leesrooster vir die week - ngrondebosch.com · icu, gaan beter met haar. magda van zyl, booth...

4
5 Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. 6 Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra. PSALMS 126:5 -6 PROGRAM VIR VANDAG Baie welkom in die erediens. ʼn Spesiale welkom aan nuwe lidmate, besoekers en studente. Vul gerus jou besonderhede op die groen vormpie in. SESDE LYDENSWEEK: 10:00 Erediens: Dr Johan van den Heever Skriflesing: Filippense 3:1-14 Tema: My ware identiteit - Wie is ek? Deuroffer: Hospitaalbearbeiding Tee na die erediens 17:00 Invia diens by Kerksentrum AANDDIENS: 18:00 Erediens: Dr Johan van den Heever Skriflesing: Johannes 12:1-8 Tema: Dikmond of oordadig? Die gevolge van Christen-wees. Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] facebook.com/ngrondebosch NG Gemeente Rondebosch Die Bulletin: 7 April 2019 Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. We are an inclusive family which reaches out to our community with joy and with open doors. VERJAARDAE VIR DIE WEEK Renee Stronach 07 April Trudi Faber 09 April Renèe le Roux 11 April Estelle Lötter 12 April Vyfde Sondag in Lydenstyd: Sondag: 7 April 2019 Jesaja 43:16-21 Psalm 126: Filippense 3:4b-14 Johannes 12:1-8 Hospitaal: Annee le Roux, Vincent Pallo ICU, Gaan beter met haar. Magda van Zyl, Booth Memorial Hospitaal, Heupvervanging Mariana Heath, Tygervalley Intercare, Beroerteaanval Freda Sco, Siekeboeg HL, Kanker Jackie Basson, Pretoria, Operasie gebreekte been (Skoonsuster van Marietjie Basson) Tuis: Fred Roux, Kraaifontein, Kanker (Koos Venter se skoonseun) Leesrooster vir die week:

Upload: dothuy

Post on 14-Jun-2019

214 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

5Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.

6Al loop

hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.

PSALMS 126:5 - 6

PROGRAM VIR VANDAG

Baie welkom in die erediens. ʼn Spesiale welkom aan nuwe lidmate, besoekers en studente.

Vul gerus jou besonderhede op die groen vormpie in.

SESDE LYDENSWEEK:

10:00 Erediens: Dr Johan van den Heever Skriflesing: Filippense 3:1-14

Tema: My ware identiteit - Wie is ek?

Deuroffer: Hospitaalbearbeiding

Tee na die erediens

17:00 Invia diens by Kerksentrum

AANDDIENS:

18:00 Erediens: Dr Johan van den Heever Skriflesing: Johannes 12:1-8

Tema: Dikmond of oordadig?

Die gevolge van Christen-wees.

Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] facebook.com/ngrondebosch

NG Gemeente Rondebosch

Die Bulletin: 7 April 2019

Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.

We are an inclusive family which reaches out to our community with joy and with open doors.

VERJAARDAE VIR DIE WEEK

Renee Stronach 07 April Trudi Faber 09 April

Renèe le Roux 11 April

Estelle Lötter 12 April

Vyfde Sondag in Lydenstyd:

Sondag: 7 April 2019

Jesaja 43:16-21

Psalm 126: Filippense 3:4b-14

Johannes 12:1-8

Hospitaal:

Anne�e le Roux, Vincent Pallo ICU, Gaan beter met haar.

Magda van Zyl, Booth Memorial Hospitaal, Heupvervanging

Mariana Heath, Tygervalley Intercare, Beroerteaanval

Freda Sco�, Siekeboeg HL, Kanker

Jackie Basson, Pretoria, Operasie gebreekte been

(Skoonsuster van Marietjie Basson)

Tuis:

Fred Roux, Kraaifontein, Kanker (Koos Venter se skoonseun)

Leesrooster vir die week:

