leefstyl parys, saam met die gesin én op ’n begroting · 30 leefstyl 29 april 2017 | beeld o m...

2
29 April 2017 | Beeld LEEFSTYL 30 O m jou gesin op reis na een van die bekendste wêreldstede te neem hoef nie jou bankbalans uit te wis nie, al is die wissel- koers nie aan jou kant nie. Indien jy jou vliegkaartjies en verblyf lank voor die tyd be- spreek, sal jy baie geld op jou twee grootste uitgawes spaar. Dit is baie goedkoper om ’n woonstel te huur – hotelkamers is baie duur en jy sal boonop heeltyd moet uiteet. Selfs al sluit jou hotelbespreking ontbyt in, gaan die croissant, kaas en koffie wat voorgesit word, nie almal se hongerpyne vir lank stil nie. Dis lekker om een van Parys se kosmarkte te besoek en daar- na in die gemak van jou woon- stel te gaan eet. Airbnb en booking.com het opsies wat elke gesin se sak sal pas, maar onthou dat dit goed- koper sal uitwerk om naby die besienswaardighede te bly. Baie toeriste kies verblyfopsies buite Parys – wat soos ’n fantastiese winskopie lyk, maar die trein- kaartjies stad toe is op die ou end baie duur. Van hier na daar Om in Parys oor die weg te kom stel ek voor jy koop ’n carnet metrokaartjies. In hierdie boe- kie is tien kaartjies waarmee jy per metro die hele stad kan ver- ken. ’n Ander opsie is om vir el- ke lid van die gesin ’n Paris Pass of Passlib’-kaartjie te koop. Dit sluit nie net vervoer vir die gekose hoeveelheid dae in nie, maar ook ingang tot die meeste museums en besiens- waardighede, en bied ook afslag en spesiale aanbiedings in res- taurante. Jy kry ook met altwee dié op- sies ’n een dag of twee dae lange rooibustoer (op die Paris Pass) en geelbustoer (op die Paris Passlib’), wat heeldag ’n sirkel- roete verby die belangrikste toe- riste-aantreklikhede ry. Jy kan dus op- en afklim by die stasies, en die stad verder te voet verken – wat jou geld aan metrokaartjies spaar. Dit sluit ook ’n bootrit op die Seine in. Indien jy genoeg van dié plek- ke besoek, werk hierdie toe- gangskaartjies baie goedkoper uit as om elke keer die onder- skeie toegangsgeld te betaal. Albei dié opsies se webwerwe bied gereeld spesiale pryse aan. Jy kon dus in Maart 50%-afslag kry indien jy jou kaartjies be- spreek het. Die kaartjies word nie gekop- pel aan spesifieke datums nie, en word geaktiveer wanneer jy dit die eerste keer gebruik. Be- gin dus vroeg in die oggend aan- gesien die kaartjies aan dae ge- koppel word. Kry meer inligting by paris- pass.com en booking.parisin- fo.com. Hou die gesin besig Parys het hope gratis en goed- koop vermaak en gesinne met kinders sal veral mal wees oor die volgende plekke wat ek al oor die jare beproef het. Al hier- die plekke is nie goedkoop nie, maar ’n vinnige Google-soektog sal nóg hope opsies tot jou lys voeg: ) Klim la Grande Dame de Paris Om die Eiffel-toring se trappies te klim is nie net ’n interessante ervaring nie, jy hoef dan ook nie in die ellelange rye staan en wag om met die hysbak op te ry nie. Dit is ook goedkoper, aange- sien jy eers van die tweede ver- dieping af die hysbak hoef te neem om heel bo uit te kom. Klim die 669 trappe tot op die tweede verdieping, en wanneer almal klaar die gebruiklike sel- fies geneem het, lê die kort hys- bakrit na die boonste verdieping voor. Ná al die trappe en opwin- ding kan Pa en Ma hulself met ’n glas yskoue sjampanje bederf terwyl die kinders die uitsig be- wonder. Besoek die Tour Eiffel so na aan sononder as moontlik – jy sal dan Parys se liggies sien aangaan en ook die voorreg hê om te sien hoe die liggies elke uur vir vyf minute flikker. Ek was al menigmaal op die toring en het nog elke keer met die flikkering ’n man met ’n ring op sy knieë sien staan . . . Ry met die metro tot by die Bir-Hakeim-stasie (dit stop bo die grond) en kyk na die ver- wondering op jou kinders se ge- sigte wanneer hulle sien hoe groot die dame werklik is. Nóg ’n lekker klim-ervaring (onthou: daar is nie ’n hysbak vir toeriste se gebruik nie), is die Arc de Triomphe, aan die bopunt van die Champs-Élysées. Kinders sal veral mal wees oor die nimmereindigende spiraal- trap en die uitsig van bo. Gaan kyk by toureiffel.paris en arcdetriompheparis.com. ) Die Grévin-museum Dié wasbeeldmuseum is vir Pa- rys wat Madame Tussauds vir Londen is. Museumtoegang is ingesluit by die Paris Pass. Die uitgang van die museum is in Passage Jouffroy, een van Parys se bekendste, bedekte winkel- strate wat in 1845 gebou is. Die passage het interessante winkel- tjies en jy moet by À La Mère De Famille inloer – dit was im- mers Julia Child se gunsteling- sjokolade-en-soetgoedwinkel. Die winkeleienaars gee ook altyd vir jou iets om te proe – en dis be- slis die moeite werd om van hul nougat te koop. Die naaste metrostasie is Grands Boulevards. Gaan loer by grevin-pa- ris.com/en en lameredefamil- le.com. ) Musée du Chocolat – Cho- costory Paris Die sjokolademuseum is ook ge- leë in die Grands Boulevards- area en bied ’n interessante blik Parys, Frankryk, staan nie net bekend as die stad van liefde nie, maar ook as een van die duurste wêreldstede wat jy kan besoek. Indien jy met jou gesin soontoe wil reis, kan dit jou duur te staan kom as jy nie eers navorsing doen nie. In die aand is die Eiffel-toring ’n bekoring. Foto’s (tensy andersins vermeld): MART-MARIÉ DU TOIT MART-MARIÉ DU TOIT @martdutoit Parys, saam met die gesin én op ’n begroting

