ligdraer - gereformeerde kerk ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die here” verhouding...

12
Ligdraer Gereformeerde Kerk Ontdekkers 12 November 2017 Oggenddiens: 9H30 Aanddiens: 18H00 (Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 - 7 jaar) Jaar 49 – nr. 44 Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by die feesmaal van ons Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee / koffie in die saal te geniet. Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken. D ie Ligdraer sal op 26 November 2017 die laaste keer gepubliseer word en dan weer in 2018 in ’n splinternuwe baadjie! Maar ek gaan nie nou al die aap uit die mou laat nie. Dit is met leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van Patricia Hendricks se moeder. Ons bid hulle en die familie die vertroosting van die Here in hierdie tyd toe. Dink asseblief ook in julle gebede aan Jan Kloek wat ’n operasie ondergaan het. Lourens het vir ons ’n pragtige foto van Daniela gestuur waar sy saam met Linette van der Merwe, mezzo-sopraan, opgetree het, bl. 4. Baie dankie Lourens. Neem asseblief kennis dat daar nie 24 Desember en 31 Desember enige aand eredienste sal wees nie. Indien daar enigiemand kan help met die voorbereiding van die etes vir Kersfees sal ons dit waardeer. Kontak vir Hendrik. By voorbaat dankie. Ek herinner julle aan die GK Ontdekkers se Jaarbeplanner en kontakbesonderhede boekie wat wat in die saal beskikbaar is en Elna vra dat julle een /huisgesin sal neem asseblief. Indien daar van julle is wat graag deel van die gehoor wil wees waar “Klavierkuiers met Pedro” opgevoer word (Hendrik en ek was Woensdagaand by die opname van Mathys Roets), lees op l. 8 vir bespreking en tye wanneer kunstenaars sal optree. En daarmee groet ek tot aanstaande week, mooi loop en groete van huis tot huis. Mockie ([email protected] 083 280 2092)

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ligdraer - Gereformeerde Kerk Ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in die hart van elke gelowige, soos Hy belowe

Ligdraer Gereformeerde Kerk Ontdekkers

12 November 2017

Oggenddiens: 9H30 Aanddiens: 18H00

(Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 - 7 jaar) Jaar 49 – nr. 44

Hartlik welkom aan elkeen vanoggend

by die feesmaal van ons Here

Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens

saam met ons ’n koppie tee / koffie in die saal te geniet.

Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken.

D ie Ligdraer sal op 26 November 2017 die laaste keer gepubliseer word en dan

weer in 2018 in ’n splinternuwe baadjie! Maar ek gaan nie nou al die aap uit

die mou laat nie.

Dit is met leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van Patricia Hendricks se

moeder. Ons bid hulle en die familie die vertroosting van die Here in hierdie tyd toe.

Dink asseblief ook in julle gebede aan Jan Kloek wat ’n operasie ondergaan het.

Lourens het vir ons ’n pragtige foto van Daniela gestuur waar sy saam met Linette

van der Merwe, mezzo-sopraan, opgetree het, bl. 4. Baie dankie Lourens.

Neem asseblief kennis dat daar nie 24 Desember en 31 Desember enige aand

eredienste sal wees nie.

Indien daar enigiemand kan help met die voorbereiding van die etes vir Kersfees sal

ons dit waardeer. Kontak vir Hendrik. By voorbaat dankie.

Ek herinner julle aan die GK Ontdekkers se Jaarbeplanner en kontakbesonderhede

boekie wat wat in die saal beskikbaar is en Elna vra dat julle een /huisgesin sal

neem asseblief.

Indien daar van julle is wat graag deel van die gehoor wil wees waar “Klavierkuiers

met Pedro” opgevoer word (Hendrik en ek was Woensdagaand by die opname van

Mathys Roets), lees op l. 8 vir bespreking en tye wanneer kunstenaars sal optree.

