leeslys vir afrikaanse tuisskolerssuurlemoen jaco jacobs 13+ daass ʼn skoolstorie vol kinkels, ook...

19
LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERS

Upload: others

Post on 03-Jan-2020

8 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 1

LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERS

Page 2: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 2

DIERE | AKSIE | AVONTUUR | SPANNING | SPEUR

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Agarob: Kind van die duine Jan J van der Post 12+ DAASS ʼn Seun bly by Boesmans en leer jag en spoorsny. Daar is ʼn opvolgverhaal ook.

Agent Snoet Francois Bloemhof 10+ DAASS ʼn Reeks boeke waarin ʼn verstrooide speurder en sy slim kat misdade oplos

Avontuur in Israel Annalou Marais 10+ DAASS ʼn Gesin kuier in Israel — so bietjie Aardrykskunde en godsdiens te midde van hul avonture

Been-af in die sirkus WA Hickey 10+ DAASS ʼn Storie oor die sirkus, vertel deur ʼn olifant

Bewakers van die koningshuis WA Hickey 12+ DAASS ʼn Slim storie oor drie groepe mense en hulle verwantskap met koningjagluiperds

Blinde horlosie ID Lamprecht 7+ DAASS ʼn Grappige jeugverhaal

Blou sjokolade Christien Neser 13+ DAASS Een van die boeke in hele reeks oor die tienermeisie Elle en haar lewe

Bobbejaan se bosstories Irene Piek 12+ DAASS Stories oor diere van die Krugerwildtuin, tuisskoolma's beveel aan mens lees dit stuk-stuk soos ʼn digbundel

Boerseun Mikro 7+ DAASS Spannende Anglo-Boere-oorlog, ʼn kommando van jong manne

Dirkie van Driekuil Alba Bouwer 8+ DAASS Plaasstorie in die mooiste Afrikaans

Drie jong Jagters PJ Schoeman 12+ DAASS Drie jong seuns mag saam in die Bosveld jag

Drietoon van die Vrystaat HJ Vermaas 12+ DAASS ʼn Dapper en baie slim jakkals en die jagters op sy spoor

Droomoog Diepgrawer Leon de Villiers 10+ DAASS ‘n Erdfamilie vang “onerdse dinge” aan en word verban. Droomoog die seun wil regmaak wat hy verbrou het, maar beland in groter moeilikheid en raak geskei van sy familie

Page 3: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 3

DIERE | AKSIE | AVONTUUR | SPANNING | SPEUR

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Ek, die moordenaar Karl Kielblock 12+ DAASS Spannende speurverhaal

Erfenis, Die Karl Kielblock 12+ DAASS Spannende speurverhaal in die Frans Lindenhof reeks

Faanman slaags met terroriste 6 HS van Blerk 8-10 DAASS Faanman en sy perde en vriende op De Hoop

Faanman speel Kupido 5 HS van Blerk 8-10 DAASS Faanman en sy perde en vriende op De Hoop

Grenswag HJ Vermaas 12+ DAASS ʼn Boereseun met ʼn liefde vir perde moet op die grens teen terroriste gaan veg

Inspring kêrels PJ Schoeman 12+ DAASS Twee broers bou saam-saam hul eie lewe op ʼn splinternuwe plaas in die laat 1800's

Jasper le Feuvre Karl Kielblock 12+ DAASS Jasper word ontvoer, oorleef verskeie avonture en keer later terug om sy grond op te eis

Kompartement 1001E Mikro 12+ DAASS ʼn Speurverhaal waarin goue Krugermunte ʼn rol speel

Lafras Cuyper/Kanonnier Karl Kielblock 12+ DAASS Spannende skeepsverhaal tydens Napoleon Bonaparte, Frankryk vs Engeland

Lang Henning, Die Anoniem 10+ DAASS Die Karoo kan net so wild soos die Wilde Weste wees, met perdediewe en baie avonture en aksie

Luitenant Lafras Cuyper Karl Kielblock 12+ DAASS Spannende skeepsverhaal tydens Napoleon Bonaparte, Frankryk vs Engeland

Nooi uit die Vreemde Karl Kielblock 12+ DAASS Twintig Hollandse weesmeisies word na die Kaap gestuur om met onbekende Kom-panjie-dienaars te trou. Anna van’t Rode is een van hulle.

