loerienuus - laerskool george-suid · hierdie sportsoorte. kinders het inligting ontvang rakende...

4
LOERIENUUS LOERIENUUS Laerskool George-Suid Nuusbrief 22 April 2016 Liewe Ouers Die kwartaal is nou in volle swang. Verlede week was daar heelwat sport- en kultuurakwiteite. Baie dankie vir die ondersteuning en hulp op hierdie gebiede. Baie geluk aan ons senior spanne en kinders met hul goeie gedrag op- en van die veld. Die voorbeeld word gestel deur ons afrigters wat deurlopend ook goeie waardes by die kinders inskerp. Hierop is ek as skoolhoof geweldig trots. Emosies kan ‘n groot rol speel in mense se besluitneming en optrede. Ons moet te alle tye besef dat ons met kinders werk en hul belange sal bevorder. Kom ons werk saam as skoolgemeenskap om hier die voor- beeld te stel. Baie dankie aan ouers wat gereeld hul skoolgelde betaal en dat die rekeninge op datum gehou word. Die skool het ook finansiële verplignge en daarom hierdie herinnering aan ouers met agterstallige rekeninge. Alle agterstallige rekeninge word oorhandig na 3 maande. Verseker dus dat u op datum bly met betalings. Baie geluk aan al die kinders wat die skool op verskillende vlakke verteenwoordig. Ons wil graag sien dat deelname by kinders ‘n prioriteit is. Kinders moet aan verskillende geleenthede blootgestel word. ‘n Nuwe inisiaef by die skool is die sportkode, bergfiets. Ons is opgewonde om kinders ook hieraan te laat deelneem. Driekamp vorm ook deel hiervan en tans is daar ‘n groot dryf in George rakende hierdie sportsoorte. Kinders het inligng ontvang rakende reëlings. Moedig u kinders aan om deel te neem. Heelwat kinders word gedurende die skooldag uitgeteken. ‘n Dringende versoek word aan ouers gerig om te verseker dat die redes relevant is. Kinders se klasroene word geweldig ontwrig daardeur en werk moet dan op eie tyd en verantwoordelikheid ingehaal word. Probeer asseblief ook reisreëlings, doktersafsprake en ander versoeke so skeduleer dat dit na-ure ingepas kan word. Dankie vir u begrip en ondersteuning. Mnr. Sas du Plessis Drukkersduiwel Tennis Mini 3-Toernooi Neem asseblief kennis van die volgende regstelling op die kwartaalprogram: Tennis Mini 3 Toernooi sal nie vanaf 27 - 29 April plaasvind nie, maar wel vanaf 27 Mei. Jammer vir enige ongerief. Boodskap uit die kantoor Dringende kennis! Agterstallige rekeninge Alle rekeninge wat drie maande en meer agter- stallig is, sal einde April 2016, sonder enige verdere kennisgewing, oorhandig word vir invordering soos vervat in die bestaande finansiële beleid waarin hierdie reëling duidelik uiteengesit word.

Upload: others

Post on 12-Jan-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: LOERIENUUS - Laerskool George-Suid · hierdie sportsoorte. Kinders het inligting ontvang rakende reëlings. Moedig u kinders aan om deel te neem. Heelwat kinders word gedurende die