Upload: others

Post on 17-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: LEEFSTYL Parys, saam met die gesin én op ’n begroting · 30 LEEFSTYL 29 April 2017 | Beeld O m jou gesin op reis na een van die bekendste wêreldstede te neem hoef nie jou bankbalans

29  April  2017  |  BeeldLEEFSTYL30

Om jou gesin op reis naeen van die bekendstewêreldstede te neemhoef nie jou bankbalans

uit te wis nie, al is die wissel-koers nie aan jou kant nie.

Indien jy jou vliegkaartjies enverblyf lank voor die tyd be-spreek, sal jy baie geld op jou twee grootste uitgawes spaar. Dit is baie goedkoper om ’n woonstel te huur – hotelkamers is baie duur en jy sal boonop heeltyd moet uiteet. Selfs al sluit jou hotelbespreking ontbyt in, gaan die croissant, kaas en koffie wat voorgesit word, nie almal se hongerpyne vir lank stil nie.

Dis lekker om een van Parysse kosmarkte te besoek en daar-na in die gemak van jou woon-stel te gaan eet.

Airbnb en booking.com het opsies wat elke gesin se sak sal pas, maar onthou dat dit goed-koper sal uitwerk om naby die besienswaardighede te bly. Baie toeriste kies verblyfopsies buite Parys – wat soos ’n fantastiese winskopie lyk, maar die trein-kaartjies stad toe is op die ou end baie duur.

Van  hier  na  daarOm in Parys oor die weg te kom stel ek voor jy koop ’n carnet metrokaartjies. In hierdie boe-kie is tien kaartjies waarmee jy per metro die hele stad kan ver-ken. ’n Ander opsie is om vir el-ke lid van die gesin ’n Paris Pass of Passlib’-kaartjie te koop.

Dit sluit nie net vervoer vir die gekose hoeveelheid dae in nie, maar ook ingang tot die meeste museums en besiens-waardighede, en bied ook afslag en spesiale aanbiedings in res-taurante.

Jy kry ook met altwee dié op-sies ’n een dag of twee dae lange rooibustoer (op die Paris Pass) en geelbustoer (op die Paris Passlib’), wat heeldag ’n sirkel-roete verby die belangrikste toe-riste-aantreklikhede ry.

Jy kan dus op- en afklim by die stasies, en die stad verder te voet verken – wat jou geld aan metrokaartjies spaar. Dit sluit ook ’n bootrit op die Seine in.

