maand-krant - wapadrant v2.0

32
1 Maand-Krant DESEMBER 2016 EN JANUARIE 2017 Hierdie Maand-Krant asook vorige Maand-Krante is beskikbaar op die webblad by http://www.wapadrant.co.za/maand-krant Dienswerkfokusjaar: Oorsig 2016 Die afgelope jaar het die gemeente gefokus op die dienswerk-aspek van die vyf fokusareas van die vyf-jaar-program wat deel is van wat “Christus se liefde ons inspireer om te dien met ons gawes.” Ons moet wees “sout en lig” soos dit beskryf is in Matteus 5:13-16: (NAV) Matteus 5:13-16 NAV: 13 “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. 14 “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15 ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” DB: 13 “Julle is sout wat smaak moet gee aan hierdie smaaklose wêreld waarin almal in sonde leef. As julle dit nie doen nie, beteken julle net mooi niks vir God nie. Dan kan Hy julle net sowel op die ashoop weggooi.14 “Julle is ’n lig vir die donker wêreld rondom julle. Almal moet kan sien dat julle glo. Julle geloof moet net so sigbaar wees soos ’n stad wat hoog bo-op ’n berg gebou is.” 15 “Geen mens sit ’n lig aan en gaan steek dit dan onder ’n bed weg nie. Nee, ’n lig word in die middel van ’n vertrek neergesit sodat almal kan sien wat om hulle aangaan. Dit is presies wat julle ook moet doen. Moenie iewers in die donker gaan wegkruip nie. 16 Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig grootgemaak.” Julle is die SOUT vir die wêreld. Julle is die LIG vir die wêreld. Dink ’n bietjie daaroor. Op watter kos gooi mens sout? Gooi mens sout op roomys? Nee! Jy gooi sout op

Upload: others

Post on 15-Oct-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

1

Maand-Krant

DESEMBER 2016 EN JANUARIE 2017

Hierdie Maand-Krant asook vorige Maand-Krante is beskikbaar op die webblad by http://www.wapadrant.co.za/maand-krant

Dienswerkfokusjaar: Oorsig 2016 Die afgelope jaar het die gemeente gefokus op die dienswerk-aspek van die vyf fokusareas van die

vyf-jaar-program wat deel is van wat “Christus se liefde ons inspireer om te dien met ons gawes.”

Ons moet wees “sout en lig” soos dit beskryf is in Matteus 5:13-16: (NAV)

Matteus 5:13-16

NAV: 13 “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is

niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.”

14 “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15 ook steek 'n

mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die

huis. 16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in

die hemel is, verheerlik.”

DB: 13 “Julle is sout wat smaak moet gee aan hierdie smaaklose wêreld waarin almal in sonde leef. As

julle dit nie doen nie, beteken julle net mooi niks vir God nie. Dan kan Hy julle net sowel op die ashoop

weggooi.”

14 “Julle is ’n lig vir die donker wêreld rondom julle. Almal moet kan sien dat julle glo. Julle geloof moet

net so sigbaar wees soos ’n stad wat hoog bo-op ’n berg gebou is.”

15 “Geen mens sit ’n lig aan en gaan steek dit dan onder ’n bed weg nie. Nee, ’n lig word in die middel

van ’n vertrek neergesit sodat almal kan sien wat om hulle aangaan. Dit is presies wat julle ook moet

doen. Moenie iewers in die donker gaan wegkruip nie. 16 Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker

wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle

sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig grootgemaak.”

Julle is die SOUT vir die wêreld. Julle is die LIG vir die wêreld.

Dink ’n bietjie daaroor. Op watter kos gooi mens sout? Gooi mens sout op roomys? Nee! Jy gooi sout op

Page 2: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

2

kos wat nie lekker genoeg is nie. Jy gooi nie sout op lekker kos nie! Ons is nie hier om te wag tot die

wêreld lekker is en dan sout te wees nie. Ons is hier om die slegte wêreld beter te maak met ons sout,

die sout van Jesus Christus! Hoe slegter dinge gaan en hoe meer mense soek na sout, hoe beter!

Sit mens ’n lig aan as dit klaar lig is? Nee! In my huis raas ek gereeld met die kinders as hulle ligte in die

dag aansit. Lig is nie vir as dit lig is nie, maar vir as dit donker is. Ons is nie hier om te wag tot die Here

alles lig maak en om dan in die lewe te gaan leef nie. Ons is die lig! Ons is bly as dit donker is, hoe

donkerder hoe beter, want dan skyn my liggie al hoe helderder!

Hoe kan ek dit doen? Kom ons kyk gou na wat die evangelie leer:

Party mense:

EK het (sonde) GEDOEN

EK moet nou DOEN

Nuwe Testament:

JESUS het (versoening) GEDOEN

EK wil DOEN

Deur dienswerk of lewensgewoontes, waarop die afgelope jaar gefokus is, is baie aksies uitgevoer deur kleingroepe en individue om dit, wat uit dr. Wilhelm se preek van Sondag 13 November 2016 wat hier bo aangehaal is, te doen:

“Ek wil doen”

In elk van die aksies wat plaasgevind het, is daar ook onderlinge liefde uitgestraal en verhoudings gebou, die sout en die lig!

Page 3: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

3

Die volgende “RAK” (Random Acts of Kindness) -projekte is op die Rand-vir-Rand-basis

ondersteun:

1. Komberse vir brandslagoffers in Plastic View

2. Oriëntering en opleiding van gevangenes se families oor hoe hulle die persoon moet hanteer -

KAïROS

3. Waghuisie by die kerkterrein om skuiling te bied aan die wagte tydens gure weersomstandighede

4. Ondersteuning van teologiese opleiding in Afrika om evangeliste op te lei

5. Jeug van Mamelodi-Wes-gemeente se jaarlikse kamp bekostigbaar gemaak

6. Burundi-uitreik: Opleiding van evangeliste vir Burundi

7. Kruik-uitreik: Ds Petrus Grové se aksies in Ficksburg-omgewing

8. “Blessing bags”-projek

9. Sunrise-uitreikaksies en -inisiatiewe

10. Verbeteringe aan ‘n huis van veilige bewaring vir kinders in Constantiapark

11. Hanna-projek: blikkieskos wat deur die Jeugbediening ingesamel is

12. Elandspoort Gereformeerde kerk se Diakonie

13. Zimbabwe Pensioner Support Fund (ZPFW).

14. Huis Ebenhaeser te Daspoort.

Hierdie lys is slegs van die projekte wat finansiële ondersteuning ter waarde van R126 401 gevra het uit

die begroting van R201 612-20. Daar is egter heelwat ander dienswerkprojekte wat deur kleingroepe

gedoen word waar daar nie ondersteuning gevra is nie, en tog “saam op God se pad” gewandel word.

