les: 1 sosiale en omgewingsverantwoordelikheid...“ons het onlangs 100 snye brood van ‘n inwoner...

5
LEWENSORIËNTERING Graad 10 WEEK 7 LES: 1 ONDERWERP: SOSIALE EN OMGEWINGSVERANTWOORDELIKHEID Hulpbronne: Jou handboek: Dele wat handel oor Sosiale-, konstruktiewe- en kritiese denkvaardighede Koerantartikels Klik op die volgende skakels vir verdere gepaste inligting oor die onderwerp. https://www.southernmail.co.za/new s/who-will-feed-the-hungry- 45880353 Doel van die les: Sosiale-, konstruktiewe- en kritiese denkvaardighede wat benodig word om aan die samelewing deel te neem: - Doel en bydraes, sterkpunte en moontlike verbeterings - Eie bydraes tot hierdie dienste, projekte en organisasies: ‘n groepsprojek om ‘n eietydse sosiale kwessie aan te Aan die einde van hierdie les, behoort jy die volgende te ken: Weet wat die doel en bydrae is van ‘n gemeenskapsdiensprojek Weet wat die projek se sterkpunte is en waar hulle moontlik kan verbeter Hoe jy ‘n bydrae kan maak

Upload: others

Post on 27-Sep-2020

19 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: LES: 1 SOSIALE EN OMGEWINGSVERANTWOORDELIKHEID...“Ons het onlangs 100 snye brood van ‘n inwoner ontvang en ons bure is ook wonderlik en ons het tieners wat ons help om die sosiale

LEWENSORIËNTERING

Graad 10

WEEK 7

LES: 1

ONDERWERP: SOSIALE EN OMGEWINGSVERANTWOORDELIKHEID

Hulpbronne:

Jou handboek: Dele wat handel oor

Sosiale-, konstruktiewe- en kritiese

denkvaardighede

Koerantartikels

Klik op die volgende skakels vir

verdere gepaste inligting oor die

onderwerp.

https://www.southernmail.co.za/new

s/who-will-feed-the-hungry-

45880353

Doel van die les:

Sosiale-, konstruktiewe- en kritiese denkvaardighede wat benodig word om aan die samelewing deel te neem:

- Doel en bydraes, sterkpunte en moontlike verbeterings

- Eie bydraes tot hierdie dienste, projekte en organisasies: ‘n groepsprojek om ‘n eietydse sosiale kwessie aan te

spreek wat ‘n negatiewe impak op plaaslike en/of globale

Aan die einde van hierdie les, behoort jy die volgende te

ken:

Weet wat die doel en bydrae is van ‘n

gemeenskapsdiensprojek

Weet wat die projek se sterkpunte is en waar

hulle moontlik kan verbeter

Hoe jy ‘n bydrae kan maak

Page 2: LES: 1 SOSIALE EN OMGEWINGSVERANTWOORDELIKHEID...“Ons het onlangs 100 snye brood van ‘n inwoner ontvang en ons bure is ook wonderlik en ons het tieners wat ons help om die sosiale
Page 3: LES: 1 SOSIALE EN OMGEWINGSVERANTWOORDELIKHEID...“Ons het onlangs 100 snye brood van ‘n inwoner ontvang en ons bure is ook wonderlik en ons het tieners wat ons help om die sosiale

A) Eietydse sosiale kwessies en gemeenskapsdiensprojekte

Die jeug en burgerlike organisasies: Vrywillige diens Hulpbronne en informele aktiwiteite 1. Gemeenskapsdiens, projekte en vrywillige diens is deel van ons

Afrika-filosofie of UBUNTU 2. Ubuntu beteken omgee, mede-menslikheid, deernis, ens. 3. Vrywilligers werk saam met gemeenskappe om ‘n beter wêreld te

skep. 4. Dit help om armoede, siekte en die skending van menseregte te

bekamp. 5. Jeugdiensontwikkeling en vrywillige diens, is maniere om by te

dra tot die bou van ‘n regverdige en, vir almal, ‘n gelyke Suid-Afrika.

