leef die goeie lewe met platinum bankdienste van absa · die abseil en 'n aangename voetslaan...

11
Platinum Bankdienste Platinum e-Tydskrif Uitgawe #71 November 2016 Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa In Hierdie Uitgawe Beskerm jouself teen identiteitsdiefstal Spesiale aanbod van Absa Rewards Die belangrikheid van waterveiligheid Inleiding tot skubaduik Voorkoming van velkanker Leesstof uit die boonste rakke vir die somervakansie Gaan na Platinum Bankdienste Kontak Ons Meer Platinum Nuus

Upload: others

Post on 01-Nov-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa · die abseil en 'n aangename voetslaan van 30 minute terug tot bo op die berg insluit. • Sodra die abseiler terug is bo op

Platinum Bankdienste

Platinum e-Tydskrif Uitgawe #71 November 2016

Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa

In Hierdie Uitgawe

Beskerm jouself teen identiteitsdiefstal

Spesiale aanbod van Absa Rewards

Die belangrikheid van waterveiligheid

Inleiding tot skubaduik Voorkoming van velkanker Leesstof uit die boonste rakke vir die somervakansie

Gaan na Platinum Bankdienste

Kontak Ons Meer Platinum Nuus

Page 2: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa · die abseil en 'n aangename voetslaan van 30 minute terug tot bo op die berg insluit. • Sodra die abseiler terug is bo op

“Volgens die Nasionale Kredietwet is elke Suid-Afrikaanse burger geregtig op 'n gratis kredietrekord elke jaar.”

Beskerm jouself teen identiteitsdiefstal

Daar word geraam dat identiteitsdiefstal die Suid-Afrikaanse ekonomie rondom R1 biljoen per jaar kos. Volgens die jongste statistiek wat die Suid-Afrikaanse Bedrogvoorkomingsdiens (SABVD) vrygestel het, was 2 470 persone in 2015 die slagoffers van identiteitsdiefstal vergeleke met 3 334 in 2014.

Verdere statistiek van die SABVD laat blyk dat 23% van alle bedrogsake wat by hul kantoor ingedien word, met identiteitsnabootsing verband hou. Identiteitsdiefstal gebeur wanneer iemand se persoonlike inligting gesteel en gebruik word om bedrog of ander misdade te pleeg en dit kan finansieel vernietigend vir die slagoffer wees. Al waartoe hierdie bedrieërs toegang nodig het, is jou beursie of rekening op sosiale media om al die besonderhede te kry wat hulle nodig het om hulself as jy voor te doen: jou identiteitsnommer, naam, van, adres, ens.

Histories het identiteitsdiefstal hoofsaaklik gefokus op die diefstal van kredietkaarte. Vandag word gesteelde identiteite gebruik om selfoonkontrakte te kry, motors te huur, vir krediet by 'n winkel aansoek te doen en selfs vir persoonlike en huislenings. Verbruikers wat hul rekeninge goed bestuur en gereeld terugbetaal, kan weliswaar glo dat hulle 'n goeie kredietrekord het, net om uit te vind dat hul kredietrekord deur 'n identiteitsnabootser in gevaar gestel is wanneer hul aansoek vir krediet geweier word.

Volgens die Nasionale Kredietwet is elke Suid-Afrikaanse burger geregtig op 'n gratis kredietrekord elke jaar. Min verbruikers weet egter hiervan en gebruik hierdie belangrike reg om hul kredietrekords te beveilig. Verbruikers het die reg om inligting op hul kredietrekord te betwis en enige foutiewe inligting gratis te laat regstel. Die SABVD bied ook gratis bystand aan verbruikers waar hulle 'n slagoffer van identiteitsdiefstal geword het.

Volgens www.ombudsmen.co.za is die volgende die algemeenste maniere waarop bedrieërs toegang tot jou persoonlike inligting kry:

• Deursoek van rommel: Misdadigers deursoek weggooigoed vir rekeninge of ander dokumente wat jou persoonlike inligting bevat.

• Lees van kredietkaart: Die nommer van jou krediet- of debietkaart word gesteel deur gebruik te maak van 'n spesiale stoortoestel terwyl jou kaart by 'n winkel vir betaling verwerk word.

• Uitvissing: Misdadigers gee voor om 'n wettige finansiële instelling of maatskappy te verteenwoordig en stuur rommelpos of opwipboodskappe wat jou versoek om jou persoonlike inligting te verstrek. Die meeste kubermisdadigers gebruik Trojan, 'n misdaadwarerekenaarpakket wat gebruik word om ongemagtigde toegang tot 'n potensiële slagoffer se persoonlike inligting te kry.

• Adresverandering: 'n Misdadiger omlei jou persoonlike rekeningstate na 'n ander plek deur 'n adresveranderingsvorm te voltooi.

• Diefstal van pos: Bank- en kredietkaartstate, aanbiedings van vooraf goedgekeurde kredietkaarte en dergelike kan van jou pos gesteel word.

Omdat baie Suid-Afrikaners onbewus bly van die verskillende bedrogspultegnieke wat misdadigers gebruik en hoe om te voorkom om daarvoor te val, deel Compuscan, 'n toonaangewende Suid-Afrikaanse kredietburo, die volgende advies wat verbruikers kan volg om hulself teen identiteitsdiefstal te beskerm:

• Gaan jou state elke maand na om te sien of daar enige onbekende transaksies is. Rapporteer enige verdagte aktiwiteit dadelik.

• Beveilig jou identiteitsnommer. Dra net jou ID en paspoort saam met jou wanneer dit absoluut noodsaaklik is.

• Snipper kwitansies, state en dokumente met persoonlike inligting voor jy dit weggooi.

• Moet nooit enige persoonlike inligting oor die foon uitgee nie.

• As jou ID gesteel word, meld dit by die SABVD aan om seker te maak daar word nie bedrog daarmee gepleeg nie.

• Bemoeilik jou wagwoorde. 'n Sterk wagwoord bevat minstens 8 karakters, wat leestekens en nommers, hoofletters en kleinletters insluit.

