lewensvaardighede eksamen november 2015 graad 6

13
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6 Aantal bladsye: 9 PUNTE: 60 TYD: 1¼ UUR

Upload: others

Post on 09-Jul-2022

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

LEWENSVAARDIGHEDE

EKSAMEN

NOVEMBER 2015

GRAAD 6

Aantal bladsye: 9

PUNTE: 60 TYD: 1¼ UUR

Page 2: LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6

Lewensvaardighede Eksamen Graad 6 2 November 2015

LEERLING SE VAN

LEERLING SE VOORNAAM

KRING

NAAM VAN SKOOL

DATUM

INSTRUKSIES AAN LEERLINGE 1. Jy het 1¼ UUR om al die vrae in Afdeling A, B en C te beantwoord.

2. Lees die vrae aandagtig deur.

3. Alle vrae moet in die gegewe ruimtes beantwoord word.

4. Let asseblief op spelling en korrekte sinskonstruksie.

5. Skryf so netjies en leesbaar as moontlik..

Page 3: LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6

Lewensvaardighede Eksamen Graad 6 3 November 2015

AFDELING A VRAAG 1 Daar is VIER moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies die korrekte

antwoord en skryf slegs die korrekte letter van die alfabet in die gegewe

ruimte.Byvoorbeeld:

b.v. 1.6 Kulturele deurgangsrites sluit die volgende in: A. Kos eie aan „n kultuur

B. Huwelik

C. Reaksies

D. Gebeurtenis

_B___

1.1 Rituele is ...

A. spesiale openbare geleenthede.

B. verantwoordelikhede.

C. spesiale optrede wat altyd op dieselfde manier uitgevoer word.

D. Al die bogenoemde.

______ (1) 1.2 Menseregtedag word gevier op:

A. 27 April B. 16 Desember

C. 21 Maart

D. 25 Desember

______ (1)

1.3 Die immuunstelsel is die liggaam se vermoë om ...

A. siektes te beveg.

B. liggaamstemperatuur te reguleer

C. van afvalprodukte ontslae te raak.

D. rooibloedliggaampies te vervaardig.

______ (1)

Page 4: LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6

Lewensvaardighede Eksamen Graad 6 4 November 2015

1.4 Preserveermiddels word gebruik om voedsel ...

A. lekkerder te laat smaak.

B. kleur te gee.

C. langer te laat hou.

D. glad te maak.

_____ (1)

1.5 Watter een van die volgende is „n teken/ simptoom van tuberkulose?

A. Aanhoudende maagkrampe.

B. Jeukende hande en voete.

C. „n Hoes wat vir langer as twee weke aanhou.

D. Tandpyn

_______ (1)

(5) VRAAG 2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR

of ONWAAR in die gegewe ruimtes.

2.1 Liggaamsveranderinge vind gedurende puberteit plaas._____________(1)

2.2 Potensiaal is daardie goed waarvan jy graag meer wil weet of van wil leer.

_____________ (1) 2.3 Verwerkte voedsel bevat dikwels kleurstowwe en geurstowwe wat nie

goed is vir jou nie. ________________ (1)

2.4 Oordraagbare siektes word veroorsaak deur „n virus, bakteriëe of fungi

wat versprei word deur fisiese kontak of deur die lug.______________ (1)

2.5 Die Vereniging vir die Voorkoming van Wreedheid teenoor Diere sien om

na die belange van werkende mense.___________________ (1)

(5)

Page 5: LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6

Lewensvaardighede Eksamen Graad 6 5 November 2015

VRAAG 3 Kies die korrekte antwoord uit die woordbank en voltooi/ skryf dit langs die

onderstaande stellings.

Seksisme, Boelie, MIV, Jeugdag, Bemiddeling, Vryheidsdag

3.1 ________________ vind plaas wanneer „n objektiewe persoon as

vredemaker optree tussen twee persone wat van mekaar verskil. (1)

3.2 Jaarliks op 27 April vier ons die eerste demokratiese verkiesing wat in

1994 in Suid-Afrika plaasgevind het. __________________ (1)

3.3 Wanneer iemand jou herhaaldelik seermaak, al dring jy daarop aan dat

hulle moet stop: ____________________. (1)

3.4 Daar is geen geneesmiddel vir hierdie siektetoestand nie. Daar is slegs

medisyne wat kan help om die siekte en simptome te beheer.________(1)

3.5 Advertensies en Televisieprogramme beeld mans dikwels uit as manlik en

vol selfvertroue, en vrouens as fisies aantreklik en passief.__________(1)

(5) VRAAG 4 Beantwoord die volgende vrae:

4.1 Maak DRIE voorstelle hoe jy kan help met die versorging en beskerming

van diere.

