laat elke oomblik tel… · 2019-11-08 · hul skeppende kuns se teorie- en tekeneksamen aflê. die...

9
Geagte Ouers en Wonnie-personeel Al die ouers van graad 1-leerders vir 2020, word hartlik uitgenooi om ons Inligtingsaand op Donderdag, 24 Oktober 2019, om 18:00 in die skoolsaal by te woon. Ons wil u aanmoedig om die geleentheid by te woon, want daar word waardevolle inligting gedeel wat belangrik is vir u en u kind wat volgende jaar sy of haar “grootskool” ervaring gaan begin. Ons sien uit om u daar te verwelkom! Die kwartaal snel met verstommende haas ten einde en die Wonnies sit skouer aan die wiel om die akademiese inhoud vir hierdie kwartaal baas te raak en mooi resultate in die komende eksamen te toon. Baie dankie vir u as ouers wat ons so getrou bystaan om die kinders te help voorberei en bewus te maak van die belangrikheid van hul skoolwerk. Onthou altyd dat sukses aan dié behoort wat bereid is om harder as die ander te werk ... Indien daar ouers is wie se telefoonnommers verander het, moet u asseblief nie nalaat om ons te laat weet nie. Dit is baie belangrik dat ons ouers kan opspoor, indien nodig. U kan veranderde inligting e-pos na [email protected]. Onthou asseblief om u kind se naam en graad ook in die e-pos te meld. Laat elke oomblik tel …! L.M. Kruger Vind jou vreugde in die mooi wat die oomblik vir jou bied. op die Wonniewerf Boodskap van die hoof Jou kind en tegnologie Rugby-afrigters benodig Swem Wonnie Teatro Fotobestellings Atletiek Debietorders Hokkie Wonnie Gholfdag 2019 November eksamenreëlings en rooster Meriete: Kultuur Sportmeriete Tennis Netbal Internetbetalings Begroting 2020 Afrikaans en Engels skryfstukke Klawerklitsies Onder 8 Rugby 2020 Bekragtigingsvergadering: 28 Oktober Krediteure Pos Staccato’s Finansies Toekenning vir prestasies buite skoolverband BEMARKINGSVRYWARING: Laerskool Wonderboom wys u graag daarop dat enige persone wat in die Nuusbrief of op advertensieborde adverteer, dit op eie basis, teen ʼn vergoeding aan Laerskool Wonderboom doen. Laerskool Wonderboom kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige bewering, voorstellings of fooie wat aan hierdie persone betaal word, op grond van hulle advertensie nie. Dit bly u as ouer se prerogatief om seker te maak dat die adverteerder wel oor die vermoë beskik om die dienste te lewer, en selfs die agtergrond van die adverteerder na te gaan voordat u met die adverteerder kontrakteur. Laat elke oomblik tel… Nuusbrief 36 24 Oktober 2019 Jou kind en tegnologie Baie van die leerders is bevoorreg om ‘n slimfoon te kan hê, maar ons ervaar dat hulle nie genoegsaam leiding van die huis af kry nie. Volgens die selfoonbeleid moet alle selfone gedurende die skooltyd afgeskakel wees. Die selfone (simkaarte) is in u naam geregistreer daarom is dit u eiendom en verantwoordelikheid om dit gereeld te monitor. Ons doen ‘n ernstige beroep op u as ouer om u kind se selfoon gereeld na te gaan en om ook die nodige leiding te gee. Daar is verskeie toepassings (Apps) wat u kan aflaai om te ondersteun ter beskerming van u kind. Ons wil u ook help en het dr. Johan Smit, ‘n kenner op die gebied, genooi om oor die gevare van tegnologie te gesels. Dit vind op Woensdag, 30 Oktober, om 18:00 in die skoolsaal plaas - koste is R20 per persoon en die sitplekke is beperk.

