leerderboek: kwartaal 4 · beantwoord die vrae oor robert mokoena se brief aan die koerant. 1. wat...

18
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 1 Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6 Leerderboek: Kwartaal 4 Formele assessering: Taak 1

Upload: others

Post on 07-Jan-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 1

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6

Leerderboek: Kwartaal 4

Formele assessering: Taak 1

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 2

Formele assesseringstaak 1

Vaardighede getoets Teks Week Punte Handtekening van ouer

Neem deel aan besprekings / luister na ‘n storie

Die man by die verkeerslig

1

15

Hardoplees

Brief aan die koerant

3

10

Taalstrukture en -konvensies in konteks

5

15

Leesbegrip van inligtingsteks / storie / gedig

Gedig: As niemand kyk nie… Strokiesprent

1

2

10

10

Reageer op 'n teks wat onafhanklik gelees is

Brief aan die koerant 3 10

Skryf 'n inligtingsteks / definisies /

persoonlike brief

Inligtingsteks Persoonlike brief

3/4 10

20

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 3

Luister na ‘n storie Datum: _____________________

Luister na die storie wat jou onderwyser vir jou gaan lees. Onthou die luisterproses:

• Jou onderwyser gaan vir jou ‘n storie lees. Jy moet net luister.

• Jou onderwyser gaan die vrae met jou bespreek.

• Hierna gaan die onderwyser weer die storie lees.

• Beantwoord die vrae 1 – 3 voordat die onderwyser die storie vir jou lees.

• Beantwoord die res van die vrae nadat jou onderwyser vir jou die storie gelees

het.

1.

2.

Wie dink jy is die man wat langs die

motor staan? Gee ‘n rede vir jou

antwoord.

_______________________________

_______________________________

_____________________________(2)

Wat dink jy het hy in sy hande?

_______________________________

______________________________(2)

4. Dink jy man in die motor wil met hom praat? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

____________________________________________________________

(1)

5. Waarheen was Simon op pad?

____________________________________________________________

(1)

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 4

6. Waarom het Simon gestop?

A. Daar is ‘n stopstraat.

B. Hy wou met iemand praat.

C. Die verkeerslig het oorgeslaan na rooi.

D. Die verkeerslig het oorgeslaan na groen. (1)

7. Hoeveel kinders het die boemelaar?

A. drie

B. vier

C. vyf

D. twee (1)

8. Hoeveel geld het die boemelaar by Simon gevra?

A. R10

B. R100

C. R1

D. R1000 (1)

9. Som die storie in vyf sinne op. Laat die raamwerk jou help.

9.1 Simon was op pad _______________________________________.

9.2 Hy moes by die _______________________________________

9.3 Skielik staan daar ________________________________________

9.4 Die man ________________________________________________

9.5 Simon was _____________________________________________ (5)

10. Dink jy dit is reg dat mense bedel? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

____________________________________________________________

(1)

[15]

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 5

Lees & kyk Datum: ________________

Lees die gedig en beantwoord die vrae:

As niemand kyk nie ...

Deur Helena Wasserman

Meneer De Beer skil netjies ‘n peer

en eet graag kabeljou.

Maar as niemand vir hom kyk nie,

sal hy sommer oopmond kou.

Mejuffrou Louw pronk soos ‘n pou,

hou van haar lippies tuit.

Maar as niemand vir haar kyk nie,

steek sy haar tong lank uit.

Tannie Meraai is verskriklik kwaai

en het ‘n stywe nek.

Maar as niemand vir haar kyk nie,

trek sy graag skewebek.

Ek klouter en klim en hou my slim,

ek raas en woed en vat Boetie se goed.

Maar as niemand vir my kyk nie . . .

is ek rêrig waar stroopsoet!

1. Wat skil meneer De Beer?

Hy skil _______________________________

(1)

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 6

2. Wat doen mejuffrou Louw as niemand vir haar kyk nie?

____________________________________________________________

(1)

3. Hoe is tannie Meraai?

Sy is _______________________ en het __________________________

(2)

4. Wat beteken dit as iemand stroopsoet is?

A. Die persoon eet stroop op sy brood.

B. Die persoon hou van suiker.

C. Die persoon is baie gehoorsaam.

D. Die persoon het baie lekkers geëet. (1)

5. Wat dink jy is ‘n kabeljou?

A. ‘n vrug

B. ‘n vis

C. ‘n voël

D. ‘n groente (1)

6. Wat is ‘n ander woord vir bek in strofe 3? (rug / nek / mond / tong) (1)

7. Is dit goeie of slegte maniere om oopmond te kou? Gee ‘n rede vir jou

antwoord.

Dit is ______________________ maniere, omdat ____________________

____________________________________________________________

(1)

8. Hoekom doen die mense sekere goed as niemand vir hulle kyk nie?

Hulle wil nie hê dat mense moet _______________________ wat hulle

doen nie.

(1)

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 7

9. Van watter karakter in die gedig hou jy die minste? Gee ‘n rede vir jou

antwoord.