• Wees uiters kieskeurig met die inligting wat jy op sosiale media deel. Gebruik privaatheidstellings.

• Gaan altyd na dat die sender van e-posse betroubaar is. Wees op jou hoede en moenie opwipadvertensies sommer net vertrou nie.

• Moenie op verdagte skakels op rekenaars of mobiele toestelle klik nie.

• Wees bewus daarvan dat geen finansiële instelling ooit jou aantekenbesonderhede per e-pos sal vra nie.

• Vind uit hoe eg webtuistes is voor jy enige van jou persoonlike inligting invul. Soek vir die 'veilige' hangslotsimbool in die URL-veld in die boonste linkerhoek van die adres voor jy enige betalings aanlyn doen.

• Gaan gereeld jou kredietrekord na deur 'My Credit Check' (www.mycreditcheck.co.za). Compuscan beveel aan dat jy dit een keer per maand doen. Dit stel jou in staat om nuwe rekeninge en bestaande betalings te volg om seker te maak dat niemand in jou naam rekeninge geopen het nie.

Foto's - iStock

Page 3: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa · die abseil en 'n aangename voetslaan van 30 minute terug tot bo op die berg insluit. • Sodra die abseiler terug is bo op

Spesiale aanbod van Absa Rewards

Trakteer jouself met 'n voortreflike ondervinding van Absa Rewards se vennoot Celestial Gifts. Abseil van Tafelberg af of beleef 'n vlug in 'n wêreldberoemde doelgemaakte lugakrobatiese vliegtuig.

Ekstreme Pitts Special-vlug met

Aerobatics, Benoni

Vliegkunsliefhebbers sal dol wees oor 'n geleentheid om 'n lugtoertjievlug in 'n Pitts Special, wat erken word as die beste lugtoertjievliegtuig van alle tye, met versneller vol oop te ervaar. Voel hoe jou hartklop versnel as jy in die lug swiep en jou maag tot op jou tone val wanneer jou vlieënier skerp draaie vat en teen dolle vaart deur die lug klief.

Jou vlug sal deur 'n gevierde vertoonvlieënier onderneem word, wat volle lopende kommentaar lewer en die tegniese aspekte van die maneuvers verduidelik.

Die Pitts Special is 'n moderne Amerikaans ontwerpte tweedekker met ongelooflike kunsvliegvermoëns. Sy uitmuntende krag-tot-gewigverhouding gee hom die vermoë om verstommende G-kragte te trek vir die mees opwindende lugtoertjies, insluitende Kubaanse agts, stoldraaie, lusvlugte en vlerkoordraaie.

Jou kunsvliegavontuur styg op van die Benoni-vliegveld, na veiligheidsvoorligting. Die vlieënier het baie veilige vliegure agter sy naam. Jy kan kies hoe intens jy die toertjies wil hê, of jy kan 'n meer ontspanne avontuur kies.

Bespreek vandag nog jou asemrowende kunsvliegervaring van 'n leeftyd – jy kan dit eenvoudig nie misloop nie!

Absa Platinum-kliënte betaal slegs R2 205 vir hierdie asemrowende ervaring.

Stuur asseblief 'n e-pos aan [email protected] om te bespreek, en noem dat jy 'n

Absa Platinum-kliënt is.

Bykomende inligting:

• Die spesiale tarief is net van toepassing op EFO-betalings.

• Aanbod geldig tot 31 Desember 2016.

• Ligging: Petit-vliegveld, oos van Benoni

• Hierdie ervaring is dikwels beskikbaar, maar dit hang af van die beskikbaarheid van vlieëniers en hulle vliegskedules.

• Deelnemers sal goeie gesondheid moet hê. Nie geskik vir diegene onder 18 jaar nie.

• Hierdie ervaring is vir een persoon met 'n vlieënier.

• Hierdie ervaring is afhanklik van die weer.

• Trek gemaklik aan, dra toe/plat skoene en neem iets warm saam.

• Veiligheidstoerusting en -kleredrag word voorsien en is verpligtend.

• Laat 30 minute toe vir hierdie ervaring.

• Deelname is geheel op jou eie risiko.

• Alle vlieëniers is geregistreerde kommersiële vlieëniers. Hulle is ook ervare kunsvliegvlieëniers en neem aan nasionale lugskoue, kompetisies, ens deel.

• Die vliegtuie het derdepartyversekering.

• Die gewigslimiet vir hierdie vlug is 100 kg.

• 'n Vrywaringsvorm moet onderteken word. Indien die vorm nie beskikbaar is nie, val die vrywaring onder CGE se bepalings en voorwaardes.

• Dit is 'n ekstreme aktiwiteit en nie vir bangbroeke nie. Die vlugte sluit lugtoertjiebewegings in en is nie geskik vir diegene wat aan chroniese toestande soos hoë bloeddruk, epilepsie, duiseligheid, harttoestande, rug- of nekprobleme, ens ly nie. Deelname is geheel op jou eie risiko.

Abseil op Tafelberg

Ondervind die wêreld se hoogste kommersiële abseil - 'n beheerde afsakking van 112 meter van Tafelberg af.

Stap van die bokant af op 1 000 meter bo seespieël en abseil in 'n suiwere vertikale ruimte. Jy word omring deur asemrowende uitsigte, met die diep blou Atlantiese Oseaan aan jou voete. Stap saam met jou gids of gebruik die kabelweg om jou gids bo op Tafelberg te ontmoet.

• Oop 7 dae per week tussen 10:00–15:00 (hang van die weer af)

• Die hele abseilondervinding duur sowat 45 minute tot 1 uur, wat 'n veiligheidsdemonstrasie, die abseil en 'n aangename voetslaan van 30 minute terug tot bo op die berg insluit.

• Sodra die abseiler terug is bo op die berg, haal hulle die kabelkar terug na onder (retoerkabelwegkaartjie nodig).

