laerskool stellenbosch 1 2014

20
Stellies het mev. Charné de Kock, mev. Suid-Afrika 2013/2014, se uitreikprojek vir die Rooikruis Kinderhospitaal ondersteun. Ouers en leerders het hulle harte oopge- maak en mildelik bygedra om kinderharte gedurende Valentynsdag gelukkig te maak. Geskenke en ‘n kontantbedrag was ingesamel. Baie dankie aan almal wat hierdie poging en dag spesiaal gemaak het. Almal se ondersteuning en goedhartigheid word opreg waardeer. Stellies het ook Valentynsdag op ‘n unieke wyse, met die tema “Crazy feet”, gevier. Was dit nou vir jou ‘n interessante tema. Leerders, sowel as die opvoeders, het met unieke idees na vore gekom. Vanaf geverfde voete tot Spar plastieksakke was ten- toongestel. Daar was ook tema- wenners vir die dag aangekondig. Die graad 5B-klas het ‘n kreatiewe poging aangewend en almal in die klas het ‘n letter op hul voet geverf en aan die einde van die dag die woord Valentynsdag uitgebeeld. Baie geluk aan juf. Carlien Fourie en die leerders van graad 5B. SKOOLKOERANT van LAERSKOOL STELLENBOSCH EERSTE KWARTAAL 2014

Upload: eikestad-nuus

Post on 30-Mar-2016

296 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Laerskool stellenbosch 1 2014

TRANSCRIPT

Page 1: Laerskool stellenbosch 1 2014

Stellies het mev. Charné de Kock, mev.

Suid-Afrika 2013/2014, se uitreikprojek vir

die Rooikruis Kinderhospitaal ondersteun.

Ouers en leerders het hulle harte oopge-

maak en mildelik bygedra om kinderharte

gedurende Valentynsdag gelukkig te

maak. Geskenke en ‘n kontantbedrag was

ingesamel.

Baie dankie aan almal wat hierdie poging

en dag spesiaal gemaak het. Almal se

ondersteuning en goedhartigheid word

opreg waardeer.

Stellies het ook Valentynsdag op

‘n unieke wyse, met die tema

“Crazy feet”, gevier. Was dit nou

vir jou ‘n interessante tema.

Leerders, sowel as die opvoeders,

het met unieke idees na vore

gekom. Vanaf geverfde voete tot

Spar plastieksakke was ten-

toongestel. Daar was ook tema-

wenners vir die dag aangekondig.

Die graad 5B-klas het ‘n kreatiewe

poging aangewend en almal in die

klas het ‘n letter op hul voet geverf

en aan die einde van die dag die

woord Valentynsdag uitgebeeld.

Baie geluk aan juf. Carlien Fourie

en die leerders van graad 5B.

SKOOLKOERANT van LAERSKOOL STELLENBOSCH EERSTE KWARTAAL 2014

Page 2: Laerskool stellenbosch 1 2014

REDAKSIONEEL

ONS SPAN

Redaktrise : Greteli Fincham

Redaksielede :

Jakob Holm

Marina Schoeman

James Bekker

Elmarie Swanepoel

Clara Dudley

Lize du Toit

Lisa Viljoen

Mayan Stegmann

Talyah Greyling

Paul Ellis

Inge van Heerden

Alwo Dercksen

Jan-Dirk Randewijk

Redaksionele Assistente:

Koördineerder : Marlene van der Westhuizen

Jolande Botha

Ilze-Marié Götze

Renika Stramrood

Bladuitleg : Lelanie van der Berg

Foto’s :

Digital Image Warehouse

Die BOSCHPRAATJIES word kwartaalliks

deur Laerskool Stellenbosch uitgegee

en word

deur Minuteman Press Somerset West gedruk.

Advertensie-navrae :

Jolande Botha en Lelanie van der Berg

E-pos:

[email protected]

Baie dankie aan

vir al die kwaliteit foto’s wat julle tydens skoolbedry-

wighede neem en ook jul onbaatsugtige

diens aan ons skool.

Ons waardeer dit opreg!

2. BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014

BOODSKAP bl. 2 & 3 Uit die kantoor

Redaktrise se brief

ONNIES EN HUL DINGE bl. 4 & 5 Personeelspanbou naweek.

Nuwe onnies

Trouklokkies lui.

NUUSBROKKIES bl. 6 & 7 Nuwe Boschpraatjies redaksie

1ste semester leerderraad

Stellies is twee seuntjies ryker.

Stellies is tops

Nuwe Klaskamers

SENIORFASE bl. 8 & 9 Buitelugopvoedingskampe

MIDDELBLAD bl. 10 & 11: Interkleure Atletiek

GRONDSLAGFASE bl. 12 & 13 Welkom aan Graad 1’s

Bugz uitstappie

Wie is wie?

