lgns.co.za€¦  · web viewtel vorentoe op hande, wys op vingers soos hulle tel byvoorbeeld:sê...

9
Wiskunde: Herken die lyn van simmetrie in jouself en in die omgewing . Simmetrie beteken dat wanneer jy `n voorwerp sny of deel in die helfde, dan sal albei kante dieselfde lyk. Vir hierdie aktiwiteit sal dit gepas wees om die leerder voor `n spiëel te plaas. Leerders moet bewus raak dat as hulle `n denkbeeldige lyn op hulle gesig teken, van bo na onder, dat dit wat aan die een kant is gaan ook aan die anderkant wees. As leerders dit eers verstaan, kan mens na die res van die liggaam beweeg. Onthou: Onthou dit moet dieselfde aan albei kante wees. Byvoorbeeld: Kruising van die middellyn. Die kruising van die middellyn beteken dat enige deel van die liggaam, soos `n hand of voet, kan oor kruis na die ander kant om te kan werk doen. Hierdie gebeur gewoonlik spontaan, maar kan nogsteeds deur verskeie aktiwiteite beoefen word. Voorbeeld van aktiwiteite: o Gee opdragte; met jou linker hand, raak jou regter oor o met jou regter hand, raak jou linker elmboog o Met jou linker hand, raak jou regter skouer o Sit een voet oor die ander o Lui 8 aktiwiteit (aktiwiteit aangeheg aan die einde) Taal: Luister en praat- Die voordrag van gedigte of rympies en die byvoeging van beweging in dit. Sien aangehegde rympie en liedjie. Beskryf en gesels oor karakters in die storie. Lees enige storie vir die leerders. Vra hulle vraena die afloop van die storie om meer te Laerskool Generaal Nicolaas Smit

Upload: others

Post on 29-Jan-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Laerskool Generaal Nicolaas Smit

Graad RR Huiswerk– Week 3

Wiskunde:

· Herken die lyn van simmetrie in jouself en in die omgewing . Simmetrie beteken dat wanneer jy `n voorwerp sny of deel in die helfde, dan sal albei kante dieselfde lyk. Vir hierdie aktiwiteit sal dit gepas wees om die leerder voor `n spiëel te plaas. Leerders moet bewus raak dat as hulle `n denkbeeldige lyn op hulle gesig teken, van bo na onder, dat dit wat aan die een kant is gaan ook aan die anderkant wees. As leerders dit eers verstaan, kan mens na die res van die liggaam beweeg. Onthou: Onthou dit moet dieselfde aan albei kante wees.

Byvoorbeeld:

· Kruising van die middellyn. Die kruising van die middellyn beteken dat enige deel van die liggaam, soos `n hand of voet, kan oor kruis na die ander kant om te kan werk doen. Hierdie gebeur gewoonlik spontaan, maar kan nogsteeds deur verskeie aktiwiteite beoefen word.

Voorbeeld van aktiwiteite:

· Gee opdragte; met jou linker hand, raak jou regter oor

· met jou regter hand, raak jou linker elmboog

· Met jou linker hand, raak jou regter skouer

· Sit een voet oor die ander

· Lui 8 aktiwiteit (aktiwiteit aangeheg aan die einde)

Taal:

· Luister en praat- Die voordrag van gedigte of rympies en die byvoeging van beweging in dit. Sien aangehegde rympie en liedjie.

· Beskryf en gesels oor karakters in die storie. Lees enige storie vir die leerders. Vra hulle vraena die afloop van die storie om meer te beskryf oor een karakter. Vra oor die emosies van die karakters. Was die karakter gelukkig, hartseer of kwaad en hoekom? Wat dink hulle van die karakter? Was die karakter vriendelik of ongeskik?

· Vind spesifieke items in `n gedetalieerde prentjie. Gebruik enige prent, vra die leerder om spesifieke dinge te soek. Byvoorbeeld: soek waar is die boek, of kar, of speelding.

Alledaagse aktiwiteite:

· Tel vorentoe op hande, wys op vingers soos hulle tel byvoorbeeld:Sê een en wys 1 vinger, sê twee en wys dan 2 vingers (ander voorwerpe mag gebruik word byvoorbeeld: blokkies). Skryf die getal 1 tot 3 met die getal se naam en die hoeveelheid kolle van die getal asook prente by die getalle byvoorbeeld: getal: 1, naam: een, een kol en een roomys . (Die leerder moet al hierdie kan herken tot en met getal 3)

· Terug tel: tel agteruit, hou drie vingers op en dan twee en dan een (soos wat jy `n vinger weg vat elke keer moet die leerder terug tel 3, 2, 1). Gebruik die voorwerpe soos genoem is bo.

· Leerders moet die volgende vorms kan herken en benoem: vierkant, driehoek, sirkel, reghoek, ovaal

· Leerders moet die volgende kleure kan herken en benoem: rooi, blou, geel, groen, oranje, pers, swart, bruin en wit.

· Leerder moet hulle eie naam en van kan uitken tussen twee ander name. Maak 3 naam kaartjies sodat die leerders kan leer om hulle name te kan uitken.

· Die lees van pyle. Teken pyle op `n papier. Leerder moet die pyle dan lees deur te sê wat die rigting is byvoorbeeld links en regs.

Groot motoriese vaardighede:

· Rol `n bal vir jou vriend of ouers en hulle moet dit terug rol aan jou.

· Hardloop vorentoe en agtertoe.

· Gooi boontjie sakkies of enige ander voorwerpe in `n mandjie.

Fyn motoriese vaardighede:

· Gebruik wasgoed pennetjies om watte balle op te tel uit een houer en in `n ander houer te plaas.

· Ryg krale of macaroni deur gebruik te maak van wol of dun tou.

· Teken in die sand. Teken `n vierkant en `n driehoek in die sand.

As jy nie toegang tot `n drukker het nie, voel vry om hierdie op `n skoon papier te teken of om `n soortgelyke prent te teken indien dit te moeilik is.

Simmetrie Aktiwiteit 1

Voltooi die prent deur die ander helfde van die prent klaar te teken.

Simmetrie Aktiwiteit 2

Middellyn Kruising Aktiwiteit 1

Volg die pyle. Doen hierdie met verskillende kleure. Voel vry om hierdie op `n skoon papier te kopieer.

Onthou dat die bladsy gedraai moet word sodat die “lui 8” op sy sykant lê. Byvoorbeeld:

Leerders moet probeer om nie die papier te beweeg as hulle werk nie. Die bladsy moet die heel tyd op dieselfde plek bly as hulle werk.

Middellyn kruising Aktiwiteit 2

Rympie

Liedjie