lewe in die woord - doxa deo church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 die...

48

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

1

Page 2: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

2

LEWE IN DIE WOORD

Doxa Deo Brooklyn gaan vir 6 weke onsself toewy aan God se Woord. Ek en jy

bewys ons LIEFDE aan ons God deur SY WOORD te bestudeer sodat ons dit in

ons HARTE kan bewaar!

Johannes 14:23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my

Woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by

hom woning maak.

So hierdie boekie verteenwoordig 40 dae in die Woord en ons deel dit in ‘n

groepie van 4 mense terwyl ons minstens 4 keer ‘n week tyd spandeer met die

Bybel.

Volg asb op ons webtuiste die Video’s van die Groeplewe materiaal en van die

4 dagstukkies per week: https://www.doxadeo.org/brooklyn/lewe-in-die-woord/

In hierdie boekie sal jy die volgende kry:

Elke week het 1 preek se nota’s .

Elke week het 1 groeplewe studiestuk van die video.

Elke week het 4 dagstukkies van die 4 videos.

INDEKS

Week 1 bl 3

Week 2 bl 10

Week 3 bl 18

Week 4 bl 26

Week 5 bl 33

Week 6 bl 41

Ons dank aan Rick Warren vir die inspirasie vir hierdie 40 dae proses.

Page 3: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

3

WEEK 1 PREEK 1

Jean Symons

Die Bybel is nie net bedoel om bestudeer te word nie. Die Bybel wys ons die

PERSOON en die WAARDES van Jesus Christus.

Johannes 5:39 Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die

ewige lewe daarin kry. En dit is juis die Skrif wat oor My getuig.

Lewe in die Woord, en jy sal lewe! Lewe in die Woord, en jou besluite

sal die beste bring vir jou menswees!

Ons wil in hierdie volgende weke jou begelei, dat jou liefde vir die Woord so

sal ontwikkel, dat jy ook sal LEWE IN DIE WOORD!

Hoekom het God vir ons Sy Woord gegee?

2 Tim 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot

weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die

mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Die doel van die Woord is nie leerstelling nie maar SODAT ek en jy

VOLKOME TOEGERUS kan wees. So die Bybel wil ons oortuigings

ontwikkel sodat ons die karakter van Christus sal kan uitleef in ons

alledaagse lewe.

Die Woord is soos ‘n spieël. (Jak 1:23)

Wat wys die Woord my van myself?

Wat is die Waarheid wat die Woord in my uitwys?

Hoe meer lig, hoe meer groei area’s sal jy raaksien in jouself.

Wat van my huidige prioriteite wil die Woord inspraak gee?

Hoe bestudeer ek God se Woord?

1. Skryf jou opservasies neer in jou joernaal as jy erns meen met God se

Woord. Ons neem soveel meer in wanneer ons skryf as wanneer ons net

luister of lees. Rick Warren së: ‘Thoughts disentangle themselves when

they pass through lips and fingers.’

2. Vra, hoe kan jy die Woord toepas, meer as wat jy dit net wil

interpreteer. Dis die doel van die Bybel: Hoe beinvloed die Skrif my

waardes en my keuses? ‘I only believe the parts of the Bible I actually

do.’ R. Warren. Mense van die Woord LEWE die Woord!

3. Werk sistematies met die Bybel. Doen dit boek vir boek of tema vir

tema. Om bloot net dieselfde versie in verskillende vertalings te lees

maak dit lewendig soos min. Ek gebruik www.biblehub.com die meeste

daarvoor en dan natuurlik You Version op www.my.bible.com.

Page 4: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

4

Week 1

Hoe mediteer ek op die Skrif?

Psalm 1:1-2 Welgeluksalig is die mens wie se behae is in die wet van die Here,

en hy oordink sy wet dag en nag.

Die gedagte van oordink of mediteer, is die aksie waar ons elke gedagte

en sy betekenis, in ‘n skrifgedeelte, herkou en verteer, sodat ons elk

gryntjie voedingswaarde daaruit put.

Joshua 1:8 Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; bepeins dit dag en

nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan;

want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg

handel.

Voorspoed en sukses is die begeerte van elke liewe mens, die Bybel gee ons die

belofte dat dit sal volg as ons die beginsels van ons God bepeins en

implementeer.

Een vorm van bepeins of mediteer is: SPREEK DIT UIT

Jy lees een vers hardop en beklemtoon elke keer die volgende woord in die

gedeelte. Dan vra jy wat sou die sinonieme wees vir daardie woord of wat jou

die dieper betekenisse wees vir daardie woord. So begin die Bybel lewendig

word.

Kolossense 3:16

Laat die Woord van Christus ryklik in julle binneste woon in wysheid.

Gee toestemming, maak oop, verwelkom.

Laat die Woord van Christus ryklik in julle binneste woon in wysheid.

Jesus se woorde, inspraak, waardes, aanmoediging, rigting.

Laat die Woord van Christus ryklik in julle binneste woon in wysheid.

Nie armoede nie, oorvloed, genoeg vir wat ek nodig het.

Laat die Woord van Christus ryklik in julle binneste woon in wysheid.

Nie net in my geheue nie, in my hart, in my wese, identiteit en karakter.

Laat die Woord van Christus ryklik in julle binneste woon in wysheid.

Tuis wees in my denke en lewe, permanent intrek, totaal deel word.

Laat die Woord van Christus ryklik in julle binneste woon in wysheid.

Wysheid vir elke stukkie van my lewe en verantwoordelikhede.

Jesus het belowe dat die Heilige Gees ons sal herinner aan alles wat Hy ons

geleer het. Dit is slegs moontlik as die Woord reeds in jou binneste is. Dan kan

Hy dit uittrek op die regte oomblik.

Page 5: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

5

WEEK 1 GROEPE 1 AJ Sutton

Vandag gesels ons in ons groepe oor hoe die Woord nie ons beroof van lewe

nie, maar hoe dit ons n lewe in oorvloed gee.

Wat is die reaksie in jou hart wanneer ek sê “Die wet van die Here”?

Miskien is dit ‘n gedagte van veroordeling, straf, of dat dit die maatstaf is wat

gebruik word om my lewe te evalueer en te bepaal of ek reg of verkeerd is. Vir

baie van ons wek dit vrees in ons harte en kweek dit ‘n leefstyl wat gebaseer is

op my prestasie om die Here te beïndruk. Maar die Here se wet/woord is vir ons

gegee om ons te lei in ‘n lewe van oorvloed.

Ons 4-jarige dogtertjie is in ‘n fase van haar lewe waar sy wil verken en probeer

om enige grense wat vir haar gegee word te druk so vêr soos wat sy kan. As sy

naby ‘n publieke pad of n swembad speel maak ons altyd seker dat sy presies

die grense weet waar binne sy kan speel. Ek as pa het nie gedink hoe kan ek

haar weghou van al die lekker van speel in die pad nie, maar ek het wel gedink

hoe kan ek haar ʼn veilige speelarea gee waar sy haar ten volle kan uitleef. Net

so gee die Woord van die Here ‘n veilige speelveld waar ons kan wees alles wat

ons bestem is om te wees.

Dawid gee een van die mooiste beskrywings van die wet/woord in Psalms.

Ps 19:7-11 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die

eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is

volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee

wysheid aan die eenvoudige. 9 Die bevele van die Here is reg: hulle verbly die

hart; die gebod van die Here is suiwer: dit verlig die oë. 10 Die vrees van die

Here is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die Here is

waarheid — tesame is hulle regverdig. 11 Hulle is begeerliker as goud, ja, as

baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.

Dawid gee ons ‘n prentjie van ʼn aanloklike spyskaart van resultate wat die

Woord in ons lewens bring: Dit verkwik, gee wysheid, verbly en verlig ons oë.

Die resultaat van die Woord is nie vrees of onsekerheid nie. Maar dis die

volmaakte prentjie van ‘n oorvloedige lewe.

‘Here dankie dat U Woord lewe gee, en ‘n lewe in oorvloed. Help ons om

onsself totaal en al te verloor in U Woord. Verkwik die wat moeg is en gee ons

wysheid wanneer ons nodig het. Verlig ons oë vir U Woord dat ons blydskap in

dit vind. Amen’

Page 6: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

6

WEEK 1 DAGSTUKKIE 1 Jules Asher

Ons gesels vandag oor iets wat elkeen van ons se lewens raak op ‘n daaglikse

basis en dit is die kwessie oor waarheid: “wie of wat stel die standaard as dit by

waarheid kom in jou lewe?”

Ps 119:9 Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan U

Woord!

Waarheid kan subjektief wees, waarheid kan vir elkeen iets anders beteken, so

wat rig jou besluitneming elke dag? Die meer belangriker vraag is: “hoe erken

ek die leun sonder die waarheid, is dit dan nie my kennis van die waarheid wat

my juis daartoe instaat stel om die leun raak te sien nie? En daardie waarheid is

die Woord van God alleen.

Versoekings in ons lewe is ‘n daaglikse realiteit waarmee ons gekonfronteer

word en ons behoefte om daarvoor in te gee is altyd op een of ander leun

gebasseer.

Ek is onlangs geskakel deur ‘n persoon wat my toe vra om hulle te trou. Terwyl

ek met die persoon gesels ontdek ek dat hierdie ‘n versoek is vir ‘n paartjie van

dieselfde geslag. Hierdie is ‘n baie kontensieuse onderwerp in ons land en

wetgewing maak dit ook nie maklik deesdae om sulke versoeke net te weier nie

maar ek het sonder enige huiwering ‘n besluit kon neem en my besluit was gerig

deur die Woord van God, die absolute waarheid!

Kom ons bid saam: “Here U Woord sê dat ons nie bo ons vermoëns versoek sal

word nie, dankie dat U Woord vir ons die vermoë gee om daagliks die regte

besluite te maak, mag ons toelaat dat dit ons lewens en besluite volkome rig.

Amen.

Nota’s

Page 7: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

7

WEEK 1 DAGSTUKKIE 2 Hein de Beer

Vandag gesels ons oor die lesse wat geleer kan word vanuit die lewens van

karakters in die Woord.

1 Corinthians 10:11 “All the tests they endured on their way through the

wilderness are a symbolic picture, an example that provides us with a warning

so that we can learn through what they experienced. For we live in a time

when the purpose of all the ages past is now completing its goal within us.”

Daar is gereeld tye waar ons as mens ons self bevind in moeilike situasies en

ons voel totaal oorweldig, mens het nie antwoorde nie en sien ook geen uitweg

nie dit voel omtrent of ons in die middel van ‘n storm is. Storms woed nie

verewig nie mens beweeg deur die storm, jou lewe is meer positief en

gemakliker, jy’t antwoorde op vrae en jy wonder soms hoekom die storm dan

soos die einde van die wêreld gevoel het. Dit wat eens oorweldigend was is nou

eerder ‘n les waaruit ons kan leer.

Keer op keer in die Woord sien ons voorbeelde van manne en vroue wat deur

moeilike situasies beweeg het, ‘n antwoord of uitweg gevind het en dat daar dan

waarhede vasgevang is wat ander dan weer kan help. Vanuit hulle storie leer

ons baie lesse sonder om self deur die situasie te gaan, ons hoef nie ons kop te

stamp as ons die wysheid van die vorige generasie in ag neem nie.

