lynnwoorde lente 2011

12
Lente in Lynnwood Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood - Herfs 2011 www.nglynnwood.co.za Immanuel van Tonder Lente 2011 LYNNWOORDE 1 Droom vir Suid-Afrika? - p 6 Lynnwood se roos tussen die dorings - p 7 R50 - 30 Woeker Stories - p 8 LEES BINNE: Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood - Lente 2011 www.nglynnwood.co.za In Oktober 2010 het ons gemeente deelgeneem aan die landswye kerksensus ″Kerkspieël 2010″. 361 vraelyste is in die eredienste ingevul wat dus beteken dat ’n profiel bepaal kan word van lidmate wat die ere- dienste bywoon. Die volledige ver- slag is beskikbaar op die gemeente se webblad by die ″bedieninge, ondersteuningsdienste″. Hier is ’n paar van die interessante resultate: 87% van die respondente voel dat die eredienste hulle alledaagse lewe in ’n mate of in ’n groot mate help. Dieselfde persen- tasie, 87%, hou daagliks of weekliks stiltetyd. 76% het baie geloofsgroei in die afgelope jaar ervaar. Net 8% voel dat hulle geestelike behoeftes nie deur die gemeente bevredig word NG Lynnwood kyk in die spieël vervolg op p3

Upload: ng-lynnwood-gemeente

Post on 29-Mar-2016

245 views

Category:

Documents


6 download

DESCRIPTION

Lynnwoorde Lente 2011

TRANSCRIPT

Page 1: Lynnwoorde Lente 2011

Lente in Lynnwood

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood - Herfs 2011

www.nglynnwood.co.za

Immanuel van Tonder

Lente 2011 LYNNWOORDE 1

Droom vir Suid-Afrika? - p 6 Lynnwood se roos tussen die dorings - p 7R50 - 30 Woeker Stories - p 8LEES BINNE:

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood - Lente 2011

www.nglynnwood.co.za

In Oktober 2010 het ons gemeente deelgeneem aan die landswye kerksensus ″Kerkspieël 2010″. 361 vraelyste is in die eredienste ingevul wat dus beteken dat ’n profiel bepaal kan word van lidmate wat die ere-dienste bywoon. Die volledige ver-slag is beskikbaar op die gemeente se webblad by die ″bedieninge, ondersteuningsdienste″. Hier is ’n paar van die interessante resultate: 87% van die respondente voel dat die eredienste hulle alledaagse lewe in ’n mate of in ’n groot mate help. Dieselfde persen-tasie, 87%, hou daagliks of weekliks stiltetyd. 76% het baie geloofsgroei in die afgelope jaar ervaar. Net 8% voel dat hulle geestelike behoeftes nie deur die gemeente bevredig word

NG Lynnwood kyk in die spieël

vervolg op p3

Page 2: Lynnwoorde Lente 2011

Redaksie Kerkantoor 012 348 1245Riaan Steyn Leonie du BruynBets Ferreira

Gereelde medewerkersImmanuel van Tonder Pieter Oostuisen Peet Crous Lindy Jordaan Valize Scholtz Erika Theron

Ontwerp Fearika Heyns

Advertensietariewe en spesifikasiesVolblad R1000 Halfblad R500 Kwartblad R250 Klein R100

Verskaf asb kunswerk in hoë resolusie jpg of pdf formaat in die regte grootte:Volblad R1000 – A4: regop 190mm x 277mm Halfblad R500 – A5: dwars 190mm x 132mmKwartblad R250 – A6: regop 90mm x 132mm Klein R100: verskaf maksimum van 6 reëls teks, uitleg word gedoen nav beskikbare spasie.

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die mening van medewerkers nie en het die reg om berigte en briewe te verkort en redaksioneel te versorg.

Teen die tyd dat u hier-die uitgawe van Lynnwoorde in die hand het, is die ergste koue hopelik verby en kan ons uitsien na die Lente met sy bloeisels en die nuwe lewe in die natuur wat orals sigbaar is. Dit is dan ook gepas dat ons kwartaaltema fokus op Ekologie om ons op-nuut bewus te maak van God se wonderlike Skepping wat ons elke dag kan geniet! In hierdie uitgawe kan u lees oor Lynnwood se eerste vroulike dominee! Baie welkom aan ds Fay, namens die redak-siespan! Die statistiek van Kerk-spieël 2010 is ook bekendge-maak en u kan lees hoe Lynn-wood-gemeente vergelyk met die NG Kerk in die algemeen. Dit is weer eens ’n bewys dat Lynnwood ’n baie geseënde gemeente is! U kan ook lees van die onlangse studente-uitreik na Botswana en die jaar-likse Seekamp vir jongmense wat in Oktober plaasvind. Onthou asb dat die redaksiespan graag enige bydraes oorweeg vir publikasie in Lynnwoorde. Stuur gerus u inligting aan die kerkkantoor en besoek gereeld die gemeente se webblad vir interessante gebeure en nuus. Sterkte vir die bedrywige tweede helfte van die jaar! Met seënwense Riaan SteynUitvoerende Beampte

Riaan Steyn

Redaksioneel

2 LYNNWOORDE Lente 2011

www.nglynnwood.co.za

InhoudLente in Lynnwood 1Immanuel van Tonder

Kontak-epos 3Lindy Jordaan

Caritas bedieninge fees 4Pieter Oosthuizen

Die Seekamp is terug 4Valize Scholtz

Botswana uitreik 5Teodor van der Spuy

Ons oudste lidmaat oorlede 5Johan Jooste

Derde kwartaal: Ekologie 6Peet Crous

Droom vir Suid-Afrika? 6Immanuel van Tonder

Lynnwood se roos 7Pieter Oosthuizen

R50 - 25 Woeker-stories 8

Ons temperamente in die gesin verskil, hoe nou? 10Pieter Oosthuizen

Tygerbergse Kinderkoor 10

Jona en die wurm 12Erika Theron

Om nuusbriewe en artikels deur die leraarspan te lees, gaan na www.nglynnwood.co.za. Daar sal jy nie net kan lees nie, maar ook kan kom-mentaar lewer en saamgesels met die leraars, bedieningspan en ander gemeentelede. Sien jou daar!