Olof, die seerower Gerrie Radloff 8-10j DAASS ’n Reeks met swaardgevegte en romanse wat baie trae seunslesers aan die lees gekry het

Ou meisiewagter 2 HS van Blerk 8-10j DAASS Faanman en sy perde en vriende op De Hoop

Pels Ben Venter 8-10j DAASS ʼn Pragtige storie oor ʼn otter

Perdedief, die HJ Vermaas 12 DAASS ʼn Sjarmante dief wat ʼn mooi perd maar net nie kan weerstaan nie

Page 4: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 4

DIERE | AKSIE | AVONTUUR | SPANNING | SPEUR

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Pieter, Nero en Gaboe AF Oberholzer 8-10 DAASS ʼn Seun, 'n apie en 'n hond — plaaslewe op sy beste

Poana en sy ratel Ben Venter 10+ DAASS Oor ʼn Zoeloe en sy ratel-troeteldier

Professor Fossilus en die Dinosourusse

Louise Smit 10+ DAASS Avontuur met dinosourusse — nie wetenskaplik korrek, maar storie oulik.

Renperd 4, Die HS van Blerk 8-10 DAASS Faanman en sy perde en vriende op De Hoop

Reus van Doringberg, die HJ Vermaas 12+ DAASS Doringberg Wouter, die kampioen en trotse heerser van die Doringbergse kudde raak ʼn bedreiging met sy geweldige krag

Saartjie Bauman Bettie Naudé 8-10 DAASS ʼn Reeks oor ʼn meisie se lewe in ʼn klein dorpie

Salmaklak Ben Venter 10+ DAASS Spookstorie-agtig, uitstekend, 'n legende van die Vaalrivier

Skaam Man, Die Karl Kielblock 12+ DAASS Spannende speurverhaal, Frans Lindenhof reeks

Skuil in die Skaduwees Karl Kielblock 12+ DAASS Speurverhaal oor diamantsmokkelaars

Slapjan Mikro 8-10 DAASS Slapjan die hond se lewe

Speurder Annika Elmari Botes 8-10 DAASS Reeks waar ʼn meisie haar lyf speurder hou

Speurhond Willem Elizabeth Wasserman 8-10 DAASS ʼn Slim speurhond wat kan praat

Spooklig 3, Die HS van Blerk 8-10 DAASS Faanman en sy perde en vriende op De Hoop

Spoortjies PJ Schoeman 12+ DAASS ʼn Seun van die Dorslandtrek verdwaal en 'n Boesman help hom

Spore wat nie toewaai nie PJ Schoeman 12+ DAASS Roman oor 'n wildjagter se lewe

Stoker Ben Venter 10+ DAASS Kwaaijongstreke van Stoker

Stories van Rivierplaas Bouwer Alba 10+ DAASS Alie se lewe op die plaas en later in die koshuis. Wonderlike Afrikaans

Page 5: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 5

DIERE | AKSIE | AVONTUUR | SPANNING | SPEUR

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Suurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek.

Swart Kat, Die Chris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun sy lyf speurder hou

Swartwitpens, die HJ Vermaas 10+ DAASS ʼn Bok wat ʼn waardige teenstander is vir Tjaart, die jagter

Thomas @ reeks Carina Diederichs-Hugo 13+ DAASS ʼn Baie moderne reeks stories oor ʼn tienerseun wat sy lyf speurder hou

Trompie en die Boksombende Topsy Smith 8-10 DAASS ʼn Seun en sy vriende se avonture in ʼn klein dorpie

Twee vir ʼn stuiwer WA Hickey 12+ DAASS Die opwindende lewe van ʼn groep mossies

Vete, Die Karl Kielblock 12+ DAASS Spannende speurverhaal, Frans Lindenhof reeks

Vier Diere WA Hickey 12+ DAASS Vier korter diereverhale oor ʼn karperd, katte en honde, ’n kwagga en ’n wolf

Voetvolk van die Bosveld WA Hickey 12+ DAASS Bobbejane, ʼn luiperd en die plaasmense se lewe

Vreemdeling, Die Karl Kielblock 12+ DAASS Spannende verhaal van die Ou Kaap

Waar koeëls nie gons nie WA Hickey 12+ DAASS Die storie van ʼn trop leeus, wat uiteindelik veiligheid in die Wildtuin vind, wonderlik vir diereliefhebbers

Waterbobbejaan Ben Venter 10+ DAASS ʼn Boer, ʼn bobbejaan en die stryd tussen hulle op ʼn plaas in die Bosveld

Wonderperd 1, Die HS van Blerk 8-10 DAASS Faanman en sy perde en vriende op De Hoop

Page 6: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 6

BOEKE VIR JONGER LESERS

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Anderkant Pepermentstraat Meindert de Jong 7+ Jonger lesers ’n Jong seun se avontuur as hy sy vrese moet oorkom

Bambi Felix Salten 6+ Jonger lesers ʼn Ware lewende boek oor die gewoontes van diere in ʼn woud. Baie, baie beter as die fliek!