Absa Platinum-kliënte betaal net R1 000 vir hierdie ongelooflike ondervinding.

Stuur asseblief 'n e-pos aan [email protected] om te bespreek, en noem dat jy 'n

Absa Platinum-kliënt is.

Ligging: Tafelberg, Kaapstad

Beskikbaarheid: Ervaar dit daagliks, onderworpe aan beskikbaarheid.

Wie: 'n Matige vlak van fiksheid is nodig om in hierdie ondervinding te deel. Alle deelnemers moet in goeie gesondheid verkeer.

Getalle: Hierdie ondervinding is vir een persoon. Dit is waarskynlik dat ander deelnemers die ervaring saam met jou sal geniet. Groepe kan geakkommodeer word en groeptariewe geld.

Weer: Kaapstad se weer is wispelturig. Jy word aangeraai om, sodra jy bespreek het, die ondervindingsondernemer op die dag te bel om seker te maak die abseil gaan voort. Indien ondervindings gekanselleer word as gevolg van weer, mag jy herbespreek.

Wat om saam te vat: Jy moet warm klere vat, selfs op 'n warm dag, asook kos en water, 'n sonblokkeerder, 'n hoed en jou kamera. Dit is beter om drafskoene te dra. Bergklimskoene is nie nodig nie.

Bykomende inligting:

• Die spesiale tarief geld net vir EFO-betalings.

• Aanbod geldig tot 31 Desember 2016.

• Let asseblief daarop dat die aankomstye wissel na gelang van die getalle en fiksheid van deelnemers.

• Daar is geen maksimum gewigsbeperking nie.

• 'n Gemaklike passing van die harnas is belangrik – daar is 'n minimum gewigsbeperking van 40 kg.

• As jy nie na die bokant van Tafelberg stap nie, kan jy op www.tablemountain.net kyk vir bygewerkte pryse en kabelkartye.

• Jy word aangeraai om die kabelkar minstens een uur voor jou bespreekte abseiltyd te neem.

• As jy teen Tafelberg wil opstap na die abseilpunt, is die aanbevole roete by Platteklipkloof op, en dit duur gemiddeld 2-3 ure.

• Jy word aangeraai om, sodra jy bo is, die abseilgidse te ontmoet. Hulle sal jou inlig en vra om 'n verpligte skadeloosstellingsvorm te teken.

• Hierdie ondervindingspakket sluit kabelwegfooie uit.

Foto's - iStock

Page 4: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa · die abseil en 'n aangename voetslaan van 30 minute terug tot bo op die berg insluit. • Sodra die abseiler terug is bo op

“Enigiemand wat verantwoordelik is om jou kinders op te pas moet leer om kardiopulmonêre resussitasie (KPR) toe te pas.”

Die belangrikheid van waterveiligheid

Volgens dr Cleeve Robertson, HUB van die Nasionale Seereddingsinstituut, is daar 'n geraamde 2 000 noodlottige verdrinkings in Suid-Afrika elke jaar. Na raming is 600 van hierdie slagoffers kinders, en baie van die verdrinkings kon verhoed gewees het deur basiese opleiding in waterveiligheid.

"As nie-noodlottige verdrinkings by hierdie syfer ingesluit word deur internasionale gemiddeldes te ekstrapoleer, glo ons dat 20 000 Suid-Afrikaners elke jaar betrokke is in noodlottige en nie-noodlottige verdrinkingsvoorvalle," sê Robertson.

Verdrinkings word aangegee as een van die hoofoorsake van onnatuurlike sterfgevalle onder kinders in Suid-Afrika. Volgens nooddiensverskaffer Netcare 911 betrek verdrinkingsvoorvalle aan die kus hoofsaaklik diegene tussen 10 en 18 jaar, terwyl die grootste aantal voorvalle in die binneland in die ouderdomsgroep 2 tot 8 jaar val.

Let op die volgende statistieke van die Layers of Safety-veldtog:

• 60% van alle verdrinkings kom voor onder kinders van 1 tot 4 jaar;

• 70% van alle verdrinkings in 'n swembad kom voor in ten volle omheinde swembaddens;

• 90% van verdrinkings kom voor terwyl die kind onder toesig is; en

• die meeste verdrinkings is heeltemal geluidloos.

"Een van die skrikwekkendste statistieke is dat, vir elke kind wat weens verdrinking sterf, vyf gelaat word met permanente breinskade as gevolg van die langdurige gebrek aan suurstof wat tydens 'n amper verdrinking plaasvind. Dit duur net vier minute sonder suurstof om onomkeerbare breinskade op te doen," sê Netcare 911.

Omdat 'n klein kind maklik in slegs 'n paar honderd millimeter water kan verdrink, raai Netcare 911 ouers en kinderoppassers aan om bewus te wees van alle watergevare in en rondom die huis, insluitende visdammetjies, spuitfonteine, toilette, waterbakke van diere, boorgate en oop rioele.

Alhoewel die heel belangrikste veiligheidsmaatreël is om jou kind te leer swem, doen Layers of Safety aan die hand dat swembadveiligheidselemente in lae ingestel word net soos die geval met die sekuriteit van jou huis sou wees.

'n Onderwaterswembadalarm van 'n hoë gehalte sal 'n sirene laat afgaan wanneer jou kind in die swembad kom. Die sirene moet beide binnenshuis en rondom die swembadoppervlak geïnstalleer word.

'n Swembadheining wat deur die SABS goedgekeur is en minstens 1,5 meter hoog is, moet rondom die swembad opgerig word. Geen klimapparaat soos bome, klimrame of meubels moet naby die swembadheining wees nie. Die hek moet sluitbaar wees en kan ook met 'n alarm toegerus word.

'n Net wat behoorlik aangebring is, moet nooit tot onder die swembadoppervlak sak onder jou kind se gewig nie. Swembadkomberse of

soliede swembadoortreksels is gevare aangesien water dikwels daarin opdam, of 'n kind kan daaronder verdrink.

