kyk uit vir die hulp & hoop koevert wat beskikbaar is by die ...daleen gerber. die projek baat...

2
Nuusbrief vir lede van Constantiakruin Gemeente Mei / May 2016 Newsletter for members of Constantiakruin Congregation Mei-maand is tradisioneel Hulp & Hoopfondsinsamelingsmaand. En 2016 is nie anders nie! Constantiakruin lidmate maak hul harte ruim oop met bydraes vir die Hulp & Hoop bediening om sodoende ’n verskil in die lewens van behoeftiges te maak. Hierdie skenkings sluit ’n wye verskei- denheid van goedere in, onder andere blikkieskos, komberse, truie, skryfbe- hoeftes, skoeisel en gebreide artikels. Doks Hamman, wat vir etlike jare nóú betrokke was by die Bediening en wat tans leisels oorgee, meen Constantiakruin lidmate het in die verlede werklik hul omgee-harte gewys deur betrokke te raak by die brei van blok- kies, sokkies en mussies. Sy sê dat lidmate bewus is van die nood hier rég rondom ons. Indien lidmate kontantbydraes wil maak, kan hul gebruik maak van die Hulp & Hoop–koeverte wat in die ingangsportale van die kerk of by die kerkkantoor beskikbaar is. Kontak gerus die kerkkantoor indien jy meer te wete wil kom of betrokke wil raak by 011 475 1440. Sunrise Dagsorgsentrum bestaan al ongeveer 16 jaar en het ongelooflik ontwikkel en gegroei. Hul wag nog vir registrasie by die Kinderbeskerming. Daar is tans bykans 40 leerders (die skool mag net 42 kinders neem). Drie onderwyseresse neem beurte om maaltye vir die leerders voor te berei. Gelukkige kinders, goed versorg wat speel-speel skoolgereed raak! Dankie, aan Constantiakruin- lidmate vir volgehoue ondersteuning! Kontak vir Stephan Naudé by 082 948 2883 indien jy wil betrokke raak.Kyk uit vir die Hulp & Hoop-koevert wat beskikbaar is by die kerkkantoor of voor-/ ingangsportale van die kerk en kapel gedurende Mei 2016. Doks Hamman en Stephan Naudé by skenkings van lidmate tydens Pinksterweek 2016. Lidmate het ruimhartig deelgeneem aan die Hulp & Hoop inisiatief deur allerlei bydraes te maak in die vorm van klere, kos en kontant.

Upload: others

Post on 03-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kyk uit vir die Hulp & Hoop koevert wat beskikbaar is by die ...Daleen Gerber. Die projek baat maandeliks deur kosskenkings van Constantiakruin, wat elke dag ge-durende pouse vir tot

Nuusbrief vir lede van Constantiakruin Gemeente Mei / May 2016 Newsletter for members of Constantiakruin Congregation

Mei-maand is tradisioneel Hulp & Hoopfondsinsamelingsmaand. En 2016 is nie anders nie! Constantiakruin lidmate maak hul harte ruim oop met bydraes vir die Hulp & Hoop bediening om sodoende ’n verskil in die lewens van behoeftiges te maak. Hierdie skenkings sluit ’n wye verskei-denheid van goedere in, onder andere blikkieskos, komberse, truie, skryfbe-hoeftes, skoeisel en gebreide artikels.

Doks Hamman, wat vir etlike jare nóú betrokke was by die Bediening en wat tans leisels oorgee, meen Constantiakruin lidmate het in die verlede werklik hul omgee-harte gewys deur betrokke te raak by die brei van blok-kies, sokkies en mussies. Sy sê dat lidmate bewus is van die nood hier rég rondom ons.

Indien lidmate kontantbydraes wil maak, kan hul gebruik maak van die Hulp & Hoop–koeverte wat in die ingangsportale van die kerk of by die kerkkantoor beskikbaar is. Kontak gerus die kerkkantoor indien jy meer te wete wil kom of betrokke wil raak by 011 475 1440. ◘

Sunrise Dagsorgsentrum bestaan al ongeveer 16 jaar en het ongelooflik ontwikkel en gegroei. Hul wag nog vir registrasie by die Kinderbeskerming. Daar is tans bykans 40 leerders (die skool mag net 42 kinders neem). Drie onderwyseresse neem beurte om maaltye vir die leerders voor te berei.

Gelukkige kinders, goed versorg wat speel-speel skoolgereed raak! Dankie, aan Constantiakruin-lidmate vir volgehoue ondersteuning! Kontak vir Stephan Naudé by 082 948 2883 indien jy wil betrokke raak.◘

Kyk uit vir die Hulp &

Hoop-koevert wat

beskikbaar is by die

kerkkantoor of voor-/

ingangsportale van

die kerk en kapel

gedurende Mei 2016.