Baron Buksie Wille Martin 6+ Jonger lesers ʼn Worshondjie vertel die storie, veral hoe hy katte ervaar

Boemelaar en die muishondjie, Die Meindert de Jong 8+ Jonger lesers ʼn Muishondjie volg ʼn boemelaar getrou deur baie gevare heen

Cowboy Koekemoer en die Klein Karoo

Henry Ferreira 8+ Jonger lesers Verbeeldingryke avonture oor ʼn cowboy wat op ʼn kameelperd ry

Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die seerower van Watsenaam

Henry Ferreira 8+ Jonger lesers Verbeeldingryke avonture oor ʼn cowboy wat op ʼn kameelperd genaamd Shorty ry

Diva Veronica Marianna Brand 5+ Jonger lesers ʼn Ware verhaal oor ʼn hoenderhen

Drie Hondjies maak ’n nasomer Meindert de Jong 7+ Jonger lesers Somervakansie by oupa en ouma, met die drie klein hondjies

Fluister-Eend, Die Meindert de Jong 5+ Jonger lesers ’n Jong seun wen ’n wit eendjie op 'n kermis, en hy leer om die dier lief te kry

Groot Gans en die klein Wit Eendjie, Die

Meindert de Jong 10+ Jonger lesers Oor ʼn groot gans en ʼn klein wit eendjie, wat nie kan kwaak nie.

Grys kat, grys kat, jy laat vir Anja hoes

Maretha Maartens 9+ Jonger lesers Nog ʼn wonderlike storie deur hierdie begaafde skryfster

Houdini se avontuur Nikky Berry 4+ Jonger lesers ʼn Seekoei se avontuur, gebaseer op ʼn ware verhaal

Huppel en sy maats WO Kuhne 7+ Jonger lesers ʼn Fantasie-verhaal

Jabulani, die olifant Elmari Botes 4+ Jonger lesers ʼn Lekker storie oor ʼn olifant

Page 7: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 7

BOEKE VIR JONGER LESERS

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Jamie en Sebastiaan Martie Preller 10+ Jonger lesers Jamie en sy veeleisende kat Sebastiaan wat kan praat, beleef allerhande avonture. ʼn Boek met baie humor. Ook ‘n opvolgboek.

Jock van die Bosveld Phillida Brooke Simons 6+ Jonger lesers ʼn Hervertelling van die bekende storie met interessante brokkies tussenin

Kat in die lang pad, Die Meindert de Jong 8+ Jonger lesers Hoe ʼn arme kat, 'n seuntjie se troeteldier, ontkom van ʼn rivierdood

Kat op die Toring, Die Meindert de Jong 8+ Jonger lesers Storie uit die Middeleeue in ʼn Hollandse dorpie

Klein koeitjie en die skilpad, Die Meindert de Jong 8+ Jonger lesers ʼn Avontuurlustige koeitjie en sy vriend, die ou skilpad

Knakkie en die strandjut Heinz Winckler 7+ Jonger lesers ʼn Hele reeks avonture van ʼn seun en ʼn hond met knak in sy stert

Koningskind Anita du Plessis 6+ Jonger lesers Die storie word uit ʼn Engelse bulhond se oogpunt vertel. Baie humoristies omdat dit nogal anders is as hoe die huismense dinge sien

Miertjie van Muisedam Sjane van Aswegen 8+ Jonger lesers ʼn Baie lekker storie

Niemand speel met 'n koolkop nie Meindert de Jong 7-9 Jonger lesers Seuntjie vertroetel 'n koolplantjie, lok so nuwe vriende. Grootdruk met vol-bladtekenings

Nils Holgerson se wonderbaarlike Selma Lagerhof 6+ Jonger lesers ʼn Heerlike boek waarin mens Swede se diere- en plantelewe, kultuur en

Ongevalle in die dierehospitaal Fabrice LeLarge 8+ Jonger lesers Dokter Slurp behandel pasiënte wat na die dierehospitaal kom. Oulike woord-spelings en hope humor

Rooi haan, Die Freda Linde 7+ Jonger lesers ʼn Storie oor hoenders

Sadrag Meindert de Jong 7+ Jonger lesers Dawie kry 'n klein swart konyntjie, Sadrag, en saam beleef hulle die ontroerendste avonture

Page 8: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 8

BOEKE VIR JONGER LESERS

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Sias en Mias 1 Mikro 7+ Jonger lesers Die tweeling se avonture en kattekwaad

Sias en Mias: Die hanskalfies Mikro 7+ Jonger lesers Sias en Mias kry elkeen ʼn hanskalfie