Maak seker dat reddingstoestelle langs die swembad maklik binne bereik is. Dit sluit in reddingshake wat 'n nie-swemmer kan gebruik as 'n kind in die swembad val, en verhoed sodoende 'n dubbele verdrinkingstragedie van slagoffer en redder wat probeer help.

Enigiemand wat verantwoordelik is om jou kinders op te pas – en dit sluit jou in – moet leer om kardiopulmonêre resussitasie (KPR) toe te pas.

Kinders moet nooit alleen swem nie, en hulle moet om die swembad stap eerder as hardloop om te voorkom dat hulle gly. Dit mag dalk na pret lyk om vriende in die water te stamp of op hulle te spring, maar hierdie poetse kan ernstige beserings tot gevolg hê.

Hou kos en verversings vir na die swem – eet terwyl jy swem kan tot verstikking ly.

Netcare 911 beveel die volgende hulpingryping aan in geval van verdrinking:

• Kry die slagoffer so gou as moontlik uit die water, maar moenie self 'n slagoffer word nie.

• Hanteer die slagoffer met sorg. Beperk beweging van die rug en nek tot 'n minimum.

• Kyk of die slagoffer bewusteloos is of nie.

• As die slagoffer nie asemhaal nie, dien twee stadige reddingsasemstote toe. Maak seker dat die slagoffer se borskas NET begin lig.

• Indien die slagoffer nie reageer op die reddingsasemstote nie, begin met KPR.

• KPR is lewensnoodsaaklik selfs as 'n amateur dit doen. Hou aan daarmee tot iemand wat in gevorderde lewensondersteuning opgelei is, opdaag en kan oorneem.

• Bel, of laat iemand anders so gou as moontlik gedurende hierdie proses 'n erkende ambulansdiens bel.

Baie van ons kry koers na plekke met groot hoeveelhede water vir die vakansie. Die meeste hoofstrande het tekens wat aandui waar dit die veiligste is om te swem, en hierdie gebiede word dikwels deur lewensredders gemonitor, wat dit jou beste keuse maak. As jy deur 'n stroom weggevoer word, swem parallel met die strand eerder as om teen die stroom te baklei, tot die stroom ophou om jou in te trek. Jy kan dan terug na die oewer swem.

Foto's - iStock; Pexels

Page 5: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa · die abseil en 'n aangename voetslaan van 30 minute terug tot bo op die berg insluit. • Sodra die abseiler terug is bo op

“Suid-Afrika is die tuiste van baie duikoorde, waarvan sommige ook onderwatersafari's, duik in 'n haaihok en skilpadbesigtigingsekspedisies aanbied.”

Inleiding tot skubaduik

Skubaduik, wat afgelei is van die Engelse akroniem 'scuba' (self-contained underwater breathing apparatus), is 'n ontspannende en opvoedkundige buitenshuise aktiwiteit wat belangstellende individue die geleentheid gee om na aan verskeie vorms van seelewe te kom, en elke duik het iets buitengewoons om aan te bied.

Duik in Suid-Afrika is van 'n hoë standaard en alle hooforganisasies se kwalifikasies word erken (PADI, NAUI, ens.). Dit is verpligtend dat enigiemand wat duik 'n gesertifiseerde opleidingskursus voltooi. Daar is duikskole in bykans elke stad in Suid-Afrika, selfs in die binneland, wat al die nodige opleiding en toerusting verskaf. Volgens Ettienne Raal, eienaar van Alpha Duiksentrum in die Strand, kan 'n gekwalifiseerde instrukteur jou binne so 'n kort tydjie as 5 dae leer duik. Die akademiese sessies van die Skubaduikerskursus sluit fisika, fisiologie en mediese aspekte in wat met 'n duiker se vertoning en veiligheid in die water verband hou. Daar word ook aandag geskenk aan duiktoerusting, veiligheid, duikbeplanning en -aktiwiteite en navigasie asook die uitwerking van die duiker op die omgewing.

Dan kom die pretgedeelte: om in die swembad te kom vir praktiese oefeninge. Jy doen ook praktiese oefeninge in die see voordat die skoonheid en wonder van die onderwaterwêreld verken word. Die kursus bied aan jou al die basiese vaardighede, sonder om jou noodwendig 'n bevoegde duiker te maak. "Ons glo dat 'n duiker eers bevoeg is wanneer hy of sy die Gevorderde Duikerskursus voltooi het," sê Raal. Die kursus lei jou op om 'n meer onafhanklike duiker met selfvertroue te word. 'n Mediese ondersoek, of 'n bygewerkte mediese ondersoek binne die voorafgaande twaalf maande, word egter voor enige watersessie vereis.

Sodra gekwalifiseer, kry jy twee verdere opsies ten opsigte van verdere koste verbonde aan jou nuwe stokperdjie: koop of huur. Ettienne raai sterk aan dat jy jou eie snorkel, masker, vinne en duikskoene kry.

Dit is van kardinale belang om te verstaan dat, sodra jy onder die oppervlak is, jy letterlik op jou toerusting staatmaak om te bly lewe. Maak altyd seker dat alle toerusting gediens en in 'n goeie werkende toestand is. Verwys voor sowel as na die duik na jou kontrolelys om seker te maak jy het die nodige toerusting en dat niks verlore geraak het nie. Dit sluit tipies die volgende in: toerustingsak, masker, snorkel en houer, vinne, duikskoene, handskoene en duikpak met hoed, gewigte en

gewiggordel, dryfvermoëbeheertoestel, reguleerder en alternatiewe/sekondêre reguleerder, suurstoftenk, alternatiewe suurstofbron, duikmes, duiklig, duikvlag, onderwaterkamera, duikhorlosie en duikrekenaar.