Page 3: Lynnwoorde Lente 2011

nie. 86% ervaar die teenwoordigheid van God in die erediens. Geen wonder dat 87% voel dat die gemeen-te tans groeiend is. Een van die plekke waar ons gemeente be-duidend verskil van die res van die NG kerk is dat net 14% van ons lidmate voel dat jy die Bybel letterlik moet verstaan teenoor die die NG Kerk-gemiddeld van 40%! Die meeste lidmate voel dat tekste binne hulle konteks verstaan moet word. ’n Ander bedui-dende verskil met die res van die kerk is dat 69% van ons lidmate ’n ″naskoolse kwalifikasie meer as 3 jaar″ het, teenoor die NG Kerk-gemiddeld van 29%. Dit lyk of 80% van die lidmate bewus is dat ons visie 24/7 Christenwees is en dat 66% hulle daaraan verbind het. Die musieksmaak van respondente is oorwe-gend (70%) klassieke musiek en korale soos in die

Liedboek. ″Gospel″ musiek het net 21% voorkeur teenoor die NG Kerk-gemiddeld van 40%. Uit twee vrae kan mens aflei dat tussen 26% en 30% lidmate voel dat God mense wyer as die Christendom kan red. Daar is ’n goeie balans in die gemeente met 30% wat hulself as konserwatief beskryf en 30% wat hulleself as liberaal sien. 81% lidmate voel opgewonde oor die gemeen-te se toekoms! Minder as 1% voel ons moet terugbe-weeg na hoe ons dinge in die verlede gedoen het. Dit is verblydend om te sien dat 81% lidmate gereed is om iets nuuts te probeer in die gemeente. Ons is dankbaar om te kan aflei dat God deur die gemeente mense se lewens aanraak! Die volledige data is beskikbaar op ons web-blad by www.nglynnwood.co.za by Bedieninge, Ondersteuningsdienste.

Lente in Lynnwood vervolg vanaf p1

Lente 2011 LYNNWOORDE 3

is as net toeknyp, wegkruip, skree en angstig word. Die lewe bring gereeld sy warrelwinde oor ons. Daar is egter ander kreatiewe maniere om daarop te reageer as net angstige krete en boedel oorgee. Rom 8:37 sê dat ons in die warrelwinde van die lewe ook meer as oorwinnaars kan wees deur Hom wat vir ons liefhet. Hiervan getuig nie net Paulus nie, maar talle mense in ons dag wat uit hulle omstandighede kan styg omdat hulle in God hoop en liefde gevind het. As die wind weer waai, werklik of figuurlik, wees be-wus daarvan dat daar meer opsies is as wat mense meestal sien. Mag jy dan geloofs-oë ontvang om verby die oppervlak te kyk en God selfs tydens die warrelwind in jou te beleef.Beste wense!

Arthur Rackham - The sense of fun of a fallen leaf

Kontak-epos:Soos met die vorige uitgawe van Lynnwoorde kies Lindy Jordaan ’n bydrae wat in die vorige kwartaal se kontak-epos gepubliseer is. Al die blogs wat deur die leraars geskryf is is beskik-baar op ons webwerf www.nglynnwood.co.za.

Dansbaan op die NetbalveldImmanuel van Tonder

Op Jeugdag was ons by die Gauteng Netbal kampioenskappe in Boksburg. Dit was ’n regte grou wintersdag met ysige warrelwinde wat elke nou en dan onplesierig gewaai het. Op ’n stadium tussen twee wedstryde het daar ’n vreeslike warrelwind gewaai wat die blare van ’n groot boom afgestroop het en die los stof hoog die lug in laat warrel het. Die mei-sies op die baan het geskree en hulle hande oor hulle gesigte gehou. Een meisie het egter dadelik haar hande hoog in die lug gegooi en saam met die wind in die rondte getol! Sy het ’n paar sekondes lank saam met die wind gedans in ’n surrealistiese toneel! Die warrelwind was nie haar vyand nie, maar haar dansmaat op die netbaldansbaan. Die prent is steeds afgeëts in my ge-dagtes. Ek wens ek kon die diep bevrydende wysheid skilder. Die ouers wat langs die baan gestaan het, is so aangegryp deur die meisie se omhelsing van die warrelwind en die vryheid wat sy daarin beleef het. Natuurlik is daar tye wat jy jou hande voor jou oë moet hou en jouself moet beskerm. Maar ons moet oop wees dat daar meer opsies

Page 4: Lynnwoorde Lente 2011

Uit die gemeente...

4 LYNNWOORDE Lente 2011

Die Y-Netwerk Seekamp is terug Valize Scholtz Sedert 2006 is die Y-Netwerk Seekamp altyd ’n hoogtepunt op Lynnwood se kalender. Laasjaar het ons ter wille van Wêreldbeker-uitreike nie ’n Seekamp gehou nie. Maar hierdie jaar is die See-kamp terug en dit beloof om beter en groter as ooit te wees. Die droom van die Seekamp is God se koninkryk. Hierdie jaar is ons ’n rekordgetal van 9 gemeentes wat saam gaan kamp, want God se koninkryk is groter as net ons gemeente. Dis vir ons belangrik dat jongmense besef God se koninkryk is nie iets wat eendag gaan gebeur nie, dis iets wat nou gebeur en deur ons gebeur. Dié jaar gaan ons van 2 tot 7 Oktober by die T.O. strand kampterrein kamp en ons doen dinge in styl. Die jongmense gaan in groepe saam in ″cha-lets″ slaap in plaas van tradisionele slaapsale. Die kostes beloop R1300. Jongmense kan uitsien na strandsport en swem (of tan), nuwe vriendskappe en besondere er-varings. Soos elke ander jaar gaan ons baie moeite doen met lofprysing, sinvolle gesprekke en maniere om die koninkryk prakties te maak. In Lynnwood sal ons graag wil sien dat daar geen kind is wat nie saam gaan weens finansiëIe redes nie. Indien jy voel dat God dit op jou hart druk om dit moontlik te maak vir ’n kind wat dit nie self kan bekostig om saam te gaan nie kontak gerus vir Valize (072 148 7071). Enige ander navrae rondom die kamp is ook welkom.

