lewensvreugde - hartklop.ngkonrusrivier.co.zahartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/hartklop 22 sep...

4
VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR Ds Johann Smith Fil.1:3-6 & 12-14, Fil.3:10 -11, Fil.4: 4 -13 Ons leef in ‘n tyd van politieke onrus en onsekerheid, van finansiële onstabiliteit en swaarkry. Ons sukkel om kop bo water te hou en ‘n stukkie brood te hê met iets daarop. Ons gesondheid is nie aldag wat dit moet wees nie. Dit is alles dinge wat bydra tot ‘n pessimis- tiese en swaarmoedige tydsgees wat ons wil stroop van ons lewensvreugde. Paulus het ook in so ‘n tyd gelewe en so ook die ge- meentes waar hy gearbei het. Daarom skryf hy ‘n brief aan die gemeente van die Filippense waarin hy lewensvreugde sterk propageer. Hy moedig hulle aan om vreugdevol te lewe ongeag. Hy noem veral drie dinge wat hulle hiertoe kan help. Die dinge waarna ons vanmôre in die erediens gaan kyk. U is baie welkom! GEEN AANDDIENS VANAAND DEURKOLLEKTE VANOGGEND Sin. Koll. Jeugwerk Baie dankie vir u ondersteuning en gebede. 22 September 2019 HARTLIK WELKOM! Dit is eerskomende Dinsdag die 24ste, Erfenisdag. En ons gaan Spekbome by die kerk plant. Ons is almal uitgenooi en ons gaan dit kombineer met ‘n gesellige Bring-en-Braai hou - nié saam met Jan Braai nie, maar saam met Piet Vorster en die wyke, die klein groepe, die families, gesinne en vriende in die gemeente! Hoekom? Hoekom nie? Ontbossing is waarskynlik die grootste atmosferiese ramp wat ons getref het, want dit dra grootliks by tot aardverwarming. Die ontbossing van tropiese woude is verantwoordelik vir ongeveer 20% van die wêreld se vrystelling van kweekhuisgasse. (Die onlangse rekord somer-temperature in Europa aangeteken is bewys hiervan.) As gevolg van ontbossing tussen 2000 en 2012 is sowat 2.3 miljoen vierkante kilometer se bosse reg oor die wêreld afgekap. Anders gestel: Daar bly nog net 6.2 miljoen vierkante kilometer van die oorspronklike 16 miljoen vierkante kilometer se woude oor wat vroeër die aarde bedek het. Is daar ‘n oplossing? Ja, die eg Suid-Afrikaanse spekboom! Elke spekboom se blaar is ’n unieke klein fotosintetiese fabriek. Soos ‘n spons absorbeer die blaar-fabriek die ou ongesonde lug uit die atmosfeer (dit is die koolstof wat aardverwarming aanhelp) en produseer die blaar- fabriek weer vars lug. (Na raming kan ’n hektaar spekbome tot vier ton koolstof per jaar absorbeer en verwerk.) Daarom het die gemeenskap in die Vanwyksdorp distrik die afgelope paar jaar die oorbeweide grond met spekbome hervestig. (Hulle staan bekend as die ‘Jobs4Carbon-Projek’ – die J4C). En hulle kan daarmee spog dat hulle reeds 170 000 steggies op 333ha geplant het! Dáárom plant ons DV Dinsdag die 24ste (Erfenisdag) ons spekbome – Jou spekboom is eg Suid-Afrikaans Jou spekboom is waterwys én droogtebestand. Jou spekboom is maklik om te kweek – steggies in die grond sal gou worteltjies maak en groei! Jou spekboom maak ‘n verskil. Ek kan myself nie ‘n hemel sonder bome voorstel nie (Opb 22v2). Kom ons maak dit ‘hemel op aarde’! SOLI DEO GLORIA Wees LIG! HARTLIK WELKOM NUWE INTREKKERS Ons nooi graag alle nuwe intrekkers om direk na die erediens na die nagmaalstafel voor in die sentrum te kom. Die Gasvryheidspan sal u daar ontmoet en sommer gou tuis laat voel. U is so welkom! LEWENSVREUGDE

Upload: others

Post on 03-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: LEWENSVREUGDE - hartklop.ngkonrusrivier.co.zahartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 22 Sep 2019.pdf · ramp wat ons getref het, want dit dra grootliks by tot aardverwarming. Die

VANOGGEND SE BOODSKAP

DEUR Ds Johann Smith Fil.1:3-6 & 12-14, Fil.3:10 -11, Fil.4: 4 -13

Ons leef in ‘n tyd van politieke onrus en onsekerheid, van finansiële onstabiliteit en swaarkry. Ons sukkel om kop bo water te hou en ‘n stukkie brood te hê met iets daarop. Ons gesondheid is nie aldag wat dit moet wees nie. Dit is alles dinge wat bydra tot ‘n pessimis-tiese en swaarmoedige tydsgees wat ons wil stroop van ons lewensvreugde.

