ligdraer desember 2015 - cvsa.co.za desember 2015pdf.pdf · shaka, sit hy in sy paleis en geniet...

40
Die Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika Ligdraer Desember 2015 Nr 242

Upload: others

Post on 23-Aug-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Die

Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika

Ligdraer

Desember 2015 Nr 242

Page 2: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ’n welbehae!”

Voorblad

Indien u ‘n artikel in die Ligdraer wil plaas, kontak die redakteur, br Hermann Havenga, by 084 437 6266of e-pos aan [email protected]

Die Ligdraer is in PDF formaat beskikbaar op die Kerk se webwerf by www.cvsa.co.za

Lukas 2:14

DieLigdraer

Page 3: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

1 Kersgroete - Leraar Fanie Visagie

2 Eendrag maak mag - Leraar Fanie Visagie

8 God is goed! - Marie Swanepoel

9 Steeds my kind - Emsie van Wyk

10 Doen slegs u wil Heer - Pietie le Roux

11 Die binnekamer - Cassie Rossouw

12 Op jou lewenspad - Louis Nagel

13 God van wonderwerke - Jannie Nell

15 Die Engelelied - Miemie van Heerden

16 Christelike Vereniging van SA - Jan Smit

17 Baviaanskrans - Jan Smit

21 Vergifnis van sonde - Magda Oberholzer

23 Bestuursraadbesluite

26 Voornemende lidmate

27 Lidmate 80 jaar en ouer

29 Verjaarsdae 70

31 Dopelinge

31 Nuwe lidmate

32 Huwelike

33 Algemene inligting

35 Sterfgevalle

36 Spesiale Dienste 2016 en 2017

+

Inhoud

Page 4: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

1

Dierbare broer en suster, is ons nie bevoorreg om deur God se wonderbare liefde en

genade deel te mag wees van hulle wat begenadig is nie? In ander dele van die

wêreld is daar al hoe meer vervolging van Christene en word mense dikwels in die

openbaar onthoof en tereggestel. Hier in ons land kan ons nog in vrede die Here

aanbid!

Ons staan weer eens aan die einde van 'n jaar wat verby gesnel het. Ons kyk terug

oor twaalf maande waarin ons by verskeie geleenthede kennelik die

teenwoordigheid van die Almagtige ervaar het. Ek het in die afgelope jaar so

dikwels nuwe besluite gemaak. Ek is so opgewonde oor dit wat hier in my binneste

aan die werk is. Ons het ervaar hoe die Heilige Gees se teenwoordigheid soms soos

'n swaar wolk oor ons hang gereed om druppels van hemelse genade oor ons uit te

stort! Ek glo die Here wil ons weer nuut maak, maar Hy soek hulle in wie se harte 'n

gebaande weg is.

Ons het soveel geleenthede gehad in die afgelope jaar, maar die vraag is: Het u dit

benut? Het u al 'n persoonlike verhouding met u Skepper? Nie een van ons weet of

ons die einde van hierdie jaar sal sien nie. Sal ons 'n verskoning hê indien ons in 'n

oomblik voor die Here moet verskyn? Kom ons gebruik hierdie dienste oor die

Kersgety, waar ons by die krip, die kruis en die ontstaan van ons Geeswerk kan

vertoef en seker maak dat ons as nuwe skepsels in Jesus Christus kan voortgaan.

Ons glo dit gaan vir elke kind van God 'n baie spesiale feestyd wees. 'n Geseënde

Kersfees en voorspoedige Nuwejaar word u almal toegewens.

Liefde groete, in die Naam van ons Here Jesus Christus.

Leraar.

Kersgroete

Page 5: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Eendrag maak

Dit is 16 Desember in die jaar 2014. President Paul Kruger het gesê: “Neem dit wat mooi is uit die verlede en bou jou toekoms daarop.” Wanneer ons dan terugkyk op dit wat gebeur het in die verlede, kan ons eintlik terugstaan en sê: “Here, hoe groot is U.” Hoe groot is die God met wie ons te doen het.

Daar is baie navorsing gedoen oor die handelinge en gebeure in die v o o r a f g a a n d e j a r e r o n d o m Bloedrivier. Shaka was die leier van die Zoeloes en 'n onverbiddelike krygsman. Hy het 'n krygsvolk opgeroep wat so gehard was dat hulle alles en almal wat voorgekom het totaal en al uitgewis en vernietig het. Hy word ook genoem die swart Napoleon, want die bloedspoor van

stamme en groepe mense wat in Suid-Afrika deur hom uitgewis is het breed gelê. Daar word gesê dat sy impi's op dorings moes ronddans, en as hulle enige teken van pyn getoon het is hulle net daar om die lewe gebring. Hy het 'n nuwe gevegsmetode in werking gestel wat vernietiging gesaai het sover hulle gegaan het. In die besonder tussen 1820 en 1824 is daar duisende mense doodgemaak. Stamme is heeltemal uitgewis. Op 22 September 1828 word Shaka vermoor deur sy halfbroers, Dingaan en Umhlanga, en net daarna reël Dingaan dat hulle ook sy broer Umhlanga vermoor. So neem Dingaan oor as koning en enigeen wat probeer om iets aan hom te doen word platgevee. Anders as sy voorganger Shaka, sit hy in sy paleis en geniet

Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014

Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou

vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.”

magFanie Visagie (leraar)

2

Page 6: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

feessange terwyl hy sy impi's uitstuur om te gaan oorlog maak.

Met die aankoms van Piet Retief op Saterdag 3 Februarie 1838 word hulle deur Dingaan ingenooi en baie goed behandel. Hulle is so beïndruk dat Piet Retief dankbaar geglo het dat sy sending en navraag om in Natal te mag woon geslaagd was. Dokumente is onderteken op daardie dag, en Dingaan se vertaler (Eerwaarde Owen -'n sendeling wat gevange gehou was) het vir Piet Retief en sy mense gewaarsku en gesê dat daar al wrede moorde gepleeg en mense uitgewis is, maar Piet Retief het hom nie daaraan gesteur nie. 4 Februarie 1838 was 'n Sondag, maar die Trekkers is nie kerk toe nie. Die sendeling het baie hartseer gevoel, want dit was 'n verkeerde ding wat hulle gedoen het. By latere navraag het Piet Retief gesê hy het skoon vergeet dat dit Sondag was. Maar so is die groepie mense, ongeveer honderd in getal, getrakteer met verskillende vertonings. Hulle sê Dingaan was op daardie stadium seker die een wat die beste vertonings in hierdie land kon aanbied. Die Dinsdag, 6 Februarie, sou die groepie Trekkers vertrek, en Dingaan het 'n spesiale afskeidsvertoning gereël - die Trekkers moes hulle wapens buitekant los. Eerwaarde Owen sê hy kon nie glo dat hulle gehoor gegee het nie. Terwyl die hoogtepunt van die feesvieringe plaasvind, het Dingaan opgestaan en in sy taal uitgeroep: “Maak dood die towenaars!” En daardie hele groep mense is uitgewis – met spiese doodgesteek. Ook Piet Retief se seun is voor hom doodgemaak.

Daardieselfde dag het Dingaan 'n groot mag op die been gebring en hulle het in die rigting waarvandaan Piet Retief en sy manne gekom het opgetrek. Toe hulle die Trekkers by Blaauwkrans en Boesmansrivier kry het hulle in hulle massas families uitgewis. Hulle sê van die kindertjies, tot tien jaar oud, het verwoed baklei om oorlewing. Sarel Cilliers het met stormlope probeer om die Zoeloemag weg te dryf. Eers die middag is die Zoeloes terug met vyf en twintig duisend beeste, perde en skape wat hulle as buit geneem het. By 'n latere geleentheid is Pieter Uys en sy seun Dirkie ook gedood deur 'n aanval van hierdie mense. Strooptogte is gehou en mense is in hul duisende uitgewis – nie net blankes nie, ook swart stamme. Wanneer ons in die posisie van die Trekkers was sou daar dalk 'n haat in ons opgekom het teen hierdie wrede barbare, maar, ek wil so bietjie stilstaan by die gedagte dat iets by die Boeremag plaasgevind het wat 'n groot verandering teweeg gebring het.

Ek het 'n uittreksel wat handel oor Andries Pretorius se groep manne wat ek wil voorlees: “Die koms van Andries Pretorius het nuwe hoop gebring. Hy het met sestig Transvaalse vrywilligers vir die wenkommando wat hy op die been wou bring gearriveer. Andries Pretorius is tydens 'n vergadering van die Volksraad verkies tot kommandant-generaal, en binne 'n paar dae het Pretorius met vierhonderd vier en sestig man en vier en sestig waens uitgetrek om die Zoeloes te gaan aanval. Hy het die leuse 'Eendrag maak mag', wat later die leuse van die

3

Page 7: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Transvaalse Republiek sou word, g e h a d . A l l e l e d e v a n d i e wenkommando het intensiewe lesings oor dissipline, Christelike gedrag, ordentlikheid, integriteit, meelewing en moed ontvang. Die predikant, Sarel Ci l l iers, het baie sterk aangedr ing op godsdienst ige gebruike en daagliks, oggend en aand, godsdiens gehou waartydens alle mans moes kniel.”