En daarmee groet ek tot aanstaande week, mooi loop en groete van huis tot

huis. Mockie ([email protected] 083 280 2092)

Page 2: Ligdraer - Gereformeerde Kerk Ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in die hart van elke gelowige, soos Hy belowe

2

Baie geluk aan ons lidmate wat gedurende die komende

maand verjaar. Mag dit ’n baie spesiale dag wees!

Lidmate se name en telefoonnommers is in die almanak,

skakel hom / haar gerus.

Siekebesoek vir die maand van November word deur Sonia

Richards, 082 633 1200 en Martie Diederichs, 084 011 6288

behartig. Indien jy van enigiemand weet wat siek is en ’n

besoekie sal waardeer, is hulle die dames wat geskakel kan

word.

Vakansie woonstel te huur:

St Michaels

9 - 16 Desember 2017

4 Persone R 10 000

2x badkamers

Onderdakparkering Sekuriteit

Balkon kyk uit oor die see

2 minute se stap van die see

Woonstel word daagliks

skoongemaak

Lizette Henop - 082 930 9283

Militêre Veterane As u enigsins in die SA Weermag diens verrig het, kan u as Militêre Veteraan registreer.

Van die voordele is soos volg:

Gratis Mediese dekking vir die veteraan – nie eggenote nie.

Beurse/ Studiegeld vir u kinders of self.

SDR- Pensioen van R1200-00 per maand as u jaarlikse inkomste minder as R125 000-

00 is.

Kompensasie vir Beserings/ Sielkundige skade tydens diensplig opgedoen.

Vir meer inligting skakel Marius Boshoff 071 176 3646.

Enkel man/vrou woonstel te huur. Slaap, half badkamer met sit, eet en kombuis – oopplan. Huur R 2 800-00 plus elektrisiteit. Skakel Marinus by 082 416 4262 vir be-sigtiging. Beskikbaar vanaf die 1 ste Desember

Page 3: Ligdraer - Gereformeerde Kerk Ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in die hart van elke gelowige, soos Hy belowe

3

Help my, my brein het aan die slaap geraak - deur Stephan Joubert

“Help my, ek slaap dikwels in die kerk,” sê iemand. “Wel, dis minstens ook ’n opinie,” waag ek dit. Feit is, oorbekendheid lei soms tot verveeldheid. Die Here het aan ons almal ’n brein in werkende toestand gegee. Een van die funksies van hierdie fenomenale orgaan is om “kopkaarte” of “maps” te maak wat ons lewe voorspelbaar en veilig maak. Van kleins af rig ons brein ons af hoe om te dink, te voel en op te tree. Op dié manier spaar dit sommer ook energie. Trou-ens, ons brein is die “oorspronklike Eskom” wat op beurtkrag probeer oorleef. Daardie 23-25 watt se energie wat op enige gegewe oomblik vir die brein beskikbaar is, moet sinvol en spaarsamig aangewend word. Een van die brein se voorkeur maniere hoe om dit te doen, is om ons te laat dagdroom. Geleerdes bereken ons dagdroom tot soveel as 46,9% van die tyd. Nee, dag-droom is glad nie sleg nie. Dagdromery aktiveer verskillende areas van ons brein en wakker ook kreatiwiteit aan. Maar wanneer verveeldheid en oorbe-kendheid die rede is vir ons kerklike dagdromery, dan is ons in die moeilikheid.

Wanneer ons eie geloofshandelinge so oorbekend raak dat ons onsself selfs aan die slaap kan bid en dat preke ons gunsteling dagdroom-tyd is, dan is dit hoogtyd dat ons ons kop in God se teenwoordigheid herbesoek. Die Here het bedoel dat ons geloof nie net ons hart moet verander nie, maar ook ons kop. Paulus se woorde in Romeine 12:2, dat ons moet toelaat dat God ons denke verander sodat ons Sy wil mag ken, is steeds waar. Paulus bedoel hier dat God se wil geopenbaar word aan mense met nuwe koppe wat herbedraad is om Hom reg te hoor, te sien, te luister, te leer, te praat en te doen!

