liewe ouers - wesvaliahs.co.za · na ontbyt vertrek die hele groep asook die gr 12-vlr en gr...

12

Upload: others

Post on 26-Jun-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Liewe Ouers - wesvaliahs.co.za · Na ontbyt vertrek die hele groep asook die Gr 12-VLR en Gr 8-voogpersoneel met busse na Wawielpark. n Goedgekeurde . spanbouprogram sal aangebied
Page 2: Liewe Ouers - wesvaliahs.co.za · Na ontbyt vertrek die hele groep asook die Gr 12-VLR en Gr 8-voogpersoneel met busse na Wawielpark. n Goedgekeurde . spanbouprogram sal aangebied
Page 3: Liewe Ouers - wesvaliahs.co.za · Na ontbyt vertrek die hele groep asook die Gr 12-VLR en Gr 8-voogpersoneel met busse na Wawielpark. n Goedgekeurde . spanbouprogram sal aangebied

Liewe Ouers

Baie geluk met jou besluit om aan te sluit by die Wessiefamilie. Jy gaan beslis nie spyt wees

oor jou keuse nie … ons is ‘n WENSPAN! Ouers, u kind sluit aan by ‘n skool wat ‘n ryke

geskiedenis van prestasies op akademiese-, kultuur- en sportgebied het.

Graag gee ons die volgende inligting rakende 2020 aan u deur:

AMPTELIKE SKOOLTYE VANAF 15 JANUARIE 2020

Maandag tot Vrydag: 07:15 tot 13:45

Elke eerste skooldag van ‘n nuwe kwartaal begin met saalopening en volgens die rooster is

dit altyd Dag 1.

Kleredrag: Seuns dra baadjie met ‘n das, kort- of langbroek.

Dogters dra baadjie met ‘n rok.

SKOOLFONDS

Die voorgestelde skoolfonds vir 2020 kan eers goedgekeur word op 14 November 2019

tydens die begrotingsvergadering.

Skoolgelde vir 2019 is:

R3 000-00 (slegs Januarie)

R1 534-00 (Feb tot Nov)

Debietorders word op die eerste werksdag van elke maand van Januarie tot November

verhaal. Aansoeke om vrystelling van skoolgelde moet jaarliks voor 31 Januarie by die

kantoor ingehandig word. U bly egter verantwoordelik vir die betaling van alle skoolgeld tot

u aansoek goedgekeur is.

KOSHUISGELD

Die voorgestelde koshuisgeld vir 2020 kan eers goedgekeur word op 14 November 2019

tydens die begrotingsvergadering.

Koshuisgeld vir 2019 is:

R20 700 per jaar

R2 070 (10 maande en is vooruitbetaalbaar op die 1ste van elke maand)

Indien geen betaling vir koshuisinwoning ontvang word nie, sal toelating verbeur word.

KOSHUIS MIDDAGETE

Leerders wat naskoolse aktiwiteite het, kan gebruik maak vir die fasiliteite by die koshuis.

Etekaartjies is vooruitbetaalbaar by die kantoor.

Koste: R40 per middagete.

Page 4: Liewe Ouers - wesvaliahs.co.za · Na ontbyt vertrek die hele groep asook die Gr 12-VLR en Gr 8-voogpersoneel met busse na Wawielpark. n Goedgekeurde . spanbouprogram sal aangebied

NASORG

Maandag tot Donderdag vanaf 14:00 – 16:00 in klaskamer 19 en 36.

BUSROETES

Die Wessie-bussies volg daagliks die volgende roetes:

Stilfontein, Orkney, Klerksdorp, Hartbeesfontein.

Die sportbus vertrek Maandag tot Donderdag stiptelik om 17:00

Klerksdorp – Tarief per rit – R11.00

Stilfontein – Tarief per rit – R14.00

Orkney – Tarief per rit – R17.00

Hartbeesfontein – Tarief per rit – R25.00

Sportbusbesprekings moet elke dag by ontvangs gedoen word.