Soos gesien kan word uit die bostaande lys, is daar heelwat aksies wat plaasgevind het. Daardeur is baie

harte bly gemaak omdat geleenthede geskep is waar mense “saam op God se pad” kon wandel en Sy

liefde ervaar.

Hoe het jy die jaar ervaar? Hoe gaan jy jou lewensgewoontes verander om ‘n hartsverandering te

ondergaan sodat “Elkeen Saam op God se pad” kan lewe?

Ons moet nie fokus op die sigbare dinge soos die droogte, armoede, ensovoorts nie. Ons fokus op die

onsigbare, die dinge wat vir altyd is - liefde, geloof, God!

Ek fokus op God, ek fokus op Jesus Christus!

Filippense 4:4-5 Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: “Wees bly!” 5 Laat almal

sien hoe bedagsaam julle lewe. Onthou: Die Here kom binnekort! Johannes 20:21

“Vrede vir julle!” sê Jesus weer ’n keer. “Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

Kom ons gaan wees Nuwe Testamentiese gelowiges! Kom ons gaan in die wêreld in met blydskap en dankbaarheid. Kom ons gaan wees lig en sout! Kom ons gaan oorspoel die wêreld met die lewende water van Jesus Christus! Daarom sien ons uit om steeds dienswerk te doen tydens die nuwe fokusjare wat voorlê! Jan de Beer Sameroeper: Dienswerk Fokusgroep Aanhalings met erkenning aan Dr Wilhelm Leuschner se preek van 13 November 2016

Page 4: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

4

EREDIENSTYE VANAF 4 DESEMBER – 15 JANUARIE 2017

DATUM 08:15 9:00 10:00 18:30

04 Desember Ja - Ja Ja

11 Desember Ja - Ja -

18 Desember - - Ja -

25 Desember - Ja - -

01 Januarie - Ja - -

08 Januarie Ja - -

15 Januarie en verder Ja - Ja Ja

$$$$$$$$$

MET HIERDIE WENKE WORD AFTREDE ‘N GOEIE VOORUITSIG!

“Dagbreek na Aftrede” deur Ben Ferreira Uitgewers: Kwarts Uitgewers ISBN: 978-1-77605-335-3 Prys:R150 E-posadres: [email protected] “Dagbreek na Aftrede” deur Ben Ferreira se aantreklike voorblad weerspieël die inhoud van die boek. Dagbreek is die begin van ‘n nuwe dag. Die skrywer beskryf die lewensfase ná aftrede as die begin van ‘n tyd om nuwe uitdagings en ervarings sinvol te ontdek en te beleef. Ben Ferreira skryf op die agterblad dat mense slegs ‘n korttermyn-siening het van wat hulle ná aftrede gaan doen. Sy boodskap is dat ‘n mens ná aftrede nuwe horisonne kan verken en dat nuwe uitdagings aanvaar kan word. Ná sy aftrede uit ‘n jarelange ATKV-bestuurspos spreek die skrywer op grond van navorsing en eie ervaring die tipiese probleme en belewenisse aan soos baie afgetredenes dit ervaar. Die twaalf hoofstukke behandel elkeen waardevolle en uiteenlopende aspekte van die afgetredene se lewe. Dit sluit onder andere in geluk ná aftrede, finansiële beplanning, fisiese oefening en die rol wat vriende in jou lewe speel. Die leser word aangespoor om grense te verskuif deur byvoorbeeld iets te doen wat nog nooit aangepak is nie. Verder word ‘n paar idees bespreek om in jouself te belê deur moontlik ‘n kreatiewe gawe te ontdek en te ontwikkel. Net so kan reis ‘n avontuur word om altyd te onthou. Belangrike riglyne om ‘n lewenslêer en ander persoonlike dokumente saam te stel, word in die laaste hoofstuk uiteengesit. So kan ‘n mens dit vir die agtergeblewenes ná jou dood makliker maak. Die gemoedelike geselstrant en netjiese tegniese versorging bied aangename en leersame leesstof.

Page 5: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

5

“Dagbreek na Aftrede” is nie net gerig op mense wat die aftreefase van hulle lewens bereik het nie. Enige ouderdomsgroep kan die inligting gebruik om die toekoms met wysheid te beplan. Kontak asseblief die skrywer per e-pos om verdere besonderhede te verkry. Estie Coetzee Afgetrede Personeellid: Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

UITNODIGING NA EREDIENSTE DEUR VERSKILLENDE GEMEENTES TYDENS DIE DESEMBERVAKANSIE Eredienste by Gereformeerde Kerk Stilbaai in Desember Graag deel ons die volgende inligting in verband met die eredienste in die somervakansie van 2016/2017. Eredienste vind D.V. elke Sondag van

Desember 2016 (behalwe Kersdag) asook in Januarie 2017 om 09:30 plaas. Ons kerkgebou is geleë in Reservoirstraat, Stilbaai. Die Kersdiens op Sondag 25 Desember 2016 sal om 09:00 begin. Al die eredienste in Desember sal deur ons hulpdiens-predikant ds. Peet Coetzee behartig word. Die erediens op 1 Januarie 2017 sal deur dr. Douw Breed behartig word. Ons sien daarna uit om al die besoekers te verwelkom Eredienste by Gereformeerde Kerk Empangeni / Reformed Church Empangeni in Desember Nooi alle besoekers aan KZN se Noordkus tydens die Desember 2016 se vakansieseisoen uit om hulle eredienste by te woon. Eredienste is Sondae om 9:00. Adres van die kerkgebou: Dunnestraat 20, Empangeni. GPS S28.45.08.02; O31.53.37.5. Vir navrae: Tel (035) 772 4360, faks 086 664 8164 of sel 072 126 6386.

GK Suidkus heet alle vakansiegangers aan die Suidkus welkom en nooi hulle hartlik uit na die eredienste gedurende die Desembervakansie. Die tye is soos volg: Eredienste elke Sondag om 09:00, insluitend Kersdag, h/v Colley en Bazleystrate, Port Shepstone. Geloftedagdiens: 16 Des. om 09:00 by NG Kerk Port Shepstone, Kerkstraat, Port Shepstone.

*********

Residentia Sunnyside (Troyestraat 40, Sunnyside) Residentia Sunnyside is ‘n oord waar daar nie net omgesien word na bejaardes en verswakte persone nie, maar daar word ook vir hulle omgegee! Werkende of afgetrede persone van 50 jaar en ouer kan ook hier woon. Daar is tans verskeie tipes verblyf beskikbaar: Eenmanwoonstelle @ R3479, Eenslaapkamerwoonstelle @ R4370 en 1½-slaapkamerwoonstelle @ R4214 per maand. Volle sorg word verskaf by Karmel-versorgingseenheid: Pryse

vanaf R6 420 tot R10 165 per maand. Vir meer besonderhede kontak Anneke Cilliers (woonstelle) of Tersia Cornelisson (Karmel) by (012) 440-5341 gedurende kantoorure.

