m revue koor atletiek - laerskool garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel...

13
Garsie trots!! Dit is die twee woorde wat die eerste kwartaal van 2019 die beste beskryf. Die jaar het teen ‘n vinnige tempo begin, en vroeg reeds het ons besef dat 2019 gaan ‘n jaar wees waar ons nog hoër gaan vlieg. Ons atletiekspan wen die Cluster-byeenkoms en ons swemspanne laat ook nie op hulle wag nie. Die oorwinning op sportgebied het oorgespoel na die res van ons skool en as jy op die terrein rondbeweeg voel jy die positiewe, borrelende Garsie-gees aan. GARSIES VLIEG ‘ALTYD HOëR’ Maart 2019 SWEM ATLETIEK REVUE KOOR REDENAARS NETBAL RUGBY

Upload: others

Post on 05-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: M REVUE KOOR ATLETIEK - Laerskool Garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig? 750

Garsie trots!! Dit is die twee woorde wat die eerste kwartaal van 2019 die

beste beskryf. Die jaar het teen ‘n vinnige tempo begin, en vroeg reeds het

ons besef dat 2019 gaan ‘n jaar wees waar ons nog hoër gaan vlieg.

Ons atletiekspan wen die Cluster-byeenkoms en ons swemspanne laat ook

nie op hulle wag nie.

Die oorwinning op sportgebied het oorgespoel na die res van ons skool en as jy op

die terrein rondbeweeg voel jy die positiewe, borrelende Garsie-gees aan.

GARSIES VLIEG ‘ALTYD HOëR’ Maart 2019

SWEM ATLETIEK

REVUE KOOR

REDENAARS NETBAL RUGBY

Page 2: M REVUE KOOR ATLETIEK - Laerskool Garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig? 750

A night in Mexico is 'n aand wat ons almal sal onthou! Op 14 Februarie 2019 was die Valentyns-sokkie 'n aand waar jy dalk 'n nuwe liefie gekry het of miskien vir die eerste keer geleer het om 'n draaiende sokkiedans te doen. Ek is seker al die graad 5-7’s het 'n wonderlike aand gehad van dans en klets. Ai, om saam met vriende en vriendinne te wees op so 'n vrolike aand...

Mnr. Lourens het nog 'n sokkie onvergeetlik gemaak, met sy goed saamgestelde speellys. Ons nuwe leierraad het dit ook reggekry om ons alledaagse saal in 'n Meksikaanse “La Trattoria” te omtower. Die ouers van die leierraad het beson-ders hard gewerk om die aand 'n sukses te maak en as jy honger na die sokkie toe gekom het “no problemo Amigo!” Daar was heerlike pizzas, koeldranke en ysies te koop, om maar net ʼn paar opsies te noem. As jy die aand wou vasvang, was daar 'n selfs 'n “photo booth” om foto’s in te neem. Ten spyte van die drei-gende reën en al die Valentyns-liefdesdriehoeke, kon ons weg gaan van die sok-kie af en die woorde onthou: ”Amigos para sempre” of te wel: Vriende vir altyd!

AMIGO! Valentyn o Valentyn!

Page 3: M REVUE KOOR ATLETIEK - Laerskool Garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig? 750

Wat ‘n groot voorreg om hoofmeisie te kan wees van Garsies – die beste laer-skool in die land! Ek en my mede-leiers het gedink om hierdie jaar aan te pak met die tema “Garsie-heroes”. My plan is dat ons leiers - in voorbeeld - voor sal vlieg, en dat die res van die “Garsie-heroes” saam met ons hoog sal vlieg.

Garsie-heroes se klem is op die letter G. Om ‘n Garsie-hero te wees, is regtig “cool” want onthou jy het soos enige ander “superhero” ook mos “super-powers”. Kom ons gebruik hierdie jaar om ons “G-superpowers” te oefen. G staan vir Gaaf, Gehoorsaam, Goeie Garsie-gees, Goeie maniere, Gee-om vir an-der, en natuurlik ook om Gelukkig te wees en die lewe te Geniet. Ek het besluit om gereeld ‘n goeie Garsie-hero met ‘n groot verassing te beloon. Daar het reeds twee Garsies-heroes met belonings weggestap en ek sien uit om die volgende Garsie-hero raak te sien en te beloon. Kom ons wees elkeen hierdie jaar die beste Garsie-hero wat ons kan wees. Dink net hoe hoog sal Garsies dan kan vlieg!