U weet, toe ek hierdie gedeelte lees het ek besef dat die oorwinning wat plaasgevind het op 16 Desember 1838 'n langer aanloop gehad het. Die prentjie wat die Skepper van bo-af gesien het was nie dieselfde as die wat die Trekkers en mense gesien het nie. Daar word gesê dat, alhoewel daar vanaf 1820 af sendelinge was, daar voor 16 Desember 1838 nie een Zoeloe tot bekering gekom het nie. Na die gebeure van 16 Desember 1838 is daar 'n sendingstasie gestig, min of meer op die plek waar die Kraal was – binne sigafstand van die plek waar Retief en sy manne vermoor is. Daar is 'n opleidingsentrum vir sendelinge gebou, later ook hospitale en skole, maar wat plaasgevind het op hierdie dag wat ons steeds herdenk is dat die mag wat hierdie mense vasgehou het gebreek is. Hulle het so geglo aan hulle koning, hulle was so bang vir voorvadergeeste, en hulle het soveel bygelowe gehad dat hulle nie ag gegee het op die evangelie nie.

En hier kom 'n groepie trekkers (ek sien myself vandag as bevoorreg om ook deel te wees van hulle wat die werk van die Here hier kom vestig het). As hulle

daardie dag moontlik sou verloor was dit dalk die laaste sien van die Boere hier in Suid-Afrika, want hulle sou moed verloor het. Hulle het gevlug vir hulle geloof, hulle het gekom om die Here te dien, maar hulle het as wenkommando gekom by 'n plek waar hulle gestaan het met hulle rug teen die muur. Wanneer ons lees waarin hulle opgelei is dan besef ons daar het iets in die wenkommando plaasgevind wat mense gerig en onderrig het om 'n spesifieke leefstyl te volg. Integriteit, Christelike gewoontes – dit is die soort dinge wat by hulle ingeskerp was. Daar word gesê dat na hierdie dag van oorlog, hierdie dag van moord, het nie een van hierdie Boere wraak geneem oor dit wat in die verlede plaasgevind het nie. Hulle het steeds die beeld van God uitgeleef.

Vanaf 9 tot 15 Desember 1838 is die gelofte elke dag getrou afgelê. Daardie aand toe hulle op die plek kom waar die gebeure sou plaasvind, word daar vir hulle gesê die Zoeloemag is ongeveer 'n uur en 'n half van hulle af. Andries Pretorius het die laer in die vorm van 'n D opgeslaan, want daar was 'n donga en 'n kloof aan die westekant en 'n seekoeigat. Hy het die Zoeloes half forseer om van een kant (rigting) af alleen te kon aanval. Agter kon hulle nie bykom nie. Hulle is so gep laas : Waens aanmekaar vasgemaak, met twee openings vir die kanonne. Hulle het daardie nag gaan slaap – hulle sê dit was 'n maanlose nag, wolkbedekking het al les toegemaak, maar hulle het die kerse en lanterns uitgehang sodat die hele laer verlig was. Die Zoeloemag het

4

Page 8: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

gekom tot veertig tree van die waens af, maar twee ure voor die son opgekom het was die Boere elkeen op hul plek en gereed vir die aanval.

Daardie oggend toe hoor hulle die geskree van die Zoeloes, die geslaan van spiese teen skilde, en die gestamp van voete terwyl hulle aanstorm, en die Boere het maar net geskiet en geskiet… Daar word gesê dat die gesneuweldes later so baie was dat die impi's oormekaar en oor die lyke geval het. Toe daar 'n verandering in die gevegspatroon kom het Andries Pretorius hulle in die middel aangeval, en vir die eerste keer in die Zoeloe geskiedenis vlug die Zoeloes en word hul mag gebreek.

Kort daarna word die evangelie aan hierdie mense uitgedra, en baie van hulle het tot bekering gekom. Nie ver daarna nie breek herlewing in Zoeloeland uit, en baie van hierdie mense neem vir Jesus Christus aan. U weet broer en suster, ons kyk partymaal net uit een hoek hierna, maar die Here het uit 'n baie groter hoek gekyk. Dit was nie net 'n oorwinning oor 'n barbaarse mag wat hierdie Boere bedreig het nie – dit was 'n oorwinning vir ons hemelse Vader deurdat sy lig wat saam met hierdie Trekkers gekom het uitgedra is na 'n donker wêreld toe. Dan besef 'n mens hoe groot is God, en hoe groot is sy barmhartigheid deurdat Hy hierdie vierhonderd vier en sestig Boere die oorwinning gegee het oor 'n mag van tussen vyftien- en twintigduisend wat daardie dag die aanval geloods het. Die oorwinning kom God toe en nie die

mens nie, want dit was deur sy groot Goddelike genade dat Hy aan hierdie mense die oorwinning gegee het sodat die mag wat alles en almal uitgewis het gebreek kon word en almal in vrede kon saamleef.

Ek het so nagedink gedurende die afgelope dag en nag en besef dat ons eintlik maar gery het op die golf van barmhartigheid van die God wat trou belowe het: “Ek sal vir julle voorsien en vir julle beskik as julle my verordeninge hou en my gebooie bewaar.” Dan kyk ek vandag na die Afrikaner as nasie, en dan besef ek dat die vyand veld gewen het – totaal en al op 'n ander manier. Hy sypel in ons huise in, sonder dat ons daarvan bewus is, en ons kom nie agter hoe groot die gevaar is nie.

Maar dan kom ons by hierdie plekke waar ons wil stilstaan en kyk wat kan ons vat uit hierdie gebeure en dit op ons lewe toepas sodat die Here ook vir ons uitkoms kan bring. Ek dink nie ons hoef te vrees nie. Ek dink daar is genoeg kinders van die Here wat Hom met opregtheid in vrees en bewing dien op aarde. Maar die aanslag kom in die moderne tyd op 'n ander manier waar ons en ons kinders en ons nageslag blootgestel word aan die magte van die vyand wat ons wil vernietig. Ek wil vir u weer die dinge lees waarin hulle opgelei is. Sarel Cilliers was baie streng en het hierdie dinge by hulle ingeskerp vandat hulle begin trek het. “Hulle het intensiewe lesings oor dissipline, Christelike gedrag, ordentlikheid, integriteit, meelewing en moed ontvang.” As ek net hierdie paar dinge vat en ek kyk na

5

Page 9: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

die opvoeding wat deur ouers aan kinders gegee word sien ek daar kom heelwat van hierdie dinge kort. Ek wil vir u vra: Kom ons vat dit wat hierdie mense se redding beteken het saam met ons: Om ordentlik op te tree is baiemaal nie eers in ons raamwerk nie. Integriteit, die Christelike waardes wat al hoe meer en meer oorboord gegooi word. Weet u, ons eie mense sal sê: “Maar hierdie soort van dinge is vir my sommer belaglik, ek steur my nie daaraan nie” - en so leer ons die kinders. Môre, oormôre, is ons dalk al weg, dan sit ons kinders waar hierdie Trekkers gesit het, en as hulle nie geleer is en die waardestelsel nie oorgedra is na die nageslag nie, hoe gaan hulle oorleef as hulle in die nood is?

Daarom dierbare broer en suster, kyk ons vandag terug na die gebeure wat vir ons elkeen die deur oopgemaak het om erfgename te wees van 'n skare mense wat in Suid-Afrika kon kom woon het. Ek sou dalk nie 'n pappa of 'n mamma in hierdie land gehad het as dit nie vir 16 Desember 1838 was nie. Maar ek gaan te rug na d ie gehoorsame Trekkers wat geluister het en gedoen het wat Sarel Cilliers vir hulle gesê het. Daardie gelofte is elke aand afgelê. Daardie nag, toe die impi's in die donker om daardie laer getrek is, toe hoor hulle hoe sing die Boere psalms en lofsange tot eer van die Here. Ek wonder wat het in hulle gedagtes aangegaan?

Die kern van die oorwinning was God wat uit die hemel gesien het daar gaan in 2014 mense wees wat Hom in gees

en waarheid wil dien. Nie die Boere wat goed kon skiet nie. Ons sit vandag hier as deel van die nageslag van daardie mense wat met 'n opregte hart gesê het: “Here, as U ons beskerm sal ons hierdie dag soos 'n Sondag vier.” Daardie gelofte is in my leeftyd in stand gehou. Daar was 'n stadium, ongeveer vyftig jaar na hierdie gebeure, wat dit nie nagekom was nie, maar iemand het langs die pad die geskiedenis weer opgetel en dit weer hervat. Die persoon wat die navorsing gedoen het weet van ons gebruike en gewoontes niks, maar hy sê Sarel Cilliers het gesê: “As ons bid, dan kniel julle mans uit eerbied vir die God met wie ons te doen het.” In my lewe het ek ook maar net geleer om uit eerbied voor die Here op my knieë te gaan staan wanneer ek bid. Daar is dae wanneer ek staan en bid, as ek langs 'n siekbed staan of waar ookal, maar dit lyk met daardie groot eerbied buig jy jouself neer en jy aanbid die God wat vir ons so goed is. Weet u, Hy is God. Ek wil ons teksvers net weer uitlig: “Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte”, waarvoor ons vandag kan sê: ”Dankie, dankie!”

