maandkrant nov 2016 - wapadrantdie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die...

24
1 Maand-Krant NOVEMBER 2016 Hierdie Maand-Krant asook vorige Maand-Krante is beskikbaar op die webblad by http://www.wapadrant.co.za/maand-krant Laat jou kinders uit hul foute leer Uit E-kerk Elektroniese Nuusbrief – 10 Oktober 2016 (deur Helena Smith) Deesdae hoor 'n mens baie van die term, "helikopter-ouers." Dit is ouers wat op 'n ekstreme wyse betrokke is by hulle kind en eintlik elke aspek van die kind se lewe wil hanteer. Helikopter-ouers se kinders is soos spoggerige meubelstukke wat blink gepoleer is, net reg vir uitstalling. Sulke ouers wil graag namens hulle kinders besluite neem om te verhoed dat hulle kinders hul koppe stamp. Of hierdie ouers wil nadat 'n fout begaan is, die gevolge van die fout vir hulle kinders dra. Ons as ouers moet besef dat ons kinders in die eerste plek God se kinders is. Dit is 'n voorreg wat God aan ons gee om kinders groot te maak. Jou voorbeeld en jou optrede moet jou kind na die Here lei. Billy Graham sê die volgende: “God gave our children to us - but we sometimes forget why He did so. The reason is simple. He entrusted them to us so we could train them and prepare them to be an adult, to be out on their own someday”. Myns insiens is die grootste guns wat jy aan jou kind kan doen, om hom te leer hoe om die storms van die lewe te hanteer, hoe om sy eie sambreel oop te maak as hy die eerste druppels van die storm sien val. Dit is 'n feit dat geen kind volmaak is nie en dat hy/sy beslis foute sal begaan en verkeerde keuses sal maak. Dis daardie tyd wat jy as ouer in jou hande wil huil, want jy wil nie hê dat jou kind sy kop stamp nie. Dit is baie belangrik dat ouers besef dat 'n kind leer deur foute te maak. Ouers moet nooit die gevolge van die foute dra nie. Die kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende waar woorde gesê: “Good parenting is doing the right thing when a child does the wrong thing”. Dit beteken nie jy moet onsimpatiek wees en vir jou kind sê, “Ek het jou mos gesê”, nie. Wees onvoorwaardelik lief vir jou kind in 'n tyd van mislukkings. Luister, gee raad en help jou kind om uit sy foute te leer. So leer jy as ouer jou kinders dat foute 'n positiewe leerproses kan wees. Op dié manier kan daar ook 'n verdieping in die verhouding tussen jou en jou kind wees.

Upload: others

Post on 26-Sep-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

1

Maand-Krant

NOVEMBER 2016

Hierdie Maand-Krant asook vorige Maand-Krante is beskikbaar op die webblad by http://www.wapadrant.co.za/maand-krant

Laat jou kinders uit hul foute leer Uit E-kerk Elektroniese Nuusbrief – 10 Oktober 2016 (deur Helena Smith) Deesdae hoor 'n mens baie van die term, "helikopter-ouers." Dit is ouers wat op 'n ekstreme wyse betrokke is by hulle kind en eintlik elke aspek van die kind se lewe wil hanteer. Helikopter-ouers se kinders is soos spoggerige meubelstukke wat blink gepoleer is, net reg vir uitstalling. Sulke ouers wil graag namens hulle kinders besluite neem om te verhoed dat hulle kinders hul koppe stamp. Of hierdie ouers wil nadat 'n fout begaan is, die gevolge van die fout vir hulle kinders dra. Ons as ouers moet besef dat ons kinders in die eerste plek God se kinders is. Dit is 'n voorreg wat God aan ons gee om kinders groot te maak. Jou voorbeeld en jou optrede moet jou kind na die Here lei. Billy Graham sê die volgende: “God gave our children to us - but we sometimes forget why He did so. The reason is simple. He entrusted them to us so we could train them and prepare them to be an adult, to be out on their own someday”. Myns insiens is die grootste guns wat jy aan jou kind kan doen, om hom te leer hoe om die storms van die lewe te hanteer, hoe om sy eie sambreel oop te maak as hy die eerste druppels van die storm sien val. Dit is 'n feit dat geen kind volmaak is nie en dat hy/sy beslis foute sal begaan en verkeerde keuses sal maak. Dis daardie tyd wat jy as ouer in jou hande wil huil, want jy wil nie hê dat jou kind sy kop stamp nie. Dit is baie belangrik dat ouers besef dat 'n kind leer deur foute te maak. Ouers moet nooit die gevolge van die foute dra nie. Die kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende waar woorde gesê: “Good parenting is doing the right thing when a child does the wrong thing”. Dit beteken nie jy moet onsimpatiek wees en vir jou kind sê, “Ek het jou mos gesê”, nie. Wees onvoorwaardelik lief vir jou kind in 'n tyd van mislukkings. Luister, gee raad en help jou kind om uit sy foute te leer. So leer jy as ouer jou kinders dat foute 'n positiewe leerproses kan wees. Op dié manier kan daar ook 'n verdieping in die verhouding tussen jou en jou kind wees.