Page 6: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

6

FINANSIËLE SAKE VAN GEMEENTE TOT EN MET EINDE SEPTEMBER 2016

Na die eerste 10 maande:

Totale inkomste vir die maand beloop R922 206 teenoor 'n begrote R981 130 en die vorige jaar se R1 124 079.

Totale uitgawes vir maand van R890 209 is R36 358 onderspandeer teenoor die begrote R926 567. Dit laat ons met

'n netto bedryfsurplus van R31 998 vir die maand.

Die bedryfsurplus vir die jaar tot datum is R302 993. Die besparing tot op datum het hoofsaaklik plaasgevind op

onderspandering deur hulpverlening (eie gemeente), kleingroepediensgroep op personeelsalaris, telefoon en faks,

kursusse en seminare, elektrisiteit en water, hulpmiddels, donasies en skenkings, bemarking.

Dankofferinligting

Maand 2016

Aantal potensiële *bydrae-

punte

Aantal punte wat geen

beloofde bydrae gemaak het nie

Aantal punte wat beloof het maar

geen bydrae maak nie

Aantal punte wat

agterstallig is

Getroue bydraers

Julie 1 146 **(1 780)

389 33,94%

116 10,12%

123 10,74%

518 45,20%

Aug 1 150 **(1 783)

392 34,09%

111 9,65%

122 10,61%

525 45,65

Sept 1 149 ** (1 793)

389 33,86%

108 9,40%

135 11,75%

517 45%

Okt 1 148 **(1 798)

389 33,89%

108 9,41%

130 11,32%

521 45,38%

*Bydraepunt = Getroude man en vrou = 1 bydraepunt Belydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt

** Ramings betaalbaar aan Administratiewe Buro te Potchefstroom (Gaan kyk na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir volledige inligting oor ramings)

Page 7: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

7

Hou asseblief in gedagte dat die gemeente, bo en behalwe die daaglikse bedryfkostes, ook verantwoordelik is vir die betaling van verpligte ramings aan ons breër kerkverband wat tans ongeveer R70 per belydende lidmaat (ongeag die ouderdom) per maand beloop en wat maandeliks oorbetaal moet word. Dus kan u aflei dat, as elke belydende lidmaat ʼn minimum van R70 per maand betaal, die kerkraad u nie daarvoor hoef te “subsidieer” nie. Gee gereeld en gee die eerste van die oes: Ware Christene deins nie terug van die lang gevestigde beginsel dat ons tiendes vir die Here moet afsonder nie. (In hierdie en opvolgende Maand-Krante sal ons hierdie beginsel ook herbevestig uit die Bybel deur aanhalings vir julle te publiseer.) Moenie wag om te sien wat oorbly nie, sit eerste jou dankoffer weg, en kom dan jou ander verpligtinge na, volgens: 1 Kor 16:1-2 Wat die kollekte vir die gelowiges in Jerusalem betref, moet julle ook maak soos ek dit in die gemeentes van Galasië gereël het. Elke Sondag moet elkeen van julle na sy vermoë tuis iets opsy sit en dit opspaar, sodat die geldinsameling nie eers plaasvind as ek kom nie. Spreuke 3:9-10 Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.

MANIERE VAN AFDRA VAN DANKOFFER Direkte inbetaling op kerk se bankrekening per internetbankdiens of per aftrekorder by jou eie bank.

Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme inbetaling.)

Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas kontant/tjek in `n koevert in die bydraekassie in die voorportaal of doen ‘n elektroniese oorbetaling in kerk se bankrekening.

Debietorder: Reël met kerkkantoor by [email protected] of volg hierdie skakel vir vorm http://www.wapadrant.co.za/finansieumlle-sake.html

Nog ʼn manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal Snapscan – Vir gerieflike en vinnige betaling Gaan na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir instruksies.

Gemeente se finansiële uitdagings vir 2017 en daarna

Ons wat met die kerk se finansies werk wil eerstens erkenning gee, want ons is terdeë bewus gemaak

van God se genade en beheer oor ons daaglikse versorging, veral in die kerk, oor die laaste tyd. Ons

moes in skaamte erken dat ons elke jaar baie benoud was oor die finansiële beplanning van elke jaar en

tog kon ons met dankbaarheid elke keer terugkyk en die hand van die Here sien in die finale uitkomste

daarvan. Dit het die basis gevorm by die opstel van die 2017-begroting en gevolglike motiverings en

Page 8: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

8

moet deurentyd in hierdie berig ook in ag geneem word, alhoewel daar vanuit menslike ingrype baie

streng finansiële dissipline gehandhaaf is met die beheer en bestuur daarvan (soos gesien kan word by

die uitgawe-kant in die grafiek hieronder).

Ons almal is bewus van die Suid-Afrikaanse ekonomie wat swaar trek, ons sien dit immers in die kerk se

finansies ook. Veral aan die inkomste-kant het ‘n afplatting plaasgevind vanaf 2013 en kan uit die grafiek

hieronder afgelei word dat die gemiddelde groei oor die laaste 4 jaar net 1.8% (ongeveer R200 000)

was. Die syfers is R9 541 451 in 2013 tot R9 798 974 in 2015, met ‘n projeksie van R9 367 270 in 2016.

Enigiemand wat dus weet dat die gemiddelde inflasiekoers oor die laaste 4 jaar in SA ongeveer 5% per

jaar was, sal besef dat dit dus vir geen organisasie (kerke ingesluit) volhoubaar kan wees oor die

langtermyn nie, sonder dat daar drastiese stappe geneem word nie. Ons kan alreeds getuig dat die

inkortings wat oor die laaste 4 jaar gedoen is sodat die uitgawes nie te veel eskaleer nie, sekere

bedieninge genoodsaak het om af te skaal.

Die Finansies-diensgroep en die Bestuursdiensgroep wil egter van hierdie geleentheid gebruik maak om

d.m.v. ‘n baie deursigtige manier die situasie soos volg aan die gemeentelede bekend te maak:

Nadat die proses van insameling van die inligting oor die finansiële behoeftes / beplanning by al die

betrokke groeperinge voltooi is, en nadat daar onderling onderhandel en beredeneer is by die

Bestuursdiensgroep (BDG) se vergadering, is daar ‘n geprojekteerde TEKORT van R1 050 025 op

die 2017 Bedryfsbegroting (soos aangedui in die grafiek hierbo).