LOERIENUUS

LOERIENUUS Laerskool George-Suid Nuusbrief 22 April 2016

Liewe Ouers Die kwartaal is nou in volle swang. Verlede week was daar heelwat sport- en kultuuraktiwiteite. Baie dankie vir die ondersteuning en hulp op hierdie gebiede. Baie geluk aan ons senior spanne en kinders met hul goeie gedrag op- en van die veld. Die voorbeeld word gestel deur ons afrigters wat deurlopend ook goeie waardes by die kinders inskerp. Hierop is ek as skoolhoof geweldig trots. Emosies kan ‘n groot rol speel in mense se besluitneming en optrede. Ons moet te alle tye besef dat ons met kinders werk en hul belange sal bevorder. Kom ons werk saam as skoolgemeenskap om hier die voor-beeld te stel. Baie dankie aan ouers wat gereeld hul skoolgelde betaal en dat die rekeninge op datum gehou word. Die skool het ook finansiële verpligtinge en daarom hierdie herinnering aan ouers met agterstallige rekeninge. Alle agterstallige rekeninge word oorhandig na 3 maande. Verseker dus dat u op datum bly met betalings. Baie geluk aan al die kinders wat die skool op verskillende vlakke verteenwoordig. Ons wil graag sien dat deelname by kinders ‘n prioriteit is. Kinders moet aan verskillende geleenthede blootgestel word. ‘n Nuwe inisiatief by die skool is die sportkode, bergfiets. Ons is opgewonde om kinders ook hieraan te laat deelneem. Driekamp vorm ook deel hiervan en tans is daar ‘n groot dryf in George rakende hierdie sportsoorte. Kinders het inligting ontvang rakende reëlings. Moedig u kinders aan om deel te neem. Heelwat kinders word gedurende die skooldag uitgeteken. ‘n Dringende versoek word aan ouers gerig om te verseker dat die redes relevant is. Kinders se klasroetine word geweldig ontwrig daardeur en werk moet dan op eie tyd en verantwoordelikheid ingehaal word. Probeer asseblief ook reisreëlings, doktersafsprake en ander versoeke so skeduleer dat dit na-ure ingepas kan word. Dankie vir u begrip en ondersteuning. Mnr. Sas du Plessis

Drukkersduiwel

Tennis Mini 3-Toernooi

Neem asseblief kennis van die volgende regstelling op die kwartaalprogram: Tennis Mini 3 Toernooi sal nie vanaf 27 - 29 April plaasvind nie, maar wel vanaf 27 Mei. Jammer vir enige ongerief.

Boodskap uit die kantoor

Dringende kennis!Agterstallige rekeninge

Alle rekeninge wat drie maande en meer agter-

stallig is, sal einde April 2016, sonder enige

verdere kennisgewing, oorhandig word vir

invordering soos vervat in die bestaande

finansiële beleid waarin hierdie reëling duidelik

uiteengesit word.

Page 2: LOERIENUUS - Laerskool George-Suid · hierdie sportsoorte. Kinders het inligting ontvang rakende reëlings. Moedig u kinders aan om deel te neem. Heelwat kinders word gedurende die

Laerskool George-Suid Nuusbrief 22 April 2016

2

Akademiese dagboek

Ons herinner ouers graag daaraan dat die eksamen hierdie kwartaal op Donderdag, 9 Junie begin en die laaste vak op Vrydag, 24 Junie geskryf sal word. Hierdie datums word deur die WKOD vasgestel om te verseker dat leerders tot op die laaste dag van die kwartaal skool bywoon. Rapporte sal dus eers in die derde kwartaal uitgereik word.

Eksamenvraestelle word op behandelde werk van die eerste en tweede kwartaal gebasseer, dus hoef leerders nie vir afgebakende werk te wag voor hulle begin studeer nie. Leerders kan reeds nou al aan hul opsommings en hersiening begin werk. Afbakenings sal gedurende week 6 of 7 uitgegee word. Ons herinner ouers ook graag dat Donderdag, 28 April en Vrydag, 29 April gewone skooldae is. Die skool sal albei dae soos gewoon om 07:25 begin en om 13:55 verdaag.

Sportkalender Junior sport 0/7—0/9 sporttoernooie: • Saterdag, 23 April teen Laerskool Vorentoe (weg) • Saterdag, 7 Mei teen Laerskool Park (weg) Senior sport 0/11 tot 0/13 netbal: • Saterdag, 23 April Interstreek-proewe by Laerskool Knysna 0/13 rugby: • Saterdag, 23 April Eerste rondte SWD-proewe by Hoërskool Outeniqua. Ons wens hierdie leerders alle sterkte toe met hul proewe! Daar sal geen skool-sportbyeenkomste tydens die langnaweek van 30 April wees nie. Ligawedstryde

Skakelbord ontvang gereeld navrae van ouers in verband met die liga-wedstryde wat op Woensdae gespeel word.

