koringbedryf winsgewend as gevolg van … · 2017-10-06 · simone swanepoel slaag haar bcom...

4
D ie finansiële jaar is op 29 Februarie 2016 afgesluit. Weereens kan ons rapporteer dat ons uitstekend presteer het met verkope wat 20% bo begroting geëindig het. Baie geluk aan die hele Bester-span vir die uitstekende poging. Die landswye droogte, skaarser grondstowwe en die gepaardgaande hoër pryse sal ’n impak op bedrywighede in die landbou-industrie hê wat ons nie kan ignoreer nie. Aan die ander kant weet ons dat grondstowwe noodsaaklik is vir die veevoer- en maal-industrie, en nie teen laer volumes gelewer kan word nie. Ons speel ’n uiters belangrike rol in die bestuur van die voorsieningsketting van grondstowwe, en die funksies sal op die hoë standaard waarvoor ons bekend is uitgevoer word. Ons ingesteldheid is om deurgaans ons volle energie en kundigheid aan te wend, en te sorg dat daar altyd genoegsame grondstowwe op tyd by ons kliente gelewer word. Vanjaar sal strenger finansiële bestuur noodsaaklik wees weens die groter druk op kontantvloei as gevolg van die hoër kommoditeitspryse. Goeie vroegtydige en openlike kommunikasie tussen diensverskaffer en kliënt sal vanjaar meer as ooit noodsaaklik wees. 1 GUSTAV AAN DIE WOORD UITGAWE 12 l APRIL 2016 KORINGBEDRYF WINSGEWEND AS GEVOLG VAN INVOERHEFFING, MAAR WAT HOU DIE TOEKOMS IN? Deur Gido Janse van Rensburg D ie invoerheffing het die Suid-Afrikaanse koringbedryf goed ondersteun en dit moontlik gemaak om winsgewend te boer, maar terselfdertyd het die res van die wêreld waar koringpryse onder produksiekoste verhandel, baie moeilike tye beleef. Op 1 Desember 2015 het ’n verhoogde invoertarief van R1 224 in werking getree. Gewoonlik word sodanige wysigings binne 4-6 weke in die Staatskoerant gepubliseer, maar daar is toe 18 weke met die proses gesloer. Eers nadat Graan SA die Hooggeregshof genader het om ’n dringende hofbevel, is die heffing gepubliseer. Hoewel die proklamasie nou afgekondig is en die invoertariefformule geldig sal wees tot aan die einde van 2016, het die Ministerie van Finansies bekend gemaak dat die formule waarvolgens die tarief bereken word, hersien moet word. Dit skep groot onsekerheid in die koringmark wat insetfinansiering moeilik kan maak en kopers eers op die kantlyn kan hou tot daar meer sekerheid is oor die invoerheffing.

Upload: others

Post on 27-May-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: KORINGBEDRYF WINSGEWEND AS GEVOLG VAN … · 2017-10-06 · Simone Swanepoel slaag haar BCom Honneurs (Bestuurswetenskappe) cum laude (met lof). AKADEMIESE PRESTASIE. Created Date:

Die finansiële jaar is op 29 Februarie 2016 afgesluit. Weereens kan ons

rapporteer dat ons uitstekend presteer het met verkope wat 20% bo begroting geëindig het. Baie geluk aan die hele Bester-span vir die uitstekende poging.

Die landswye droogte, skaarser grondstowwe en die gepaardgaande hoër pryse sal ’n impak op bedrywighede in die landbou-industrie

hê wat ons nie kan ignoreer nie. Aan die ander kant weet ons dat grondstowwe noodsaaklik is vir die veevoer- en

maal-industrie, en nie teen laer volumes gelewer kan word nie. Ons speel ’n uiters belangrike rol in die bestuur van die voorsieningsketting van grondstowwe, en die funksies sal op die hoë standaard waarvoor ons bekend is uitgevoer word. Ons ingesteldheid is om deurgaans ons volle energie en kundigheid aan te wend, en te sorg dat daar altyd genoegsame grondstowwe op tyd by ons kliente gelewer word. Vanjaar sal strenger finansiële bestuur noodsaaklik wees weens die groter druk op kontantvloei as gevolg van die hoër kommoditeitspryse. Goeie vroegtydige en openlike kommunikasie tussen diensverskaffer en kliënt sal vanjaar meer as ooit noodsaaklik wees.

1

GUSTAV AAN DIE WOORD

UITGAWE 12 l APRIL 2016

KORINGBEDRYF WINSGEWEND AS GEVOLG VAN INVOERHEFFING, MAAR WAT HOU DIE TOEKOMS IN?