Vandag se skrif kom stel dit vir ons so mooi “an example that provides us with

a warning so that we can learn through what they experienced”, die skrif gaan

nie oor ‘n sprokies verhaal nie, dit is lewens lesse, ‘n samestelling van wysheid

om ons te “instruct” oor hoe om te lewe, die groot vraag is gaan ons leer deur

ons eie storms, of deur die storms van ander?

Kom ons bid saam: ‘Vader ek bid vandag dat U vir ons sal kom leer deur U

Woord hoe ons die lesse van vorige generasies sal kan toepas op huidige

situasie, dat ons met wysheid en insig in elke situasie kan ingaan en dat ons sal

besef die waarde wat die Woord vir ons toevoeg tot elke situasie. Dankie Here!

Amen.’

Page 8: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

8

WEEK 1 DAGSTUKKIE 3 Martin Bravenboer

Ons gesels vandag oor wat dit beteken om in Christus te bly en om na Hom toe

te gaan met elke behoefte en begeerte.

Johannes 15:7 “As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle

wil hê, en julle sal dit kry.”

Dit is vir my so interessant om te hoor waarvoor mense die Here vertrou. Van

“klein” aardse begeertes tot groot lewenskeuse. Ons kan so maklik perspektief

verloor oor die dinge wat ons nastreef, net om teleurgesteld te wees met dit

wanneer ons besef dat dit ons nie werklik gelukkig kan maak nie. ‘n Nuwe

werk, nuwe kar, gesondheid, dalk die nuutste tegnologie wat ons net “moet” hê!

Jesus maak seker die grootste uitnodiging ooit na ons toe wanneer Hy sê:

“…vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.” Hy besef dat dit in ons

natuur is om te begeer en Hy sien elke behoefte raak. Tog kry ons nie altyd alles

waarvoor ons vra nie. Dit is nie dat Hy nie goed is of nie vir ons dit wil gee nie.

Maar nie alles wat ons vra is goed vir ons nie. Net soos my kinders altyd eerder

lekkers vir aandete gaan kies as groente… As ek ‘n goeie ouer is gaan nie elke

keer vir hulle gee net wat hulle begeer nie, maar hulle eers leer om self te kan

vra en kies wat goed is vir hulle.

Jesus begin Sy stelling met: “As julle in My bly en my woorde in julle”. Dit

verwys na die kwaliteit van verhouding wat ek met Hom het en hoe ek bewus is

van Sy teenwoordigheid in elke aspek van my lewe. Dit impliseer dat ek Sy

woorde ken en dit deel maak van elke gedagte. Hoe meer ek bewus is van Jesus

in my lewe, hoe meer gaan ek begin vra vir dit wat vir Hom goed en aanneemlik

sal wees.

Ek kan onthou dat daar oomblikke in my lewe was wat ek sekere goed met alles

in my wou hê, maar dat die Here dit nie vir my gegee het nie. As ek vandag

terugkyk, is ek so bly dat Hy dit nie vir my gegee het nie, want dit sou baie

verwoestend vir my gewees het. En dan was daar oomblikke wat ek vir die Here

gevra het om iets te doen en hoe Hy my gebed gehoor het en dit gedoen het!

‘Kom ons bid saam: Hemelse Vader ek bid vandag dat U ons meer bewus sal

maak van U teenwoordigheid in ons lewe. Dankie dat ons U woorde kan deel

maak van al ons begeertes en drome. Mag ons vra vir dit wat U sal verheerlik in

alles wat ons doen. Amen.’

Page 9: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

9

WEEK 1 DAGSTUKKIE 4 Luan Els

Vandag kyk ons die volgende vers in die Bybel.

Spreuke 30:5 Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm die wat by Hom

skuil.

Het jy al dae beleef wat gevoel het soos ‘n ewigheid? Het daar dalk al iets

gebeur in jou lewe waar dit gevoel het of die tyd stilstaan?

Toe ek 7 jaar oud was, was my ma met kanker gediagnoseer. Al het ek nie alles

verstaan op daardie stadium nie, het dit gevoel soos ‘n ewigheid van verwarring

of my ma weer gesond gaan word.

Dit het vir omtrent drie jaar geduur. Ek kan onthou hoe almal deur alles baie vir

ons gesin omgegee het. Die verligting en dankbaarheid wat dit gebring het toe

ons hoor dat my ma gesond is, het vir ons as familie baie beteken.

Dalk is jy nou op ‘n plek waar dit vir jou voel soos ‘n ewigheid en jy sien nie ‘n

uitkoms nie. Ek wil vandag vir jou aanmoedig om vas te hou aan God se

Woord. Die anderkant het ek ook beleef waar my ouma en oom aan kanker

oorlede is en mens wonder hoekom gebeur dit. Romeine 8:28 is ‘n vers wat baie

naby is aan my. Dit sê dat alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet. Dit

is net God wat die deurbraak kan bring in my en jou lewe.

Efesiërs 3:20 sê dat God meer deur ons lewens kan doen as wat ons kan bid,

dink of vra. Mag jy vandag na God kyk vir jou hulp en voorsiening.

Nota’s

Page 10: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

10

WEEK 2 PREEK 2

Jean Symons

Ons vat jou vir 6 weke op ‘n reis om te leer wat sê God se Woord oor Sy

Woord! Om te lewe in die Woord is die opdrag en begeerte van Jesus vir elke

gelowige.

Johannes 8:31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my

woord bly, is julle waarlik my dissipels. v32 En julle sal die waarheid ken, en

die waarheid sal julle vrymaak.

Elke mense begeer om in vryheid te leef en te funksioneer, en hier is dit baie

duidelik dat die instrument tot vryheid opgesluit is in jou LEWE in die Woord!

God begeer tyd saam met jou!

Besef jy dat God begeer om tyd met jou te spandeer? Hy word as ‘n liefdevolle

VADER in Jesus se lewe aan ons bekend gestel. Jou Vader begeer ware

aanbidders wat Hom in Gees en Waarheid sal aanbid (Johannes 4:23). Hy

begeer tyd saam met jou en Hy begeer dat jy jou hart met Hom deel sodat Hy

ook Sy hart met jou kan deel. Jou tyd in die Woord van die Here, gee so ‘n

geleentheid vir jou God om met jou te gesels!

Vriende rondom die Woord

Om te Lewe in die Woord van die Here is verseker ‘n verhoudings-ervaring.

Ons sien hoe mense se tyd in die Woord versnel en verbeter as hulle dit elke

week saam met ander vriende beleef. Om iemand saam te vat in my liefde vir

die Woord, maak seker dat ek self BLY in die Woord!

Hoe vertolk ek die Woord?

Soms wil ons uit ons persoonlike ervaringe die Bybel interpreteer. Dit werk

andersom: die Bybel moet eerder ons ervaringe interpreteer vir ons.

Eksegese: Trek uit die skrif wat dit regtig wil sê.

Isogese: Ons lees in die skrif in uit ons eie prentjie wat dan nie eintlik

daar staan nie.

Ons soek almal ‘n skriffie wat ons oortuigings wil bevestig, maar die

Bybel wil ons totale waarheid daag en ontwikkel.

Page 11: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

11

Week 2

Watter vertaling mag ek lees?

Daar is 3 kategorieë:

1. Letterlike vertalings probeer elke woord se betekenis vasvat. Bv die

Afrikaanse Bybel(33/53 vertaling) of die NIV of die King James Bible.

Die Amplified gee opsies vir elke moontlike woord.

2. Nuwe vertalings wat die sin se betekenis probeer saamvat soos die

Nuwe Afrikaanse vertaling (83) of die New King James Bible.

3. Parafrases wat die paragraaf se betekenis probeer saamvat bv.

Lewende Bybel of die Message Bible.

Ons moedig mense aan om die parafrase Bybels te lees saam met die letterlike

vertalings anders kan jy dalk by afleidings uitkom wat nie Bybels is in die volle

sin van die woord nie!

Hoe weet ons of ons die Woord reg interpreteer?

Kom ons kyk na ‘n paar noodsaaklike waarhede.

1. Die Bybel is sy eie beste kommentaar.

Skrif verduidelik Skrif. Die Bybel moet bevestigende skrifgedeeltes hê

voor ons dit as algemene standpunt van die Bybel aanvaar. Kyk gerus na

Bybels met kruisverwysings of leer hoe om op Google die regte vrae te

vra: Bv What does the Bible say about....

2. Ons lees altyd die Ou Testament deur die lens van die Nuwe Testament.

The New is hidden in the old but the Old is revealed in the new!

Bv. die offer van diere in die OT word in die NT opgehef met die

verklaring dat Jesus die finale Lam van God is!

Weereens is dit sinvol om die volgende te Google: What does the New

Testament say about....

3. Ons vertolk onduidelike skrifte met duidelike skrifte.

As dit lyk of die Bybel homself weerspreek, moet ons soek vir die gees

waarin die res van die Bybel duidelike uitsprake maak, om die

onduidelike gedeeltes te verstaan. Daar is bv. nie uitsprake in die Nuwe

Testament oor die gebruik van verassing na hulle mense gesterf het nie.

Wat ons wel duidelik sien is dat die liggaam net as stof benader word, na

‘n mens se siel hom verlaat het. (2 Kor. 5:1). So verassing is nie ‘n

probleem nie.

Page 12: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

12

Week 2 5. Ons vorm nie teologie slegs op historiese skrifgedeeltes nie.

Jesus het in Mattheus 5 vroeg gaan bid in die oggend. Dit beteken nie dis

God se opdrag nie, dit verduidelik net Jesus se waardes en sy gewoontes.

As Elia bv. die byl in die water gooi en die water word drinkbaar beteken

dit nie ons sien dit nou as die nuwe manier van watersuiwering vir die res

van ons nie!

Watter hulpmiddele gebruik ons?

1. You version se Bible App word deur 500 miljoen mense gebruik. Kyk na lees

planne en soek ook vir Doxa Deo in Afrikaanse en Engelse en selfs Duitse lees

planne.

2. Kyk gerus na al die kommentare beskikbaar op https://biblehub.com/

3. Kyk gerus na die app van die Vines Expository dictionary om sekere woorde

se betekenis dieper te verstaan.

Bid die Woord

Nog ‘n manier om te mediteer op die Woord is om dit hardop te bid asof die

Here in die 1ste persoon met jou praat. Dit maak die Woord baie persoonlik en

raak direk aan jou hart se snare.

Bv Ps 23: Jean ek is jou Herder.

En dan bid jy dit terug in jou eerste persoon.

Here baie dankie dat U my Herder is.

Gaan dan verder om op spesifieke terreine van jou lewe dit te bid.

Bv. Baie dankie Here dat U my Herder is by my werk en in my land en

deur my huidige omstandighede en in my huis ens.

Nota’s

Page 13: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

13

WEEK 2 GROEPE 2 AJ Sutton

Vandag gesels ons in ons groepe oor hoe die Woord die waarheid is wat ons

lewens rig.