Navrae: Mnr Johan Louw – selno: 082 697 8469

GRAAD 8 WESSIE SOOL INLIGTING

Die kantoor sal vanaf Maandag 13 Januarie 2020 om 08:00 tot 13:00 oop wees.

MUSIEK

Maandag 13 Januarie moet alle musiekleerders om 08:30 getoets word deur mev Wilson.

Musiekleerders kom in die skoolsaal bymekaar.

Dinsdag 14 Januarie - graad 8 “Gereed vir aksie”- geleentheid. Almal meld 10:00 tot 12:00

aan in die skoolsaal. Leerders sal ingedeel word in hulle verskillende klasse.

Woensdag, 15 Januarie 2020 moet leerders om 7:00 aanmeld by die skool in hul Wessie-

skooldrag, maar sonder sy/haar skoolbaadjie. Die graad 8’s sal by die skoolhekke deur lede

van die Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) ontvang word. Jy sal vergesel word na die

paviljoen waarna die openingsdiens in die skoolsaal sal plaasvind.

Na afloop van die saalopening gaan jy na jou registerklas. Sole-atletiek uitdunne vind plaas.

Skooldag eindig 13:45.

ONTGROENING

Ontgroening word NIE by Hoërskool Wesvalia toegelaat NIE. Daar word van jou verwag om

positief en meelewend in te skakel by ‘n inburgeringsprogram. Hierdie program is vooraf

goedgekeur en word slegs deur onderwysers en VLR-lede hanteer. Dit sal jou help om jou

inskakeling by ons Wessies te vergemaklik.

Ons het ook vir jou ‘n inburgeringsprogram gedruk, wat jy op Dinsdag, 14 Januarie 2020

tydens die Gr 8 “Gereed vir Aksie”-geleentheid sal ontvang. Moet nie onnodig geld uitgee

Page 5: Liewe Ouers - wesvaliahs.co.za · Na ontbyt vertrek die hele groep asook die Gr 12-VLR en Gr 8-voogpersoneel met busse na Wawielpark. n Goedgekeurde . spanbouprogram sal aangebied

op jou inburgeringsbenodigdhede nie. As daar iets op die lys is wat jy nie het nie, soos bv ‘n

voorskoot, gebruik sommer ‘n swart sak of enige iets anders. Wees kreatief!

GRAAD 8 SOLEKONSERT OEFENING

Begin 20 Januarie 14:00 – 15:00

GRAAD 8 SOLEKONSERT

3 Februarie vir leeders om 18:00

4 Februarie vir ouers om 18:00

Skoolbaadjie seremonie vind plaas op 4 Februarie na afloop van die solekonsert

GRAAD 8 VAKBENODIGDHEDE

(Sien laaste bladsy)

Die volledige pakket kan aangekoop word by die skool teen R320.00. Die sakrekenaar teen

R250-00.

GRAAD 8-KAMP EN OUERBRAAI

Ouerbraai en die solekamp vind plaas op Wesvalia se skoolgronde die eerste naweek na die

skool begin het (17 en 18 Januarie 2020). Ouers en leerders kom 18:00 op die A-rugbyveld

bymekaar vir die ouerbraai. Tafels en braaiers word voorsien. Ouers moet asb. eie stoele

saambring. Dit beloof om ‘n groot fees te wees. Tydens die braai sal die personeel

voorgestel word deur die graadhoof en om 22:00 vertrek die ouers en begin die program

met die sole.

Die volgende benodigdhede moet deur die Sole saamgebring word:

Slaapsak en kussing

Ou klere waarin speletjies gespeel kan word – hulle mag dalk nat word.

Tekkies

Plakkies

Swemklere en handdoek

Hoed

Sonskerm

Muskietafweermiddel

Water

Slot vir slotseremonie

18 Januarie 2020:

Ons vertrek Saterdagoggend na Wawielpark. Leerders moet asseblief alle items, behalwe

beddegoed, in ‘n rugsak pak.