Paulus het ook in so ‘n tyd gelewe en so ook die ge-meentes waar hy gearbei het. Daarom skryf hy ‘n brief aan die gemeente van die Filippense waarin hy lewensvreugde sterk propageer. Hy moedig hulle aan om vreugdevol te lewe ongeag. Hy noem veral drie dinge wat hulle hiertoe kan help. Die dinge waarna ons vanmôre in die erediens gaan kyk.

U is baie welkom!

GEEN AANDDIENS VANAAND

DEURKOLLEKTE VANOGGEND

Sin. Koll. Jeugwerk Baie dankie vir u ondersteuning en gebede.

22 September 2019

HARTLIK WELKOM!

Dit is eerskomende Dinsdag die 24ste, Erfenisdag. En ons gaan Spekbome by die kerk plant. Ons is almal uitgenooi en ons gaan dit kombineer met ‘n gesellige Bring-en-Braai hou - nié saam met Jan Braai nie, maar saam met Piet Vorster en die wyke, die klein groepe, die families, gesinne en vriende in die gemeente! Hoekom? Hoekom nie? Ontbossing is waarskynlik die grootste atmosferiese ramp wat ons getref het, want dit dra grootliks by tot aardverwarming. Die ontbossing van tropiese woude is verantwoordelik vir ongeveer 20% van die wêreld se vrystelling van kweekhuisgasse. (Die onlangse rekord somer-temperature in Europa aangeteken is bewys hiervan.) As gevolg van ontbossing tussen 2000 en 2012 is sowat 2.3 miljoen vierkante kilometer se bosse reg oor die wêreld afgekap. Anders gestel: Daar bly nog net 6.2 miljoen vierkante kilometer van die oorspronklike 16 miljoen vierkante kilometer se woude oor wat vroeër die aarde bedek het. Is daar ‘n oplossing? Ja, die eg Suid-Afrikaanse spekboom! Elke spekboom se blaar is ’n unieke klein fotosintetiese fabriek. Soos ‘n spons absorbeer die blaar-fabriek die ou ongesonde lug uit die atmosfeer (dit is die koolstof wat aardverwarming aanhelp) en produseer die blaar-fabriek weer vars lug. (Na raming kan ’n hektaar spekbome tot vier ton koolstof per jaar absorbeer en verwerk.) Daarom het die gemeenskap in die Vanwyksdorp distrik die afgelope paar jaar die oorbeweide grond met spekbome hervestig. (Hulle staan bekend as die ‘Jobs4Carbon-Projek’ – die J4C). En hulle kan daarmee spog dat hulle reeds 170 000 steggies op 333ha geplant het! Dáárom plant ons DV Dinsdag die 24ste (Erfenisdag) ons spekbome –

Jou spekboom is eg Suid-Afrikaans Jou spekboom is waterwys én droogtebestand. Jou spekboom is maklik om te kweek – steggies in die grond sal gou worteltjies maak en groei! Jou spekboom maak ‘n verskil.

Ek kan myself nie ‘n hemel sonder bome voorstel nie (Opb 22v2). Kom ons maak dit ‘hemel op aarde’! SOLI DEO GLORIA

Wees LIG!

HARTLIK WELKOM NUWE INTREKKERS Ons nooi graag alle nuwe intrekkers om direk na die erediens na die nagmaalstafel voor in die sentrum te kom. Die Gasvryheidspan sal u daar ontmoet en

sommer gou tuis laat voel. U is so welkom!

LEWENSVREUGDE

Page 2: LEWENSVREUGDE - hartklop.ngkonrusrivier.co.zahartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 22 Sep 2019.pdf · ramp wat ons getref het, want dit dra grootliks by tot aardverwarming. Die

WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?