Ons lewe in ‘n samelewing wat ons bombardeer met ‘n wye spektrum van

wêreldbeskouings en waardes. Daar is al hoe meer ‘n siening dat elke mens sy

eie waarhede moet kies en daarvolgens lewe. Vir ons as kinders van die Here is

daar net een waarheid en dit is DIE waarheid. Die woord is die waarheid

waarop ons, ons lewens baseer. Johannes maak dit duidelik wanneer hy skryf...

Johannes 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

Die leuens van die vyand is die stoom wat die spieël van ons lewens opwasem.

Dit veroorsaak dat ons fokus verloor en ons lewens leef sonder ʼn duidelike

prentjie van wie ons in Christus is. Die Woord is die waarheid wat die spieël

van ons lewe weer skoonmaak sodat ons weer duidelik onsself kan sien soos

ons in Christus is.

Ek het so paar jaar terug probeer om te begin bergfiets ry. Een van die eerste

wenke wat ek gekry het is dat ek moet nie af kyk na hoe die pad reg voor my

lyk nie, maar ek moet vooruit kyk. Sien, ‘n mens het ‘n geneigdheid om dit

waarop jy fokus te volg. Net so moet die waarheid van die Woord ons fokus bly

en sodoende ons lewens gerig hou op dit wat die Here in en deur ons wil doen.

Kom ons bou ons lewens op DIE waarheid wat ons in die Woord leer. En

sodoende word ons lewens op ‘n stabiele fondasie gebou sodat die leuens van

hierdie wêreld ons nie kan ontspoor nie.

Here mag U waarheid enige leuens wat ons mag glo kom vervang. Vul ons met

U waarheid en gee ons ʼn sensitiwiteit dat ons die leuens van die wêreld kan

identifiseer. Help ons ook om U waarheid prakties toe te pas in ons lewens

sodat dit ook andere se Waarheid word en hulle lewens transformeer. Amen

Nota’s

Page 14: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

14

WEEK 2 DAGSTUKKIE 1 Marthinus Steffen

Vandag kuier ons rondom die belangrikheid van die Woord in my en jou lewe.

1Th 2:13 AOV Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord

van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as

die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat

ook werk in julle wat glo.

Ek word elke dag gekonfronteer met die realiteit van ‘n wêreld wat vir ons

soveel opsies bied oor die waarheid en die vreugde wat buite die Woord van die

Here lê.

Maar in hierdie gedeelte sien ek hoe Paulus my en jou aanmoedig om nooit die

belangrikheid van die Woord uit die oog te verloor nie. Hy dank die Here

sonder ophou dat ek en jy die Woord van die Here sal ontvang. Om hierdie

woord te verduidelik dink ek aan ‘n klein seuntjie wat verjaar en nie kan wag

om sy geskenke oop te maak.

Paulus verduidelik dat ek en jy hierdie Woord sal aanneem as die Woord van

God. Wanneer hierdie seuntjie sy geskenk oopgemaak het, geniet hy dit so baie

dat hy dit orals met hom saamdra. As hy gaan slaap, dan slaap hy met dit.

Hierdie geskenk beïnvloed sy hele lewe.

Ek onthou as ‘n klein seuntjie het my ouers vir my ‘n ‘macano’ stel gekoop en

dit het orals saamgegaan en ek het ure daaraan spandeer. Want om nuwe goed te

bou en te ontwerp het so deel van my lewe geword. Vandag het ek die voorreg

om in mense se lewens te sien hoe hierdie Woord werk deur elke kursus of

woord wat ek vir hul gee. Laat toe dat Sy Woord in jou lewe werk.

Kom ons Bid: Hemelse Vader vandag ontvang ons U Woord. Ek bid Here dat

elke stuk van U Woord ons lewens radikaal sal verander en ons nooit die

belangrikheid daarvan sal verloor nie. Amen.

Page 15: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

15

WEEK 2 DAGSTUKKIE 2 Adri Stroebel

Ons gesels vandag oor die belangrikheid van God se Woord.

Deut 8:3 En Hy het jou vér ootmoedig en jou laat honger ly en jou die

manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te

maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe

van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.

Die Here herhaal ook hierdie woorde in Matt 4:4 ” Die mens sal nie van

brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God

uitgaan”.

Die Here wil in ons elke dag se lewe voorsien, dit is Sy Vaderhart, maar

soms vergeet ons dit wanneer daar goed in ons lewe gebeur wat ons soos die

Israeliete in die woestyn, verlate, alleen en honger laat voel.

Wanneer die Woord van die Here so deel is van jou elke dag lewe, kan

enigiets jou kant toe kom. Jy weet wat die Here oor die situasie sê. Dit is

nie noodwendig maklik, maar jy hanteer dit beter omdat jy die Woord ken en

weet die Here is ‘n waarmaker van Sy Woord.

Ek kan vandag getuig, dat ek op meer as een geleentheid amper hoop verloor

het, as dit nie was dat ek ‘n joernaal gehou het van dit wat die Here vir my

en oor my gesê het. In moeilike tye het juis die Woord van die Here my

deurgedra en natuurlik die mense om my met wie ek die Woord van die Here

gedeel het.

Maak die Woord van Here deel van jou elke dag lewe en deel dit ook met

ander om jou.

Kom ons bid saam. Here dankie vir jou Woord wat die waarheid is. Dankie

vir die belofte dat jou Woord nooit ledig sal terugkeer. Here help ons dat

ons in elke situasie eerste sal kyk wat se U Woord. Amen

Page 16: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

16

WEEK 2 DAGSTUKKIE 3 Bianca Steffen

Ons gesels vandag oor hoe God se woorde fokus en rigting in ons lewens bring.

Matt. 6:33 – ‘Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al

hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.’

Die lewe het ‘n manier om ons in verskillende rigtings te trek. Ons word

daagliks gebombardeer met ‘n verskeidenheid van perspektiewe via die media,

ander se verwagtings en opinies oor ons, of net die hoeveelheid opsies wat

beskikbaar is.

Maar in die midde van die chaos van die lewe, gee hierdie vers ons ‘n sleutel …

soek EERS. My heel eerste fokus is God. Hy is my heel eerste prioriteit. Sy

manier van dink en doen is die hoof ding. Hy het my volle aandag.

So wanneer ek toelaat dat Sy woorde my rig word ek nie meegesleur deur die

verskillende kragte in ons samelewing nie. Ek leef vanuit my verhouding met

Hom. Ek leef van binne na buite.

In my eie lewe was Sy woorde al so baie keer die kompas wat my gehelp het

om besluite te maak in maklike en moeilike tye. Omdat Hy my nr. 1 prioriteit is,

hoor ek Sy woorde wanneer ek die Bybel lees, in gesprekke met ander mense is,

‘n fliek kyk of wanneer ek draf. Sy woorde bring daaglikse rigting en fokus in

elke dimensie van my menswees.

Kom ons bid saam: Jesus, U is ons heel eerste prioriteit. U het ons volle aandag.

Jou woorde bring fokus, rigting en prioriteit. Dankie dat U ons lei. Mag elke

besluit wat ons maak U hart bly maak en ons lewens heel maak.

Nota’s

Page 17: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

17

WEEK 2 DAGSTUKKIE 4 Jules Asher

Het jy al so daaraan gedink, dat die potensiaal en belofte van geestelike saad

(die Woord) direk bepaal word deur die toestand van die grond (my en jou

hart)?

Mat 13:19-23 Die Bose kom by elkeen wat die woord van die koninkryk hoor

maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy hart gesaai is. Dit is hy by

wie daar op die pad gesaai is. Die man weer by wie daar op die klipbanke

gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Hy

laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter

wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. Die man by

wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die

bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord,

en dit bly sonder vrug. Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat

die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms

honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.

Soveel mense hoor of lees die Woord van God, glo daarin maar beleef nooit die

krag daarvan nie, eenvoudig omdat die toestand van hulle hart onvrugbaar is.

Daar is niks fout met die saad (die Woord) nie, maar wel die grond! Maak ons

moeite om die Woord te verstaan, laat ons dit toe om wortel te skiet en ons dade

en besluite te rig en stel ons dit bo alle ander stemme in ons lewens?

Ek het self al talle male by ‘n doodloopstraat in my lewe ontdek, dat dit nie die

getrouheid of beloftes van die Here is wat ‘n probleem is nie, maar eerder hoe

ek Sy daaglikse wysheid, waarheid en leiding inkorporeer in my lewe.

Kom ons bid saam: Vader U Woord lei nie tot ‘n bonsai boompie in my lewe

nie maar bring magtige seders voort. Help my om sensitief te wees vir die

onvrugbare toestande in my hart en U Woord toe te laat om in elke area van my

lewe ten volle te ontkiem en wortel te skiet, Amen.

Page 18: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

18

WEEK 3 PREEK 3 Jules Asher

Met vandag se preek wil ons jou help om daagliks tyd met God te spandeer op

‘n betekenisvolle wyse. Natuurlik kom dit nie vanself nie en daarom is daar

belangrike beginsels wat ons glo jou sal help om die meeste voordeel uit jou

daaglikse toewyding aan God te put.

Baie van ons voel dat tyd die probleem is, maar jy sal saamstem dat almal

dieselfde hoeveelheid tyd per dag tot hulle beskikking het, die probleem is nie

tyd nie maar eerder prioriteit. Ons maak tyd vir dit wat vir ons belangrik is en

daarom behoort ons ons tyd met God te prioritiseer omdat dit vir ons ‘n

belangrike waarde is.

So wat is die voordele wat stiltetyd vir my inhou:

- Ek gee ons toewyding aan God want God:

o Verdien ons toewyding

o Begeer ons toewyding (Ope 3:20)

- Ek ontvang leiding en rigting van God (Ps 25:4-5, Spr 3:5-6)

- Ek vind vreugde in God (Ps 16:11)

- Ek groei in die voorbeeld van Christus

Hoe hou ek my stiltetyd. Hier is 4 belangrike elemente wat jou sal help om

sinvolle tyd met die Here te spandeer:

1. Begin met die regte ingesteldheid (1 Sam 16:7)

Met ander woorde, kom met ‘n verwagting, eerbied, ontvanklikheid en

bereidwilligheid.

2. Besluit op ‘n spesifieke tyd.

3. Kry vir jou ‘n spesiale plek (Luk 22:39).

4. Volg ‘n eenvoudige plan wat die volgende insluit:

a. Raak stil en wag op die Here

b. Kort gebed (Ps 139:23-24, Ps 119:18)

c. Lees ‘n gedeelte in die Bybel stadig deur

d. Mediteer en Memoriseer

e. Skryf neer wat jy ervaar die Here vir jou wys vanuit die Skrif

f. Spandeer tyd in gebed (1 Pet 5:7)

Page 19: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

19

Week 3

Die “Stel dit voor” (Picture it) metode van Bybelstudie

Hierdie is die tweede metode van Bybelstudie en is spesifiek handig wanneer jy

stories of gelykenisse bestudeer. Dit vra dat jy jouself sal insien in elke karakter

of persoon betrokke in die skrifgedeelte en dan sal vasstel hoe jy oor die situasie

dink, voel of sal optree.

Kom ons gebruik ‘n voorbeeld vanuit Mark 2 – Die verlamde man en sy

vriende.