Suid-Afrika het 'n verskeidenheid duikplekke wat wissel van die ysige kelpwoude by Kaapstad tot die tropiese koraalriwwe van Sodwanabaai, en selfs 'n paar opwindende binnelandse duikplekke. Kaapstad is 'n puik duikbestemming wat uitstekende wrakstuk-, rob- en kelpduike bied. Daar is geen tropiese vis nie, maar die ongewerwelde lewe is kleurvoller en meer gevarieer as wat op koraalriwwe aangetref word. Die Overberg is ietwat warmer as Kaapstad, met die ongewerwelde seelewe net so interessant. Die hoofduikgebiede langs die Tuinroete is soortgelyk aan dié in Kaapstad en die Overberg, behalwe dat daar geen kelp is nie. Alhoewel die Oos-Kaap nie tropies is nie, tref jy tog soms tropiese spesies in die warm, helder water aan.

In Junie en Julie sak duikers op die Wildekus toe en volg die “grootste skool op aarde”- die sardienlopie - tot in die diep waters. Alliwal Shoal, Landersrif en Protea Banks, die hoofduikplekke aan die suidkus van KZN, is rotsriwwe met koraalaanpaksels, en die Shoal, gekies as een van die top tien duikplekke in die wêreld, bied bykans enigiets wat 'n duiker se hart kan begeer. Duik aan die noordkus is soortgelyk aan die suidkus en Sodwanabaai, die land se gewildste duikbestemming en tuiste van sommige van die mees suidelike koraalriwwe ter wêreld. Die baai is geleë in 'n marinereservaat wat nou deel uitmaak van die Wêrelderfenis-geklassifiseerde Groter St Lucia Moeraspark.

Die Guinness-wêreldrekord vir die diepste skubaduik was tot en met September 2014 gehou deur Suid-Afrikaner Nuno Gomes, wat tot 'n diepte van 318 m onder die oppervlak van die Rooisee gesak het. Gomes hou steeds die rekord vir die wêreld se diepste grotduik, wat hy in 1996 in Boesmangat in Suid-Afrika se noordelike Kaapprovinsie opgestel het deur tot 282 m te duik.

Suid-Afrika is die tuiste van baie duikoorde, waarvan sommige ook onderwatersafari's, duik in 'n haaihok en skilpadbesigtigingsekspedisies aanbied. Voeg dus skubaduik by jou stokperdjies om seker te maak jy loop nie hierdie wonderlike onderwateravonture mis nie.

Foto's - iStock

Page 6: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa · die abseil en 'n aangename voetslaan van 30 minute terug tot bo op die berg insluit. • Sodra die abseiler terug is bo op

“Vroeë opsporing vergroot die kanse op suksesvolle behandeling beduidend.”

Voorkoming van velkanker

Naas Australië het Suid-Afrika die hoogste koers van velkanker ter wêreld, met sowat 20 000 nuwe gevalle wat elke jaar aangemeld word. Hierdie hoë voorkoms sal slegs afneem indien ons meer ingelig raak oor hoe om die skade aan ons vel wat tot velkanker kan lei, te voorkom.

Velkanker is die mees algemene kanker in ons gemeenskap, en meer as 700 Suid-Afrikaners sterf elke jaar daaraan. Melanoom is die mees algemene kanker onder persone van 25-29 jaar.

Een van ons land se wonderlikste eienskappe is ons heerlike somermaande. Of jy dit nou geniet om strand toe te gaan, tyd in die tuin deur te bring, gholf te speel of enige ander buitenshuise aktiwiteit te beoefen, is dit uiters belangrik om jou en jou kinders se vel teen die skadelike sonstrale te beskerm. 'n Geraamde 80% van velskade kom voor die ouderdom van 18 voor en manifesteer eers later in jou lewe.

Volgens dr Jacques du Toit, 'n dermatoloog by Louis Leipoldt Mediclinic in Bellville, Kaapstad, is die drie hooftipes velkanker:

Basaalselkarsinoom (BSK) — dikwels verkeerdelik aangesien vir 'n seer wat nie gesond word nie. Dit lyk gewoonlik soos 'n opgehewe, gladde, pêrelagtige knop of seer op die vel van die gesig, nek en skouers wat aan die son blootgestel word.

Skubselkarsinoom (SSK) — kom die gereeldste voor op liggaamsdele wat blootgestel word, gewoonlik in die vorm van opgehewe, pienk, ondeurskynende nodules, plaatjies of kolle wat dikwels ulkusse of sere in die middel vorm.

Kwaadaardige melanoom — klein bruin of swart of groter veelkleurige plaatjies met 'n onreëlmatige buitelyn, wat korse kan vorm of kan bloei.

Dr du Toit sê die ABCDEF-riglyn is nuttig om kwaadaardige melanome te identifiseer:A - Asimmetrie (die een kant van die lesie is nie dieselfde as die ander kant nie)B - Buitelynonreëlmatigheid (grenslyne kan kepe hê of onreëlmatig wees)C - Kleur ['Colour'] (melanome is dikwels meer as een kleur)D - Deursnee (kankeragtige lesies is gewoonlik groter as 6 mm dwarsoor – min of meer die grootte van 'n potlooduitveër) E - Ontwikkeling ['Evolution'] (die heel belangrikste maatstaf aangesien enige moesie kan verander)F – Moesie wat "snaaks" ('Funny') lyk en van ander verskil

Die volgende is risikofaktore by die ontwikkeling van velkanker:

• Ligte vel, veral tipes wat maklik sproete vorm en sonbrand

• Ligte hare en blou of groen oë

• 'n Persoonlike of familiegeskiedenis van velkanker

• Baie moesies

• Een of meer ernstige sonbrande op 'n vroeë ouderdom

Alhoewel daar ander oorsake van velkanker is, soos die gebruik van sonbeddens, en blootstelling aan buitengewoon hoë vlakke van X-strale en kontak met sekere chemikalieë soos arseen en koolwaterstof, is blootstelling aan die ultraviolet- (UV) strale van sonlig die mees gereelde oorsaak.