SA Vrywilligers versprei seep om die verspreiding van die Corona virus te bekamp. Video: https://youtu.be/81yDE2Dabdc

Lees die artikel onder en beantwoord die vrae aan die regterkant.

Die Healing Well organisasie Vrae

Nadat hulle honger kinders in hul gemeenskappe gesien het, het vyf moeders van Tafelsig besluit om dinge in hul eie hande te neem.

Die moeders het besluit om diep te delf om die kinders daagliks te voed. Hulle het ‘n nie-winsgewende organisasie gevorm wat hulle die Healing Well genoem het en andere het by hul aangesluit.

1. Wat is die doel van hierdie projek of diens?

2. Hoe help dit die gemeenskap?

3. Beskryf die sterkpunte van hierdie projek/diens.

4. Wat is die mooi/of goed wat uit so ‘n projek gebore

word?

5. Het jy enige voorstelle oor wat hierdie Mammas verder

kan doen om hulle projek/diens aan die gemeenskap te

kan verbeter of uit te brei.

6. Hoekom dink jy, is dit belangrik om terug te gee aan die

gemeenskap?

Page 4: LES: 1 SOSIALE EN OMGEWINGSVERANTWOORDELIKHEID...“Ons het onlangs 100 snye brood van ‘n inwoner ontvang en ons bure is ook wonderlik en ons het tieners wat ons help om die sosiale

Beatrice Leng, Wendy Williams, Thelma Adams, Deidre van Rooyen en Zelda Abrahams het besluit dat hulle nie langer stil kan sit en toekyk hoe kinders hongerte ervaar en sonder maskers buite rondloop nie. “Ons glo dat vroue die ruggraat van families en huisgesinne is,” sê Beatrice wat al vir drie dekades in haar gemeenskap werk. Beatrice, ‘n afgetredene wat in sosiale ontwikkeling gewerk en waar sy slagoffers by howe ondersteun het, het die moeders aan die begin van die inperking genader om warm kos vir die kinders voor te berei. Hulle het hierdie voedselroetine by die Kilimandjaro en Helderberg strate begin. Sy sê soos die lyne elke dag langer geword het, het die donasies ook meer geword. Dit het hulle harte warm gemaak as hulle die glimlaggies op die kinders se gesigte kon sien. “Ons sien daar is ‘n behoefte in ons gemeenskap. Ons het besluit om ten minste 500 kinders per dag met ‘n warm bord of koppie sop te voed”.

“Ons het onlangs 100 snye brood van ‘n inwoner ontvang en ons bure is ook wonderlik en ons het tieners wat ons help om die sosiale afstand te handhaaf.”

Hulle is nou besig om te stikwerk te doen om honderde maskers vir kinders te maak.” “Ons weet dis nie elke huishouding wat ‘n masker vir ‘n kind kan koop nie”. “Ons het materiaal ontvang en ek het begin om maskers vir kinders te maak”.

[email protected]

Page 5: LES: 1 SOSIALE EN OMGEWINGSVERANTWOORDELIKHEID...“Ons het onlangs 100 snye brood van ‘n inwoner ontvang en ons bure is ook wonderlik en ons het tieners wat ons help om die sosiale

Hierdie is ‘n herhaling van die week 6 les se aktiwiteit. Probeer weer en sien of jy kan verbeter.

Aktiwiteit 2: Wees ‘n Vrywilliger

Tydens die inperking weens die COVID 19 pandemie, raak jy baie bekommerd oor die oumense in jou gemeenskap.

Werk ‘n plan van aksie uit om hulle met die volgende te help:

Daaglikse oefening

Inkopies

Algemene welstand

Hulle troeteldiere

enigiets anders wat relevant is

Onthou om te hou by die inperkingsreëls van vlak 4. (Eerste skakel in die hulpbronne blok op eerste bladsy).

Sê presies hoeveel huise daar is met oumense in.

Sluit ‘n rooster in, in jou plan van aksie.

My plan

“Een van die geheime

van die lewe is dat al

wat werd is om

gedoen te word, is

wat ons vir andere

doen,”

Lewis Carroll