Page 9: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

9

Die BDG het dit egter so goedgekeur en aan die Raad van Ouderlinge (RvO) voorgelê met die wete, veronderstelling en motiverings soos volg:

1) ‘n Gedeelte van die kerk se finansiële beplanning moet oorgegee kan word in die hand van die Here en dat ons oortuig is dat die risiko wat ons neem, in geloof en vertroue gedoen word.

2) Dit word gedoen met die veronderstelling en op voorwaarde dat dit baie getrou gemonitor sal

word en indien die sake drastiese afwykings begin wys in 2017, onmiddellik daaroor gerapporteer

sal word aan die Dagbestuur.

3) Die verlede het ook uitgewys dat ‘n gemiddelde van 3% van die jaar se beplande uitgawe-

begroting nie spandeer word nie (dus ongeveer R360 000).

4) Die Diakonie het ‘n ekstra ongeveer R 500 000 begroot op hulle 2016-werklike-uitgawesyfers

omrede daar ‘n vermoede bestaan dat daar in die toekoms baie groter finansiële ondersteuning

binne en buite die gemeente benodig gaan word vir barmhartigheidsgevalle. Die beredenering

kom vanuit die agteruitgang van die SA-ekonomie en die invloed daarvan op ons samelewing.

5) Die RvO het besluit om vroeg in 2017 ‘n strategiese beplanningsgeleentheid te hou om die

toekomstige insette, wat ook gekoppel is aan die begroting en die prioritisering daarin, te bepaal.

6) Daar sal gepoog word om baie meer oor die stand van finansies en tekorte aan die gemeente te

kommunikeer en so ook die lidmate te probeer motiveer tot fondswerwingspogings en -aksies.

7) Die huidige surplus- /reserwefondse laat tans wel die gemeente se finansiële situasie gesond lyk.

Dit het jaarliks stelselmatig toegeneem tot ongeveer R 4m. (Hieruit sou ‘n tekort aan die einde van

elke jaar op die korttermyn gedeeltelik befonds kon word, om so ‘n aanvaarbare risiko te dek.)

As deel van die proses om deursigtig te wees en ook begrip onder die lidmate te skep, is besluit om die elemente van die begroting op te som en ‘n persentasie van die totale begroting daaraan te koppel. Dit lyk soos volg (dit behoort ook uit te wys waarvoor alles geld benodig word om Wapadrant-gemeente en al die bedieninge tans daar te stel):

INKOMSTE

ITEM % van die

begroting

ITEM

% van die

begroting

Bydraes 87.6% Verkopings 0.3%

Liefdegawes 8.0% Bywoningsgeld 0.2%

Huur ontvang - Fasiliteite 0.7% ETI 0.1%

Advertensies Diverse

Skenkings 1.3% Rente ontvang 2.0%

Funksies / Fondsinsameling

Page 10: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

10

UITGAWES

ITEM % van die begroting

ITEM

% van die begroting

Personeel-salarisse en

verwante uitgawes 49.5%

Instandhouding - Meubels

Sinodale ramings aan die

kerkverband 12.7%

Instandhouding -

Rekenaartoerusting 0.1%

Honorarium 1.7% Instandhouding - Terrein 0.6%

Vergoedingkommisaris 0.1% Instandhouding - Paaie & Plaveisel

Professionele dienste 1.1% Instandhouding - Voertuie 0.1%

Reis en verblyf 0.1% Brandstof - Voertuie 0.3%

Telefoon en faks 0.8% Verversings 0.4%

SMS'e 0.1% Onthaal 0.0%

Webwerf & internet-forums Funksies en byeenkomste 1.2%

Internet-toegang 0.1% Kampe en uitstappies 0.4%

Kursusse en seminare 0.3% Bladmusiek 0.0%

Toerusting en opleiding 0.1% Lisensiegelde 0.1%

Boeke en tydskrifte 0.2% Ledegeld 0.4%

Rekenaarsagteware 0.1% Sekuriteit - Alarms & monitering 0.3%

Drukwerk 1.0% Sekuriteit - Wagte 0.6%

Skryfbehoeftes 0.2% Versekering 0.8%

Taalversorging / Vertaling Skoonmaakmateriaal 0.0%

Hulpmiddels 0.6% Bemarking 0.8%

Elektrisiteit en water 1.4% Beurse en studiehulp

Vullisverwydering 0.0% Barmhartigheid - buite gemeente 2.0%

Brandbestryding 0.0% Barmhartigheid - eie gemeente 11.7%

Waardevermindering (Totaal) 2.9% Donasies en skenkings 5.5%

Instandhouding - Breekware 0.0% Geskenke 0.1%

Instandhouding - Geboue 0.2% Nagmaaluitgawes 0.1%

Instandhouding - Toerusting 0.0% Bankkoste 0.4%

Instandhouding -

Klanktoerusting 0.2%

Diverse uitgawes

Instandhouding - Digitaal 0.1% Rente betaal 0.0%

(Al die groot persentasies bo 5% is uitgelig)

Page 11: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

11

Ons uitdaging in 2017 gaan dus wees om op welke wyse ookal die inkomste te laat groei. Indien die

inkomste nie verhoog sou word nie en die uitgawes eskaleer wel soos in die begroting uiteengesit as ‘n

“Tekort”, en met die wete en vertroue dat dit volgens die wil van die Here is, is die diensgroepe versoek

om aan te dui watter effek dit op hulle uitvoering sou hê indien hulle ‘n verdere 10%-inkorting moes

maak. (Met die erkenning en wete dat dit nie altyd realisties sal wees om ‘n 10 %-inkorting te doen nie,

a.g.v. vaste kostes en prioriteite wat ook in ag geneem moet word.) Hier volg hulle reaksies:

ADMIN-DIENSGROEP

Besparingsmoontlikhede: (10% sal ‘n bedrag van ongeveer R200 000 beloop)

Geen salarisverhoging aan kerkkantoorpersoneel.

Permanente personeelposte sal dalk verminder moet word.

Afskaling in die drukwerkkostes: o Geen kleurpublikasies (GPS & Maand-Krant) o Verminder aantal Maand-Krante wat gedruk word per maand of versprei net digitaal. o Gee Maand-Krant slegs kwartaalliks uit. o Geen agenda’s en notules vir vergaderings, kerkraadslede moet hul eie dokumente druk.

DIAKONIE

Besparingsmoontlikhede: (10% sal ‘n bedrag van ongeveer R200 716 beloop)

Kursusse: leierskap/mentorskap-ontwikkeling

Begrafnisse

Verversings (o.a. Sondag se koffie en tee)

Gemeentefunksies – meelewing, etes, feeste, kampe

Ontwikkeling: onder andere by die Jeug

Bemarking en reklame

Ander projekte en onvoorsiene hulpverlening binne en buite die gemeente. EREDIENS-DIENSGROEP

Besparingsmoontlikhede: (10% sal ‘n bedrag van ongeveer R40 000 beloop)

By die kapitaalbegroting. 'n Inkorting van 10% sal beteken dat ons die toerusting-opgraderingsprojekte moet kelder.