Mila Snyman Hoofdogter 2019

BOODSKAP ONS HOOFLEIERS: MILA EN NICO

Garsie "Super-heroes" Ons Desember-vakansie was kort maar ook net genoeg om ons weer fris en vars te laat voel vir ‘n besige, opwindende 2019… Ons kon darem ons batterye op verskillende maniere herlaai. Nou na bietjie meer as ‘n maand van skoolgaan is daardie bat-tery al ordentlik op dreef. Sport, akademie, kultuur, sosiaal hou ons lekker besig. En Garsies floreer. Garsies maak hul merk op vele terreine nog meer as ooit tevore. Daarom maak dit my so trots om deel van Laerskool Garsfontein te wees. Dis ‘n voorreg om ‘n Garsie te wees. Ons leiers se tema hierdie jaar is “Garsie Super-heroes”. D.w.s. ons leiers wil streef daarna om die volgende waardes in elke Garsie raak te sien: vrien-delikheid, eerlikheid, omgee, behulpsaamheid. Eienskappe wat ons Hemelse Vader alreeds vir ons gegee het… Ek het onlangs ‘n interessante feit raak gelees. Dit is dat die kleur groen jou baie rustig en kalm maak en dit is ook my missie vir hierdie jaar. Dat ons Garsies mekaar in alle situasies met kalm-te en rustigheid sal hanteer. Die mooi in mekaar raaksien. Met ‘n “Super-hero” hoof soos Mnr. Snyman en die beste personeel kan Garsies net nog hoër vlieg. So kom ons maak 2019 ‘n “Groen” jaar waar elkeen van ons mekaar komplementeer i.p.v. kritiseer… En onthou: Geniet dit wat jy doen ten volle… Nico Jooste Hoofseun 2019

Page 4: M REVUE KOOR ATLETIEK - Laerskool Garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig? 750

Wêreld-hardopleesdag is hierdie jaar op 1 Februarie gevier. Elke jaar op hierdie dag, lees men-se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig?

750 miljoen grootmense in die wêreld het nie basiese lees-en skryfvaardighede nie. Kinders vir wie daar elke dag gelees word, is ‘n jaar voor ander kinders in leesvaardighede. 66% van kinders tussen 6 en 11 sê dat hardoplees pret is.

(Bron: http://www.litworld.org/wrad/)

Dit is definitief ‘n belangrike dag en hier by Laerskool Garsfontein, het ons saam met ons on-derwysers om 08:00 op Vrydag, 1 Februarie 2019, die gedig “Om groot te word…” in elke klas hardop gelees. So komaan, vra bietjie jou ma of pa om vanaand vir jou ‘n storie te lees, of doen self die moei-te en lees vir jou kleinboetie of -sussie ‘n storie!

Deur Nicolaas Jansen van Rensburg

Wêreld-

hardopleesdag

Boekbuddies! Soos elke jaar het die Boekbuddies Garsies kom nuuskierig maak oor skrywers se nuutste boeke op die rakke! Kyk uit vir Sanri Steyn, Zackie en sy tjom, Aksie-held Austin, Die swakste restaurant in die heel-al.

Page 5: M REVUE KOOR ATLETIEK - Laerskool Garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig? 750

Garsie Graad R Op die eerste skooldag van 2019 het 264 Smurfies, Leeutjies, Vissies, Bytjjies, Renosters, Beertjies, Muise, Skapies, Hasies en Uiltjies hulle skoolloopbaan by Laerskool Garsfontein in Graad R begin. Juffrouens Karen, Erica, Candice, Jossie, Tarina, Esté, Sunel, Janine, Lizelle, Natasha en al die assistente het hulle met oop arms verwelkom. In graad R is mens baie besig! Van 07:30 – 12:30 doen mens wiskunde, luister en praat, doen ontluikende lees en nog baie ander din-ge. Daar is darem ook genoeg tyd vir lekker speel. Die Garsiegerf het met ‘n paar Smurfies gesels:

Hanno se beste deel van die dag is buitespeeltyd met die fietsies en nuwe klimuur.

Liam gaan by die skool van paddas, slange en goggas leer. Caitlyn en Phoebe hou van verf en die pophoek. Qwyd geniet kossietyd. Alexander se lekkerste tyd is huistoegaantyd.

Hierdie nuwe klein Garsies gaan beslis nog baie hoog vlieg!

https://www.facebook.com/laerskoolgarsies/videos/414333975775669/?

eid=ARCNDdyIVvm2S3S8gUP62j1Z2EWvcyGKtrMoI69-jso6v22UUSDHps4-rS66MAKE9WIQ03-uTnl--RYE

Gaan kyk bietjie wat het ons op INTERNASIONALE BACKWARDS DAY GEDOEN!