Sias en Mias: Abednego die skilpad Mikro 7+ Jonger lesers Kleinjan se troeteldier

Sias en Mias: Afskeid Mikro 7+ Jonger lesers Sias en Mias verhuis na Biesieslaagte

Sias en Mias: Die harp Mikro 7+ Jonger lesers Uit die Sias en Mias reeks

Sias en Mias: Die steenbokkie Mikro 7+ Jonger lesers Sias se mak wildsbokkie

Sias en Mias: Eerste dae op Biesieslaagte

Mikro 7+ Jonger lesers Sias en Mias besorg hul onderwyseres hoofbrekens

Sias en Mias: Kleinjan Mikro 7+ Jonger lesers Kleinjan se eerste skooljaar

Sias en Mias: Ounooi die uil Mikro 7+ Jonger lesers Mias het ʼn slim uil as troeteldier

Sias en Mias: Sias se spoetnik Mikro 7+ Jonger lesers Sias bou vir hom 'n ruimtetuig

Sias en Mias: Speurder Sias Mikro 7+ Jonger lesers Sias laat maak vir hom 'n swaard en trek die skelm hoenderdief vas

Sias en Mias: Jasper die Molslang Mikro 7+ Jonger lesers Sias se slang beland in juffrou se trougeskenk

Singende gras, Die Freda Linde 7+ Jonger lesers ʼn Seun en sy kameel oorleef in Namibië

Snoepie kom huis toe Meindert de Jong 8+ Jonger lesers ʼn Jong hondjie se avonture

Soek-soek op soek Elsabe Steenberg 9+ Jonger lesers ’n Fantasieverhaal van kabouters wat in die bos 'n stryd teen die muise voer.

Striep Henk Figee 5+ Jonger lesers ʼn Storie uit die oogpunt van ʼn kat

Swart Siewie Sewe Meindert de Jong 7-9 Jonger lesers Mooi verhaal oor 'n kat. Groot druk en groot formaat

Tent vol sterre, ʼn Keith Osler Anderson 5+ Jonger lesers Oor die lewe in die sirkus

Page 9: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 9

BOEKE VIR JONGER LESERS

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Tien Pao en sy sestig vaders Meindert de Jong 7+ Jonger lesers Chinese seuntjie se avonture tydens die Tweede Wêreldoorlog, toe Japan Chi-na aangeval het

Velaphi, die pikkewyn Elmari Botes 4+ Jonger lesers ʼn Mooi storie oor ʼn pikkewyn

Ver oor die lang kanaal Meindert de Jong 7+ Jonger lesers Moonta leer skaats in Nederland

Vernuftige Verkleurmannetjie, Die Charles de Villiers 5+ Jonger lesers ʼn Mooi lewende boek oor verkleurmannetjies

Wiel op die skool, Die Meindert de Jong 7+ Jonger lesers Libri-reeks: vertalings van klassieke verhale van die wêreld

Wielie-Wimpie-Wim Meindert de Jong 8+ Jonger lesers ’n Seuntjie se opofferende liefde vir 'n perd

Willie en die hartseer Bul Meindert de Jong 7+ Jonger lesers Willie is vas beslote om 'n hartseer bul gelukkig te maak

Wurms met tamatiesous Jaco Jacobs 8+ Jonger lesers Lekker lawwe en grillerige rympies

Zakkie Mostert reeks Jaco Jacobs 8+ Jonger lesers ʼn Reeks stories oor ʼn onnutsige seun en sy beste vriend

Page 10: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 10

GESKIEDKUNDIGE VERHALE

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Anderkant die berge Helene Roux 8+ Geskiedkundig ʼn Storie wat tydens die Groot Trek afspeel

Bedoelde land FA Venter 10+ Geskiedkundig Vierde van sy reeks oor Die Groot Trek: Natal en dan na Transvaal

Blou Soldatepak, Die Mikro 12+ Geskiedkundig Gemaskerde man help boere in die Kaap om direk handel te dryf met skepe en Hottentotte.