As ons die wil van God opnuut en vars in ons eie lewe wil leer ken, dan moet ons ons kop van voor af vir Hom gee. Ons moet toelaat dat Hy ons denke ver-ander. Hier's 'n paar praktiese riglyne om ons hiermee te help:

* Besoek elke week ’n paar Bybelgedeeltes wat jy nog nie tevore gelees het nie, of waaroor jy nog nie indringend nagedink het nie. * Praat korter, maar meermale elke dag met die Here. * Sien God raak op plekke en in mense waar jy Hom nie tevore opgemerk het nie. * Omring jou met kreatiewe gelowiges wat nuwe skatte uit die Here se Woord opdiep en wat nie net vasval in die hersirkulering van flou of oorbekende kerk-taal nie. * Lees goeie boeke wat jou dwing om vars te dink. * Pak jou kritiese ingesteldheid weg en maak elke dag ruimte vir verwondering in jou lewe. Sien iets groot en mooi in God raak, asook iets mooi in mense se lewe. O ja, en sê dit ook vir hulle.

Page 4: Ligdraer - Gereformeerde Kerk Ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in die hart van elke gelowige, soos Hy belowe

4

KERSSANGDIENS 19 November

18:00

Wim Verhagen, ’n gaskunstenaar van

Pretoria, kom ’n kersprogram met die ti-

tel: ‘Jesus bron van al my lewe’ aanbied.

Kom sing saam en deel in die herden-

king van Jesus se geboorte. Bring

asseblief ’n bordjie eetgoed vir ’n ge-

sellige saam-kuier.

Groete. MSO

Daniela en Linette van

der Merwe (mezzo-sop-

raan) by die optrede van

die Mozart Koor in die

Sanlam Ouditorium van

die Universiteit Johan-

nesburg op 28 Oktober

2017.

Foto - Lourens

MARKDAG –Diakonie

Antoinette van Niekerk en Heleen

Cloete het ’n gedugte span gevorm

met die voorbereiding en hantering

van die Markdag – aktiwiteite. Baie,

bàie dankie! Ons opregte dank gaan

ook aan ons lidmate en diakens wat

met die voorbereidings gehelp het,

stalletjies beman het en oral

behulpsaam was.

Groete. Daniela

Indien jy enige Mrs. Balls chut-

ney bottels het en dit nie wil ge-

bruik nie, mag ek vra dat jy dit

asseblief kerk toe sal bring. Ek

moet 100 bottels voor 25 Desem-

ber 2017 bymekaar maak. By

voorbaat dankie.

Page 5: Ligdraer - Gereformeerde Kerk Ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in die hart van elke gelowige, soos Hy belowe

5

PREEKSKETS: Filippense 4: 4 - 7

Wat 500 jaar terug tot die hart van Martin Luther deurgedring het en waarvoor hy bereid

was om te sterf, is vandag so relevant as wat dit destyds was. Luther het die diepste waar-

heid van die Bybel ontdek wat so ’n kragtige blydskap in hom en al die protestante losgelaat

het, dat dit die geskiedenis van die ganse wêreld verander het.

Die blydskap wat Luther in die Bybel ontdek het, is die blydskap waartoe Paulus ons oproep

met die woorde: “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!” Die “bly” waarvan Pau-

lus hier praat, het ’n Persoon tot inhoud. “Wees altyd bly IN DIE HERE!” Christus is ons

blydskap!

Toe Paulus hierdie woorde geskryf het, het hy in die tronk in Rome gesit. Dit het daartoe

bygedra dat hy grootliks van die hulp van ander gelowiges afhanklik was EN dat hy enige dag

kon verwag om dood gemaak te word. Tog staan hierdie brief wat hy aan die gemeente in

Filippi geskryf het bekend as sy “Blydskapsbrief ” (vgl. 1:4; 2:17; 3:1). En dan hoor ons dit

weer hier in 4:4: “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!