Page 6: M REVUE KOOR ATLETIEK - Laerskool Garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig? 750

Baie geluk aan die volgende personeel met die nuwe aankomelinge in hul gesinne! Juf. Janel Juf. Marizanne Juf. Ilse

Juffrou Louisa was ons melk-tertkoningin! Op Melktert-dag het sy ’n heerlike melktert gewen nadat sy die bestanddele reg-geraai het!

Ons eie kunstenaar! Zoé du Toit! Ons kan nie wag vir jou eerste boek nie!

Skool met geleenthede RUGBY NETBAL HOKKIE ATLETIEK JUKSKEI KRIEKET AKADEMIE WISKUNDE SPELATHON DRAMA RUVUE KOOR REDENAARS AKADEMIE POUSE SPEEL TROMPOPPIES SANGSPELETJIE SKRYF TEL

Page 7: M REVUE KOOR ATLETIEK - Laerskool Garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig? 750

Ek stap nou die dag verby ‘n graad eentjie en ek kan nie glo ek was ook so klein nie! Toe ek vir die heel eerste keer by die skool aangekom het, het ek gedink ek was vreeslik “cool” want ek is nou ook in die “groot skool”. Laerskool Garsfontein is waar ek van my beste vrien-de en vriendinne ontmoet het. Een van my beste skooljare lê nog voor, maar graad 6 was vir my vreeslik lekker. Daar het so baie opwinden-de goed in graad 6 gebeur soos onder andere veld-skool! Ek was eers skrikkerig vir veldskool oor al die sto-ries wat ek gehoor het soos byvoorbeeld dat daar glo slange is maar dit draai toe uit dat die enigste slange wat daar regtig was, tuin-slange was. Ek is uit my vel uit opgewon-de vir graad 7. Hierdie jaar gaan ons strand toe vir ons graad 7 toer! Al is daar nuwe vakke by en tonne huiswerk is graad 7 alreeds besonders lekker en ‘n jaar waarna ek ongelooflik baie uitsien! Ons hoof is Mnr. Snyman. Hy speel ‘n groot rol in ons skool en in ons almal se le-wens. Hy het nuwe klasse aangebou sodat meer kin-ders ook die geleentheid kan kry om by ons fantastiese skool, kan skool bywoon. Daar is baie dinge om na uit te sien maar een ding waar-na ek glad nie uitsien nie is om hierdie fantastiese skool

agter te laat. Ons skool het al vir die hoe-veelste keer in ‘n ry aangewys as die beste skool in Pretoria. Ek wil nou nie spog nie, maar ek dink ons skool verdien dit met elke ster wat in die he-melruim skyn! Die skool het ook onlangs ʼn “band” gestig waar daar ge-leentheid is om klavier en ki-taar te speel, te sing en drom-me te speel. Ek dink dit is baie oulik want dan kry kin-ders die geleentheid om ook erkenning te kry vir hul talen-te. Elke jaar by Laerskool Gars-fontein is ‘n uitstekende jaar! Vanaf akademie tot sport. Elke jaar is daar ‘n uitstekende eerste span in hokkie, rugby, netbal en swem! Dan nie eers gepraat van die akademie nie! Buiten al die sporte vorder kultuur net so goed. Die koor het in 2018 deel geneem aan die Olympic World Choir Games wat ek dink nogal fan-tasties is dat ons teen skole regoor die wêreld gesing het. En dan om te dink dat daar dalk ‘n bekende rugbyspeler in ons skool se eerste span kan speel of dat daar ‘n be-roemde aktrise haar eerste rol in ons skool se dramaklub kan kry en dat hulle trots kan sê hulle was ‘n Garsie gewees. Baie dogtertjies se ideaal is om eendag as sy groot is, ‘n juffrou te word, maar soos wat jy ouer word besef jy waarvoor jy jouself in laat. Jy moet vir 30 tot 40 kinders per klas, klas gee, die klas onder