Boerseuns Nic J Strydom 12+ Geskiedkundig Roman oor Andries Pretorius se tweede aankoms in Natal tot die finale afrekening met Dingaan

Bont Takbok verken, Die Mikro 10+ Geskiedkundig ’n Prins veg saam met Boere teen Engelse

Bont Takbok word Bittereinder, Die Mikro 10+ Geskiedkundig ’n Prins veg saam met Boere teen Engelse

Bont Takbok, Die Mikro 10+ Geskiedkundig ’n Prins veg saam met Boere teen Engelse

Geknelde land FA Venter 10+ Geskiedkundig Eerste van die reeks oor Die Groot Trek, probleme op die Oosgrens

Gelofteland FA Venter 10+ Geskiedkundig Derde van die reeks oor Die Groot Trek, Slag van Bloedrivier

Groot Steiltes, die HJ Vermaas 10jr Geskiedkundig Nog ʼn storie wat tydens die Groot Trek afspeel

Helena in die tyd van die tente Franci Greyling 10+ Geskiedkundig Helena en haar boeties en sussies beland in die konsentrasiekamp

Hendrik Leerdam - Seereis na die Kaap

James Home 5+ Geskiedkundig Jan van Riebeeck se reis uit die oogpunt van ʼn jong seun

Jongste Ruiter, Die Mikro 7+ Geskiedkundig Penkop op kommando tydens Anglo-Boereoorlog

Page 11: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 11

GESKIEDKUNDIGE VERHALE

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Jongste Veldkornet, Die Mikro 12+ Geskiedkundig Avonture tydens die Anglo-Boereoorlog

Kaptein Gericke Mikro 10+ Geskiedkundig Opvolg van Ruiter in die Nag

Kinders van Orion Mike Heine 7+ Geskiedkundig Die verhaal van die John Ross

Malgas oorlogsperd Ben Venter 14+ Geskiedkundig Tweede Vryheidsoorlog

Merzuk rebellieperd Ben Venter 14+ Geskiedkundig 1914 rebellie, opvolg van Malgas oorlogsperd

My groot Afrikaanse heldeboek Pieter W Grobbelaar 8+ Geskiedkundig Kortverhale oor ʼn hele paar helde en heldinne van ons land

Nag op Spioenkop Jenny Seed 7+ Geskiedkundig Storie speel tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1900) af

Oë oor die einders HJ Vermaas 12jr Geskiedkundig Op kommando saam met generaal de Wet

Offerland FA Venter 10+ Geskiedkundig Tweede in die reeks oor Die Groot Trek, Die moorde by Bloukrans

Onbegrensde Land Marie van der Merwe 12+ Geskiedkundig Jan en Maria van Riebeeck — liefdes- en lewensverhaal.

Persent HJ Vermaas 10jr Geskiedkundig ʼn Hond met die naam Persent se wedervaringe tydens die Groot Trek. ʼn Gunstelingboek van baie

Raaisel van SS Waratah en die advokadoboom

MJ Honikman 6+ Geskiedkundig Storie oor die verdwyning van dié skip

Rondomlelik Ben Venter 14+ Geskiedkundig Politiek, Natte vs Sappe, baie humoristies geskryf

Page 12: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 12

GESKIEDKUNDIGE VERHALE

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Ruiter in die Nag Mikro 10+ Geskiedkundig Sarel Gericke en sy perd Vonk en sy meisie Willemien tydens die Anglo-Boereoorlog

Stellalander, Die HS van Blerk 10+ Geskiedkundig Hans Grobbelaar, gaan Transvaal toe om vir hom ’n vrou te soek. Hy sluit by die Boeremagte aan. Trienie Oberholzer, vermom as ʼn jong burger, begewe haar ook in die oorlog.

Stem van die groot olifant Jenny Seed 8+ Geskiedkundig Storie speel in Sjaka se stat af, leer baie oor Zoeloe gebruike

Stoutsterte van Texel tot Tafelbaai, Die

Marianna Brand 10+ Geskiedkundig Muise kom saam met Jan van Riebeeck na die Kaap

Teen roofdier en barbaar P de Zeeuw 8-10 Geskiedkundig ʼn Seun se avontuur as hy saam met die Drommedaris en Jan van Riebeeck na die Kaap kom

Tweeling trek saam, Die M.E.R 8+ Geskiedkundig Avontuurverhaal oor kinders tydens die Groot Trek

Verre roepstem, Die Annalou Marais 10+ Geskiedkundig Hugenote gesinsverhaal

Vlug in die Nag Annalou Marais 12+ Geskiedkundig Tydens Bosoorlog, die angs op grensplase

Wagters in die Nag Mikro 12+ Geskiedkundig Geweersmokkel oor die grens

Wit arend, Die Mikro 12+ Geskiedkundig Grensboere

Wit oemfaan FA Venter 10+ Geskiedkundig Tydens die Groot Trek raak Paulus van Gass weg en beland by die Zoeloes

Page 13: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 13

BIOGRAFIEË | MEER LITERÊR | VERTELLINGS

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Aarde het gebewe, Die Thelma Cillie 12+ B&L ʼn Ooggetuie vertel van die Tulbagh aardbewing op 29 September 1969