Caritas bedieninge-fees Pieter Oosthuizen

Gesels mens met die vroue van Wespoort se bediening, die Mabopane uitreik, Pen-aksie se wer-kers, ons vroue wat betrokke is by Jakaranda Kinder-huis, die Leeuwfontein kleuterskool en ander uitreike, hoor jy die mooiste stories! Goeienuus stories in ʼn tyd wat ons begin gewoond raak het aan slegte nuus. Praat dan nie eers van die verhale van hoop en groei by die kursusse wat ons aanbied nie! Daarom gaan Caritas, later dié semester, ʼn fees reël, waartydens ons al die werksaamhede van die bedieninge gaan vier en baie van die mooi stories wat vertel kan word, met die gemeente deel.

Page 5: Lynnwoorde Lente 2011

Lente 2011 LYNNWOORDE 5

Ons oudste lidmaat oorlede Johan Jooste Tant Hannie Roets, wat die afgelope twaalf jaar in Lynnwood-Oord gewoon het, is vroeër van-jaar, kort na haar 101ste verjaarsdag - wat op jeugdag was! - oorlede. Tot kort voor haar dood het sy goeie gesondheid geniet. Op 98 het sy nog ’n pas-aangeër ontvang, wat haar die oudste persoon maak wat hierdie prosedure ondergaan het. Haar persoonlike geskiedenis is ’n stukkie Africana. Sy is kort na Uniewording gebore en het die swaarkryjare van oorloë, depressie en uiterste armoede beleef. Met harde werk en deursetting – en sy sou wou byvoeg, genade van Bo - het sy en haar gesin daaruit gekom. Verlede jaar het ’n beriggie oor hierdie aangrypende geskiedenis in die gemeente-blad verskyn. Wat ons by die Oord van haar onthou, is haar diepe en opregte geloof. En natuurlik, alles wat dit aan haar persoon gedoen het, soos opregte liefde vir haar medemens, nederigheid met beslistheid en blymoedigheid. As jy haar vra hoe dit gaan, was dit altyd: ″Net rede tot dankbaarheid.″ Haar resep vir oudword? ″Dit is genade van Bo, eer jou ouers, werk hard en aanvaar wat jy nie kan verander nie! Vir haar is nie net baie jare tot haar lewe gevoeg nie, maar ook ’n ryk lewe in al haar jare!

Hannie Roets saam met haar drie kinders.

Botswana Uitreik Teodor van der Spuy Tydens die Julie-vakansie het die studente by Lynnwood dit goedgedink om ’n uitreikavon-tuur na Botswana aan te pak. In samewerking met MOTE (Missions, Outreach, Training and Exposure) het ons die Botswana belewenis aanmekaar gesit, min wetende dat 46 jongmense ’n hele bus sou vol maak! Nog minder het ons verwag dat die Here twaalf Amerikaners op ons pad sou stuur wat die uitreik iets spesiaals en onvergeetlik sou maak. Die onbe-plande tema vir die uitreik was ″A renewed call

to superspirituality″. Hiermee het God ons kom leer om in absolute afhanklikheid van Hom te leef. As stu-dente interpreteer ons die lewe deur te rasionaliseer terwyl God ons opnuut kom roep het tot ’n geesver-vulde voortbestaan. Hierdie kopskuif het die gevolg gehad dat baie studente opnuut leer aanbid, bid en evangeliseer het. Die gevolg van so ’n lewe is dat jy agterkom dat God ons graag wil gebruik. Dit het ons ook gesien deur betrokke te wees met menigde oor-gawes wat gemaak is veral onder die Gikwe Boes-mans in New Xade. Vir ons was dit verstommend om met mense te gesels wat nog nooit die naam van Jesus gehoor het nie. Een ding is seker dat die gemeenskap van Lynnwood sal weet dat die stu-dente wat op die uitreik was wel die naam van Jesus al gehoor het en Hom ook persoonlik ken. Ek is vas oortuig dat dit waargeneem word in hulle leefstyle. Namens die Botswana uitreikebestuur wil ons vir elkeen wat ’n bydrae tot die uitreik gemaak het opreg bedank. Vir elke sendeling in Botswana by wie ons so baie geleer het en vir elke gewillige student wat sy vakansie prysgegee het, vir julle is ons net so dank-baar. Vir elke Amerikaner wat saamgekom het, ons sien uit na volgende jaar!