Plaas jouself in die skoene van bv:

- Die verlamde man en vra jouself dalk af “in watter areas van my lewe

beleef ek verlamming (huwelik, finansies, kinders, werk, gewoontes

ens.)?”

- Een van die vriende wat die verlamde man gedra het en vra jouself af

“wie ken ek wat Jesus nodig het in sy/haar lewe?

- Die huiseienaar wie se huis beskadig is en vra jouself af “wat is

werklik belangrik vir my in die lewe?”

Ons vertrou dat hierdie eenvoudige beginsels jou sal help om die meeste waarde

te kry uit jou persoonlike tyd met die Here. Geniet elke oomblik in Sy

teenwoordigheid!

Nota’s

Page 20: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

20

WEEK 3 GROEPE 3 Jean Symons

Kom ons kyk vandag na Psalm 119.

Die langste hoofstuk in die Bybel het ‘n hele paar wisselterme vir God se

Woord.

Kyk na hierdie 8 maniere wat God se Woord wil werk in ons lewens.

The Law to teach us. Statutes to keep us on track.

Precepts to focus us. Decrees to direct us.

Commands to guide us. Testimonies to encourage us.

Words to speak life in us. Promises to strengthen us.

Psalm 119:18 Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.

Hierdie is ‘n baie diep gebed in een klein sinnetjie. Ons weet nie regtig wat ons

NIE weet nie. So om te bid: Here maak oop my oë is ‘n besef dat Hy sien waar

ek nie kan sien nie.

Ons dink soms negatief aan die wet asof dit dooie reëls is wat ons net beperk.

Hoe kan daar wonderlike dinge in die wet wees?

Onthou dat Jesus gekom het nie om die wet te vervang nie maar om die wet te

vervul! Mattheus 5:17

Die woord, Torah, beteken LEERMEESTER.

Die wonder van die Wet soos bv die 10 gebooie is dat dit die karakter van

Christus in ons openbaar. Ons wou dit ‘n stel reels maak maar dit is 10

ontdekkings van WIE ons regtig is, van Wie Jesus kom openbaar het as die

mens wat na God se Beeld en Gelykenis geskape is! Ons sien reg oor die

geskiedenis dat hierdie 10 pilare van gesonde samelewing is vir lande wat wil

floreer.

So hier is die wet dan nou as 10 identiteit stellings!

1. Ek het geen ander God nie.

2. Ek buig voor geen beeld op aarde nie.

3. Ek gebruik nie die Naam van die Here ydelik nie.

4. Ek gedenk die sabbat beginsel om wat ek elke dag doen aan die Here te

heilig.

5. Ek eer my vader en my moeder.

6. Ek slaan niemand dood nie.

7. EK breek nie my huwelik op met ‘n derde party nie.

8. Ek steel nie.

9. Ek spreek nie valshede moedswillig teenoor my naaste nie

10. Ek begeer nie ander se besittings nie.

Page 21: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

21

WEEK 3 DAGSTUKKIE 1 Werner Janse van Rensburg

Vandag kyk ons bietjie na ‘n skrif wat baie mense dalk kan misverstaan.

1 Johannes 2:3 – 5 “En hieraan weet ons dat ons Hom regtig ken: as ons sy

opdragte gehoorsaam. 4As iemand sê: “Ek leef in ’n persoonlike verhouding

met God,” maar nie sy opdragte gehoorsaam nie, voer só ’n persoon ’n leuen

lewe en het die waarheid nie plek in sy lewe nie. 5 Wie egter sy woord

gehoorsaam, in só ’n persoon se lewe het die liefde vir God regtig sy doel

bereik. Daardeur weet ons ook dat ons baie nou aan Hom verbind is.”

As mens hierdie lees kan mens dit dalk misverstaan en hoor dat God het jou lief

as jy Sy opdragte uitvoer, maar dis nie wat hier staan nie. Hierdie skrif begin

met “hieraan weet ons” – dit dui nie dat “hieraan weet God dat julle hom ken

nie.” Hierdie sit wel ons fokus op dat ons woorde en dade dieselfde sal wees. As

ons se ons staan in verhouding met God(ons woorde) dan sal ons dade belyn

wees met Sy Woord – nie omdat ons MOET nie, maar omdat ons wil en omdat

ons God liefhet. God se liefde is onvoorwaardelik, dis radikaal en vir almal,

maar dit is ons keuse of ons ons hele lewe belyn met sy opdragte en Woord!

Ek beleef dit baie prakties in my eie lewe met my kleuter dogter, haar vermoë

om opdragte te gehoorsaam maak nie my liefde vir haar minder of meer nie,

maar soos sy my hart meer en meer verstaan raak dit vir haar moontlik en

makliker om opdragte uit te voer omdat sy my lief het en nie omdat sy moet nie.

Mag ons groei in ons liefde vir Vader en Sy Woord wat wel sekere opdragte

uitlê vir ons.

Kom ons bid saam: Vader ons bid vandag dat U ons oë oopmaak vir die krag

van U Woord in ons lewens. Dankie Vader dat U liefde vir ons nie gekoppel is

aan voorwaardes nie. Here, omdat ons U liefhet wil ons graag U Woord en

opdragte na kom. Vernuwe ons hart en denke om dit te leef en te verstaan in

elke dag.

Page 22: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

22

WEEK 3 DAGSTUKKIE 2 Cyann Asher

Vandag gesels ons oor Deut. 10:12,13 en dit gaan oor wat die Here van ons

verwag

Deuteronomy 10:12-13 The Message (MSG) So now Israel, what do you

think GOD expects from you? Just this: Live in his presence in holy reverence,

follow the road he sets out for you, love him, serve GOD, your God, with

everything you have in you, obey the commandments and regulations

of GOD that I’m commanding you today—live a good life.

Ek is nogal iemand wat baie konteks oor iets nodig het voordat ek dit aanpak en

eintlik ordentlik kan doen, ek vra altyd klomp vrae as iemand vir my vra om iets

te doen sodat ek kan seker maak dat ek die verwagting sal kan nakom.

Wat ek ‘love’ van hierdie skrif is dat dit vir ons duidelik vertel wat die Here se

verwagting is van ons, en die verwagting is glad nie buite bereik nie, dis so

maklik soos: Leef in sy teenwoordigheid, eer die Here, volg die pad wat hy vir

jou uit gelê het, hê hom lief, dien hom in alles wat jy doen, en wees gehoorsaam

aan sy gebooie en riglyne.

Baie keer het ons die verkeerde persepsie oor die Bybel. Ek het vir ń baie lang

tyd gevoel dat die Bybel net ń boek vol reëls en regulasies is wat ons moet volg

anders word ons gestraf. Hierdie is glad nie die geval nie, inteendeel die Here se

hart is om net die beste vir ons te hê, die Bybel is nie klomp reëls en regulasies

wat ons moet na kom nie. Die Bybel is ń boek wat baie goeie lewens lesse en

riglyne vir ons gee sodat ons die pad kan stap wat die Here vir ons beplan het.

Baie keer dink ons dat die Bybel ons in ń boksie plaas en dat daar geen vryheid

is as ons ja sê om verhouding met Hom te hê nie, ek het self so gedink totdat ek

besef het dat daar eintlik baie vryheid en baie genade is wat op ons uitgestort is.

Toe ek besluit om my hart vir die Here te gee, toe was ek omtrent so 10 jaar

oud, maar het nooit verhouding met die Here verstaan totdat ek ń tiener was en

ek eintlik die Bybel begin prakties in my lewe toepas het. Ek het begin om ń

radikale verskil in my lewe te sien toe ek begin volgens die Woord leef,

alhoewel ek nog steeds nie perfek is nie en ek nog steeds foute maak. Ek het

begin sien hoe die mense om my se lewens verander as gevolg van die Here wat

deur my werk.

Page 23: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

23

Week 3

Net soos wat mens na die Bybel moet kyk as ń boek vol wysheid, riglyne en

lewens lesse, moet mens ook besef dat die Here ons Pa is. Wanneer ń ouer

teleurgesteld is omdat hul kind iets verkeerd gedoen het, is die regte ding om

die kind te dissiplineer, nie om hom te straf nie. Hierdie is dieselfde as met die

Here, Hy gee om oor ons en weet wat is die beste vir ons is, dus is dit ń

dissipline om die Bybel in ń mens se lewe toe te pas en nie ń straf nie. Die Here

is daar om ons te lei in die rigting wat hy vir ons beplan het, soms dwaal ons

van die pad af, maar ons weet dat Hy altyd daar gaan wees langs ons.

Ek wil jou uitdaag om die Bybel deur ander oë te begin sien, en te verstaan dat

die Here waarlik die beste vir Sy kinders wil hê omdat Hy lief is vir ons. Ek wil

jou ook uitdaag om die Bybel prakties in jou lewe toe te pas en te kyk wat die

vrug daarvan is oor ʼn tydperk.

Nota’s

Page 24: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

24

WEEK 3 DAGSTUKKIE 3 Bianca Steffen

Vandag wil ek met jou gesels oor die vrede wat God se woorde bring.

Psalm 119:165 – ‘Die wat U wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar

geen struikelblok.’

Kom ons wees eerlik, daar is groot kapasiteit in die lewe om te struikel. Vrede

beteken nie die afwesigheid van moeilikheid of konflik nie. Dit beteken nie

alles is nou maanskyn en rose nie. Dit beteken nie die Bloubulle wen altyd nie.

Vrede beteken ook nie passiwiteit nie.

Vrede kom van die woord ‘shalom’ wat beteken volheid, heelheid, niks is

uitgelaat of oorgesien. Vrede kom na ‘n oorlog of konflik beëindig is en

verskillende partye versoen het. Aan die kruis het Jesus die volle prys betaal om

ons met Homself te versoen. Vrede word opgesluit in die persoon van Jesus

Christus. Vrede is daardie wete dat Christus vir alles wat ek nodig het, reeds

voorsien het. Vrede is daardie wete dat maak nie saak wat my situasie is nie,

Jesus sien my, Hy is bewus van my en Hy weet hoe om hierdie situasie te

bemeester.

So, wanneer hier ‘n oorlog aan my binnekant woed, gaan soek ek Sy wysheid,

Sy woorde. Ek hoef nie my eie beperkte wysheid te vertrou nie, want Sy

onbeperkte wysheid is beskikbaar. Sy woorde maak ‘stepping stones’ van my

struikelblokke. Sy woorde het my al soveel keer uit onmoontlike situasies

begelei.

Kom ons bid saam: Jesus, ons weet op aarde sal daar altyd uitdagings en konflik

wees. Dankie vir die prys wat U aan die kruis betaal het om ons met Uself te

versoen. Dankie dat U vir elke situasie waarin ons ooit sal beland reeds voorsien

het. Dankie dat ons U woorde in plofbare situasies kan vertrou. Dankie vir

bonatuurlike vrede.

Page 25: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

25

WEEK 3 DAGSTUKKIE 4 Hein de Beer

Vandag gesels ons oor hoe die Woord ons help om sukses te behaal.

Joshua 1:8 “This book of instruction must not depart from your mouth; you

are to meditate on it day and night so that you may carefully observe everything

written in it. For then you will prosper and succeed in whatever you do.”