Deur Gido Janse van Rensburg

Die invoerheffing het die Suid-Afrikaanse koringbedryf goed ondersteun en dit

moontlik gemaak om winsgewend te boer, maar terselfdertyd het die res van die wêreld waar koringpryse onder produksiekoste

verhandel, baie moeilike tye beleef.Op 1 Desember 2015 het ’n verhoogde invoertarief van

R1 224 in werking getree. Gewoonlik word sodanige wysigings binne 4-6 weke in die Staatskoerant gepubliseer,

maar daar is toe 18 weke met die proses gesloer. Eers nadat Graan SA die Hooggeregshof genader het om ’n dringende hofbevel, is die heffing gepubliseer.

Hoewel die proklamasie nou afgekondig is en die invoertariefformule geldig sal wees tot aan die einde van 2016, het die Ministerie van Finansies bekend gemaak dat die formule waarvolgens die tarief bereken word, hersien moet word. Dit skep groot onsekerheid in die koringmark wat insetfinansiering moeilik kan maak en kopers eers op die kantlyn kan hou tot daar meer sekerheid is oor die invoerheffing.

Page 2: KORINGBEDRYF WINSGEWEND AS GEVOLG VAN … · 2017-10-06 · Simone Swanepoel slaag haar BCom Honneurs (Bestuurswetenskappe) cum laude (met lof). AKADEMIESE PRESTASIE. Created Date:

2

PEKANSEISOENDeur Hendri Oosthuizen

Met die nuwe pekanseisoen wat voorlê, is ons almal stilweg opgewonde oor wat

die pekanpryse vanjaar gaan maak.Die Amerikaanse oes was toe nie so

laag soos wat verwag is nie. Die uitvoere na China vanaf Amerika het afgeneem, omdat die meeste van die Amerikaanse produk deur die Amerikaanse verwerkers opgekoop is vir binnelandse gebruik (bron: http://www.nffonline.com).

Dus voorspel dit goeie nuus vir die pekanbedryf in Suid-Afrika!

In die Hartswater-distrik is daar alreeds ’n paar variëteite wat begin val het en die oeste lyk heel belowend. Dit lyk of ons vanjaar ’n bietjie vroeër klaar geoes sal wees.

Die voorseisoen-pryse is gemiddeld R15.00 per kilogram méér as 2015 se gemiddelde prys. Die verhoging is hoofsaaklik as gevolg van die rand-dollar-wisselkoers.

Bester Fruit & Nuts gaan vroeg in Mei drie boeredae hou waar ons pryse en markinligting gaan deurgee. Die boeredae is op die volgende datums:• 3 Mei 2016 – Prieska • 4 Mei 2016 – Upington• 6 Mei 2016 – HartswaterKontak ons gerus indien julle die boeredae wil bywoon. Hendri Oosthuizen – [email protected] – 082 677 4555 of Mia Conradie – [email protected] – 082 343 4084.

OESBEDRYWIGHEDE IN ZAMBIËDeur Gideon Louw

Oesbedrywighede is veronderstel om vroeg in April te begin, maar as gevolg

van die later as normale seisoenale reëns, was aanplantings vertraag. Die meerderheid van die oes sal waarskynlik eers die tweede helfte

van Mei begin. Die El Niño-weersomstandighede het baie

onsekerheid vir die hele Suider-Afrika veroorsaak. Sedert November was die reën swak verspreid en ondergemiddeld, veral in die suidelike gebiede. Op hierdie stadium is die oesverwagting beter as wat aanvanklik verwag was. In sekere dele word daar selfs gepraat van ’n rekordoes sojabone. Somergraangewasse, mielies, sojabone, sonneblomsaad en katoen, se nie-amptelike syfers is soos volg: • Witmielies: 2,3 – 2,4 miljoen ton• Sojabone: 170 000 – 190 000 ton

• Sonneblomsaad: 30 000 – 40 000 ton• Saadkatoen: 90 000 – 100 000 tonDaar is steeds druk op witmielies en Zambië sal ’n groot rol moet speel in die verskaffing aan hoofsaaklik Zimbabwe, Mosambiek en Malawi. Met ’n jaarlikse verbruik van 1,9 miljoen ton het Zambië vir die komende seisoen ’n potensiële verskaffingsvermoë van ±700 000 ton aan sy buurlande.

Die probleem van lae reënval is egter nog nie verby nie. Zambië pas in dieselfde kalenderjaar opeenvolgende gewasverbouing toe wat hoofsaaklik koring onder spilpunt-besproeiing tussen Junie en November is. Met die huidige watervlakke van damme is daar ’n groot waarskynlikheid dat aangeplante hektare hierdie seisoen sal daal.

Elektrisiteit, inflasie en kwacha-devaluasie bly daaglikse uitdagings, en veranderlikes moet konstant bestuur word.

In Afrika is ’n positiewe ingestelheid steeds ’n kern-suksesfaktor en in ’n jaar soos 2016 moet uitdagings eerder gesien word as geleenthede.