Page 6: Lynnwoorde Lente 2011

Hoe oud gaan jy wees in 2030? Toenou, moenie lui

wees nie, werk gou uit. Hoe sal jy wil hê moet Suid-Afrika in 2030 lyk? As jy dalk nie meer hier is nie, hoe sal jy wil hê moet die land lyk vir jou kinders en klein-kinders? Onthou in ’n droom is enige iets moontlik... Dis die opdrag wat die parlement in 2010 aan mnr Trevor Manuel en ’n paneel onafhank-like deskundiges gegee het: om te droom oor Suid-Afrika in 2030. Die eerste stap was om eers ’n deeg-like wetenskaplike diagnose van die huidige situasie te doen. Hierdie insiggewende en skok-kende diagnose is beskikbaar by www.npconline.co.za

6 LYNNWOORDE Lente 2011

Die verslag fokus op die 9 terreine, met prioriteit-fokus op onderwys en armoede. Van die statistieke wat my die meeste geskok het was die hoë werkloosheid by jongmense tussen 16 en 34 jaar en die skok-kende oneffektiewe onderwys in groot gedeeltes van die land. Die volgende fase waarin ons nou is, is om die droom vir Suid-Afrika te formuleer. Die Komi-tee het gevra dat mense van die land kommentaar en insette moet lewer. Ons het elkeen nou kans om ’n positiewe bydrae te lewer – die kerk ook! Die kerk se visie is tog om die koninkryk van God 24/7 te laat kom, ook hier in Suid-Afrika. Baie van die drome van die Na-sionale Beplanningskomitee sluit aan by ons eie droom om mense

Ons vier hierdie kwartaal die feit dat God ons Skepper is. Die Skepper het mense aangestel as Rentmeesters van die aarde. As ons sê dat ons die rentmeesters van God se skepping is, impli-seer dit dat ons op ’n daaglikse basis bewus is van die mooiheid en uniekheid van dit wat die Here gemaak het. Ook onderneem ons om deel te wees van die verantwoordelike benutting en bewaring van Sy skepping. In hierdie kwartaal kan jy uitsien na die volgende in ons gemeente:

Die derde kwartaal van 2011 is Ekologie kwartaal! Peet CrousVoorsitter van Ekologiebediening

se lewens werklik en prakties te help verbeter. Hier is ’n geleent-heid om deur samewerking werklik ’n verskil te maak in Suid-Afrika. Ons vorige kwartaaltema het juis bevestig dat dit een van ons kern-doelwitte is. Wil jy nie saam droom en betrokke raak rondom hierdie saak nie? Kontak vir Immanuel van Tonder by [email protected] as jy saam wil werk aan ’n beter toekoms!

Droom vir SuiD-AfriKA?Immanuel van Tonder

1 In al die eredienste sal daar ten minste elemente van die liturgie wees wat na die kwartaaltema verwys. Dit beteken byvoorbeeld dat die predikers ’n lied sal gebruik wat die skoonheid van die skepping beskryf; 2 Met sosiale geleenthede, soos teedrink, word ons herinner aan God se wonderlike skepping deur byvoorbeeld asemrowende blommerang-skikkings. Miskien kry ons op ’n Sondag laventel saam met ons tee. Selfs wanneer ons iets wonderlik ruik, beleef ons God se verruklike skepping;3 In ons omgewing, soos by skole, plant ons inheemse bome en plaas naamplaatjies op hierdie bome t.w.v. uitkenning. Die belangrike is nie net die bome self nie, maar dat gelowiges saamstaan om God se Naam groot te maak deur ’n besonderse boom te plant en uit te ken;4 Wanneer die lente aanbreek, plant die Ekologiebediening vyf Van-wykshoute om ons gemeente se vyftigjarige bestaan te vier. Die bome gaan deel wees van die inheemse bome wat op ons gemeente se noord-eiland staan;5 Die gemeente word aangemoedig om te herwin (byvoorbeeld pa-pier en glas) asook middele soos water en elektrisiteit oordeelkundig te gebruik;6 Op ’n weeklikse basis behoort ons ’n groen wenk op die aankondi-gings te ontvang. Ons nuwe dominee, Fay van Eeden, gaan daarmee help. Sy sal vir ons praktiese raad gee oor die sinvolle gebruik van elek-trisiteit ensovoorts.

Page 7: Lynnwoorde Lente 2011

Sedert die begin van die jaar was NG Lynnwood se kerk-raad besig met die proses om ’n nuwe predikant te beroep om na Nuwe Generasie se belange om te sien. En na 50 jaar was dit dalk hoog tyd dat Lynnwood dié slag ’n predikant van die skoner geslag beroep. Dis waarskynlik nie ’n maklike taak om die eerste vroulike ampsdraer in ons ge-meente te wees nie, maar by my is daar geen twyfel dat Fay van Eeden meer as opgewasse vir die taak is nie. Fay is tydens die aand-diens van 24 Julie bevestig Die kerk was vol en daar was ’n opgewondenheid in die lug oor die nuwe hoofstuk wat vir Lynn-wood voorlê. In die diens begin Fay spontaan vir haar eie onver-moë om met vuurhoutjies te werk (of miskien was dit net Fay se manier om te bewys dat sy nie ’n roker is nie) lag en ek weet dat ons nog baie saam gaan lag. ’n Dag later gaan loer ek by Fay in om inligting vir hierdie artikel in te win. In haar tuin staan ’n amper lewensgrootte koei wat uit skrootmetaal gemaak is en in haar huis is ’n ou padteken (sy stel my egter gerus dat sy dit nie gesteel het nie!). Duidelik het ons hier te doen met ’n kreatiewe vrou en wanneer sy my vertel dat sy lief is vir die natuur, fotografie en kuns, verbaas dit my glad nie.

