laerskool olifantsvallei -...

5
Laerskool Olifantsvallei Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: [email protected] Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 NUUSFLITS 13 Januarie 2017 1. ‘n Spesiale woord van verwelkoming aan ons Graad 1-leerdertjies van 2017!!

Upload: others

Post on 09-Jun-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/bd074ebc38/nuusbrief_13_januarie_2017.pdf · 1. ‘n Spesiale woord van verwelkoming aan ons Graad 1-leerdertjies van 2017!!

Laerskool Olifantsvallei

Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: [email protected] Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931

NUUSFLITS 13 Januarie 2017

1. ‘n Spesiale woord van verwelkoming aan ons Graad 1-leerdertjies van 2017!!

Page 2: Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/bd074ebc38/nuusbrief_13_januarie_2017.pdf · 1. ‘n Spesiale woord van verwelkoming aan ons Graad 1-leerdertjies van 2017!!

2. Baie welkom ook aan al ons ander leerders! Die personeel is gemotiveer en verbind hulself tot kwaliteit onderrig en deurlopende intervensie met elkeen van ons leerders.

3. Dit is vir ons ‘n voorreg om die volgende nuwe personeellede aan u bekend te stel: Rayno Krige, Chundré van Tonder, Eloise Barnard, Henlo Davel en Miné Arries. Ons wens hulle ’n lang en gelukkige verbintenis met Laerskool Olifantsvallei toe.

4. Ons nooi u vriendelik uit na ’n algemene oueraand op Maandag, 16 Januarie 2017, om 18:00 in die skoolsaal. Algemene inligting sal deurgegee word en na afloop van die vergadering sal u die geleentheid kry om individueel met die verskillende opvoerders te gesels.

5. Die skoolfonds vir 2017 beloop R8360 per jaar, wat beteken dat u maandeliks heffings R760 per maand, vanaf Januarie tot November 2017, gaan wees. Kwytskeldings-aansoeke kan by die finansiële kantoor afgehaal word.

Baie dankie aan die ouers wat vanjaar so getrou hul skoolgelde betaal het. Ons waardeer hierdie ondersteuning wat dit vir ons moontlik maak om net die beste vir ons leerders te bied. Ouers word sterk aanbeveel om ’n debietorder by die bank in te stel om maandeliks skoolfonds te betaal. Laat betalings van skoolgelde kan direk in die bankrekening inbetaal word – onthou om u rekening-verwysingsnommer te toon. Ons bankbesonderhede is soos volg: Laerskool Olifantsvallei, Absa, Takkode: 33 44 11, Rekeningnommer: 2430 390 026.

6. Die skool het heelwat sluitkassies wat minimaal gebruik word, daarom het ons gevoel dat leerders van Grade 4 tot 7 gratis sluitkassies kan gebruik. Sodoende kan leerders hul take, ekstra boeke, ensovoorts veilig bêre. Ouers voorsien die slot en ’n spaar sleutel word in die kantoor gehou vir indien die leerder sy/haar sleutel verloor of vergeet. Leerders wat belangstel, moet so spoedig moontlik hul name by mev. Vorster ingee, sodat ’n spesifieke nommer aan elke leerder toegeken kan word.

7. Ons het heelwat navrae gekry aangaande die Laerskool Olifantsvallei skool-pette. Daar moet ’n

minimum van 50 bestel word en daarom wil ons graag ’n opname maak om te kyk wat die belangstelling is. Die kostes beloop R70,00 per pet. Vul asseblief onderstaande vorm in en stuur terug skool toe, vir mev. Grobbelaar se aandag.

Page 3: Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/bd074ebc38/nuusbrief_13_januarie_2017.pdf · 1. ‘n Spesiale woord van verwelkoming aan ons Graad 1-leerdertjies van 2017!!

8. Atletiek-oefeninge vind elke dag tot en met Woensdag, tydens skooltyd plaas. Indien ’n atleet wil

spesialiseer in een of meer items word daar ook middae oefeninge aangebied. (Sien buitemuurse rooster).

