kontakpersone &...

33

Upload: others

Post on 21-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk
Page 2: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Jubila-voorsitter:

ID Nagel – 072 926 6851

[email protected]

Kontakpersone & inligting

Hulppredikante:

Prof. (Oom) Henk Stoker – 082 327 8921

Prof. ("Net Albert") Albert Coetsee – 084 577 1777

Pastorale berader:

Dr. Frans Minnie – 082 787 4583

Diakonie (vir koskas, nood en skenkings):

Nardus Buys – 076 413 7273

[email protected]

Susters:

Lida Robinson – 076 263 4983

[email protected]

Bankbesonderhede:

Gereformeerde Kerk Cachet

Takkode: 335-138,

ABSA-tjekrekening

Rekeningnommer: 06 7034 0023

Verwysing: wyk, voorletters & vanErediens preke &

oordenkings:

http://gkcachet.org.za/

Stuur enige inligting

vir die Cachetbiljet na:

Philip Wepener – 083 454 6035

[email protected]

voor óf op Vrydae om 10:00Vir vervoer na eredienste

en/of kerkaksies:

Zard Aucamp –

061 638 5247

Koster & owerpoints:

Philip Wepener – 083 454 6035

[email protected]

Psalms begeleiding deur Tilla Labuschagne:

https://npwepener.wixsite.com/website

Page 3: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Izak van der Westhuizen

Sien die oordenking op dievolgende bladsy.

Oggend Oordenking Aand Oordenking

Prof Albert Coetsee

Skriflesing: Prediker 11:1-6

Tema:

Skakel: Prediker 11:1-6

Die Here verwag vanons om brawe en ver-standige risiko's teneem

Page 4: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Skrifgedeelte:

• Openbaring 14:1-5

• Fokusverse: vers 1-3

Tema:

Ons is deur God gemerk om syne te wees! Sing saam as kerk ʼn loflied!

• Die Lam en Sy Vader se Naam is op die kerk se voorkoppe geskryf.

• Die kerk sing ʼn loflied van oorwinning en verlossing!

Geliefde broer en suster,

Oor die toekoms is daar baie dinge waaroor ons onseker is. Wie van onsweet wanneer die inperking gaan klaar wees en wanneer ons kan teruggaan kampus toe? Kan iemand aan ons vertel hoe ons gesondheid sal lykoor ʼn maand of twee van nou?

Ja, oor wat in ons elkeen se lewe hier op aarde sal gebeur in die toekoms,weet ons nie veel nie… Wat dan van die dinge wat ons wel weet? Sal onskan sê wat met ons sal gebeur in die lewe hierna?

1

Page 5: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Om ʼn blik in die toekoms te kry, gaan ons vandag kyk na wat die apostelJohannes vir ons opgeteken het in Openbaring 14:1-5. In die boek ontvangons net nie ʼn blik op die toekoms nie, maar ons ontvang ook troos vir watdie toekoms inhou! Ons lees dit dus nie met angs en verskrikking nie, maarword getroos deur dit wat bekend gemaak word van die toekoms!

In Openbaring lees ons van verskillende gesigte wat Johannes gesien het.In hoofstuk 1 word hy beveel om dit wat hy sien, neer te skryf. Hy beskryfnoukeurig alles wat aan hom gewys word in die gesigte wat hy sien. Hyskryf dan in baie simboliese taal oor beelde, karakters en gebeurtenisse wathy sien en hoor. Met die eerste oogopslagkan dit baie moeilik lyk om sin temaak daarvan. Tog is dit moontlik om hierdie beelde verantwoordelik teverklaar!

Een van dié gesigte en gebeure wat Johannes gesien het, is wat ons saamlees uit Openbaring 14:1-5. Hier lees ons dat die Lam en Sy Vader seNaam op die kerk se voorkoppe geskryf is…

Ja, Johannes skryf dat hy die Lam op die berg Sion sien staan, saam methonderd vier en veertig duisend mense wat gemerk is met die Lam en Sy

2

Page 6: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Vader se Naam op hulle voorkop.