Voorkomingsmaatreëls

Vermyding van sonlig is 'n groot voorkomingsmaatreël, maar hou in gedagte dat UV-blootstelling elke dag gebeur, selfs wanneer dit oortrokke is. Wees uiters versigtig wanneer jy buitenshuis is deur die tyd te beperk wat jy in die son deurbring, veral tussen 10:00 en 15:00 wanneer die son se strale op hul gevaarlikste is. Bly soveel as moontlik in die skadu en wees bewus daarvan dat UV-lig van gras, sement, glas, water en sand af weerkaats.

"Wend ruim hoeveelhede sonskerm aan met 'n sonbeskermingsfaktor (SPF) van minstens 30, wat beskerming bied teen beide UVA en UVB. Maak seker jy gaan die agterkant van die bottel na," sê dr Du Toit. Sonskerm behoort 30 minute voor blootstelling aan die son aangewend te word, en weer na swem en elke 2 ure tydens sonblootstelling.

Dra 'n sonbril om jou oë te beskerm terwyl jy buitenshuis is, en gebruik 'n lipsalf wat sonskerm bevat.

Bedek jou en jou kinders met hoede en hemde. Die hoed moet die gesig, nek en ore volkome skadu gee. Hoe digter dit geweef is, hoe beter UV-beskerming bied die klere.

Bly weg van sonbeddens. Volgens dermatoloë verdubbel die gebruik van 'n kunsmatige sonbed die melanoomrisiko by enige individu, ongeag ander faktore.

Gaan jaarliks vir moesiekartering. Tydens moesiekartering word elke moesie met 'n gespesialiseerde kamera afgeneem. Die foto word dan op die pasiënt se liggaam gekarteer en in die rekenaar se databasis gestoor sodat elke nuwe beeld ontleed en met die oorspronklike beeld vergelyk kan word.

BehandelingDr Du Toit raai aan dat elke bekommerenswaardige moesie of lesie deur 'n dermatoloog ondersoek moet word. "Indien daar lesies is wat moeilik is om te identifiseer of dalk velkanker is, word 'n biopsie gedoen. Indien die biopsie wys dat jy 'n kwaadaardige melanoom het, mag dit nodig wees om verdere toetse te ondergaan, soos 'n bloedtoets en 'n X-straal van die borskas," sê hy.

Die behandeling van BSK en SSK behels gewoonlik chirurgiese verwydering van die lesie, wat gewoonlik voldoende behandeling is. Kwaadaardige melanome word meer aggressief behandel en kan verskeie behandelingsmetodes vereis, insluitende chirurgie, bestralingsterapie en chemoterapie.

Wees aktief met die voorkoming en opsporing van velkanker op jouself, familielede en ander. Ondersoek jou vel elke maand deeglik, en kyk of daar enige veranderings is. Vroeë opsporing vergroot die kanse op suksesvolle behandeling beduidend.

Foto's - iStock

Page 7: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa · die abseil en 'n aangename voetslaan van 30 minute terug tot bo op die berg insluit. • Sodra die abseiler terug is bo op

Leesstof uit die boonste rakke vir die somervakansie

Put die meeste uit jou vrye tyd gedurende jou somervakansie met sommige van Exclusive Books se beste verkopers.

Harry Potter and the Cursed Child Parts 1

& 2 (Little Brown Book Group), geskryf deur J. K. Rowling, Jack Thorne en John Tiffany.

Dit was nog altyd moeilik om Harry Potter te wees, en dis nie veel makliker noudat hy 'n oorwerkte werknemer van die Ministerie van Toorkuns, 'n eggenoot en vader van drie skoolgaande kinders is nie. Terwyl Harry worstel met die verlede wat weier om te bly waar dit hoort, moet sy jongste seun Albus stoei met die gewig van 'n familienalatenskap wat hy nooit wou hê nie. Namate verlede en hede onheilspellend saamsmelt, leer beide vader en seun die ongemaklike waarheid: donker spring soms uit onverwagte oorde op.

Fever (Human & Rousseau), is 'n opwindende nuwe aanbod deur Suid-Afrika se gunstelingmisdaadskrywer, Deon Meyer.

Die koors het bykans almal behalwe 13-jarige Nico Storm en sy pa platgetrek. Wanneer hulle 'n nuwe gemeenskap, Amanzi, stig is daar sommer gou verdeeldheid onder die dorpsinwoners, en verdediging teen motorfietsroofbendes raak al hoe moeiliker. Amanzi word gou die plek van moord. Die volwasse Nico Storm vertel die storie van hoe sy pa vermoor is.

After You (Penguin Books Ltd) is die opvolger van skrywer Jojo Moyes se internasionale topverkoper Me before You.

Lou Clark het baie vrae, soos hoe dit gebeur het dat sy uiteindelik in 'n lughawekroeg werk, en elke skof deurbring om te sien hoe ander mense stralerjak na nuwe plekke. Of waarom die woonstel wat sy al vir 'n jaar besit nie soos haar tuiste voel nie. Of haar hegte gesin haar kan vergewe vir wat sy agtien maande gelede gedoen het. En of sy oor die liefde van haar lewe sal kom. Maar wat Lou vir seker weet, is dat iets moet verander. En toe, een aand, gebeur dit. Maar het die vreemdeling op haar drempel die antwoorde waarna Lou soek – of net nog meer vrae? Maak die deur toe, en die lewe gaan eenvoudig, georden en veilig voort. Maak dit oop, en sy plaas alles op die spel. Maar Lou het eens op 'n tyd 'n belofte gemaak om te lewe. En as sy daarby moet hou, moet

sy die vreemdeling innooi.

The Black Widow (HarperCollins Publishers), geskryf deur New York Times se topverkoperskrywer Daniel Silva.

Legendariese spioen en kunsrestoureerder Gabriel Allon is gereed om die hoof van Israel se geheime intelligensiediens te word. Maar, op die vooraand van sy bevordering, span gebeure saam om hom na die veld te lok vir een finale operasie. ISIS het 'n massiewe bom in die Marais-distrik van Parys laat ontplof en 'n desperate Franse regering wil hê Gabriel moet die man wat daarvoor verantwoordelik is, elimineer voor hy weer kan toeslaan.

