lydenstyd 2de sondag (1 maart 2015) uitgawe...boodskap van frieda van den heever*, sowel as haar...

8
1 27 Februarie 2015 LYDENSTYD 2DE SONDAG (1 MAART 2015) Die simbool van die kruis is die sentrale simbool in Lydenstyd. Omdat die kruis ons herinner aan die kruisiging van Jesus, ’n teken van sy lyding en sterwe, is dit dus nie toepaslik om die kruis te versier nie. ’n Doringkrans, spykers, of n kers as ander simbole, kan saam met die kruis gebruik word. Die kleure in hiedie tyd is somber donker aardse kleure, veral pers. 1. GEMEENTES BIED AAN: NG BERG EN DAL ‘N NAWEEK OM DIE STILTES EN KLANKE VAN ONS SIEL TE LEER KEN: Jonk en oud, kinders en ouers, vriende en familie, word uitgenooi om by hierdie geleentheid kennis te maak met en te luister na die boodskap van Frieda van den Heever*, sowel as haar musiek (BAT QOL*). Dié geleentheid vind vanaf 5 tot 8 Maart 2015 by verskeie plekke in Bloemfontein plaas. Vir verdere navrae, kontak vir Rita van Zyl @ 051 436 2750 (k), of vir Jan Lubbe @ 082 784 9362. * Frieda van den Heever (33) is oorspronklik van Springbok in Namakwaland, het aan Bloemhof Hoër Meisieskool gematrikuleer en aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. As uitvoerende kunstenaar, aktrise en regisseur is sy onder andere ʼn bekende stem op RSG en werk sy gereeld met bands soos Heuwels Fantasties. Sy is sedert 2011 leraar van die In Via-gemeente in Kaapstad en lei gereeld stilword-geleenthede vir verskillende groepe. Sy is getroud met Leon Kruger, het ʼn seuntjie Basjan en beskou “ma-wees as my belangrikste geestelike dissipline. * BAT QOL is die Hebreeus vir “Dogter van die Stem”, die ensemble waarin Frieda haar unieke musiek uitvoer. Alle optredes tydens die naweek sal deur haar sang en voordrag ingekleur word, ten einde aanbidding en stilte te bevorder. CD’s van Bat Qol sal ook te koop aangebied word. Klik hier vir die volledige program vir hierdie spesiale geleentheid. NG LANGENHOVENPARK MUSIEKAAND: Len Viljoen, blinde gospelsanger, tree op Sondagaand 8 Maart 2015 om 18:00 by dié gemeente op. ‘n Kollekte sal vir sy bediening ingesamel word. Wie is Len Viljoen? Len (34 jaar oud), is blind gebore en is ‘n gekwalifiseerde rekenaarprogrammeerder. Hierdie beroep beoefen hy deeltyds aangesien die Here hom reeds 16 jaar gelede geroep het om as ‘n voltydse gospelsanger op te tree. Hy het ‘n hele aantal jare op die Uit voerende Bestuur van Blind SA, asook die Beheerliggaam van die Instituut vir Blindes, gedien. Tans maak hy dit sy lewenstaak om waar hy kan, medeblindes en doofblindes se lewensomstandighede te verbeter. Daar was reeds meer as 2000 optredes en sluit uitgebreide toere landwyd in. Len het reeds 11 CD’s op die mark, sy nuutste CD’s is onder die titels, “Kyk met jou hart” en Jaar 13 - Uitgawe 5 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za

Upload: others

Post on 31-Mar-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: LYDENSTYD 2DE SONDAG (1 MAART 2015) UITGAWE...boodskap van Frieda van den Heever*, sowel as haar musiek (BAT QOL*). Dié geleentheid vind vanaf 5 tot 8 Maart 2015 by verskeie plekke

1

27 Februarie 2015

LYDENSTYD – 2DE SONDAG (1 MAART 2015)

Die simbool van die kruis is die sentrale simbool in Lydenstyd. Omdat die kruis ons herinner aan die kruisiging van Jesus, ’n teken van sy lyding en sterwe, is dit dus nie toepaslik om die kruis te versier nie. ’n Doringkrans, spykers, of ‘n kers as ander simbole, kan saam met die kruis gebruik word. Die kleure in hiedie tyd is somber – donker aardse kleure, veral pers.