In Openbaring 5 word die Lam beskryf as die Leeu van Juda, dieafstammeling van Dawid, wat geslag is en oorwinning behaal het. Dieouderlinge en die lewende wesens wat saam Hom daar was, kniel voorHom… Hy is waardig om mag en rykdom, wysheid en sterkte, eer,heerlikheid en lof te ontvang! Die Lam van hoofstuk 7 ontvang groot eer enmens sien iets van ʼn Koningfiguur.

In Hoofstuk 14 word die beeld ook sigbaar, waar dit duidelik is dat die Lamdie Koning van die 144 000 is! Hy is die Lam wat geslag is, wat alle maghet! En Hy is niemand anders as ons Here Jesus Christus nie! Dit is Hywaarvan Johannes die doper in die Johannes-Evangelie ook praat as hy sê:“Kyk, daar is die Lam van God!” Dit is Hy wat op Golgota geslag is, nie omoorwonne te wees nie, maar om te oorwin! Dit is Hy wat heersersmag hetoor die kerk, soos ons in Openbaring 1 ook lees. Hy loop tussen die kerkdeur en hou hulle in stand. Hy is die Hoof van die kerk en Hy het die magom te sê wie is deel van Sy Liggaam. Daarom kan Hy ook die kerkversamel en Sy merk op hulle plaas! Hulle behoort aan Hom!

3

Page 7: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

In hoofstuk 7 word ʼn engel opdrag gegee om 144 000 dienaars van God temerk met die seël. Die dienaars sal die seël van God ontvang wat die Lamen Sy Vader se Naam op het. Die seël is ʼn teken dat God hulle beskerm…Hy hou hulle vas, want eers nadat hulle die seël ontvang, sal die aarde dieoordeel ontvang wat dit toekom! Hulle sal dus veilig wees omdat hulle deurGod gemerk is as Syne! Ons kan hier dink aan die teken van die bloed aandie deurkosyne van die Israeliete net voor hulle uit Egipte getrek het. DieHere het nie dood gebring na die huis waar die teken van bloed aan hulledeurkosyne was nie. Hier in Openbaring is die teken van die Lam en SyVader se Naam op die voorkop ook ʼn vrywaring van dood. Die 144 000 watsaam Christus staan, het die dood vrygespring want hulle het Christus asKoning in hulle midde!

Die getal 144 000 bestaan uit 12 000 van elke stam van die volk Israel, metJosef en Levi in die plek van Dan en Efraim, soos dit staan in Openbaring 7.Die simboliek agter die getal word ook verkry deur die volmaakte getal, 10,wat drie keer gemaal word met 3, die getal van God, en met 4, die getal vandie wêreld, vanweë hulle windrigtings. Dié getal word dan met die 12stamme van Israel gemaal. Die antwoord daarvan is 144 000, wat op dievolmaakte getal dui. Dit is die volledige kerk van God, te midde van dieoordeel. Dit is dus slegs ʼn simboliese getal, en dit is ook nie nét die

4

Page 8: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

nageslag van Israel wat deel kan wees van die getal van God nie. Ons belydie kerk van God bestaan uit elke stam en taal en nasie, en oor alle eeue.Daarom glo ons nie soos die Jehova getuies dat dit slegs ʼn letterlike144 000 mense is wat deel uitmaak van die kerk van God nie. Ons glo ooknie soos die Israelvisie-beweging dat mens uit die nageslag van Israel moetwees om gered te word nie! Albei die bogenoemde sienings is ʼn letterlikeinterpretasie, en dus nie ʼn verantwoordelike verklaring van die beelde nie.

Hierdie 144 000 mense, die kerk van Christus, is gemerk in hoofstuk 7 omdie Lam en Sy Vader se Naam op hulle voorkoppe te hê. Hulle is gemerkmet die seël wat duidelik maak: Julle het die Naam van julle verlosser JesusChristus en Sy Vader op julle voorkop! Julle het die seël op julle kop watslegs Christus, die Lam kan oopmaak! Julle behoort aan God! Niemandanders kan die seël van julle voorkoppe af wegneem en julle wegruk vanGod af nie! Nie eers die Satan, wat die vals profeet en die draak genoemword, kan die getal van God se uitverkore kinders verander nie! Satan hetsy eie volgelinge, en hy merk hulle met die teken van 666, die teken van diedood. Al die mense wat nie deel is van die 144 000 mense nie, ontvangSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei.