Upload: others

Post on 16-Feb-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Laat elke oomblik tel… · 2019-11-08 · hul Skeppende Kuns se teorie- en tekeneksamen aflê. Die formele eksamen begin Vrydag, 8 November. Die sessietye vanaf Vrydag, 8 November,

`

Geagte Ouers en Wonnie-personeel

Al die ouers van graad 1-leerders vir 2020, word hartlik uitgenooi om ons Inligtingsaand op Donderdag, 24 Oktober 2019, om 18:00 in die skoolsaal by te woon. Ons wil u aanmoedig om die geleentheid by te woon, want daar word waardevolle inligting gedeel wat belangrik is vir u en u kind wat volgende jaar sy of haar “grootskool” ervaring gaan begin. Ons sien uit om u daar te verwelkom!

Die kwartaal snel met verstommende haas ten einde en die Wonnies sit skouer aan die wiel om die akademiese inhoud vir hierdie kwartaal baas te raak en mooi resultate in die komende eksamen te toon. Baie dankie vir u as ouers wat ons so getrou bystaan om die kinders te help voorberei en bewus te maak van die belangrikheid van hul skoolwerk. Onthou altyd dat sukses aan dié behoort wat bereid is om harder as die ander te werk ...

Indien daar ouers is wie se telefoonnommers verander het, moet u asseblief nie nalaat om ons te laat weet nie. Dit is baie belangrik dat ons ouers kan opspoor, indien nodig. U kan veranderde inligting e-pos na [email protected]. Onthou asseblief om u kind se naam en graad ook in die e-pos te meld.

Laat elke oomblik tel …! L.M. Kruger

Vind jou vreugde in die mooi wat die oomblik vir jou bied.

op die Wonniewerf

Boodskap van die hoof

Jou kind en tegnologie

Rugby-afrigters benodig

Swem

Wonnie Teatro

Fotobestellings

Atletiek

Debietorders

Hokkie

Wonnie Gholfdag 2019

November eksamenreëlings en rooster

Meriete: Kultuur

Sportmeriete

Tennis

Netbal

Internetbetalings

Begroting 2020

Afrikaans en Engels skryfstukke

Klawerklitsies

Onder 8 Rugby 2020

Bekragtigingsvergadering: 28 Oktober

Krediteure Pos

Staccato’s

Finansies

Toekenning vir prestasies buite skoolverband

BEMARKINGSVRYWARING: Laerskool Wonderboom wys u graag daarop dat enige persone wat in die Nuusbrief of op advertensieborde adverteer, dit op eie basis, teen ʼn vergoeding aan Laerskool Wonderboom doen.

Laerskool Wonderboom kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige bewering, voorstellings of fooie wat aan hierdie persone betaal word, op grond van hulle advertensie nie. Dit bly u as ouer se prerogatief om seker te maak dat die adverteerder wel oor die vermoë beskik

om die dienste te lewer, en selfs die agtergrond van die adverteerder na te gaan voordat u met die adverteerder kontrakteur.

Laat elke oomblik tel…

Nuusbrief 36 24 Oktober 2019

Jou kind en tegnologie Baie van die leerders is bevoorreg om ‘n slimfoon te kan hê, maar ons ervaar dat hulle nie genoegsaam leiding van die huis af kry nie. Volgens die selfoonbeleid moet alle selfone gedurende die skooltyd afgeskakel wees. Die selfone (simkaarte) is in u naam geregistreer daarom is dit u eiendom en verantwoordelikheid om dit gereeld te monitor. Ons doen ‘n ernstige beroep op u as ouer om u kind se selfoon gereeld na te gaan en om ook die nodige leiding te gee. Daar is verskeie toepassings (Apps) wat u kan aflaai om te ondersteun ter beskerming van u kind.

Ons wil u ook help en het dr. Johan Smit, ‘n kenner op die gebied, genooi om oor die gevare van tegnologie te gesels.

Dit vind op Woensdag, 30 Oktober, om 18:00 in die skoolsaal

plaas - koste is R20 per persoon en die sitplekke is beperk.

