leer leef met jesus  · hy skryf later treffend in `n brief aan die gemeente in kolosse: “julle...

4
Sondag se erediens: Ds. Marinus Theron Teks: Hand. 11: 25-30 Tema: Ek bid vir die owerhede en vir myselfwww.ngcaledon.co.za Dagboek: Preke is beskikbaar Sondae vanaf 07:00 by die volgende webadres: www.ngcaledon.co.za/preke of jy kan direk na ons YouTube kanaal gaan ‘Caledon NG’ www.youtube.com “Leer leef met Jesus” ONS LIEFDEGAWES : As deel van God se gesin neem elkeen sy verantwoordelikheid op om seën te deel. Een so manier is deur liefdegawes. Tans kan ons nie by mekaar uitkom nie en vra dat elkeen sy eie inisiatief gebruik rondom die gee van gawes. Behoeftes is steeds groot. ******* EFT, SnapScan, koevertjies of selfs ‘n blikkie by jou huis kan gebruik word om geldjies bymekaar te maak en op die geskikte tyd in te gee. Ons dink veral aan mekaar se nood in hierdie tyd. DIENSe-POS Caledongemeente – jou Christus-familie se nuusdiens met nuus vir diens Kerkkantoor: 028 212 1202 [email protected] Ds. Marinus :028 212 2293 [email protected] Ds. Dewald: 028 212 1332 [email protected] Ek bid vir die owerhede en vir myself… Jesus leer in Matteus 22 dat ons aan die keiser moet gee wat hom toekom en aan God wat aan God behoort. Ook in Romeine 13 praat Paulus oor die owerhede as gesag wat God gee om orde te bring. Gelukkig leef ons as volgelinge van Jesus met duidelike riglyne vir die lewe en bevestig ons deur ons lewens dat Jesus die grootste invloed op ons lewens het. Daarom kan ons onbevange die Here dien terwyl ons wetgehoorsame burgers is. Gevolglik kan ons ook met vrymoedigheid vir die owerheid bid en daarmee saam onsself vir diens aanmeld. Psalm 72 help ons om só `n gebed te verwoord: “Leer tog die koning, o God, om te regeer volgens u wil, leer die koning om die reg te handhaaf soos U dit wil, sodat hy regverdige beslissings oor u volk sal vel en aan die verdruktes reg laat geskied. Laat berge en rante hulle verbly oor die vrede en reg vir die volk. Laat die koning die reg van die verdruktes onder die volk beskerm, laat hy armes te hulp kom en verdrukkers verbrysel, sodat die mense U kan dien so lank as die son en die maan daar is, van geslag tot geslag. Mag die koning vir sy mense wees soos die reën vir die plante, soos swaar reëns wat die aarde deurdrenk. Mag die reg onder sy regering floreer en mag daar vir altyd groot voorspoed wees. Hy sal die arme red wat om hulp roep, die verdrukte en dié wat geen helper het nie; hy sal hom oor die swakke en die behoeftige ontferm, die lewens van die arm mense beskerm. Hy sal hulle van onderdrukking en geweld bevry; hulle lewens sal kosbaar wees in sy oë. Mag die koning lank lewe, mag daar vir hom goud uit Skeba gebring word; mag die mense gedurig vir hom bid en die hele dag seënbedes vir hom uitspreek. Mag daar volop graan in die land wees, mag dit selfs bo-op die bergtoppe wuif, mag die oes so welig wees soos die Libanon, die graan so geil opskiet soos gras in die veld. Mag die koning se naam altyd onthou word, mag sy roem duur so lank as die son daar is, sodat al die nasies hulle in sy regering verlustig en hom prys! Geloof sy God die Here, die God van Israel. Dit is net Hy wat magtige dade doen! Mag sy verhewe Naam vir altyd geloof word, mag die hele wêreld vol wees van sy majesteit. Amen, ja, amen.“ Kom ons bid gereeld vir die regering (ja, ook wanneer ons hulle besluite kritiseer!) en bid dat hulle God se gesag oor hulle lewens en oor ons sal erken… Maar kom ons besef ook dat óns deel van die antwoord op dié gebed is deur eerstens te doen wat God vra en só as goeie burgers van ons land, tot eer van God leef. Geseënde week vir jou. Marinus Theron www.ngcaledon.co.za