Wat wil ek eendag word?

Bak-en-Brou

AKTUEEL: bl. 14 Stapklub

Boekresensie

Fliekresensie

VAKANSIEPRET: bl. 15

KULTUUR: bl. 16 & 17 Stellies vier kultuurweek

SPORT bl. 18 & 19 Neelsie Prestige atletiek

Swartland swemgala

Fanie Theron atletiek

Joe Grindlay swemgala

Eikestad Dubbelstoernooi

Boland Atlete

AGTERBLAD bl. 20 Interkleure Swemgala

Page 3: Laerskool stellenbosch 1 2014

BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014 3.

Sjoe julle! Wat ‘n opwindende kwartaal propvol wonderlike prestasies in tennis, swem, krieket en nog vele meer! Ons leerders is

ook vreeslik bederf met heerlike graadkampe en ‘n interessante kultuurweek. Alles is in ‘n oogwink verby!

Ons almal het lekker uitgerus tydens die Desember vakansie en ‘n paar van ons mis sekerlik die sand tus-

sen ons tone! Daarna was dit weer tyd vir skouer aan die wiel sit! Julle weet seker nou nie veel van die

nuwe Boschpraatjies se redaksielede nie, maar ek glo julle sal vinnig uitvind en die Boschpraatjies net so

geniet soos wat ons dit geniet om dit te skryf en bymekaar te sit.

ONTHOU: Moenie die kwartaal beskou as net nog ‘n kwartaal wat verby is nie. Elke dag is ‘n geskenk van

God en ‘n geleentheid om mooi ʺmemoriesʺ te maak. Gryp die dag en leef voluit!!!

Daar is tans gedurig kritiek in die media oor die onderwysstelsel in Suid-Afrika. Dit is egter ‘n verwronge beeld en ‘n growwe veralge-

mening. In Laerskool Stellenbosch word deurlopend ‘n baie hoë akademiese standaard gehandhaaf. Die onlangse uitslae van die sis-

temiese evaluering wat by die gr.3- en gr.6-leerders gedoen is, getuig juis van ‘n baie hoë standaard. Laerskool Stellenbosch het pas

‘n toekenning van die Minister van Onderwys, mnr Donald Grant, gekry vir die uitstaande resultate wat in Wiskunde behaal is.

Daarmee saam ‘n kontantprys van R20 000. Die onderstaande tabel dui ons leerders se uitstekende prestasies aan.

Vak en graad L/S Stellenbosch Distrik Provinsie

Wiskunde: graad 3 98,7% 46,6% 55%

Wiskunde: graad 6 93,8% 19,1% 28,3%

Die jaarlikse eksterne eksamens : Annual National Assessments (ANAS) wat elke jaar afgeneem word, onderskei ons ook van die res,

soos die onderstaande tabel aandui.

Vak en graad L/S Stellenbosch Distrik Provinsie

Graad 1: Wiskunde Afrikaans

98,81 98,84

66,93 62,80

73,27 74,60

Graad 2: Wiskunde Afrikaans

99,98 99,98

63,72 62,15

74,61 73,46

Graad 3: Wiskunde Afrikaans

93,84 91,34

63,83 56,27

64,92 53,75

Graad 4: Wiskunde Afrikaans

97,93 97,81

31,17 58,09

36,51 57,17

Graad 5: Wiskunde Afrikaans

93,17 98,86

25,70 56,29

31,37 55,23

Graad 6: Wiskunde Afrikaans

97,76 97,87

30,98 68,33

37,28 67,36

Buiten die eksterne evaluering van die Departement van

Onderwys is ons deel van vyf skole regoor Suid-Afrika wat vir

die afgelope 10 jaar reeds saam standaarde stel. Die skole is

Paarl Gimnasium, C & N Primêre Meisieskool Oranje

(Bloemfontein), Laerskool Constantiapark (Pretoria), Laerskool

Pietersburg-Oos en Laerskool Mooirivier (Potchefstroom). Dit

behels onder andere die uitruil van vraestelle en gereelde

gesprekke onder mekaar.