Ons almal wil sukses behaal in die lewe. Dit maak nie saak in watter area dit

mag wees of hoe dit lyk nie, of dit verhoudings is, finansies, gesondheid, ‘n

huwelik of jou loopbaan, sukses is ‘n belangrike aspek.

Vandag se skrif gee vir ons n sleutel tot sukses, die skrif wys vir ons dat in elke

aspek van ons lewe (gedagtes, woorde en dade) moet die Woord altyd deel

vorm, met ander woorde soos geskryf in Romeine 12:2, ons gedagtes moet

hernuwe word deur die Woord, ons moet dink en praat en optree soos die Here

in alles en in alle tye dag en nag, en dan sal jy “prosper” en sukses behaal, dit is

na ons in die Woord tyd spandeer het en die Woord deel maak van ons elke dag

lewe dat ons sukses beleef.

Die Woord word vergelyk aan daaglikse brood, as mens nie daagliks eet nie dan

is daar belangrike nutriënte wat nie ingeneem word nie en daar is dan nagevolge

wat ons moet dra. Dieselfde gebeur op ʼn geestelike vlak, elke dag wat ons nie in

die Woord spandeer nie word ons “honger” en mens kan baie prakties beleef

hoe daar ‘n tekort is in jou lewe.

Die sleutel tot sukses is vir ons gegee en dit is ons verantwoordelikheid om dit

te gebruik om die deur oop te sluit.

Kom ons bid saam: Vader vandag sê ons dankie dat U vir ons die sleutel tot

lewe gegee het, dankie dat U Woord so ryk is en dat deur dit sal ons nooit

honger wees nie. Vader leer ons vandag hoe om in elke tree en elke situasie, in

ons gedagtes, woorde en dade gefokus te bly op U Woord, mag dit nooit ons

lippe verlaat. Amen.

Page 26: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

26

WEEK 4 PREEK 4 Jean Symons

Ons sien baie duidelik in die Bybel dat TOEPASSING die fokus van die Lewe

in die Woord is. Baie mense verval in die INTERPRETASIE argumentering

maar kom nie uit by die APPLIKASIE (As ek so grusame anglisisme mag

gebruik) nie!

In Matt 7:24 is dit baie duidelik dat ons hoor, moet oorgaan na doen, as ons wil

seker maak ons lewens is op die ROTS gebou!!!

Joh 17:17 Heilig hulle in u waarheid; U woord is die waarheid.

Dis baie duidelik dat die Woord bedoel is om ons lewens te impakteer en nie net

bestudeer moet word nie.

Hier is ‘n paar waarskuwings in hierdie verband:

1. Kennis maak jou opgeblase: 1 Kor 8:1 Die kennis maak opgeblase, maar die

liefde stig.

Ons vind soms dat mense wat ent kennis soek die Bybel wil gebruik om ander

uit te sorteer of om argumente te wen maar die Bybel is in die gees van liefde

geskryf en is bedoel om mense op te bou en te ontwikkel.

2. Jak 1: 22. En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself

bedrieg nie.

Mense wat nie die Woord in aksie omskakel nie leef in ‘n vorm van geestelike

bedrog. Die Bybel wys ons ‘n stel oortuigings wat ons gedrag bepaal. Dis die

doel van die Woord!

3. Kennis verhoog verantwoordelikheid. Jakobus 4:17 Wie dan weet om goed

te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde. Meer kennis bring meer

oordeel. So kom ons bestudeer die Bybel met die oog op toepassing!!

Toepassing is harde werk

1. Dit vra ordentlike denkprosesse en dit vat tyd om te implementeer.

2. Die duiwel sal alles doen om ons te beveg sodat ons nie die Woord

implementeer nie.

3. Mense hou oor die algemeen nie van verandering nie. Ons wil soms die

Woord toepas in ander se lewens! Maar ons sukkel met ons eie. Dis hoekom

Jesus die storie van die splinter in iemand anders se oog en die balk in jou eie

oog aangespreek het!

Page 27: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

27

Week 4 Hoe werk die toepassing van God se Woord?

Hier is 3 vrae wat jou maklik kan help dat die Woord na toepassing toe gaan!

Dit bou die brug van die destydse betekenis na vandag!

1. Wat het hierdie skrifgedeelte beteken in daardie tyd?

2. Wat is die tydlose waarheid in hierdie skrifgedeelte?

3. Wat beteken dit nou vir my? Wat is die implikasies?

Johannes 15:1 Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.

1. Wat beteken hierdie skrifgedeelte in daardie tyd?

Druiwe boere het klein boerderye gehad en die landbouer was baie

persoonlik betrokke in sy wingerd.

2. Tydlose waarheid.

Ons God is ‘n persoonlike God wat nie van ‘n afstand af nie maar met sy

eie hande in ons lewens betrokke is.

3. Wat beteken dit nou vir my?

Ek kan my Vader betrek by elke klein detail van my lewe.

Vra die regte VRAE wanneer jy die Woord bestudeer

1. Wat wys hierdie skrifgedeelte my van God?

2. Wat wys hierdie gedeelte my van die mens?

3. Watter ontdekking wil die Here dat ek hieruit moet maak?

4. Wat moet ek verander a.g.v. wat ek nou ontdek het?

Filippense 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

1. Wat wys hierdie skrifgedeelte my van God?

Ons God stel belang om ons te bemagtig vir alles in ons lewe.

2. Wat wys hierdie gedeelte my van die mens?

Ek kan baie meer regkry as wat ek dink, as ek Hom toelaat.

3. Watter ontdekking wil die Here dat ek hieruit moet maak?

Ek moet leer om my lewe DEUR Jesus Christus te leef.

4. Wat moet ek verander a.g.v. wat ek nou ontdek het?

Nie meer in my eie krag probeer funksioneer nie. Ek lewe nou in

vennootskap met Jesus!

Page 28: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

28

WEEK 4 GROEPE 4 Jules Asher

Ek wil ons dagstukkie vandag afskop met die volgende gedagte: “maak nie saak

hoe uniek ons elkeen is nie, daar is een begeerte wat ons almal in deel en dit is

die begeerte om ‘n normale en goeie lewe te lei, om stabiliteit in elke area van

ons lewens te beleef!” Klink dit te goed om waar te wees?

Spreuke 4:20-22 My seun, hoor wat ek vir jou sê, luister goed na my woorde!

Moet dit nie vergeet nie, hou dit altyd in gedagte, want dit beteken lewe vir dié

wat daarna luister, 'n volle lewe vir hom wat dit besit.

Die een woord wat ek uit hierdie gedeelte wil beklemtoon, is die woord “want”,

want dit koppel hierdie gemeenskaplike begeerte in ons elkeen aan die “hoe” vir

my. Ongeag waarvandaan jy kom en dit wat op jou lewenspad al gebeur het, die

Woorde van God tot ons lewe is die enigste waarborg vir die tipe lewe wat God

vir ons in gedagte het – ja dit het die vermoë om verandering en oorvloed in

elke area van ons lewe te bewerk, tot die mate wat niks anders kan nie.

Ek het grootgeword in ‘n omgewing wat groter klem geplaas het op goed as

verhoudings, ‘n omgewing waar liefde op verkeerde maniere gewys is en dit het

deur generasies gekom. Die dag toe ek self kinders kry, het ek so gehoop dat

dinge anders sou wees in my huis. Dit was God se Woord en Sy leiding wat my

gehelp het om die pa te wees vir my kinders wat ek self begeer het, dit help my

elke dag om die fokus op die regte plek te plaas as ‘n pa in my huis.

Kom ons bid saam: Here dankie vir die belofte van ware lewe in elke area van

my bestaan, dankie vir dit wat U liefde vir my bied. Kom vul my gedagtes met

U woord en skryf dit op my harte sodat dit altyd in my lewe kan weergalm, dit

rig en transformeer. Amen

Page 29: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

29

WEEK 4 DAGSTUKKIE 1 Sune Sutton

Ek is Sune Sutton en ek is betrokke by die Cherish vrouebediening. Ons gesels

vandag oor hoe die Woord my sterker maak soos ek tyd in die woord spandeer.

Daar was ‘n man met twee honde. Die honde word opgelei om te baklei. Die

een hond word in die oploop tot die geveg gevoer, waar die ander hond nie

gevoer word nie. Van selfsprekend het die gevoerde hond die geveg maklik

gewen.

Dit wat ons voer in ons lewe is dit wat sterker word, en dit wat sterker word is

dit wat ons lewe lei. Johannes gee vir ons ‘n keuse van twee aspekte in ons

lewens wat ons kan voer, ons gees en ons vleeslike begeertes.

Johannes 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie;

die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Soveel van ons word gelei deur ons vleeslike begeertes omdat dit die area is

waarin ons die meeste belê (voer). Die Woord is dit wat tot ons gees spreek en

dit voed ons gees met lewe. Hoe meer ons tyd in die Woord spandeer hoe

sterker word ons gees. Die Woord stig ons gees in so ‘n mate dat wanneer die

temptasies van die vlees ons pad langs kom ons sterk sal staan en doelgerig kan

leef.

Kom ons bid saam: Here help ons om die areas in ons lewens te identifiseer wat

nog gelei word deur ons vleeslike begeertes. Breek U Woord oop oor daardie

areas, sodat ons sterk kan staan en met ons koppe omhoog ons wêreld verander.

Nota’s

Page 30: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

30

WEEK 4 DAGSTUKKIE 2 AJ Sutton

En dis my voorreg om die Young Adults en die mannebediening van Brooklyn

kampus te lei. Vandag gesels ons oor hoe die Woord wie Christus is vir ons

openbaar.

Die Woord kan so maklik iets wees wat ons net lees of hoor, maar dit vind nie

regtig gestalte in ons lewens nie. Jesus motiveer ons om nie net die skrif te sien

as ‘n aangename boek nie, maar om die skrif te sien soos dit van Jesus getuig.

ALLES IN DIE Woord GAAN OOR JESUS EN ALLES OOR JESUS GAAN

OOR MY.

Johannes 5:39 Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die ewige

lewe daarin kry. En dit is juis die Skrif wat oor My getuig.

Die oomblik as ons besef dat in die Woord leer ons nie net van Christus nie,

maar leer ons van onsself, het die Woord ‘n transformerende effek. Het jy al

ooit op ‘n punt gekom waar jy gevoel het jy het “jouself verloor”? Die laaste

seisoen van my lewe het dit gevoel of ek “AJ” verloor het. Ek het gevind dat die

enigste plek waar ek weer waarlik myself kan vind is in die Woord . Dit het my

gehelp om weer te besef dat ek in die beeld van Christus geskape is en ek kon

myself weer vind.

Here help ons om onsself te vind in U Woord . Om na U seun te kyk en onsself

te sien. Here openbaar aan ons onsself soos wat ons U Woord bestudeer en help

ons om dit prakties uit te leef in ons lewens. Amen.

Nota’s

Page 31: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

31

WEEK 4 DAGSTUKKIE 3 Marthinus Steffen

Vandag kuier ons rondom die beste wapen wat die Here vir my en jou kan gee.