Die skool het begrip dat ouers moet beplan om hierdie wedstryde by te woon. Ongelukkig word liga-bepalings baie gereeld op kort kennisgewing ontvang, met die gevolg dat die skool nie lank voor die tyd presiese wedstrydbesonderhede kan bevestig nie.

Dankie vir u begrip en volgehoue ondersteuning!

Detensie

Die volgende detensie-datum is Vrydag, 29 April. Detensie begin stiptelik om 14:10 tot 16:40 in klaskamer 29 (Gr. 4L). Onthou asseblief dat, indien u kind ‘n detensiestrokie ontvang het, dit dadelik geteken en teruggestuur moet word.

Musiek Montage Musiek Montage 2016 word hierdie jaar deur Laerskool Outeniqua aangebied op 17 Mei in

die George Stadsaal. LGS se Junior- en Seniorkore sal hierby betrokke wees.

Verlede jaar was die Musiek Montage ‘n reuse sukses en ons vertrou dat hierdie jaar

nog beter sal wees.

Kaartjies: R60/volwassene; R20/kind Beskikbaar einde April.

Page 3: LOERIENUUS - Laerskool George-Suid · hierdie sportsoorte. Kinders het inligting ontvang rakende reëlings. Moedig u kinders aan om deel te neem. Heelwat kinders word gedurende die

Laerskool George-Suid Nuusbrief 22 April 2016

3

Moedersdag-geskenkies beskikbaar by Snoepeloerie

Op Sondag, 8 Mei vier ons weer Moedersdag. Leerders wat graag vir Mamma ‘n geskenkie wil koop, is welkom om die Snoepie te besoek. Daar sal geskenke tussen R20 en R25 beskikbaar wees.

Die kontak persoon is Me Glenda Greeff, 082 411 9920.

Hou ook hierdie nuwe datums oop!

Glow in the Dark-gesinsaand

Die kultuurkomitee bied ‘n gesinsaand aan waartydens

kinders en ouers die indrukwekkende Edrich Posthumus,

bekende vermaaklikheidspersoonlikheid, kan ervaar op

Vrydag, 13 Mei. Die geleentheid vorm deel van hul

fondsinsamelingsprojek om klanktoerusting op te

gradeer. Hy bring ‘n treffende geestelike boodskap met

sy optrede. Kaartjies is beskikbaar by Ontvangs teen

R30 per volwassene en R20 per kind.

Vreugdeklokkies in die lug!

Baie geluk aan Mnr Theo du Plessis, Gr 6-

onderwyser en Me Elandri Bruwer, GSF-

klasassistent, wie Saterdag, 16 April die

knoop deurgehak het. Ons wens die

Du Plessis-egpaar baie sterkte toe vir die

volgende hoofstuk van hulle lewens.

Me Bianca Lubbe,

Administratiewe

Beampte, se groot

dag is 30 April 2016.

Mag dit ’n geseënde

dag vir haar en haar

verloofde wees. Hokaai stoppie lorrie!

Die bekende sanger Ray

Dylan tree Vrydag,

27 Mei om 19:00 op in

die LGS-skoolsaal. Die

geleentheid word

onafhanklik van die

skool gereël. Kaartjies

kos R130 per

volwassene en

R70 per kind.

Kontak Maritza Stümke op 079 515 5600 vir kaartjie-

verkope.

Die skool sal alle gelde wat ingesamel word, gebruik om

akademiese behoeftes in klasse aan te spreek. Kinders

kry dus die volle voordeel van u ondersteuning.

Ietsie nuuts… Klerebeleid Die Klerebeleid rondom die dra van die LGS reënbaadjie, is aangepas. Hierdie baadjie mag voortaan ook in koue weer gedra word en nie net in reënweer nie. Skoene hoef nie deur Gr. 1 tot 5 leerders daarmee saam gedra te word tydens somermaande nie. Ons volstaan by die huidige skoenreël vir Gr. 6 en 7. Let asseblief daarop dat slegs die LGS swart reënbaadjie toelaatbaar is en nie enige ander fabrikaat nie.