Barbier van St Germain, Die P de Zeeuw 8-10 B&L Helde van die Hervorming reeks

Edelvalk van Donkerkruin, Die HS van Blerk 12+ B&L ’n Arm seun in pleegsorg tem ’n edelvalk

Fiela se Kind Dalene Matthee 12+ B&L ʼn Blonde seuntjie word deur ʼn Bruin vrou grootgemaak

Geheim van die Reënwoud, Die Pieterse Pieter B&L Kleinsaag kom woon by sy oupa in die reënwoude van Magoebaskloof

Gemsbokjagter van Pra-del-torno, Die

P de Zeeuw 8-10 B&L Helde van die Hervorming reeks

God se smokkelaar Broeder Andrew 12+ B&L ʼn Vertaling van dié gewilde boek oor iemand wat Bybels in Kommunistiese lande insmokkel

Hoefsmid van Buda, Die P de Zeeuw 8-10 B&L Helde van die Hervorming reeks

Jabulies my eerste hond PJ Schoeman 12+ B&L Schoeman op sy beste, baie van sy eie lewenservaring is in sy stories

Kambrokind FA Venter 14+ B&L Outobiografies, vol van Venter se fyn waarneming. ’n Gunsteling onder baie tuisskolers

Klaasneus-hulle Anna Rothman 10+ B&L Interessante beskrywings en waarnemings oor soogdiere

Koning se wingerd, Die FA Venter 14+ B&L Gebaseer op die gebeure uit die Bybel tussen koning Agab en Nabot.

Kraai-hulle Anna Rothman 10+ B&L Interessante beskrywings en waarnemings oor voëls en ander diere

Kriek-hulle Anna Rothman 10+ B&L Interessante beskrywings en waarnemings oor insekte en ander kleiner diere

Kringe in 'n Bos Dalene Matthee 14+ B&L ʼn Kind van die Bos, ʼn olifant en die stryd om bestaansreg

Page 14: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 14

BIOGRAFIEË | MEER LITERÊR | VERTELLINGS

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Man van Cirene FA Venter 14+ B&L Gebaseer op die karakter uit die Bybel wat Christus se kruis gedra het

Meulenaar van Vassy, Die P de Zeeuw 8-10 B&L Helde van die Hervorming reeks

Middag voel na warm as, Die FA Venter 14+ B&L Namakwaland se wereld, fyn waarneming

Miekel, die koerantjoggie Hester Heese 8+ B&L ’n Baie gewilde boek deur ’n geliefde skryfster

Moedige Ketellapper, Die P de Zeeuw 8-10 B&L Helde van die Hervorming reeks — John Bunyan se storie

Op die agterpaaie Dana Snyman 10+ B&L Sketse oor wonderlike plekke in die land

Perd uit die Storm Meindert de Jong 12+ B&L Mark en sy perd is alleen op die plaas as ʼn tornado toeslaan.

Skatte van die Sneeu Patricia M St John 12+ B&L Speel in Switzerland af — leer ken 'n nuwe land deur die oë van kinders

Slechte mensen zingen niet Philip McLachlan 12+ B&L Moenie dat die titel jou mislei nie. Hierdie is ’n Afrikaanse boek waarin die leier van die US universiteitskoor sy herinneringe vertel

Spanning by die Jeugkamp Annalou Marais 12+ B&L ʼn Boek met baie ruimte vir bespreking oor karaktervorming, hoe om situasies te hanteer

Swart Pelgrim FA Venter 14+ B&L ʼn Jong swartman kom na die groot stad toe

Tragedie in die Alpe Annalou Marais 12+ B&L n Gesin se vakansie in die Alpe

Vergete valleie, Die Pieterse Pieter 12+ B&L Ngwako bou vir hom, oupa Andriesie en ouma Maria 'n nuwe lewe in die stad

Page 15: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 15

BIOGRAFIEË | MEER LITERÊR | VERTELLINGS

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Walskoning Johann Strauss, Die Pahlen Kurt 12+ B&L Die lewensverhaal van Johann Strauss op 'n lekkerleesvlak

Waters bruis, Die Annalou Marais 12+ B&L Gesin se noue ontkoming as die Oranjerivier in vloed afkom

Werfjoernaal FA Venter 14+ B&L Plaassketse

Wildedruif val, Die PH Nortjé 12+ B&L Oorstroming van die Baviaanskloof in 1916

Page 16: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 16

KLASSIEKE STORIES VERTAAL UIT ANDER TALE

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Alleen op die wêreld Hector Malot 12+ Klassiek Libri-reeks: ʼn vertaling van ʼn Franse storie oor die vondeling Rémi se soeke na sy familie

Ben-Hur Lewis Wallace 12+ Klassiek Libri-reeks: ’n vertaling van ’n Amerikaanse blitsverkoper wat in Christus se tyd in Rome en Judea afspeel

Boerseun Laura Ingalls Wilder 10+ Klassiek Die Amerikaanse pioniersgeskiedenis

Broodwinner, Die Ralph Moody 12+ Klassiek Libri-reeks: ʼn vertaling van die Amerikaanse treffer wat in die vroeë 1900's in Colorado afspeel.

