kuratorepreek – 2 konings 2:1-12 - web viewjy verdien om gestraf te word, jy verdien dat ek...

7
Tema: VAN STUKKEND TOT HEEL Jy hoef nie lank te wag voor iemand iets verkeerds teen jou gaan doen nie – voor jou inry, jou beskinder, jou beledig, seermaak, skade berokken. Hoe hanteer ons dit? Hoe hanteer ons verhoudings wat skeef loop, verhouding wat seerkry? Jesus het geweet wat dit is – Hy ken stukkende verhoudings. En Hy weet wat dit is om sulke verhoudings te herstel. Hy gaan so ver om, terwyl Hy aan die kruis hang, te bid vir die mense wat besig is om Hom dood te maak, besig is om spykers deur sy lyf te slaan, besig is om sy klere te steel en vir hulle te vat: Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (Lukas 23:34) In die middel van kwaad wat Hom aangedoen word, vergewe Jesus die mense wat besig is om Hom kwaad te doen! Wow!!! En dis die evangelie, dis die goeie nuus – Jesus doen dit vir my en jou ook! Hoor hier: Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. (Romeine 5:8) Jesus het vir ons gesterf, toe ons nog sondaars WAS. Terwyl ons nog sonde gedoen het, het Hy ons vergewe! Nou is ons vergewe! Hoor jy dit – JY IS VERGEWE! Kom ons sê dit almal hardop – EK IS VERGEWE! AL MY SONDES IS VERGEWE! Daarom verander die volgorde na die kruis, na Jesus se dood. Voor die kruis klink dit so: 1 2 3

Upload: nguyennguyet

Post on 04-Feb-2018

249 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kuratorepreek – 2 Konings 2:1-12 - Web viewJy verdien om gestraf te word, jy verdien dat ek vir jou kwaad is, ... Radikale vergifnis gryp mense aan en verander lewens! En al hoe

Tema: VAN STUKKEND TOT HEEL

Jy hoef nie lank te wag voor iemand iets verkeerds teen jou gaan doen nie – voor jou inry, jou beskinder, jou beledig, seermaak, skade berokken. Hoe hanteer ons dit? Hoe hanteer ons verhoudings wat skeef loop, verhouding wat seerkry?

Jesus het geweet wat dit is – Hy ken stukkende verhoudings. En Hy weet wat dit is om sulke verhoudings te herstel. Hy gaan so ver om, terwyl Hy aan die kruis hang, te bid vir die mense wat besig is om Hom dood te maak, besig is om spykers deur sy lyf te slaan, besig is om sy klere te steel en vir hulle te vat:Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (Lukas 23:34)

In die middel van kwaad wat Hom aangedoen word, vergewe Jesus die mense wat besig is om Hom kwaad te doen! Wow!!!

En dis die evangelie, dis die goeie nuus – Jesus doen dit vir my en jou ook! Hoor hier:Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. (Romeine 5:8)

Jesus het vir ons gesterf, toe ons nog sondaars WAS. Terwyl ons nog sonde gedoen het, het Hy ons vergewe! Nou is ons vergewe!

Hoor jy dit – JY IS VERGEWE!

Kom ons sê dit almal hardop – EK IS VERGEWE! AL MY SONDES IS VERGEWE!

Daarom verander die volgorde na die kruis, na Jesus se dood. Voor die kruis klink dit so:Vergewe ons, soos ons ander vergewe ← dink maar aan die Onse Vader, wat VOOR die kruis was.Maar na die kruis draai dit om. Hoor hier:Efesiërs 4:32: “vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.”

Kolossense 3:13: “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle

vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.”

Ons IS vergewe. God HET ons vergewe. Jesus HET ons vergewe. Nou kan en moet ons ander vergewe – soos Jesus ons vergewe, selfs TERWYL ons sondes doen.

Kom ons sê weer hardop: EK IS VERGEWE. EK KAN VERGEWE.

1

2

3

4

Page 2: Kuratorepreek – 2 Konings 2:1-12 - Web viewJy verdien om gestraf te word, jy verdien dat ek vir jou kwaad is, ... Radikale vergifnis gryp mense aan en verander lewens! En al hoe

Maar hoe doen ons dit?Ek het geleer dat ons die verkeerde goed wat ons aangedoen word in 1 van 3 kategorieë moet insit en dan dienooreenkomstig moet hanteer.

Kategorie 1: Klein oortredingsHierdie is verkeerde dinge wat jou aangedoen word wat regtig klein goedjies is, maar waar jy bietjie jou greep op die realiteit verloor en dan oorreageer. Iemand ry voor jou in en jy verloor dit. Iemand loop by jou verby sonder om jou te groet en jy is heeldag vir hulle kwaad. Iemand sê iets kleins waarvan jy nie hou nie en jy ontplof sommer.

Ons almal ken daardie klein jakkalsies. Ja, dit wat die ander persoon doen is nie reg nie, maar regtig, is dit iets om oor oorlog te maak, iets om jou bloeddruk deur die dak te jaag?

In sulke situasies probeer ek vir myself die volgende te sê:“REALLY‽ Gaan jy daardeur ontstel word? REALLY‽”

1 Korintiërs 13:5 leer ons dat die liefde nie vinnig kwaad word nie en nie boek hou van die kwaad nie. Liefde is nie liggeraak nie.

Daarom is die tweede vraag wat ek vir myself vra:“Hoekom het dit jou ontstel?”

Want gewoonlik is daar iets anders in my aan die gang – ek is moeg, ek is uitgebrand, ek is eintlik kwaad vir iemand anders, ek is ongeduldig, ek is laat, ek is geïrriteerd – en nou gooi ietsie kleins my hele gemoed en my emosies en my binnekant om.