Ek wil teruggaan na ons voorouers toe – daar waar hulle ons eerste kerkie op Baviaanskrans gebou het. By die ingang bokant die deur het gestaan: “Eendrag maak mag”. Hulle het die mooi gevat en gesien dit is 'n wenresep. Hulle het dit geneem en hulle het dit op ons Geeswerk

6

Page 10: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

toegepas.

Dierbare broer en suster, eendrag maak mag. As ons in hierdie dae eendragtig mekaar vergewe en hierdie mooi eienskappe wat ook daar geleer is in ons lewe toepas, en ons besef dat as ons nou in die oorlog is moet ons saam veg, dan maak dit nie meer saak wie langs my staan nie – dan moet ons baklei vir ons lewe. Dan is daardie persoon se vermoëns net so belangrik soos myne. Miskien moet ons met sulke oë na mekaar begin kyk. Ek weet ons verskil – sommige het hierdie siening, en sommige daardie, maar ons is besig om in hierdie dae eintlik as't ware die Kerstyd tegemoet te loop.

Om die kruis van Golgotha tegemoet te loop, om die krag van die Heilige Gees tegemoet te loop. Kan ons dan nie hier van 16 Desember af mekaar se hande vat en sê: “Here, 'n klein groepie Trekkers het die oorwinning behaal, ons wil ook so in hierdie dae mekaar se hande vat en vertrou dat die God aan wie ons elkeen ons lewe toevertrou het vir ons die deurbraak gee, die uitkoms, sodat die mag van die vyand sal terugval as hulle agterkom dit is die Here wat vir ons stry.”

Ek glo 16 Desember gaan in u lewe 'n gedagte agterlaat wat u sal onthou. Vat dit en lewe dit uit vir die God in wie se hand ons elkeen se lewe is.

“Ja, die vyand word seker verslaan,as ons stry in die Naam van die Heer;

met die swaard van die Gees, trou vooraan,word die sondaars deur Gods Gees bekeer.

Ja, ek glo ... ons oorwin in die stryd,as ons stry in die Naam van die Heer.”

7

Page 11: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Die afgelope twee jaar was ek heel dikwels in die hospitaal. Ek was oortuig dat

die probleem my hart is, maar dokters het gesê dat dit 'n maagseer was.

Toe ek moes begin om tuis suurstof te gebruik het ek besef iewers is iets groot fout.

Ek luister heel dikwels na die innerlike stem, en derhalwe skakel ek dokter Van der

Westhuizen in Bloemfontein en kon binne twee dae 'n afspraak kry. Die stemmetjie

sê: “Pak maar 'n tassie vir ingeval”, wat ek ook dan doen.

My seun Francois neem my weg en stem saam dat ek die tassie saamneem .

Toe die dokter tussen al sy pasiënte wat wag my sien, neem hy dadelik my lêer. In sy

spreekkamer staan hy en wring sy hande tesame en sê: “Tannie Swannie, wie het

jou so verwaarloos? Kyk hoe lyk jy!” Na ondersoek sê hy: “Jou hart is gedaan, jy sal

dringend 'n operasie moet ondergaan.” Met my tassie gepak is ek dadelik

opgeneem, en die tweede dag geopereer – 'n driedubbele hartomleiding en 'n

klepvervanging.

Ek wil baie dankie sê aan ons leraar wie al die pad gekom het om vir my te bid en my

kinders te ondersteun. Ek het 'n dankbare hart en kan net juig in my Here dat Hy so

goed was vir my!

God is goed!Marie Swanepoel

“Prys die Heer met blye galme, o my siel, daar's ryke stof!

'k Sal, solank ek leef, my psalme vrolik toewy aan sy lof

en Hom, wat sy guns my bied, altyd groot maak in my lied.”

8

Page 12: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Steeds my kind

Hemelse kindertjies word hulle genoem -meeste ouers weet nie wat om te doen!

So is ons kleine seuntjie Riaan ook gebore -hy sou volg in sy pa se groot voetspore.

Riaan het groot geword as normale kleinding,hy was stroopsoet - en dit sonder 'n speelding!

Nooit gehuil, maar ook nooit het hy gelag.Hy kon ure so op sy magie lê en net wag.

Eers op agt maande was ons as ouers verlore -klein Riaan was met downsindroom gebore!

As ouers was ons heeltemal platgeslaan!Hoekom nou eers vir ons vertel wat gaan aan?

Met tyd het ons die siekte in ons kind aanvaar.Hy sou nooit saam met ander kinders kon baljaar -

nie 'n geluid of enige traan het van hom gekom,“Pappa” en “Mamma” kon hy nie sê - hy was stom.

Van kleins af was hy lief om na geluide te luister,hy het sand opgetel en deur sy vingers laat fluister.Ook het hy graag geluister na die breek van glas -

die vervanging daarvan het nie ons sak gepas!

Vir ure kon hy speel met die skep van water - baie gemors, en niks gebêre vir 'n bietjie later.

Vir een en twintig jaar het ons na hom omgesien,met die grootste liefde het ons hom met alles bedien.

'n Stille traan het hy eendag vir sy pappa gestort -wetende wat binnekort van sy pappa gaan word.

Na 'n beter tuiste het ons Riaan laat verhuis,onse Vader het op aarde ook 'n wonderlike paleis!

Emsie van Wyk

9

Page 13: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Broers en susters, graag wil ek met julle die volgende getuienis deel. Terwyl my ouer sussie Alta 'n paar maande gelede by ons kuier kom ek agter sy kyk kort kort na my regteroog. Op 'n stadium vra sy of my oog seer is, want hy is rooi en lyk geswel. Sy stel toe voor dat ek 'n dokter gaan sien, want sy is bekommerd dat dit dalk 'n bloedklont kan wees. Ons huisdokter in Klerksdorp het my ondersoek en vir my oogdruppels voorgeskryf, maar na twee weke se gebruik is daar geen verbetering nie, en gaan my oog net meer agteruit. Ons oogspesialis is op daardie stadium oorsee, maar my ma kry 'n afspraak by 'n oogkundige. Hy het my deeglik ondersoek en toetse gedoen. Hy skryf vir my 'n bril voor, maar reël vir my 'n afspraak by 'n ander oogspesialis, dokter Gill, vir 27 Mei 2015.

Voor ons dokter Gill spreek, toets sy assistent my refleksreaksies. Dr Gill self neem verder foto's van die oogsenuwee van beide my oë. Hy reël verder dat ek opgeneem word in die hospitaal vir 'n breinskandering. Die volgende oggend word ek ontslaan en ons gaan terug om die uitslae met dokter Gill te bespreek. Sy assistent wys toe vir my en my ma die foto's van die oogsenuwees en sê aan ons dat die oogsenuwees besig is om te disintegreer, en daar niks is wat hulle vir my kan doen nie. Die uiteinde is totale blindheid van beide oë.

Op daardie stadium voel dit of iemand 'n bak yswater op my hoof omkeer. Die dokter se assistent gaan voort met die slegte nuus. Ek hoor sy praat, maar registreer nie, en is in 'n toestand van skok. In my binneste het ek gehoop dat hulle met my die gek skeer. 'n Warboel van emosies het deur my kop gegaan. Oppad terug huis toe, terwyl ons verby die graansuier van Senwes ry, sê ek vir my ma die Here kan my met enige iets slaan - net nie met blindheid nie. Later besef ek wie is ek nou sodanig om vir die Here voor te skryf!

Ek weet gelukkig een ding - die Here het my nie verniet uit die dood uitgehaal nie. Ek weet God het 'n groter plan met my, 'n groter droom vir my. Hy wil my dalk gebruik om in die nabye toekoms nog 'n wonderwerk te verrig, sodat sy Naam daardeur verheerlik kan word. Ek moet die Here dank vir die sig wat ek nog oor het. Ek kon doof, stom, verlam of heeltemal blind gewees het - of al vier bogenoemde ter selfde tyd. Ek het soveel om voor dankbaar te wees. Ek het 'n moeder wat na my omsien en my versorg, 'n familie wat vir my lief en dierbaar is - en 'n Hemelvader wat oor my waak. Daarom kan ek met opregtheid sê: “Al gaan ek in 'n dal van doodskaduwee sal ek geen onheil vrees nie, want U is met my.”