beheer kry en die moeilikste jy moet hulle stil hou! Vandat ek dit besef het, het ek baie meer respek vir ‘n juffrou, en buitendien sonder jou juffrou hoe wil jy in elk geval ‘n juf-frou word? Ek haal regtigwaar my hoed af vir elke liewe persoon wat ge-help het om ons skool te ing waar hy nou is. Ek dink nie ek sou ‘n veldskool vir ‘n hele graad kon reël nie en dat dit dan so ‘n reuse sukses ge-maak het nie. Veldskool is net een van daai dinge wat jou altyd by bly maak nie saak hoe oud jy is nie jy sal dit nooit vergeet nie. Daar word soveel harde werk in gesit om die skool so lekker te maak. Al kry jy huiswerk dink ek dit is niks in vergelyking met al die moeite en harde werk wat ingesit is om die skool so ‘n groot sukses te maak nie! So doen maar daai laaste 2 Wis-kunde somme. Laerskool Garsfontein is vir my die beste skool - nie net in Pretoria nie - maar in die hele wêreld! Elke dag as ek by die skool in stap klop my hart sommer vinniger want ek kan uit my hart uit sê ek is ‘n trot-se Garsie. Ek kan nie net sê ek is ‘n trotse Garsie nie maar, ek kan ook sê ek is trots op elke liewe Garsie wat ons skool se naam so hoog hou en nooit ons skool in die skande steek nie. ~Anke Gerber

My skool!

Page 8: M REVUE KOOR ATLETIEK - Laerskool Garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig? 750

Welkom aan al die graad 1 – parrabeens 2019!

Op Dinsdag 8 Januarie 2019 het ons al die nuwe graad eentjies en hul ouers verwelkom. Die afwagting en opgewon-

denheid op hierdie dag was groot! Die skool het feestelik gelyk, met ballonne versier. Groot oog en met splinternuwe

skoolklere het die graad 1’s saam met hul ouers opgedaag. Die graad 7-leiers was gereed om elke gesin by die hekke

te groet en te verwelkom. Daar is ook oulike foto’s van die gesinne geneem. Daarna is die graad 1’s na hul klasse om

hul nuwe juffrou te ontmoet, terwyl die ouers na ‘n inligtingsessie in die saal geluister het. Elke kind het ‘n spesiale

Garsie-boekmerkie en ‘n masker ontvang. Na die tyd het die ouers heerlik tee gedrink. Dit was ‘n opwindende dag vir

ouer en kind.

‘n Hoogtepunt op die Garsiekalender is ook altyd die Garsies Graad 1 se jaarlikse atletiekbyeenkoms wat gehou is op

Maandag, 14 Januarie. Die graad 1’s was vooraf so opgewonde en kon nie wag dat die aand aanbreek nie. Die baan

het pragtig gelyk – net soos vir ‘n groot atletiekbyeenkoms. Die kinders het aan naellope, verspring en gewigstoot

(darem ‘n ligter bal!) deelgeneem, terwyl trotse ouers hul van die pawiljoen af aangemoedig het. Ongelukkig het die

weer nie saamgespeel nie en het die byeenkoms uitgereën. Toemaar, volgende keer probeer ons weer!

Alhoewel al die graad 1’s alreeds trotse Garsies in Graad R was, wil ons vir jul net weer baie welkom heet in graad 1!

Mag die volgende sewe jaar hier by Laerskool Garsfontein vir julle baie vreugde en voorspoed inhou! - Talita Wilkins

https://www.facebook.com/laerskoolgarsies/videos/932009943671536/?

eid=ARCNDdyIVvm2S3S8gUP62j1Z2EWvcyGKtrMoI69-jso6v22UUSDHps4-rS66MAKE9WIQ03-uTnl--RYE

Page 9: M REVUE KOOR ATLETIEK - Laerskool Garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig? 750

Onderhoud op Dins-dag , 19 Februarie 2019 met Pieter Baartman meer bekend as Oom Pieter. Deur Arné Robbertse Daar is so baie mense wat agter die skerms werk om die Garsie mo-tor te laat werk. Party-keer is dit net ‘n gesig wat jy sien of ‘n stem wat jy hoor. Sonder hierdie mense sal ons skool nie wees wat dit is nie: Die beste laer-skool in Pretoria! Hulle IS die verskil in ons skool. Daarom het ons dit goedgedink om hul-le aan julle bekend te stel sodat as julle hulle teëkom, julle hulle kan GROET en DANKIE Sê vir alles wat hulle elke

dag vir ons doen. Ons eerste toekenning gaan aan Oom Pieter. Hy is een van 4 mense wat die verkeer rondom ons skool reguleer. Oom Pieter sal jy elke dag op sy pos kry met ‘n groot glimlag. Hy ken elke leer-der en ouer en dit is met ‘n passie dat hy elke dag ‘n verskil in ons lewe maak. Ons het met Oom Pieter gaan praat om ‘n bietjie meer te leer van die man met die glimlag wat elke dag ‘n verskil in ons lewens maak. Oom ek wil net eerstens begin om baie dankie te sê dat Oom-hulle ons leerders so veilig hou. Sonder Oom-hulle sou hierdie Garsie-ratkas nie so goed gewerk het nie.