Page 2: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

2

.

BURUNDI MISSION NPO BURUNDI MISSION NPO BURUNDI MISSION NPO BURUNDI MISSION NPO ---- Leaders sharpen their skillsLeaders sharpen their skillsLeaders sharpen their skillsLeaders sharpen their skills What do Veritas African leaders do when they spend 5 days together? For most of their meeting time, they do in depth

Bible interpretation and apply the message to their own lives, ministries

and contexts in which they minister.

Top row: Ruben Safari (Burundi: Ivan Gahiire (Uganda), Lackson Anthony

(Mozambique), Anton van Schalkwyk (SSA), Victor Kaimfa (Malawi), David de Wet

(SSA), Kennedy Gondwe (Malawi), Godfrey Ntale (Uganda), Wycliffe Mbuya (DRC),

Ivan Skinner (SSA Director)

Middle row: Davidson Chifungo (Malawi), Martin Etter (Malawi), Gert Lubbe

(Namibia), Riaan Terblanche (Mozambique), Saretha Terblanche (Mozambique),

Felia Kamtokoma (Malawi), Jeanette Lubbe (Namibia), Jane Bwalya (Zambia), Julia

Etter (Malawi)

Front row: Frederick Bwalya (Zambia), Nkhata Benson (Zambia), Jean Nzika (DRC)

Veritas leaders from 8 different countries in sub-Saharan Africa (SSA) recently met in Zambia to evaluate the

training in their countries and to plan for the future. The training is mainly run by more than 500 volunteers

equipping approximately 7000 leaders in 13 countries in the region. The role of the staff is to train these

volunteer facilitators and support them as they train others in their own and neighbouring churches. In this way

the training follows a model of multiplication.

When the leaders worked through the book of 1 Timothy, they sharpened each other’s skills as part of the

Veritas process of continual staff development. This in turn will help them improve the skills of the volunteer

facilitators.

A precious ministry Spending time in the Word once again made it clear that God has given Veritas College a precious ministry to

serve and equip the local church for its calling in the world. This ministry makes the interpretation of Scripture

accessible to believers from all walks of life, with different education levels and from different cultures. It is run

in various settings – from the buildings of mega churches to dry river beds in remote areas of the African

continent. Veritas helps participants to live out their calling and make a difference in their families and

communities. But in all of this the leaders realised that it is not about Veritas College, as 1 Cor 3:7 reminds us –

“So neither the one who plants nor the one who waters is anything, but only God, who makes things grow.”

July report of Veritas 1. Activies report from April to June.

The month of April: - Activities report and financial report were prepared and sent.

-Activities plan for the whole year (from May 2016 to June 2017) was written and sent.

-Consultation meeting of Veritas in Zambia (from 22nd

to 29th

April 2016).

The month of May: - Invitation to visit South Africa and the preparation of the trip.

- Visit to South Africa from 12th

May to 1st of June:

Page 3: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

3

a. I attended many meetings organized by Wapadrant Church.

b. I visited various churches during my stay in Pretoria and in Potchefstroom.

c. I made some individual contacts with people.

The month of June: - The struggle of collecting training books from the port of Bujumbura.

- Mobilisation for teaching and books distribution in Bujumbura.