Doen slegs u wil Heer

Pietie le Roux

10

Page 14: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Vroeër in die jaar was ek tydelik in Pretoria vir 'n onderbroke, maar redelike lang tydperk. Ek het nie verstaan hoekom ek Pretoria toe moes gaan nie, en het vir Jesus gevra dat Hy asseblief aan my moet openbaar waarom ek daar is. Dit is lankal dat ek vir Jesus gevra het dat Hy my asseblief moet help om my stiltetyd, wat ek afskeep, weer op standaard te bring. Toe ek in die hotelkamer in Pretoria beland en tot stilstand geruk word, sê Hy aan my dat Hy my nou gaan help om my stiltetyd weer op datum te bring, en dat dit die rede is waarom ek in Pretoria is. Jesus het dit so beskik dat ek 'n boek getiteld “Die Binnekamer” van Angus Buchan in my tas gepak het. In die boek stippel hy baie duidelik uit hoe belangrik 'n mens se afsondering in jou binnekamer met Jesus is, en dat dit ons daaglikse kragbron is - waar 'n mens krag opbou vir die lewe daar b u i t e e l k e d a g . G e b e d i s ' n tweegesprek. Ons wil met Jesus praat, maar Hy wil net so graag met ons ook praat. Dikwels wil Hy met ons praat, maar in die dolle gejaag en gewoel van die lewe, is ons dan so besig dat ons nie sy stem kan hoor wanneer Hy met ons praat nie. Dan moet Jesus ons somtyds tot stilstand ruk.

Terwyl ek alleen in my hotelkamer sit, het ek begin dink wat werklik 'n mens se kosbaarste skat op aarde behalwe Jesus is, en ek het besef dat dit 'n mens se huisgesin is. Jesus het my oë oopgemaak sodat ek met waardering en ander oë na my vrou en kinders kyk. Ek het nog altyd die laaste 21 jaar gestrewe om 'n goeie man vir my vrou, en 'n goeie pa vir my kinders te wees, maar daar i s a l t yd ru imte v i r verbetering. 'n Mens moet nooit stagneer nie. Jesus het ook aan my gewys dat dit nie 'n reg is om 'n huisgesin te hê nie, maar wel 'n voorreg - wat nie almal het nie. Verder moet die man sy vrou en kinders waardeer, en nooit as vanselfsprekend aanvaar nie.

Ek was bevoorreg om in Oktober 2015 die spesiale dienste by Ebenhaezer te kon bywoon - vir die eerste keer weer in 21 jaar. Jesus het vir my 'n pad oopgemaak in die woestyn waar daar nie 'n pad was nie, en Hy het my bo v e r w a g t i n g g e s e ë n e n a l m y verwagtinge vir die naweek oortref. Ongelukkig besef 'n mens eers die werklike waarde van sulke spesiale geleenthede as die geleentheid mens ontneem word.

Die binnekamerCassie Rossouw

11

Page 15: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

OP JOU LEWENSPAD

Op jou lewenspad kom daar 'n dag -sommer so sonder dat jy dit verwag.

Dan klop die Here aan jou hart se deur,dalk is jy bejaard of in jou fleur.

Sak jou hoof in skaamte neerop die roepstem van jou Heer,

want die sondelas wat jy nou draword vergewe as jy net sou vra.

Daardie sonde wat jy dra met smartword vergewe en die Meester neem jou hart.

Hy maak dit heel en o so skoon,en Hy laat sy Gees in jou kom woon.

Wanneer ons pad kruis met eensaam Galilese Man,doen Hy iets wat niemand anders kan:Hy neem ons lewe onder sy beheer -

nou is jy jouself nie meer.

Ons behoort mos aan die Heer!Uit genade soos die Woord ons leerskryf Hy ons name op sy palms neer,op sy deurboorde hande, o so teer.

Wanneer jy by die kruispad staanen die Heer se roepstem jou vermaan -

moet tog nie jou hart verhard:Jy gaan dalk verlore in jou smart!

Jou pad is nooit dieselfde weerwanneer dit kruis met onse Heer.Hy maak vir jou 'n hemelwoning,

'n nuwe hart en goue kroon is jou beloning.

Louis Nagel

12

Page 16: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Ek wil vertel van die groot God wat ons aanbid, en sy wonderlike liefde vir 'n mens.

Gedurende die begin van Februarie verlede jaar het ek die Sondagmôre kerk toe gegaan en was gesond. Ek het die aand weer gegaan en toe ek die trappe by die hoofingang wil opklim, is die krag in my bene skielik baie min. Ek moes myself aan die reling optrek om bo te kom. Na die diens het ek gevoel ek het nie beheer oor my linkerbeen nie. Gelukkig het tannie Maggie Rossouw se motor langs die klok gestaan, en kon ek teen hom leun om nie te val nie.

Ek is die Maandag werk toe, maar die hele dag het ek gevoel ek kan nie loop soos normaalweg nie. Na werk het ek huistoe gegaan en later die aand gaan slaap. Gedurende die nag het ek wakker geword en my oorlede eggenote Lenie wakker gemaak en gevra of sy weet waar my krukke is. Sy het dit uitgehaal en in die kombuis neergesit. Dinsdagmôre toe ek wakker word kon ek nie loop of regop staan nie. Ek moes aan iets vashou om regop te bly. Ek het werk toe gegaan en drie keer in die werkswinkel en een keer in die stoor by Impala paneelkloppers geval. Omstreeks een uur het ek aan my hoof gesê dat ek dokter toe wil gaan by Klerksdorp hospitaal se ortopediese afdeling.

Die dokter wat my daar gesien het, het my vir X-strale gestuur wat aangedui het dat ek 'n probleem in my rug het. Ek moes die Donderdag teruggaan om die spesialis, dokter Nair te sien. Ek is gestuur vir 'n skandering by Tshepong hospitaal die volgende Woensdag. Lenie moes my in 'n rolstoel stoot, want ek kon nie loop of staan nie. Die skandering het 45 minute geneem waarna die dokter voor die skerm gaan sit het om na al die foto's te kyk. Ek het hom gevra wat verkeerd is, waarna hy my meegedeel het dat ek infeksie in my rug het, en dat daar van die werwels is wat my bene se senuwee vasdruk. Ek was die volgende dag terug na dokter Nair en hy het my meegedeel dat hy sal moet opereer. Ek is op 17 Februarie opgeneem vir verdere toetse en die operasie sou op 19 Februarie plaasvind.

Vroeg die oggend het hulle my deurgestoot na die teater ontvangs area. Broer Neels Botha was daar en het vir my 'n gebed gedoen. Die dokter het daar aangekom en vir broer Neels gevra om vir hom ook te bid. Die operasie het vier ure

God vanwonderwerke

Jannie Nell

13

Page 17: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

geduur. Toe ek uit die narkose wakker word in die saal was die dokter langs my bed, en het aan my gesê dit is nie hy wat die werk gedoen het nie, die Here self het die werk gedoen. Ek het op my rug gelê, en die dokter vra toe dat ek op my sy gedraai word, want ek het 'n dreineringspyp in my rug gehad. Terwyl hy my gehelp het om te draai kon ek dadelik my voete beweeg.

Die Vrydag tydens besoektyd toe Lenie en die kinders daar kom het ek vir hulle gevra om my badkamer toe te help. Hulle het my gehelp om met die krukke te loop. Dit was baie groot inspanning, maar ek het geen pyn tot vandag toe nie! Normaalweg met 'n rugoperasie sit hulle 'n kateter in en fisioterapie moet gedoen word, maar ek het nie enige van dit nodig gehad nie. Ek is na 'n week ontslaan, en het baie vinnig, deur die genade van 'n almagtige God, aangesterk en na twee weke kon ek normaal loop, waar dit normaalweg tot drie maande kan duur.

Ek het lank gelede knoppe in my linkergewrig gekry wat baie gevoelig was – tot 8 mm hoog. Ek het maar bly bid oor die knoppe en vir God gevra om dit weg te neem as teken dat God my gebede verhoor. My geloof was klein, maar Hy het my verhoor en die knoppe is weg.

Baie dankie aan elkeen wat my besoek en vir my gebid het. God is wonderlik, en dit is die moeite werd om Hom te aanbid.

“Aan God al die ere, Hy't wonders gedoen,in liefde gee Hy ons sy enigste Seun,Hy offer sy lewe as sonde-rantsoen,

om vir ons die hemelpoort ope te doen!

Prys die Heer! Prys die Heer!Laat die aarde getuig.

Prys die Heer! Prys die Heer!Laat die mensdom nou juig.

O kom tot die Vader deur Jesus, die Seun,en gee Hom die ere, Hy't wonders gedoen!”

14

Page 18: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Skielik was daar saam met die engel 'n menigte van hemelse leërskare wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde in die mense 'n welbehae.”

Dit was hier by die geboorte van Christus dat die engele se sang vir ons wys dat die grootste oomblik in die geskiedenis van die heelal aangebreek het. Die geboorte van 'n Baba in 'n stal in daardie nag was 'n duidelike bewys van God se grootheid in die ganse heelal wat Hy geskape het.

In die lewe van daardie Kindjie sou God se karakter in al sy volmaaktheid gesien word: sy heiligheid, sy krag, sy regverdigheid, sy getrouheid, en die belangrikste: sy liefde.