Byestad Frank S Stuart 12+ Klassiek Libri-reeks: ’n vertaling van die 1947 boek, wat ’n geromantiseerde storie is oor die lewe in en oorlewing van ’n byekolonie.

Dorpie op die grasvlakte, Die Laura Ingalls Wilder 10+ Klassiek Die Amerikaanse pioniersgeskiedenis

Eerste vier jaar, Die Laura Ingalls Wilder 10+ Klassiek Die Amerikaanse pioniersgeskiedenis

Everest oorwin John Hunt 12+ Klassiek Libri-reeks: ’n vertaling van die suksesvolle 1953 Britse ekspedisie na Everest.

Familie Robinson, Die JD.Wyss 10+ Klassiek Libri-reeks: ’n vertaling van ’n storie deur ’n Switserse predikant. Die diere, soos kameelperde en olifante, wat hy op Suidsee-eiland plaas, was soms baie onrealisties, maar die boek is vol lewenslesse

Goue, goeie jare, Die Laura Ingalls Wilder 10+ Klassiek Die Amerikaanse pioniersgeskiedenis, wonderlik geskryf

Huis in die groot bos, Die Laura Ingalls Wilder 10+ Klassiek Die Amerikaanse pioniersgeskiedenis, wonderlik geskryf

Huis langs die Pruimrivier, Die Laura Ingalls Wilder 10+ Klassiek Die Amerikaanse pioniersgeskiedenis, wonderlik geskryf

Huis langs die Silwermeer, Die Laura Ingalls Wilder 10+ Klassiek Die Amerikaanse pioniersgeskiedenis, wonderlik geskryf

Huis op die grasvlakte, Die Laura Ingalls Wilder 10+ Klassiek Die Amerikaanse pioniersgeskiedenis, wonderlik geskryf

Page 17: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 17

KLASSIEKE STORIES VERTAAL UIT ANDER TALE

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Jekyll en mnr. Hyde Robert Louis Stevenson 12+ Klassiek Libri-reeks: hierdie boek wys die aangrypende stryd tussen twee kante, een goed, die ander sleg binne-in dieselfde mens.

Jock van die Bosveld Sir Percy Fitzpatrick 12+ Klassiek ʼn Vertaling van hierdie klassieke storie wat in ons eie Suid-Afrika afspeel

Johanny Tremain Esther Forbes 12+ Klassiek Libri-reeks: ʼn historiese roman wat afspeel tydens die Amerikaanse Vryheids-oorlog met die Boston Teeparty as een van die gebeure

Kinderkaravaan, Die An Rutgers vd Loeff-Basenau

12+ Klassiek Libri-reeks: ʼn gesin weeskinders reis deur Oregon in die 1850's

Kinders van die groot sneeuveld, Die Laura Fitinghoff 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaal uit Sweeds. Sewe weeskinders en hulle bok wys hoe dapper kinders kan wees

Kontiki Ekspedisie, Die Thor Heyerdahl 12+ Klassiek Libri-reeks: oorspronklik in Noorweegs uitgegee. Die verhaal van die 1947 reis op ’n vlot oor die Stille Oseaan

Koraaleiland, Die RM Ballantyne 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van ’n Skotse skrywer se storie oor drie seuns wat skip-breukelinge op ’n eiland is

Lang Winter, Die Laura Ingalls Wilder 10+ Klassiek Een van die boeke in ʼn hele reeks oor pionierslewe in Amerika, pragtig vertaal

Leeu, die heks en die hangkas, Die CS Lewis 10+ Klassiek Een van die boeke uit The Chronicles of Narnia

Meneer Popper se pikkewyne Richard en Florence At-water

9+ Klassiek ʼn Vertaling van hierdie komiese storie van ʼn man wat pikkewyne, wat hy oor die pos gekry het, probeer aanhou

Met Scott na die Suidpool Adm. E.R.G.R. Mounte-vans

12+ Klassiek Libri-reeks: ʼn vertaling van ekspedisie na die Suidpool

Moby Dick Herman Melville 12+ Klassiek Libri-reeks: ’n Man vs ʼn walvis

Page 18: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 18

KLASSIEKE STORIES VERTAAL UIT ANDER TALE

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Mooiste sprokies van Andersen Marié Opperman 8+ Klassiek In die pragtigste Afrikaans

Mooiste verhale van Esopus JPJ van Rensburg 8+ Klassiek Vertaal uit die oorspronklike Grieks

Muitery op die Bounty, Die Nordoff en Hall 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van die 1932 roman oor die muitery teen die bevelvoer-der van die skip, die Bounty.