Ek hou die minste van ________________________________, want

____________________________________________________________

(1)

[10]

In die storkiesprent volg die storie opmekaar. Die raampies is onder in die hoek

genommer. Lees die strokiesverhaal en beantwoord die vrae:

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 8

1. Hoeveel karakters is in die storie?

______________________________

(1)

2. Waaroor gesels die karakters?

Oor ‘n _________________________

(1)

3. Waarom het die karakters mekaar lanklaas gesien?

Die een _____________________________________________________

(1)

4. Waar het hy/sy vakansie gehou?

____________________________________________________________

(2)

5. Dink jy dat kakkerlakke skoon of vuil insekte is? Gee ‘n rede vir jou

antwoord.

Hulle is ____________________, want ____________________________

____________________________________________________________

(1)

6. Wat is ‘n restaurant?

A. ‘n Winkel waar ‘n mens kos koop.

B. ‘n Plek waar ‘n mens kan sit en kos kan bestel.

C. ‘n Plek waar ‘n mens kan vakansie hou.

D. ‘n Plek waar ‘n mens baie kakkerlakke kry. (1)

7. Hoe lyk die karakters se gesiguitdrukkings in raampie 6? (gelukkig /

hartseer / bang / siek)

(1)

8. Hoe lyk die karakters se gesiguitdrukking in raampie 7? (gelukkig/ onsteld /

kwaad / vrolik)

(1)

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 9

9. Dink jy dat die prentjies in die storie help dat ‘n mens die storie makliker kan

verstaan? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

____________________________________________________________

(1)

10. Het jy van die strokiesverhaal gehou? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

____________________________________________________________

(1)

Verwerk en aangepas uit: Piekfyn Afrikaans Graad 6

[10]

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 10

Hardoplees

Iemand het ‘n foto van ‘n vrou

wat haar kind gebruik om te

bedel by ‘n verkeerslig geneem.

Die persoon was baie ongelukkig

omdat die vrou haar kind gebruik

om saam met haar te bedel.

Lees die brief wat die persoon

aan die koerant geskryf het.

Nelsonstraat 15 Kaapstad 0001 10 Oktober 2019

Die Nuuskoerant Skoolstraat 30 Johannesburg 2000

Meneer

BEDELAARS BY VERKEERSLIGTE

Ek het nie ‘n probleem met mense wat by verkeersligte staan en bedel nie, maar moet hulle kinders gebruik om te help bedel?

Ek het die foto gister geneem. Die ma sit en bedel terwyl haar kind regop moet staan en ‘n bord bo sy kop vashou om te bedel. Die arme kind staan in die son en verbrand en hy kan maklik deur ‘n kar raakgery word. Sy arms pyn seker in die aande. Dink die ma nie? Dalk gee sy glad nie om nie?

Agge mevrou, moenie jou arme kind gebruik om mense se harte sag te maak sodat hulle vir jou geld gee nie! Wat te erg is, is te erg! Ek voel dat die polisie sulke mense moet aankla vir kindermishandeling.

Die uwe

Robert Mokoena

Verwerk en aangepas uit: Piekfyn Afrikaans graad 6

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 11

Rubriek vir hardoplees

Kriteria 1 2 3 4 5

Toon begrip van die gedeelte deur klem en uitdrukking tydens lees toe te pas.

Lees die gedeelte vlot met gemak en duidelikheid.

Projekteer stem en is hard genoeg om deur almal gehoor te word.

Gebruik pouses effektief deur te stop by punte en asem te haal by kommas. Handhaaf oogkontak met gehoor

Totaal

20 ÷ 2 = 10

Reageer op teks wat selfstandige gelees is

Beantwoord die vrae oor Robert Mokoena se brief aan die koerant.

1. Wat is die hoofgedagte van die brief?

A. Dit is verkeerd van mense om by ‘n verkeerslig te bedel.

B. Dit is gevaarlik vir kinders om te bedel.

C. Dit is verkeerd om kinders te laat bedel.

D. Kinders moet hul ouers help bedel. (1)

2. Wat doen die vrou in die prentjie?

Sy ___________________________________________________________

(1)

3. Wat doen die seun in die prentjie?

Hy ___________________________________________________________

(1)

4. Noem twee dinge wat met die kind kan gebeur.

______________________________________________________________

______________________________________________________________

(2)

5. Wat beteken dit om te bedel?

______________________________________________________________

(1)

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 12

6. Wat beteken kindermishandeling?

______________________________________________________________

(2)

7. Dink jy dat kinders wat staan en bedel ‘n goeie toekoms het? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

______________________________________________________________

(1)

8. Dink jy dit is reg dat ‘n ma haar kinders saam met haar laat bedel? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

______________________________________________________________

(1)

[10]

Skryf ‘’n inligtingsteks

Ons het 20 graad 6 leerders in jou skool uitgevra van watter onderwysers hulle die

meeste hou. Die resultate was soos volg:

• Meneer A – 4 leerders

• Meneer B – 3 leerders

• Meneer C – 5 leerders

• Juffrou D – 2 leerders

• Juffrou E – 7 leerders

Gebruik die volgende raamwerk om die inligting in ’n grafiek voor te stel.