Hierdie blydskap van Paulus is nie ’n oppervlakkige vreugde nie, want dis ’n blydskap “IN

DIE HERE!” Die apostel het ’n onvernietigbare vreugde in sy hart omdat hy in só ’n innige

verhouding met Christus lewe, dat dit vir Hom voel asof Jesus daar by hom in die tronk is.

Met Jesus daar by hom, weet hy: Deur die geloof het hy reeds saam met Jesus gesterf. Daar-

om het hy geen sondeskuld meer wat hom bang vir God se oordeel hoef te maak nie; Hy het

ook reeds saam met Jesus in ’n nuwe lewe opgestaan. ’n Lewe wat, as hy nou sou sterf, hom

in die volmaakte teenwoordigheid van Jesus gaan bring; Geen krag hoe sterk of bomenslik

groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in

die hart van elke gelowige, soos Hy belowe het om vir ewig by ons te wees.

Blydskap in die Here is die wonderlike sekerheid: Ek stukkende sondaar is in Christus

vergewe. Ek is vry van enige veroordeling van God. Ek is God se beminde en deur sy Gees

is Hy by my. Hierdie liefdevolle saamwees met God sal tot in ewigheid nooit van my weg

gevat kan word nie.

En as ons diep geraak word deur gebeure en slegte omstandighede? Ons hoef nie te maak

asof ons nie seer gekry het nie. As daar dinge is wat ons blydskap in Christus bedreig, skryf

die apostel: “Maak dit deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.” Wan-

neer ons só biddend saam met Christus leef, sal ons ontdek dat die vrede van God – wat alle

verstand te bowe gaan – ons harte en gedagtes bewaak! Anders gestel: Blydskap in Christus

wat bo alle omstandighede uitstyg, is ’n saak van gebed.

Daarom, al doen ons dit in trane, al doen ons dit op ons knieë in gebed: “Wees altyd bly in

die Here! Ek herhaal: Wees bly!

Page 6: Ligdraer - Gereformeerde Kerk Ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in die hart van elke gelowige, soos Hy belowe

6

Oggenddiens: 9H30

BLYDSKAP wat nie eers vir die die

dood bang is nie!

Lied 215: 1 & 4

In Christ alone (Walter Hardwick)

ONTMOETINGSDIENS

Votum / Seëngroet

Ps. 9: 1 & 7 & 10

Geloofsbelydenis: Nicea

VERSOENINGSDIENS

Formulier: Selfondersoek

Ps. 86-2: 2 & 6

WOORDDIENS

Gebed

Skriflesing: Filippense 4: 4 - 7

Fokusvers: Filippense 4: 4

NAGMAAL

Nagmaalformulier

Ps. 23: 3

Ps. 118: 7 & 12

ANTWOORDDIENS

Gebed

Opneem van offergawes

Sb. 14-2: 1 & 2

GROETSEËN / AMEN

Aanddiens: 6H00

Kerklike tug?

Stemmingsliedere

Ps. 121-2: 2 & 3

ONTMOETINGSDIENS

Votum / Seëngroet

Sb. 1-2: 1 - 3

Ps. 42: 1 & 7

WOORDDIENS

Gebed

Skriflesing: 1 Korintiërs 5: 1 - 13

Fokusvers: 1 Korintiërs 5: 7

Heidelbergse Kategismus: Sondag 31

ANTWOORDDIENS

Gebed

Opneem van offergawes

Sb. 15-7: 1 & 2

GROETSEËN

AMEN

Bespreking (Vraag & Antwoord)

AANDGEBED

Aandgebed: Lied 565

Page 7: Ligdraer - Gereformeerde Kerk Ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in die hart van elke gelowige, soos Hy belowe

7

Beurtlys vir diakonie

19 November 2017

Kollekteer en tel van kollektes

Antoinette van Niekerk (K)

Mieke Boshoff

Martie Lessing

Bettie Voges

Kollekteer

Koos Richards

Oplaaibeurte

Ons Huis

Koos Richards

Petra Prozesky

082 633 1200

083 226 8824

D McDonald

Koos Richards

082 633 1200

Klein Helderkruin

Elize Coetzee

072 490 5402

Middagdiens - Ons Huis 16:45

Bettie Voges

Gedagte vir die week

“Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle

liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal

weet dat julle dissipels van My is.” Johannes 13: 34 & 35

Bybelstudie

Maandae 19H00

Woensdae 8H30

Tema: Vreugdevol Vry!