Upload: others

Post on 29-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Leer leef met Jesus  · Hy skryf later treffend in `n brief aan die gemeente in Kolosse: “Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die

Sondag se erediens:

Ds. Marinus Theron

Teks:

Hand. 11: 25-30

Tema:

Ek bid vir die owerhede

en vir myself…

www.ngcaledon.co.za

Dagboek: Preke is beskikbaar Sondae vanaf 07:00 by die volgende webadres: www.ngcaledon.co.za/preke of jy kan direk na ons YouTube kanaal gaan ‘Caledon NG’ www.youtube.com

“Leer leef met Jesus”

ONS LIEFDEGAWES : As deel van God se gesin neem

elkeen sy verantwoordelikheid op

om seën te deel. Een so manier is

deur liefdegawes. Tans kan ons nie

by mekaar uitkom nie en vra dat

elkeen sy eie inisiatief gebruik

rondom die gee van gawes.

Behoeftes is steeds groot.

*******

EFT, SnapScan, koevertjies of selfs

‘n blikkie by jou huis kan gebruik

word om geldjies bymekaar te

maak en op die geskikte tyd in te

gee.

Ons dink veral aan mekaar se nood

in hierdie tyd.

DIENSe-POS Caledongemeente – jou Christus-familie

se nuusdiens met nuus vir diens

Kerkkantoor: 028 212 1202 [email protected]

Ds. Marinus :028 212 2293 [email protected]

Ds. Dewald: 028 212 1332 [email protected]

Ek bid vir die owerhede en vir myself…

Jesus leer in Matteus 22 dat ons aan die keiser moet gee wat hom toekom en aan God wat aan

God behoort. Ook in Romeine 13 praat Paulus oor die owerhede as gesag wat God gee om orde

te bring.

Gelukkig leef ons as volgelinge van Jesus met duidelike riglyne vir die lewe en bevestig ons deur

ons lewens dat Jesus die grootste invloed op ons lewens het.

Daarom kan ons onbevange die Here dien terwyl ons wetgehoorsame burgers is.

Gevolglik kan ons ook met vrymoedigheid vir die owerheid bid en daarmee saam onsself vir

diens aanmeld.

Psalm 72 help ons om só `n gebed te verwoord:

“Leer tog die koning, o God, om te regeer volgens u wil,

leer die koning om die reg te handhaaf soos U dit wil,

sodat hy regverdige beslissings oor u volk sal vel en aan die verdruktes reg laat geskied.

Laat berge en rante hulle verbly oor die vrede en reg vir die volk.

Laat die koning die reg van die verdruktes onder die volk beskerm,

laat hy armes te hulp kom en verdrukkers verbrysel,

sodat die mense U kan dien so lank as die son en die maan daar is, van geslag tot geslag.

Mag die koning vir sy mense wees soos die reën vir die plante, soos swaar reëns wat die aarde

deurdrenk. Mag die reg onder sy regering floreer en mag daar vir altyd groot voorspoed wees.

Hy sal die arme red wat om hulp roep, die verdrukte en dié wat geen helper het nie;

hy sal hom oor die swakke en die behoeftige ontferm, die lewens van die arm mense beskerm.

Hy sal hulle van onderdrukking en geweld bevry; hulle lewens sal kosbaar wees in sy oë.

Mag die koning lank lewe, mag daar vir hom goud uit Skeba gebring word;

mag die mense gedurig vir hom bid en die hele dag seënbedes vir hom uitspreek.