Ons vertrek om 7:30 vanaf die skool vir ontbyt. Na ontbyt vertrek die hele groep asook die

Gr 12-VLR en Gr 8-voogpersoneel met busse na Wawielpark. ‘n Goedgekeurde

Page 6: Liewe Ouers - wesvaliahs.co.za · Na ontbyt vertrek die hele groep asook die Gr 12-VLR en Gr 8-voogpersoneel met busse na Wawielpark. n Goedgekeurde . spanbouprogram sal aangebied

spanbouprogram sal aangebied word. Leerders sal ook vrye tyd hê om saam met maats te

kuier en die kafeteria te besoek vir aankope. Leerders kan sakgeld saambring. Ons beoog

om 16:00 terug te wees by die skool.

Die onkoste van die kamp beloop R260.00 en kan in die registerklas inbetaal word op

Donderdag 16 Januarie en Vrydag 17 Januarie. ‘n Internetbetaling kan ook gedoen word. Die

leerders sal ‘n vrywaringsvorm ontvang waarop afskrifte van u mediesefondskaartjie

aangebring moet word. U moet asseblief ook vir ons daarop aandui of u die braai gaan

bywoon. Die vorms moet asseblief op die laatste Vrydag 17 Januarie 2020 by die

voogpersoneel ingehandig word.

Bankbesonderhede:

Naam: Hoërskool Wesvalia

Bank: ABSA

Tipe rek: Tjek

Rek no: 01061290172

Takkode: 632005

Verwysing: Leerder se naam en van + SOLEKAMP

Enige sakgeld en selfone is die leerder se eie verantwoordelikheid. Ons beveel aan dat

selfone tuis gelaat word, aangesien ons u almal se selnommers het en kan skakel in geval van

nood.

it ondervinding w t ons dat elke nuwe gr 8-leerder nie kan wag om Wessie-skooldrag te

gaan aankoop nie. ltimate S hool en AK a aar is ons verskaffers en ons Wessie-

klerewinkel is baie gerieflik gele op die skoolterrein net binne die sporthek, aan die einde

van die parkering op regterhand).

Die voorgeskrewe skooldrag moet gedurende skoolure én ander skoolaktiwiteite soos wat

die beheerliggaam bepaal, gedra word. Skooldrag moet altyd skoon en netjies wees.

SEUNS: SOMERSDRAG

Verpligtend: 15 Januarie 2020 – 30 April 2020, en dan weer die 4de kwartaal

Maandag: Lang- of kortbroek, langmouhemp en das, skoolbaadjie

Dinsdag tot Vrydag: Lang- of kortbroek met kortmouhemp

SEUNS: WINTERSDRAG

Verpligtend: 1 Mei 2020 tot 31 Augustus 2020

Maandag: Langbroek, langmouhemp en das, skoolbaadjie

Dinsdag tot Vrydag: Langbroek, langmouhemp en das, skoolbaadjie /trui

Page 7: Liewe Ouers - wesvaliahs.co.za · Na ontbyt vertrek die hele groep asook die Gr 12-VLR en Gr 8-voogpersoneel met busse na Wawielpark. n Goedgekeurde . spanbouprogram sal aangebied

SEUNS: HARE

Hare moet kort en netjies geknip wees.

Die gedeelte om die ore moet skoongeknip wees. Hare mag nie aan die ore raak

wanneer die hare regaf gekam word nie.

Wanneer die hare afgekam word, mag dit nie die wenkbroue raak nie.

Wangbaard “sideburns”) kan tot by die middel van die oor strek.

Hare moet reëlmatig opgesny word.

Hare mag nie uitermate van die kop wegstaan nie. Geen vreemde haarstyle word

toegelaat nie.

Haarstyle wat onder uitgeskeer of -geknip word, oftewel “under uts”, is verbode.

Haarkleur moet te alle tye natuurlik vertoon. Geen onnatuurlike strepe word toegelaat

nie.