Page 4: Laerskool stellenbosch 1 2014

4. BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014

Vrydagmiddag, 24 Januarie 2014, na ‘n heer-

like groen oorwinning, het ons hardwerkende

onnies na Swellendam vertrek vir ‘n welver-

diende breuk. Moenie vir een oomblik dink

dat hulle net in die son gaan lê en lees het

nie. Nee, wat. Ons Stellies - onnies is propvol

energie en sal vir ‘n paar van ons atlete ore

aansit. Die Vrydagaand het met die nuwe

onnies se gebruiklike konsert afgeskop, waar

karakters soos Nataniël, Flooz van Witbank,

Hilda van 7de Laan, ens. nagemaak was. Lek-

ker man, lekker! Die Saterdag is allerhande

watersportaktiwiteite soos kano, ski en

ʺfoefie slideʺ aangedurf waartydens meneer

Hawkie se span die wenners was. Die manne

het weer met hul heerlike potjiekos beϊndruk,

terwyl die juffrouens mekaar met ʺbowlsʺ

aangevat het. Ook hier is nuwe talent ontdek!

Die aand is op ‘n hoë noot afgesluit waar hul

musiekkennis uitgedaag was. Almal was

weer Sondagmiddag veilig tuis en vol nuwe

moed en ywer vir 2014! Juffrou Lelanie was,

soos gewoonlik, paraat agter die lens! Gaan

kyk gerus op die kommunikeerder na die

spanboufoto’s.

Greteli Fincham

Page 5: Laerskool stellenbosch 1 2014

BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014 5.

Stellies is 4 nuwe onnies ryker. Hier is die nuwe onderwysers

wat by ons aangesluit het.

Vlnr: Noeline Southey (Gr.1), Marlene Bouwer (Gr. R), Ti-aan Ellis (Gr.7), Shani Visagie (Gr.R) en Rozelle Koch (Eekh.)

Waar en wanneer het julle getrou?

6 Desember 2013, in Stellenbosch Moederkerk en die onthaal was by Watervliet in Jonkershoek.

Was daar ‘n tema?

Ons was nie aan ‘n tema gebonde nie. Ons wou net ‘n mooi wit troue hê, so als was omtrent wit gewees, met so ’n bietjie mintgroen waaroor ons altwee baie mal is.

Wat was vir julle die hoogtepunt van die dag?

Die hele dag was een groot hoogtepunt. Dit is nie elke dag wat ‘n mens so mooi en perfek voel nie. Daar was baie spesiale oomblikke: die in-stap en mekaar sien, die “ja”- woord, die graad 4-leerders wat ons met ‘n liedjie verras het, die twee wit duiwe (ons twee engele) wat ons laat vlieg het, die opening van die dansvloer en nog vele meer.

Hoe was dit om ‘n paar kinders van die skool daar te hê?

Dit was wonderlik om al die vriendelike gesigte in die kerk te sien.

Het julle ‘n spesifieke troukar gehad?

‘n Mercedes CLK 500S (‘n vinnige kar vir mnr. Dawie, maar tog ook stylvol).

Waar was julle op wittebrood?

Ons het in Sodwanna gebly en ook daar gaan skubaduik.

Ons Onnies het aan die jaarlikse Gino’s wedlooop deelgeneem.

Baie geluk met jul puik prestasie.

Vlnr: Renika Stramrood, Renaldo Payne, Dawie de Vries, Carine

Mocke, Elmarie Stoeder

Afwesig: Rozelle Koch en Lise Viljoen

Page 6: Laerskool stellenbosch 1 2014

6. BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014

Agter (vlnr): Jakob Holm, Marina Schoeman, Lize Viljoen, James Bekker, Talyah Greyling, Lize du Toit, Inge van Heerden.

Voor (vlnr): Elmarie Swanepoel, Mayan Stegmann, Greteli Fincham (Redaktrise), Paul Ellis, Clara Dudley.

Agter (vlnr): Pierre de Wet, Maya van Aswegen, Elise le Roux, Kara Barnard, Jana Liebenberg (Onderhoofdogter), Paul Ellis

(Onderhoofseun), Arno Heenop, Greteli Fincham, Johann Mocke, Wynand Neethling.

Voor (vlnr): Madeleine Basson, Clara Dudley, Ruan Hanekom, Talyah Greyling (Hoofdogter), Jan-Hendrik La Cock (Hoofseun),

Jeannie Jooste, Christiaan van Lamp, Tjaart Esterhuyse.

Page 7: Laerskool stellenbosch 1 2014

BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014 7.

Tydens die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se sistemiese toetse vir Graad 3 en 6 van 2013, het ons skool besonder goed pres-teer. Daar was op Dinsdag, 18 Februarie ‘n provinsiale prysuitdeling en ons het ‘n toekenning vir uitnemendheid van uitkomste in Wiskun-de en ‘n kontantbedrag van R20 000,00 ontvang. Om hierdie toeken-ning te ontvang is ‘n geweldige eer. Dit reflekteer die onderwysers se ywer en toewyding waarmee hulle ons kinders al die nodige vaar-dighede aanleer. Die Agbare Minister van Onderwys, mnr. Donald Grant, het die toekenning, tydens die baie deftige geleentheid, aan ons oorhandig. Baie geluk aan ons leerders met hul puik prestasies, maar ook aan die onderwysers vir hul wonderlike werk in die klaskamer.

