loffienuus 18 15 oktober 2014 - gelofte...

6
18 Loffienuus 15 Oktober 2014 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 18/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Moenie meeding met ander nie, Probeer net vandag sélf beter wees as wat jy gister was. (William Faulkner) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die vierde kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 13 OKTOBER SKOOL HEROPEN VIR VIERDE KWARTAAL 15 OKTOBER ALGEMENE JAARVERGADERING 16 OKTOBER SEKONDÊRE MERIETEFUNKSIE 17 OKTOBER MATRIEKS SE AFSLUITINGSEREDIENS 20 OKTOBER PRIMÊRE LEERDERRAAD VIR 2015 WORD AANGEKONDIG 20 OKTOBER MATRIEKEINDEKSAMEN NEEM ‘N AANVANG 22 OKTOBER KOEKVERKOPING (GRAAD 11) 23 OKTOBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 8-11) 24 OKTOBER PRIMÊRE LEERDERRAADKAMP 29 OKTOBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 8-11) 30 OKTOBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 4-7) 31 OKTOBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 4-7) 12 NOVEMBER SEKONDÊRE EKSAMEN BEGIN (DUUR TOT 27 NOVEMBER) 17 NOVEMBER PRIMÊRE EKSAMEN BEGIN (DUUR TOT 27 NOVEMBER) 28 NOVEMBER TENTE-AAND VIR GRAAD 4-7 LEERDERS 2 DESEMBER GRAAD 7 AFSKEID 3 DESEMBER INTERNE SKAAKTOERNOOI 5 DESEMBER GRAAD 7 LEERDERS NA USHAKA 8 DESEMBER PRIMÊRE MERIETEFUNKSIE 9 DESEMBER WATERKASKENADES (GRAAD 1-7) 10 DESEMBER LEERDERS ONTVANG RAPPORTE 10 DESEMBER SKOOL SLUIT VIR LEERDERS VIR SOMERVAKANSIE 12 DESEMBER SKOOL SLUIT VIR PERSONEEL VIR SOMERVAKANSIE 19 JANUARIE SKOOL HEROPEN VIR 2015 VIR PERSONEEL 21 JANUARIE SKOOL HEROPEN VIR 2015 VIR LEERDERS

Upload: others

Post on 11-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: LOFFIENUUS 18 15 OKTOBER 2014 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/10/LOFFIENUUS18.15OKT20… · Lucinda Janse van Rensburg, Tyler Roux, Sonique Viljoen. 11. KOMMUNIKASIE

18 Loffienuus 15 Oktober 2014

LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 18/2014

Webblad: www.gelofte.co.za

Moenie meeding met ander nie,

Probeer net vandag sélf beter wees as wat jy gister was.

(William Faulkner) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG

Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die vierde kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.

13 OKTOBER SKOOL HEROPEN VIR VIERDE KWARTAAL 15 OKTOBER ALGEMENE JAARVERGADERING 16 OKTOBER SEKONDÊRE MERIETEFUNKSIE 17 OKTOBER MATRIEKS SE AFSLUITINGSEREDIENS 20 OKTOBER PRIMÊRE LEERDERRAAD VIR 2015 WORD AANGEKONDIG 20 OKTOBER MATRIEKEINDEKSAMEN NEEM ‘N AANVANG 22 OKTOBER KOEKVERKOPING (GRAAD 11) 23 OKTOBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 8-11) 24 OKTOBER PRIMÊRE LEERDERRAADKAMP 29 OKTOBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 8-11) 30 OKTOBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 4-7) 31 OKTOBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 4-7) 12 NOVEMBER SEKONDÊRE EKSAMEN BEGIN (DUUR TOT 27 NOVEMBER) 17 NOVEMBER PRIMÊRE EKSAMEN BEGIN (DUUR TOT 27 NOVEMBER) 28 NOVEMBER TENTE-AAND VIR GRAAD 4-7 LEERDERS 2 DESEMBER GRAAD 7 AFSKEID 3 DESEMBER INTERNE SKAAKTOERNOOI 5 DESEMBER GRAAD 7 LEERDERS NA USHAKA 8 DESEMBER PRIMÊRE MERIETEFUNKSIE 9 DESEMBER WATERKASKENADES (GRAAD 1-7) 10 DESEMBER LEERDERS ONTVANG RAPPORTE 10 DESEMBER SKOOL SLUIT VIR LEERDERS VIR SOMERVAKANSIE 12 DESEMBER SKOOL SLUIT VIR PERSONEEL VIR SOMERVAKANSIE 19 JANUARIE SKOOL HEROPEN VIR 2015 VIR PERSONEEL 21 JANUARIE SKOOL HEROPEN VIR 2015 VIR LEERDERS

Page 2: LOFFIENUUS 18 15 OKTOBER 2014 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/10/LOFFIENUUS18.15OKT20… · Lucinda Janse van Rensburg, Tyler Roux, Sonique Viljoen. 11. KOMMUNIKASIE

18 Loffienuus 15 Oktober 2014

3. GHOLFDAG

Dit blyk dat die huidige ekonomiese klimaat op vele terreine ‘n impak het. Weens ‘n gebrek aan belangstelling kan ons ongelukkig nie voortgaan met eerskomende Vrydag se gholfdag nie. Daar het bloot net nie genoeg vierballe ingeskryf nie.