A L G E M E E N

1. Sinodale-Vrouebeenkoms: Ons Sinodale Byeenkoms vir Vrouelidmate vind plaas op 10 April 2019, by Eensgezind, net buite Durbanville. Ons nooi alle Vroue- lidmate om hierdie dag saam met ons te geniet. Ons begin om 9h00 (registrasie van 8h15) tot 13h00 (Koste R150 per persoon). Die Taakspan Vrouebediening fokus op vroue se geloofsreis en sien uit daarna dat ons vir 'n wyle saamreis. Ons wil julle aan-

moedig om vroue te nooi en sommer 'n motor vol te maak en die dag saam met ons deur te bring. Die Vrouebediening Taakspan wil dit vir almal moontlik maak om te kom en help daarom graag

met brandstofonkoste en sal een voertuig per gemeente R1/km betaal, vir gemeentes wat verder as 150km (300km heen en weer) moet reis. 2. Railway Vintage Mark: Dankie vir almal wat Vrydagaand ons mark ʼn sukses gemaak het. Ons mark kom maar stadig aan. Ons het gemeentelede nodig wat vir ons wyer kan help adverteer. Nooi jou bure en vriende om een keer ʼn maand saam by ons mark te kom kuier. Ons vol- gende mark vind op 7 Junie plaas...dit word amper winter en julle kan lekker warm saam in die saal kom kuier.

3. Klank en Opnames: Ons benodig elke Sondag vrywilligers om behulpsaam te wees

met die klank en opname van ons dienste.Ons wil baie graag eersdaags probeer om beeldmateriaal van ons diens na Huiis Lückhoff uit te saai.Dit is nodig dat die opnames en klank gedurende ons diens beman word Ons sal opleiding bied aan persone wat hulleself beskikbaar stel. Kontak gerus die kerkkantoor as jy sou belangstel.

4. Huisbesoek: Die leraar is deurlopend met huisbesoek besig. Indien jy egter ‘n behoefte het dat hy by jou besoek moet aflê, vul asb ook die groen vorm wat in die kerk beskikbaar is, in. Die telefoon by die pastorie het nie ‘n antwoorddiens nie, Indien jy hom nie in die hande kry nie, skakel hom gerus op sy selfoon by 083 448 2609.

5. Preke: Al die preke is op ons webblad beskikbaar. Jy kan dit gerus daar gaan luister. www.ngrondebosch.com/

Dinsdag: 09:30 Lewende Woord Bybelstudie

10:00 Moria Bybelstudie

15:00 Besoek Avondrus

16:15 Belydenisklas

Woensdag: 15:00 Bybelstudie Huis Lückhoff

Dankoffers vir Maart R61 256 Mikpunt: R52 273 p.m. Erediensoffers vir Maart R11 287 Mikpunt: R12 000 p.m. Dankoffers vir April R 6 430

Mikpunt: R52 273 p.m.

NORMAND EN HENRIETTE VRA GEBED VIR HULLE WERK:

* PRAY WITH US FOR THE PEOPLE OF MOZAMBIQUE: FOR THOSE WHO HAVE LOST ALL LIVELIHOOD AND SHELTER

AND FAMILY AND FRIENDS AND COMMUNITY.

* PRAY ALSO FOR THOSE WHO ARE ACTIVELY HELPING IN RESCUE. TRUCKS DRIVING IN TO CARRY FOOD AND MEDICINE, BLANKETS, WATER, FUEL AND PUTTING UP SHELTERS.

* PRAY FOR THOSE FLYING IN ON RECCE OPERATIONS TO LOCATE WHERE PEOPLE NEED TO BE HELPED. PRAY ALSO FOR ALL RESCUE EFFORTS BY BOAT AND HELICOPTER.

* PRAY FOR THOSE WHO ARE FEELING OVERWHELMED, THAT THEY WILL KNOW THE PRESENCE OF OUR COM-

PASSIONATE FATHER. PRAY THAT THE CHURCH (US!) WILL BE THE LOVING ARMS AND HANDS AND FEET OF GOD AT THIS TIME.

Dit is weer tyd vir Rondebosch om BASAAR te hou. Ons datum is 27 April 2019. Ons wil soos gewoonlik so veel moontlik van julle betrek om hierdie dag ‘n sukses te maak. Dit is ons grootste fondsinsameling vir die jaar. Aletta Pearce is ons Basaar-koördineerder en sal dit waar-deer as julle haar sal kontak met enige navrae oor dié dag. Ons basaarlyste is uit. Wees asseblief die persone wat jou kontak, goedgesind. Dit is maar moeilik vir mense om donasies te vra, maar dit is presies waarvoor daardie lyste is. Daar is geen verpligting om by te dra nie, maar as dit vir jou moontlik is en jy kan nie by jou kontakpersoon uit-kom nie, kan jy net vir hulle vra om te reël dat die donasies by jou opgelaai word. Ons soek soos gewoonlik die volgende: • Vrywilligers om by stalletjies te help • Skoonmakers: skottelgoed was en opruimwerk • Finansiële bydraes • Bestanddele vir pannekoektafel (net eiers) • Maalvleis, groente, olie vir Vetkoektafel • Koek, kleinkoekies, terte en ander gebak • Basaarpoeding en vla • Gazebo's (om te leen vir die dag) • Nuwe/Gebruikte klere • Enige iets vir ons Wit Olifant-tafel • Leë bottels vir Gwen se gemmerbier • Gasbottels vul • Hoop om sommer gou van julle te hoor! Aletta tel: 082 415 8014 e-pos: [email protected]