Ek wonder wie van julle het agtergekom dat ons ‘n nuwe

gebou by die grondslagfase het? Indien nie, moet julle ‘n

draai by ons graad 1’s, waar ons nou vier klasse het,

gaan maak. Die bouwerk het einde verlede jaar begin en

is gedurende die somervakansie voltooi. Ons het ‘n

rekordgetal graad 1’s wat ingeskryf het. Juffrou Noeline is

die nuwe klasonderwyseres. Dankie, meneer Hawkie, dat

ons die voorreg het om nog ‘n klaskamer te hê en dat

Meneer raaksien wat ons skool nodig het!

James Richard Horne (die 5de JR), gebore 11 Desember 2013 om

14:50 te Stellenbosch Mediclinic. Hy was 3.12kg by geboorte en-

vandag weeg hy al 6.9kg. Elizabeth is baie lief vir haar boetie. Hy

het al klaar rugby as sy gunsteling sport gekies, want hy gaan vir

die Springbokke speel en hy hou van Brandi Carlile se musiek.

Luca James Such is op 17 Februarie 2014 gebore. Sy gewig

was 3,775kg by geboorte. Hy drink en slaap goed en ons

geniet elke oomblik saam met hom! Ons is baie dankbaar vir

hierdie wonderwerkie.

Op die foto (vlnr): me. Penny Vinjevold (WKOD) , juf. Adiska du

Preez, mnr. Jacques Horne (adjunkhoof), juf. Renika Stramrood en

mnr. Donald Grant (minister van Onderwys Wes-Kaap).

Page 8: Laerskool stellenbosch 1 2014

8. BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014

Volgens die graad 5’s is daar net een woord om hulle kamp te beskryf, AWESOME! Met aktiwiteite soos rotsklim, hindernisbane en kussinggevegte kan mens glo hulle het die kamp so geniet. Hulle kon ook diere soos kamele, alpakkas, donkies, koeie, ystervarke en nog ‘n hele klomp ander diere voer. Vandat hulle by die huis gekom het kon hulle nog nie daaroor ophou praat nie! Volgens hulle is die SOS kampterrein, naby Villiersdorp, die beste kampplek ooit!

Die graad 4’s het die 6de en 7de Februarie op hul jaarlikse graad 4-

kamp gegaan. Dit het met ‘n lieflike oggend by die Simonsberg

kampterrein, by Kanonkop, afgeskop. Die leerders was baie opge-

wonde en die ouers op hulle senuwees! Gelukkig het die aktiwiteite

vinnig begin en almal het dit vreeslik geniet. Vir aandete is heerlike

roosterkoeke gemaak en almal het lekker geslaap. Dag 2 se hin-

dernisbaan het vir hope opwinding gesorg. Almal was hartseer toe die

ouers kom, want 2 dae is hopeloos te kort vir so ‘n lekker kamp!

Page 9: Laerskool stellenbosch 1 2014

BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014 9.

Hierdie jaar het die nuwe graad 7-groep, van 28 tot 30 Februarie, by Melkbosstrand gaan kamp. Ons was gelukkig om die hele tyd perfekte somerweer te kry. Alhoewel daar nie 'n swembad op die kampterrein was nie, het ons 'n yskoue see tot ons beskikking gehad. Met kletterende tande en gevriesde tone was dit 'n koel lafenis. Mnr. Deon, ons kampfasiliteerder, het ons baie van seediere en plante geleer. ’n Fantas-tiese slangvertoning was baie leersaam. Van Kaapse kobras tot ’n luislang was deel van die vertoning. Leerders het heer-like roosterbrood op die kole gemaak en gesellig om die kampvuur gekuier. Die ekskursie was ook 'n tyd van lag en dans-passies wat “Step Up” tot skaamte sou dwing. Party kinders se kamp is ongeluk-kig 'n bietjie kortgeknip deur ‘n tennistoer-nooi en dan ook nog 'n maagvirus wat 'n paar van ons fynbesnaardes getref het. Die graad 7-kamp kan definitief as een van die hoogtepunte vir 2014 opgeskryf word.