Ná hoofstuk 7 waar die 144 000 die seël ontvang het, lees ons dat die5

Page 9: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Satan alles in sy mag probeer het om die mensdom te bedrieg om sy naameerder aan te roep en hom te dien, in plaas van die Lam. Hy probeer selfsmaak asof hy die Lam is en doen groot tekens om mense te oorreed omhom te aanbid. Hy probeer ook om Christus self te vermoor, soos ons leesin hoofstuk 12. Hy loop rond en belaster God se Naam aanhoudend. Als indie proses om meer volgelinge te kry wat hom kan aanbid. Maar hy wordegter geoordeel en ontvang God se toorn oor al sy boosheid! Hy ontvangdie straf wat hom toekom omdat hy in rebellie teenoor God is! Niks van sypogings is geslaagd om skade te doen aan die getal van God se uitverkorekinders nie, want die volle 144 000 staan saam met die Lam op die bergSion!

Sion, of Jerusalem, soos dit beter bekend staan, is die Dawidstad wat vanafdie Ou Testament reeds in verhouding staan met oorwinning en verlossingvir die oorblyfsel van God. Dit is hier vanuit die hoofstad van Israel waarDawid regeer het en waar die tempel van God was. Die berg Sion word hiergelykgestel aan die Nuwe Jerusalem- en in die beeld wat Johannes sien,staan die Lam en die 144 000 op Sion waar daar oorwinning is!

Geliefde broer en suster, as ons na die verhaal kyk wat Johannes hier aanons opgeteken het, en ons lees dit net as ʼn gesig wat iemand 2000 jaar

6

Page 10: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

gelede gekry het, dan het dit eintlik maar geen waarde en troos vir onsvandag in ons omstandighede nie… Dan is dit maar net ʼn angswekkendeverhaal van oorlogvoering tussen goed en sleg, amper soos ʼn feëverhaal.As ons die beelde wat Johannes aan ons oordra, in die lig van ʼntoekomstige profesie beskou, dan dra dit baie meer waarde! Dan kan onsbesef dat ons deel het in hierdie beelde en kan ons in opgewondenheid wagop hierdie finale oorwinning van Christus! Om dit so te beskou, moet daardan lyne getrek word van die beelde van Johannes, na vandag toe, en ookna die toekoms!

Soos reeds genoem, is die 144 000 mense wat op die berg Sion staan, diekerk van Christus. Dit is nie alleenlik die kerk van Christus by Sywederkoms nie, maar dit is ook die kerk van Christus vandag! Ons is deelvan die 144 000 mense wat op Sion staan! Ons het die Lam en Sy Vader seNaam op ons voorkoppe geskrywe! Christus het ook vir ons losgekoop vandie aarde, sodat ons nie die merk van die Satan kan hê en tot doodgeoordeel word nie! Die Lam het ons losgekoop van die oordeel deur Sykosbare bloed! Dit is deur Sy verlossingswerk wat ons deel geword het vanGod se volk, deur die geloof in die Evangelie, soos Efesiërs 1:13 ons leer.En deur die Heilige Gees beseël Hy ons tot God se eiendom! Hy laat onsdeel hê aan die belofte van verlossing! Die Gees skenk ook aan ons diegeloof om deur Christus losgekoop te wees!

7

Page 11: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Ons hoor vandag weer dat Christus ons losgekoop het van oordeel. DieHeilig Gees bewerk dit in ons harte dat ons dit kan glo en deel het aan Syoorwinning Die werklikheid van verlossing het noodwendig ʼn reaksie op onslewe!… En wanneer die 144 000 op die berg Sion staan, is hulle ook besigom in reaksie op hulle verlossing, ʼn lied te sing!

Die kerk sing ʼn loflied van oorwinning en verlossing!