The Kept Woman (HarperCollins Publishers), geskryf deur die skrywer van Pretty Girls, Karin Slaughter.

Wanneer 'n moord by 'n verlate konstruksieperseel ontdek word, word Will Trent van die Georgia Bureau of Investigation (GBI) ingeroep vir 'n saak wat veel gevaarliker raak wanneer die oorledene as 'n voormalige polisieman geïdentifiseer word.

Sara Linton – die GBI se nuutste mediese ondersoeker en Will se minnares - besef terwyl sy die liggaam ondersoek dat die buitensporige bloedverlies nie dié van die lyk is nie. En jou waarlik, bloederige voetspore wat weg van die toneel lei, dui aan dat daar 'n ander slagoffer is - 'n vrou - wat verdwyn het en spoedig sal sterf as sy nie opgespoor word nie.

Will is reeds in gevaar want die perseel behoort aan die stad se gewildste burger, 'n welvarende, magtige atleet met politieke verbintenisse wat deur die wêreld se duurste prokureurs beskerm word - 'n man wat reeds weggekom het met verkragting, ten spyte van Will se uitvoerige pogings om hom vas te trek.

Maar die ergste lê nog voor. Bewyse koppel spoedig Will se bewoë verlede aan die geval, en die gevolg sal soos 'n tornado deur sy lewe trek en verwoesting saai vir Will en almal rondom hom, insluitende sy kollegas, familie en vriende – en selfs die verdagtes wat hy agtervolg.

Foto's - iStock; Pexels

Page 8: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa · die abseil en 'n aangename voetslaan van 30 minute terug tot bo op die berg insluit. • Sodra die abseiler terug is bo op

Platinum Nuus

Vlieg in styl met Absa en Bidvest

'n Platinum-kredietkaart van Absa gee jou die vryheid om eersteklas-reiservarings te geniet met gratis toegang tot Bidvest Premier-sitkamers by lughawens regoor die land.

Die bestemming is nie al wat tel nie – die reis is net so belangrik. Dis hoekom Absa en Bidvest ʼn vennootskap aangegaan het wat ons Platinum-kredietkaarthouers toegang gee tot ʼn leefstyl van voorkeurreis.

Ons Platinum-kredietkaarthouers kan die Bidvest Premier-sitkamers by binnelandse en Internasionale lughawens binne Suid-Afrika gratis gebruik.

Om te kwalifiseer, moet kaarthouers R5 000 op verkooppuntaankope spandeer in die maand van hulle sitkamerbesoek. Anders kan hulle R15 000 met hul Platinum-kredietkaart op verkooppuntaankope oor drie opeenvolgende maande voor of gedurende die maand van hul besoek spandeer. Kaarthouers kan ook gaste nooi om hulle teen ʼn afslagprys te vergesel.

Met watter lugredery jy ookal vlieg en watter klas kaartjie jy ookal het, Bidvest Premier-sitkamers bied ʼn oase van gerief, ontspanning en plesier op die lughawe. Personeel is goed opgelei en professioneel en fokus daarop om gehaltediens aan gaste te lewer.

Die sitkamers bied komplimentêre Wi-Fi en koerante, asook ʼn veelsydige peuselhappie- en drankiespyskaart. Hulle bied ook private rookareas, storte en toilette, en fasiliteite vir gestremde persone.

Daar is internasionale vertreksitkamers by OR Tambo Johannesburg en Kaapstad Internasionale Lughawe, met binnelandse sitkamers by al die groot Suid-Afrikaanse lughawens insluitend OR Tambo, Kaapstad, King Shaka in Durban, Port Elizabeth, George, Oos-Londen en Bloemfontein.

ʼn Platinum-kredietkaart van Absa gee jou toegang tot OTM’e regoor die wêreld, gratis basiese reisversekering as jy internasionale retoerreiskaartjies koop en 24/7 kundige bystand vanaf enige plek in die wêreld deur ons toegewyde Platinum Lyn.

Dit maak nie net reis in eersteklas-styl ʼn werklikheid nie, dit sluit ook ʼn menigte ander voordele in wat ontwerp is om jou lewe te verbeter. Alle kaarte word uitgereik met skyfie- en PIN-tegnologie wat verseker dat jou transaksies met optimale sekuriteit gedoen word.

Jou kaart word uitgereik met gratis verlorekaartbeskerming, koopbeskerming, uitgebreide waarborge en opsionele kredietbeskerming, wat ʼn beperkte uitstaande saldo dek in geval van dood, ongeskiktheid of aflegging.

En, jy hoef nie Milaan toe te vlieg vir die jongste modes as jy aanlyn met jou kaart kan koop nie. Absa se Platinum-kredietkaarte het die beste sekuriteitseienskappe, met ʼn eenmalige verifikasiewagwoord om te verseker dat jou aanlyn koopervaring veilig en gerieflik is.

As jy jou PIN vergeet as jy op die punt is om te betaal, moenie bekommerd wees nie. Skakel slegs 0860 109 085 en volg die instruksies om jou kode te herwin, of jy kan 24/7 op Absa Online aanteken.

Onthou, jy kan ons altyd op ons toegewyde 24-uur Platinum Lyn by 0860 109 085 of 011 501 5006 internasionaal skakel en ons is daar om jou enige hulp te bied wat jy nodig het.

Van ʼn kafee in Parys tot ʼn eetplek in New York, doen aansoek vir jou Platinum-kredietkaart van Absa en leef die lewe wat jy verdien.

Vir meer inligting oor die Absa Platinum-kredietkaart, besoek absa.co.za/platinumcreditcard.

Foto's - iStock

Page 9: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa · die abseil en 'n aangename voetslaan van 30 minute terug tot bo op die berg insluit. • Sodra die abseiler terug is bo op

Eksklusiewe aanbod van Carrol Boyes

Koop die feestyd vir jou, 'n vriend of kliënt by Carrol Boyes met geselekteerde items op promosie. Moenie vergeet nie: Absa Rewards-lede kry 10% terug in Kontant-Rewards op 'n minimum kopie van R1500.