Maar dis nie al nie, sy is dinamies, borrelend en openhartig. Mens kan nie anders as om dadelik van Fay te hou nie. Op akademiese gebied stel sy ook nie teleur nie. Met twee meestersgrade agter haar naam en verdere opleiding in spelterapie kan ek dink dat haar CV die kerk-raad beïndruk het. Verder het sy as voorsitter vir die Oostelike Sinode se Ekologie Diensgroep gedien. Sy is getroud met Peet, ’n landskaps-argitek wat haar liefde vir die natuur deel. Maar een eienskap staan bo die ander uit: Fay is ’n mens-mens. Sinvolle verhoudings is vir haar belangrik. Dis dan ook hoekom sy so opgewonde is oor ons gemeente se visie van 24/7 Christen wees. Wan-neer sy vertel dat haar droom vir Nuwe Generasie is dat jongmense sal snap dat die kerk oor mense gaan en om God se liefde te bring, weet ek Fay en Lynnwood se jong-mense gaan nog lekker saam droom ook. Gelukkig vir Nuwe Generasie is Fay se ander passie jongmense. Sy hou van hulle energie, lewenslus

Lynnwood se roos tussen die doringsValize Scholtz

en entoesiasme. En natuurlik die feit dat jeugbediening nooit ver-velig is en dikwels ’n klomp uitdagings inhou. Hoe bring mens sulke diverse passies bymekaar uit? Fay het klaar ’n plan. Alhoe-wel haar passies apart sal funk-sioneer sien sy tog daarna uit om die manier wat sy God in die natuur ervaar met jongmense (en die res van die gemeente) te kan deel. Teen die einde van ons gesprek soek ek na ’n iets wat Fay se hart vir ons sal wys en ek vra oor die betekenisvolle en bepalende oomblikke van haar loopbaan as predikant. En Fay los my met ’n besonderse verhaal van ’n keer toe sy saam met jong-mense op ’n uitreik was. Hulle het die jongmense opgelei om Evan-gelisasie te doen en toe uitgestuur na die plaaslike gemeenskap. Die jongmense was huiwerig en on-seker oor hulle vermoëns en am-per onwillig om te gaan. Maar met die terugkeer het hulle oorgeloop van vreugde en trots dat hulle iets reggekry het wat hulle nie gedink het hulle kon doen nie. Terselfder-tyd was dit vir hulle ’n oomblik waar hulle iets besef het van God se hart vir ander mense. Fay verstaan duidelik heelwat van God se hart vir ander en ek hoop dat Lynnwood en Fay nog baie sulke betekenisvolle oomblikke sal kan deel.

Peet en Fay van Eeden

Lente 2011 LYNNWOORDE 7

Page 8: Lynnwoorde Lente 2011

8 LYNNWOORDE Lente 2011

1 Ek het met my R50 by Sungardens hospice twee warm jasse en ’n warm trui gekoop. Ek het besluit om dit vir die mense wat langs die straat bedel te skenk.2 Ek studeer tans B.Kommunikasie-patalogie, spraakterapie by Tukkies. My pa het ure by my gekoop om gratis terapie-sessies aan minder bevoorregte kinders te gee, sodra ek klaar gestudeer het – Tasha Lemmer3 Het baba klere gekoop vir ’n ses maande oue dogtertjie wat nie winters-klere gehad het nie. Dit was ’n voorreg. Gebruik asb dié R50 vir kollekte.4 Het ’n Zulu Bybel vir die hekwag in Delawarestraat Lynnwood gekoop met dié R50 – Kobus Eksteen.5 Ek en my vriendin het vir ’n kliënt vir wie ons terapie gee, ’n spesiale Bybel gekoop wat groot gedruk is. Sy het nie ’n Bybel gehad nie en wou so graag een hê. Sy is blind in haar een oog en die ander oog sien baie sleg, dit is hoekom ons die groot gedrukte een gekoop het. Sy was baie dankbaar vir die Bybel!6 Met ons gesin se ‘R50’ x 2 koe-vertjies, het ons kruideniersware gekoop vir die plaaslike Laerskool se koskas – kruideniersware word aan behoeftige gesinne in die Gemeenskap versprei. Ons sê elke dag dankie vir die seën in ons eie lewe en Loof God omdat Hy so goed vir ons sorg.7 Groep 7 het deur die jare gewoeker met dit wat tot hul beskikking was. Ons glo dat ons ’n klein verskil gemaak het. Ons hoop dat ons vir oulaas met die oorskot in ons kas, R300, ’n verskil kan maak – voorsitter Sue Visser.8 Liewe Dominee, hierdie Rooi Leeu-nootjie het so lank alleen in die koevert geslaap en toe alleen geword. Dit het toe rand maatjies gaan soek en self amper soek geraak. Ons is bly om weer by die Kerk te wees. Hoop ons gee vir iemand wat honger is ’n vol magie. Liefde van M.9 Liewe Gemeente Lynwnood! Dit was nou ’n interessante projek wat julle geloods het! Ek is nou nie juis iemand

wat geld genereer en vermeerder nie, ek is beter met die uitgee daarvan. Maar, saam met die uitgee van geld, investeer ek graag in die lewens van mense. Hierdie R50 het my 3 geleenthede gegee om saam met iemand te gaan koffie drink. (’n ma van ’n Kinderhuis, om haar bietjie weg te kry van haar 13 seuns) en ’n ma van ’n huis van Veiligheid, om haar bietjie weg te kry van haar 20 kinders). Dit was so lekker om hierdie keer te kon sê: NG Kerk Lynnwood stuur liefde en groete, dis húlle koppie koffie! Die 3de koppie koffie was nuut. Ek ry saam met ’n lidmaat van ons ge-meente en sy vra of ek haar kan help in haar verhouding met God. Ons stop by die eerste die beste koffieplek en uit hierdie koffiedrink geleentheid het ’n afspraak gegroei om week-liks bymekaar te kom om saam Bybel te lees en te bid. En albei van ons groei hierdeur in ons verhouding met God. Baie dankie!!! Noëlla.10 Ek het aan my dogters gesê hulle kan hulle R50 gebruik vir kleiner uitreike. Ek sal die bedrae namens hulle nou aan die kerk terugbetaal, maar koop in die proses ’n dag se terapie by hulle wanneer hulle afgestudeer het (spraak-; oudiologie; fisio). Hulle sal dan die dag aan die kerk ‘skenk’ by een van die uitreike bv. Mabopane – kleuterskool!11 Ek het die R50 belê in Imuniti (kode IMU) aandele teen 5c/aandeel. Teen Vrydag 10 Junie het Imuniti verhandel teen 7c/aandeel. Die opbrengs is dus R20 – Kobus van Eeden.