Reënbaadjies kan by De Jagers Uitrusters aangekoop word.

Wil jy dalk jou

besigheid adverteer?

Belangstellendes wat graag in die Loerienuus wil

adverteer, is welkom om Me Bianca Lubbe te kon-

tak. Advertensies moet asseblief in elektroniese

formaat deurgestuur word. Kostes beloop R250

per advertensie per uitgawe.

E-pos u advertensie aan [email protected] vir

plasing.

Page 4: LOERIENUUS - Laerskool George-Suid · hierdie sportsoorte. Kinders het inligting ontvang rakende reëlings. Moedig u kinders aan om deel te neem. Heelwat kinders word gedurende die

Laerskool George-Suid Nuusbrief 22 April 2016

4

There are increasing numbers of hospitality establish-ments that just don't want children around anymore because 'they don't know how to behave' and 'their parents have no control over them'. Restauranteurs and hoteliers complain of damage to property, ill-treatment of animals, destruction of vegetation, and disrespect for other visitors to the establishment who have come for some time out too. It would seem that parents allow their children to run amok with no boundaries, and have little influence over their children’s behaviour in public. In addition, a trap of modern parenting is to try and be a child’s friend rather than parent in order to keep the peace at home to make up for their absence. However, this also means that in public, parents can’t change hats all of a sudden either. Children thrive on consistency and boundaries. They need to be taught how to behave in public. This is not something they are born knowing, rather it takes years of painstaking training on the part of the par-ents. And, herein, lies part of the problem: busy par-ents who are able to spend only 2 - 3 hours a day with their children - most of that time being in a rush to get their children ready for the day or ready for bed, don’t have much quality time to incrementally coach their children so that they develop appropriate social skills. Understandably, we visit restaurants and stay in ho-tels with our children to have some downtime where we don’t have to cook, and to enable us to spend some quality family time together without having to do daily chores. But, this doesn’t mean that we can abdicate responsibility for our children in these pub-lic spaces - unless, of course, we choose to go to a family-friendly establishment that offers child care services or entertainment programmes for the chil-dren giving parents some adult time alone. Where such services are not advertised or you don’t have to pay for them, then the onus is on us as par-ents to oversee our children, ensuring that they don’t infringe on other patrons’ privacy and enjoyment of the surroundings, and they are not destructive to the establishment itself. It’s called respect for people and property and it’s something all children need to learn, sooner rather than later. Remember that it takes time and repetition to instil social skills in children. Also know and understand

this: children resort to negative attention seeking behaviour particularly in public, when they are feel-ing emotionally empty. This is when parents need to pay more attention and ensure they are spending quality time with their children to fill their emotional cups or risk their children upsetting the peace or getting into trouble. I know this is a big ask for busy, tired parents, but we owe it to our children and to the future of society to be a positive nurturing influence in their lives. Emo-tional and physical absenteeism leaves children feel-ing needy, misunderstood and side-lined, and they do what children do best when they can’t verbalise how they are feeling - they act it out, wherever they may be, and the more inconvenient and embarrass-ing for their parent/s, the better. Although this may sound harsh, perhaps it needs to be said: your children would prefer more of your time and less of your money, to have more of your happiness and less of your stress. Nikki Bush is die mede-skrywer van twee top-verkoper boeke, “Future-proof your Child” en “Easy answers to Awkward Ques-tions”. Sy skryf weeklikse ouerskap kolomme en is ’n gereelde radio- en televisiegasspreker. Sy is tans die ouerskapspesialis op SABC3 se Expresso program, ’n gesinskundige vir Longevity tydskrif en dien op die adviesraad vir Living & Loving tydskrif.

Don’t bring ill-disciplined children here - Deur Nikki Bush