Inkorting op die honorariums sal beteken dat die musikante en ander ondersteuningspersoneel nie vergoed kan word nie.

Moontlik afskaal op die orkes tydens eredienste.

JEUGDIENSGROEP

Besparingsmoontlikhede: (10% sal ‘n bedrag van ongeveer R40 000 beloop)

Ons sou dan op kampe en hulpmiddels moet sny. o Uitreik na Ficksburg asook Riviertoer. o Hulpmiddels is van kritieke belang vir die funksionering van kleingroepbyeenkomste op Sondae.

KLEINGROEPE-DIENSGROEP

Besparingsmoontlikhede: (10% sal ‘n bedrag van ongeveer R18 000 beloop)

Page 12: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

12

Hierdie diensgroep het vanaf die 2016-begroting tot die 2017-begroting reeds ‘n bedrag van ongeveer R60 000 (35%) ingekort, hoofsaaklik besparings op personeelkostes. Enige verdere inkorting sal hierdie diensgroep bring by ‘n punt om dienste te moet staak, of so af te skaal dat die mandaat nie meer bereik sal kan word nie.

PASTORALE DIENSSENTRUM

Besparingsmoontlikhede: (10% sal ‘n bedrag van ongeveer R20 000 beloop)

Inkorting by professionele dienste (pastorale beraders). Dit is na ons mening baie onwenslik

aangesien die pastorale werk ‘n voorkeur-bearbeiding behoort te wees. ‘n Besnoeiing van 10% sal

die pastorale werk baie nadelig raak aangesien hierdie werklike uitgawes is.

Die tendens die afgelope paar maande was ‘n toename in gevalle en die pastorale uitgawes sal

waarskynlik toeneem.

Die pastorale beraders het die afgelope paar jaar geen verhoging in hulle fooi vir professionele

dienste gelewer gehad nie. Geen verhoging is in die begroting ingereken nie en ‘n verhoging van

6% sou billik gewees het. Dit sal die begroting nog meer nadelig raak maar moet sterk oorweeg

word.

TERREIN- EN GEBOUE-DIENSGROEP

Besparingsmoontlikhede: (10% sal ‘n bedrag van ongeveer R70 000 beloop)

Inkorting sal moet plaasvind by

Sekuriteitswagte

Afskaling of minder tuinwerkers

Elektrisiteitsbesparings o Geen ligte brand na 23:00 op terrein o Besproeiing slegs 4 ure per week

UITREIKDIENSGROEP

Besparingsmoontlikhede: (10% sal ‘n bedrag van ongeveer R100 000 beloop)

‘n Moontlike 10% inkorting op die 2017-begroting van die Uitreikdiensgroep sal die volgende beïnvloed:

1. Burundi Mission College NPO 2. Training of Pastors in Africa NPO (TOPIA) 3. Kruik Kulturele Bediening NPO (KRUIK)

o Ondersteuning aan ds. Petrus (Sloet) Grové o Uitreikaksie na Ficksburg

4. SunRise Road NPO 5. Sendingkantoor

o STUUR MEI-bemarkingsveldtog o Ondersteuning van Rainbow Christian Church

6. Ander opmerkings: 6.1 Al die NPO’s en uitreikprojekte doen reeds geldsamelingsprojekte om tekorte te ondervang, met dieselfde gewillige lede oor en oor. 6.2 Daar is uitreikprojekte wat reeds voortgaan sonder enige bydrae vanaf die kerkkas, wat deur

kleingroepe gefinansier word, soos Cyferskuyl, Neem-en-Deel, Mukhanyo ens. 6.3 Druk word reeds ervaar a.g.v. langtermyn-donateurs wat gedeeltelik of in geheel begin onttrek

het by al die uitreik-inisiatiewe gedurende 2016.

Page 13: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

13

6.4 Die Uitreikdiensgroep het al die begrotings geherevalueer en kom tot die gevolgtrekking dat daar nie ruimte vir besnoeiing is nie, tensy een of meer van die uitreikinisiatiewe in geheel gestaak word.

BEDIENAARS

Besparingsmoontlikhede: (10% sal ‘n bedrag van ongeveer R380 000 beloop)

‘n Inkorting van 10% sou nie hier moontlik wees nie, want ‘n groot besparing kan slegs by die salarisaanpassing gedoen word van 6% vir al die bedienaars.

Enige verdere inkorting sou moes geskied op begrotingsposte soos reiskoste-toelaes, telefoon, kursusse en seminare, funksies en byeenkomste, kampe en uitstappies.

>>>>>>>>

KOEKIES VIR KERSFEES!! Die Gereformeerde Kerk Kameeldrift bak koekies ten bate van spesiale skole, skole vir gestremdes en voedingsprojekte. Die koekies is reeds beskikbaar met die oog op die Desember-vakansie. Elke pak het die volgende verskeidenheid in: koffiekoekies, vlakoekies, sjokoladekoekies, gemmerkoekies, klapperkoekies en soetkoekies. Die koste is R90 per kg en halwe pakke @ R47. U kan bestellings plaas by Susan Fourie by 082 324 9399 of per epos: [email protected] solank voorraad hou. Internetbetalings: ABSA Susters Geref Kerk Kameeldrif Rekno: 1430810088 Verwysing: koekies en u van en voorletter (bv Koekies S. Coetzee) Ons kan reël dat dit by u gemeente afgelewer word, indien daar ‘n klompie bestellings is. Dankie dat u ons liefdadigheidsprojek ondersteun Kameeldrift-Doppers

@@@@@@

FIETSINSAMELING

Vir meeste van ons is ons kinderdae verweef met vroeg oggend fiets ry skool toe, pap wiele regmaak, tennisballe in die speke, kettings olie en nerwe stukkend val.... Ons is in ʼn bevoorregte posisie dat meeste van ons kinders ʼn paar fietse gaan besit voordat hulle 18 is. Sodra hulle te groot

raak, kry hulle ʼn nuwe fiets, en die oue lê en roes. Ons kleingroep wil dit verander. In kort, bring jou ou fiets vir ons kleingroep. Ons maak dit reg en skenk dit aan iemand wat dit weer kan gebruik. In ons eerste ronde het ons 21 fietse ontvang en reggemaak. Ds. Petrus Grové se skool het reeds ‘n besending fietse ontvang.

Dankie aan almal se bydraes tot nou toe, kyk uit vir

Page 14: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

14

ons volgende ronde. Kontak die kerkkantoor (012 991 1395) of skakel: Elna Verhoef – 083 656 7588 Louise Welgens – 082 687 7805 Ons glo daar is duisende fietse wat nog wag vir nuwe eienaars..... soos ons sê, eerder vergaan van slytasie as roes!!

