lydenstyd - wellingtonnoord.co.za filekollekte 2016@hugenote hoërskool baie dankie vir verlede week...

4
NGK Wellington-Noord MacCronestraat 11 – Wellington – 7655 Tel/Faks: 021 873 2763 I Pastorie: 021 873 2765 Bankbesonderhede: ABSA, Wellington: 430 580 019 www.facebook.com/wellingtonnoord E-pos adresse: Francois Human: [email protected] Johann Crous: [email protected] Marita Coetzee: [email protected] Marius Otto: [email protected] Johann Enslin: [email protected] Jandré Viljoen: [email protected] 21 Februarie 2016 lydenstyd Welkom by vandag se erediens! VANDAG SE PROGRAM Predikant Jandré Viljoen Orrelis Johann Enslin 09:30 Erediens (Proefpreek) Dienswerkers: Jan Smit en Vossie Jansen van Vuuren DEUROFFER: Gemeenteontwikkeling – Die Raad vir Gemeenteontwikkeling en Kerklike Samewerking is ‘n gesamentlike werksaamheid van die NGK en VGK wat fokus op kerkplanting as belangrike wyse van evangelisasie in nuwe stadsgebiede maar ook in gebiede waar plaaslike geloofsgemeenskappe nie die kapasiteit het om hierdie uitdaging alleen te hanteer nie. Dit wil die missionêre uitdagings wat ‘n nuwe Suid-Afrika aan ons stel op konkrete wyse hanteer deur nuut te dink oor die kerk, wat die klassieke Evangelie op ‘n vars manier kan laat leef, ook in die mees armoedige konteks. 10:45 Kategese 19:00 Leefkerk: Moederkerk GAAN BESOEK GERUS ONS WEBBLAD: www.wellingtonnoord.co.za of ons FACEBOOK-BLAD: www.facebook.com/wellingtonnoord

Upload: others

Post on 30-Aug-2019

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: lydenstyd - wellingtonnoord.co.za fileKollekte 2016@Hugenote Hoërskool Baie dankie vir verlede week se bankkollekte van R4 759, Kategese R141 en Instituut vir Blindes R1 342

NGK Wellington-Noord

MacCronestraat 11 – Wellington – 7655 Tel/Faks: 021 873 2763 I Pastorie: 021 873 2765

Bankbesonderhede: ABSA, Wellington: 430 580 019 www.facebook.com/wellingtonnoord

E-pos adresse: Francois Human: [email protected]

Johann Crous: [email protected] Marita Coetzee: [email protected]

Marius Otto: [email protected] Johann Enslin: [email protected]

Jandré Viljoen: [email protected]

21 F

ebru

arie

20

16

lydenstyd

Welkom by vandag se erediens!

VANDAG SE PROGRAM Predikant

Jandré Viljoen Orrelis

Johann Enslin 09:30 Erediens (Proefpreek)

Dienswerkers: Jan Smit en Vossie Jansen van Vuuren DEUROFFER: Gemeenteontwikkeling – Die Raad vir Gemeenteontwikkeling en

Kerklike Samewerking is ‘n gesamentlike werksaamheid van die NGK en VGK wat fokus op kerkplanting as belangrike wyse van evangelisasie in nuwe stadsgebiede maar ook in gebiede waar plaaslike geloofsgemeenskappe nie die kapasiteit het om hierdie uitdaging alleen te hanteer nie. Dit wil die missionêre uitdagings wat ‘n nuwe Suid-Afrika aan ons stel op konkrete wyse hanteer deur nuut te dink oor die kerk, wat die klassieke Evangelie op ‘n vars manier kan laat leef, ook in die mees armoedige konteks.

10:45 Kategese 19:00 Leefkerk: Moederkerk

GAAN BESOEK GERUS ONS WEBBLAD: www.wellingtonnoord.co.za of ons FACEBOOK-BLAD: www.facebook.com/wellingtonnoord

Page 2: lydenstyd - wellingtonnoord.co.za fileKollekte 2016@Hugenote Hoërskool Baie dankie vir verlede week se bankkollekte van R4 759, Kategese R141 en Instituut vir Blindes R1 342

Kollekte 2016@Hugenote Hoërskool Baie dankie vir verlede week se bankkollekte van R4 759, Kategese R141 en Instituut vir Blindes R1 342.

Debietorders

Indien u graag u maandelikse Dankoffer per debietorder wil

gee kan u asb vir ons so ‘n vorm voltooi en weer by die kerkkantoor inhandig.

Debietorder vorms is in die voorportaal of by die kerkkantoor

beskikbaar.

12 Maart: Blackie Bazaar – by die skool 17 Maart: Mnr. & Mej. Hugenote met Jak de Priester Skoolsaal 19:00 - Kaartjies: R70/R80/R90 20 & 21 April: Koorfees met Elvis Blue NG Moederkerk, Wellington - Kaartjies: R90 Kore wat deelneem: Hugenote Laerskool, Laerskool Hugo Rust, Laerskool Noord-Eind en Hugenote Hoërskool 17 – 19 Mei: Beauty and the Beast Musical Skoolsaal R80 (volwassenes) & R50 (kinders)

Kaartjies vir al bogenoemde by skool beskikbaar.

Sakkie-vir-‘n-pakkie

Onthou ons sakkie-vir-’n-pakkie projek waar u kruideniersware aankoop volgens die lysie in die sakkie. Ons wend die kruideniersware aan vir die kospakkies wat ons maandeliks , op die oomblik aan 15 gesinne verskaf. Die sakkies sal u vind in die mandjie in die voorportaal. Die sak met gekoopte kruideniersware kan by die kerkkantoor afgegee word, of kan ook Sondag in die voorportaal langs die mandjie neergesit word. BAIE DANKIE vir gereelde sakkies wat ons terug ontvang.Dit stel ons in staat om aan meer sorgbehoewendes te kan voorsien.