Page 3: KORINGBEDRYF WINSGEWEND AS GEVOLG VAN … · 2017-10-06 · Simone Swanepoel slaag haar BCom Honneurs (Bestuurswetenskappe) cum laude (met lof). AKADEMIESE PRESTASIE. Created Date:

3

BESTER-AANKOPERS IN DIE GRAANAFDELING DEK MEER DISTRIKTE IN SUID-AFRIKA

AFMA FORUM 2016

Deur Leon Ekermans

AFMA Forum, wat driejaarliks aangebied word, is die grootste en mees verwagte op die plaaslike, streeks-

en kontinentale voerkalenders. Dit is van 1 to 3 Maart 2016 by die gewilde Sun City gehou. Die tema “Feeding the Future” is ondersteun met uitstekend referate deur bekende nasionale en internasionale sprekers wat as spesialiste op hulle onderskeie vakgebiede beskou word. Afrika word erg geraak deur die globale voedingsituasie en afgevaardigdes is weereens herinner aan die globale bevolking wat teen die jaar 2050 nege miljoen kan bereik.

Die voorsiening van grondstowwe en bestanddele is hoogs afhanklik van wêreldvoedsel- en voerproduksie wat nie net die afname van beskikbare bewerkbare grond insluit nie, maar ook globale weerpatrone. Chemies vervaardigde voerbymiddels is noodsaaklik, maar die goed ingeligte verbruiker verkies altyd “groen konsep”-oplossings.

Dr Leon Ekermans, Direkteur: Veevoer by Bester Voer en Graan, was die voorsitter van ’n sessie oor “Spesialisbymiddels en -bestanddele”. Hy het ook ’n referaat gelewer oor die gebruik van diere-neweprodukte in pluimvee-diëte.

Die Forum is goed bygewoon deur 607 afgevaardigdes.

Deur Kevin Robertson

Gedurende die eerste kwartaal van 2016 het daar nog ’n byvoeging tot

die aankoopspan binne die Graanafdeling gekom by name Willie Pretorius (082 929 2258). Willie het meer as 10 jaar

ervaring van graanaankope, en gaan die Oos-Kaap- en Noord-Kaap-gebiede begin bedien.

Gedurende die laaste naweek van Februarie 2016 het die aankoopspan ’n beplanningsnaweek gehad waartydens die fyner punte van aankope en beplanning binne distrikte bespreek is. Bester- aankopers gebruik ’n spesifieke manier van aankope en beplanning saam met kliënte, wat risikobestuur en winsmarge vir die kliënt optimaliseer.

Die span het ook lekker sosiaal verkeer. ’n Besoek aan die grootste perlemoenplaas in Suid-Afrika het die manne “boots & all” reg voorberei vir die nuwe jaar (sien foto).

Voor: Willie Pretorius. Agter (van links na regs): Gideon Bester, Kevin Robertson, Riaan Jooste, Attie Thomas, Nan Keyser en James Jackson.

Willie Pretorius het onlangs by die aankoopspan binne die Graanafdeling aangesluit.

Page 4: KORINGBEDRYF WINSGEWEND AS GEVOLG VAN … · 2017-10-06 · Simone Swanepoel slaag haar BCom Honneurs (Bestuurswetenskappe) cum laude (met lof). AKADEMIESE PRESTASIE. Created Date:

4

Shireen Rabie het op 2 Januarie 2016 die knoop deurgehaak.

Linelle Lock is op 15 Desember 2015 in die eg verbind.

Baie geluk aan Bertus

Bester met die geboorte van Ida Marie op

20 Maart 2016

Baie geluk aan Hendri Oosthuizen

met die geboorte van

Sadie op 22 Maart 2016

Baie geluk aan NJ van

Rensburg met die geboorte van Leila & Clara op

4 April 2016

dogtersdis dogterdis ’ n

Nu e Babas

Stellenbosch Kantoor: Tel: +27 (0)21 809 2500 l Faks: +27 (0)86 618 8925 l E-pos: [email protected] l Webwerf: www.bester.co.zaPlatinum Square, Techno Rylaan 20, Technopark, Stellenbosch, 7600 l Posbus 7329, Stellenbosch, 7599

dogterdis ’ n

NUWE AANSTELLINGS

Van links: Soné van der Vyver (Administratiewe assistent: Veevoere), Werné Kritzinger (Navorser: Nuwe Besigheid/Junior Bemarker),

Werner Venter (Stelsels- en Netwerk-Administrateur) en Donna Blagus (Administratiewe Assistent: Veevoere).

Simone Swanepoel slaag haar BCom Honneurs (Bestuurswetenskappe)

cum laude (met lof).

AKADEMIESE PRESTASIE