4. MERIETEFUNKSIE

Die sekondêre merietefunksie vind plaas op Donderdag, 16 Oktober om 18:00 in die skoolsaal. Ons doen ‘n beroep op u om hierdie prestige geleentheid by te woon waartydens ons herkenning gee aan Loffies wat hard gewerk het om pragtige prestasies te behaal.

5. MATRIEKS

U moet asseblief daarop let dat die matrieks se afsluitingserediens gehou word op Vrydag, 17 Oktober om 10:00 in die skoolsaal. Ons doen ‘n beroep op al die matriekouers om moeite te doen om hierdie geleentheid by te woon.

6. SEKONDêRE EKSAMEN

Neem asseblief kennis dat die sekondêre eksamen met ‘n week vervroeg word. Die rooster bly dieselfde. Alle eksamens begin dus op 5 November 2014.

7. PITKOS: DANKBAARHEID

As deel van die waardestelsel wat ons by die skool vestig fokus ons hierdie kwartaal op Dankbaarheid.

Dit is deesdae so maklik om ontevrede te word met wat ons het. Ons is tevrede met ons 3 slaapkamer huis totdat ons vriende ’n vierslaapkamer huis het; ons MP3 speler is nie meer genoeg as ons vriend ’n nuwe iPod kry nie. Ons vakansie by die see lyk nie meer so opwindend as ons vriende in Europa rondrits nie; ons foon is nie meer goed genoeg as die nuuste model iPhone bekendgestel word nie. Ons kinders se prestasie lyk nie meer so goed as ons vriende se kinders hoofdogter/seun word nie. Sosiale media en televisie help ook nie hiermee nie.

Ondankbare mense is nooit tevrede met wat hulle het, of met hulle omstandighede nie. Hulle fokus op wat hulle nie het nie, in plaas van die baie wat hul reeds ontvang het. As iets verkeerd gaan word daar gemor en gekla en word die goedheid en getrouheid van God vergeet. Dit verduidelik hoekom die Israeliete so in die woestyn gekla het nadat hulle op ’n wonderbaarlike wyse uit Egipte gered is.

Die verrotting van onvergenoegdheid versprei soos suurdeeg na elke vlak van ’n mens se lewe en verhoudings en maak jou bitter. Jy is meer geneig om buierig en negatief te wees en die beker te sien as halfvol.

Om ’n dankbare hart te hê verander mens se uitkyk en hoe jy oor die lewe voel. Onlangse navorsing wys dat mense wat dankbaar is gelukkiger, meer opgeruimd en meer tevrede met hulle lewe en verhoudings is. Hulle is minder gespanne en depressief.

Dankbaarheid is ’n manier van lewe en nie net ’n gevoel nie. Die Bybel leer ons dat dankbaarheid deel is van die kern van ’n Christen se lewe. Daar is verskeie verwysings in die Bybel na dankbaarheid, o.a. 1 Tessalonisense 5:18 “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag” (sien ook Psalm 100:3-4, Psalm 107, Lukas 17:11-19).

Alle dankbaarheid begin by God — Hy staan aan die hart daarvan. Sonder Hom is dankbaarheid net nog ’n houding en nie ’n lewensingesteldheid nie. Dankbaarheid vereis ook ’n behoorlike verstaan van die redes waarom ons dankbaar moet wees. Dit begin met ons besef van wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het en eindig waar God deur die Heilige Gees in ons woon. Die vrugte daarvan is dankbaarheid, om te kan opstaan in die oggend en heel eerste dankie te sê vir hierdie nuwe dag. Om dankie te kan sê vir my man/kind/gesondheid/wat ek ookal ontvang het — dit raak te sien en te sien dat dit goed is.

Page 3: LOFFIENUUS 18 15 OKTOBER 2014 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/10/LOFFIENUUS18.15OKT20… · Lucinda Janse van Rensburg, Tyler Roux, Sonique Viljoen. 11. KOMMUNIKASIE

18 Loffienuus 15 Oktober 2014

’n Manier om dankbaarheid te kweek is om bewustelik te dink aan al die goeie dinge wat jy in jou lewe het. Skryf elke dag 3 dinge neer om voor dankbaar te wees. Na ’n paar maande sal jy ’n boek vol redes tot dankbaarheid hê en jy sal gou agterkom hoe geseënd jy is!