Efesiërs 6:17 AOV En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die

Gees—dit is die woord van God.

Ons leef in ‘n wêreld met tegnologie en nuus om elke hoek en draai. Dit is asof

alles regoor die wêreld in een oomblik by ons en dadelik gesien kan word. Dit

veroorsaak dat ek en jy deur soveel opinies en persepsies gebombardeer word.

Die indruk wat dit los is dat ons dra die wêreld op ons skouers en ons voel

oorweldig en beleef ons is konstant in ‘n oorlog waarin ons probeer oorleef.

Wanneer Paulus aan my en jou skryf in Efesiërs moedig hy my en jou aan om

die helm van verlossing op te sit. Dit beteken dat ek en jy vry is van die wêreld

se opinie en ons gesetel is in Christus en Sy opinie die meeste gewig dra in ons

lewens.

Ons gedagte wêreld is die plek van oorlog. As ons dit wil oorwin moet ons weet

wie ons is in Christus. Nou sê Paulus ek en jy het die swaard van die Gees, die

Woord van God. ‘n Swaard gebruik ‘n mens om te veg. Hebreers 4:12

verduidelik dit as ‘n tweesnydende swaard wat beteken ‘n swaard wat na alby

kante kan sny. So hoe werk dit in my lewe?

Ek het die gewoonte om in die oggend tyd met die Here te spandeer. In hierdie

tyd spandeer ek om my Bybel te lees en die Here se opinie oor my te ontdek en

neer te skryf en vas te maak in my hart. Wanneer ek dan deur die dag

gekonfronteer word met ander se opinies of gedagtes, herinner ek myself aan

wat Sy Woord die oggend oor my gesê het, nou word die Woord ‘n swaard wat

verkeerde opinies, uitsprake en gedagtes vernietig.

Kom ons bid saam: Here dankie dat U uitspraak oor ons lewens is waarheid en

lewe. Vandag bid ek dat U Woord ons sal rig en elke opinie, gedagte en

uitspraak wat ons probeer vernietig sal weerlê in Jesus se naam. Amen

Page 32: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

32

WEEK 4 DAGSTUKKIE 4 Werner Janse van Rensburg

Vandag kyk ons bietjie na die Woord se krag in ons lewens.

Psalm 119:130(Afrikaans 1983) “Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring

dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.”

Die Bybel vir Almal vertaling sê dit as volg: “Wanneer mense verstaan wat U

gesê het, dan is dit vir hulle soos 'n lig, dit wys vir jongmense wat hulle moet

doen.”

So baie mense met wie ons te doen het gebruik die volgende stellings so baie:

“Ek weet net nie wat om te doen nie”. “Ek kan net nie ‘n besluit maak nie”.

“Hoe weet ek wat die Here van dit sê?”. Mense raak passief in die lewe want

dinge voel donker om hulle. Ons het nodig om rêrig te HOOR wat hierdie skrif

sê! Die Woord bring lig in enige situasie of besluit, die Woord gee insig as jy

dit kortkom, die Woord wys vir jongmense wat om te doen! Ons het wel nodig

om in die Woord in te delf om dit te verstaan en om die krag van hierdie

skrifvers te beleef in ons lewens. As jy jouself in ‘n donker kamer bevind het jy

nodig om die lig aan te sit – Christus se Woord is presies daai lig in enige

donker situasie of besluit in ons lewe.

Ek kan persoonlik getuig van die absolute krag van die Woord in my lewe. As

tyd in die Woord vir my ‘n gewoonte is, is my woordeskat in gebed SOVEEL

meer, ek bid dan anders want ek ken die waarheid en ek kan in gesag daai

woorde gebruik. My woordeskat brei ook uit as ek met mense gesels oor

uitdagings in die lewe, want ek het ‘n nuwe verwysing, ‘n nuwe plan vir enige

situasie vanuit die Woord. Mag die Woord, soos jy dit meer lees en verstaan die

LIG wees in jou lewe wat jou help met elke besluit en tree wat jy gee.

Kom ons bid saam: Here dankie dat U Woord soveel krag dra! Dankie dat dit

waarlik die Lig is in ons lewe en vir besluite wat ons moet neem. Dankie Here

dat soos ons tyd in die Woord spandeer dat die donker en swaar van die lewe sal

afval in Jesus naam want lig verdryf duister. U Woord is die lig in ons lewe, in

Jesus Naam.

Page 33: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

33

WEEK 5 PREEK 5 Jules Asher

Ons is in week 5 van ons 40 dae in die Woord en ons gaan na nog ‘n

opwindende metode van Bybelstudie kyk en ons vertrou dat dit nog meer

momentum sal bring in jou tyd van toewyding.

Indien jy voel dat jy bietjie sukkel met jou fokus en Bybelstudie die laaste paar

weke, wil ons jou regtig aanmoedig om nie moed te verloor nie en ook bewus te

wees van die volgende probleme wat kan bydrae tot jou daaglikse toewyding:

1. Die probleem van dissipline (“Die geveg met die komberse”)

o Staan dadelik op sodra jy wakker word

o Gaan slaap betyds

o Wees bewus van die “stiltetyd rowers”

o Gaan slaap met ‘n Skrifgedeelte in gedagte (Ps 1:1-2)

2. Die probleem van belangstelling (“Die geveg met my emosies”)

- Veroorsaak deur:

o Ongehoorsaamheid

o Jou fisiese toestand

o Te veel te wil doen en oorhaastigheid

o In ‘n groef vasgevang te word

o Jou insigte vir jouself te hou

3. Die probleem van afleiding (“Die geveg met my gedagtes”)

- Wenke wat sal help:

o Maak seker jy is wakker

o Lees en bid hardop

o Loop terwyl jy bid

o Hou ‘n notaboek/joernaal byderhand

4. Die probleem van moedeloosheid (“Die geveg met my tyd”)

- Hoe bou ek konsekwentheid in my stiltetyd?

o Maak ‘n ooreenkoms met God

o Dagboek jou afspraak met God

o Wees voorbereid vir die vyand se verskonings en aanvalle

o Los jou Bybel oop waar jy wil begin lees

o Vertrou op God se krag

Week 5

Page 34: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

34

ONTHOU! Moet nie mismoedig raak en tou opgooi as jy nou en dan nie by jou

stiltetyd uitkom nie. Fokus eerder om dit ‘n gesonde gewoonte in jou lewe te

maak eerder as om dit elke dag as ‘n taak af te merk. Gesonde ritmes neem

ongeveer 6 weke voordat dit ‘n lewenslange gewoonte kan raak.

Die Parafrase metode van meditasie Hierdie metode van meditasie behels die lees van ‘n Skrifgedeelte en die

herhaling daarvan in jou eie woorde sodat jy kan verduidelik wat dit vir jou

beteken. Die voordeel hiervan is dat dit as toets dien vir ons verstaan van dit wat

ons lees. Wanneer ek ‘n vers, paragraaf of hoofstuk lees en nie kan verduidelik

wat dit vir my beteken nie, verstaan ek nie werklik wat ek gelees het nie.

Kom ons gebruik Psalm 119:11 as voorbeeld:

“Ek het U Woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.”

Wat beteken hierdie Skrifgedeelte vir jou persoonlik?

________________________________________________________________

________________________________________________________________

________________________________________________________________

________________________________________________________________

________________________________________________________________

________________________________________________________________

________________________________________________________________

________________________________________________________________

Nadat jy die gedeelte geparafraseer het, kan jy besin oor die persoonlike

toepassing daarvan in jou lewe en dan afsluit deur daaroor te praat met God in

Gebed.

Mag die beoefening van hierdie metode, jou instaat stel om meer en meer van

God se Woord in jou hart weg te bêre!

Page 35: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

35

WEEK 5 GROEPE 5 AJ Sutton

Vandag gesels ons in ons groepe oor hoe die Woord wie altyd sy doel sal verrig.

Ons het dit goed gedink om ‘n springmat in ons tuin op te slaan vir ons kinders

om op te spring. Sonder dat ek dit agterkom het die gras stadig maar seker

doodgegaan onder die springmat. Sien die springmat het gekeer dat water of son

by die gras kan uitkom. Hoeveel keer is dit nie die storie van ons pad saam die

Here nie.

Jesaja 55:10 Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en

daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit

voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; 11 so

sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer

nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit

stuur.

Jesaja gee ons die versekerdheid dat as ons toelaat dat die Woord ons lewens

deurvogtig, SAL dit vrug bring in ons lewens. As ons nie intensioneel is met

ons investering in die Woord nie, kan dit wees dat ons stadig maar seker

geestelik weer droog en dor raak. Maar as ons toelaat dat die Woord ons lewe

vul sal dit nie leeg terugkeer nie. Dit sal altyd doen wat die Here wil hê dit moet

doen.

Vir die van ons wat kinders het voel baie keer jou woorde kom leeg terug met al

die daaglikse opdragte wat nie uitgevoer word nie. Maar die Here se beloftes, en

sy Woord sal altyd doen wat Hy bedoel het vir dit om te doen.

Kom ons bid saam: Here help ons om intensioneel met U Woord te wees. Mag

U gees ons lei dat ons nie op ʼn plek van geestelike droogte kom nie, maar dat U

Woord ons sal deurdrenk en vrug dra in ons lewens. Amen.

Page 36: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

36

WEEK 5 DAGSTUKKIE 1 Martin Bravenboer

Ons gesels vandag oor die waarde van die Woord in ons lewens en wat dit

beteken om dit waardevol te ag.

Ps 119:162-167 “Oor u Woord is ek so bly soos iemand wat ‘n groot skat in die

hande gekry het. Ek haat en verafsku leuens, maar u wet het ek lief. Ek loof U

soveel keer elke dag oor u bepalings. Hulle is regverdig. Vir dié wat u wet

liefhet, is daar groot sekerheid; niks kan hulle laat struikel nie. Ek vestig my

hoop op hulp van U, Here, u gebooie gehoorsaam ek. Ek kom u verordeninge

na, ek het hulle baie lief.”

Elkeen van ons het toegang tot die grootste geskenk wat ons nog ooit ontvang

het en tog gebeur dit dat die Bybel maklik op ons boekrak beland en stof

vergader. Dis nie dat ons dit nie wil lees nie, maar dit gebeur soms dat ons dit

nie verstaan nie en dus nie lees nie.

Die sleutel om die Bybel te lees is geloof. Wanneer ek en jy God se Woord lees

is dit eers net woorde op papier, maar deur daarop te mediteer en te oordink

word dit lewendig gemaak deur die Heilige Gees en word dit openbaring vir

ons. Hoe meer openbaring van die Woord ek kry, hoe groter word my aptyt om

meer daarvan te wil hê en te verstaan.

Alle wysheid en waarheid wat ek en jy nodig het is opgesluit in die Bybel en is

van toepassing op ons lewe vandag nog. Al wat ons moet doen is om meer en

meer daarvan te lees, en toe te laat, deur dit te oordink, dat die Heilige Gees dit

vir ons lewendig sal maak.

Kom ons bid saam: Hemelse Vader ek bid vandag dat U ons elkeen meer bewus

sal maak van U Woord in ons lewe. Ons begeerte is dat U dit wat ons lees

lewendig sal maak vir ons. Mag U Woord werklik ons grootste geskenk wees.