Johannes hoor die harde klank- soos ʼn gedruis van ʼn groot watermassa endie gedreun van swaar donderweer. Hy sê dit klink soos die geluid vansiterspelers wat op hulle siters speel… Die geluid wat hy hoor, is die kerk opdie berg Sion wat ʼn lied sing voor die troon van God en voor almal watrondom die troon staan. En probeer jouself indink… die ryk, suiwer, lieflikeklank van die kerk wat ʼn loflied sing! Hulle sing die mooiste lied moontlik,met pragtige musikale stemme, besig om lof en eer aan die Here te bring!Wat die presiese inhoud van die lied was, kan ons nie met sekerheid sê nie,maar dit was heel moontlik iets in die lyn van die lofsang wat in Openbaring19 gesing word. “Prys die Here! Die oorwinning, heerlikheid en die magbehoort aan ons God!” Die loflied van die 144 000 bestaan uit oorwinningen verlossing…Die Lam van God het oorwin en Hy het hulle verlos, endaarvan sing die 144 000! Hulle het baie vreugde oor die Lam se

8

Page 12: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

oorwinning! Want eers was hulle toeskouers gewees in die stryd tussenChristus en Satan en moes toesien hoe die Satan probeer verwoed stry omhulle lewe te eis… Hulle was eerstehands in die worsteling en het gedurigpyn ervaar van die aanslae van die Satan! Dan kom daar eindelikoorwinning oor die Satan waar Christus in die nuwe Jerusalem regeer. DieSatan is nie meer vir hulle ʼn bedreiging nie, want hulle staan onder diebeskerming van die Lam op Sion!

Die lied wat die 144 000 sing, getuig van hulle blydskap oor hulleverlossing! Hulle sing met vreugde en opgewondenheid dat hulle vrygekoopis deur die Lam en dat hulle wel gemerk is as kerk van God! Hulle isopgewonde en bly omdat hulle deur die bloed van die Lam skoongewas isen daardeur deel het aan Sy oorwinning en verlossing! Hulle sing oor hulledankbaarheid en die ervaring wat hulle het dat hulle gereken is aseerstelinge van God! Hulle besef sonder die verlossingswerk van Christussou hulle nie deel kon wees van Sy liggaam nie en sou hulle deeluitgemaak het van die Satan se volgelinge. Daarom kan hulle die lied vanoorwinning en verlossing sing, en niemand buiten hulle kan die lied leer nie,want nét hulle is vrygekoop van die aarde. Net hulle kan getuig van dieredding wat daar by God is, want hulle beleef dit eerstehands! Hulle weethoe dit voel om vrygekoop te wees daarom sing hulle hiervan in die liedvoor die troon van God!

9

Page 13: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Broers en suster, ons as kerk van Christus kan vandag saam die loflied vanoorwinning en verlossing sing! Ons kan as reaksie op ons verlossing ʼnloflied sing! Die lied wat antwoord op Christus se oorwinning oor die Satan.Hy het ons losgekoop uit die kloue van Satan en ons het deel aan dieoorwinning wat Hy behaal het! Hy skenk aan ons ʼn ewige tuiste in Sionsaam met Hom en Sy Vader! Ons hoef geen vrees te hê dat die Satan onssal wegneem van God af nie, want God het ons eerste gemerk! Hy het onsgemerk met ons Here Jesus Christus en Ons Vader se Naam op sodat onsveilig onder Sy beskerming kan wees!

As ons dan hoor dat Christus regeer op die berg Sion en ons veilig houonder Sy beskerming, hoekom sal ons vol vrees vir die toekoms leef? Ja,ons weet nie wat more en oormore sal gebeur nie. Ons weet nie hoe lankons nog by ons huise gaan moet sit voordat ons weer ons medegelowigesin Potchefstroom kan sien nie… Maar terselfde tyd hoef ons nie bekommerdte wees oor ons toekoms nie, want ons hoor dat ons die Naam van die Lamen Sy Vader op onss voorkoppe het- ons is veilig onder Sy beskerming!