Geen musse mag gedra word nie.

Geen haarverlengings of “dreadlo ks” nie.

Seuns met kort hare (met knipper gesny) mag nie patrone ingesny hê nie.

Geen “ omb-over” word toegelaat nie.

SEUNS: JUWELE

Geen juwele, soos ringe, armbande (rekkies óf leer) of kettings, word toegelaat nie,

sowel as by sportgeleenthede.

Slegs lapelwapens/speldjies van die skool of aktiwiteite waarby die skool betrokke is,

mag op baadjielapelle gedra word.

Geen tongringe of juwele wat “pier ings” vereis, word toegelaat nie.

Geen tatoe ring mag by Ho rskool Wesvalia - of sportdrag sigbaar wees nie

DOGTERS: SOMERSDRAG

Verpligtend: 15 Januarie 2020 – 30 April 2020, en dan weer die 4de kwartaal

Somer: Maandag: Skoolrok, skoolbaadjie

Dinsdag tot Vrydag: Skoolrok

DOGTERS: WINTERSDRAG:

Verpligtend: 1 Mei 2020 tot 31 Augustus 2020

Maandag: Rompie met bruin dik sykouse (tights)/langbroek, langmouhemp en das,

skoolbaadjie

Dinsdag tot Vrydag: Rompie met bruin dik sykouse (tights)/langbroek, langmouhemp en das,

skoolbaadjie/trui

Wintersdrag word vanaf 2 Mei tot 31 Augustus gedra en somersdrag 1 September tot 30

April.

Page 8: Liewe Ouers - wesvaliahs.co.za · Na ontbyt vertrek die hele groep asook die Gr 12-VLR en Gr 8-voogpersoneel met busse na Wawielpark. n Goedgekeurde . spanbouprogram sal aangebied

DOGTERS: HARE

Haarkleur moet te alle tye natuurlik vertoon. Geen onnatuurlike strepe word toegelaat

nie. Slegs een skakering ligter of donkerder word toegelaat.

Hare wat oor die kraag hang, moet vasgemaak word.

Slegs haarbykomstighede (linte, knippies en haarbande) wat by die skool se kleure pas,

mag gedra word.

Hare moet stewig vasgemaak wees.

Gel mag gebruik word, maar moet natuurlik lyk.

Kuiwe mag nie oor die wenkbroue hang nie.

As dogter ‘n haarstyl dra wat tot gevolg het dat dit in haar gesig val, moet dit uit haar

gesig gehou word met ‘n haarband of knippie volgens skoolkleure).

Etniese haartipes: “ orn rows” of enkel vlegsels is aanvaarbaar indien dit netjies gehou

en onderhou word. Dit moet egter steeds vasgemaak word sodra dit oor die kraag hang

Stertjies in die nek word nie toegelaat nie.

DOGTERS: JUWELE, GRIMERING EN NAELS

Geen tatoe ring mag by Ho rskool Wesvalia - of sportdrag sigbaar wees nie.

Geen juwele, soos ringe, armbande (rekkies óf leer) of kettings, word toegelaat nie –

sowel as by sportgeleenthede.

Die dra van liggaamsjuwele, soos neus-, tong- en wenkbroujuwele, is verbode. Wat

oorringe vir dogters betref, mag slegs een goue of silwer knoppie of standaard- goue of

silwer ringetjie per oor gedra word, en wel in die onderste gaatjie indien daar meer as

een is.

Geen maskara, oogomlyner, blosser, poeier of onderlaag word toegelaat nie, tensy ‘n

mediese verwysing as bewys ingedien kan word.

Geen permanente wenkbroue, oogomlyners of vals wimpers word toegelaat nie, tensy

‘n mediese verwysing as bewys ingedien kan word

Een klein wit deurskynende steentjie word per oor toegelaat. Geen “glitterballs”.

Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie.