Amen

Page 37: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

37

WEEK 5 DAGSTUKKIE 2 Jean Symons

Mattheus 7:24-25 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen,

hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en

teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was

op die rots.

Ons is almal bouers. Ons bou ‘n lewe. Ons bou karakter en drome en spesiale

oomblikke wat ons nog lank gaan onthou. Ons bou iets wat tot in die ewigheid

gaan bestaan.

Nou besef ons dat ons soos wyse mense kan bou of soos die dwase. Die verskil

is in die fondasies. (Rots of sand) Fondasies vat baie lank en dit lyk asof daar

niks gebeur nie maar die grootte en sterkte van enige lewe is in sy fondasies.

Mense wat Lewe in die Here se Woord bou ‘n lewe wat die storms van die lewe

sal oorwin. Ons kan kies om ons lewens te bou op die skuiwende sand van

kultuur en populêre opinies, maar God se Woord het vir duisende jare mense se

lewens standvastigheid gebied!

Dan is daar ‘n paar ontdekkings oor storms in hierdie gedeelte:

1. Storms is onafwendbaar.

Niemand kan voorspel wat gaan gebeur in hierdie jaar nie maar ons weet

almal beleef storms. Storms in verhoudings, emosies, geestelik,

gesondheid, familie, finansies.

Jesus maak ons gereed vir die storms deur die noodsaaklikheid uit te spel

dat ons ‘hierdie Woorde van My’ moet hoor en moet implementeer

anders gaan die hartseer van die lewe ons verwoes.

2. Storms kom in verskillende vorme na ons toe aan.

Reën toets jou dak. Dit verwys verseker na ons gedagte wêreld en hoe

ons beskerming nodig het teen verwoestende invloede in ons binneste.

Vloede toets jou fondasies. Dis jou oortuigings en jou waardes waarop

jou lewe se sukses gebou word.

Winde toets jou mure. Dalk verwys dit ook na verhoudinge en mense om

jou.

So dank ons vandag die Here Jesus vir Sy Woord waarin ons kan LEWE! En

dan dank ons Hom dat Sy Woord ons fondasies gee wat alles gaan deurstaan!

Page 38: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

38

WEEK 5 DAGSTUKKIE 3 Luan Els

Vandag kyk ons die volgende vers in die Bybel.

Hebreërs 4:12

Die Woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met

twee snykante en dring selfs deur tot die skeiding van siel en gees en van

gewrigte en murg.

Ons fokus vandag is op die eerste gedeelte van die vers wat sê: Die Woord van

God is lewend en kragtig. Wat ek so baie van die Woord, die Bybel hou is dat

dit relevant is vir alle ouderdomme.

Ek kan onthou toe ek nog op laerskool was hoe ek Sondagskool en kinderkrans

toe gegaan het en hoe lekker dit vir my was om stories van die Bybel te hoor.

Op hoërskool het ons elke jaar op kampe gegaan en ons het ons eie “band”

begin toe ek in Graad 10 was. Ons het by verskillende kerke in die dorp

opgetree en by die skool. Deur dit alles het ek beleef hoe lewend en kragtig God

se Woord is en hoe dit mense se lewens verander het.

God se Woord het my so geraak dat ek na skool Teologie gaan studeer het by

Pneumatix in Somerset-Wes. Daar het ons twee maande van die jaar getoer deur

die land by skole, ouetehuise en verskillende gemeenskappe. Dit was wonderlik

om te sien hoe God se Woord ook daar ‘n verskil gebring het in mense se

lewens.

Dalk luister jy vandag en jy het nog nie die krag van God se Woord ervaar nie.

My gebed vir jou is dat God vir jou ‘n passie vir Sy Woord sal gee dat Hy jou

sal kom verander van binne af.

Page 39: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

39

WEEK 5 DAGSTUKKIE 4 Cyann Asher

Vandag gesels ons oor Matteus 4:4 waar Jesus versoek was deur die vyand.

Matt 4:4 The Passion Translation (TPT)

He answered, “The Scriptures say: Bread alone will not satisfy, but true life is

found in every word, which constantly goes forth from God’s mouth.”[

Baie keer bevind ons onsself op ń plek waar ons in verhouding staan met die

Here maar daar is spanning met hierdie verhouding in sekere areas van ons

lewens omdat ons versoeking beleef.

Ons sien hierdie selfs in Jesus se lewe, dat die vyand hom probeer onderdruk

het deur voorstelle te maak om Jesus se geloof te toets en te kyk of hy sal ingee

op sy voorstelle. Die vyand het 3 keer probeer om Jesus te oortuig om in te gee

vir versoeking maar al 3 kere het Jesus teen hierdie versoeking gestaan.

Ek was al baie keer op so plek in my lewe waar ek besef dat ek gekonfronteer

word met versoeking, terwyl ek in verhouding met die Here staan en dan moes

ek besluite maak, en die besluite was of om in te gee vir die versoeking of om

vas te byt en op te staan in die outoriteit wat die Here vir my gegee het, en te

weet dat hierdie versoeking nie die moeite werd is om voor in te gee nie.

Versoeking is ń tydelike manier om dinge reg te laat voel maar veroorsaak

skuld, skaamte en seer.

Ek onthou toe ek nog op skool was, het ek deur ń baie moeilike tyd gegaan toe

ek my ma verloor het aan ń hartaanval. Ek het daarna met die verkeerde mense

begin meng en het baie maklik geval vir die vyand se skemas sodat ek in die

oomblik kon beter voel. Totdat ek die volheid van Christus ontdek het en besef

het dat ek die outoriteit het om teen hierdie versoekings te staan. Het ek nooit

weer met versoeking gesukkel na hierdie openbaring? Nee! Natuurlik was ek al

baie keer gekonfronteer met dit, het ek geweet hoe om dit beter te hanteer, ja!

Page 40: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

40

Die “amazing” ding van hierdie skrif is, dat elke keer wat die vyand vir Jesus in

Matt 4 voorstelle van versoeking gemaak het, het Jesus elke keer gereageer met

wat in die Woord van God staan. Hy het nie staat gemaak op menslike verstand

nie, maar wat die waarheid oor ons lewens is. Jesus het in hierdie skrif vir ons

die sleutel gegee hoe om teen die vyand se versoeking te staan, en dit is om in

die Woord te lewe.

Hebrews 4:12 The Passion Translation (TPT)

“For we have the living Word of God, which is full of energy, and it pierces

more sharply than a two-edged sword.”

Die Woord van God is ń baie kragtige wapen, dit help nie ons memoriseer elke

liewe skrif in die Bybel maar ons het nie verhouding met die Here of ons

verstaan nie wat dit beteken nie. As ons verstaan wat die krag is van die Woord

van God, kan ons teen enige versoeking staan.

Ek wil jou uitdaag om regtig skrif te begin neer skryf en vir die Here te vra om

vir jou openbaringe te bring rondom dit. Ek wil jou ook uitdaag om ń praktiese

manier te kry om teen versoeking te staan wanneer jy voel jy word

gekonfronteer word daarmee.

Bv. Toe ek versoeking beleef het met goeters waarmee ek vir baie lank gestoei

het, het ek besluit dat ek in daai oomblik letterlik gaan weg stap van die

versoeking en ander perspektief kry en waarheid oor my lewe spreek voordat ek

in daai omgewing weer instap, en dit het werklik my lewe verander.

Nota’s

Page 41: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

41

WEEK 6 PREEK 6 Jean Symons

Maak God se Woord persoonlik

Die Bybel raak baie lewendig as ons net ons naam in elke skrifgedeelte inlees.

Die Bybel is eintlik ‘n liefdevolle Vader se woorde aan sy kinders!

Johannes 3:16 want so lief het God vir JEAN gehad dat hy...

Fil 1:6 hy wat goeie werk in JEAN begin het, sal dit voltooi...

Spr 3:5 JEAN, vertrou op my met jou hele hart, ek sal jou paaie gelyk

maak...

Ps 23:1 JEAN ek is jou Herder, jy sal nie iets kortkom nie..

Memoriseer God se Woord

God se Woord is so belangrik dat ons moeite moet doen om dit te memoriseer.

Ons almal begeer om voluit te lewe en suksesvol te wees. Ons is nou oortuig dat

die krag van God se Woord eers voluit begin werk as ons dit memoriseer.

Spreuke 7:1 My seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou;

onderhou my gebooie, dan sal jy lewe. New King James Version: And treasure

my commands within you.

Kolossense 3:16-17 Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle

wysheid. Leer en vermaan mekaar... wat julle ook al doen in woord of in daad,

doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Kom ons kyk na voordele van die memoriseer van die Skrif.

1. Laat die Woord in jou lewe en jy sal wyse besluite neem.

Dit is in die belangrikste besluite van ons lewe waar ons nodig het dat

God se Woord ons moet begelei. As jy die Bybel memoriseer sal jy

verstom wees hoe die Woord terugkom in jou gedagtes wanneer jy sulke

groot besluite moet neem.

Psalm 119:105 U Woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.

2. Laat die Woord in jou lewe en dit sal jou krag gee.

Jesaja 40:28-29 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige

God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie

moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Hy gee

die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het

nie.

Dit is deur die Woord van die Here wat ons die bemoediging en energie

kry wat ons deur die uitdagendste tye help.

3. Laat die Woord in jou lewe en dit sal jou troos in moeilike tye.

Page 42: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

42

Week 6

Psalm 119:30 Wanneer u Woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee

insig aan dié wat nog onervare is.

Die Psalms is ‘n magtige bron van ondersteuning omdat die skrywers

hulle stryd en hulle troos in soveel ‘detail’ met ons deel. God se Woord

bring perspektief.

4. Laat die Woord in jou lewe en jy sal versoeking kan weerstaan.

Dit bly een van die sterkste verwysings in die Bybel toe Jesus in

Mattheus 4 die versoekings van die duiwel weerstaan het met die

volgende woorde: ‘Daar staan geskrywe’

Ps 119.11 Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.

5. Laat die Woord in jou lewe en jy sal ‘n effektiewe getuie kan wees.

1 Pet 3:15 Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van

julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.’

As ons die Woord memoriseer sal ons dit beter kan verduidelik wanneer

iemand sou belang stel.

Wanneer sal ek tyd kry om die Woord te memoriseer?

Die geheim is om die skrifgedeelte wat jy wil memoriseer te skryf op ‘n kaartjie

wat jy orals saam met jou neem. Dan kan jy dit herhaal terwyl jy ry of terwyl jy

oefen of terwyl jy wag vir iets.

Iemand het so ‘n kaartjie in sy kar se sonskerm gesit en by elke plek waar hy

moet stop en wag vinnig weer daarna gekyk. So kan jy baie meer skrifte

memoriseer as wat jy dink moontlik is. ‘n Ander opsie is om dit as ‘n

screensaver op jou foon of rekenaar te sit.

Die geheim van die onthou van enige stuk teks is om elke hoofbegrip aan een

prentjie of assosiasie te koppel. So onthou ‘n mens makliker drie of 4

assosiasies eerder as ‘n klomp woorde.