DINSDAG 24 SEP (ERFENISDAG) 10:00 SPEKBOME & BRAAIDAG (Boonste parkeerarea) Die Kerkraad nooi alle Kleingroepe, Omgeegroepe, Bybelstu-diegroepe, Selgroepe, Wyke en Bedieninge om deel te neem aan die viering van Erfenisdag. (GESINNE, ENKELOPENDES, EINTLIK IS ALMAL BAIE WELKOM) Gate sal reeds voorbereid wees en elke persoon of groep gaan hul eie boom plant waarna ons na ‘n bekende spreker ons meer gaan vertel van die veelsydige en suurstofmakende Spekboom. Daarna gaan ons saamkuier met ‘n bring-en-braai. ** ONTHOU ASB u eie stoele, tafeltjie en eetgerei. Ons sal vure en roosters verskaf! Bevestig asb vroegtydig watter groepe kom by Mervian by die kerkkantoor, sodat ons kan sorg dat daar genoeg gate gegrou word. BRING ASB ’N SPEKBOOM SAAM, KOM PLANT DIT EN MAAK SO ‘N VERSKIL! Ons sien uit na ‘n lekker kuier op

Erfenisdag. NAVRAE: Pieter Vorster (081 399 0557)

WOENSDAG 25 SEPTEMBER 11:00 - 13:00 KLEREKAS

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Voete- en handeversorging (Mans & Vroue): Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 vir afspraak. (Fooie vir lede/nie-lede) 15:00 Trimgim (OnsTeater): Aangebied deur Mathilda Roos (bio-kinetikus) Trimgimfooie is R55 per maand vir lede van die Dienssentrum en R70 vir nie-lede. Mathilda by 082 339 1085.

DONDERDAG 26 SEPTEMBER

16:00 GESAMENTLIKE GEBED by die VGK Mount Pleasant 18:00 MEETING AT NG ONRUSRIVIER ESTABLISHING A SPECIAL RATING AREA (SRA) FOR ONRUS & VERMONT Notice is hereby given that: 1. Abner Francois-Andre Inghels, registered owner of Erf 3551, 6 Radyn Street, Onrus, intends applying to establish an SRA, to be called the Onrus-Vermont SRA, in terms of the Overstrand Muni-cipality’s Special Rating Area By-Law. The affected area includes all rate paying properties bounded by: the boundaries of Onrus, From the Onrus Main Road/R43 inter-section in the East to the Vermont Lynx Road/R43 intersection in the West, the coastline on the south, and the ward’s boundary on the mountain on the north. This includes all areas in Ward 13 Overstrand Municipality including Onrus, Onrus North, Berghof, Vermont & Paradise Park. 2. A public meeting will be held, the purpose of which shall be to: 2.1 inform all attendees of relevant information pertaining to the application; and 2.2 discuss the practical implications relating thereto. All property owners in the proposed SRA are requested to attend this meeting. For enquiries, contact the steering committee at 079 680 7232 or [email protected]

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Naaldwerk om 9h30 - 10h00: Marlene Burger help om klere te verstel. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Sitkamer om 10h00: Die Boekklub. Kom besoek ons Boekklub en kom luister na boekvoorlesings/bespreking. Kom bied aan om ‘n nuwe boek wat u gelees het te kom bespreek. Sommige per-sone sit en naaldwerk doen terwyl daar gelees word. Bring dus u naaldwerk saam.

VRYDAG 27 SEPTEMBER 09:30 - 11:30 DIE KOLWYNTJIE TEETUIN IS OOP

SONDAG 29 SEPTEMBER GEBED VOOR DIE DIENS: Kom bid asb saam (Gebedskamer) WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 33)

09:00 EREDIENS Dr Clifford Heys Dis rugby! En dis naels kou want die Wêreldbeker soek ‘n tuiste by die wêreld se beste span. Die TV word ‘n ‘altaartjie’ waar die paslike offers gebring moet word. Let op die spelers se truie. Op elke trui is daar ‘n embleem. Die Engelse speel met die Leeu, die Franse met die Haan en ons manne speel met die Springbok. Elke embleem dra ‘n boodskap oor. En onthou, ons het almal dubbele burgerskap. Ons is op grond van ons geboorte, burgers van Suid-Afrika. Maar ons is op grond van ons wedergeboorte óók burgers van God se Koninkryk.(Filp. 3v20). En wat is hierdie Koninkryk se embleem .... ‘n weerlose skaap. Wat sê dit.....? Clifford sal eerskomende Sondag, die 29ste verduidelik! Welkom!

