laerskool kruinsig | laerskool...

5
LAERSKOOL KRUINSG SOSIALE WETENSKAP GR.7 GEOGRAFIE / AARDRYKSKUNDE WEEK 7 25 Mei – 29 Mei KWARTAAL 2 VULKANE, AARDBEWINGS EN OORSTROMINGS Teorie: Kollig op Sosiale Wetenskap. Eenheid 4: Oorstromings Bl. 34 - 35 Figuur 2.16 Bl. 35 is belangrik wat gebeur met die reënval tussen die twee verskillende gebiede. Oorstromings is heel moontlik die enigste natuurramp wat die meeste van julle mee bekend sal wees. Dus behoort hierdie nie baie moeilik te wees nie. Werkkaart . 1) Bl. 35 Aktiwiteit. 2. Oorsake van Oorstromings.

Upload: others

Post on 22-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Gr.-7...  · Web view2020-05-21 · reën die bogrond wegspoel. Die geërodeerde grond word

LAERSKOOL KRUINSGSOSIALE WETENSKAP

GR.7GEOGRAFIE / AARDRYKSKUNDE

WEEK 725 Mei – 29 Mei

KWARTAAL 2VULKANE, AARDBEWINGS EN OORSTROMINGS

Teorie:Kollig op Sosiale Wetenskap.Eenheid 4: Oorstromings Bl. 34 - 35Figuur 2.16 Bl. 35 is belangrik wat gebeur met die reënval tussen die twee verskillende gebiede.

Oorstromings is heel moontlik die enigste natuurramp wat die meeste van julle mee bekend sal wees.Dus behoort hierdie nie baie moeilik te wees nie.

Werkkaart. 1) Bl. 35 Aktiwiteit. 2. Oorsake van Oorstromings.

Page 2: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Gr.-7...  · Web view2020-05-21 · reën die bogrond wegspoel. Die geërodeerde grond word
Page 3: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Gr.-7...  · Web view2020-05-21 · reën die bogrond wegspoel. Die geërodeerde grond word
Page 4: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Gr.-7...  · Web view2020-05-21 · reën die bogrond wegspoel. Die geërodeerde grond word

Aktiwiteit. 2.6. Die oorsake van Oorstromings (Memo)

1. Baie mense het na die stede en dorpe getrek om ʼn bestaan te maak. As jy na ʼn digbevolkte stad of dorp kyk, sien jy hoofsaaklik dakke, teer en sement. Minder water sak in die grond weg en meer water vloei na die riviere, wat die kanse op oorstromings verhoog. Namate die vraag na behuising in die stedelike gebiede toegeneem het, het baie stede en dorpe besluit om op vleilandgebiede te bou. Dit het verwoestende gevolge as dit begin reën omdat die vleilande soos natuurlike dreine optree en sonder hulle het die water nêrens om te gaan nie. Gevolg is dat die water vinnig opbou en oorstromings plaasvind.

(4)(Enig van bogenoemde 4 sal reg wees vir 4 punte)2. Die boere kan die impak van oorstromings verminder deur

kontoerploeg. Kontoerploeg is die ploeg van landerye heen en weer teen ʼn helling, eerder as van bo na onder saam met die helling van die berg. Dit help dat die water vasgevang word in die kontoer trappe van die helling. As die boere van bo na onder ploeg, het die water ʼn maklike pad om teen die berghang af te loop. Dit kan veroorsaak dat sade, vrugbare grond en saailinge maklik kan wegspoel deur die vinnig vloeiende water. Dit bring vloede mee aan die onderpunt van die helling.

(4)(Verduidelik wat kontoerploeg is?)

Nog planne wat boere kan maak is. A) Boere moet nie die hellings ontbos nie.B) Terrasse kan ook help om vinnig vloeiende water te keer.

3. Bome in woudgebiede wat afgekap word of deur vuur afgebrand word, kan gronderosie tot gevolg hê. Dit is omdat die wortels van die bome help om die grond te anker en dit in plek te hou wanneer dit reën. Sonder hierdie wortels, sal die reën die bogrond wegspoel. Die geërodeerde grond word afgeset op die bodems van die riviere en damme. Die afgesette grond blokkeer die pad van die water, wat die watervlak laat styg. Gevolglik vind meer oorstromings plaas omdat die damme en riviere nie so baie water kan stoor nie. Dus die damme en riviere word al hoe vlakker. (4)

Page 5: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Gr.-7...  · Web view2020-05-21 · reën die bogrond wegspoel. Die geërodeerde grond word

(Enig van bogenoemde 4 sal reg wees vir 4 punte)

Totaal 12