11.. GGEEMMEEEENNTTEESS BBIIEEDD AAAANN::

NG BERG EN DAL – ‘N NAWEEK OM DIE STILTES EN KLANKE VAN ONS SIEL TE LEER KEN: Jonk en oud, kinders

en ouers, vriende en familie, word uitgenooi om by hierdie geleentheid kennis te maak met en te luister na die boodskap van Frieda van den Heever*, sowel as haar musiek (BAT QOL*). Dié geleentheid vind vanaf 5 tot 8 Maart 2015 by verskeie plekke in Bloemfontein plaas. Vir verdere navrae, kontak vir Rita van Zyl @ 051 436 2750 (k), of vir Jan Lubbe @ 082 784 9362.

* Frieda van den Heever (33) is oorspronklik van Springbok in Namakwaland, het

aan Bloemhof Hoër Meisieskool gematrikuleer en aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. As uitvoerende kunstenaar, aktrise en regisseur is sy onder andere ʼn bekende stem op RSG en werk sy gereeld met bands soos Heuwels Fantasties. Sy is sedert 2011 leraar van die In Via-gemeente in Kaapstad en lei gereeld stilword-geleenthede vir verskillende groepe. Sy is getroud met Leon Kruger, het ʼn seuntjie Basjan en beskou “ma-wees as my belangrikste geestelike dissipline”.

* BAT QOL is die Hebreeus vir “Dogter van die Stem”, die ensemble waarin Frieda

haar unieke musiek uitvoer. Alle optredes tydens die naweek sal deur haar sang en voordrag ingekleur word, ten einde aanbidding en stilte te bevorder. CD’s van Bat Qol sal ook te koop aangebied word.

Klik hier vir die volledige program vir hierdie spesiale geleentheid.

NG LANGENHOVENPARK – MUSIEKAAND: Len Viljoen, blinde gospelsanger, tree op Sondagaand 8 Maart 2015 om

18:00 by dié gemeente op. ‘n Kollekte sal vir sy bediening ingesamel word. Wie is Len Viljoen?

Len (34 jaar oud), is blind gebore en is ‘n gekwalifiseerde rekenaarprogrammeerder. Hierdie beroep beoefen hy deeltyds aangesien die Here hom reeds 16 jaar gelede geroep het om as ‘n voltydse gospelsanger op te tree. Hy het ‘n hele aantal jare op die Uitvoerende Bestuur van Blind SA, asook die Beheerliggaam van die Instituut vir Blindes, gedien. Tans maak hy dit sy lewenstaak om waar hy kan, medeblindes en doofblindes se lewensomstandighede te verbeter. Daar was reeds meer as 2000 optredes en sluit uitgebreide toere landwyd in. Len het reeds 11 CD’s op die mark, sy nuutste CD’s is onder die titels, “Kyk met jou hart” en

Jaar 13 - Uitgawe 5

Kontak ons: [email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Page 2: LYDENSTYD 2DE SONDAG (1 MAART 2015) UITGAWE...boodskap van Frieda van den Heever*, sowel as haar musiek (BAT QOL*). Dié geleentheid vind vanaf 5 tot 8 Maart 2015 by verskeie plekke

2

”Geloof, Hoop en Liefde", vrygestel. Besoek gerus sy webblad by www.inspiritministries.co.za vir meer inligting.

NG TAAIBOSSPRUIT – BERGFIETSWEDREN EN BASAAR:

Klik asseblief hier vir die bergfietswedren se inskrywingsvorm.

22.. WWÊÊRREELLDDBBIIDDDDAAGG VVIIRR VVRROOUUEE -- 66 MMAAAARRTT 22001155:: Die tema vir 2015 is deur die

Wêreldbiddagkomitee van die Bahamas saamgestel en is: Jesus sê, “Verstaan jy wat ek vir jou gedoen het?” Wêreldbiddag vir Vroue (WBvV) is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en -kinders wat elke eerste Vrydag in Maart sáám ‘n gebedsketting in meer as 170 lande vorm. Die Wêreldbiddag strek oor grense en bind mense uit verskillende rasse, kulture en kerke tot groter onderlinge begrip en toewyding. Dit bied aan vroue wêreldwyd die geleentheid om: opnuut hulle geloof in Jesus Christus te bevestig; versterk te word deur die geloofservaringe van Christene uit ander lande en kulture; en ander se laste te help dra deur saam met hulle en vir hulle, te bid. Navrae: Joa van Aarde, tel 011 975 4598, e-pos [email protected] vir meer besonderhede. Inligting is ook op die webblad by http://www.wwdp.co.za beskikbaar.