^^^^^^^^^^

KOM DINK EN PRAAT SAAM OOR HOE WETENSKAP EN GELOOF VANDAG OOR DIE WEG KOM In Januarie 2017 begin daar weer ‘n leesgroep wat die volgende boek van Alister McGrath, ‘n Britse teoloog, gaan bespreek:

The Big Question – Why we can't stop talking about science, faith and God

Jy hoef geen wetenskaplike of akademiese agtergrond te hê nie – slegs belangstelling. Almal welkom.

Kontak Jaco Kruger ([email protected]) vir meer inligting oor die gespreksgroep en waar om die boek in die hande te kry.

^^^^^^^^

KALENDER 2017 Wapadrant se 2017 kalender is beskikbaar by http://www.wapadrant.co.za/kalender.html Die gedrukte kalender sal ongeveer middel Desember in die voorportaal van die kerk beskikbaar wees.

$$$$$$$

DOPPER-DAGBOEK Om die behoefte van eie-identiteit en historiese bewussyn aan te spreek stel ons ‘n nuwe publikasie bekend, getiteld “My Dopper-dagboek” deur MC van Rooyen en Hannes Noeth. Die boek is beskikbaar by Boekenhout 012 332 3227 (uitbreiding 134). Die koste is R100 per boek plus posgeld of beskikbaar by ICO-kantore 012 332 0336 of by [email protected]. In hierdie boek kry u ‘n dag-tot-dag-gebeurtenis in die geskiedenis van die Gereformeerde Kerke. Op hierdie wyse leer u dag-vir-dag God se pad met ons kerke. Dopper-geskiedenis om te sê “ons onthou”.

%%%%%%

Hekel- en breiblokkies!! Teen einde November het ons al 2 226 blokkies ontvang! Handig asseblief teen einde Januarie 2017 alle blokke in wat klaar is. Ons wil solank die blokke in kleure sorteer. Teen Februarie gaan ons vra vir hulp om die blokke aan mekaar te werk. Hekel en brei lekker die vakansie! Baie dankie vir almal wat so fluks aan die projek werk, dit word opreg waardeer. Vrede en liefde vir die Feesgety. Liefdegroete, Hetta (082 594 5885)

Page 15: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

15

Kleingroep G004 se inisiatief Kontak Danie Burger (Kleingroepleier vir enige navrae en inligting by 0825558351) Ons wil graag Peas in a Pod aan Wapadrant-gemeente bekendstel. Peas in a Pod is 'n projek van Urbanvest Foundation, gestig deur dr. Annali

Swanepoel as 'n regspersoon en as 'n hawe vir haar liefdadigheidsprojekte. Nadat dr. Annali as pastorale berader by ABBO onder dr. Vorster Combrink gekwalifiseer het, het haar liefdadigheidswerk begin fokus op die berading van slagoffers van seksuele misdaad. Dr. Annali moes 'n 'tuiste' vir die slagoffers vind en 'n huis in Sunnyside, op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Francis Baardstraat (voorheen Schoemanstraat) is aan haar geskenk (foto regs.) Tans geniet Peas in a Pod dubbele status – dit is 'n Plek van Veiligheid vir onmiddellike heenkome by die verwydering van kinders uit hul ouerhuise sowel as 'n CYCC, 'n sogenaamde Child and Youth Care-fasiliteit, waar kinders op 'n permanente basis geplaas kan word. Oor die afgelope 6½ jaar is daar aan meer as 50 kinders 'n veilige heenkome gebied by PiaP.

Peas in a Pod ontvang egter slegs R660 per maand van die Departement van Sosiale Ontwikkeling en enkele borge, waaronder Kleingroep G004, probeer om maandeliks die finansiële las te verlig. Die grootste probleem bly egter tans die ligging van die huis. 'n Verskuiwing van die kinders sal so gou as moontlik moet plaasvind; die vraag is net waarheen en waar die geld vandaan gaan kom vir die aankoop van 'n nuwe woonplek? Die registrasie van 'n kinderhuis hang af van die standhoudendheid van die adres. Kinderhuise word nie geregistreer op persele wat gehuur word nie. Die pad wat G004 sedert Augustus geloop het om die tehuis te verskuif, was baie moeisaam, vol uitdagings en besaai met struikelblokke. Nieteenstaande was daar vele instansies en mense wat ons planne met liefde en meelewing bejeën het, ten spyte van die uiteindelike mislukking. Die ligging van die huis was aanvanklik heeltemal geskik, maar ongelukkig is die huidige ligging nie meer die aangewese omgewing vir hierdie kinders nie. Op die hoek buite die hek, los dwelmslawe hulle inspuitingnaalde en die hoek word op gereelde basis gebruik as die kontakpunt tussen dwelmhandelaars en dwelmslawe. Die huis agter Peas in a Pod is van tyd tot tyd die plakplek vir hierdie dwelmslawe. Speelplek en ontspanning buite die huis is uiters beperk en selfs gevaarlik, met die gevolg dat die kinders feitlik deurentyd binnenshuis moet bly. Dit is glad nie ideaal vir hierdie kinders nie. Dit is kinders wat 'n groot behoefte het aan speelplek en plek om uiting te gee aan hul gevoelens. Tans gebeur dit by uitsondering dat kinders deur donateurs en vrywilligers besoek word, omdat die persepsie bestaan dat die huis in 'n gevaarlike omgewing geleë is, wat inderdaad die geval is. Ons kleingroep het verlede Sondag die kinders op die kerkterrein bederf met 'n braai en 'n geskenkie vir elkeen. Hulle het ook die erediens bygewoon. Ons is verryk deur hulle uitbundigheid, dankbaarheid, liefde en vreugde! Ontmoet die kinders en die bestuur van Peas in a Pod op die volgende drie bladsye:

Page 16: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

16

Laura (13 jr) en Ruby (16 jr) is twee susters wat op 12 Oktober 2016 by PiaP 'n heenkome gevind het. Hulle is op grond van mishandeling en ernstige verwaarlosing deur die hof na PiaP verwys.

Simone Bekker (7 jr) het op 1 Maart 2016 by PiaP aangekom. Sy is op 20 April 2009 gebore en haar pa is 'n paar jaar gelede oorlede a.g.v. kanker. Haar mamma kon ongelukkig nie langer na haar en haar sussie omsien nie a.g.v. geweldige armoede.

Amogelang Pete (16 jr) is op 14 Junie 2015 in die permanente sorg van PiaP geplaas omdat sy 'n weeskind is. Sy is op 23 September 2003 gebore en tans 'n leerling van Almaskool. Sy sal altyd in 'n bewaringsplek versorging moet ontvang en haar vriendelike geaardheid maak haar baie geliefd.