Page 2: Laat elke oomblik tel… · 2019-11-08 · hul Skeppende Kuns se teorie- en tekeneksamen aflê. Die formele eksamen begin Vrydag, 8 November. Die sessietye vanaf Vrydag, 8 November,

`

``

Rugby-afrigters benodig Laerskool Wonderboom benodig studente rugby-afrigters vir die 2019-rugbyseisoen. Aansoeke kan by die skool ingehandig word, of per e-pos aan [email protected] gestuur word. Die aansoeke sluit Vrydag, 1 November 2019. Indien u nie 'n antwoord voor of op Maandag, 11 November 2019, ontvang nie, word u aansoek as onsuksesvol beskou.

Prestige Gholfdag 2019 Laerskool Wonderboom sien uit daarna om vir Andries Vermeulen - In Afrikaans - by ons Gholfdag op 14 November te verwelkom. Wees deel van hierdie geleentheid en kom speel gholf vir die OOG. Lekker kompetisies en groot pryse op die spel!

Swem Baie dankie aan elke swemmer wat gister aan die Prestige Gala deelgeneem en ons trots gemaak het! Die oefentye is soos volg: Sessie 1: Graad 1, 2, 3 - Stap 13:10 vanaf die skool. Weer 14:40 terug by die skool. Sessie 2: Graad 4-7 - Stap 14:15 vanaf die skool. Weer 15:40 terug

by die skool.

Ons herinner u aan die swemdatums vir hierdie kwartaal: 30 Oktober: Aqua Martina - Deon Malherbe 31 Oktober: Interskole gala - Hillcrest

Wonnie Teatro Neem asseblief kennis van die volgende datums: 30 Oktober: Oefening 6 November: Afsluiting

Atletiek Baie geluk aan die atlete wat so mooi presteer het by die Midstream College byeenkoms - die byeenkoms is ongelukkig gestop as gevolg van die weer. Die laaste byeenkoms vir die seisoen vind Dinsdag, 29 Oktober, teen Laerskool Constantiapark op ons velde plaas. Spiesgooi en diskus begin reeds om 12:00 en die res van die byeenkoms om 14:30. Die atlete sal elk 'n oefenprogram vir die vakansie ontvang en ons vra dat hul dit getrou sal toepas om gereed te wees vir die nuwe seisoen in Januarie.

Debietorders Ouers, wat met debietorders betaal, neem asseblief kennis dat die debietorders vir November soos volg sal afgaan: 4 en 18 November (as gevolg van die naweek).

Fotobestellings Fotobestellings by O’Neills fotograwe sluit op 4 November. Alle bestellings word op hul webtuiste gedoen. Geen bestellings word deur die skool hanteer nie.

Hokkie Baie sterkte aan die 0/11- en 0/12-spelers wat vanmiddag aan die eerste rondte van die Northerns proewe deelneem. Ons hou styf duimvas. Hou die Wonnie naam hoog!

Page 3: Laat elke oomblik tel… · 2019-11-08 · hul Skeppende Kuns se teorie- en tekeneksamen aflê. Die formele eksamen begin Vrydag, 8 November. Die sessietye vanaf Vrydag, 8 November,

`

``

November eksamenreëlings en rooster Ons het voorwaar ‘n jaar gehad waarin ons bitter bevoorreg was. Nou kom die tyd nader waar leerders rekenskap moet gee van die kennis wat deur die jaar opgedoen is. Ons glo al hulle harde werk sal beloon word. Ouers moet asseblief kennis neem van die veranderinge en byvoegings tot ons eksamenrooster. Die reëlings is soos volg:

Afbakenings sal reeds op Donderdag, 24 Oktober, na die leerders uitgaan.

Vanaf Donderdag, 7 November, sal die skool om 13:00 verdaag.

Die graad 4- tot 6-leerders gaan reeds Donderdag, 7 November, die oggend tydens ‘n toetsperiode

hul Skeppende Kuns se teorie- en tekeneksamen aflê.

Die formele eksamen begin Vrydag, 8 November.

Die sessietye vanaf Vrydag, 8 November, is soos volg:

Afrikaans en Engels skryfstukke: Vrydag, 8 November 2019 - Graad 4- tot 7-leerders moet asseblief hulle woordeboeke vir die Afrikaans en Engels skryfstukke onthou. Leerders mag nie hul woordeboeke onderling deel nie. Onthou asseblief om jule woordeboeke betyds in te pak!