18:00 GEEN AANDDIENS agv skoolvakansie

NUWE INTREKKERS FUNKSIE

WOENSDAG 9 OKTOBER 2019 @ 18:00

Ons nooi graag alle nuwe intrekkers (ook die van u wat nie vorige funksies kon bywoon nie).

Kom kuier saam met ons, kom ontmoet die leraars en personeel, kom maak nuwe vriende met ander

nuwe intrekkers.

RSVP ASB TEEN WOENSDAG 2 OKT BY MARTIE admin4jesus@ngkonrusrivier

084 510 4618 Hartlik welkom!

Page 3: LEWENSVREUGDE - hartklop.ngkonrusrivier.co.zahartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 22 Sep 2019.pdf · ramp wat ons getref het, want dit dra grootliks by tot aardverwarming. Die

HANDE VAN GEBED

Met my oop hande voor U Here, neem asb my gebede as ‘n lofoffer

MAANDAG 23 SEPTEMBER DIE NATUUR: In die begin het God gesê, laat daar lig wees en daar was LIG! Vader, U het die mens aangestel om die aarde te bewaar en te bewerk. Help ons om asb getrou te wees aan U opdragte en om te sien na U skepping. DINSDAG 24 SEPTEMBER ERFENISDAG: Vandag vier ons land Erfenisdag, maar saam met dit wil ons juig oor die Erfenis wat ons van U ontvang het Vader, deur die bloed van Jesus Christus. Ons wil U vandag net eer, loof en aanbid vir die LEWE wat U vir elkeen van ons gebring het. WOENSDAG 25 SEPTEMBER SUID-AFRIKA: Ons bid spesiaal vir pres. Ramaphosa vandag. Ons bid vir die salwing van die Heilige Gees, ons bid dat U hom sal bly oprig en versterk as leier van Suid-Afrika. Ons bid ook vir die mense van ons land. Ons bid teen ’n gees van moedeloos-heid. Ons bid vir HOOP in die harte van ons mense - die HOOP wat van God kom. DONDERDAG 26 SEPTEMBER GEBED OOR GRENSE: Elke laaste Donderdag van die maand is daar pragtige kinders van God wat saambid by die VGK Mount Pleasant om 16:00. Vandag bid ons saam met hulle vir ons gemeentes en gemeenskappe. Ons bid vir die pastore en leraars in die verskeie gemeentes. Dankie Jesus, dat ons weet die kerk behoort aan U.

VRYDAG 27 SEPTEMBER WALVISFEESNAWEEK: Ons bid vir al die besoekers in ons dorp, ons bid vir al die nooddienste wat regstaan, ons bid vir veiligheid en vrede in ons pragtige dorp. Mag U verheerlik word Vader. SATERDAG 28 SEPTEMBER VREUGDE: Soms Here, voel dit of ons nie meer vreugde kan ervaar in ons omstandighede nie. Vandag wil ons U naam aanroep Vader, om ons te vul met die vrede en vreugde wat alle verstand te bowe gaan. Laat ons opstaan en lag en leef! Dankie Here dat ons dit van U kan vra en in vertroue dit kan ontvang. Ons eer U as die God van vreugde. SONDAG 29 SEPTEMBER DIE LAM VAN GOD: Ons is op ons knieë voor U vandag Vader. Ons kyk weer na die beeld van die Lam op die altaar. Die Lam wat ons plek ingeneem het, wat ons sondes op Hom geneem het. Ons is in verwondering, ons is in eerbied op ons knieë voor U vandag en ons wil net sê: Dankie God, dankie Jesus, dankie!!

GEBEDE VIR SIEKTE & BEMOEDIGING

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING: Louis van Dyk, Piet Marais, Zanmari Nel

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS: Ernie Stephan, Flick du Toit, Oscar Thorisson, Paul Pretorius, André van der Walt, Elize Smith, Nico van der Merwe, Hans Herbst, Soon Snyman, Maret van Dyk

SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING: Peet Geyser, Werner Setzkorn, Helena Becker, Stuart McFarlane, Hanlie Chambers, Hak van Niekerk

DONDERDAG 24 OKTOBER @ 10:00 NG GEMEENTE ONRUSRIVIER

Toegang is gratis, maar donasies vir die Christelike Seemansorganisasie sal baie waardeer word.