4.1.1

___________________________________________________________ (1)

4.1.2

___________________________________________________________ (1)

4.1.3

___________________________________________________________ (1)

4.2 Watter basiese Noodhulpprosedures kan jy toepas om bloeding onder

beheer te bring? (Hoe sal jy bloeding stop?) Noem TWEE maniere.

4.2.1

___________________________________________________________ (1)

Page 6: LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6

Lewensvaardighede Eksamen Graad 6 6 November 2015

4.2.2

___________________________________________________________ (1)

4.3 Noem DRIE belangrike fases in die lewe van „n individu (mens) in

die kulture van Suid-Afrika.

4.3.1 _______________________________________________________ (1)

4.3.2 _______________________________________________________ (1)

4.3.3 _______________________________________________________ (1)

4.4 Noem TWEE soorte mishandeling.

4.4.1 _______________________________________________________ (1)

4.4.2 _______________________________________________________ (1)

(10) TOTAAL AFDELING A: 25 AFDELING B VRAAG 4 5.1 Lees die storie en beantwoord die vrae wat volg: Lindiwe wil graag „n polisievrou word wanneer sy klaar is met skool. Haar ouers bly sê dat sy nie by die polisie moet aansluit nie. Hulle sê dat dit nie geskikte werk is vir ʼn vrou nie, omdat die werk gevaarlik is en jy lang ure van jou huis af weg is. Hulle wil hê sy moet ʼn onderwyseres word. Lindiwe voel gefrustreerd omdat haar ouers nie haar droom met haar deel en haar loopbaankeuse wil aanvaar nie. Hulle baklei die hele tyd en Lindiwe voel baie ongelukkig daaroor.

5.1.1 Is hierdie storie „n voorbeeld van stereotipering, verbale

mishandeling of seksisme? Gee redes vir jou antwoord.

______________________________________________________

______________________________________________________

______________________________________________________

(3)

5.1.2 Hoe beïnvloed hierdie situasie Lindiwe se verhouding met haar ouers?

Bespreek TWEE wyses.

_(a)___________________________________________________________

______________________________________________________________

_(b)___________________________________________________________

(4)

Page 7: LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6

Lewensvaardighede Eksamen Graad 6 7 November 2015

(7) 5.2 Katrien se verhaal. Sedert sy ʼn klein dogtertjie was, is Katrien vreeslik lief vir diere. Toe sy slegs ses jaar oud was het sy ʼn hondjie by haar ouma gekry as geskenk. Sy het die hondjie self versorg en haar Stella gedoop. Sy het Stella na die DBV geneem en hulle het haar ondersteun om Stella te laat steriliseer. Selfs toe die hondjie oud geword het, het sy haar steeds versorg – tot die dag van Stella se dood. Sedertdien het Katrien rondloperhonde en katte na haar huis geneem. Selfs „n baba eekhoring is deur haar versorg. Gedurende die Julie skoolvakansie het Katrien as vrywilliger by die DBV naby haar ouerhuis gewerk. Sy het diere gesien wat erg mishandel is deur hulle eienaars. Dit het haar baie kwaad gemaak en sy het besluit sy sal help waar sy kan. Sy het met die veearts by die DBV gesels asook met haar Gr.6 onderwyser. Hulle het haar vertel dat sy op skool baie goeie punte moet behaal indien sy eendag ʼn veearts wou word. Katrien is gedetermineerd om hard te werk op skool, sodat sy haar droom om veearts te word, kan verwesenlik. 5.2.1 Waarvoor staan die afkorting DBV? , (1)

______________________________________________________________

5.2.2 Verduidelik wat „n veearts is:

______________________________________________________________

______________________________________________________________

(2)