12 November 2017

Kollekteer en tel van kollektes

Martie Lessing (K)

Elize Coetzee

Mieke Boshoff

Antoinette van Niekerk

Kollekteer

Bettie Voges

Oplaaibeurte

Ons Huis

Bettie Voges

Nardus van der Walt

072 424 5942

082 453 3600

D McDonald

Nardus van der Walt

082 453 3600

Klein Helderkruin

Elize Coetzee

072 490 5402

Middagdiens - Ons Huis 16:45

Rein Coetzee

Page 8: Ligdraer - Gereformeerde Kerk Ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in die hart van elke gelowige, soos Hy belowe

8

Woonstel te huur. Slaap, vol badkamer met sit, eet en kombuis – oopplan.

Huur R 4400-00 plus elektrisiteit.

Skakel Marinus by 082 416 4262 vir besigtiging.

Beskikbaar vanaf die 1 ste Desember.

Hendrik en ek was daar, dit was fantasties!

Page 9: Ligdraer - Gereformeerde Kerk Ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in die hart van elke gelowige, soos Hy belowe

9

Redaktrise: Mieke Boshoff

Vakansie!!!!!

Dis altyd so lekker om na uit te sien. Geen skoolwerk of ander

oefeninge wat gedoen moet word nie. As die skole of

universiteite weer begin kan ’n mens met nuwe moed aan die

gang spring.

Die Bybel praat nêrens van vakansie nie. Tog praat die Skrif oor

rus en rentmeesterskap. Vakansie is ’n tyd om te

rus. In Genesis 2 rus die Here nadat Hy met die hele skepping klaar

was.

Ek het geleer dat geen mens regtig tot ruste kom as daar nie ’n nuwe

ontmoeting met God is nie. Die Here bied ons wonderlike

geleenthede. Ons mag juis ons vrye tyd gebruik om Hom beter te leer ken. Daar is niks

wat ons aanjaag of dwarsboom nie. Vakansie en naweke is díe kans om jou God beter te

leer ken. Kom nader aan Hom. Spandeer meer tyd om met Hom te praat. Alle

verhoudings loop dood as daar nie met mekaar gepraat word nie. Wat van ’n

gebedswandeling? Lees ’n goeie boek, enetjie wat jou geloof bou. Jou geloof is baie

belangriker as jou beursie. Investeer in jou geloof. Versamel skatte in die hemel. Al gaan

mens nie iewers heen met vakansie nie, geniet van die rus wat jy kry. ’n Mens kan

jouself die gelukkigste wese op aarde ag, want jy het deel aan die salige hoop van die

Evangelie. Omdat jy weet dat God lief is vir jou. Die skatte in

die hemel sal jou nooit teleurstel nie. ’n Droomvakansie op

een van die groot passasiersbote, ja dit kan teleurstellend

wees. ’n Duur oorsese vakansie, ja dit kan handevol geld kos,

maar maak dit ’n mens gelukkig? Maak dit ’n mens vredevol?

Nee, nie rêrig nie – vind vrede by Jesus Christus. By Hom

allenig kan ’n mens ware vrede, rus en tevredenheid vind. Om nie eens van

vakansieliefdes te praat nie, daar is Een wat jou onvoorwaardelik liefhet. Niks kan jou

skei van die liefde van Christus nie. Regte egte ontspanning is aan die voete van ons

Page 10: Ligdraer - Gereformeerde Kerk Ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in die hart van elke gelowige, soos Hy belowe

10

Here Jesus Christus. Nie soos Marta wat heeltyd wou werk nie, maar soos Maria wat

na elke woord van sy onderwysing geluister het. Elke week gee die Here ons 1 dag

vakansie, op daai dag mag ons na die prediking gaan luister. Verkondiging van die

Evangelie wat ons krag gee vir ieder en elke dag wat voorlê.