Die laaste boodskap in die engelelied is dat God 'n welbehae het in die mens en dat Hy hulle liefhet. Omdat God mense liefhet, het Hy sy enigste Seun gestuur sodat ons nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Alhoewel die mense Christus nie aanvaar het nie, het Hy aan almal wat Hom aangeneem het die mag gegee om kinders van God te word. Daar was

nie vir Hom plek in 'n herberg nie, tog waarborg Hy 'n plek in sy Vader se woning vir elkeen wat Hom aanneem.

Alhoewel Christus deur mense verag was, het Hy belowe om ons nooit te verlaat nie. Hy is uitgedaag om van die kruis af te kom as Hy die Seun van God is, maar Hy het aan die kruis gehang - 'n skouspel vir die skare rondom Hom. In stede dat hulle ons Here Jesus bejammer het, was daar soveel haat in hulle dat hulle eerder uitroep: “Kruisig Hom, kruisig Hom!”

Ter wille van ons sondige mense het die Here Jesus al die smaad gedra. Hy het verkies om aan die kruis te sterf en die wil van sy Vader te doen – waarvoor Hy aarde toe gekom het. Nêrens is daar groter liefde as dit nie, dat iemand sy lewe aflê vir sy vriende.

Die EngeleliedMiemie van Heerden

15

Page 19: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Christelike Vereniging van Suid-Afrika

Wanneer ek so oor die droeë dorre pan tuur

tot daar teenaan die kranse langs die Vaalrivier,

sien ek geestelike stories wat wyd tussenin lê.

Gebeure van vervloeë - soos die oumense sal sê.

'n Ene oom Swanepoel en 'n klompie van sy mense

het gevra: “Heer ons wil U dien in al U wense.

Vader voorsien ons van die Heilige Gees om te oorwin,

Here maak vir die groepie mense hul nuwe begin.”

Die Gees het soos 'n lig op hulle neergedaal.

Om die pan het hul geloop, en Hom met lofliedere betaal.

Buitestaanders sien 'n lig op die huis se dak.Die lig het die groepie Christene alleen geraak.

Die Heilige Gees het die klompie mense oorspoel.

Hulle was vir 'n nuwe Christelike kerk bedoel.Die mense in die omgewing het hul eenkant geskuif.

Hul was konsuis besig om die verkeerde bedryf.

So het die Christelike Vereniging van Suid-Afrika ontstaan.

Hulle sou 'n nuwe liefdesweg vir mense na die Here baan.

Nou is dit al die vyfde prediker wat die weg voort dra.

“Heer U genade oor hulle was groot, ons wil nog genade vra”

16

Jan Smit

Page 20: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Donderdagoggend so om en by tienuur se kant, is die motor klaar gepak en ek en my wederhelf, Sannie, is oppad na nog 'n wonderlike Christelike Vereniging van Suid-Afrika kerkbyeenkoms by 'n plekkie met die naam van “Die Krans”. As ek reg onthou is dit by die Krans, waar die gemeente ontstaan het. Vanaf Orkney, net duskant die dorpie Leeudoringstad draai jy weg op die pad na Bothaville. Na nog so vyf en twintig kilometers draai jy regs af op 'n stowwerige sinkplaat paadjie. Wat my dadelik opval is die ruwe kranse wat die Vaalr iv ier aan die eenkant beskerm, en ek glo dit is waar die omgewing sy naam vandaan gekry het: “Baviaanskrans”. Net 'n klein entjie verder, wanneer die pad so effe draai na regs, begin die kerk se rooi dak uitsteek, en hoe nader jy kom is daar 'n horde geboutjies wat oral rondstaan.

H i e r k a n j y n o g v a n m e l e ë s e sandsteen geboue sien. Die rou manier wat hulle gebou is, en tog daardie dae was dit met liefde en trots gebou. Ons het 'n kamertjie gekry in die oukerk gebou, wat omskep is vir

die doel vir kerkgangers om in te bly vir die naweek wanneer kerk gehou word by die Krans. Tante Bata Rossouw het die plekkie vir ons gekry, en sy was reeds besig om dit leefbaar te maak. Wanneer ek so deur die venster loer na die geboue om die oukerk, kan ek sien hoe het die natuur al hier ingetree. Van die stoepe se pilare pas mooi aan by die oudheid van die plekkie. Hier is ook ander geboue wat baie later gebou is. Soos wat die dag na sy einde toe staan, is dit al meer stoffies wat na die pad se kant toe opslaan.

Die eerste diens begin om sewe uur, en die klok sal halfsewe lui, dan begin die gesing. Ek en my wederhelf was eerste om ons plekkie in te neem. So het die een vleuel van die kerk begin vol raak. Weer het die vroue eenkant gaan sit, en die mans aan die anderkant. Die dames het ook weer elkeen haar uitgesoekte hoed opgehad. Wat vir my opvallend was terwyl ek in die kerk sit, is dat die klok nie gelui het nie. Ek het a g t e r n a u i t g e v i n d d a t o p ' n Donderdagaand voor die aanvang van die dienste word hy nie gelui nie.

Die diens was waargeneem deur die

BaviaanskransJan Smit

17

Page 21: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

leraar, Fanie Visagie, en die woord wat hy aan ons oorgedra het was vir elkeen wat die diens bygewoon het bedoel. Hy het ons weer laat besef dat dit wat ons oordra na ons kinders die pad vorentoe vir hulle gaan oopmaak na die ewigheid van onse Vader. By almal het hy 'n teerpuntjie aangeraak - ons kinders, en Fanie is nie bang om sy lidmate op 'n mooi manier die slegte na die regte te verwys nie. Die dienste wat ek nou reeds bygewoon het van Fanie, weet ek nou hy is 'n baie toegewyde kind van die Here, en hy bak nie mooi broodjies om jou in die kerk te kry nie, sy woord kom van die Here af om ons te kan help om die saligheid te kan beërwe. Lank na Fanie se preek het ons lekker saamgesing. Die gemeente is na die d iens uitgenooi vir koffie, sop, en die lekkerste snoepery aan kamer van tante Dina Visagie, en dit is nou weer waar almal vir almal groet, en net gesellig saam kan verkeer.

Vrydagoggend, en die oostekim begin breek vir die nuwe dag. Die stilte is baie opvallend, en so nou en dan hoor ek 'n mossie hier op die dak gesels. Hierdie deel van die ou Wes-Transvaal het ek opgemerk is baie droog - ek sien hier is boere wat uit die Vaalrivier besproei. Dit is net 'n anderste atmosfeer wanneer mens by die kerklike byeenkomste betrokke raak. Sannie het baie vir my van die Withuis vertel, en vanoggend het sy my die plek gaan wys waar dit alles begin het. Sannie se broer Jannie Labuschane en sy vroutjie Marie, het die staptoer met ons meegemaak. Jannie kon meer uitbrei oor die kerklike gebeure,

omdat hy al baie lank lidmaat is. Net onderkant die wit huis lê 'n verdroë pan, wat na wat ek verneem, dié pan is waarom die eerste lede van die kerk geloop en sing het toe die Heilige Gees in die wit huis oor hulle uitgestort was. Ou vanmeleë se herinneringe het weer teruggekom na Sannie soos sy sekere dinge weer herroep. So met die gestappery doen ons ook aan by tannie Breggie van oom Kerneels, die pragtigste ou mensie, en 'n onthou wat nogal goed is vir haar jare. Lekker koekies, beskuit en koffie was op die spyskaart, en baie stories van ware gebeure het almal om die tafel te vertelle gehad.

Nou wag almal weer, en sien uit na die aanddiens, en steeds kom die mense aan van oral heen. Dit is sewe uur en die voorsang gaan nou begin, die diens begin om halfagt. Dit is so aangeskuif om voorsiening te maak vir die lede wat nog oppad is. Evangelis Fanie Visagie het die diens gelei, en oor 'n wye spektrum van ons as mens gesels. Hy het gepraat oor Jakob wat 'n klip onder sy hoof geplaas het, en die klip gebruik het om 'n gedenksteen daarmee op te rig om te sê hierdie is heilige grond wat ons betree. Na die diens was daar weer gekuier voor die kerk soos na elke diens. Stil het die mense na hul kamers teruggekeer, om vroeg in te kruip want die vroeë oggenddiens die volgende dag begin om sewe uur.

Vroeg Saterdagoggend, en 'n koel windjie het opgesteek met 'n paar druppels reën wat hom vergesel. Toe die kerkklok halfsewe lui sit ek op my plek. Die diens word gelei deur

18

Page 22: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Jakobus Oberholzer - ek hoor die mense noem hom Jakoos. 'n Baie sterk boodskap wat hy oordra. Die tyd raak min, en ons moet klaar wees as die Here vandag sou kom. Ons moet hande vat en mekaar versterk in dit wat vorentoe op ons wag, indien die Here vertoef om op die wolke te kom. Wat my weer opgeval het - die kerk was weer redelik vol. Nog steeds is 'n koel luggie wat knyp toe ons uit die diens kom. Nou moet ons gou 'n paar verstellings gaan doen, en 'n koppie koffie afkry, dan is dit weer terug na die tienuur diens wat ook 'n doopdiens is.