Sharon Ngwenya (15 jr) het op 4 Junie 2014 'n veilige tuiste by PiaP gevind (as 'n Place of Safety Child). Sy is op 5 Junie 2001 gebore en tans 'n leerling by Pretoria Secondary School. Toe sy later permanent na haar ouma geskuif moes word, het sy geweier om te gaan. Sy en die sosiale werkster het op grond van hierdie weiering in die kinderhof beland waar beslis is dat sy permanent by PiaP mag aanbly.

Links op die foto is Jacqueline Joachim (15 jr) en regs is haar sussie Leah Robinson (8 jr). Hulle verjaardae is onbekend. Hulle is in Mei 2016 by PiaP geplaas. Drie jaar gelede het hulle saam met hul ma uit Tanzanië in Suid-Afrika aangekom. Hulle ma het hulle as sekswerkers laat misbruik. Sy is tans in die gevangenis en hulle kon sedert hul aankoms in SA nog nie weer tot 'n skool toegelaat word nie omdat die Departement van Onderwys hul vorige skoolrapporte vereis, iets wat onmoontlik is om te bekom. Op die foto is hulle saam met Annah Molebatsi, een van hulle huismoeders by PiaP.

Natasha Makumana (7 jr) woon sedert 10 Maart 2016 by PiaP. Sy is op 13 November 2009 gebore. Sy gaan volgende jaar met skool begin by Laerskool Pretoria-Oos. Haar goeie Afr. is nogal opvallend. Sy is 'n stil dogtertjie en verskriklik netjies. Sy is deur haar biolgiese ma mishandel wat haar ook vir 4 weke in die hospitaal laat bly het.

Page 17: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

17

Jessica Bekker (11 jr) woon sedert 1 Maart 2016 by PiaP. Sy is op 29 November 2005 gebore. Sy en haar sussie is op versoek deur hul moeder by PiaP geplaas a.g.v. geweldige armoede. Sy is ook 'n leerling by Laerskool Pretoria-Oos en tans in Gr 4. Sy kla nooit en soek altyd die positiewe in 'n saak.

Mapule Pete (18 jr) arriveer op 8 Julie 2010 by PiaP. Sy is op 1 Desember 1998 gebore. Sy en Amogelang is susters. Mapule is in Pretoria Secondary School, Gr 10. Die twee sussies is weeskinders en het geen familie nie, daarom is hulle permanent geplaas by PiaP. Mapule het die potensiaal om 'n groot sukses van haar lewe te maak. Sy werk baie hard en presteer akademies baie goed. Sy is 'n vreugde vir almal om haar.

Justine Holloway (9 jr) het op 20 Oktober 2015 by PiaP kom woon. Sy is op 17 April 2007 gebore. Haar ma is oorlede toe sy drie jaar oud was en a.g.v. groot armoede kon haar pa nie verder na haar omsien nie. Sy is 'n leerling by Laerskool Pretoria-Oos, 'n liefdevolle en sensitiewe dogtertjie wat hou van skoolgaan.

Phemolo Mnisi (13 jr) kom na PiaP op 17 Februarie 2016. Sy is op 30 Mei 2003 gebore. Sy is in Oosteind Primary School. Sy en haar babasussie is deur hul ma verwerp. Die klein sussie word nou twee en is by 'n ander plek van veilige bewaring geplaas. Phemolo is 'n avontuurlike mensie en doen altyd haar bes om suksesvol te wees.

Megan Cupido (14 jr) kom na PiaP op 22 Julie 2016. Haar ma is 'n alkoholis en 'n saak van verkragting is teen haar stiefpa aanhangig gemaak. Haar ma het haar verwerp en sy het gekies om na PiaP te kom.

Die huis se bestuur word hanteer deur Annali Swanepoel terwyl die dag-tot-dag-versorging van die kinders en die interne administrasie deur drie huismoeders hanteer word. Dagbestuur van links na regs: Naomi (naweekhulp) Anna (voltydse huismoeder) Elsie (voltydse huismoeder) Lollie (voltydse huismoeder) Seugne (vrywillige hulp) Annali Swanepoel (Hoof Uitvoerende Beampte) Enige finansiële hulp en advies in hierdie verband sal verwelkom word. Die bankbesonderhede van Urbanvest is soos volg: Urbanvest Foundation, ABSA, Rekeningnommer 40728494341. Vir meer besonderhede, skakel Annali Swanepoel (082 789 2570)

Page 18: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

18

FONDSE VAN KOEKVERKOPING Ter inligting wil ons graag met die gemeente deel waarvoor die koekverkoping se fondse gedurende 2016 aangewend is:

1. Instandhouding van Hantie se elektriese rolstoel 2. Paul Jungnickel-tehuis 3. Danville-projek 4. Kaïros-gevangenisbediening 5. Rainbow Christian Church

Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende 2016 om dit vir kleingroep G028 moontlik te maak om hierdie fondse te kon aanwend.

Chrisante SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 / 082 6446 741 / [email protected]

PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300 5-11 DESEMBER 2016 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 12-18 DESEMBER 2016 Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498

Page 19: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

19

19-25 DESEMBER 2016 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 26 DESEMBER -1 JANUARIE 2017 Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498 2-8 JANUARIE 2017 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 9-15 JANUARIE 2017 Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498 16-22 JANUARIE 2017 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 23-29 JANUARIE 2017 Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498 LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400 Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869; Clara de Jonge: 083 609 9259 / 012 662 3822 WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100 28 NOVEMBER – 4 DESEMBER 2016 Marina v Wyk: 072 202 8250 / 803 0629 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264; Irma Kruger: 084 514 4842

5-11 DESEMBER 2016 Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (Woens/Vry)

12-18 DESEMBER 2016 Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Woens);

19-25 DESEMBER 2016 Marina v Wyk: 072 202 8250 / 803 0629 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264; Irma Kruger: 084 514 4842

26 DESEMBER – 1 JANUARIE 2017 Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (Woens/Vry)

2-8 JANUARIE 2017 Marina v Wyk: 072 202 8250 / 803 0629 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264; Irma Kruger: 084 514 4842

9-15 JANUARIE 2017 Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (Woens/Vry)

16-22 JANUARIE 2017 Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Woens);

Page 20: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

20

ADDISIONELE LEDE VIR WILGERS: André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 ANDER HOSPITALE: Peet en Lacia Vermeulen: 991-2122 / 082 336 8465 EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, MEDFORUM, ZUID-AFRIKAANS Ben Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANS-HOSPITAAL, JAKARANDA, UROLOGIE André Sandilands: 081 205 8669 KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964 ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL): Voster Combrink: 082 872 9725 SENIORS - TUISBESOEK: Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; MOOIGELEë: Carla Boer: 012 998 6575 / 083 739 2588 KANKERPASIëNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKE Matty Coetzee: 072 330 1545; Anet Hofmeyer: 072 5312 378

@@@@@@

Almal se mandjie

Voorsiening van gaar groente in houers: Gems, wortels, groenbone, blomkool, broccoli, spinasie, botterskorsies en patats. Alles gereed om in die mikrogolf te druk, warm te maak en te eet. R17.50 per houer. Kontak Sarel Venter vir bestellings en navrae by 083 710 8237.