Bergkroon kampterrein sal nooit weer dieselfde wees nie. Die graad 6-groep het hierdie jaar baie opwinding en avontuur op hul jaarlikse kamp ervaar. Die leerders het baie geleer van Fynbos en die verskillende bome en plante wat ons in hierdie tipe plantegroei kry. ‘n Naguitstappie was onderneem, waar die leerders na die naggeluide moes luister. Van die graad 6-leerders erken dat dit nogal “scary” was. ‘n Hin-dernisbaan onder die brug het groot pret verskaf en die leerders was aan die einde vol modder. Wellington is bekend vir sy hitte, maar ons graad 6-groep kon lekker in die swembad van die kampterrein afkoel. Natuurlik was die slangvertoning een van die hoogtepunte wat die leerders die meeste geniet het. Volgens die graad 6-leerders was dit ’n wonderlike ervaring.

Page 10: Laerskool stellenbosch 1 2014

Op julle merke… gereed… WEG! Stellies se 2014 Interkleure atletiek was ‘n reuse sukses. By die grondslagfase byeenkoms het Lukas Heyns briljant gehardloop. Die hitte tydens die velditems was ondraaglik, maar ons word nie verniet Stellies genoem nie; ons gee nie sommer moed op nie! Die massadeelname van die leerders, asook die ondersteuning wat leerders vir mekaar gegee het, was fantasties om te sien.

Die groot dag het gekom! INTERKLEURE: Groenes wen uiteindelik! Die geesbeker gaan aan: Wit. Sjoe! Hulle het sonder ophou hul atlete ondersteun. Baie geluk! Julle ver-dien dit. Rooispan, volgende jaar is julle tops! Dis so spesiaal om te sien hoe elke Stellie deelneem en sodoende die maksimum punte vir hul span aanteken. Die sterre van die dag was Jana Liebenberg, Emma Bekker, Anouk Heuer, Carl Roodtman en Wynand Neethling. Aan elke perso-neellid, ‘n groot dankie vir u harde werk. Almal het die dag vir Stellies opwindend gemaak!

Page 11: Laerskool stellenbosch 1 2014
Page 12: Laerskool stellenbosch 1 2014

12. BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014

Wat is jou gunsteling ding om in die klas te

doen?

Marcel: Om te skrywe.

Sophia: Om te werk.

Charl: Om te speel.

Milla: Om te teken.

Wat dink jy is die werk van die leerlingraad?

Zita: Om dinge te bou.

Mortie: Om voor te staan.

Mieke: Te kyk of ons soet is.

Simon: Huiswerk te doen.

Wie dink jy is ons onderhoof?

June: Mnr Visser.

Talula: Mnr Hawkie.

Christof: Mnr Dommonique.

Adriaan: Mnr De Villers.

Wie dink jy is ons skoolhoof? Ivanna: Mnr. De Villiers

Gith: Mnr. De Villiers

Louw: Mnr. Dommo

Kiara: Mnr. De Villiers

Daar was 101 splinternuwe Stellies op die eerste dag van skool. Dit is natuurlik ons graad 1’s. Hulle het tog te pragtig in hulle splinter-

nuwe skoolklere gelyk en ons was beïndruk met hoe hulle uit volle bors die Volkslied kon sing. Daar is vanjaar vier graad 1-klasse en

ons leerders het sommer dadelik aan die werk gespring. Geniet julle graad 1-jaar. Ons is seker julle sal baie gelukkig hier by ons skool

wees.

Ivana Skinnir: ‘n Haarkapster, want dit is lekker om met iemand se hare te speel. Simon van der Merwe: ‘n Dokter, want dit is lekker om mense beter te laat voel. Michael Sperling: ‘n Dokter, want mense moet beter voel as hulle siek is. Tatum Wentzel: ‘n Plaasmeisie, want ek hou van diere. Kelsi Paulse: ‘n Dokter, want hulle gee inspuitings en stroop. Jacobus Steenkamp ‘n Boer, want ek hou van skape, koeie en hoenderhane. Anouk Theron: ‘n Ma, want ek hou van babas. Hanno Janse van Rensburg: ‘n Professor, want ek hou baie van kinders.

Ons gr.1’s was Donderdag, 27 Februarie op ‘n uitstappie na Bugz speel-park. Ons het die hitte trotseer deur lekker in die waterbootjies te trap. Die hoogtepunt van die dag was die treinrit. ‘n Springkasteel en trapkarre het ook groot opgewondenheid verskaf. Dit was ‘n heerlike uitstappie en elke leerder het dit baie geniet.

Page 13: Laerskool stellenbosch 1 2014

BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014 13.

Een van die dae gaan Stellies met ‘n bekende sjef spog.

Die Graad R-leerders hou elke Vrydag ‘n Bak-en-Brou. Die

kleintjies geniet dit verskriklik om hul eie produkte te maak.