Evangelis Fanie Duminy neem die oggenddiens waar. Sy preek gaan oor die manier wat ons ons kinders grootmaak, en dat hulle nog aan die Here behoort, want die woord sê: “Verhoed die kindertjies nie om na my te kom, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Daar was ook 'n doping van 'n kindjie wat aan die Here weggegee is. Na die diens kan ons nou ons mae gaan vul, en wag vir die Jongelingsvereniging wat om drie uur begin.

Eindelik is dit die jongelinge se beurt om die oues van dae te trakteer. Johannes le Grange het die opening waargeneem, en elke item voorgestel. Hier word die kinders van baie kleintyd al op die regte pad gelei. Hulle is skaars knieghoogte dan kan hul al sing. So word die kinders klein en groot betrek, elkeen het sy deeltjie in die kerk. Ook het die kerk se eie trotse orkes opgetree. Wat 'n ondervinding om die jongmense so te sien uitstaan vir ons hemelse Vader se werk. Na die

vereniging moet ons gou weer 'n eetdingetjie inkry om in tyd te wees vir die aand se diens. Soos ons nou van die kerk af na ons kamertjie toe stap, word jy oral ingenooi om 'n ou koffietjie of koeldrank te kom nuttig, en dit gaan gepaard met 'n versnapering. Teen die tyd wat jy by jou kamer kom, is daar nie meer plek vir kos nie.

Halfsewe, en ek sit klaar op my plek. Die orkes is ook op hul plek, reg om te speel. Die diens word waargeneem deur die leraar Fanie Visagie, en hy laat ook weer nie een steen onaangeroer nie. Vanaand het hy weer baie vrae: Waar staan jy met die Here? Is jou saak reg? Waar is jy en waarmee is jy besig wanneer die klok lui? Het jy al jou teenstanders vergewe? Die leraar vra nie al die vrae sonder rede nie - dit is om ons wakker te maak en te besef dat dit nie net oor glo gaan nie, jou saak met die Here moet reg wees, en om dit te kan doen is daar sekere vereistes wat jy moet nakom. Die leraar gee ons al die skietgoed, hy vergemaklik alles vir ons, ons moet dit vasvat en by ons hemelse Vader uitkom.

Nou moet ek eers getuig: Ek het twee kniegvervangings gehad. Ek kon nie kniel nie, my regterknieg kon ek ook nie h e e l t e m a l b u i g n i e . M e t d i e afsluitgebed hoor ek 'n stem sê: “Jy kan kniel” en ek het dadelik afgesak op my knieë. My regterknieg het gebuig sodat ek kon kniel, en ek was heel gemaklik. Na die gebed kon ek gemaklik opstaan, en ek het geen pyn ondervind nie. Ek dank en loof ons Heer daarvoor. Nou weet ek hoekom ek saam met my wederhelf na die

19

Page 23: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

g e e s t e l i k e v o e d s e l v a n d i e Nagmaaltafel in te neem.

Nou is dit dié diens waarvoor almal eintlik na die Krans gekom het. Die heilige Nagmaal. Die kerk is stampvol en die tafel staan gedek. Die leraar Fanie Visagie gaan die Nagmaal bedien. Eers word daar weer 'n bietjie uitgewei oor die gevangeneming van Jesus. Nou word die vraag gevra: Wat sou jou besluit wees indien jy in Pilatus se plek sou staan? Na die preek word 'n lied versie vir versie gesing terwyl ons leraar 'n gedagte tussenin uitlig. Na 'n spes ia le seëngebed beg in d ie bediening van die Nagmaal. Dit is so goed beplan en verloop baie ordelik. Jy kan die Here se teenwoordigheid voel. Dit is nie net by die Nagmaal nie, onse Vader was van die begin af saam met ons by die Krans. Die Heilige Gees wag vir jou daar.

Nou is dit weer totsiens sê aan die Krans. Jy het so baie ontvang wat jy saam met jou neem tot die weersiens.

Krans toe moes gaan. Ek moes die werking van God se Gees gaan ondervind het.

Sondagoggend, en weer vroeg uit die vere. Daar is 'n koeligheid wat in die vroeë oggend te voele is. Ek voel vanoggend soos 'n nuwe sikspens soos die ou mense dit sou stel. Ek en my wederhelf is weer vroeg op ons plekke vir die vroeë oggend diens. Die volle orkes is weer gereed, en wag net vir die klok om te lui. Evangelis Neels Botha lei die diens. Hy praat van Ester, uit die boek Ester. Hy het ook beaam wat die leraar in die vorige aanddiens gesê het. Ons moet onsself ondersoek en uitvind waar is ons plek in die Geeswerk waarvoor ons geroep is. Maak nie saak wie of wat jy is nie, in die Here se oë is ons almal gelyk. Ons moet om ons kyk, en onsself vra wat het ek nie alles al van die Here ontvang nie, en wat het ek teruggeploeg om dankie te sê. Na die diens is almal weer vinnig na hul blyplekkies om gou voedsel vir die liggaam in te neem, en dan halftien weer op jou pos wees om

20

Page 24: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Baie min van ons weet wat sondebesef regtig is. Ons weet hoe dit voel om ontsteld te wees wanneer ons iets verkeerds gedoen het. Sondebesef w a t d e u r d i e H e i l i g e G e e s b e w e r k s t e l l i g w o r d w i s e l k e verhouding op aarde uit en maak ons van net een saak bewus: Psalm 51:6: “Teen U alleen het ek gesondig.” Wanneer 'n persoon op hierdie manier van sonde oortuig word weet hy met alles op sy gewete dat God hom nie durf vergewe nie. Indien hy sou verwag dat God hom moet vergewe het hy 'n sterker sin vir geregtigheid as God. God vergewe wel, maar die prys wat Hy moes betaal was 'n hart wat van pyn gebreek het toe sy Seun aan die kruis gesterf het.

Die groot wonder van God se genade is dat Hy sonde vergewe, en dit is slegs deur die dood van Jesus Christus wat die goddelike natuur toelaat om te vergewe, terwyl Hy nog getrou aan Homself bly. Dit is oppervlakkig om te sê dat God ons vergewe omdat Hy ons liefhet. Wanneer ons eenkeer waarlik van sonde oortuig is sal ons dit nooit weer sê nie. Die liefde van God beteken Golgota en niks minder nie.

Die liefde van God is aan die kruis uitgespel en nêrens anders nie. Die enigste basis waarop God my kan vergewe is deur die kruis van Christus. Dit is waar Hy sy gewete stil gemaak het.

Vergifnis beteken nie dat ek slegs van die hel verlos is en gereed gemaak is om hemel toe te gaan nie. Geen mens sou vergifnis op daardie vlak aanvaar nie. Vergifnis beteken dat ek nou in 'n nuwe verhouding instap wat my met God in Christus identifiseer. Die wonder van verlossing is dat God, die he i l ige Een, my d ie onhei l ige transformeer tot sy standaard, en Hy doen dit deur die nuwe natuur van Jesus Christus in my binneste te plaas.

Pasop vir die populêre siening dat die vaderskap van God is so goed en liefdevol dat Hy ons natuurlik sal vergewe. Die gedagte wat op suiwer emosie gebaseer is, is nêrens in die nuwe testament van die Bybel te vind nie. Die enigste basis waarop God ons kan vergewe en ons in sy guns kan herstel is die kruis van Christus. Daar bestaan geen ander manier nie. Die

sondeMagda Oberholzer

Vergifnis van

21

Page 25: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

prys vir vergifnis wat ons so maklik aanvaar was die wroeging en lyding op Golgota. Ons behoort nooit vergifnis van sonde , die gawe van die Heilige Gees en ons heiligmaking in kinderlike geloof te aanvaar en dan te vergeet van die geweldige prys wat God betaal het om dit alles vir ons moontlik te maak nie. Vergifnis is die goddelike wonder van genade. Die prys wat God betaal het was die kruis van Christus. Om sonde te vergewe en steeds die heilige God te bly moes die prys betaal word. Moet nooit enige siening huldig van God se vaderskap wat die versoening uitwis nie. Die geopenbaarde

waarheid van God is dat vergifnis sonder versoening nie moontlik is nie. Dit sou 'n weerspreking van God se karakter wees. Die enigste manier waarop ons vergewe kan word is om na God teruggebring te word deur die versoening van die kruis.

God se vergifnis is besonders in vergelyking met die wonder van die betekenis dat Hy 'n vloek geword het. Sondebesef word aan ons gegee as 'n gawe van skaamte of berou. Dit is God se groot genade. Jesus Christus haat sonde in die lewe van mense, en Golgota was die prys.

“Ek weet ek het 'n sondelas,maar Jesus verseker my:

sy bloed het aan die kruis gevloei,en daardeur red Hy my;

met doringkroon en lewensdors,in eensaamheid verlaat;

en duisternis het neergedaal,Hy het gesterf vir my!