Kleurlose naellak mag gedra word

WESSIE-DRAG

Maroenbroekie met Wessiehemp, tekkies/toeskoene

Sweetpakbaadjie

Maroenbroekie moet met kouse en tekkies gedra word.

Wanneer dit koud is, word die skoolsweetpakbroek gedra.

Page 9: Liewe Ouers - wesvaliahs.co.za · Na ontbyt vertrek die hele groep asook die Gr 12-VLR en Gr 8-voogpersoneel met busse na Wawielpark. n Goedgekeurde . spanbouprogram sal aangebied

WESSIE – SPORTDRAG

ATLETIEK

Maroenbroek met atletiekhempie

Slegs maroen ski-pants wat bo die knieg sit (geen kort ski-pant sal geduld word nie)

Geen ander kleur ski-pant sal aanvaar word nie.

Wessie-hoedjies is beskikbaar by die kantoor – geen ander hoed is toelaatbaar nie.

ALLE ANDER SPORTSOORTE

Sal deur u kind se afrigter deurgegee word.

Wessie-klerewinkel

Tye: Dinsdag tydens pouse

Donderdag tussen 16:00 – 17:00

NUWE WESSIEWERF INTREKKER

Baie welkom by ons Wessiewerf-gesin. Anders as in ander groot koshuise, het ons ‘n

gesellige, huislike atmosfeer waar ons vir mekaar omgee. Ons het beginselvaste reëls en

dissipline is vir ons uiters belangrik. Ons hoop jy sien sommer baie uit na jou “huis weg van

jou huis” en ons is opgewonde om jou te ontmoet. Ons gee vir jou bietjie inligting rondom

die kamers sodat jy kan begin beplan en jou goed kan regkry.

Elke kamer is toegerus met:

‘n Kas

‘n ed met matras

‘n Lessenaar met ‘n stoel

Gordyn

Dogters is egter welkom om jou eie gordyne te bring wat by jou beddegoed pas. Die vensters

is standaardgrootte, maar jy is welkom om ‘n draai by die koshuis te maak as jy opmetings

wil doen.

Jy is verantwoordelik vir :

jou eie beddegoed

‘n slot om jou kas mee te sluit - verkieslik ‘n nommerslot

jou eie studeerlamp

‘n handdoek

waaier as jy een verkies

Elke huis het sy eie kombuis en is toegerus met:

‘n ketel

‘n mikrogolfoond

‘n yskas

Page 10: Liewe Ouers - wesvaliahs.co.za · Na ontbyt vertrek die hele groep asook die Gr 12-VLR en Gr 8-voogpersoneel met busse na Wawielpark. n Goedgekeurde . spanbouprogram sal aangebied

Let wel die badkamers het slegs storte.

Indien jy enige navrae het of onseker is oor enige iets, is jy welkom om een van die volgende

Wessiewerf-voogde en toesighoudende personeel te skakel.

Me Celesté Smit – 066 258 6960

Mnr Conrad Myburg – 073 600 5782

Ons sien baie uit na 2020 – dit gaan ongelooflik lekker wees! Dit is vir ons ‘n groot voorreg

om jou by ons wenspan te verwelkom. Soos jy reeds weet, is gebalanseerde leerders ons

passie en daarom wil ons jou en jou ouers en/of voog vra om die vrymoedigheid te hê om

met ons te skakel indien daar enige iets is wat jou pla. Indien jy nog enige vrae het, kontak

gerus vir Marietjie Payne by 083 657 8381.

Page 11: Liewe Ouers - wesvaliahs.co.za · Na ontbyt vertrek die hele groep asook die Gr 12-VLR en Gr 8-voogpersoneel met busse na Wawielpark. n Goedgekeurde . spanbouprogram sal aangebied
Page 12: Liewe Ouers - wesvaliahs.co.za · Na ontbyt vertrek die hele groep asook die Gr 12-VLR en Gr 8-voogpersoneel met busse na Wawielpark. n Goedgekeurde . spanbouprogram sal aangebied