laerskool kruinsig | laerskool kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/.../2020/...14-17-april.docx  ·...

14
Gr 5 AFRIKAANS KWARTAAL 2 Week 1 INHAAL LESBEPLANNING LUISTER EN PRAAT - BEGRIPSLEES Instruksies: 1. Oefen om die storie hardop vir jouself voor te lees. Sodra jy dink dat jy dit goed genoeg kan doen, kan jy die storie hardop vir jou gesin voorlees. 2. Lees die onderstaande storie deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die hardloopskoene. Pauline kyk na die prente van beroemde atlete teen haar kamermuur. Sy wil graag ‘n atleet wees. Pauline trek aan en gaan na die kombuis. Dit is Saterdag. Oupa vra: “Pauline, wil jy saam met my dorp toe gaan? Ek moet my skoene by Mnr. Mokono by die skoenwinkel gaan haal.” Pauline sê: “Ja, Oupa!” Pauline hou daarvan om saam met Oupa dorp toe te gaan. Hulle ry met die bus. Toe hulle by die skoenwinkel instap, ruik Pauline die leer, politoer en gom wat Mnr. Mokono gebruik. Sy sien skoene vir mans, vrouens en vir kinders, ou skoene en splinternuwe skoene. Op die toonbank sien Pauline ‘n paar bloedrooi hardloopskoene. Mnr. Mokono glimlag en sê: “Hierdie skoene het aan ‘n beroemde atleet, Zola Budd, behoort. Pauline roep uit: “Zola Budd?” “Ja. Sy het die skoene gekoop, maar het besluit dat sy kaalvoet wil hardloop.” Pauline vra: “Oupa, kan ek die skoene kry?” Oupa sê: “Ek het nie genoeg geld om die skoene te koop nie.” Mnr. Mokono sê: “Ek het ‘n plan. Jy kan die skoene leen. As jy die resies by die sportdag wen, kan jy dit kry.” Pauline is opgewonde. Sy oefen elke dag. Sy word sterker en sterker. Sy hardloop vinniger en vinniger. 1

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

25 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/.../2020/...14-17-April.docx  · Web viewSodra jy dink dat jy dit goed genoeg kan doen, kan jy die storie hardop vir

Gr 5 AFRIKAANS KWARTAAL 2 Week 1INHAAL LESBEPLANNING

LUISTER EN PRAAT - BEGRIPSLEESInstruksies:

1. Oefen om die storie hardop vir jouself voor te lees. Sodra jy dink dat jy dit goed genoeg kan doen, kan jy die storie hardop vir jou gesin voorlees.

2. Lees die onderstaande storie deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Die hardloopskoene.Pauline kyk na die prente van beroemde atlete teen haar kamermuur. Sy wil graag ‘n atleet wees. Pauline trek aan en gaan na die kombuis. Dit is Saterdag. Oupa vra: “Pauline, wil jy saam met my dorp toe gaan? Ek moet my skoene by Mnr. Mokono by die skoenwinkel gaan haal.” Pauline sê: “Ja, Oupa!” Pauline hou daarvan om saam met Oupa dorp toe te gaan. Hulle ry met die bus. Toe hulle by die skoenwinkel instap, ruik Pauline die leer, politoer en gom wat Mnr. Mokono gebruik. Sy sien skoene vir mans, vrouens en vir kinders, ou skoene en splinternuwe skoene. Op die toonbank sien Pauline ‘n paar bloedrooi hardloopskoene. Mnr. Mokono glimlag en sê: “Hierdie skoene het aan ‘n beroemde atleet, Zola Budd, behoort. Pauline roep uit: “Zola Budd?” “Ja. Sy het die skoene gekoop, maar het besluit dat sy kaalvoet wil hardloop.” Pauline vra: “Oupa, kan ek die skoene kry?”Oupa sê: “Ek het nie genoeg geld om die skoene te koop nie.” Mnr. Mokono sê: “Ek het ‘n plan. Jy kan die skoene leen. As jy die resies by die sportdag wen, kan jy dit kry.” Pauline is opgewonde. Sy oefen elke dag. Sy word sterker en sterker. Sy hardloop vinniger en vinniger. Uiteindelik is dit sportdag. Daar is baie mense

wat die atlete ondersteun. Die skoot klap, BANG! Pauline hardloop baie vinnig. Sy hoor haar familie skree: “Pauline! Pauline!” Sy is eerste oor die wenstreep. Oupa sê: “Baie geluk, Pauline!” Mnr. Mokono sê: “Ek is trots op jou, Pauline! Jy het hard gewerk. Die skoene is joune.”

