kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/lockdown/lo gr 10/menseregte.pdf · of werk...

8
Kwartaal 1 Hoofstuk 5 Demokrasie en menseregte Opsomming Week 8 Eenheid 2: Ons Handves van Regte en ander menseregte-instrumente 2.1 Die Suid-Afrikaanse Handves van Regte Menseregte is reëls wat almal help om in vrede en veiligheid en gelukkig saam te bly. Jou menseregte is gegrond op: waardigheid demokrasie gelykheid vryheid

Upload: others

Post on 19-Nov-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/LO Gr 10/Menseregte.pdf · of werk te doen wat nie vir ‘n kind geskik is nie. Tree verantwoordelik op en vermy risikogedrag

Kwartaal 1

Hoofstuk 5Demokrasie en menseregte

OpsommingWeek 8

Eenheid 2: Ons Handves van Regte en ander menseregte-instrumente

2.1 Die Suid-Afrikaanse Handves van RegteMenseregte is reëls wat almal help om in vrede en veiligheid en gelukkig saam te bly.Jou menseregte is gegrond op:

• waardigheid• demokrasie• gelykheid• vryheid

Page 2: Kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/LO Gr 10/Menseregte.pdf · of werk te doen wat nie vir ‘n kind geskik is nie. Tree verantwoordelik op en vermy risikogedrag

MenseregteRegte Verduideliking Jou verantwoordelike aksies Notas:

Gelykheid Alle mense is gelyk en moetgelyk behandel word.

Behandel almal regverdig. Moet nooit teenoor andere diskrimineer nie.

Menswaardigheid Jy het waardigheid en selfrespek wat niemand vanjou af kan wegneem nie.

Behandel ander mense met respek.

Lewe Niemand mag jou doodmaaknie.

Respekteer ander mense se regop lewe.

Vryheid van sekerheidvan die persoon

Jy kan nie gearresteer en aangehou word sonder ‘n rede, ‘n aanklag en ‘n verhoor nie.Jy kan nie gedwing word omenigiets te doen soos seksuele omgang sonder joutoestemming nie.

Leef in ooreenstemming met diereg sodat jy uit die tronk bly. Respekteer ander mense se liggame; moet nooit ‘n ander persoon dwing om seks met jou te hê nie.

Slawerny, knegskap endwangarbeid

Slawerny word nie toegelaat nie. ‘n Slaaf is iemand wat deur ‘n ander persoon besit word en wat sonder betaling of regte werk. Niemand kan jou dwing om vir hulle te werk nie.

Moet nooit ‘n slaaf van iemand maak of iemand dwing om vir jou te werk nie.

Privaatheid Nie jy, jou huis of besittings mag deursoek word sonder ‘n lasbrief nie.

Moet niks doen wat die staat verplig om jou privaatheid binnete dring nie; so moenie betrokke raak by kriminele aktiwiteite nie.

Vryheid van godsdiens,oortuiging en mening

Jy mag jou eie menings en standpunte hê; jy kan dus nie gedwing word om van iets oortuig te wees nie. Jy kan die godsdiens van jou keuse aanhang.

Toon begrip, verdraagsamheid en bedagsaamheid teenoor andere se oortuigings en godsdienste. Respekteer ander se keuses

Vryheid vanuitdrukking

Vryheid van uitdrukking is vryheid van spraak. Dit beteken dat almal kan sê, skryf of druk wat hulle wil solank hulle nie die regte van andere skend nie.

Moenie leuens vertel of versprei nie.

Page 3: Kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/LO Gr 10/Menseregte.pdf · of werk te doen wat nie vir ‘n kind geskik is nie. Tree verantwoordelik op en vermy risikogedrag

Vergadering, betoging,linievorming en petisie

Jy mag vergader met andermense, betoog en met plakkate betoog. Jy moet dit egter vreedsaam doen

Hou ordelike, vreedsame betogings, optogte en stakings.

Vryheid van assosiasie Jy kan assosieer of meng met wie jy ook al wil.

Assosieer met mense wat nie kriminele is nie.

Politieke regte As jy ‘n burger van Suid-Afrika is, kan jy by ‘n politieke party aansluit. As jy ‘n burger is, 18 jaar en ouer, mag jy vertroulik in verkiesings stem.

Stem in elke verkiesing, provinsiaal en nasionaal.

Burgerskap Jou burgerskap kan nie van jou weggeneem word nie.

Gehoorsaam die wette van die land.

Vryheid van bewegingen verblyf

In Suid-Afrika kan jy gaan en bly net waar jy wil. Jy kan Suid-Afrika verlaat as jy wil solank jy net ‘n paspoort het. Jy kan enige tyd terugkeer.

Hou jou paspoort op datum.

Vryheid van bedryf,beroep en professie

Jy kan enige soort werk doen. Jy moet eger die nodige kwalifikasies, vaardighede of ondervinding hê wat vir die werk vereis word.

Kry die volle opleiding vir jou loopbaan en volg die reëls en regulasies van hierdie loopbaan.

Arbeidsverhoudinge Jy het die reg om regverdig behandel te wordby die werk.

Lewer jou beste by die werk.

Omgewing Jy het die reg tot 'n veiligeomgeweing.

Pas die omgewing op. Moenie rommel strooi nie. Moenie water en elektrisiteit mors nie.

Eiendom Jou eiendom kan deur die regering van jou afgevat word slegs op sekere voorwaardes.