GELEENTHEDE IN BLOEMFONTEIN:

NG LANGENHOVENPARK: Vrydag 6 Maart 2015 om 09:00, asook om 18:00. Die prediker by hierdie geleentheid is proponent Leonie Pistorius.

NG BLOEMFONTEIN-NOORD (KLIPKERK): Vrydag 6 Maart 2015 om 12:00. Die bekende Jana du Plessis en Du Preez Stoltz sal by hierdie geleentheid optree, klik hier vir meer besonderhede oor die twee.

33.. NNUUUUSS VVAANNAAFF DDIIEE AALLGGEEMMEENNEE SSTTEEUUNNSSPPAANN VVIIRR PPRREEDDIIKKAANNTTEEBBEEGGEELLEEIIDDIINNGG ((AASSPP))::

STANDPLAASVERWISSELING: Dit is ‘n alombekende feit dat die NG Kerk se huidige beroepstelsel om ‘n

verskeidenheid van redes tot ‘n groot mate stagneer het en dat gesonde wisseling van leraars feitlik tot stilstand gekom het. Standplaasverwisseling kan die instrument en die geleentheid wees wat hierdie verandering kan fasiliteer en die energie laat loskom. Klik hier vir ʼn dokument met volledige inligting oor die motivering en doelstelling, waardes, sowel as ʼn prosesvoorstel hiervoor.

Page 3: LYDENSTYD 2DE SONDAG (1 MAART 2015) UITGAWE...boodskap van Frieda van den Heever*, sowel as haar musiek (BAT QOL*). Dié geleentheid vind vanaf 5 tot 8 Maart 2015 by verskeie plekke

3

44.. OOPPLLEEIIDDIINNGG::

onder beheer van ENGO, is ‘n geakkrediteerde opleidingsfasiliteit by HWSETA (Health and Welfare Education and Training Authority) in die Vrystaat. Hulle bied verskeie kursusse aan:

FET Certificate: Social Auxiliary Work

NQF Level Credits Duration 2015 Fees

4 180 12-18 months R15 000

GET Certificate: Ancillary Health Care

NQF Level Credits Duration 2015 Fees

1 134 12-18 months R15 000

FET Certificate: Child and Youth Care Work

NQF Level Credits Duration 2015 Fees

4 165 12-18 months R15 000

Die minimum vereiste vir aansoeke is dat alle aansoekers oor ʼn Matrieksertifikaat moet beskik. Vir meer besonderhede, skakel 051 407 7220 (k), stuur ʼn faks na 051 525 2015, of stuur ʼn e-pos aan [email protected]

55.. AAKKTTUUEEEELL::

DIE ISLAMITIESE STAAT (IS): Baie mense probeer hulle koppe rondom die hele ISIS-ding kry. ‘n Sendelingvriendin in

Pakistan het ‘n baie goeie artikel hieroor aangestuur, klik hier om te lees. Haar woorde hiermee saam is, hóé vinniger ons hierdie monster-ding verstaan, hóé beter, want dan kan ons met insig bid. (Dankie Annelie Naude)

66.. VVAAKKAATTUURREESS::

VOLTYDSE MEDELERAAR: Die NG Gemeente Berg en Dal, Bloemfontein, maak hiermee ‘n vakature vir ‘n

voltydse medeleraar bekend - dit is ‘n vastetermynpos vir vyf jaar. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 23 Maart 2015 vir diensaanvaarding vanaf 1 Julie 2015. Klik hier vir volledige besonderhede.

Vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante deur Kerkbode, gaan na www.kerkbode.co.za – klik dan op Meer - Vakatures.