Alle handboeke word op die dag wat die vak geskryf word, ingehandig. Indien ‘n handboek verlore is of onherstelbaar beskadig is, moet die bedrag van R160 vir die handboek by die finansiële kantoor inbetaal word.

Vanaf Maandag, 24 November, sal die skool om 11:00 verdaag, behalwe op die dae wat die betrokke leerders vir die merietefunksies oefen.

Ons formele program eindig Vrydag, 22 November, maar afwesighede word steeds geneem tot Vrydag, 29 November.

Die skool se netheid- en voorkomsreëls is steeds geldig in eksamentyd en sal streng toegepas word tydens meriete funksies. Ons vra dat ouers ons hiermee sal help om ongelukkigheid te vermy deur ‘n leerder nie op die verhoog toe te laat nie!

Daar sal ‘n toesigklas per graad tot 13:00 wees vir leerders wat nie 11:00 kan verdaag nie.

Die graad 6-leerders sal nie in 2019 van die distrik se algemene vraestelle skryf nie.

Leerders is verplig om die volle dag teenwoordig te wees tydens eksamen en sal slegs toegelaat word om eksamen te skryf indien hulle die oggend teenwoordig was.

Indien ‘n leerder afwesig is vir ‘n eksamen, sal hy/sy slegs toegelaat word om te skryf met ‘n geldige doktersbrief/rede. Daar sal van die leerder verwag word die toets af te lê op die eerste dag terug by die skool.

Leerders en ouers moet hulself asseblief vergewis van die gewig wat die eksamens van die jaarpunt uitmaak.

Graad 4 tot 6: 25%

Graad 7: 60%

Die skool sluit vir die leerders op Woensdag, 4 Desember. Rapporte kan vanaf 07:00 tot 08:00 by die registeronderwysers afgehaal word. Daar is geen toesig vir die leerders op hierdie dag nie!

Indien daar enige onduidelikheid of vrae is, moet u asseblief die kantoor by [email protected] kontak.

Sessie 4 November 5 November 6 November 7 November 8 November

1 (07:30-08:30) SK (Toetsperiode) Gr. 4-6

Pouse

2 (08:45-10:45) Afr. Skryfstuk Gr. 4-7

Pouse

3 (11:00-13:00) Skool verdaag om 13:00 Eng. Skryfstuk Gr. 4-7

Sessie 11 November 12 November 13 November 14 November 15 November

1 (07:30-08:30)

Pouse

2 (08:45-10:45) Tegnologie Gr. 7

(1e sessie)

Pouse

3 (11:00-13:00) Geskiedenis Gr. 4-7 LO Gr. 7

LV Gr. 4-6 NW & Teg Gr. 4-6 NW Gr. 7

Wonnie Gholfdag Wisk. Gr. 4-6 Algebra Gr. 7

Sessie 18 November 19 November 20 November 21 November 22 November

1 (07:30-08:30)

Pouse

2 (08:45-10:45) SK (Teorie) Gr. 7 EBW (1e sessie) Gr. 7

Pouse

3 (11:00-13:00) Eng. Gr. 4-7 Afrikaans Gr. 4-7 Geografie Gr. 4-7 Meetkunde Gr. 7 Wissel/Operasie opruim

Sessie 25 November 26 November 27 November 28 November 29 November

1 (07:30-08:30) Meriete buite skoolverband

Super Wonnie beloningsdag

Sport & Kultuur inoefening

Meriete aand inoefening

Pouse Gr. 3-7

2 (08:45-11:00) Skool verdaag om 11:00 Sport en kultuur

meriete aand

Sessie 1: 07:30 tot 08:30 Leersessie

Sessie 2: 08:45 tot 10:45 Skryfsessie 1

Sessie 3: 11:00 tot 13:00 Skryfsessie 2

Page 4: Laat elke oomblik tel… · 2019-11-08 · hul Skeppende Kuns se teorie- en tekeneksamen aflê. Die formele eksamen begin Vrydag, 8 November. Die sessietye vanaf Vrydag, 8 November,

`

``

Meriete: Kultuur Alle kultuurleerders wat in aanmerking wil kom vir toekennings tydens die meriete-aand, moet asseblief briewe in hierdie verband by die betrokke onderwysers afhaal: Juniors: Mev. Carina Rademan (Kamer 30) Seniors: Mev. Benita Botha (Kamer 12) Sluitingsdatum vir aansoeke: 25 Oktober 2019 (Geen laat-aansoeke sal oorweeg word nie).