My Redder en my Here,U skenk aan my die lewe;

ek dank U vir die wetedat ek aan U behoort.”

22

Page 26: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

CHRISTELIKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA

BESTUURSRAAD

Daar is besluit om sekere aangeleenthede uit die Bestuursraad deur middel van die Ligdraer onder die gemeente se aandag te bring.

Dit handel oor die Kerk se standpunt oor sekere aktuele sake, asook oor sekere reëlings, waarvan almal moontlik nie bewus is nie.

Dit word gedoen deur middel van uittreksels uit die notules van die Bestuursraad.

BESTUURSRAADSNOTULE VAN 12 JULIE 2012 – PARAGRAAF 8.3

Die Kerk se standpunt oor sekere aktuele aangeleenthede

8.3.1 Homoseksualiteit

Daar kom toenemend gevalle voor van homoseksualiteit by lidmate van die Kerk. Stelselmatig word dit wêreldwyd al meer 'n aanvaarbare gedragspatroon, en word enige diskriminasie op basis van seksuele voorkeur in die algemeen sterk teengestaan.

Na bespreking is die Bestuursraad dit eens dat homoseksualiteit op Bybelse gronde geen regverdiging het nie.

Teen hierdie agtergrond kan die Kerk, wat ingevolge sy Hoofleer en Doel op die Bybel gegrond is, nie anders as om hom ten sterkste uit te spreek teen homoseksualiteit nie.

23

Page 27: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

8.3.2. Ongetroudes wat saamwoon

Soos by homoseksualiteit, is daar ook 'n tendens dat ongetroudes wat saamwoon al meer voorkom by lidmate van die Kerk. Hulle regverdig hierdie lewenswyse soms onder die dekmantel van finansiële oorlewing, en maak 'n huweliksertifikaat selfs af as 'n “stukkie papier”.

Tydens bespreking hiervan word vermeld dat Jesus in Johannes 4:17 en 18 vir die vrou by die put van Sigar pertinent gesê het:

“Jy het reg gesê: Ek het nie 'n man nie; want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie.”

As saamwoon geregverdig was, sou Jesus dit beslis nie so pertinent uitgewys het dat die man wat sy nou het, nie haar man is nie.

Die Kerk beskou d ie huwel ik , ingevolge d ie Huweliksformulier as 'n allerplegtigste, heilige en ernstige verbintenis wat deur God self ingestel is.

Gevolglik kan die Kerk nie anders as om die praktyk van ongetroudes wat saamwoon ten sterkste af te keur nie.

8.3.3 Genadedood

Genadedood is ook 'n aktuele onderwerp met uiteenlopende sienings wat periodiek wye bespreking in die media uitlok.

Na bespreking hiervan is die Bestuursraad dit eens dat die Here die lewe gee, en ook sal besluit wanneer om dit te neem. Daar mag, ongeag die omstandighede, geen menslike inmenging wees om 'n lewe te beëindig nie.

24

Page 28: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Hierdie siening is ook gebaseer op Psalm 31:16 waar die Woord sê:

“My tye is in u hand.”

8.3.4 Kinders van gemengde afkoms

Die Bestuursraad neem kennis van die bestaan van kinders van gemengde afkoms waar een van die ouers 'n lidmaat is van die Kerk.

Ingevolge die Kerk se Grondwet en Kerkorde is daar egter geen diskriminasie op grond van ras nie, en sal sulke kinders, soos baie soortgelykes, in die toekoms hul weg vind, sonder enige spesiale ingryping deur die Kerk.

BESTUURSRAADSNOTULE VAN 21 MAART 2013 – PARAGRAAF 6.1

Kriteria om in begraafplaas begrawe te word

Slegs lidmate, hul wettige gades en kinders van lidmate wat nog nie die normale aannemingsouderdom van 16 of 17 jaar bereik het nie, mag in die begraafplaas begrawe word. Kinders wat op genoemde aannemingsouderdom nie by die Kerk wou aansluit nie, kwalifiseer nie om in die Kerk se begraafplaas begrawe te word nie.

BESTUURSRAADSNOTULE VAN 19 MAART 2015 – PARAGRAAF 6.4

Lede wat by ander Kerkgenootskappe aansluit

Indien iemand by 'n ander Kerkgenootskap lid geword het, sal so 'n persoon se lidmaatskap van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika outomaties verval.

25

Page 29: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

BESTUURSRAADSNOTULE VAN 17 SEPTEMBER 2015 – PARAGRAAF 8.2

Akkommodering van die oorskot van lidmate wat veras is in die begraafplaas

Alhoewel dit die Christelike Vereniging van Suid-Afrika se gebruik is om mense te begrawe, sal die Kerk wel diegene wat 'n verassing verkies, se oorskot in 'n muur van herhinnering, of in 'n aanvaarbare alternatief, by die Kerk se begraafplase akkommodeer.

JOHAN LE GRANGESEKRETARIS

Ons leraar is van voorneme om weer met ons voornemende lidmate in Middelburg by broer Jaco en suster Ilse Pretorius se hotel bymekaar te kom.

Daar word beplan om DV op Vrydag, 11 Desember 2015 vanaf die kerksaal in Klerksdorp te vertrek en sal weer Sondag 13 Desember 2015 terug wees.

Almal wat begerig is om Kersfees lidmaat te word, asook diegene wat gedurende die jaar lid geword het, word saam genooi na Middelburg, waar almal saam sal kuier en die Kerk se reëls breedvoerig bespreek gaan word.

Dit word beklemtoon dat daar geen kostes aan verbonde is nie.

Indien u belangstel om saam te gaan, moet u br Stefan Botha kontak by 083 408 2223 sodat die nodige reëlings getref kan word.

Voornemende Lidmate

26

Page 30: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Vir die lidmate in ons Geeswerk is dit voorwaar 'n trots en voorreg om hulde te bring aan hierdie groep senior mense. Hulle is inderdaad ons geestelike steunpilare waarteen mens nog so dikwels kan leun, want hul gebede se waarde is ver bo korale en kan nie bepaal of bereken word nie.

1 Jan Kriel 01-07-1918 982 Annatjie Jonker 07-11-1922 943 Martie Nel 09-03-1923 934 Poppie Duminy 13-08-1923 935 Rina Ebersohn 17-01-1924 926 Ems Duminy 15-05-1924 927 Duifie Brand 08-05-1925 918 Miem Swart 06-11-1925 919 Petie Pretorius 28-02-1926 9010 Lissie Blom 03-05-1926 9011 Fanny van der Merwe 01-10-1926 9012 Anna van Wyk 01-01-1927 8913 Bettie Rossouw 21-01-1927 8914 Kosie Fourie 14-03-1927 8915 Marie Stehlik 06-05-1927 8916 Frans Blom 02-06-1928 8817 Miemie van Heerden 16-09-1928 8818 Kitty Steyn 28-04-1929 8719 Baba Kriel 07-03-1930 8620 Dorie Strydom 05-05-1930 8621 Annatjie Myburgh 28-11-1930 8622 Gert Scholtz 23-07-1931 8523 Drienie le Grange 26-07-1931 8524 Sonny Vermeulen 11-09-1931 8525 Sannie le Grange 12-09-1931 8526 Ben Roos 30-09-1931 8527 Dirkie Blom 07-12-1931 85

80 jaar en ouerLidmate

27

Page 31: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

28 Billy Swartz 20-02-1932 8429 Katy Fourie 29-04-1932 8430 Jackie le Grange 06-07-1932 8431 Sannie Lindeque 19-07-1932 8432 Nellie Strydom 08-09-1932 8433 Delene Coetzee 18-09-1932 8434 Dinie Strydom 05-04-1933 8335 Ria Labuschagné 24-06-1933 8336 Kitty Kriel 15-07-1933 8337 Caroline Visagie 27-07-1933 8338 Doris Linde 30-10-1933 8339 Dina Visagie 06-03-1934 8240 Marie van den Berg 07-03-1934 8241 Sarie van Rensburg 14-06-1934 8242 Maggie Rossouw 18-08-1934 8243 Ella Vermeulen 03-09-1934 8244 Hettie Botha 12-10-1934 8245 Joey le Grange 01-12-1934 8246 Dora Barnard 06-12-1934 8247 Breggie van Rensburg 24-12-1934 8248 Dawie Pretorius 08-01-1935 8149 Annatjie Swanepoel 14-02-1935 8150 Brechtje Labuschagné 06-03-1935 8151 Nellie Fouchè 07-01-1936 8052 Annatjie Roos 19-04-1936 8053 Lienie van Rensburg 11-05-1936 8054 Bessie Labuschagne 15-06-1936 8055 Engela Roos 11-07-1936 8056 Joan le Grange 07-12-1936 80

Elkeen van ons se opregte voorreg om ook vir hulle met groot trots en liefde te bid. Ons is inderwaarheid verplig om vir hulle in te tree met groot oorgawe, want hulle het die hitte van die stryd gedra. Dis hierdie steunpilare waarna die apostel Paulus in 2 Tim.4;7 verwys as:

“Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig;

ek het die geloof behou.”