5.2.3 Dink jy Katrien is in staat om diere te versorg? Verskaf VIER redes.

(a)____________________________________________________________

(b)____________________________________________________________

(c)____________________________________________________________

(d)__________________________________________________________

(4)

Page 8: LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6

Lewensvaardighede Eksamen Graad 6 8 November 2015

5.3

Roy - groepsdruk: Roy is in Graad 10. Hy woon saam met sy ma, Maria op die Kaapse Vlakte, in „n plek wat Helshoogte genoem word. Roy se pa het in ʼn argument met twee bendelede betrokke geraak en is noodlottig gewond. Roy se ma is bekommerd dat hy dalk betrokke kan raak by een van die vele bendes wat op die Kaapse Vlakte regeer. Sy maak seker dat hy getrou skool bywoon. Hy doen goed op skool en sy onderwysers is trots op hom. Elke middag oppad huistoe moet hy en sy twee beste vriende, Herklaas en Sipho, verby „n huis stap vanwaar “tik”versprei word.Baie van hulle klasmaats is dwelmverspreiders vir die bendeleiers. Dit het tot gevolg dat hulle genoeg geld het om duur klere, nuwe selfone en ander luukshede te koop. Hulle is ook baie gewild by die skool. Met die verloop van tyd het Roy agter gekom dat sy vriende hom vermy. Hulle wou nie meer saam met hom loop nie. Hulle skoolwerk het agteruit gegaan. Hy het ook gesien dat Herklaas „n nuwe selfoon gekoop het. Hulle het ook skielik messe rond gedra. Roy het sy vriende gekonfronteer en hulle het aan hom erken dat hulle by „n bende aangesluit het en nou “tik” verkwansel. Hulle het ook gesê dat hulle nie kon weier om by die bende aan te sluit nie omdat die bendelede hulle en hul gesinne gedreig het. Sipho het Roy gevra om ook by die bende aan te sluit. Herklaas het gesê dat hulle trots is op hulle nuwe status. Hy het Roy probeer oortuig deur te sê dat hy ook gewild sal word en geld sal hê om luukshede te koop. Alhoewel Roy bang was dat die bendelede hom en sy ma ook sou dreig, het hy besluit om met „n onderwyseres, sy ma en die pastoor te praat. Hulle het hom goeie raad gegee. Roy vaar goed op skool. Hy is steeds nie lid van „n bende nie. Vrae:

5.3.1 Verskaf „n definisie vir groepsdruk:

______________________________________________________________

___________________________________________________________ (2)

5.3.2 Waarom is Roy se ma bekommerd oor hom? Gee TWEE redes.

(a)____________________________________________________________

(b)________________________________________________________ (2)

5.3.3 Hoekom is Roy suspisieus oor sy vriende? Noem TWEE redes.

(a)____________________________________________________________

(b)________________________________________________________(2)

TOTAAL AFDELING B: 20

Page 9: LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6

Lewensvaardighede Eksamen Graad 6 9 November 2015

AFDELING C VRAAG 6 Die Konstitusie is ontwikkel om „n verenigde en demokratiese Suid-Afrika te

bou wat sy regmatige plek as „n onafhanklike staat in die familie van nasies

kan inneem. Die Konstitusie help ons om ongeregtighede raak te sien en

almal te respekteer wat deel gehad het daaraan om ons land te bou en te

ontwikkel. Dit gee leiding oor hoe ons die nasie kan opbou.

6.1 Verduidelik in jou eie woorde wat nasiebou beteken:

___________________________________________________________

___________________________________________________________

(2)

6.2 Kultuurerfenis verleen „n gevoel van samehorigheid aan „n nasie.

Bespreek DRIE wyses/maniere waarop dit plaasvind:

(a)_________________________________________________________

___________________________________________________________

(b)_________________________________________________________

___________________________________________________________

(c)_________________________________________________________

(6)

6.3 Is Xenofobie bevorderlik vir die uitbouing van geregtigheid en

bevordering van respek vir verskeidenheid? Wat is jou mening/opinie

hieroor?

___________________________________________________________

___________________________________________________________

___________________________________________________________

(3)

6.4 As deel van nasiebou vier ons Jeugdag. Bespreek die inhoud van die

2010 tema: “Tree op vir die oorlewing van alle kinders in Suid-Afrika”.

