laerskool kruinsig | laerskool...
TRANSCRIPT
Laerskool Kruinsig
Sosiale Wetenskap: Aardrykskunde
Graad 6
8-12 Junie 2020
Teorie:
Platinum Sosiale Wetenskap: Hoekom mense handel dryf bl 30-32
(Beantwoord die volgende vrae op lyntjies papier ons sal dit inplak saam met die
vrae sodra die skool begin)
Prakties
Beantwoord die volgende vrae:
1. Verduidelik die volgende terme:
a) Handel dryf
b) Waarde
c) Klimaat
d) Natuurlike hulpbronne
2. Noem drie minerale wat Suid-Afrika uitvoer.
3. Hoekom moet Suid-Afrika olie invoer?
4. Noem drie vasteland waarmee Suid-Afrika handel
dryf?
5. Watter land dryf Suid-Afrika die meeste handel?
Laerskool Kruinsig
Sosiale Wetenskap: Aardrykskunde
Graad 6: Memo
8-12 Junie 2020
Memo
1.a) Die koop en verkoop, ruil en veruil van goedere.
b) Hoeveel iets werd is.
c) Die soort weer wat in ‘n gebied ervaar word.
d) Goed uit die natuur wat ons gebruik, soos olie.
2. Goud, diamante en yster.
3. Om brandstof te vervaardig om geld in die land in te bring.
4. Asië, Europa en Noord-Amerika
5. China