Kroegyskassie en ‘n klein hangkassie gesoek: vir een van die sekuriteitswagte by die kerk. As jy een beskikbaar het, skakel asb die kerkkantoor by 012 991 1395.

Heinrich Neuhoff is nou deur die herstelproses na ‘n nieroorplanting in Februarie en gereed om te begin werk. Hy het ondervinding in konstruksie en as verkoopsverteenwoordiger of enige iets waarmee hy kan help. Kontak hom by 083 251 8415.

Nightingale-projek: Afgetrede verpleegkundiges gesoek wat bereid is om verpleegsters te leer om goeie basiese sorg te lewer. Daar is ‘n finansiële vergoeding met ure soos dit u pas, u moet by die SANC geregistreer wees. Life Wilgers Hospitaal. Kontak Anmarie Steyn by 082 562 2839 vir navrae.

Op soek die volgende items: Klein glasbotteltjies met digte proppe, afval lap, enige wol en hekelgaring. Kontak Marie van der Merwe by 071 111 5832.

Te koop: koeksisters @ R25 per dosyn en vleisrolletjies R40 per dosyn. Kontak Sannetjie de Klerk vir navrae en bestellings by 076 203 0237. Lus vir vakansie by die see: Ken en Erina (du Plooy) Bain is op soek na iemand in Pretoria-Oos wat hul huis wil uitruil vir 3 maande (middel Februarie tot middel Mei 2017) vir verblyf in Outeniquastrand naby Glentana, tussen Groot-Brakrivier en George, Suid-Kaap. Dit is ‘n lekker leefhuis stapafstand van die see en 10 min van George- lughawe. Kontak Erina asb na 20:00 saans by 044 879 0233 / 082 928 1328.

Page 21: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

21

Te huur in The Wilds-landgoed - 3 slk simplekshuis. 2 bdk, sitkamer, aparte eetkamer, kombuis, D/M, patio met ingeboude braai. Tuin. Klubhuis, tennis, muurbalbane, groot swembad. 24 uur sekuriteit. Naby Pta-Oos-hospitaal, N1- & N4-snelweë. Onmiddellik beskikbaar. Prys R11 800 pm. Kontak Magda by 072 510 6531/Estelle by 072 785 3935. Te huur naby The Grove Pretoria-Oos: 1 slk woonstel op 3e vloer. Oopplan-sitkamer-kombuis. Motorafdak. Kinderspeelarea, swembad, lapa en braaigeriewe. 24 uur-sekuriteit. Okkupasie onmiddellik. Huur R4 200 pm. Kontak Magda by 072 510 6531 of Estelle by 072 785 3935 (agente).

FONDSE VIR DANVILLE Kleingroep G015 is baie dankbaar teenoor die Here vir al die goedere en fondse wat ontvang is. Dit is vir

die Desember-vakansie vir 105 gesinne in Danville omdat die sopkombuis vir hierdie tydperk gesluit is.

Dit stel ons in staat om 525kg mieliemeel, 105kg pasta, 105kg rys, 250kg suiker, 250kg koekmeel, baie

sout en ‘n klomp ander produkte aan te koop. So gebruik die Here ook Wapadrant gemeente in hierdie

area.

Nogmaals baie dankie

*********

Beroepe

Beroepe ontvang Dr A J Coetzee van Uitschot na die Teologiese Skool Potsch as professor in Ou Testament.

Proponent JG Ehlers (Jan) na Meyerton.

Proponent JG Ehlers (Jan) na Piet Retief.

Dr JA Erasmus (Jannie) van Odendaalsrus na Okahandja.

Proponent LM Floor (Marcel) na Sasolburg.

Beroepe aanvaar Proponent W (Werner) Brotherton na Vryheid.

Dr G van Wyk (Griffel) van Vanderbijlpark Trinitas na Rustenburg.

Dr AJ Coetsee (Albert) van Uitschot na die Teologiese Skool Potchefstroom as professor in Ou Testament

Ds G J Erasmus (Gert) van Komatipoort na Meyerton.

Attestate

Attestate/Bewys van Lidmaatskap ontvang van: Geref Bethlehem: Andries Burger; Estherstraat 705 Geref Die Bult: Anri Wegner; Coloradoweg 406 Geref Die Bult: Benette Rautenbach; Kareepark 8A Geref Rietvallei: Jan Jurie & Marthie Wessels; Pieringstraat 660, Elarduspark Geref Evangelies Pretoria Tuine: Matthys Jakobus & Sara Elizabeth Gerber; Mastiffstraat 897 Evangelies-Lutherse Kerk Phillipi: Esté Irma Olivier; Estherstraat 705 NG Hartbeesspruit: Shane de Lange; Mooiplaas 1 Berendina Swanepoel; Naudestaat 663, Wonderboom-Suid

Attestate aangevra: Amanda Bruger Lawrence Ronnie Kruger

Page 22: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

22

Geloftefees, Vrydag 16 Desember 2016

08:55 tot 12:00 Gereformeerde Geloftefees Noordelike Pretoria by die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort Genl. Beyersstraat 256, Pretoria-Noord. Program 08:55 Erediens gelei deur Dr. Attie Bogaards. 10:30 Geloftefees-vertellingsprogram begin met samesang van Psalms, volks- en vaderlands-liedere onder die bome. As dit reën in die saal. 11:10 Historiese vertelling aan die opkomende geslagte, soos wat ons in die Gelofte belowe om te doen. Vanjaar is ons bevoorreg dat ds. Slabbert Le Cornu aan ons hierdie Gelofte-geskiedenis gaan vertel. 12:00 Afsluiting. 12:15 Piekniekete (Bring-en-deel met mede-feesgangers) op die kerkterrein. Navrae: 082 670 1961

Page 23: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

23

BEST BUILD (PTY) LTD

NHBRC geregistreer

Nuwe huise

Motorhuise

Grensmure

Badkamers

Waterdigting

Verf

Teels

Plafonne

Aanbouings

GRATIS KWOTASIES Adriaan Smit - 083 457 4301

Page 24: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

24

Page 25: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

25

Page 26: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

26

Page 27: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

27

Page 28: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

28

Page 29: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

29

Page 30: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

30

Page 31: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

31

Page 32: Maand-Krant - WAPADRANT V2.0

32