Ons het deel aan die oorwinning en verlossing wat die Lam, Jesus Christusbewerk het. Hy het ons losgekoop- en ons mag nou elke dag ʼn loflied singomdat die Heilige Gees ons harte vernuwe en ons ʼn besef gee van die

10

Page 14: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

toekomsverwagting wat ons het! Hou daarom jou kop op en fokus op dieberg Sion, broer en suster!

Bly getrou aan ons Koning en Verlosser, Jesus Christus en sing ʼn loflied asantwoord op jou verlossing uit dankbaarheid, ten spyte van die moeilikeomstandighede waarin ons leef! Amen.

Izak van der Westhuizen

(finalejaar)

*****

11

Page 15: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk
Page 16: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Lief en leed:

† Ons doen voorbidding en dink aan elkeen wat finansieelbaie swaar trek.

† Onthou dat alle kerke en lidmate van die GKSA wordopgeroep tot 'n tydperk van voortdurende veroot-moediging en gebed (KO, art. 66).

Liefdegawes:

Elektroniese betalings van kollektes en bydraes:

Page 17: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Maandelikse bydraes vir onderhouding van die Woordbediening:

Gebruik WykVoorletterVan onder Naam en Van

ABSA Tjekrekening 0670340023Takkode: 335138Verwysing:• Naam, van en wyk

https://pos.snapscan.io/qr/5kcTaV-I

Page 18: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Vir die werk van die diakonie:

Gebruik Instandhouding v/d GS onder Naam en van

https://pos.snapscan.io/qr/PXMP46287

Kollekte:Instandhouding van die GS

EFT vir kollektes:ABSA Tjekrekening 0670280012Takkode: 632005 Verwysing:

• Instandhouding van die GS

Page 19: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Gebedsversoeke

Liewe gemeente,

Ons vra dat u saam met ons bid vir die volgende gebedsversoeke wat ons ontvang het:

• Ons dankbaarheid teenoor die Here vir ons aanlyn oordenkings en Bybelstudies, endat dit steeds voortgaan.

• Predikante, predikers en professore wat besig is om die Woord te bedien en mensete bemoedig.

• Huwelike en gesinne wat baie spanning en konflik het, as gevolg van min spasie,finansiële verknorsing, kinders se skoolwerk en opvoeding, ens.

• Wysheid vir die regering en ook vir die besluitnemers oor die grendeltyd severligting.

• Ons oumense se gesondheid en vir die in eensaamheid.

• Ons in hierdie tyd nie net ons eie behoeftes omsien nie, maar ook sal uithelp enuitreik na hulle wat in nood is.

• Armoede

• Versoekings

• Ons diepe afhanklikheid van die Here en dat ons vashou aan sy Woord.

• Ons strewe na heiligheid en gehoorsaamheid.

• Ons groot verlange en ywer om weer bymekaar te kom in die Here se huis.

Page 20: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

Geloofd sy God vir sy genade,

so wonderbaar en groot aan my, sy gunsgenoot.

Sy oog slaan my in liefde gade; Hy lei my na 'n veste in veiliger geweste.

Psalm 31:17

21 Mei Lukas Coetsee

22 Mei Suleen Schutte

23 Mei Lara Jansen van Vuuren

24 Mei Minette van Vuuren

Page 21: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Beste Cachetter!

Ons is besig om ons databasis met die regteinligting van ons lidmate te opdateer.

Help ons deur die volgende vorm in te vul,asseblief.

https://forms.gle/x7269Mxk4f9UJeGs8

Page 22: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Tendense in die Hermeneutiek

Prof GJC Jordaan

Hermeneutiek (Verstaankunde) is die vakwetenskap wat beginsels enmetodes van verstaan bestudeer. Die beginsels van Bybelverklaringwaarna ons ʼn vorige keer gekyk het, en die verhouding tussen skrywer,teks en leser, is alles reeds deel van Bybelse Hermeneutiek. Sulkehermeneutiese sake is van uiterste belang, want sonder ʼnbeginselvaste en gebalanseerde vertrekpunt ontspoor Bybellees en -verklaring maklik. Dit word bevestig deur allerhande tendense in dieHermeneutiek wat gereeld in kerk en teologie opduik.