Slaaibak – Dromer

Dit is 'n gegote aluminium slaaibak in die vorm van 'n menslike liggaam. Vul sy buik met vars slaai of vrugteslaai en om die effek af te rond, paar dit met 'n slaailepel-en-vurk uit Carrol Boyes se reeks.

Tjip n Doop – DagdroomHierdie liggende beeld plaas fokus op die menslike liggaam as inspirasie. Totaal ontspanne, koester die figuur hierdie kontemporêre bak in sy arms asof dit 'n baba vertroetel. Die veelsydigheid van die bak verleen hom tot menige en verskillende inspirerende maaltye.

Plat bord - 'n Armlengte ver

Soos met baie van Carrol se ikoniese stukke, is hierdie amusante, gegote aluminium figuur deur die menslike liggaam geïnspireer. Dit lyk of die lang arm aan die figuur se tone vasklou. Gebruik vir opdiening of as 'n tafelloper.

Besoek enige Carrol Boyes-kleinhandelswinkel tussen 7 November en

28 Desember 2016 en gebruik jou Absa-debiet- of –kredietkaart om van die

aanbod gebruik te maak.

Bepalings en voorwaardes

• Absa Rewards-lede verdien 10% op 'n minimum besteding van R1500• Standaard vennootbepalings en -voorwaardes geld

Foto's - Carrol Boyes

Page 10: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa · die abseil en 'n aangename voetslaan van 30 minute terug tot bo op die berg insluit. • Sodra die abseiler terug is bo op

Topverkoper Volvo XC60 troef steeds die kompetisie

Nadat sy bekendstelling in 2008 'n wêreldtreffer was, lok Volvo se topverkoper XC60 medium sportnutsvoertuig steeds entoesiaste regoor die wêreld.

In 2015 was die XC60 die sportnutsvoertuig wat die beste in Europa verkoop het – en dit wil gedoen wees as 'n mens in ag neem dat sportnutsvoertuie regoor die wêreld die marksegment is wat die vinnigste groei, en dat die baanbreker Volvo sterk mededinging in hierdie markte ondervind.

Die bekendstelling van nuwe tegnologieë aan die wêreld, soos Volvo se aanpassingspoedreëlaar (ACC) wat radar gebruik om die XC60 se spoed by die voertuie rondom hom aan te pas, asook die feit dat dit een van die eerste Volvo-motors was waarvan die innoverende outonome City Safety-noodremstelsel 'n kenmerk is, maak dat die XC60 steeds 'n kernmodel vir sy Sweedse vervaardiger is.

Sy ontwikkeling tot dit wat hy vandag saam met 'n magdom van Volvo se jongste Drive-E-enjins vir uitnemende doeltreffendheid bied, asook sy tydlose ontwerp wat steeds inslag by 'n wye verskeidenheid van verbruikers vind, maak dat die XC60 'n hoogstaande aanbod propvol waarde verteenwoordig wat nie maklik in die uiters mededingende segment vir medium sportnutsvoertuie geëwenaar kan word nie.

Standaard toerusting is die XC60 se sterkste verkooppunt in Suid-Afrika. Waar sy mededingers 'n klomp opsionele ekstras voorhou, troef die XC60 die segment met weelderige, eersterangse ekstras wat nie meer as die items op die standaard pryslys kos nie.

Ongeag watter model – die reeks bestaan uit altesaam twaalf aftakkings met drie bekleedselvlakke en vier enjins, wat óf petrol óf diesel gebruik – die inherente waarde word uitgelig deur die insluiting van twaalf topklas, weelderige ekstras as standaard:

• City Safety vir outonome noodremming

• Bi-xenon-kopligte met aktiewe buigtegnologie

• Parkeersensors agter

• Voorspanningsitplekgordels vir die bestuurder, voorste passasier en kantse agtersitplekke

• Rolstabiliteitsbeheer en 'n truremmer

• Volle leerbekleedsel

• Dubbelsone outomatiese klimaatbeheer

• Elektriese voukantspieëls met elektriese aanpassing, posisiegeheue en verhitting

• DVD- en USB-versoenbaarheid sowel as internetverbinding

• Gelamineerde vensters vir verhoogde ondeurdringbaarheidsbeskerming

• Agt-spoed outomatiese ratkas

• Volvo se omvattende 5-jaar/100 000 km volle voertuigwaarborg en volledige instandhoudingsplan

Koppel hierdie kenmerke aan die beskikbaarheid van verhoogde veiligheidstoerusting soos voetgangerverklikking en Volvo se blindekolinligtingstelsel (BLIS), asook die panoramiese dak, elektriese agterklap en verhitte sitplekke, en dis duidelik dat die Volvo XC60 inderdaad 'n algeheel weelderige aanbod van hoë waarde is.

Vanselfsprekend maak die verhoogde nuttigheid, sportnutsvoertuig-proporsies en beskikbaarheid van Volvo se formidabele alwielaandrywing op sommige modelle die XC60 die perfekte voertuig om by 'n verskeidenheid Suid-Afrikaanse leefstyle te pas.

Foto's - Volvo

Page 11: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa · die abseil en 'n aangename voetslaan van 30 minute terug tot bo op die berg insluit. • Sodra die abseiler terug is bo op

Mahindra - 3 vir 1?

Vir byna dieselfde prys as een van ons mededingers se sportnutsvoertuie, kan jy jou hele familie op dreef kry.

Foto's - Mahindra

Absa Bank Beperk Reg-no 1986/004794/06 Gemagtigde Finansiëlediensteverskaffer Reg No NCRCP7

E-posvrywaring en maatskappy-inligting: absa.co.za/disclaimerAs U nie meer die e-pos wil ontvang nie, stuur 'n epos aan [email protected] om van die lys afgehaal te word.© Absa 2013