Mag daar volop graan in die land wees, mag dit selfs bo-op die bergtoppe wuif,

mag die oes so welig wees soos die Libanon, die graan so geil opskiet soos gras in die veld.

Mag die koning se naam altyd onthou word, mag sy roem duur so lank as die son daar is,

sodat al die nasies hulle in sy regering verlustig en hom prys!

Geloof sy God die Here, die God van Israel.

Dit is net Hy wat magtige dade doen!

Mag sy verhewe Naam vir altyd geloof word, mag die hele wêreld vol wees van sy majesteit.

Amen, ja, amen.“

Kom ons bid gereeld vir die regering (ja, ook wanneer ons hulle besluite kritiseer!) en bid dat

hulle God se gesag oor hulle lewens en oor ons sal erken…

Maar kom ons besef ook dat óns deel van die antwoord op dié gebed is deur eerstens te doen

wat God vra en só as goeie burgers van ons land, tot eer van God leef.

Geseënde week vir jou. Marinus Theron

www.ngcaledon.co.za

Page 2: Leer leef met Jesus  · Hy skryf later treffend in `n brief aan die gemeente in Kolosse: “Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die

Voorbidding: • Martin du Toit – Sentrale Wyk

• Gerda Bester- Caledon-Wes Gemeente

• Susan Burger – Crassula Wyk

• Hansie Claassen met afsterwe van sy

pa

Preeknota’s Skriflesing uit Handelinge 11:25-30 Inleidend: Die verhaal en getuienis oor die vroeë kerk en die verskillende gemeentes het vir ons groot waarde in hierdie tyd. Ons kan heelwat by hulle leer... juis ook hoe om `n krisis te hanteer...

• Lees gerus die hele boek van Handelinge in jou stiltetyd en ontdek iets van die dinamika van die vroeë Christene….

Wanneer Paulus-hulle die evangelie verkondig dan begin hulle telkens eers by die sinagoges, d.w.s. by die Jode... en een van die redes is eintlik baie logies. Vir Paulus om Jesus Christus te volg, sy dissipel te wees, is nie `n nuwe godsdiens nie; maar die vervulling van God se beloftes... en daarom begin hy by die Jode in hulle plek van samekoms en hy vertel van Abram se roeping asook die uittog uit Egipte en dan oor Dawid as Koning uit wie se geslag die Messias gebore sou word - dis Jesus Christus! Hy beskryf hoe hemel en aarde ontmoet met die koms van Jesus! En dat God vir mense `n nuwe verbeelding wil gee! Oor hoe die lewe eintlik werk m.a.w. hoe lewe in sy Koninkryk werk. En dan is dit juis Paulus (`n voormalige Fariseër) wat hom beywer vir die nuwe gemeenskap wat deur God totstand gebring is… Hy skryf later treffend in `n brief aan die gemeente in Kolosse: “Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God. Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal. Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet.”

KOLOSSENSE 3:9-17 AFR83 Ons hoor hier in Handelinge 11 `n profesie van `n krisis wat kom, hongersnood! (wat die destydse wêreld wel op die ou end tref) Daar is dele wat dit slegter tref soos die gelowiges in Jerusalem, want ons lees dat hulle hulle besittings en huise verkoop het en alles gemeenskaplik gedeel het (vgl Hand 2)... en die hartseer is dat hulle hulleself eintlik in armoede gedompel het. Maar die belangrike is hoe die Christene in Antiogië die krisis hanteer... 1) Hulle vra nie wie of wat die hongersnood veroorsaak het nie. (dis deel van die harde lewe)

2) Verder doen hulle `n paar belangrike goed:

• Hulle vra wie is die kwesbare mense; (mense in Jerusalem)

• Hulle besluit wat kan hulle doen om te help; (stig `n hulpfonds)

• Wie kan hulle stuur om die hulp te gaan aflewer; (Paulus & Barnabas word gestuur)

**********************************

Daarom is die verhaal van die gemeente in Antiogië en die manier hoe hulle in `n krisistyd optree vir ons vandag `n bevestiging en aanmoediging - om steeds die kwesbare mense om ons raak te sien - goed te doen aan hulle! En om myself te sien as God se gestuurde om Sy hoop en liefde aan te gee!