12 Ons het vir ’n vriendin, wat baie swaarkry, met ’n bos blomme bederf. (2 Koeverte se geld).13 R50 gebruik om bestanddele te koop om beskuit te bak en verkoop teen ’n wins. Kontant terug: R300.14 Ek het my R50 vir my huishulp ge-gee om geletterdheidsklasse hier by te woon. Sy sukkel, maar sy STRAAL oor elke nuwe letter/syfer wat sy by leer en weer reg kry. Dis wonderlik.15 Ek het krale gemaak en dit verkoop.16 Johann en ek het besluit om ons 2x R50 rande in plante en arbeid te laat groei. Ons het die Suid-oostelike tuintjie op die kerkterrein met kompos en kunsmis beplant sodat dit oor 18 maande ’n lushof behoort te wees. Die plante wat ons gebruik het is meestal inheems en die volgende: Mackaya Bella bosse, Mackaya Bella ‘standaarde’ [lollipops], Acorus streep grassies, Bergenia Cordifolias, 3 Clivia variëteite en Philidendron Xanadu. Baie dankie, Johann en Barbara du Toit.17 Ek, tuisteskepper, neem ’n R50 koevert, wetend dat dit nie in my vermoë is om iets te produseer wat iemand sal wil hê, wat nog te sê koop nie! Maar, Jesus ons Plannemaker! ’n Instansie skakel; kan jy vir rukkies in die volgende weke ons kom help asb? Reg geraai! Bewys is in die koevert. ’n Dankbare pryslied vir Sy getrouheid!18 Woeker het ek nie, maar dalk tog – met my talente. ’n Paar middae later gewerk – en hier is my bydrae! Maklik! Ek sê: Dankie Here vir my werk. Dankie Here vir my kerk. ME19 Baie dankie vir die geleentheid om ’n verskil te maak. Ons het ’n skooltjie geïdentifiseer in Danville genaamd Bey-ers Bytjies. Die skooltjie is heeltemal afhanklik van donasies. Ons het besluit om die R100 te gebruik om mense te

R50 - 30 Woeker StoriesGemeenteverjaarsdag

Ek maak ’n verskil-koeverte

Die verbeeldingryke projek het asemro-wende verhale hoe R50 ’n groot verskil

gemaak het of ’n groot opbrengs gelewer het. Hier onder is ’n paar stukkies

terugvoer. Kyk gerus na die ander mooi verhale by die “24/7 Stories” blog aan die

regterkant op ons webblad www.nglynnwood.co.za.

24

25

26

Page 9: Lynnwoorde Lente 2011

23

Mahem projekLindy Jordaan

Drie vriendinne Drienie Coetzee, Joanne Berning en Annette van der Westhuizen het besluit om hulle kragte saam te span en die R50-projek saam aan te pak. Drienie is ’n kranige bor-duurder. Sy het aanvanklik begin met sy-lint borduurwerk en later oorgeskakel na kort-en-langsteek. Drienie begin met ’n foto of ’n prent wat sy op lap laat druk en dan steek vir steek ″inkleur″. As mens deur haar huis stap is haar liefde vir dié tydverdryf duidelik sigbaar. Orals hang daar die pragtigste pronkwerke. Die Mahem voël is myns in-siens dan ook die pronkerigste van die Kraanvoëls. Met sy goue kroon is dit regtig ’n statige voël. Die drie vroue is ’n voorbeeld vir ons almal. Dankie dat julle gewoeker het met julle talente! Die projek het R2000 ingebring. Joekie Bernard was die gelukkige wenner van die borduur-werk.

nader en te bel om te vra vir ’n bydrae en vir petrolgeld. Ons het op die ou einde ’n klompie goedjies gekry wat ons kon bydra. Dit het ingesluit warm kleertjies vir die winter, kos, komberse en ’n gesken-kbewys van Pick ’n Pay ter waarde van R400. Die goedere wat ons op die ou end gegee het was naastenby ter waarde van R2000. Dankie aan Mamma Zyriila, Tannie Marlene, Celeste en Natasjha wat ons uitgegelp het. Groete van trotse nuwe lede van NG Lynnwood, Elzanne, Lizindi, Jane en Dewet.20 Die Terblanche-gesin het elke jaar ’n spesiale Sondag wanneer ons vir be-jaardes en kinders van die Maranata Con-gregation sop en broodjies voorsien by hulle kerk in Nellmapius. Dit moet hierdie jaar nog gebeur en ons gaan die R200 tussen ons daarvoor gebruik. Terblanche gesin.21 Wash away all my sin and make me new Ps 51:2 Ons het laasjaar die teks-vers altyd op ’n groot advertensiebord ge-sien oorkant die Menlyn inkopiesentrum. Die teks bly my elke dag by... Hoe sal ek my R50 spandeer? By CUM Boeke het ek die antwoord gevind in die vorm van 2 pakkies ‘Faith Builders’ teksverse van 20 elk, teen R24.95. Ek het dit versprei. Wat-ter pad sal ek van hierdie 40 teksversies loop? Dalk beland een in ’n handsak; in ’n kar se paneelkissie; as ’n boekmerk; in ’n bedkassie; teen ’n yskasdeur; of by die intensiewe sorg se wagkamer. Wanneer die gevoel van groot donkerte en twyfel om jou vou en jy eensaam, verlore, en hulpeloos is met antwoorde op al die waaroms in jou lewe wat ontbreek, dalk, net dan, sal ’n enkele teks troos en hoop bring. Een van die versies is Romeine 10:9: ‘If you confess with your mouth, JE-SUS IS LORD, and believe in your heart that God RAISED Him from the dead, YOU WILL BE SAVED.’ Tema: Ek maak ’n verskil! Het ek? Dalk tog. Wie sal ooit weet.