Indien jy genoeg van dié plek-ke besoek, werk hierdie toe-gangskaartjies baie goedkoper uit as om elke keer die onder-skeie toegangsgeld te betaal.

Albei dié opsies se webwerwebied gereeld spesiale pryse aan. Jy kon dus in Maart 50%-afslag kry indien jy jou kaartjies be-spreek het.

Die kaartjies word nie gekop-pel aan spesifieke datums nie, en word geaktiveer wanneer jy dit die eerste keer gebruik. Be-gin dus vroeg in die oggend aan-gesien die kaartjies aan dae ge-koppel word.

Kry meer inligting by paris-pass.com en booking.parisin-fo.com.

Hou  die  gesin  besigParys het hope gratis en goed-koop vermaak en gesinne met kinders sal veral mal wees oor die volgende plekke wat ek al oor die jare beproef het. Al hier-die plekke is nie goedkoop nie, maar ’n vinnige Google-soektog sal nóg hope opsies tot jou lys voeg:

) Klim la Grande Dame de ParisOm die Eiffel-toring se trappies te klim is nie net ’n interessante ervaring nie, jy hoef dan ook nie in die ellelange rye staan en wag om met die hysbak op te ry nie. Dit is ook goedkoper, aange-sien jy eers van die tweede ver-dieping af die hysbak hoef te neem om heel bo uit te kom. Klim die 669 trappe tot op die tweede verdieping, en wanneer almal klaar die gebruiklike sel-fies geneem het, lê die kort hys-bakrit na die boonste verdieping voor. Ná al die trappe en opwin-ding kan Pa en Ma hulself met ’n glas yskoue sjampanje bederf terwyl die kinders die uitsig be-wonder.

Besoek die Tour Eiffel so na aan sononder as moontlik – jy sal dan Parys se liggies sien aangaan en ook die voorreg hê om te sien hoe die liggies elke uur vir vyf minute flikker. Ek was al menigmaal op die toring en het nog elke keer met die flikkering ’n man met ’n ring op sy knieë sien staan . . .

Ry met die metro tot by die Bir-Hakeim-stasie (dit stop bo die grond) en kyk na die ver-wondering op jou kinders se ge-sigte wanneer hulle sien hoe groot die dame werklik is.

Nóg ’n lekker klim-ervaring (onthou: daar is nie ’n hysbak vir toeriste se gebruik nie), is die Arc de Triomphe, aan die bopunt van die Champs-Élysées. Kinders sal veral mal wees oor die nimmereindigende spiraal-trap en die uitsig van bo.

Gaan kyk by toureiffel.paris en arcdetriompheparis.com. ) Die Grévin-museumDié wasbeeldmuseum is vir Pa-rys wat Madame Tussauds vir Londen is. Museumtoegang is ingesluit by die Paris Pass. Die uitgang van die museum is in Passage Jouffroy, een van Parys se bekendste, bedekte winkel-strate wat in 1845 gebou is. Die passage het interessante winkel-tjies en jy moet by À La Mère De Famille inloer – dit was im-mers Julia Child se gunsteling-sjokolade-en-soetgoedwinkel. Die winkeleienaars gee ook altyd vir jou iets om te proe – en dis be-slis die moeite werd om van hul nougat te koop.

Die naaste metrostasie is Grands Boulevards.

Gaan loer by grevin-pa-ris.com/en en lameredefamil-le.com.) Musée du Chocolat – Cho-costory ParisDie sjokolademuseum is ook ge-leë in die Grands Boulevards-area en bied ’n interessante blik

Parys,  Frankryk,  staan  nie  net  bekend  as  die  stad  van  liefde  nie,  maar  ook  as  een  van  die duurste  wêreldstede  wat  jy  kan  besoek.  Indien  jy  met  jou  gesin  soontoe  wil  reis,  kan  dit jou  duur  te  staan  kom  as  jy  nie  eers  navorsing  doen  nie.