(Bron: Marianna Brandt Heartlines (verwerk) Aantal woorde: 262 )

1

Page 2: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/.../2020/...14-17-April.docx  · Web viewSodra jy dink dat jy dit goed genoeg kan doen, kan jy die storie hardop vir

LEES EN KYK - BEGRIPSLEES

Onthou: HOOFLETTERS word gebruik vir eiename en aan die begin van ‘n sin.

Vrae:

1. Wat is die titel van die storie?

________________________________________________________________

2. Wie is die outeur?

________________________________________________________________

3. Wie is die hoofkarakter?

________________________________________________________________

4. Pauline gaan saam met _______________________ dorp toe.

5. ________________________________ is die eienaar van die skoenwinkel.

6. Beskryf die hardloopskoene wat Pauline op die toonbank in die skoenwinkel

sien.

________________________________________________________________

________________________________________________________________

________________________________________________________________

7. Aan wie het hierdie hardloopskoene voorheen behoort?

________________________________________________________________

8. Verduidelik wat Mnr. Mokono se plan is.

________________________________________________________________

________________________________________________________________

9. Waar vind die sportdag plaas?

________________________________________________________________

10.Hoe, dink jy, het Pauline gevoel toe sy gewen het?

________________________________________________________________

2

Page 3: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/.../2020/...14-17-April.docx  · Web viewSodra jy dink dat jy dit goed genoeg kan doen, kan jy die storie hardop vir

TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES

1. Figuurlike TaalgebruikSkryf die betekenis van die volgende uitdrukkings neer.

a)  So vinnig soos blits. _______________________________________________________________

b)  Skoenmaker, hou jou by jou lees.

________________________________________________________________

c) Soek 'n intensiewe vorm in die leesstuk en skryf dit neer.

________________________________________________________________

2. Homofone en homonieme.

Homonieme:In die onderstaande sinne klink die woord skoot dieselfde, dit word dieselfde gespel, maar het verskillende betekenisse. Lees die sinne en maak seker dat jy dit verstaan.

o Die resies begin wanneer die skoot klap.o Die baba sit op haar skoot.

In die onderstaande sinne klink die woord lees dieselfde, dit word dieselfde gespel, maar het verskillende betekenisse. Lees die sinne en maak seker dat jy dit verstaan.

o Die skoenmaker gebruik die lees om skoene te maak. o Sy hou daarvan om te lees.

In die onderstaande sinne klink die woord leer dieselfde, dit word dieselfde gespel, maar het verskillende betekenisse. Lees die sinne en maak seker dat jy dit verstaan.

o Die skoenmaker gebruik leer om skoene te maak. o Hy leer vir die eksamen. o Die man staan op die leer om die hoe muur te verf.o Daar is ‘n leer in die vrou se sykouse.

‘n Kappie en deelteken kan bygevoeg word. o Juffrou sit papiere in die lêer. o Die leer is gereed vir die parade.

Leer meer oor homofone en homonieme op bl 39-41 in die Taalfabriek. Voltooi die oefeninge in jou Taalfabriek en lyntjieshuiswerkboek.

3

Page 4: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/.../2020/...14-17-April.docx  · Web viewSodra jy dink dat jy dit goed genoeg kan doen, kan jy die storie hardop vir

3. Voorvoegsels en agtervoegsels.

Skryf die regte vorm van die woorde in hakies deur voor- of agtervoegsels by te voeg.

a) Zola Budd is ‘n (beroemd) _______________ atleet.

b) Pauline sien (verskillend) _______________ (skoen). _______________ in

die winkel.

c) Pauline oefen en word (sterk) _______________ en (vinnig).

_______________.

d) Pauline kom (een)_______________. Sy is die (wen). _______________.

4. Voorsetsels

Voltooi die sinne deur die regte voorsetsels in te vul.  a) Daar is prente ____________ Pauline se kamermuur.

b) Pauline staan _______________ die kombuis.

c) Hulle ry _____________ die bus na die dorp.

d) Pauline sien hardloopskoene ____________ die toonbank.

e) Die skoene het _________________ Zola Budd behoort.

5. Selfstandige naamwoorde.

Voltooi die tabel deur die meervoude en verkleinwoorde vir die selfstandige naamwoorde in te vul.

Selfstandige naamwoord Meervoud Verkleining

a

) dorp

b

) skoen

c) vrou

d

) atleet

e

) kind

4

Page 5: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/.../2020/...14-17-April.docx  · Web viewSodra jy dink dat jy dit goed genoeg kan doen, kan jy die storie hardop vir

Identifiseer die verskillende selfstandige naamwoorde in die paragraaf:

Pauline kyk na die prente van beroemde atlete teen haar kamermuur. Sy wil graag ‘n

atleet wees. Pauline trek aan en gaan na die kombuis. Dit is Saterdag. Sy drink 'n

koppie koffie.