Nege teen die noordpool Fred Hildenbrandt 12+ Klassiek n Ekspedisie na die Noordpool - 30 Maart 1928

Onsigbare man, Die HG Wells 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van die fantasieverhaal oor ’n man wat onsigbaar is en die moeilikheid wat dit vir hom veroorsaak

Opstand George Orwell 10+ Klassiek Die Afrikaanse vertaling van Animal Farm

Ou Broekies, ek en vader gaan boer Ralph Moody 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van die boek oor Moody se eie lewe in Colorado, VSA. Waterregte is veral belangrik

Paddeltjie Joh. H. Been 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van die Nederlandse storie van ’n skeepsjonge wat saam met die beroemde Michiel de Ruyter gevaar het

Perd en sy seun, Die CS Lewis 10+ Klassiek Een van die boeke uit The Chronicles of Narnia

Prins Kaspian CS Lewis 10+ Klassiek Een van die boeke uit The Chronicles of Narnia

Rondom die wêreld in tagtig dae Jules Verne 6+ Klassiek ʼn Vertaling van die storie hoe ʼn man en sy bediende om die wêreld vaar binne tagtig dae

Rook en As oor Tristan C Wilkeshuis 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van die Nederlandse storie oor 300 mense op ʼn eiland wat deur ’n aardbewing geruk word

Sewe Jaar in Tibet H. Harrer 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van Duitse vertelling oor bergklimmer se sewe jare in Tibet tydens en na die Tweede Wêreldoorlog

Shane Jack Schaefer 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van die Amerikaanse verhaal oor ’n geheimsinnige cowboy van Wyoming

Page 19: LEESLYS VIR AFRIKAANSE TUISSKOLERSSuurlemoen Jaco Jacobs 13+ DAASS ʼn Skoolstorie vol kinkels, ook beskikbaar as ʼn fliek. Swart Kat, Die hris Sasner 8-10j DAASS Reeks waar ʼn seun

Leeslys b l 19

KLASSIEKE STORIES VERTAAL UIT ANDER TALE

TITEL SKRYWER OUD KAT BESKRYWING

Skarlaken Pimpernel, Die Barones Orczy 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van Engelse storie wat tydens die Franse Rewolusie

Skat van die Inkas, Die G. A. HENTY 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van Engelse verhaal oor die soektog na ʼn skat in Peru

Skateiland RL Stevenson 12+ Klassiek Libri-reeks: vertalings van die beroemde avontuurverhaal. Vir die eerste keer word ʼn skat op kaart met ʼn X gemerk.

Sproetgesig Gene Stratton-Porter 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van Amerikaanse skryfster se storie oor ʼn weeskind met net een hand. Speel in Indiana af. Wonderlike natuurbeskrywings.

Swart Hings, Die Anna Sewell 6+ Klassiek Vertaling van dié bekende verhaal oor ʼn pragtige hings wat ʼn karperd word

Swart Tulp, Die Alexander Dumas 12+ Klassiek Libri-reeks: vertalings van klassieke verhale van die wêreld

Towenaar se neef, Die CS Lewis 10+ Klassiek Een van die boeke uit The Chronicles of Narnia, vertaal deur André P Brink

Vadertjie Langbeen Jean Webster 10+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van Amerikaanse storie waarin ʼn student briewe skryf aan haar onbekende weldoener

Verlore horison, Die James Hilton 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van Britse storie oor die wonderlike Shangri-La in Tibet

Vermaaklike lewe van Tyl Uilspieël, Die

Pieter W Grobbelaar 8+ Klassiek Ou Duitse storie van ʼn grootprater, oorvertel in Afrikaans

White Fang die wolfhond Jack London 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van die Amerikaanse storie oor die lewe van ’n wolfhond, wat baie mishandel word. Kan jong lesers ontstel.

Wind in die Wilgers, die Kenneth Graham 10+ Klassiek Die bekende The Wind in the Willows soos vertaal deur André P Brink

Winnetau Karl May 12+ Klassiek Libri-reeks: vertaling van een die gewildste Duitse skrywers ooit wat oor ’n Indiaanse held geskryf het