28

Page 32: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

1 Anna van Wyk (Pretorius ) Klerksdorp 3 Douw Barnard Klerksdorp 8 Dawie Pretorius Klerksdorp 11 Hottie Rossouw Leeudoringstad 12 Neels Botha Klerksdorp 14 Marie Swanepoel (Roos) Klerksdorp 16 Corrie Kriel (Van der Merwe) Vryburg Roelie Swanepoel Vanderbijlpark 17 Rina Ebersohn (Labuschagnè) Klerksdorp 18 Willem Strydom Klerksdorp 21 Bettie Rossouw (Labuschagnè) Klerksdorp 22 Tienie Botha (Marais) Klerksdorp 25 Thinus Barnard Pretoria 25 Bessie Naudé (Swanepoel) Klerksdorp 26 Baba Schutte (Smith) Barberspan 26 Marie Swanepoel (Strydom) Klerksdorp

4 Nellie Fouché (Viljoen) Klerksdorp Susan Pretorius (Van der Merwe) Pretoria 13 Louwtjie Botha Klerksdorp 14 Annatjie Swanepoel (Fouché) Klerksdorp 16 Liefie van Rensburg (Koch) Lichtenburg 17 Francina Marè (Van Rensburg) Klerksdorp 20 Billy Swartz Klerksdorp 20 Santjie Rossouw (Barnard) Wolmaransstad 24 Kotie Snyman (Pretorius) Pretoria 28 Petie Pretorius Klerksdorp 28 Fanie Visagie Klerksdorp

+

Januarie

Februarie

Verjaarsdae 70

29

Page 33: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Maart

April 2 Frank du Rand Klerksdorp 4 Roelie Oberholzer Vanderbijlpark 5 Dinie Strydom (Van der Linde) Klerksdorp 8 Bettie Barnard (Flemming) Pretoria 10 Lukas Swanepoel Klerksdorp 11 Tillie van Zyl (Oosthuizen) Stilfontein 13 Pieter Rossouw Klerksdorp 16 Tabitha Strydom (Brittz) Klerksdorp 19 Annatjie Roos (Stopforth) Klerksdorp 20 Susan Rossouw (Fouchè) Klerksdorp 22 Marietjie van Rensburg (Zimmerman) Klerksdorp 23 Corrie Botha (Pieterse) Klerksdorp Anna Jordan (Pieterse) Gansbaai 24 Jannie Roos Pretoria 26 Kola Oberholzer Standerton 28 Kitty Steyn (Vermeulen) Louis Trichardt 29 Katy Fourie (Craucamp) Vryburg

5 Baba Vermeulen (Delaport) Klerksdorp Willie Bindemann Klerksdorp 6 Dina Visagie (Pypers) Klerksdorp Petro Botha (Spies) Klerksdorp 7 Baba Kriel (Visser) Vanderbijlpark Martie Nieuwoudt (Strydom) Klerksdorp Marie van den Berg (Botes) Vereeniging 9 Martie Nel (Minnaar) Klerksdorp Giep Strydom Vryburg 13 Peet Pretorius Pretoria Attie Havenga Klerksdorp 14 Kosie Fourie Straatsdrift 17 Attie Duminy Klerksdorp 18 Tonie Smit Vryburg 19 Miems Swanepoel (Pretorius) Klerksdorp 23 Hannatjie Visagie (Ferreira) Klerksdorp 31 Joey van der Watt (Roos) Potchefstroom Santjie Coetzee (Rossouw) Leeudoringstad

30

Page 34: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Lisemari Swanepoel Lourens en Anna-Marie Leeudoringstad 09/08/2015

Ryan J van Rensburg Johan en Ronel Carletonville 30/08/2015

Jannel J van Rensburg Johan en Ronel Carletonville 30/08/2015

Johan J van Rensburg Johan en Ronel Carletonville 30/08/2015

Robert J van Rensburg Johan en Ronel Carletonville 30/08/2015

SJ J van Rensburg SJ en Elsabè Baviaanskrans 12/09/2015

Bennie Duminy Bennie en Elanie Ebenhaezer 10/10/2015

Sannie Smit

Jan Smit

Wessel Wessels

Ebenhaezer 3 Oktober 2015

Dopelinge

Nuwe Lidmate

31

Page 35: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

HuwelikeJacques Jerling en Jaun-Mariè Rossouw

is op 18 April 2015in die huwelik bevestig

Johan le Grange en Melanie Scholtzis op 9 Mei 2015

in die huwelik bevestig

Japie Smit en Adel Harmseis op 29 Augustus 2015in die huwelik bevestig

32

Page 36: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Finansiële ondersteuningDie Kerk se bankbesonderhede is as volg:

Christelike Vereniging van Suid-AfrikaKlerksdorp PretoriaABSA bank (Tjekrekening) ABSA bank (Tjekrekening) Rekeningnommer 3030 230 018 Rekeningnommer 40 5155 4280

HulpfondsABSA bank Rekeningnommer 91 8911 5604

Kerkkantoor (Klerebank en Museum)

Nina le GrangeTelefoon 018 462 2381Faks 018 462 4203 Selfoon 086 551 0019E-Pos adres [email protected] Posbus 330, Klerksdorp, 2570Kantoorure: Maandag en Donderdag 08:00 - 12:00

Adresveranderinge‘n Vriendelike versoek aan al ons lidmate om, wanneer u adres of kontakbesonderhede verander, ons so gou moontlik daarvan in kennis te stel.

Sodoende bly ons rekords op datum en kan ons u Ligdraer korrek versend en ook by u huisbesoek doen wanneer ons in u omgewing is. U kan die nuwe besonderhede aan enige van ons evangeliste verskaf, of dit e-pos na [email protected]

Algemene Inligting

33

Page 37: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

Kontaknommers

Klankopnames

Alle Jongelingsverenigings, verskeidenheid van musiek en sang asook die boodskappe op Sondae in Klerksdorp sowel as tydens spesiale dienste is beskikbaar teen die volgende pryse (versendingskoste uitgesluit):

R20 per CD R40 per MP3 CDR50 per CD in argief (10 jaar en ouer) asook alle spesiale Cd’sR80 per 8GB geheuestokkie en die laai daarvan beloop R30 per GB. Kontak vir br Gert Strydom persoonlik by 083 654 4949 of 018 462 6833 om aan te dui watter opnames u op die geheuestokkie wil laat stoor.

CD bestellings en betalings kan ook gedoen word by die kerkkantoor.

Baviaanskrans S 27°20’58.08” O 26°26’06.84”

Bloempark S 26°44’00.77” O 27°44’02.14”

Ebenhaezer S 26°34’13.82” O 24°30’11.86”

Klerksdorp S 26°52’27.70” O 26°39’04.06”

Leeudoringstad S 27°14’13.45” O 26°14’42.90”

Pretoria S 25°52’31.92” O 28°05’49.73”

Vryburg S 26°56’50.10” O 24°43’09.30”

GPS Koördinate van kerkterreine

Leraar Fanie Visagie 018 462 1282 082 324 3248Evangelis Neels Botha 082 562 5628Evangelis Fanie Duminy 082 823 4861Evangelis Johan Pretorius 083 229 4036Evangelis Kosie Roos 076 486 6568 Evangelis Fanie Visagie 082 331 0432

34

Page 38: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

KotieVan Rensburg

1934.10.222015.10.04

VinaMeyer

1948.05.222015.07.31

FaanStrydom1955.06.292015.10.22

LettieScholtz

1935.11.252015.10.05

JCVan Eeden

1946.07.222015.09.16

MartieRoos

1932.02.232015.08.30

LouisNagel

1948.05.182015.08.11

Sterfgevalle

35

Page 39: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat

dienste

2017Baviaanskrans12 tot 14 Februarie

Pretoria4 tot 6 Maart

Ebenhaezer24 tot 27 Maart

Bloempark15 tot 17 April

Klerksdorp3 tot 15 Mei

Pretoria12 tot 14 Augustus

Baviaanskrans9 tot 11 September

Ebenhaezer7 tot 9 Oktober

Bloempark11 tot 13 November

Klerksdorp17 tot 26 Desember

2016Pretoria10 tot 12 Februarie

Baviaanskrans10 tot 12 Maart

Ebenhaezer13 tot 16 April

Bloempark5 to 7 Mei

Klerksdorp2 tot 4 Junie

Pretoria11 tot 13 Augustus

Baviaanskrans8 tot 10 September

Ebenhaezer6 tot 8 Oktober

Bloempark10 tot 12 November

Klerksdorp17 tot 26 Desember

Spesiale Dienste

36

Page 40: Ligdraer Desember 2015 - cvsa.co.za Desember 2015pdf.pdf · Shaka, sit hy in sy paleis en geniet Boodskap van ons leraar op 16 Desember 2014 Deut 7 vers 9: “Jy moet dan weet dat