77.. AADDVVEERRTTEENNSSIIEESS::

VIR HUISBESOEK, ‘N OU JUWEEL OM WEER TE DEEL!: Ds Attie Beetge skryf die volgende: Dit was my voorreg om

vir ‘n tydperk van 40 jaar “huisbesoek-kaartjies” vir leraars en kerkraadslede te skryf en te versprei, wat hulle in hulle pastorale werk kon gebruik. Dit was so vrugbaar en geseënd dat daar vandag nog daarvoor gevra word. Die goeie nuus is dat van hierdie ou skatte weer beskikbaar is, maar daar is slegs ‘n beperkte voorraad beskikbaar. Belangstellendes kan ds Attie kontak @ [email protected]

BEKOSTIGBARE VERBLYF BESKIKBAAR: Van Riebeecksentrum op Sasolburg het bekostigbare verblyf vir

selfversorgende persone van 50 jaar en ouer beskikbaar. Vanaf Maandag tot Vrydag word drie etes per dag bedien en op Saterdag en Sondag, ontbyt en middagete, met brood, kouevleis en kaas vir aandete. Wasgoed word een keer per week gewas en die kamers word twee keer per week gestofsuig. Belangstellendes kan vir Gerda of Anne-marie gedurende kantoorure skakel @ 016 976 1481/5.

GASTEPLAAS BESKIKBAAR VIR KAMPE: Welgeval Farmstay, geleë tussen Reddersburg en Smithfield, is onlangs

geopen. Hierdie gasteplaas is geskik vir kerkkampe en beskik oor ʼn huis wat agt tot tien persone kan akkommodeer, met ʼn terrein waar tente opgeslaan kan word. Belangstellendes kan vir Anneli Swanepoel skakel op 081 257 7009, of ʼn e-pos stuur aan [email protected]. Besoek gerus ook hul webblad by

Page 4: LYDENSTYD 2DE SONDAG (1 MAART 2015) UITGAWE...boodskap van Frieda van den Heever*, sowel as haar musiek (BAT QOL*). Dié geleentheid vind vanaf 5 tot 8 Maart 2015 by verskeie plekke

4

http://www.welgevalfarmstay.wix.com/welgeval

88.. NNBB!! HHEERRHHAALLIINNGGSS VVAANN BBEERRIIGGTTEE:: Kennisgewings en inligting wat in ‘n vorige uitgawe van Vrypos

verskyn het, word hier vir jou gerief herhaal - neem asseblief daarvan kennis!

99.. VVEERRJJAAAARRSSDDAAEE:: Baie geluk aan die leraars wat gedurende die komende week

hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees:

28 Februarie: Ds Charles James - PELLISSIER - 051 522 5567, 082 322 5484, [email protected]

3 Maart: Ds Richie Kemp - BETHLEHEM-EUREKA - 083 564 5464, [email protected]

5 Maart: Ds Ian Jonker - PARYS-OOS - 056 811 2406, 082 654 2575, [email protected]

1100.. TTEENN SSLLOOTTTTEE::

Groetnis, tot volgende keer.

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 Faks: 086 502 0821

INDIEN U OP VVRRYYPPOOSS WIL IINNTTEEKKEENN, KLIK hier (meld asseblief ook u gemeente/dorp)

AS U VVRRYYPPOOSS WIL KKAANNSSEELLLLEEEERR, KLIK hier (dit sal ‘n fout wees!)

Gee gerus vir ons terugvoer oor Vrypos by [email protected] – stuur ook enige nuusgebeure, ensovoorts na

hierdie adres

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

Page 5: LYDENSTYD 2DE SONDAG (1 MAART 2015) UITGAWE...boodskap van Frieda van den Heever*, sowel as haar musiek (BAT QOL*). Dié geleentheid vind vanaf 5 tot 8 Maart 2015 by verskeie plekke

5

‘n Naweek om die stiltes en klanke van ons siel te leer ken NG BERG EN DAL

5 TOT 8 MAART 2015

Quidquid recipitur ad modum recipientis recipitur “Wat ontvang word, word ontvang

ooreenstemmig die ontvanger se menswees.” – Thomas Aquinas –

“Daar is baie te sê vir die signal-to-noise-ratio waarmee ons elke dag lewe doen. Ons antennas sukkel om “sein te vang” omdat daar soveel geraas is. Die stad raas, die radio raas, my kind raas, my kop raas. Ek weet nie eens hoe om in te tune by my lewensmaat se frekwensies nie, wat nog te sê my eie en God... Hoe luister ek na Hom as ek Hom nie só kan hoor nie?

As ek Hom in die hemel wil gaan haal? Hy is nader as my voeteval, my moedertaal, my asemhaal.