9(algemeen vervolg)

6. Liefdesmaal: Op 18 April om 19:00 hou ons ’n Liefdesmaal in die kerksaal. Ons sal dit waardeer as jy voor 12 April sal laat weet of jy hierdie ete sal bywoon. Ons wil graag vir regte aantal mense voorberei. Geen koste verbonde aan hierdie geleentheid nie. Daar is besprekingslyste by die deure, skryf jou naam op die lys as jy die aand wil bywoon.

7. Goeie Vrydag: Op 19 April om 09:00 sal daar ‘n Goeie Vrydagdiens in die kerkgebou plaasvind. Hoop ons sien jou daar.

8. Opstanding-Sondag: Op 21 April om 07:00 hou ons ‘n Opstandingsviering by die Rhodes Gedenkteken. Ons wil die gemeente nooi om saam met ons hierdie spesiale viering by te woon. Ons hoop om saam die

sonsopkoms oor ons mooi stad te sien en om Sy opstanding te

herdenk. Ons sal steeds ʼn 10:00 Erediens daardie oggend hê.

Op Paassondag vier ons die hoogtepunt van ons kerkjaar.....die opstanding van Jesus uit die dood. Die kerkraad het besluit om dit hierdie jaar as 'n openbare viering te herdenk. Die gemeente word versoek om aan die einde van die diens in 'n optog om die kerk te stap. Ons gaan by die sy-deur uit, deur die parkeerterrein, regs in Derryweg, dan weer regs in Riversideweg wat dan Edisonweg word tot in St Andrewsweg, deur die hoofingang van die kerk.

Diegene wat nie wil saamstap nie, kan rustig in die saal bymekaar- kom en die vreugde van verlossing bepeins. Dames trek gerus ge

maklike skoene aan. Na die optog kom ons almal in die kerksaal bymekaar, om verder fees te vier.

9. Basaar: Op 27 April om 09:00 hou ons Basaar. Nooi asseblief iemand om

ons daardie dag te kom ondersteun. Kom meld ook aan vir hulp op daardie dag. Sien die aangehegte inligtigsblad.

VERLIGTINGSHULP VIR SIKLOON IDAI SLAGOFFERS

Ons elektrisiën, Fungai Tasara, se familie en vriende is ook geraak deur Sikloon Idai. Hy beoog om op 12 April ’n klein bietjie verlig2ngshulp aan hulle te gaan verleen.

Hy het ons gekontak om te vra of ons enige gebruikte klere en/of huistoebehore byvoorbeeld: breekware, po6e, panne, linne ens. het om aan die slagoffers te skenk. Hy sal dit saamneem en terugvoering gee met sy terugkeer later in April.

Indien jy enige bydrae ten opsigte van hierdie saak wil maak, moet dit ons kantore voor 10 April bereik.

Onder is ʼn webadres wat jou meer inlig2ng sal verleen oor die werklike toestand in Chimanimani, waar Fungai se kinders en familie hulleself bevind.

https://ewn.co.za/2019/03/27/sa-search-team-deployed-to-zim-to-retrieve-bodies-

after-cyclone-idai

Uittreksel uit hierdie nuusberig:

They’re expected to start work on Wednesday using sniffer dogs in the search for trapped bodies in Chimanimani and surrounding areas.

State media says they’ll be working in teams with local police and army units.

Thirteen days after Cyclone Idai hit Zimbabwe, the government says at least 327 people are still missing.

Many of those are thought to still be buried beneath mud and boulders in places, like Chimanimani’s Kopa Growth point, which popular trading centre before the storm.

RAILWAY VINTAGE MARKET

2 Derry Road, Rondebosch

7 June 2019

16:00 - 20:00

[email protected]

Food | Vinyl Records | Clothing