Sportmeriete Aansoekvorms vir sportseun en sportdogter van die jaar kan by juffrou Maryke in Kamer 19 afgehaal word. Die sluitingsdatum is Vrydag, 1 November 2019. Om te kwalifiseer moet die sportseun of sportdogter aan die volgende vereistes voldoen:

• Die toekenning is gebaseer op veelsydigheid in sport • Kandidate moet 70 en meer punte op die kriterialys behaal om

in aanmerking te kom vir die toekenning • Kandidaat met die hoogste getal punte bo 70 punte ontvang die

toekenning • Indien twee kandidate ewe veel punte behaal, word die

toekenning aan die veelsydigste kandidaat toegeken • Kandidaat het aan ten minste drie geaffilieerde sportsoorte vir

die skool deelgeneem • Kandidaat was waardige beelddraer van Laerskool Wonder-

boom • Kandidaat het ware sportmanskap vertoon • Kandidaat het leierskap in spanverband geneem soos

spankaptein • Kandidaat het provinsiale kleure verwerf in een of meer

sportsoort

• Kandidaat het binne sy kategorie die verste gevorder in sport

Netbal Baie dankie aan elke dogter wat getrou kom oefen het hierdie kwartaal. Ons laaste week het aangebreek. Volgende week oefen ons slegs Maandag, 28 Oktober, en Woensdag, 30 Oktober. Daar is GEEN oefening op Dinsdag, 29 Oktober, nie, as gevolg van 'n atletiek- byeenkoms tuis.

Die proewe vir 2020 se spanne sal soos volg plaasvind: 0/10 en 0/11 eers in 2020 0/12 op 5 November 2019 0/13 op 4 November 2019

Die netbalafsluiting vind op Woensdag, 6 November, by Spur in Lavenderweg plaas. Bring asseblief die skeurstrokies so gou moontlik na juf. Christine in kamer 3.

Tennis Baie dankie vir die spelers wat opgedaag het vir die proewe dit was warm, maar nogtans het dit goed verloop. Die 0/11-groep wat Woensdag proewe gehad het moet asseblief weer Maandag, 28 Oktober, kom sodat die finale bepalings gedoen kan word. Ons sien baie uit na 2020 se tennisliga.

Page 5: Laat elke oomblik tel… · 2019-11-08 · hul Skeppende Kuns se teorie- en tekeneksamen aflê. Die formele eksamen begin Vrydag, 8 November. Die sessietye vanaf Vrydag, 8 November,

`

``

Begroting 2020

Op Maandag, 7 Oktober 2019, was die Algemene Jaarvergadering en die begroting van 2020 is ook aan die ouers voorgehou. Baie dankie aan die ouers wat dit bygewoon het. Daar was nie ‘n kworum nie, dus sal die Bekragtigingsvergadering op Maandag, 28 Oktober 2019, om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Ons rig ‘n vriendelike dog dringende versoek aan ouers om asseblief die vergadering by te woon. Hiermee die Voorgestelde Skoolgeld vir 2020:

VOORGESTELDE SKOOLGELD VIR 2020

OPSIE 1: MAANDELIKS OPSIE 2: EENMALIG OPSIE 3: DEBIETORDER

Skoolgeld: R1 256 x 11 = (6,9% verhoging)

R13 816.00

Betaalbaar voor/op 1 Maart 2020 Skoolgeld: R1 256 x 11 = Korting 4% TOTAAL

Maandelikse debietorder =

R13 816.00 R 552.64 R13 263.36

R 1 205.76

Skoolgeld: R1 256 x 11 = Korting 8% TOTAAL

R13 816.00 R 1 105.28 R12 710.72

WOELIGE WONNIES GRAAD R-SKOOLGELD Graad R kom nie in aanmerking vir vrystelling of korting nie.