Dis my passie en roeping om deur klank én die afwesigheid van klank in te tune by die stasies van die siel. Om deur stories, kolletjies te verbind. Sielsontmoetings te vier. Om landskappe te besoek waar die siel – van nature maar skaam – veilig voel om sy opwagting te maak, hetsy met woorde of in stilte. Om ruimtes te ontgin waar mense mekaar in wording kan hoor. Om geluide te maak wat gebore word uit stilte én stiltes te betree waar geluide oorbodig is. “Om beter te kan hoor, my kind.” Om saam ons skoene uit te trek en blootsvoetig die heilige grond waarop die siel wandel, te verken...”

Frieda van den Heever

PROGRAM

DONDERDAGAAND 5 MAART: 19:00-20:30 ‘n Ontmoetingsaand vir almal tussen 20-30 jaar oud, by Rietjesvlei in Rayton. Iets ligs te ete & drinke is beskikbaar - bevestig jou teenwoordigheid per SMS @ 082 784 9362

VRYDAGAAND 6 MAART: 18:30 ‘n Familieaand vir gesinne, ouers, kinders en grootouers met ‘n heerlike aandete ingesluit in Berg-en-Dal se kerksaal koste, volwassenes @ R 60; skoliere @ R 30,00; kleiner kinders gratis. Kaartjies by die Kerkkantoor beskikbaar, skakel 051 436 2750

SATERDAGOGGEND 7 MAART: 08:30 ‘n Ontbyt met Woord en Lied, by Sewe Damme – koste, R 50 p/p. Kaartjies by die Kerkkantoor beskikbaar, skakel 051 436 2750

SATERDAGMIDDAG 7 MAART: 16:00-19:30 ‘n Stilwordmiddag vir meditasie, soeke en deling, by Rietjesvlei in Rayton. Iets ligs te ete & drinke is beskikbaar - bevestig jou teenwoordigheid per SMS @ 082 784 9362

SONDAGOGGEND 8 MAART: 09:30 Oggenddiens by Berg-en-Dal

Vir verdere navrae: Rita van Zyl @ 051 436 2750 (k), of Jan Lubbe 082 784 9362

TERUG NA INHOUD

WêRELDBIDDAG VIR VROUE BY DIE KLIPKERK: Kyk op die volgende bladsy...

Page 6: LYDENSTYD 2DE SONDAG (1 MAART 2015) UITGAWE...boodskap van Frieda van den Heever*, sowel as haar musiek (BAT QOL*). Dié geleentheid vind vanaf 5 tot 8 Maart 2015 by verskeie plekke

6

TERUG NA INHOUD

VAKATURE - VOLTYDSE MEDELERAAR, NG BERG EN DAL BLOEMFONTEIN:

Die Kerkraad van die Ned Geref Kerk Berg-en-Dal in Bloemfontein stel hiermee in afhanklikheid van Hom aan Wie die kerk behoort en wat sorg vir haar lewe, ‘n vakature vir ‘n voltydse medeleraar bekend. Dit is ‘n vastetermynpos (vyf jaar).

Gemeenteprofiel: Die NG Kerk Berg en Dal is in 1956 in die noordelike woonbuurt Dan Pienaar in Bloemfontein gestig. Tans het die gemeente 1030 belydende- en 276 dooplidmate, wat in verskeie dele van die stad en op ‘n aantal hoewes en plase rondom woon en in twintig wyke georganiseer is. Van hierdie lidmate, is 52% jonger as vyf-en-veertig jaar. Die gemeente bedien die Woord ook by twee skole (Laerskool Willem Postma en Hoërskool Sentraal), Huis Eie Haard-

Page 7: LYDENSTYD 2DE SONDAG (1 MAART 2015) UITGAWE...boodskap van Frieda van den Heever*, sowel as haar musiek (BAT QOL*). Dié geleentheid vind vanaf 5 tot 8 Maart 2015 by verskeie plekke

7

koshuis en Siësta Tehuis vir Bejaardes. Ons is ‘n familiekerk wat geroep is om op berge en in dale, oral voor God se aangesig te leef.

Leraarsprofiel: ‘n Geroepe bedienaar van die Woord van God, van gereformeerde belydenis en gelegitimeer in die NG Kerkfamilie, verkieslik in die ouderdomsgroep 30-45 jaar en met bedieningservaring. Van die leraar word verwag om verantwoordelikheid te aanvaar vir ‘n bediening soos in Artikel 9 van die Kerkorde omskryf, met ‘n bereidheid om in spanverband op spesifieke areas, soos byvoorbeeld die jeugbediening te fokus.