9. Ons jaarlikse Kleure-atletiekbyeenkoms vind op Vrydag, 20 Januarie 2017, by die Citrusdal

Sentrale Sportgronde plaas. Die leerders en beamptes moet om 6:50 aanmeld en die optog begin om 07:00. Die eerste skoot klap om 07:30 en die byeenkoms behoort ongeveer 14:00 te eindig. Neem asseblief kennis dat hierdie ’n verpligte skoolbyeenkoms is! Leerders moet hul somers sportdrag aanhê, maar indien ’n leerder ’n een kleur (sonder motiewe) oranje/wit/blou t-hemp wil aantrek, sal dit ook in orde wees. Volgens die weervoorspelling gaan dit ’n baie warm dag wees so onthou asseblief sonblok, ’n hoed en genoeg vloeistowwe!

Baie geluk aan ons dirigente:

ORANJE: Mariham Sylla, Caitlin Cloete, Connie Nieuwoudt en Eben Basson

BLOU: Meagan Bezuidenhout, Hybré Cloete, Jach-Lynn Barnies en

Granville Damon

10. ‘Rugby Skills and Development’- ’n privaat maatskappy, besoek ons skool op Donderdag, 26 Januarie 2017, om ’n demonstrasie van vaardigheid ’n ontwikkeling aan te bied. Ouers is welkom dit by te woon. Dit sal op ons rugbyvelde plaasvind en tye is soos volg: Graad 4 tot 7 (07:45 – 08:15) Graad 1 tot 3 (08:15 – 08:45)

Vriendelike groete

............................. J. HAMMAN SKOOLHOOF

Page 4: Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/bd074ebc38/nuusbrief_13_januarie_2017.pdf · 1. ‘n Spesiale woord van verwelkoming aan ons Graad 1-leerdertjies van 2017!!

DATUMLYS - 2017 20/01/17 Kleure Atletiek 21/01/17 Tweekamp te Paarl Gimnasium 02/02/17 Kleure Swemgala 03/02/17 Platteland Atletiekbyeenkoms 04/02/17 Tweekamp – Interprovinsaal te Oudtshoorn 16/02/17 Laerskool Olifantsvallei Uitnodigingsgala Tennis teen Curro Malmesbury (tuis) 18/02/17 Wes Boland Atletiekbyeenkoms Tweekamp te Paarl 20/02/17 Interskole: Swem & Tennis 23/02/17 Vredenburg Uitnodigingsgala Tennis teen Vredenburg (weg) 25/02/17 Tweekamp – Boland Kampioenskappe te Wellington 27/02/17 Interskole: Krieket 02/03/17 Tennis teen Slimpkoppie (tuis) 04/03/17 Mini-Krieketdag – Koue Bokkeveld 09/03/17 Tennis teen Topolino (weg) 16/03/17 Tennis teen St.Thomas (tuis) 24/03/17 Porterville Sportdag (O/13-rugby en O/11A tot O/13A-netbal) 08/04/17 Tweekamp – SA Kampioenskappe 22/04/17 Laerskool Olifantsvallei Sportdag 05/05/17 Eisteddfod 03/06/17 Vredendal Sportdag 29/07/17 Lambertsbaai Sportdag (O/13-spanne) 05/08/17 Riebeek-Kasteel Junior Sportdag 26/08/17 Interskole: Rugby en Netbal

BUITEMUURSE PROGRAM - KWARTAAL 1

MAANDAE & WOENSDAE 12:30 – 13:30 30min per groep = Swemgroep 13:30 – 14:00 Intervensie = Intervensie leerders 13:15 – 14:15 Mini-Krieket: Gr 1-3 leerders 14:30 – 15:30 Tweekamp swemmers 16:00 – 17:00 0/11-krieket en 0/13-krieket

DINSDAE & DONDERDAE 12:30 – 13:30 Beginners tennis 13:30 – 14:00 Intervensie = Intervensie leerders 13:45 – 15:15 30min per groep = Swemgroep 13:45 – 15:00 Tennis (Groep 1 & 2) 15:15 – 16:30 30min en 45min = Swemspan 16:30 – 17:30 Atletiek 16:00 – 17:00 Tweekamp hardloop

Afskeurstrokie vir Pette

Ek, ........................................................, ouer van ........................................................., wil graag ’n Laerskool Olifantsvallei pet teen R70 bestel. .............................. HANDTEKENING

Page 5: Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/bd074ebc38/nuusbrief_13_januarie_2017.pdf · 1. ‘n Spesiale woord van verwelkoming aan ons Graad 1-leerdertjies van 2017!!