BBB skep ‘n veilige, positiewe leer ervaring vir kinders van

die ouderdom 5 en ouer. Die volgende word aangebied:

1) * Ekstra klasse vir alle vakke graad R – graad 7

* Studie metodes en eksamen voorbereiding gr 3 – 9

* Skoolgereedheid programme vir graad R leerders

@ R150 per uur vir 1 leerder, R100 per uur elk vir 2 leerders

2) * Geïntegreerde Leer terapie – ‘n Program vir leerders met

leer probleme (gebruik as alternatief tot medikasie)

* Berading (CCSA geregistreer) – angs, selfbeeld - en identiteits

probleme, sosiale en gedrags probleme, trauma

@ R250 per sessie

3) * “Sound Therapy” – bevorder ouditêre prosessering, hipe-

raktiwiteit, konsentrasie en fokus, klank- en ander sensoriese sen-

sitiwiteit

@ Pryse verskil volgens behoeftes van individuele leerders

Vir meer inligting kontak Deerdré Gouws by 078 080 1521 of

[email protected].

Page 14: Laerskool stellenbosch 1 2014

14. BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014

Die Stapklub gaan elke jaar, in die warm somermaande, na die Tweede Water-

val in Jonkershoek. Dit is een van die heel mooiste klowe in die Boland en baie

gewild onder stappers. Ons trek vroegoggend by die Witbrug weg en stap met

‘n pragtige voetpaadjie tot hoog in die Tweede Waterval se kloof. Die bergwater

is kristalhelder en dit lyk regtig asof die Hobbit daar kan bly. Ons stap met die

rivier op tussen die grasgroen varings en min sonskyn, tot by ‘n waterval. Daar

swem ons in die yskoue bergpoel.

Diary of a Wimpy Kid

Outeur - Jeff Kinney

Die heel nuutste, “Hard Luck” van “Diary of a Wimpy Kid”,

is ‘n fantastiese boek wat jy nie sal kan neersit as jy eers

begin lees het nie. Hierdie boek is definitief die moeite

werd om te lees en dit word sterk vir enige boekwurm

aanbeveel.

Rowley, Greg se beste vriend, het ‘n meisie gekry en wil

niks meer van Greg hoor nie. Terwyl Greg sukkel om ‘n

nuwe vriend te kry, sit hy met heelwat ander probleme en

moeilike keuses! Intussen het hy ‘n wonderbal opgetel wat

vir hom sy vrae beantwoord. Sal die bal dalk iets vir hom

beteken?

“As jy Sing” is definitief ‘n fliek wat ek sal aanbeveel. Dit is ‘n

spanningsvolle, romantiese komedie wat jou sommer lekker sal

laat lag! Dit is propvol liedjies, interessante danspassies en grap-

pige gebeurtenisse.

Die fliek gaan oor ‘n sanggroep wat oefen vir ‘n wêreldwye sang-

en danskompetisie. Die rugbymal skoolhoof het egter ander

planne met die sanggroep en reël agteraf dat hul by Kamp Kan-

niedood moet gaan oefen. Sal hierdie sanggroep uiteindelik aan

die kompetisie kan deelneem? Gaan kyk self; ek is seker jy sal dit

geniet en weer en weer wil sien.

Page 15: Laerskool stellenbosch 1 2014

BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014 15.

Page 16: Laerskool stellenbosch 1 2014

16. BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014

Vir die eerste groot hoogtepunt van hierdie jaar se defini-

tiewe uitstaande kultuurweek het ons drie spesiale dansers

van “Swade Dance Production Company” gehad. Hierdie

drie ervare dansers is: Mcebisi, Ndzondelelo en Buyile wat

uit die Kaap na ons toe gekom het. Die drie dansers het

baie verskillende maniere en tegnieke om briljant op te tree,

maar een groot dansstyl wat hulle beoefen is die myners se

tradisionele “Gumboot dance”. Tydens hulle optrede het jy

die gevoel gekry dat jy in ‘n donker myn onder die grond is.

Dit was wel nie die enigste fantastiese styl wat hulle uitge-

beeld het nie. Die tweede dans was ‘n mengsel van ballet,

kontemporêre dans en tradisionele Afrika dansstyl. Die

mengsel het dit ‘n unieke styl gemaak wat ander mense

moeilik sou kon uitbeeld. Vir ‘n afsluiting het elke fantastiese

danser vir ons ‘n vinnige en opwindende Gumbootstyl

gedans. Dit was waarlik ‘n groot belewenis.

Tannie Sonja Heroldt het ons op Dindag, 4

Maart kom besoek en ons heerlik by “ons

show”, soos wat sy dit genoem het, ver-

maak. Met haar kreatiewe liedjies,

snaakse danspassies en Tjokker se bydra

tot al die chaos was daar nie een, soos die

Engelsman sê, “dull moment” nie.