2 Eiename: __________________________ __________________________

6 Soortname:

__________________________. __________________________

__________________________ __________________________

__________________________ __________________________

1 Stofnaam: __________________________

1 Maatnaam: __________________________

7. Skryf die sinne in die verlede tyd.

a)  Pauline kyk na die prente teen haar kamermuur.

_______________________________________________________________

b)  Pauline is opgewonde.

_______________________________________________________________

c)  Pauline kry nuwe hardloopskoene.

_______________________________________________________________

7. Skryf die sinne in die toekomende tyd. (Onthou sal)

a)  Pauline is by die skoenwinkel.

_______________________________________________________________

b)  Oupa wag by die wenstreep.

_______________________________________________________________

c)  Pauline wen ‘n medalje.

_______________________________________________________________

5

Page 6: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/.../2020/...14-17-April.docx  · Web viewSodra jy dink dat jy dit goed genoeg kan doen, kan jy die storie hardop vir

SKRYF EN AANBIED Instruksies:

1. Skryf ‘n eenvoudige storie oor die 3 prente. (Prente soos gewys by punt 3)

2. Volg die stappe van die skryfproses. Gebruik die prente om jou te help.

3. Sorteer die prente in die regte volgorde.

4. Maak ‘n kopkaart. Skryf 5-6 sleutelwoorde vir elke prent.

Prent 1 Prent 2 Prent 3

6

Page 7: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/.../2020/...14-17-April.docx  · Web viewSodra jy dink dat jy dit goed genoeg kan doen, kan jy die storie hardop vir

5. Skryf 3 paragrawe om die begin, middel en einde van die storie te vertel. Jou

storie moet dus 3 paragrawe hê.

6. Elke paragraaf moet uit 4-5 sinne bestaan.

7. Skryf die eerste poging in jou lyntjies huiswerkboek.

8. Skryf die datum en dié opskrif: 'n Kort storie oor atletiek.

9. Hersien jou werk.

10.Vra jou ouers om jou te wys waar jy spelfoute gemaak het. Soek die regte

spelling in 'n woordeboek op.

11.Skryf die finale storie foutloos in jou lyntjieshuiswerkboek oor.

12.Vra jou ouers om dit weer te kontroleer. Maak seker dat jy nie weer dieselfde

foute gemaak het nie.

13.Lees jou storie hardop aan jou gesin voor.

7

Page 8: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/.../2020/...14-17-April.docx  · Web viewSodra jy dink dat jy dit goed genoeg kan doen, kan jy die storie hardop vir

MEMORANDUMBEGRIPSLEES 1. Die atletiekskoene 2. Marianna Brandt 3. Pauline 4. Oupa 5. Mnr. Mokono 6. Die hardloopskoene is bloedrooi en lyk nog nuut. 7. Zola Budd 8. Mnr. Mokono leen die skoene vir Pauline. Sy kan dit kry as sy die wedren op sportdag wen. 9. Die sportdag vind by die skool plaas. 10. Eie antwoorde, bv. Ek dink Pauline was baie bly.

Taalstrukture en konvensies1. Figuurlike taalgebruika. Baie vinnig. b. Doen wat jy die beste kan doen. c. bloedrooi. (onthou dat 'n intensiewe vorm altyd een woord is)2. Homofone en HomoniemeTaalfabriek bl. 40 Verwarrende woorde: Maak gebruik van 'n woordeboek om die antwoorde te kontroleer.Taalfabriek bl. 41Kies die regte antwoord.1. eis2. pyl3. graat4. lid5. steil6. lit7. ingewy8. fortVul die regte homoniem in:1. pas2. leer3. gas4. bas5. doelVul die regte homoniem in:1. ryk2. leuen3. vly4. vier

8

Page 9: Laerskool Kruinsig | Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/.../2020/...14-17-April.docx  · Web viewSodra jy dink dat jy dit goed genoeg kan doen, kan jy die storie hardop vir

3. Voorvoegsels en agtervoegselsa. beroemde b. verskillende, skoene c. sterker, vinniger d. eerste, wenner4. Voorsetselsa. teen b. in c. met d. op e. aan 5. Selfstandige naamwoorde Meervoude en verkleininga. dorpe; dorpie b. skoene; skoentjie c. vrouens / vroue; vroutjie d. atlete; atleetjie e. kinders; kindjie Identifiseer die selfstandige naamwoorde2 eiename: Pauline, Saterdag6 soortname: prente, atlete, kamermuur, atleet, kombuis 1 stofnaam: koffie1 maatnaam: koppie6. Skryf die sinne in die verlede tyd a. Pauline het na prente teen haar kamermuur gekyk. b. Pauline was opgewonde. c. Pauline het nuwe hardloopskoene gekry. 7. Skryf die sinne in die toekomende tyda. Pauline sal by die skoenwinkel wees. b. Oupa sal by die wenstreep wag. c. Pauline sal ‘n medalje wen.

9