In  die  aand  is  die  Eiffel­toring  ’n  bekoring. Foto’s  (tensy  andersins  vermeld):  MART­MARIÉ  DU  TOIT

MART­MARIÉ  DU  TOIT@martdutoit

Parys, saam met die gesin én op ’n begroting

Page 2: LEEFSTYL Parys, saam met die gesin én op ’n begroting · 30 LEEFSTYL 29 April 2017 | Beeld O m jou gesin op reis na een van die bekendste wêreldstede te neem hoef nie jou bankbalans

Beeld  |  29  April  2017 LEEFSTYL 31

op die geskiedenis van sjokola-de. Maak voor die tyd seker hoe laat die klasse aangebied word – dis kort, hope pret en ’n lekker sjokoladeproe in een. Vra vir die skattejagkaarte wanneer jy ingaan – elke kind kry ’n kaart en as hulle hom reg invul, kry hulle ’n heerlike sjokoladever-rassing. Museumtoegang is inge-sluit by die Paris Pass en die naaste metrostasie is Bonne Nouvelle.

Meer by museeduchocolat.fr.) Piekniek in die parkDie Jardin du Luxembourg is een van Parys se mooiste tuine. Die suidwestelike hoek van die Renaissance-tuin is nét vir kin-ders se pret en plesier ingerig. Vir slegs € 2,50 (sowat R35) kan hulle op die gewilde mallemeule ry en die speelpark geniet ter-wyl jy onder ’n 100 jaar oue pla-taan sit en een van Parys se lek-kerste – en goedkoopste – cap-puccino’s (€ 1) drink.

Die tuin is ’n gunsteling by oud en jonk. Selfs al besoek jy nie die speelpark nie, maak die verskeie standbeelde, heerlike grasbanke waarop jy mag sit en piekniek hou (dit word in byna geen ander park in Parys toege-laat nie) en die Grand Bassin, ’n ornamentele dam, waar kinders klein gehuurde houtbootjies met stokkies op die water aanpor, dit die moeite werd vir ’n heer-like middaguitstappie.

DaguitstappiesDie twee lekkerste gesinsdaguit-stappies buite Parys is Euro Disney en Versailles.

Euro Disney is elke kind se droombestemming – dis selfs pret vir ouer siele. Besluit voor die tyd op ritte wat julle gaan ry – veral in hoogseisoen wanneer jy vir die gewildste ritte ure in rye kan staan. Neem die RER A-trein na Marne-La-Vallée en maak seker jy gryp ’n FastPass by die ingang – dit gee jou een uur se grasie om nie in rye te staan vir sekere ritte nie. Jy kan meer as een maal ’n Fast-Pass gaan haal. Gaan op ’n Woensdag as jou kinders nog baie klein is. Dit is dan Jour des Enfants, wat makliker toegang tot die kleintjies se ritte gee.

Versailles is ’n geskiedkundi-ge, goudbedekte paleis en sal dogtertjies met prinsesdrome se oë laat blink. Marie Antoinette se Hameau is ook nou, ná ’n paar jaar se opknappingswerk, weer oop vir toeriste. Neem die treintjie van die kasteel af en

gaan wys vir die kinders waar-heen sy gegaan het wanneer sy soos een van die “ongewaste massas” wou voel.

Gaan kyk by dlpguide.com enen.chateauversailles.fr.

Iets  andersDaar is ’n wêreld onder Parys wat bestaan uit steengroewe vol geraamtes, dun gangetjies en ’n muwwe reuk . . . Tieners is veral mal oor dié makabere doolhof! Die katakombes is knekelhuise waar die beendere van die dooies gestoor is en nou een van die gewildste besienswaardighe-de in Parys is. Die toer van 1,5

km duur ongeveer 45 minute. Die naaste metrostasie is Den-

fert-Rochereau.Meer by catacombes.paris.fr.

Vir  die  maag  wat  gromDaar is min dinge so moeilik soos ’n honger kind. Maak dus voor die tyd seker jy lees na oor eetplekke om te verhoed dat jy uit desperaatheid in ’n peper-duur restaurant neersak of by die naaste McDonald’s instorm. Soek restaurante met ’n formule – hierdie spyskaart bied ge-woonlik twee of drie opsies vir ’n twee- of driegangmaaltyd wat baie goedkoper is as om van die

spyskaart af te bestel.My gunsteling is Le Relais de

L’Entrecôte, wat jy in Rue Mar-bouf kry – net af van die Champs Élysées – hulle sit steak-frites voor waarvan jy net in boeke lees. Daar is verskeie forums op die internet wat be-spiegel oor die bestanddele in hul beroemde sous, en jy mis werklik iets as jy nie hierdie plaaslike eetplek besoek nie. Die bonus vir gesinne: Jy kry soveel vuurhoutjietjippies as wat jy wil hê! Bestel die middagete-formule wat bestaan uit ’n waldorfslaai as voorgereg en die steak-frites as hoofgereg. Dis byna dubbeld so duur in die aand! Die naaste metro-stasie is Franklin D. Roo-sevelt.