22 DIE HERE, R50 EN EK... ’n GEESTE-LIKE REIS: Nou ja, wat maak mens met ’n koevertjie met R50 daarin!? Dalk iemand uitneem vir koffie, of vir iemand gee wat nie kos het nie? R50 het nie meer veel waarde met vandag se hoë kospryse nie. Here, u het dit op my hart gelê om ’n koevertjie te neem – seën dit asb sodat U koninkryk hier op aarde mag kom en u naam daardeur verheerlik sal word. Vrydag 13 Mei vertel Ancha Smuts van Jakaranda Kinderhuis hul grootste behoefte is velsorgprodukte vir tieners [dogters en seuns] en sanitêre benodigdhede vir die dogters. 113 Kinders tussen 14 en 18 jaar. ’n Tall order dink ek! Onthou die 5 brode en die 2 vissies...? Intus-sen gaan kyk ek by Dischem wat velsorg-produkte vir tieners kos. Alles is net so duur! Ek pak die bul by die horings, gesels met die bestuurder, sy beloof om te kyk wat sy kan doen. ’n Wonderlike geleentheid kom oor my pad om kos te voorsien aan ’n finansiële instansie vir ’n afsluitingsfunksie. Dankbaar staan ek ’n dag af, doen die aankope en 60 etes word voorberei en afgelewer. Wins na aftrekking van uitgawes, R570. Die vol-gende oggend stuur ek ’n epos uit na ons Bybelstudiegroep – HELP ASB! R560 word bygedra. Tydens tee vra een van die vriende dat ek ’n begroting kry dan praat ons weer. Die begroting vir verskillende produkte wis-sel – R7 444; R10 043; R13 219 per maand. Intussen skakel Dischem se bestuurder my. Hulle is bereid om ’n inligtingsoggend vir die kinders te hou, hulle te leer van velsorg en persoonlike higiëne en ook gratis monster-tjies vir ’n maand te voorsien. Die barmhar-tige samaritaan by die Bybelstudiegroep, bied ’n borgskap van R8 000 per maand aan vir velsorgprodukte!! Daar is nou R1 130 in kontant. Ek moet bank toe en draai op die ingewing van die oomblik by Dischem in. Die dogters se sanitêre benodigdhede is tans op ’n spesiale aanbod! Twee pakkies vir die prys van een! Hulle het net 5 pakkies in voorraad. Die voorraad wat ek aangekoop

het, is genoeg vir 6 maande. Oppad huistoe kom Ps 111 by my op: Prys die Here! Met my hele hart wil ek die Here loof in die samekoms van die opregtes, in die gemeente. Die werke van die Here is groot, almal wat daarin vreugde vind, dink daaroor na. Sy dade is vol majesteit en luister, Sy trou staan vir altyd vas. – Anoniem (Verkort)

Lente 2011 LYNNWOORDE 9

27

28

3029

Page 10: Lynnwoorde Lente 2011

10 LYNNWOORDE Lente 2011

Elke persoon is uniek, nie dupliseerbaar nie en verdien respek en liefde. Elkeen van ons is ’n gawe aan ons gesin, fami-lie, kollegas en ons gemeen-skap. Wanneer ons die unieke gawes van die ander persoon-likhede in ons gesinne en ander groepe verstaan, sal ons sien dat elkeen, oud of jonk, baie waardevol is. Die een wil veral ge-waardeer voel, die ander wil sekuriteit ervaar, ʼn volgende wil gerespekteer word en die ander wil voel hy of sy is belangrik. Kry ons dit reg in mense se lewe, sal dit verseker goeie vrug lewer. Die waarheid is egter dat ons dikwels nie ʼn idee het hoe die verskillende temperamente ’n gesin se funksionering beïn-vloed nie. Dikwels verstaan pa en ma mekaar se optrede nie eers nie en dan hoor jy maklik dat dit vir hulle verstommend is

Vir bykans vier glorieryke deka-des neem die koor, onder leiding van Hennie en Theresa Loock, koorliefhebbers op ’n spesiale musikale reis. Die koor tree ge-reeld op vir staatshoofde, konings, koninginne en prinse en is een van Suid-Afrika se trotse uitvoer-produkte. Tygerberg Kinderkoor se kenmerkende legatosang, klankvolwassenheid, musikale krag en dinamiese interpreta-sievaardigheid ken geen gelyke onder internasionale kom-petisiekore nie. In 2010 word die koor bekroon as dubbele Wêreld-kampioene by die 6de Wêreldko-respele in Shaoxing, China. Hulle word ook genomineer vir Beste Produksie by vanjaar se KKNK.

Tygerberg KinderkoorWoensdag 5 Oktober 2011 19:30 Kerkgebou NG Lynnwood

Besprekings: Computicket

dat die kinders ook nog verskil, al word hulle onder een dak groot! Die een is dalk pynlik netjies, vol vrae en nie lief vir groot groepe mense nie. Die ander vol lewe, lief vir plesier, vergeetagtig en baie gewild. Voeg daarby nou nog ʼn baasspelerige, redelik selfsugtige en ongeduldige klein ″go-getter″ en jy het ʼn handvol in die huis. Hoe nou gemaak? Is daar raad? Hoe hanteer en waardeer ek die verskillende persoonlikhede van ons gesinslede? Kan almal oor een kam geskeer word? Op Sondag 18 September 2011 reël Caritasbediening ʼn konfe-rensie met gesinne en families in die gemeente na die oggenddiens. ʼn Lekker informele konferensie-piekniek. Pak die gesin se kos-

mandjie en drinkgoed, bring dit saam kerk toe en ons eet saam oor middagete en gesels daarna nog ʼn ruk. Ons vertrou julle kyk dan met nuwe oë en waardering na mekaar, maar gaan ook weg met die insigte wat mens gepas laat optree teenoor elke gesinslid in verskillende situasies. Petro Barnard en ek werk op die oomblik aan ʼn sessie oor die verskillende temperamente in die werkplek en hoe dit spanne se funksionering kan beïnvloed. Hieroor sal Caritas later meer inligting gee. Ons ontwikkel ʼn kursus vir die gemeente hieroor en sal dit ook aan besighede in die omgewing beskikbaar stel.