Elke Sondag sien ek die bure gaan,

met hul netjiese klere oppad na die kerk.

Mamma, jy is Sondae tog by die werk,

kan ek maar eenmaal met hulle saam?

Dis vervelig so allenig tuis,

soms kyk ek die kerk op die tv.

As ek my kom kry dan is ek besig om te neurie.

Ek sou self graag wou sien waaroor hulle so juig.

Hulle praat baie oor God en Jesus,

Ook in die liedjies wat hulle sing.

Dis sulke vredige klanke,

dalk loop God self deur die banke.

Al is Hy nie sigbaar daar nie,

dit kan wees dat mens Hom voel.

Miskien moet ek die bure gaan vra,

hulle weet seker wat ek bedoel?

Ons Skepper is elke oomblik, elke dag, elke week en ons lewe lank by ons. Hy vat nie

verlof of vakansie nie.

“Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die

steek laat nie, jou nie alleen laat nie.” (Deut. 31: 8)

Page 11: Ligdraer - Gereformeerde Kerk Ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in die hart van elke gelowige, soos Hy belowe

11

————————————————————————————————————

Gebedsversoek. Skeur af en plaas in kollektesak. Ek sal as gebedskoördineerder dit na

die diens insamel. Jy kan anoniem bly of die versoek onderteken.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

“en Hy het gerus . .. “Genesis 2: 2

Hierdie teks se letters is in die

boom langsaan weggesteek. Kyk

of jy dit kan vind.

Page 12: Ligdraer - Gereformeerde Kerk Ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in die hart van elke gelowige, soos Hy belowe

12

GEBEDSLEIDING

Here U bid nie net vir ons nie, maar ook vir

díe wat deur ons woorde tot geloof in U

sal kom. U bid dat ons almal een mag

wees, soos U en die Vader, die Vader wat

in U is en U Here Jesus in Hom, sodat ons

in U mag wees en die hele wêreld mag glo

dat U deur die Vader gestuur is. Dat U ons

liefhet soos U Jesus Christus liefhet. (vgl Joh. 17)

Ons smeek U om ons as U kinders in hierdie land en nasie te gebruik. Laat

ons voorbeelde wees tot bekering van diegene wat nog geen ontmoeting

met U gehad het nie. Die goddeloosheid in ons land, die teistering wat die

aarde ondervind. Menselewens wat ’n geskenk is van U, het geen betekenis

meer nie. U is in beheer en sal oorwin. Ons bid dat ons spoedig mag bid

“geval, geval het die grote Babilon. Dit het die blyplek van die bose geeste

geword.” (Open. 18: 2)

Gee ons asseblief standvastigheid in ons vreemdelingskap hier op aarde.

Dat ons verstandelik wakker en nugter kan wees, ons hoop volkome geves-

tig op die genade wat ons deel sal word by die wederkoms van Jesus Chris-

tus. Laat ons gehoorsame kinders wees wat nie ons lewe inrig volgens die

begeertes wat ons vroeër gehad het toe ons U nog nie geken het nie. Eerder

dat ons heilig sal lewe soos U wat ons geroep het, heilig is. (1 Petrus 1)

Ons smag soos pasgebore babatjies na die suiwer geestelike melk, sodat ons

kan opgroei en die saligheid verkry. (1 Petrus 2)

Hoor tog my gebed o God, moet tog nie onverskillig staan teenoor my

smeking nie. (Ps. 55)

U is die Almagtige, ek sal U Naam altyd besing en dag na dag my geloftes

betaal. (Ps. 61)

Net by U o God vind ons rus en van U kom ons redding. (Ps. 62)