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 13

__________

__________

__________

__________

__________

0 1 2 3 4 5 6 7

[10]

Skryf ‘n persoonlike brief

Skryf ‘n brief aan ‘n maat en vertel hom/haar van die vrou wat met haar kind by die

verkeerslig gestaan en bedel het. Jou brief moet aan die volgende vereistes voldoen:

• Jou adres bo aan die regterkant wees.

• Jou brief moet ‘n datum hê.

• Begin jou brief met: “Liewe…”

• Eindig jou brief met “Jou maat

…”

• Jou brief moet 80 – 100 woorde wees.

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 14

Beplanning

Paragraaf 1: Paragraaf 2:

Paragraaf 3: Paragraaf 4:

Paragraaf 1: Inleiding

• Waaroor skryf jy vir jou maat.

Paragraaf 2: Gebeure

• Wat het met die vrou gebeur?

• Waar en wanneer het dit gebeur?

Paragraaf 3: Gebeure

• Waarom kan niemand haar help nie?

• Wat het jy gedoen om haar te help?

Paragraaf 4: Slot

• Hoe voel jy oor die gebeurtenis?

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 15

My brief

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 16

Rubriek vir die nasien van ‘n persoonlike brief

Prestasievlakke

Krite

ria

Die skryfproses

4 3 2 1

Gegewe raamwerk korrek gebruik

Gegewe raamwerk gebruik.

Poging aangewend om gegewe raamwerk te gebruik.

Gegewe raamwerk nie gevolg.

Inhoud

7 - 8 5 - 6 3 - 4 1 - 2

Uitstekende storie. Logiese ordening van idees baie goed volgehou.

Goeie storie. Logiese ordening van idees volgehou.

Storie is verstaanbaar. Logiese ordening van idees redelik volgehou.

Storie onversaanbaar Swak/geen ontwikkeling van idees nie.

Spelling en leestekengebruik

4 3 – 2 1

Korrekte spelling en leestekengebruik

Enkele spel- en leestekenfoute.

Uiters swak spelling en leestekengebruik.

Taalgebruik, woordeskat

4 3 – 2 1

Uitstekende taalgebruik. Min foute in taalgebruik.

Voldoende woordeskat en weinige Algemene taalfoute.

Beperkte tot uiters swak woordeskat. Baie taalfoute.

[20]

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 17

Taaltoets Datum: _________________

Lees die brief en beantwoord die taalvrae.

Nelsonstraat 15 Kaapstad 0001 10 Oktober 2019

1

2

3

Die Nuuskoerant Skoolstraat 30 Johannesburg 2000

Meneer

BEDELAARS BY VERKEERSLIGTE

Ek het nie ‘n probleem met mense wat by verkeersligte staan en bedel nie, maar moet hulle kinders gebruik om te help bedel?

Ek het die foto gister geneem. Die ma sit en bedel terwyl haar kind regop moet staan en ‘n bord bo sy kop vashou om te bedel. Die arme kind staan in die vuurwarm son en verbrand en hy kan maklik deur ‘n kar raakgery word. Sy arms pyn seker in die aande. Dink die ma nie? Dalk gee sy glad nie om nie?

Agge mevrou, moenie jou arme kind gebruik om mense se harte sag te maak sodat hulle vir jou geld gee nie! Wat te erg is, is te erg! Ek voel dat die polisie sulke mense moet aankla vir kindermishandeling.

Die uwe

Robert Mokoena

1. Omkring die klinkers in die woord “r e g o p.” (2)

2. Skryf ‘n eienaam wat in die brief voorkom neer.

____________________________

(1)

Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 Formele Assessering – Taak 1 18

3. Watter sinsoort is die eerste paragraaf van die brief? (stelsin / vraagsin / bevelsin / uitroepsin).

Gee ‘n rede vir jou antwoord. _______________________________________

(2)

4. Watter woordsoorte is die onderstreepte woorde arme kind in paragraaf 2?

arme: ______________________________

kind: _______________________________

(2)

5. Kies die regte antoniem (woord met teenoorgestelde betekenis) vir maklik in paragraaf 2. (gelukkig / gou / moeilik / vining)

(1)

6. Skryf ‘n intensiewe vorm wat in paragraaf 2 voorkom neer. (1)

7. Skryf die onderwerp, gesegde en voorwerp van die sin neer.

Die man neem ‘n foto.

Onderwerp:

Gesegde:

Voorwerp:

________________________

________________________

________________________

(1)

(1)

(1)

8. Skryf ‘n samestelling wat in paragraaf 3 voorkom neer.

__________________________________________________________

(1)

9. Skryf die sin in die lydende vorm.

Die motoris stamp die kind.

Die kind________________________________________________________

(2)

[15]