Versorg jou eiendom en betaal jou eiendomsbelasting en diensgelde. Respekteer ander se eiendom, moenie vat wat aan ander behoort nie

Behuising Elkeen het die reg om toegang tot behuising te hê.

As jy behuising besit en dit verhuur, kan jy die huurders nieuitsit sonder voorafwaarskuwing nie.

Page 4: Kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/LO Gr 10/Menseregte.pdf · of werk te doen wat nie vir ‘n kind geskik is nie. Tree verantwoordelik op en vermy risikogedrag

Gesondheidsorg,voedsel, water &

maatskaplikesekerheid

Die regering moet so veel doen as wat hy kan om seker te maak dat sy burgers basiese toegang het tot gesondheidsorg, voedsel en water, maatskaplikesekerheid (soos pensioene en werkloosheidsversekering) en bystand vir mense wat hulself nie kan onderhou nieen hul afhanklikes.

Spaar water en plant voedsel asjy kan. Maak gesonde leefstylkeuses; moenie swanger raak as jy nie kan bekostig om vir jou kind te sorgnie.

Kinders

.

Kinders onder die ouderdom van 18 het spesiale regte. Dit sluit in die reg tot die volgende:

• familiesorg• voedsel, onderdak

en gesondheidsorg• geen misbruik of

verwaarlosing• om nie aangehou te

word nie• om beskerm te

word en nie gebruik te word om te veg tydens gewapende konflik of oorlog nie

• om nie gedwing te word om te werk nieof werk te doen watnie vir ‘n kind geskikis nie.

Tree verantwoordelik op en vermy risikogedrag. Respekteerjou ouers

Onderwys Jy het die reg tot basiese onderrig. Dit beteken dat vanaf Grade R - 9 jy nie weerhou kan word van skoolbywoning nie al kan jy nie jou skoolgeld betaal nie.

Werk hard op skool. Luister na en respekteer jou onderwysers,ouers en versorgers. Gaan gereeld skool toe. Gehoorsaam die reëls en die skool se gedragskode.

Taal en kultuur Jy mag die taal van jou keuse praat en die kultuur van jou keuse uitleef.

Respekteer ander mense se taleen kulture.

Kultuur-, godsdiens-en taalgemeenskappe

Gemeenskappe kan hulle eiekultuur geniet, hulle eie taal praat, hulle eie godsdiens beoefen en hulle eie organisasies stig.

Respekteer ander mense se regte wanneer hulle hulle kultuur geniet of hulle godsdiens beoefen.

Page 5: Kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/LO Gr 10/Menseregte.pdf · of werk te doen wat nie vir ‘n kind geskik is nie. Tree verantwoordelik op en vermy risikogedrag

Toegang tot inligting Elkeen het die reg tot enige inligting wat die regering het.

Gebruik inligting verantwoordelik.

Regverdigeadministratiewe

optrede

Administratiewe optrede isoptrede deur die regering en staatsamptenare wat virstaatsdepartemente werk.

Ken jou regte en betwis besluite deur staatsamptenare wat jou regte skend

Toegang tot howe Jy kan ‘n hof of ander regsliggaam vra om ‘n besluit oor ‘n ernstige argument, tweedrag of verskil van mening te neem.

Probeer om rusies deur mediasie, onderhandeling of versoening op te los.

Gearresteerde,aangehoue en

beskuldigde persone

Elke persoon wat gearresteer word, gevange geneem word of van ‘n misdaad beskuldig word, het regte.

Vermy dit om enigiets te doen waarvoor jy gearresteer of gevange geneem kan word.

2.2 BeskermingsagentskappeBeskermingsagentskappe beskerm jou teen die skending van jou regte. Voorbeelde van ‘n paar beskermingsagentskappe is:

Die Internasionale Federasie van Rooikruis- en RooihalfmaanverenigingsVerleen hulp in arm en oorloggeteisterde lande en gemeenskappe.

Die VN-kinderfonds (Unicef)Beywer hulle vir kinderregte en kinders se oorlewing, ontwikkeling en beskerming.

Die Veiligheidsraad van die Verenigde NasiesVerleen volmag aan vredesmagte. Hulle het byvoorbeeld 26 000 vredebewakers gestuur om die geweld in Darfoer, in westelike Soedan, te probeer stop.

Page 6: Kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/LO Gr 10/Menseregte.pdf · of werk te doen wat nie vir ‘n kind geskik is nie. Tree verantwoordelik op en vermy risikogedrag

AKTIWITEIT 4:DATUM:

1. Kyk na die spotprente en dui aan of die mense se menseregte geskend word?Prent 1: JA of NEEPrent 2: JA of NEE

2. Verduidelik hoekom jy so se:Prent 1:

___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Prent 2:___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 7: Kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/LO Gr 10/Menseregte.pdf · of werk te doen wat nie vir ‘n kind geskik is nie. Tree verantwoordelik op en vermy risikogedrag

DATUM:

1. __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________2. __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

3. ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

4. ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 8: Kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/LO Gr 10/Menseregte.pdf · of werk te doen wat nie vir ‘n kind geskik is nie. Tree verantwoordelik op en vermy risikogedrag

DATUM:

Scenario 1: ____________________________________________

Scenario 2: ____________________________________________

Scenario 3: ____________________________________________

Scenario 4: ____________________________________________