Doks Hamman en

Stephan Naudé by

skenkings van

lidmate tydens

Pinksterweek 2016. Lidmate het ruimhartig

deelgeneem aan die Hulp &

Hoop inisiatief deur allerlei

bydraes te maak in die

vorm van klere, kos en

kontant.

Page 2: Kyk uit vir die Hulp & Hoop koevert wat beskikbaar is by die ...Daleen Gerber. Die projek baat maandeliks deur kosskenkings van Constantiakruin, wat elke dag ge-durende pouse vir tot

Die Fred & Martie Sopkombuis bestaan al vir byna 40 jaar in Claremont, Johannesburg en gee daagliks tussen 450 - 500 kinders kos. Fred en Martie is albei reeds oorlede en die projek word nou deur hul dogter Lindie en haar man Rian Oberholzer op ’n uitmuntende wyse bestuur.

Daar kan ons werklik sien, hoe ar-moede en werkloosheid verander word in saamwerk, deel, verdraagsaamheid en hulp aan jou medemens. Daar is pas dieselfde sopkombuis in Rand-fontein geopen, waar die behoefte nét so groot is.

Hulle kweek hulle eie groente, maak kos, versamel afval en koop daarmee klere. Oud en jonk word daar versorg. Die kinders en ouers leer rekenaarvaardighede aan terwyl die oumas brei en naaldwerk doen. Terloops, die oupas maak die groen-tetuine!

Ons is baie trots op die wonderlike pro-jek. Rian en Lindie het die mense geleer om self vis te vang en nie net bakhand te staan nie. Wat 'n voor-beeld! ◘

Roodepark is 'n spesiale skool met baie spesiale behoeftes. Die skool is geleë in Clarendonrylaan, Discovery, Roode-poort en leerders aan dié instansie se spesiale behoeftes word aangespreek op besondere wyse. Hier kry leerders die geleentheid om tegniese vaardighe-de aan te leer wat relevant is vir die arbeidsmark.

’n Kosprojek wat gemik is op be-hoeftiges binne die skool, staan al vir 20 jaar onder die ysterhand van Daleen Gerber. Die projek baat maandeliks deur kosskenkings van Constantiakruin, wat elke dag ge-durende pouse vir tot 120 kinders be-dien word. Dit is nie net sop nie, maar heerlike, geurige, dik prutpotgeregte wat wemel van groente, bone en vleis. Dit word bedien met rys, mielierys of samp.

Roodepark sê baie dankie aan Con-stantiakruin vir die volgehoue onder-steuning. Die Gemeente help hulle ook jaarliks met hulle "matriekafskeid" deur pragtige rokke vir die dogters en swierige klere vir die seuns te skenk. ◘

Jaar na jaar spog ons Constantiakruin-lidmate met die pragtigste handgebrei-de of gehekelde truie, mussies en komberse. Met die snerpende koue wat om die draai is (nee wag, ons het reeds ’n voorsmakie van die knypende koue gehad!) is dit weer tyd om die hekel– en breipenne in te span vir ’n goeie doel.

Jy kan blokkies (ewe groot) hekel en brei en self aanmekaarsit of kontak maak met Doks Hamman om dit na die regte persone te stuur.

Baie dankie aan al die dames wat so fluks werk. Met jul toegewydheid en kreatiewe talente, maak ons Gemeente ’n reuse impak in die lewens van men-se wat blootgestel is aan die ysige koue! ◘

&

Dankie, Constantiakruin

—jul bydraes hier maak

werklik ’n verskil!

Die Hulp & Hoop Be-diening by Constantiakruin heet Stephan Naudé wel-kom by hul span. Stephan sluit amptelik vanaf 1 Junie by H & H aan. Hy is reeds by verskeie inisiatiewe betrokke. Stephan wat ’n boorling van Pretoria is en betrokke was by die Kroegbediening, Coram Deo en Jakob se Put van die NG Oosterlig Gemeente, sal sy werk waar-voor hy geroep is by Constantiakruin voortsit. Sy lewensmotto is: “Touching a broken world through the love of Christ”. Kontak Stephan by 082 948 2883 vir meer inligting of om betrokke te raak. ◘

Stephan Naudé

Doks Hamman van Hulp & Hoop (links) en

Daleen Gerber van Roodepark Kosprojek

(regs) tydens leerders se pouse by die skool.