- Mobilisation for teaching and books distribution at Magara at 50kms from Bujumbura.

- Mobilisation for teaching and books distribution in Gitega at 100kms from Bujumbura.

- Module 2 training for trainers in Bubanza from 20th to 22nd

of June.

The new start of Module 1: In Gitega:

1. Niyonizigiye Liberate : 25/06/2016 with 5 participants.

2. Sindaharaye Nestor : 25/06/2016 with 3 participants.

In Bujumbura: 1. Mbonihankuye Ezechiel: 21/06/2016 with 6 participants.

2. Nahimana Evode: 21/06/2016 with 3 participants.

3. Hakizimana Jacques: 21/06/2016 with 4 participants.

4. Barampiga Pascal: 21/06/2016 with 3 participants.

5. Irambona Etienne: 21/06/2016 with 4 participants.

6. Ndimumuryango Severin: 21/06/2016 with 4 participants.

7. Nsengiyumva Isaac: 21/06/2016 with 2 participants.

8. Ntacorigira Beatrice: 21/06/2016 with 2 participants.

9. Nkunzimana Francine: 10/06/2016 with 2 participants.

The new start of Module 2: In Gatumba

1. Ngendangenzwa Aaron: 14/06/2016 with 10 participants.

In Bujumbura: 1. Mbonihankuye Ezechiel: 22/06/2016 with 13 participants.

2. Ndikumana Pascal:28/06/2016 with 10 participants.

The new starts of Module 4: In Gatumba:

1. Safari Ruben: 28/06/2016 with 5 participants.

In Bujumbura: 1. Safari Ruben: 30/06/2016 (two days per week are used for the training) with 15 participants.

NB: - No new starts of Module 3 because books of that module were not sent to us.

- The four following trainers are busy with their Module 1 training:

1. Ndikumana Pascal (Bujumbura) with 10 participants

2. Hakizimana Claude Lambert (Kayanza) with 2 participants

3. Niragira Jean Claude (Bujumbura) with 4 participants

4. Ntamatungiro Aaron (Bubanza) with 2 participants

-The following one is busy with Module 2 training: Havyarimana Serges (Muyinga) with 2 participants

2. The financial report

April: Rent: 100.000fbu

May: Rent: 100.000fbu

Page 4: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

4

June: - Books collected from the port: 138.000fbu

- Communication: 32.000fbu

- Books taken to Magara: 100kms X 250 =25.000fbu

- Books taken to Gitega: 78000fbu

- The car service: 50.0000fbu

- 2 days of training in Gatumba: 36000fbu

- 1 day training in Bujumbura: 20.000fbu

- 3 days of training for trainers in Module 2 in Bubanza: 97.200fbu

- Rent: 100.000fbu

The cost for June is: 576.200fbu

The general cost is: 576.200fbu +200.000fbu =776.200fbu

The balance of my last report was 473USD + 200 USD received with the salaries of May and June = 673USD.

1USD= 2100frbu

The general cost in dollars is: 776.200fbu: 2100 = 370USD

The balance after the current report is: 673 USD – 370 USD = 303 USD

Safari RubenSafari RubenSafari RubenSafari Ruben Coordinator of Veritas College in Burundi

BURUNDI MISSION NPO BURUNDI MISSION NPO BURUNDI MISSION NPO BURUNDI MISSION NPO –––– Opleiding OpsommingOpleiding OpsommingOpleiding OpsommingOpleiding Opsomming 1 August 2015 1 August 2015 1 August 2015 1 August 2015 –––– 30 June 201630 June 201630 June 201630 June 2016

Page 5: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

5

Uitreikverslag: SunRise TraumaUitreikverslag: SunRise TraumaUitreikverslag: SunRise TraumaUitreikverslag: SunRise Trauma----oooondersteuningndersteuningndersteuningndersteuning----