U is almal BAIE welkom om die oggend te kom geniet!

Page 4: LEWENSVREUGDE - hartklop.ngkonrusrivier.co.zahartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 22 Sep 2019.pdf · ramp wat ons getref het, want dit dra grootliks by tot aardverwarming. Die

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet Vorster 081 399 0557

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIEBEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Martie Verster 084 510 4618

[email protected]

KOSTER Deon van der Kooi

072 273 1494

KERKKANTOOR

Maandae - Vrydae

08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116

Bergstr 57, Onrus

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA Rek. 916 9799 886

ngkonrusrivier.co.za

Gaan “like” ons gerus

NG Onrusrivier

Posbus 25 Onrusrivier 7201

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA Rek. 406 215 2718

GELEENTHEDE EN PIENK STRIKKE ONRUSRIVER DIENSSENTRUM

KOEKSISTERS is daagliks beskikbaar by die Dienssentrum teen R30 per dosyn. Vra net vir Joan/Hannie.

Die Dienssentrum het ‘n FACEBOOKBLAD. Indien u wil gaan kyk na ons foto’s en berigte, word vriende van ons op die naam Onrusrivier Dienssentrum.

LEDEGELD (LET WEL): Ledegeld is vanaf 1 Maart betaalbaar by Hannie/Joan teen R400 per individu en R600 per egpaar.

LENTETEE VIR LEDE VAN DIE DIENSSENTRUM: ons hou op Dinsdag, 15 Oktober, om 10h00 ‘n Lentetee vir die Lede van die Dienssentrum.

EETGOED VIR KOLWYNTJIE TEETUIN: Daar is so baie dames in hierdie gemeente wat so lek-ker kan bak. Daar is egter net ‘n paar dames wat bereid is om vir die Kolwyntjie Teetuin te bak. Ons wil so graag meer dames (dalk mans ook) betrokke kry. Ons soek mense wat sout en soet kan bak. Hoe meer dames daar is hoe minder geleenthede sal u versoek word om te bak. Ons benodig dus ‘n groot hoeveelheid

dames wat bereid is om vir die Kolwyntjie Teetuin te bak. Kom kyk hoe lekker dit by die Teetuin is en kom bied u dienste aan. Indien u nie wil bak nie – ons soek altyd nog kelnerinne en teemakers en mense om skottelgoed te was. Kontak vir Siska Conradie by 082 762 2732 indien u wil kom help.

TEKEN ASSEBLIEF AAN: Op Woensdag, 9 Oktober verskaf die Dienssentrum weer Wegneem etes. Ons probeer fondse insamel by die Dienssen-trum om ons uitgawes te probeer dek. Daar-om verkoop ons maandeliks Wegneemetes. Bestel asseblief voor Vrydag, 4 Oktober, by Joan/Hannie (028 316 1745). Kom help ons om fondse op hierdie manier vir die Dienssen-trum in te samel. Wat is beskikbaar?

Hoenderpastei: R65 vir nie-lede (R55 vir lede van die Dienssentrum)

Maalvleis Lasagne: R65 vir nie-lede (R55 vir lede van die Dienssentrum)

Dinsdag, 1 Oktober 2019: Ondersteunings-groep om 10h00 vir almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Demensie ly en hulle familielede. Navrae: Erika Ooshuysen (079 322 0998)

SAT 19 OKT 2019 @ 10:00

FONDSINSAMELING vir NPO’S: Kansa Borskanker en Hermanus

Sanitêre doekie Projek.

Kaartjies beskikbaar by Onrus Apteek.

Navrae: Anneke Agenbag op 082 320 9267

PINK TREES FOR PAULINE

Die Kankervereniging dryf tans die Pink Trees for Pauline projek. Die projek is ‘n insiatief van die famielie van ‘n dame wat aan borskanker oorlede is. Die projek behels die toedraai van bome/pale/ potplante ens met pienk materiaal – bewusmaking van borskanker.

Ons verkoop die Pienk materiaal vir R30 per meter en is beskikbaar by ons kan-toor in Onrus. Die pienk materiaal kan vir die hele maand van Oktober gebruik word. Verlede jaar is Pienk & groen kopdoeke ook ingebring – alles deel van dieselfde projek. Ons verkoop die kopdoek vir R70 elk. Vriendelike groete, Maryna Voges KANSA 028 316 3678 073 6999 722