Ons temperamente in die gesin verskil, hoe nou? Pieter Oosthuizen

Page 11: Lynnwoorde Lente 2011

Lente 2011 LYNNWOORDE 11

Ons temperamente in die gesin verskil, hoe nou? Pieter Oosthuizen

Ai-Yai-Yaai l Was en skoonmaak van matte l Vensters was l Sitkamerbanke/Gestoffeerde banke/stoele l Diepreiniging van badkamers l Was en skoonmaak van voertuie op u perseel l Huise/woonstelle tydens verhuising. In/uit l Ons chemikalië is omgewingsvriendelik

Kontak ons vir enige navrae oor omgewingsvriendelike

(GROEN) skoonmaakmiddels

Hennie van Jaarsveld 0849521079

Raak u versekering premies te duur vir u sak?

Toets u huidige premies teenoor ander versekeraars om seker te maak u het die beste voordele.

Kontak ons vandag en laat ons vir u die beste pakket vir u sak kry.

Paul ParsonsKorttermynversekering Short Term Insurance

Dr Petrus Retief 083 302 1181Hessie Parsons 082 455 6542

Tel 012 460 5877 / 78 Faks 086 635 4484 / 012 460 7329

GEMAGTIGDE FINANSIËLE DIENSTE VERSKAFFER FSB NR: 16969 – FIA: 02007136

Vakature: Finansiële Adviseur

by ’n groot en gevestigde versekeringsmaatskappy.

Vereistes: l Matriek l Eie vervoer l Rekenaarvaardig l 25 jaar of ouer

Kontak: Jan Opperman

by 083 656 8061 of [email protected]

Page 12: Lynnwoorde Lente 2011

Jare gelede sit ek, nog nie agttien nie, saam met ander ewe naïewe ja-en-amen-eerstejaars op Stellenbosch in dr Johan Degenaar se Filosofie I klas. Een van sy lesings het min of meer só begin: ″Dames en Here, julle moet verbáás wees. As die son onder gegaan het en more-oggend weer opkom, moet julle verbaas wees. As julle bid: ‘gee ons ons daaglikse brood’ en Haldenwang se broodwaentjie staan die volgende dag voor die koshuis, moet julle verbaas wees...″ So onnosel soos ek was, het ek darem besef ″verbaas″ beteken nie heeltemal dieselfde as verras wees nie. Dié merkwaardige en soms ook verontrustende dosent het ons geleer om vrae te vra en te waag om self te dink. Hy het ook by studente ʼn gevoel van heilige verwondering gekweek, die besef dat ʼn mens niks as heeltemal vanselfsprekend mag aanvaar nie. ʼn Instelling wat aansluit by die hedendaagse begrip van ″aandagtigheid″of ″mindfulness″. Die profeet Jona het hom disnis geloop teen vanselfsprekendheid. Toe hy so ʼn bohaai opgeskop het oor die wurm wat ″sy″ skaduplant laat verskrompel het, het hy vergeet van die Godswonder dat die plant hoege-naamd bestaan. Dis een van die interessantse fasette van sy veelvlakkige verhaal. Dis só ʼn lekker storie dat my kinders net so dikwels van ″Jona en die wurm″ as van ″Jona en die vis″ gehoor het. Kyk jy met geloofsoë, ″spreek″ dit wat vanselfsprekend is, eintlik van God. Maar dan praat God sekerlik ook deur die sigbaarverrassende, die ongewone, die onreëlmatige, die onverwagte, die onpatroonmatige. In haar gedig Akwaties skryf Sheila Cussons oor die soort woorde waarmee sý, as digter, wil kommunikeer: ″... iets vinnigs en onverwags soos ʼn nat paddatjie op ʼn boek...″ Niemand skryf mooier hieroor nie as die Engelse digter Gerard Manley Hopkins in sy gedig:

Pied Beauty Glory be to God for dappled things –

For skies of couple-colour as a brinded cow; For rose-moles all in stipple upon trout that swim;

Fresh-firecoal chestnut-falls; finches’ wings; Landscape plotted and pieced – fold, fallow, and plough;

And áll trádes, their gear and tackle and trim.

All things counter, original, spare, strange; Whatever is fickle, freckled (who knows how?)

With swift, slow; sweet, sour; adazzle, dim; He fathers-forth whose beauty is past change: Praise him.

In Afrikaans sing ons sommer psalm 150 (ek hou so van die ou woorde):

al wat kruip en roer en sweefal wat asem het en leef!Halleluja, loof die Here.

Jona en die wurmErika Theron

www.nglynnwood.co.za

12 LYNNWOORDE Lente 2011

ViDEOREDiGERinG Ons redigeer vir praktiserende

videograwe en ook vir amateurs wat hul eie of vriende se troues/

funksies afneem.Chris de Jager

012 542-1449 of 083 604 8167

Alles op CD of DVD!Langspeelplate, 78’s, klankkassette, video’s

(bv trou- en vakansievideo’s) Kleurskyfies en foto’s

CD-snitte omgeskakel na MP3012 542-1449

Marié: 083 611 0317 Chris: 083 604 8167

TAALVERSORGinG en proeflees van skripsies in

Engels en Afrikaans, asook algemene vertaal werk.

Leoné Esterhuysen 012 807 1521/083 400 8831

BOOMSLOPinG en snoei van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992.

STiLBAAAi 4-slaapkamer vakansiehuis

beskikbaar vir Des/Jan. Magda 082 462 2426 Harold 082 779 0419