NASKOOLSENTRUM Vooruitbetaalbaar voor die 7de van elke maand

MAANDELIKS/DEBIETORDER/VOORUITBETALING

Naskoolfooie: R1 110 x 11 = (8,1% verhoging) Dagbesoekers: R80 per dag Skoolvakansie-dagbesoeker: R80 per dag

R 12 210.00

Skoolgeld: R1 310 x 11 = (7,2% verhoging)

R14 410.00

BANKBESONDERHEDE:

Laerskool Wonderboom ABSA – Tjek

Tjekrekeningnommer: 5260144369 Takkode: 632005

Verwysing: Gebruik asseblief Familiekode plus beskrywing wanneer EFT-betalings gemaak word.

Betalingsbewyse kan aan [email protected] gestuur word.

DEBIETORDER: Vir enige debietordernavrae of om ‘n vorm te verkry, kontak gerus vir mev. Annette Carr by [email protected]

AANSOEK OM VRYSTELLING/GEDEELTELIKE VRYSTELLING VAN SKOOLGELDE: Alle aansoeke moet persoonlik by mev. Annette Carr afgehaal en ingedien word: GRAAD R KOM NIE IN AANMERKING VIR VRYSTELLING OF KORTING NIE.

Aansoek om vrystelling of gedeeltelike vrystelling van skoolgeld kan ingevolge die Skolewet gedoen word. Hierdie aansoeke, pleegsorg ingesluit, moet jaarliks aan die Beheerliggaam op die voorgeskrewe vorm gerig word. Vorms is by mev. Annette Carr (Finansies) beskikbaar en moet voor of op 28 Februarie van elke skooljaar ingehandig word om in aanmerking te kom vir die vrystelling/gedeeltelike vrystelling. Geen laat of onvolledige aansoeke sal sonder skriftelike redes oorweeg word nie.

NASKOOL: Betaling kan SLEGS per debietorder geskied – Geen uitsonderings.

Onder 8 Rugby 2020 Die rugbyseisoen vir 2020 kom vinnig nader, daarom het ons dit goed gedink om reeds in 2019 te begin met oefening vir die 0/8’s (Gebore 2011). Die doel van hierdie oefening is om spelers bekend te stel aan die spel van rugby, asook om die basiese rugbyvaardighede te kweek. Daar sal van al die spelers verwag word om die oefening by te woon. Indien ‘n speler nie die oefening kan bywoon nie, moet hy ‘n geldige verskoning by die afrigters maak. Die oefening en wedstryde dien ook as proewe vir volgende jaar, alhoewel daar in 2020 weer proewe gespeel gaan word. Oefening het op 21 Oktober om 13:45 begin. Die oefentye is soos volg: Maandae: 13:45 tot 15:00 Donderdae: 13:45 tot 15:00

Afrikaans en Engels skryfstukke: 8 November 2019

Graad 4- tot 7-leerders moet asseblief hulle woordeboeke vir die Afrikaans en Engels skryfstukke onthou. Leerders mag nie hul woordeboeke onderling deel nie. Onthou asseblief om jule woordeboeke betyds in te pak!

Klawerklitsies

Oefening vir die 4de kwartaal is op 21 Oktober vanaf 13:45-16:00.

Die Klawerklitsie-oudisies vir 2020 vind op die volgende dae plaas: Maandag, 11 November: Slegs graad 3-dogters 13:15-14:00 Dinsdag, 12 November: Slegs graad 2-dogters 13:15-14:00 Woensdag, 13 November: Slegs graad 1-dogters 13:15-14:00 Donderdag, 14 November: Graad 1, 2 en 3-seuns 13:15-14:00 Maandag, 18 November: Finale oudisie 13:15-14:00

Page 6: Laat elke oomblik tel… · 2019-11-08 · hul Skeppende Kuns se teorie- en tekeneksamen aflê. Die formele eksamen begin Vrydag, 8 November. Die sessietye vanaf Vrydag, 8 November,

`

``

Staccato’s Neem asseblief kennis van die volgende reëlings in verband met Dans in jou Taal kompetisie op Vrydag, 25 Oktober:

Kaartjies word daar ontvang en sal vanaf 18:00 beskikbaar wees by die teater.