Ons het lekker saam gedans en gesing en

6 van ons eie lawwe

“Stellieworse” (hansworse) het ook ‘n paar

grappige toertjies uit die mou geruk. Tan-

nie Sonja het nie ‘n oomblik gemors nie en

kry toe sommer een van ons nuwe man-

sonderwysers, mnr. Tiaan Ellis, in ‘n jap-

trap op die verhoog waar hy sommer vin-

nig ‘n fopspeen in die mond gestop was!!!

Ons het almal aan die einde die wonder-

like voorreg gehad om ons fantastiese

onnies hier by Laerskool Stellenbosch te

bedank vir al hul harde werk deur met

tannie Sonja se hulp, vir hulle lekker te

sing. Dit was natuurlik nadat sy hul eers

gehelp het om hul stres af te skud!

Page 17: Laerskool stellenbosch 1 2014

BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014 17.

Dit was weer tyd vir Storieskip en ek glo die

hele skool kon nie wag om ons bekende ak-

teurs: Koejawel, Ouma en “Die simpel

meisiekind” weer te sien nie. Vanjaar se

“show” was oor ruimtewesens wat die wêreld

wou bekyk, ondersoek en ook nog kattek-

waad wou aanjaag. Die stories is elke jaar

anders en verbeter jaarliks. LAG. Dit is die

woord wat mens kan gebruik om te beskryf

wat elke jaar gebeur het. ‘n Mens wil nie sien

hoe die akteurs vir jou waai omdat die

opvoering klaar is nie en ook dat ons dit vir ‘n

tyd lank nie sal sien nie. Ons almal kan nie

wag om weer vir Storieskip te sien nie. Ons

sê namens die skool: “Baie dankie en ons

hoop ons sien julle weer.”

Dink gou aan ‘n saal vol gees, 2 pragtige swart en wit

vleuelklaviere, ‘n klomp kreatiewe musiekonderwysers met

‘n plan EN die krag om dit uit te voer. Dan benodig jy nog

net ‘n groot klomp talent en instrumente. Nou het jy ‘n resep

vir een van die beste kultuurweekoptredes ooit!

Op Donderdag, 6 Maart het Stellies ons heerlik vermaak met

die hulp van net 30 koppies, hul instrumente en die wil om

musiek te maak. Die middag het begin met die junior orkes

wat vir ons 2 liedjies gespeel het. Daarna het die senior

orkes en die gr 3-dromgroep wat ooral oor die saal versprei

was die bekende “America” van Neil Diamond gespeel.

Ons was aangenaam verras toe Maja van Aswegen en An-

ouk Heuer, saam met juf Marelise en juf. Riana, die fantas-

tiese nuwe uitvindsel van ‘n dubbele klavierduet foutloos

gespeel het. Mnr. Wayne het ‘n demonstrasie van al die

kitaar se versteekte talente gegee. Wie sou nou kon dink dat

‘n gewone kitaar nes ‘n klomp klokkies of ‘n waterval kon

klink?

Agter (vlnr): Jané Louw (gr.6, 1ste plek), Jan-Hendrik La Cock

(gr.7, 2de plek), Anouk Heuer (gr.6, 2de plek).

Voor (vlnr): Madeleine Basson (gr.7, 1ste plek), Ziya Wessels (gr.

5, 1ste plek), Dirkie Aldrich (gr. 4, 1ste plek), Angela Schindehütte

(gr.5, 2de plek), Cara Kilian (gr.4, 2de plek).

Die kultuurweek is met die Intergraad Redenaarskompetisie af-gesluit. Altesaam 18 seuns en dogters het hiervoor ingeskryf. Die interessantste onderwerpe en praatjies is gelewer. In elke graad is daar 1ste, 2de en 3de plekke aangewys en die wenners het elkeen met ‘n lekker kontantprys weggestap. Ons is trots op al die deelnemers.

Page 18: Laerskool stellenbosch 1 2014

18. BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014

Stellies se topatlete het onlangs aan die Fanie Theron-prestigebyeenkoms deelgeneem. Op die foto verskyn die skool se medaljewenners. Voor (vlnr): Carla Kriel, Iané Marx, Myron-Lee Jonkerman, Carl Roothman, Carl Bekker, Chad-Lee Wenn en Zoë Hartogh. Agter (vlnr): Greta Malan, Azrea Sylvester, Jana le Grange, Lana Prins, Bronwin Lee en Pippa Theron.