Manneontbyt Manneontbyt Saterdag 5 Maart om 7:00 in die

Wimpy. Ons luister na die getuienis van mnr. Wikus Naudé, nuwe skoolhoof by Hugenote Hoër en ds. Hans Linde lei ons in gebed om as manne in en vir die wêreld te bid en daarna geniet ons saam 'n

heerlike ontbyt. Koste R50 en kaartjies beskikbaar by kerkkantoor.

Gebedsimfonie Wellington se Gebedsimfonie (Interkerklike gebedsgroep vir

herlewing en sending) ontmoet weer vanmiddag om 15:30 by

Eerstelaan 22, Wellington om te bid vir al ons gemeentes en sendelinge. Jy is ook daar nodig! Bring gerus jou eie

gebedsonderwerpe saam. Vir meer inligting, bel ds Attie van

Wijk 082 557 9796.

Page 3: lydenstyd - wellingtonnoord.co.za fileKollekte 2016@Hugenote Hoërskool Baie dankie vir verlede week se bankkollekte van R4 759, Kategese R141 en Instituut vir Blindes R1 342

Prediking – 14 Februarie 2016 Efes 5:15-16; Prediker 3

Koop die tyd uit Maak die beste van jou tyd hier op aarde. Maak die beste gebruik van elke geleentheid. Ons kry almal presies dieselfde tyd. Een van die grootste verskonings is om te sê ek het nie tyd nie. Hoe gebruik jy elke dag hierdie tyd? Tyd is kosbaar en waardevol – ons wil tyd spaar en bestuur. Is dit wat Paulus vir ons in Efesiërs kom sê? Maak ore, oë en hart oop om geleenthede raak te sien. Koop ons die tyd uit? Daar is een persoon by wie ek my tyd moet bank, en dit is by die Here. Hoeveel geleenthede in ons lewe is verspeel? Gryp elke oomblik aan en benut dit!!

Kategese vir die huis! – Huis Geloof Vreemdeling in ’n vreemde wêreld - (Die wêreld agter die teks) Die Bybel het in ’n ander tyd en konteks as ons s’n ontstaan. Ons behoort altyd die afstand tussen ons en die wêreld van die Bybel in gedagte te hou sodat ons nie verkeerde afleidings maak nie. Ten spyte van hierdie afstand gebruik die Here vandag nog die Bybel om met ons te praat. 1) Lees saam Johannes 4: 1-26 2) Gesels saam i) In Jesus se leeftyd het die Jode en Samaritane nie gemeng nie. ’n Man sou ook nie in die openbaar met ’n vrougepraat het nie. Hoe tree Jesus in hierdie gedeelte teen alle verwagtings op? ii) Min van ons moet vandag nog water by ’n put gaan soep. Ons leef met krane en elektrisiteit. Ons reis ook nie soos Jesus te voet en met donkies nie. Tog kan hierdie gedeelte ons iets leer. Wat leer dit julle? iii) Watter waarde het dit om te verstaan dat daar afstand tussen ons en die Bybel is? 3) Leef met God se seën Onderneem om hierdie jaar gereeld saam Bybel te lees. Wanneer julle saam met die bybel besig is, kan julle mekaar bewus maak van die sensitiwiteit waarmee ons die bybel moet lees. Vind ook uit watter hulpmiddels julle sal kan help, soos Die Bybellennium. 4) Ons word hiermee uitgestuur Bêre jou boekmerk met Johannes 1:1 in Grieks en Genesis 1:1 in Hebreeus in jou Bybel sodat dit jou kan herinner dat die Bybelteks uit ’n ander wêreld kom.

Wereldbiddag vir Vroue Donderdag aand 3 Maart om 19:00 Noordkerk

TEMA: "Laat die kindertjies na my toe kom" Saamgestel deur die Christen Vroue van Kuba

SPREKER: Janine Coetzee van There4 Bediening Sagte kollekte sal by deure opgeneem word.

Verversings in saal na die tyd.

POSITIEWE OUERSKAP Positiewe Ouerskap-kursus deur Jan en Amelia van Zyl. 11 Maart: 18:00 – 22:00 12 Maart: 09:00 – 17:00 Koste: R400 per persoon Dit sluit twee etes, koffie/tee en handleidings in.

Page 4: lydenstyd - wellingtonnoord.co.za fileKollekte 2016@Hugenote Hoërskool Baie dankie vir verlede week se bankkollekte van R4 759, Kategese R141 en Instituut vir Blindes R1 342

KOMMUNIKASIE

Verjaarsdae!

Helie Kotze (21) – Skalla Maas (21) – Charl du Toit (21) – Emma Grobler (22) – Joshua Kearly (22) – Ian Bouwer-Bosch (23) – Johann Kotze (24) – Francois Hansen (25) – Liam Walters (26) –

Hannes Jordaan (27) – Derek Gagiano (27) – Maryke van Heerden (27) – Hardus Spamers (27) – Madelaine Carstens (27) – Boet Malan (28) – Paul Kotze (28) – Pierre van Schalkwyk (28)

Ons benodig asb ook nog skenkings vir die

gebak tafel nl. Kleinkoekies en Beskuit. Indien enige persone ‘n bydrae wil maak kan hul dit asb teen 1 Maart 2016 by Silwerkruin afgee.