Die bus vertrek om 11:30. Leerders kom assebleif met hulle swart hempies, ‘Tommy’ tekkies en 'ski-pants' skool toe. Die vertoning begin om 19:00.

Pak asseblief genoeg eet- en drinkgoed in. Ons is nie seker of daar wel 'n snoepie gaan wees nie.

Die bus sal ongeveer 23:00 terug wees by die Sporthek. Ons doen egter 'n beroep op ouers om die groepie dop te hou vir inligting indien u kind saam met die bus terug kom. Dit is nie vir die onderwysers of leerders veilig om vir ouers te wag nie.

Oudisies vir lede wat nie in die groep is nie en graag wil deel wees is op Vrydag, 1 November 2019, vanaf 13:30-15:30 in die saal. Huidige Staccato's met ander woorde graad 5- en 6-leerders se oudisie vind op 14 November 2019 tydens die 2e sessie van die eksamen plaas.

Finansies

Graag wil ons dit op ons Wonnie-ouers se harte druk om asseblief hul verpligtinge rakende skoolgelde na te kom. Die skool se lopende uitgawes bly konstant en dié uitgawes kan slegs met u hulp vereffen word. Ons maak staat op ons Wonnie-ouers om ons in die groot taak by te staan. Graag bedank ons die skitter-ouers wat só gereeld betaal – julle is tops! Kom gesels gerus met ons indien u omstandighede verander.

Neem asseblief kennis dat daar slegs 2 maande (Oktober ingesluit) oor is om agterstallige skoolfonds op datum te bring. Ons moet ongelukkig noem dat uitstaande rekeninge aan die einde van die jaar oorhandig word vir invordering.

Hiermee net weer die skool se bankbesonderhede:

Laerskool Wonderboom ABSA Tjekrekening Rekeningnommer: 526 0144 369 Takkode: 632005 Verwysing: Gebruik u familiekode plus beskrywing wanneer u ‘n EFT-betaling doen.

Laerskool Wonderboom beskik oor die volgende Beheerliggaampos vir vulling op 1 Januarie 2020:

KREDITEURE POS

Die persoon sal verantwoordelik wees vir al die krediteure funksies en salarisse. Die pos vereis ‘n hardwerkende dame wat nie skroom om die ekstra myl te loop nie. Professionaliteit, vriendelikheid en stiptelikheid is van kardinale belang. Die geskikte kandidaat moet die vermoë hê om in ‘n span te werk met uitstekende menseverhoudinge en ‘n dinamiese persoonlikheid. Moet onder druk kan funksioneer.

Verantwoordelikhede • Alle krediteure funksies en krediteure rekonsiliasies. • Hanteer alle aspekte rakende salarisse en lone. • Hanteer alle aspekte rakende SARS en Ongevalle Kommissaris. • Bedryf van die Skool se rekenkundige stelsel deur middel van die

rekenaarpakket soos deur die BL goedgekeur. • Vaslegging en teboekstelling van alle uitgawes op die rekenkundige

stelsel van die Skool. • Vaslegging van die finale begroting op die rekenkundige stelsel by die

aanvang van elke finansiële jaar. • Uitvoering van goedgekeurde skoolfondsaankope deur voltooiing en

prosessering van bestelvorms en internetbetalings. • Kontroleer dat alle aankope in terme van die goedgekeurde begroting

geskied en adviseer die Skoolhoof oor afwykings vir besluitneming. • Uitvoer van goedgekeurde bestellings. • Hou die Skoolhoof en tesourier op hoogte van enige afwyking of

oorskryding van die begroting. • Prosessering van joernale en die dokumentering van alle joernale. • Voorbereiding van verslae vir BL-vergaderings. • Deeglike bewaring en aantekening van finansiële dokumente. • Voorbereiding vir jaarlikse finansiële oudit, hantering van finansiële oudit

en ouditnavrae.