______________________________________________________________

______________________________________________________________

(4)

TOTAAL AFDELING C: 15 GROOTTOTAAL 60

Page 10: LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

LEWENSVAARDIGHEDE

MEMORANDUM

NOVEMBER 2015

GRAAD 6

Aantal bladsye: 4

AANTAL PUNTE: 60

Page 11: LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6

Lewensvaardighede Memorandum Graad 6 2 November 2015

AFDELING A VRAAG 1 1.1. C √

1.2. C √

1.3. A √

1.4. C √

1.5. C √ (5) VRAAG 2

2.1 Waar √

2.2 Onwaar √

2.3 Waar √

2.4 Waar √

2.5 Onwaar √ (5)

VRAAG 3

3.1 Bemiddeling √

3.2 Vryheidsdag √

3.3 Boelie √

3.4 MIV √

3.5 Seksisme √ (5)

VRAAG 4

4.1. 1 Was die diere. √

4.1.2 Gee hulle kos. √

4.1.3 Neem hulle veearts toe. √

4.1.4 Gee aan hulle skuiling/blyplek. √

4.2 .1 Druk op die wond. √

4.2.2 Wend ‘n drukverband aan. √

4.2.3 Lig die wond / eleveer die wond. √

4.3.1 Geboorte. √

Page 12: LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6

Lewensvaardighede Memorandum Graad 6 3 November 2015

4.3.2 Doop. √

4.3.3 Huweliksbevestiging. √

4.3.4 Dood. √

4.4.1 Emosionele. √

4.4.2 Fisieke. √

4.4.3 Seksuele. √ (10) TOTAAL AFDELING A: 25

VRAAG 5 5.1

5.1.1 Geslagstereotipering

Lindiwe se ouers wil haar beroep namens haar kies want hulle glo dit is meer geskik

vir ‘n vrou. √

5.1.2

(a) Sy is gefrustreerd want haar ouers verstaan nie haar beroepskeuse nie. √

(b) Sy is ongelukkig want sy baklei die hele tyd met haar ouers. √

5.2.1 Diere Beskermings Vereniging. √

5.2.2 Dieredokter. √

5.2.3.

(a) Sy het Stella versorg. √

(b) Sy het rondloperhonde en katte huistoe gebring √

(c) Sy het as vrywilliger by die DBV gedurende vakansies gewerk. √

(d) Sy word kwaad vir mense wat diere mishandel. √

5.3

5.3.1 Wanneer vriende jou probeer beïnvloed om iets (gewoonlik teen jou wil) te

doen. √√

5.3.2.

(a) Dat Roy by ‘n bende sou aansluit. √

(b) Dat hy dwelms sal verkoop. (dwelmhandelaar) √

5.3.3.

(a) Hulle het duur nuwe selfone gehad. √

(b) Hulle het hulself met messe bewapen. √

TOTAAL AFDELING B: 20

Page 13: LEWENSVAARDIGHEDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 6

Lewensvaardighede Memorandum Graad 6 4 November 2015

AFDELING C VRAAG 6 6.1 Wanneer alle landsburgers help om ‘n Suid-Afrika te bou waarop ons trots kan

wees. √√

6.2. Die nasie word aangemoedig om verskeidenheid te vier en om te bou op

raakpunte van almal in Suid-Afrika √√. Dit is ‘n kultuur wat verskillende gelowe

respekteer √√. ‘n Gemeenskaplike gevoel word ontwikkel vir alle burgers en

inwoners van die land √√. Dit bring mense bymekaar. (Enige ander relevante

antwoord) (6)

6.3 Nee. √

Dit ondermyn respek en menswaardigheid. √√

Dit bevorder verdeeldheid binne landsgrense.

Enige ander relevante antwoord. (3)

6.4 Elke kind het die reg om beskerm, gevoed, gerespekteer en liefgehê te word.

Menswaardigheid en versorging is belangrik. Kinders is die toekomsgenerasie en

elke kind is my kind!

(Enige ander relevante antwoord)

(4)

TOTAAL AFDELING C: 15 GROOTTOTAAL 60