Vergoeding: ‘n Billike vergoedingspakket in ooreenstemming met sinodale riglyne van die NG Kerk Vrystaat en wat behuising insluit, sal met die beroepene onderhandel word.

Aansoeke: Meer inligting en ‘n volledige aansoekvorm is by www.bergendalkerk.co.za beskikbaar. Kandidate moet beskikbaar wees vir ‘n onderhoud en die proses mag verdere evaluering insluit. Die Kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak nie. Aansoeke op die voltooide vorm, moet die Komitee vir Diensverhoudinge (KDV) nie later as op Maandag 23 Maart 2015 by een van die volgende adresse bereik:

NG Kerk Berg-en-Dal, Posbus 28048, Danhof 9310 [email protected] Per faks na 086 603 5096 Per hand by NG Kerk Berg-en-Dal, h/v Albrecht- & Genl Hertzogstrate, Dan Pienaar, Bloemfontein

Diensaanvaarding: 1 Julie 2015 Navrae: Oudl Chris de Wet, voorsitter KDV (051 447 8745 of 083 283 0845) Mev Rita van Zyl, skriba Kerkkantoor (051 436 2750)

TERUG NA INHOUD

HERHALINGS:

INHOUD

1. ALGEMEEN:

WERKSWINKEL - DIE BEHANDELING, TERAPIE, ONDERRIG EN PASTORALE SORG AAN PERSONE MET DOOFHEID EN GEHOORGESTREMDHEID: Hierdie geleentheid vind op 6 Maart

2015, in samewerking met dr Magteld Smith (UV) en dr Christo du Plessis (psigiater), in Bloemfontein plaas – klik hier vir volledige besonderhede. Volgens Magteld blyk hierdie werkswinkel 'n eerste in Suid-Afrika te wees, omdat dit die medies-sosiale model navolg, in terme waarvan holisties na ‘n gehoorgestremde gekyk word. Sy benadruk die belang wat kerke hierin het - haar ervaring as dowe kind tot en met volwassenheid, was baie moeilik en sy het spesifiek versoek dat die werkswinkel ook aan predikante bekend gestel word. Gemeentes word versoek om hierdie inligting so wyd moontlik bekend te stel.

FONDFONDSINSAMELING TOV DIENSLEWERING AAN SWANGER MEISIES WAT HULLE BABAS VIR AANNEMING BESKIKBAAR WIL STEL: Engo Gesinsorg lewer

dienste in die hele Vrystaat aan biologiese ouers wat hulle kinders vir aanneming beskikbaar wil stel. Die hartseer is dat die Wet op die Terminasie van Swangerskappe in 1996 in werking getree het - ‘n kindjie wat ‘n geleentheid kon kry om in ‘n stabiele ouerhuis te kon grootword, word nou die geleentheid ontneem deur middel van ‘n aborsie. Onlangse syfers is bekend gemaak dat daar al meer as ‘n miljoen wettige aborsies uitgevoer is. Engo Gesinsorg het etlike jare terug met ‘n fondsinsamelingsprojek begin om die gemeentes/publiek bewus te maak dat deur ‘n aborsie te laat uitvoer, ‘n lewe geneem word, maar om eerder die lewe te kies, word kind se lewe gespaar. Die

Page 8: LYDENSTYD 2DE SONDAG (1 MAART 2015) UITGAWE...boodskap van Frieda van den Heever*, sowel as haar musiek (BAT QOL*). Dié geleentheid vind vanaf 5 tot 8 Maart 2015 by verskeie plekke

8

“voetjies” wat hulle verkoop (die grootte van ‘n fetus van 10 weke na bevrugting), is ‘n simbool van “red ‘n lewe”. Die voetjies word verkoop vir R30 stuk en is in ‘n verskeidenheid kleure beskikbaar soos, goud, wit, blou, silwer en pienk – daar is ‘n groot hoeveelheid goue “voetjies” beskikbaar. Gemeentes se ondersteuning in die saak sal opreg waardeer word. Vir meer inligting hieroor, skakel vir Rianca Mellet vanaf 08:30 tot 12:30 daagliks by 051 407 7220 (k).

2. GEMEENTES BIED AAN:

TERUG NA INHOUD

150 Jaar - Onblusbaar