Die onderstaande is van toepassing: • Aansoeke vergesel van ‘n aansoekbrief/inleiding kan per hand afgelewer

word of gestuur word aan [email protected] voor 25 Oktober 2019 om 12:00.

• ‘n Volledige CV, gewaarmerkte ID en kwalifikasies asook verwysings moet die aansoek vergesel.

• Indien u geen terugvoer teen 29 November 2019 van die skool ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.

Page 7: Laat elke oomblik tel… · 2019-11-08 · hul Skeppende Kuns se teorie- en tekeneksamen aflê. Die formele eksamen begin Vrydag, 8 November. Die sessietye vanaf Vrydag, 8 November,

`

``

Toekenning vir prestasies buite skoolverband

Maandag, 25 November 2019, word die jaarliks toekennings aan leerders wat buite skoolverband op Provinsiale of Nasionale vlak presteer het toegeken. Prestasies buite skoolverband is prestasies, waar leerders presteer in omstandighede buite skoolverband waarby die skool nie geaffilieer is nie, of waar die betrokke aktiwiteit of item nie noodwendig deel van die skool se buitekurrikulêre program is nie.

Prestasie buite skoolverband op Provinsiale en/of Nasionale vlak word deur Laerskool Wonderboom erken as prestasies buite skoolverband. As gevolg van die omvang van hierdie toekennings sal hierdie toekennings aan die einde van die jaar toegeken word tydens ‘n saalgeleentheid gedurende die week.

Dit is die plig van elke ouer van leerders wat aansoek doen vir erkenning vir prestasie buite skoolverband om betyds die nodige skriftelike voorlegging te maak as bewys van sodanige prestasies. Die ouer moet saam met die aansoek binne die voorgeskrewe tydperk skriftelike bewys lewer, op ‘n amptelike briefhoof van die vereeniging / organisasie, (nie klub), van die betrokke sportsoort. Die name van die leerders verbonde aan Laerskool Wonderboom asook hul verkiesing en verwerwing van “volle provinsiale KLEURE” (verteenwoordig die provinsie op SA-byeenkoms of toernooi) / “nasionale kleure” (verteenwoordig S.A. op internasionale byeenkoms of –toernooi), moet duidelik op die bogenoemde brief aangdui word.

Die ouer moet kan bewys lewer dat die leerder nie net geregistreer was by die vereeniging / organisasie nie, maar ook deelgeneem het op Provinsiale en/of Nasionale vlak en kleure verwerf het in 2019.

Die volgende is belangrike punte om van kennis te neem:

Die tipe toekenning sal geëvalueer word na oorweging van elke spesifieke geval.

Die hoogste toekenning verleen vir prestasie buite skoolverband is ‘n vergulde sertifikaat.

Toekennings sal binne skoolure geskied.

Die aansoekvorm moet volledig voltooi word en alle nodige stukke moet daarby aangeheg word.

Die voorblad moet voltooi word en bo-aan die aansoek vasgekram word.

Die leerder se naam op die aansoekvorm sal net so op die sertifikaat verskyn.

Die aansoekvorm moet volledig voltooi word en alle nodige stukke moet hierby aangeheg word. Onvolledige aansoeke sal ongelukkig nie verwerk kan word of ‘n toekenning gemaak kan word nie.

Alle afskrifte van bewyse moet gewaarmerk wees.

Die aansoek moet voor die keerdatum ingehandig word.

Die sluitingsdatum vir die indien van aansoeke is Vrydag, 8 November 2019, om 12:00. Geen aansoek sal na die sluitingsdatum aanvaar word nie. Aansoekvorms kan by mnr. Fivaz of by die kantoor afgehaal word.

Page 8: Laat elke oomblik tel… · 2019-11-08 · hul Skeppende Kuns se teorie- en tekeneksamen aflê. Die formele eksamen begin Vrydag, 8 November. Die sessietye vanaf Vrydag, 8 November,

`

``

Page 9: Laat elke oomblik tel… · 2019-11-08 · hul Skeppende Kuns se teorie- en tekeneksamen aflê. Die formele eksamen begin Vrydag, 8 November. Die sessietye vanaf Vrydag, 8 November,