’n Ander opsie is om op ’n kosmark kos te koop en in een van Parys se pragtige parke piekniek te hou. Dis heerlik om ’n paar stoele in ’n sonkol te soek en daar uit te span en die Franse dop te hou. Ons het só al die oudpresident van Frankryk, Nicolas Sarkozy, gesien draf.

Gaan – nadat julle die beken-de boekwinkel Shakespeare and Company besoek het – vir ’n be-derf na Amorino – wat gelato soos ’n blom op die roomysho-rinkie laat lyk.

Die  tuine  van  die  Jardin  du  Lux­embourg  is  ’n  fees  vir  die  oog.

Die  asemrowende  uitsig  vanaf Printemps  se  dak.

Foto:  NELIA  MILLER

In  Euro  Disney  is  daar  iets  vir  almal. Foto:  MARIËTTE  SORGDRAGER

Boekliefhebbers  moenie  ’n  besoek  aan  dié  winkel  misloop  nie.

By  Amorino  lyk  jou  roomys  soos  ’n blom!

Veral  tieners  sal  die  grillerige  ka­takombes  geniet.

Foto:  MARIËTTE  SORGDRAGER

“Ek  is  lief  vir  jou,”  is  in  al  die tale  van  die  wêreld  op  die muur  van  die  liefde  geskryf.

Foto:  MARTHA  VAN  DEN  BERG

Koop  gebottelde  water  en  peusel­happies  by  Monoprix  of  Franprix (amper  soos  Spar  in  Suid  Afrika), en  dra  dit  saam.  Dit  is  baie  goed­koper  as  om  by  ’n  toeristebe­stemming  iets  te  ete  te  koop,  en jy  kan  jou  bottel  by  die  openbare waterfonteine  vul.

Paul  en  Pret  A  Manger  maak heerlike  broodjies  en  slaaie  wat  só verpak  word  dat  jy  dit  in  jou  rug­sak  kan  saamdra.

Dit  is  goedkoper  om  koffie  by die  toonbank  te  staan  en  drink  as om  by  ’n  tafel  te  gaan  sit.

As  jy  in  Parys  is,  is  ’n  ekstra­groot  Nutella­crêpe  gelykstaande aan  ’n  goeie  middagete  –  goed­koop,  en  maklik  om  te  eet  terwyl jy  na  jou  volgende  bestemming beweeg.

Dié  besienswaardighede  sal  jou  nie ’n  sent  uit  die  sak  jaag  nie:)  die  Notre­Dame­katedraal  in  al sy  Gotiese  glorie;)  die  Muur  van  die  Liefde,  op  pad na  die  Sacré­Coeur  (stop  by  die Abbesses­stasie)  –  kyk  uit  vir  die burgemeester  van  Montmartre  wat Sondae  in  sy  piepklein  motor  rond­ry  en  toeriste  groet;)  die  dak  van  die  afdelingswinkel Printemps,  van  waar  jy  die  beste 360 °­uitsig  van  Parys  het;)  Rue  Mouffetard,  ’n  gunsteling onder  smulpape  waar  jy  kan  kyk hoe  die  vakmanne  baguettes,  mak­rolletjies  en  ander  happies  bak  en voorsit;  en)  Canal  Saint­Martin,  die  perfekte plek  vir  piekniek  en  koue  wyn  langs die  water.

Besoek ookdié plekke

)  Centre  Pompidou  –  ’n  moderne museum  wat  só  gebou  is  dat  sy binnekant  buite  sit;)  Cité  des  Enfants  en  Cité  des Sciences  et  de  l’Industrie  –  vir jong  wetenskaplikes; )  Shakespeare  and  Company  – almal  wat  van  lees  hou,  sal  ure daar  kan  deurbring;)  Parc  de  la  Villette  –  ’n  futuris­tiese  park  in  die  noordooste  van die  stad;  en)  Muséum  National  d’Histoire Naturelle  –  dié  museum,  en  die Ménagerie  du  Jardin  des  Plantes (die  oudste  openbare  dieretuin  in die  wêreld),  sal  julle  ure  aaneen besig  hou.

Wees slim!

Gratis doendinge