall gee gemoedsrus aan plaasboere en hul gesinne.

CrisisOnCall is ook trots om sedert Desember 2003 maandeliks ’n bydrae uit lidmaatskap aan die Agri Securitas Trustfonds te maak en sodoende by te dra tot landelike beveiliging.

WEB BORGE 2013.indd 14 2013/11/14 11:12:33 AM

BRONS

Agri sA se sAkevennote met wie dAAr ‘n spesifieke ooreenkoms

bestAAnAgri SA gee erkenning aan sakevennote wat op verskeie vlakke van die organisasie ‘n bydrae maak: Absa AgriBesigheid, Sanlam, Vodacom, Nissan SA, T&E FinOps en

CrisisOnCall.

Absa AgriBesigheid

Absa Agribesigheid – U vennoot in die landbou

Die landbousektor vorm een van die hoekstene van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Hoewel regstreekse ekonomiese bydrae ongeveer 2,5% beloop, raak sy rol duidelik as ‘n mens in ag neem dat ongeveer 32% van die ekonomie deur dié sektor beïnvloed word as gevolg van sy oor-en-weer-skakeling met ander sektore binne die ekonomie en is dit selfs groter indien die kleinhandelvoedselsektor ook bygereken word.

Landbou speel nie net ‘n belangrike rol op die gebied van ekonomiese bydrae nie, maar voorsien ook meer as ‘n miljoen formele en informele werksgeleenthede. Die sektor is deur sy uitvoerbedrywe ‘n belangrike bron van internasionale handel en ‘n genereerder van buitelandse kapitaal. Wat internasionale handel betref, is Suid-Afrika onder die top sewe uitvoerlande van landbouprodukte. Daar is groot prestasies, veral wanneer landbou se seisoensgebondenheid, algemeen dor produksieomgewing en sy blootstelling aan ongunstige klimaatstoestande in ag geneem word.

Absa is verbind tot die sektor en is sedert die vorige eeuwisseling ‘n strategiese en finansiële vennoot van die landbousektor van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Sy verbintenis word aangedryf deur ‘n holistiese benadering wat langtermynvolhoubaarheid en

WEB BORGE 2013.indd 12 2013/11/14 11:12:00 AM