Hier is ‘n vb: Matt 7: 24 Elkeen dan (Wys na elke mens rondom jou) wat

hierdie woorde (wys na jou mond) van My hoor (wys na jou ore) en

daarvolgens handel (kyk na jou hande), kan vergelyk word met 'n

verstandige man (wys na jou brein) wat sy huis op rots gebou het. (Wys

na jou voete)

Page 43: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

43

WEEK 6 GROEPE 6 Jean Symons

Een van die bekendste skrifgedeeltes oor die Lewe in die Woord is in

Johannes 8:21-32.

Kom ons kyk daarna vir ons groepbespreking hierdie week.

Johannes 8:31 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my

woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32 en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

Jesus se Woorde dra die krag van Sy oortuigings (beliefs). En ons sien dat dit

presies is wat Hy vir ons aarde toe gebring het...OORTUIGINGS wat mense

voluit laat lewe en floreer in alle opsigte en natuurlik in alle vryheid.

Die heel eerste woorde is baie belangrik: “AS julle...” Dit wys ons weer die

vrye keuse wat God vir elke mens gegee het. Sy Woord is ‘n uitnodiging...nie ‘n

verpligting nie...so Hy begin en Hy eindig met VRYHEID!

“Getrou bly aan Sy Woorde...” ek dink hierdie praat van iemand wat Jesus se

Woorde so ge-internaliseer het dat dit nie meer net SY Woorde is nie maar dat

dit JOU woorde, of jou mantra, of jou lewensoortuiging geword het. Die krag

van God se Woord kom wanneer ek en jy onsself so daarmee identifiseer dat

ons een word met Jesus se oortuigings.

Daar is twee tipes waarheid in my lewe...MY WAARHEID en DIE

WAARHEID. Dis baie duidelik in Jesus se leringe dat ons soms oorlewering

by mense ontvang wat nie belyn met God se oortuigings nie. Hierdie Johannes

8:32 maak dit duidelik dat dit alleen DIE waarheid is wat ons vrymaak. Elke

ding wat ek glo word dus getoets aan Jesus se Woorde.

Page 44: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

44

Week 6

As ek dan kies om hardkoppig my eie kop te volg is die prys wat ek betaal

gewoonlik een of ander vorm van slawerny.

Bv Jesus se Woorde...Gee en vir jou sal gegee word. Ek kan kies om nie

‘n lewe van vrygewigheid te leef nie maar die prys wat ek dan betaal is

dat skaarsheid oor my hele menswees sal kom.

Laastens is die sleutelwoordjie “ken” net so belangrik. Julle sal die waarheid

‘ken’! Hierdie woordjie praat daarvan dat ons die waarheid sal in al sy volle

dimensies verstaan en kan internaliseer. As ons die waarheid net ten dele ken sal

ons die belofte van vryheid ook net ten dele ken.

So die uitdaging van hierdie skrifgedeelte is in ons moeite wat ons maak om

Jesus se woorde te ken en te verstaan en te implementeer sodat kop kennis

oorskuif na ervarings kennis!!!

Lewe in die Woord!

Nota’s

Page 45: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

45

WEEK 6 DAGSTUKKIE 1 Marthinus Steffen

Vandag kuier ons rondom my en jou liefde vir die Woord.

In Handeling 10 lees ons die storie van ‘n man met die naam van Cornelius. Hy

kry ‘n gesig van die Here om Petrus te ontmoet wat my verstom van sy storie is

sy passie en begeerte om meer te leer.

Hand 10:33 ANV “Ek het dadelik mense na u toe gestuur, en u was so goed om

te kom. Ons is nou almal hier in die teenwoordigheid van God om te hoor wat

die Here alles aan u opgedra het.”

Hoe behou ek my passie vir die Woord sodat ek soos Cornelius net aanhou wil

hoor?

Eerstens, ek het ontdek dat die hele Bybel is oor Jesus, en Jesus gaan oor

my en jou. Dit maak die Bybel so relevant want Jesus is God se denke

van menswees.

Tweedens, die Bybel het so baie te sê wanneer ons dit lees vanuit die regte

perspektief.

Byvoorbeeld: Wanneer ek sou ‘n teleskoop gebruik om in die aand na die sterre

te kyk dan help dit my om te verstaan hoe groot hierdie groter prentjie van

God is.

Nou is die Bybel soos ‘n teleskoop wat God se groter prentjie aan my en jou

bekend stel. Dit help my en jou om God se intensies met ons te verstaan en dit

gee ook aan my en jou die konteks en inhoud van ‘n betekenisvolle lewe.

Om die Bybel se konteks reg te verstaan het ek nodig om by die outeur van lewe

te begin en dit is by God. Ek word so herinner aan Myles Monroe se woorde

waarin hy altyd gesê het “If you want to understand purpose and meaning you

don’t ask the creation, you ask the creator, because creation is just as confused as

you are”

Laastens, Wanneer ek my Bybel lees dan maak ek dit interessant deur myself in

te leef in die storie van wat ek besig is om te lees. Op hierdie manier behou ek

my passie en liefde vir die Woord .

Kom ons bid: Here dankie vir U Woord wat soos vars brood is elke dag in ons

lewens. Ek vra Here dat ons opnuut elke deel van die Woord sal eet soos vars

brood elke dag. Amen

Page 46: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

46

WEEK 6 DAGSTUKKIE 2 Werner Janse van Rensburg

Vandag gesels ons oor die Woord se uitlewing in ons lewens.

Psalm 119:105(Nuwe Lewende Vertaling) “U Woord is ’n lamp vir my voete en

’n lig op my pad.”

Die Afrikaanse Bybel vir Almal Vertaling sê dit as volg: “Die dinge wat U vir

ons gesê het, is vir my soos 'n lamp wanneer ek in die donker loop, dit wys vir

my hoe ek moet lewe.”

Hierdie is ‘n skrif wat ons baie keer gebruik want ons kan hom goed onthou en

dis al in ons ingedril van kleins af, maar besef ons rêrig wat ons sê? Wat

beteken hierdie vir jou as jy in ‘n moeilike situasie by die werk kom? Wat

beteken hierdie vir jou as jy struwelinge in verhoudings met mense om jou het?

Gebruik ons hierdie Woord net wanneer dit ons pas, of is dit gepas in ALLES in

ons lewe?

As leier stap mens in sekere gesprekke in of mens moet moeilike besluite neem.

Enige mens het seisoene van eerstes(bv. Gr8, Universiteit, Trou, Kinders ens.)

en daar is baie besluite om te maak en ek was al in onsekere plekke wat donker

gevoel het. Die feit dat ek Sy Woord het in my lewe in daai onsekere situasies is

daar altyd lig. In onsekere tye staan ek op Sy Woord en weet ek die Here het my

nie ‘n gees van vrees gegee nie, maar van liefde, krag en selfbeheersing. In

onsekere tye staan ek op Sy Woord en weet ek om ander te vergewe net soos

Christus my vergewe het. En ek het elke dag nodig om die Woord as lig te

gebruik soos hierdie skrif vir ons sê. Die Lig bring sekerheid in enige situasie en

net so Sy Woord.

Kom ons bid saam: Vader, dankie dat hierdie skrif van toepassing is in

ALLES in ons lewe! U Woord is kragtig en as U sê dis die lig op ons pad, dan

kies ons om dit te glo en te leef vandag. Dankie Vader dat niks donker ons kan

oorkom nie, want hierdie Woord wys ons duidelik dat U Woord altyd lig sal

bring. Mag ons meer en meer van U leer ken in U Woord.

Page 47: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

47

WEEK 6 DAGSTUKKIE 3 Sune Sutton

Ons gesels vandag oor hoe die Woord nie net ons geloof stig nie, maar hoe die

Woord ons help onderskei wat is goed.

Ons lewe in ʼn wêreld met duisende stemme wat skree vir ons aandag. Die

kapasiteit wat ons het om selektief te wees en fokus op die regte stemme bepaal

in ‘n groot mate of ons doelgerig kan leef. Rom. 10:17 moedig ons aan om ons

aandag aan die Woord te gee.

Rom. 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord

van God.

Dit wat ons aan aandag gee, is dit wat gestalte vind in ons lewens. Ongelukkig

is daar soveel mense wat hulle aandag aan die verkeerde stemme van die wêreld

gee. Rom. 10 leer ons dat as ons aandag aan die Woord gee, dan bou dit ons

geloof. Net so kan die verkeerde stemme aan wie ons aandag gee, ons geloof

verswak.

Die Woord is vol riglyne wat ons aandag aan kan gee en toe pas in ons lewens.

Die Woord behoort die eerste stem te wees waaraan ons aandag gee in elke

situasie. Watter stemme kry jou aandag, wat nie besig is om jou geloof te stig

nie?

Here help ons om die kompleksiteit van ons wêreld te kan hanteer deur aandag

te gee aan U Woord . Mag U deur U Woord ons geloof bou, sodat ons met

duidelikheid die stemme van die wêreld kan onderskei.

Nota’s

Page 48: LEWE IN DIE WOORD - Doxa Deo Church · eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is

48

WEEK 6 DAGSTUKKIE 4 Michelle Jv Rensburg

Ons gesels vandag oor die Woord wat altyd sal staan.

1 Petrus 1:24 – 25 “Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n

veldblom; die gras verdor en die blom val af, 25 maar die woord van die Here,

dít bly vir ewig.”

Ons as mens kan soms hierdie skrif lees en dan lê die fokus in ons

verganklikheid, die feit dat ons lewe enigetyd verby kan wees op aarde. Ons

maak die fokus soms van hierdie skrif dat ons die beste van elke dag moet maak

en leef voluit! Die mens is soos gras en soos ‘n blom wat afval, maar die skrif

maak nie daar klaar nie. Dit gaan aan en verduidelik eintlik hoe stabiel en

konstant God se Woord is. Die fokus is nie ons nie, maar God se Woord! Dit

wat Hy oor jou sê in Sy Woord sal nooit vergaan of verander nie. Dit bly vir

ewig!

In my lewe het ek al baie gevoel as dit ‘n nuwe jaar is, of ‘n nuwe seisoen breek

aan in ons gesinslewe dat ek so graag iets nuuts wil hoor van die Here af, maar

Hy moes al ‘n paar keer vir my herinner dat Sy Woord is verewig, my seisoen

kan dalk verander, maar Sy Woord oor my doen nie. Die hele Bybel en Woord

is van toepassing in my lewe maak nie saak watter seisoen ek in is nie. Ek het

nodig om Sy Woord te vat en toe te pas en te leef al lyk my rol of seisoen

anders. Sy Woord oor my is vir ewig, dis nie seisoensgebonde nie. Mag jy dit

ook besef vandag, mag Hy jou herinner aan hoe vol Sy Woord is oor Sy

gedagtes oor jou en Sy beloftes oor jou!

Kom ons bid: Dankie Here dat U liefde en Woord oor ons konstant is. Dankie

dat dit vir ewig sal staan, maak nie saak wat ons omstandighede of seisoen is

nie. Here maak ons vandag opnuut opgewonde oor die hele Woord wat alles in

het om U te verstaan, onsself en hoe om te leef!