In hierdie aflewering bespreek ons hermeneutiese tendense waarin diebeginsels van Bybelverklaring bevraagteken of verwerp word, enwaarin die klem eensydig op óf die skrywer óf die teks óf die leser gelêword.

Eensydige klem op die skrywer

1

Page 23: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Tendense wat eensydig op die skrywer fokus, het gewoonlik net diemenslike skrywers voor oë. Die beginsel dat dié skrywers deur dieeintlike Skrywer – die Heilige Gees – geïnspireer is, word deur hierdietendens bevraagteken of verwerp. Reeds in die agtiende eeu het ’nbenadering wat as Historiese Kritiek bekendstaan, die Bybel beskryf asʼn boek wat bloot deur menslike skrywers geskryf is. Vir nalopers vandie Historiese Kritiek is die Bybel niks meer nie as ʼn antieke bronwaarin meer oor die godsdienstige idees van die mense van oudsgelees kan word.

Onder invloed hiervan het Harry Kuitert, ’n bekende Nederlandseteoloog, in die vorige eeu beweer dat die Bybel net ʼn weergawe is vanhoe mense in die verre verlede God ervaar het. Daarom moet ons dieBybel soos ʼn padkaart lees, sê Kuitert, as ʼn blote rigtingwyser vir hoeons self na God kan soek.

Die meeste gereformeerde Bybellesers sal waarskynlik nie met Kuitertsaamstem nie. Tog is daar baie wat die Bybel lees asof dit eintlik maarnet menslike skrywers se gedagtes bevat.

Natuurlik moet Bybellesers ʼn oop oog hê vir elke Bybelskrywer se eie

2

Page 24: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

benaderingshoek en manier van skryf. Die menslike skrywers se tipiesemanier van doen is immers nie deur die Goddelike inspirasieuitgeskakel nie maar juis daardeur in diens geneem. Tog moet onsdaarvoor versigtig wees dat ons in ons Bybellees vassteek by “Pauluswat sê” of “Johannes wat sê”.

Eensydige klem op die skrywer se omstandighede

Ons het verlede keer gesien dat Gereformeerde Bybellesers en -verklaarders deeglik van die historiese, geografiese en kultureleomstandighede van die skrywer en die eerste lesers moet kennisneem. Die rede hiervoor is dat die Bybel met sy teboekstelling op diedestydse tyd en omstandighede gerig was.

Volgens die Historiese Kritiek is die Bybel egter nie op die destydseomstandighede gerig nie maar is dit daardeur bepaal en daarinvasgevang. In aansluiting hierby het die Duitse teoloog RudolfBultmann later gesê dat die Bybelteks so in die geskiedenis vasgevangis dat dit eintlik ʼn mitologiese vorm aanneem, ʼn vorm wat vir diemoderne mens geen boodskap bevat nie. Gevolglik het Bultmann ʼn

3

Page 25: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

ander betekenis aan die Bybel probeer gee, ʼn betekenis wat los staanvan die historiese en mitologiese vorm waarin hy meen dit geskryf is.

Hieraan verwant is die sogenaamde sosio-wetenskaplike benadering,wat beweer dat die Bybel die produk van die destydse samelewingwas. Anders as in Gereformeerde Skrifverklaring, wat kulturele enhistoriese gegewens gebruik as noodsaaklike inligting om die teksmakliker te verstaan, gebruik sosio-wetenskaplikes sulke gegewens asʼn filter waardeur die teks gelees word. Tot so ʼn mate dat hulle Bybel-uitsprake, in soverre as dit aan die destydse sosiale of kulturele situasieverbind kan word, as ongeldig vir vandag beskou.

Hierdie tendens kom ook in die hedendaagse debat oorhomoseksualisme voor. Daar is teoloë wat pleit dat ons die Bybel metmeer “historiese sensitiwiteit” moet lees as wat tot dusver gedoen is.So kom hulle tot die gevolgtrekking dat die Ou Testament se uitspraketeen homoseksualisme net vir die destydse situasie gegeld het en nieop ons van toepassing is nie. In die Nuwe Testament het ons weer metdie persoonlike standpunt van Paulus te doen, sê hulle; en Paulus hetnie dieselfde kundigheid oor homoseksualisme gehad as waaroorwetenskaplikes vandag beskik nie. Daarom kan Paulus se uitsprake

4

Page 26: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

nie meer vir ons geld nie. Ons weet vandag beter as Paulus. Dieuiteinde hiervan is dat dele van die Bybel as blote mensewoordebestempel word, en God se woord ingeperk word.