Daar het 45 swemmers aan die Joe Grindlay gala deelge-neem en hulle het altesaam 63 plekke behaal (21 eerste-, 21 tweede- en 21 derde plekke). Al ons bane was vol, so ons swemmers se deelname en ouers se ondersteuning was fan-tasties! Kiara Noades het die vryslagrekord vir o/14-dogters verbeter en Reuben van der Merwe het twee rekords vir vry- slag en borsslag o/7-seuns verbeter. Ons seuns- en dogter -aflosspanne het albei die Ope aflosse gewen.

Laerskool Stellenbosch se swemspan het 20 ander skole uitgestof om die gesogte Superspar Topskole Swemgala op Malmesbury te wen. Hier is die span met die trofee. Voor (vlnr): Louis Fourie, Anne-Marie Celliers, Elle Olivier, Kiara Noades, Marise Kriel, Carla Kriel, Catrien Müller en Christi Noades. Middel (vlnr): Robert van Eeden, Carla Müller, Mia van der Merwe, Iané Marx, Carl Bekker, Johan van der Merwe, Dirkie Aldrich en Willem van der Westhuyzen. Agter (vlnr): Hanna Holm, Berno van der Berg, Luke Burger, Müller Fischer, Mila Olivier, Paul Ellis, Jana le Grange.

Ons het weer eens een van ons beste atletiekjare gehad. Stellies spog met 10 atlete in die Bolandspan. Agter (vlnr): Mila Olivier, Wynand Neethling, Jana Liebenberg, Azrea Sylvester, Bronwin Lee. Voor (vlnr): Greta Malan, Carla Müller, Anouk Heuer, Carl Roothman, Helena Swart. Die atlete was opgeneem vir: Helena Swart o/10 – hoogspring (2de) Mila Olivier o/11 – gewigstoot (4de) Carl Roothman o/11 – 1200m (4de) Greta Malan o/11 – verspring (2de) Bronwin Lee o/12 – 1200m (1ste) Carla Müller o/12 – 75m- en 150m Hekkies (1ste) Azrea Sylvester o/12 – 1200m (2de) Anouk Heuer o/12 – spiesgooi (2de) & verspring (4de) Jana Liebenberg o/13 – gewigstoot (1ste) Wynand Neethling o/13 – 800m (2de) Baie geluk aan ons atlete met hierdie puik prestasie. Ons is baie trots op julle.

Page 19: Laerskool stellenbosch 1 2014

BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014 19.

Tydens ons jaarlikse Neelsie Prestige atletiekbyeenkoms, wat in ’n stormsterk suidoostewind plaasgevind het, het ‘n hele paar rekords

gespat. Die skole wat deelgeneem het is: Bridge House, Totius, Hugo Rust, Weber Gedenk, Worcester-Noord, Mikro en Laerskool Stel-

lenbosch. Dit was die 19de Neelsie Prestige atletiekbyeenkoms. Geluk aan al die atlete met hul goeie sportmangees en prestasies op

die veld.

Die o/13 en o/11 seuns- en dogterspanne

het op 28 Februarie en 1 Maart aan Laer-

skool Eikestad se dubbelstoernooi, waarby

die 12 beste tennisskole in die Boland be-

trokke was, deelgeneem.

Die o/13-span het in die semi-finaal met

Laerskool De Hoop afgereken en hul plek in

die finaal teen Laerskool Eikestad se A-span

bespreek. Na ‘n tawwe stryd en ‘n reuse

spanpoging het Stellies met 1 enkele pot

geseëvier! Stellies BO!

Die o/11-span het in die semi-finaal teen

Laerskool Eikestad verloor en die derde plek

verower deur af te reken met Laerskool De

Hoop. ‘n Blink toekoms lê vir Stellies se ten-

nis voor. Baie dankie aan mnr. Tiaan en mnr.

Cornel vir hul leiding en ondersteuning.

Page 20: Laerskool stellenbosch 1 2014

BOSCHPRAATJIES EERSTE KWARTAAL 2014 20.

Die 2014 Interkleure swemgala is vir die eerste keer as ‘n middag-

aand-gala aangebied. Baie ouers het die swemmers kom onder-

steun en ‘n rekord aantal leerders het aan die gala deelgeneem.

Kiara Noades was die sterswemmer van die dag en het 5 goue

medaljes verower asook 5 rekords verpletter. Sy word aangewys as

Victrix Ludorum en Paul Ellis is Victor Ludorum. Berno van der Berg

en Willem van der Westhuyzen deel die beker vir die 2de beste

seunswemmer van die dag, terwyl Iané Marx die 2de beste dogter-

swemmer was. Die beste grondslagfase swemmers was Ruben van

der Merwe en Shayna Truter. Teen die einde van die dag kon nie-

mand meer wag vir die puntetellings nie. Wit het gewen! Baie geluk!