Het Oom geweet oom maak so ‘n groot impak op ons leerders en ouers? Nee…… Oom doen regtig! Ek hanteer elke kind soos my eie kleinkinders. Hoe kry Oom dit reg om elke dag met ‘n glimlag op Oom se gesig Oom se werk te doen? Ek het van kleins af geleer as jy die môreson sien op-kom dan behoort daar ‘n glimlag op jou gesig te wees. Sal Oom sê kinders het ‘n bietjie stouter geword as in Oom se dae? Wel ja, maar almal kan stout wees solank dit net nie ‘n lelike stout is nie. Wat is die snaakste ding wat Oom al gesien het by die skool? Hoe kinders en hulle ou-ers aantrek. Waar was Oom gebore? Ek is in Oos-Londen gebo-re. Ek is ‘n Kaapenaar! Ek het hier grootgeword en in Witbank gematrikuleer. Ek was ook in die weer-mag vir 6 jaar. Wat is Oom se grootste passie in die lewe? Om mense gelukkig te sien! Dit is ‘n baie mooi! Vir watter rugby-span skreeu Oom? Ek bly in Pretoria…. Dink Oom die Bulls het ‘n kans hierdie jaar? Ja beslis! - Arne

Agter die skerms toekenning: Oom Pieter Baartman

Page 10: M REVUE KOOR ATLETIEK - Laerskool Garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig? 750

Met Garsie-harte wat warm klop kan ons trots sê dat die Garsie-atlete wat aan die Cluster-byeenkoms deelgeneem het ware ‘Champions’ is. Uit die 9 skole wat op 5 Februarie aan die Cluster-byeenkoms by Hoër-skool Garsfontein deelgeneem het, het Garsies ‘n trotse eerste plek behaal en met 48 medaljes weggestap. 17 van die medaljes was goud. 24 Top atlete het gekwalifiseer om aan die Distrik-byeenkoms op 23 Fe-bruarie te gaan deelneem aan ‘n totaal van 32 items. Ons hou duim vas vir julle en kan nie wag om te hoor hoe goed julle presteer het nie! -Mila Snyman

GARSIES WEN DIE CLUSTER

Page 11: M REVUE KOOR ATLETIEK - Laerskool Garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig? 750

Tennis

BONDWENNERS! Ons swemmende gladde lywe!

Ons twee Eerste-spanne!

Page 12: M REVUE KOOR ATLETIEK - Laerskool Garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig? 750

“Rise up, take courage and do it!” Esra 10:4 Swem het vanjaar hoë hoogtes bereik. Afgesien van prettige uitdundae het die swemspan verlede jaar die voorreg gehad om op ‘n swemkamp na Bela Bela te gaan. Hier het die swemspan uitstekende afrigting gekry onder leiding van Oom Awie. Hier was ook groot verwagtinge vir die 2019 Bond-galas deur Juf. Cilmarie en Mnr. Jean geskep. Tydens die A-bond liga wat op Woensdag, 27 Februarie gehou is het die A-span algeheel vierde geëindig. Die uitslae was soos volg: Midstream College Southdowns College WHPS/DSG Garsfontein Garsies is dan ook die nommer 1 Afrikaanse swem-skool in Pretoria. Ons A-span het dus stof (of liewer water) in die oë van die ander Afrikaanse skole geskop. Dit beteken verder dat die A-span volgende jaar weer in die A-Bond liga deel-neem. André van den Heever is as Victor Ludorum van die dag aangewys. Die B-span het ook uitstekend gevaar in die F-Bond liga wat op Donderdag, 28 Februarie gehou is en het as bondwenners uit die stryd getree. Hulle skuif volgende jaar na die E-Bond liga toe. Baie dankie aan almal wat saamgewerk het om die prestasies moontlik te maak.

- Jelaan Eveleigh

André van den Heever het met swem vir die SA-kampioenskappe

gekwalifiseer in 15 slae! Wel gedaan!

GARSIES SWEM!!

Page 13: M REVUE KOOR ATLETIEK - Laerskool Garsfontein · se dwarsoor die wêreld hardop saam en deel stories om op geletterdheid as ‘n basiese men-sereg te fokus. Hoekom is dit nodig? 750

GARSIES VLIEG ‘ALTYD HOëR’