’n Lewensles wat my pa my geleer het — “My kind daar is altyd iets om voor dankbaar te wees. Al is dit soms net om dankbaar te wees dat jy nie dieper in die moeilikheid is nie!”

“If you can manage to be thankful in every situation, really believing that God is working everything out for your good, you will end up with the victory every single time.” — Joyce Meyers

8. ALGEMENE OUERVERGADERING : 15 OKTOBER 2014 Ten einde aan die vereistes van die Onderwyswet te voldoen, gee die Beheerliggaam hiermee kennis

van die volgende resolusie: OP WOENSDAG, 15 OKTOBER 2014 WORD ‘N ALGEMENE OUERVERGADERING OM

18:30 IN DIE PERSONEELKAMER GEHOU WAARTYDENS DIE BEHEERLIGGAAM DIE VOLGENDE VOORSTELLE M.B.T. SKOOLGELD VIR 2015 SAL VOORLê:

a) Skoolgeld verhoog word met R120/leerder per maand. Skoolgeld word dus verhoog van

R15 300/leerder vir 2014 na R16 500/leerder vir 2015. b) Derde kinders uit ‘n gesin in Gelofte kwalifiseer vir 50% afslag. c) Vierde en meer leerders uit ‘n gesin in Gelofte betaal geen skoolgeld. d) Let asseblief daarop dat alle ouers ‘n minimum bedrag van R1 000 vir die jaar moet

betaal per leerder ongeag daarvan of u kwalifiseer vir een of ander vorm van korting soos bv. familie-, beurs-, personeel- en vroeë betaling kortings of kwalifiseer vir subsidie. Hierdie R1 000 vorm deel van die R16 500 skoolgeld. Indien u kwalifiseer vir ‘n korting of vir subsidie sal die korting/subsidie dus bereken word op ‘n bedrag van R15 500 en nie R16 500 nie.

e) Skoolgeld is vooruitbetaalbaar vir die jaar. Ouers kan egter ‘n reëling met die skool tref om die bedrag maandeliks, oor 10 maande, af te betaal. Ouers wat die volle skoolgeld betaal teen die einde van Maart 2015 kwalifiseer vir 6,5% afslag.

Indien ouers verkies om maandeliks te betaal moet betaling as volg geskied:

Voor einde Januarie: R500-00/leerder Tien paaiemente vanaf Februarie – November: R1600-00/leerder f) Leerders wat agtste vakke aanbied betaal ‘n addisionele R150-00/vak. g) Leerders in pleegsorg word onthef van skoolgeldbetaling. h) Leerders in grade 1 – 9 betaal die volgende addisionele bedrae: Rekenaargeletterdheid: Grade 1 – 7 R150-00 per leerder per jaar. Grade 8 – 9 R250-00 per leerder per jaar. Spraak en Drama Grade 7 – 9 R250 per leerder per jaar.

‘n Gedetaileerde begroting en die finansiële state vir 2013 kan vooraf by die skool besigtig word.

Ons versoek dat ouers vooraf skakel en ‘n afspraak maak indien u belangstel om na genoemde dokumentasie te kyk. Hierdie vergadering sal die algemene jaarvergadering inkorporeer, waartydens die skoolhoof en voorsitter verslag sal doen oor die werksaamhede en doelwitte van die beheerliggaam.

Ons hoop en vertrou dat u u weg sal oopsien om hierdie belangrike vergadering by te woon.

Page 4: LOFFIENUUS 18 15 OKTOBER 2014 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/10/LOFFIENUUS18.15OKT20… · Lucinda Janse van Rensburg, Tyler Roux, Sonique Viljoen. 11. KOMMUNIKASIE

18 Loffienuus 15 Oktober 2014

9. WELVAART BEPLANNING – PENSIOENFONDSE

Behoort u dalk aan ‘n pensioenfonds en is nie seker hoe dit werk nie?

Hierby aangeheg is ‘n artikel wat aan lede van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) gerig was. Nuwe wette sal 1 Maart 2015 intree en veroorsaak baie onsekerhede as dit by aftree-beplanning kom. Die wette het nie net betrekking op GEPF nie.

Indien u dalk onseker voel oor wat u pensioenfonds vir u bied of ook aan iets soortgelyks wil behoort is u welkom om met my ‘n afspraak te maak.

GEPF pensioners or members will not lose lump sum in 2015 The Government Employees’ Pension Fund (GEPF) would like to dispel any rumours that its pensioners and members will lose their gratuities (lump sum) upon retirement from the public service.