Kategorie 1 episodes het minder met die ander persoon te doen en meer met my.Kategorie 1 episodes is “wake up calls” vir wat in my binneste aangaan.Kategorie 1 episodes gaan nie oor die ander persoon wat moet jammer sê nie, maar ek wat myself moet uitsorteer.

Kategorie 2: Egte wondeKategorie 2 episodes is meer kompleks, dis egte wonde wat seer is en wat herstel nodig het. Dis iemand wat belowe hulle sal vir niemand vertel nie en dit tog doen. Dis iemand wat jou ernstig verneder voor ander. Dis iemand wat jou goed steel. Dis episodes waar jy regtig seerkry – fisies, geestelik, emosioneel en soms selfs al 3.

Page 3: Kuratorepreek – 2 Konings 2:1-12 - Web viewJy verdien om gestraf te word, jy verdien dat ek vir jou kwaad is, ... Radikale vergifnis gryp mense aan en verander lewens! En al hoe

Hoe hanteer ons sulke situasies? Want ons menslike geaardheid is om terug te veg, terug seer te maak, wraak, ’n oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand of, nog beter, ’n oog vir ’n tand. En dan fokus ons ons krag en energie op wraak en dit lei tot bitter, komplekse lewens.

Om reg te laat geskied is belangrik, veral as daar wetlike gevolge is en daarom beteken vergewe nie dat jy los is van die gevolge van jou dade nie. Maar ek moet by vergewe uitkom, ek moet jou loslaat, sodat ek kan vrede hê. En dis nie ’n eenvoudige proses nie.

Dis om ten volle die onreg te erken wat teen ons gedoen is, hartseer te wees oor wat gebeur het en wat ek verloor het en steeds die ander persoon vry te laat. Want dit is wat VERGEWE beteken.

VERGEWE kom van die woord GEE af en beteken letterlik dat EK die reg om te straf PRYSGEE. Jy verdien om gestraf te word, jy verdien dat ek vir jou kwaad is, jy verdien dat ek jou laat swaarkry – MAAR ek gee dit prys, ek gee jou nie wat jy verdien nie, OMDAT ek nie kry wat ek verdien nie – Jesus het MY vergewe, soveel meer as wat jy teen my gedoen het.

Daarom is vergifnis ook nie afhanklik van skuldbelydenis nie – Jesus het ons vergewe toe ons nog sondaars WAS, voor ons, sonder dat ons gesê het ons is jammer, sonder dat ons gevra het vir vergifnis. So moet ons ook met ander omgaan – selfs al sê jy nooit dat jy jammer is nie, jy is vergewe. Selfs al vra jy nooit vir vergifnis nie, jy is vergewe.

So, wat maak ek met Kategorie 2 oortredings?Vertel ek vir almal wat jy aan my gedoen het? Nee!Maak ek planne om jou terug te kry? Nee!Maak ek of dit nie gebeur het nie? Nee!Ek treur en rou en werk daardeur – of alleen of saam met jou, want dit gaan net oor ons 2.En dan vergewe ek jou. En, sover ek kan, sê ek dit vir jou. “Jy het my seergemaak toe jy dit of dat gedoen of gesê het. Maar ek het jou vergewe en ek sal graag aan ons verhouding wil werk.”

Kategorie 3: Lewensveranderende gebeureKategorie 3 is ’n perd van ’n ander kleur. Kategorie 3 episodes is seermaak geleenthede wat jou hele lewe verander. Genadiglik gaan meeste van ons nooit kategorie 3 episodes hê nie. Dis episodes soos ’n dronk persoon wat jou kind dood ry. Of iemand wat by jou inbreek en jou skiet en jy is verlam. Of jou met iets gooi wat jou vir altyd geskend laat. Dis episodes waar jy jou lewe kan indeel: voor jy dit aan my gedoen het, na jy dit aan my gedoen het.

Page 4: Kuratorepreek – 2 Konings 2:1-12 - Web viewJy verdien om gestraf te word, jy verdien dat ek vir jou kwaad is, ... Radikale vergifnis gryp mense aan en verander lewens! En al hoe

Hier gaan ons deur dieselfde proses as kategorie 2, maar dit vat langer en gaan dieper.1. Verwerk die episode: Wat het gebeur? Wat het ek verloor? Wat is die implikasies van my

verlies?2. Kry vrede in jouself: God is by my. Ek sal aangaan. Ek gaan positief wees. Ek gaan ’n

verskil maak. Ek gaan vol vreugde en vrede en geluk wees. My lewe is nie oor nie.3. VERGEWE: Ek laat jou gaan, want ek lewe in die hede en die toekoms en nie in die

verlede nie.

Ware vergifnis is aangrypend! Radikale vergifnis gryp mense aan en verander lewens!

En al hoe ons daar kan kom, is as ons God se radikale vergifnis van ons omhels en aanvaar. En wanneer my hart vol is van die Heilige Gees, vol is van vrede, vol is van liefde, vol is van aanvaarding, dan kan ek ander vergewe.

Moenie ander se oortredings met jou saamdra nie – dit maak jou lewe kompleks en bitter en seer. Vergewe, laat hulle gaan, sit neer en leef vir môre!

Dinsdag is Valentynsdag. Moenie dat ander se oortredings jou lewe kompliseer nie. Laat liefde jou lewe SIMPLIFY!!!!

Amen.

Page 5: Kuratorepreek – 2 Konings 2:1-12 - Web viewJy verdien om gestraf te word, jy verdien dat ek vir jou kwaad is, ... Radikale vergifnis gryp mense aan en verander lewens! En al hoe

Amen

5

Page 6: Kuratorepreek – 2 Konings 2:1-12 - Web viewJy verdien om gestraf te word, jy verdien dat ek vir jou kwaad is, ... Radikale vergifnis gryp mense aan en verander lewens! En al hoe