Page 3: Leer leef met Jesus  · Hy skryf later treffend in `n brief aan die gemeente in Kolosse: “Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die

Veels geluk aan almal wat gedurende die week verjaar! Junie 21 Martha Bester Filisita Plaas 028 050 0655 082 459 1152 21 Eben Beukes De Baan Nr. 4 028 212 2382 083 951 7025 21 Lambert De Wet Waboomskloofplaas 028 214 1532 21 Reghard Heyns Goudini Plaas 084 515 7050 21 Louis Kriel Crassulastraat 7 084 584 1541 21 Kitie Louw Watsoniastraat 14 028 212 1825 084 327 6240 21 Ray Rademan Rodebloem 076 842 6586 22 JD Otto Konstitusiestraat 12 028 212 1385 082 373 6675 22 Elsabé Van der Merwe Agterplaas 072 604 1172 23 Coreen De Kock De Posselstraat 6 028 212 2077 084 557 5007 23 Liezel Kershoff Freesiastraat 9 083 425 5045 23 Lucas Robertson Plot 79 028 212 3332 072 614 4403 23 Aljoma Wessels Klipheuwel 084 516 6604 24 Stiaan Du Toit Oudekraal Plaas 028 212 3711 24 Janneman Stander Nemesiastr 3 083 293 5339 24 JC Stevens Dempersstraat 35. 079 821 7545 25 Wessel Swart Joubertstraat 13 072 432 8971 27 Nelia Swart De Hoek Plaas 082 936 3899 083 582 0936 Wierook voor God se troon.

In Openbaring lees ons dat die gebede van gelowiges soos wierook voor God se troon is. Ons gaan vir die volgende 7 dae saam bid om so God se hoop en liefde aan te gee. Die inisiatief kom van die Interkerklik Forum wat in die grendeltyd goed saamwerk tot God se eer. Hier is die info vir die gebedsgetuienis: Tyd: 18h00 elke aand Datums: 21 – 28 Junie 2020 Plek: Jy en jou gesin bid saam voor jul huis Doel: Ons as kerke staan as een, voor God, in die tyd van onsekerheid en nood. Om te doen: Deel jul belewenis van hoop en liefde op sosiale media –Fcbk ens.

Page 4: Leer leef met Jesus  · Hy skryf later treffend in `n brief aan die gemeente in Kolosse: “Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die

Kerkkantoor funksionering: Ons is onderhewig aan Regeringsbesluite oor

hoe die kantoor mag funksioneer. Dus het ons

beperkte funksies as kerkkantoor, wat help om

sosiale ondersteuning moontlik te maak. As jy

dus by Noodverligtingsprojekte wil betrokke

raak,

kan jy die kantoor

kontak by 028 212 1202 of

Cornelia by 082 8555 903.

Tussen 9:00 en 12:00 kan reëlings getref word.

Ons gee hoop en liefde aan in NOOD

Nood in ons gemeenskap neem klomp vorms aan: Hier is ‘n paar punte waar ons betrokke is. 1. Ons Kosbakkie- en Dankofferprojekte gaan steeds voort. 2. Ons is ook in samewerking met Caledon- Wes gemeente en VGK Caledon betrokke by noodverligting d.m.v. van `n sopkombuis. 3.Ons het ‘n lys met groepe wat in verskeie areas werk en verskillende groepe bedien wat duplisering help voorkom. Die regeringshulp via die munisipaliteit is ook hierby ingereken. 4.Ons hou aan bid en vra wysheid soos die situasie verder ontvou. Maak gerus kontak as jy nog informasie benodig. Seën en sterkte