GEPF Acting Principal Executive Officer, Joelene Moodley, would like to inform members that while the government is in the process of formulating proposals regarding retirement reform, the changes coming into effect on 1 March 2015 on annuitisation are aimed at aligning provident funds to pension and retirement annuity funds at retirement and will not affect pension funds.

GEPF will retain the payment of benefits to members as contained in the GEP Law and Rules. GEPF is a defined benefit pension fund and changes related to provident funds will therefore not affect members of GEPF.

While government wants to encourage workers to preserve their savings until retirement, no laws have changed to stop withdrawal when workers change jobs.

GEPF would like to inform its members that it is in constant engagement with the National Treasury around the retirement reform process and would like to re-assure its pensioners and members that their pensions are safe and secure. Members should not resign prematurely, instead they should contact GEPF’s offices to answer any questions they may have in this regard.

TERTIA DU PLESSIS Finansiële Beplanner 0829377264 / [email protected]

10. VERJAARDAE Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar. Amelie Grundling, Elmereé van Dyk, Ané Weideman, Daniel Coetzee, Jade Lotz, Jeandré Meiring, Wiandré Pelser, Jurene La Trobe, Stephanus Claassen, Delainey Engelbrecht, Jaco Nel, Jasmine Parkins, Tiardt Smit, Nathan Erasmus, Remay Groenewald, Michelle Meechan, Marizel Radley, Mia Ungerer, Morné Joubert, Rayleigh Bekker, Reinhard Roloff, Louise van den Berg, Jani Lockem, Ané de la Rey, Nico van Dyk, Makayla van Aswegen, Erika van den Berg, Nicole Bekker, Lucinda Janse van Rensburg, Tyler Roux, Sonique Viljoen.

11. KOMMUNIKASIE Ons versoek dat alle ouers wat nog nie gebruik maak van Communicator nie die sagteware sal aflaai

op hul rekenaars en selfone. Gaan bloot na www.school-communicator.com en volg die stappe. Hierdie sagteware verseker dat u op hoogte bly van gebeure by die skool. DIT IS VERAL BELANGRIK DAT U DIE SAGTEWARE AFLAAI OP U SELFOON.

12. E-POS KOMMUNIKASIE Die skoolhoof kan ongelukkig nie aandag gee aan alle kommunikasie met die skool nie bloot omdat ander personeel u navrae oor sekere aangeleenthede vinniger en meer effektief sal kan beantwoord. Ons versoek dus dat die volgende riglyn sal volg indien u navrae per e-pos aan die skool rig:

Page 5: LOFFIENUUS 18 15 OKTOBER 2014 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/10/LOFFIENUUS18.15OKT20… · Lucinda Janse van Rensburg, Tyler Roux, Sonique Viljoen. 11. KOMMUNIKASIE

18 Loffienuus 15 Oktober 2014

Inskrywing of vertrek van leerders [email protected] Reinette Janse van Rensburg Inskrywing of vertrek van leerders [email protected] Edith van Dyk Enige finansiële navrae of bewyse [email protected] Amanda Stoltz Enige finansiële navrae of bewyse [email protected] Daleen Coetzee Administratiewe navrae [email protected] Reinette Janse van Rensburg Administratiewe navrae [email protected] Edith van Dyk Afwesigheid van leerders [email protected] Reinette Janse van Rensburg Afwesigheid van leerders [email protected] Edith van Dyk Graad 4-7 aangeleenthede [email protected] Elzanne Stadler Graad 1-3 aangeleenthede [email protected] Riette Havemann Akademiese navrae/probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator Dissiplinêre probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator 13. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang, aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie ‘n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na [email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad (www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar. Indien u nie toegang tot die internet het nie en graag ‘n harde kopie wil ontvang, voltooi die meegaande skeurstrokie en stuur terug skool toe.

14. KONTANTVRYE SONE Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak. Die skool se bankbesonderhede is soos volg: Bank: ABSA Rekeningnaam: Gelofte Skool Takkode: 632005 Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete ______________ D J STRYDOM SKOOLHOOF -------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: ______________________________________________________________ NAAM VAN LEERDER: ________________________________________ GR. ______________ KOMMENTAAR: ________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________ ______________________ _________________________ HANDTEKENING KONTAKNOMMER

Page 6: LOFFIENUUS 18 15 OKTOBER 2014 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/10/LOFFIENUUS18.15OKT20… · Lucinda Janse van Rensburg, Tyler Roux, Sonique Viljoen. 11. KOMMUNIKASIE

18 Loffienuus 15 Oktober 2014

ADVERTENSIES