Eensydig klem op die teks

So belangrik as wat die woorde van die Bybelteks vir dieGereformeerde verklaring is, is dit ʼn ernstige mistasting om, asof metoogklappe aan, net op die teks te fokus. Hierdie tendens, wat veral bydie Biblisisme en Fundamentalistiese groepe voorkom, lei daartoe datSkrifuitsprake buite verband gelees en verklaar word. Om iemand sewoorde uit verband te ruk, is in werklikheid verdraaiing van sy woorde– ʼn sonde wat in die negende gebod verbied word (Sondag 43).Daarom wys die Gereformeerde hermeneutiek hierdie tendens af endring daarop dat aan elke Bybelteks binne sy konteks gelees enverklaar moet word.

Eensydige klem op die leser

Die tendens om Skrifuitsprake uit verband te ruk, duik soms in 5

Page 27: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

vreemde geselskap op. So onderskryf Bevrydingsteoloë, Materialistieseteoloë en Feministiese teoloë graag hulle leerstellings met Bybeltekste– dikwels sonder inagneming van die verband waarin die teksvoorkom. Op hierdie manier lees hulle hulle eie idees in die Bybelteksin, met die “regverdiging” dat die leser eintlik maar die boodskap van’n teks bepaal. Die bedoeling van die skrywer en die betekenis van dieteks moet terugstaan vir die leser en sy omstandighede.

Die uiteinde van hierdie tendens is dat die boodskap van die Bybelrelatief gemaak word. Elke leser eien homself die reg toe om ʼn eiebetekenis, soos hy wil, in die Bybel in te lees. Teoloë van diePostmodernisme gaan selfs so ver om te sê dat die Bybel geen vastewaarheid bevat nie en dat elke leser sy eie waarheid in die Bybel“inlees”. Trouens, elke mens het maar sy eie illusie van waarheid enwerklikheid. Hieruit volg die oortuiging dat elkeen maar kan glo wat hywil. Die Bybel as gesagvolle bron van waarheid word ontken en dieevangelie van Christus word verruil vir die voorkeure van mense.

Samevatting

6

Page 28: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Hierdie artikel gee nie genoeg ruimte om die tendense vollediger tebespreek nie. Wat wel hierin beskryf is, maak dit hopelik duidelik watgebeur as iemand die Bybel sonder die nodige Gereformeerdebeginsels wil lees en verklaar. Sonder die anker van daardie beginselsstaan jou Bybellees op losse skroewe. Wie egter die Bybel lees met dieoog daarop om die waarheid van God se openbaring en die evangelievan Christus daarin te vind, ontvang daaruit onbeskryflike vreugde.

*****

7

Page 29: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk
Page 30: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk
Page 31: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Nuus vanaf Admin Buro

BEROEP BEDANK

1. Ds DJ Malan (Danie) van GK Uitschot na GK

Daspoort.

PROPONENTE BEROEPBAAR GESTEL

1. Proponent GJ Venter (Jonker).

2. Beroepbaarstelling van Ds MJ Nkili (Jafta)

ingevolge KO, art 11.

Page 32: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Slingervel Junie/Julie

Skakel: Slingervel Junie/Julie 2020

Page 33: Kontakpersone & inligtinggkcachet.org.za/content/uploads/2020/05/Cachetbiljet-17-Mei-2020.pdfSatan se teken op hulle voorkop of regterarm wat tot hulle verdoemenis lei. Ná hoofstuk

Bybelvrae en onsekerhede!

Sluit by die volgende Whatsapp-groep aan wat graagBybelvrae en onsekerhede wil hoor en antwoord.

Volg hierdie skakel om by die

Whatsapp-groep aan te sluit:

https://chat.whatsapp.com/HY8

xneZIFpM24yKK5AmQ0B