sentrumsentrumsentrumsentrum Dit is met dankbare en opgewonde harte dat die Uitreikdiensgroep kan terugrapporteer aan Wapadrant- gemeente oor die positiewe impak van die gemeente se SunRise Trauma-ondersteuningsentrum by Garsfrontein Polisiestasie. Mense in die gemeente en uit die gemeenskap getuig met lof oor die wonderlike invloed en suksesse van die sentrum. Dankie aan Collette Nienaber en die wonderlike groep vrywilligers van die sentrum vir die ywer waarmee hulle die onbaatsugtige werk doen en vir hul uitleef van Gen 12:2. Hiermee ‘n kort uittreksel van Collette se verslag aan SunRise Road NPC: “Die hantering van dwelmverwante gevalle het skerp toegeneem oor die laaste 6 maande. Die hoeveelheid minderjariges betrokke het ook toegeneem. 'n Gebrek aan voldoende vaderlike ondersteuning en broodnodige leiding en korrekte ondersteuning, speel dikwels ‘n groot rol! Vennootskap is gevorm met 'n program van Ezekiel Huis Rehabilitasiesentrum genoem SNAP (Skool Narkotika bewusmakingsprogram), wat gemik is op ons jeug en dwelmmisbruik, maar ook met die fokus op sosiale uitdagings. Kommerwekkend is die feit dat aanmelding van kindermolesterings en -verkragting ook aansienlik toegeneem het oor die laaste 3 maande. Aangemelde gesinsgeweld het aansienlik gedaal. Die SAPD-stasiebevelvoerder is van mening dat dit die gevolg kan wees van doeltreffende bewusmakingsveldtogte en bemagtiging deur die Sentrum, verspreiding van pamflette en artikels, asook die volgehoue ondersteuning aan kliënte. Ons projek, in samewerking met die SAPD by Atterbury Value Mart, was 'n reusesukses en ons kon daardeur meer mense in die plaaslike gemeenskap bewus maak van die sentrum en die dienste wat ons aanbied. Verskeie kleuterskole in ons gemeenskap is besoek en bewustheid is geskep oor die privaatheid van jou liggaam, steel, afknouery, veiligheid van vuurwapens, die gevaar van vreemdes, ens. Ons verhouding met al die skole in ons omgewing is baie goed en ons werk saam om ons jeug meer bewus te maak van die gevare van dwelmmisbruik, sosiale media, afknouery (bullying), pornografie, ens. Die groot uitdaging bly om ons ouers te bemagtig en ‘op te lei’ om ondersteunend te kan wees in ‘n era waarin ons kinders baie meer uitdagings moet hanteer en ook om die regte voorbeeld daar te stel.” Collette Nienaber Bestuurder: Sunrise Trauma-ondersteuningsentrum [email protected] (012 770 7700)

Neem asseblief kennis dat die Uitreikdiensgroep tans besig is om te reël dat bogenoemde opleiding deur die Trauma-ondersteuningsentrum ook by Wapadrant-gemeente gedoen kan word, vir diegene wat belangstel!! Kontak my gerus hieroor! Ten einde hierdie sentrum suksesvol en volhoubaar te kan bedryf het SunRise Road NPC asseblief u finansiële ondersteuning dringend nodig. Kontak asseblief myself indien u finansieel kan help, of op enige ander manier betrokke wil raak. Baie dankie by voorbaat!

Page 6: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

6

Vakature: Musiekleier vir Straatkafee-erediens Wapadrant-gemeente ontvang graag aansoeke van persone met toepaslike kwalifikasies/vaardighede wat daarin belang stel om ‘n Musiekleierspos by die Straatkafee-erediens te beklee. By die Straatkafee- erediens word primêr gebruik gemaak van musiek in ‘n kontemporêre styl, en die erediens is informeel van aard. Aansoekers sal gekeur word op die volgende gronde: ‘n belydende Christen; liefde vir kerkmusiek; bewese ondervinding in die begeleiding van gemeentesang in ‘n kontemporêre styl (op klavier/keyboard); bewese vermoë om liedere te kies wat by die erediens as geheel inpas; vermoë om bladmusiek en volgstukke vir instrumentaliste en sangers voor te berei; bewese vermoë om leiding te gee by die vooraf inoefening van liedere deur instrumentaliste en voorsangers; ywer vir die taak en goeie kommunikasievaardighede. Daar sal ook van die suksesvolle aansoeker verwag word om ‘n sentrale rol te speel in die uitbreiding van die musiekbediening van die Straatkafee-erediens, en om die predikante met raad en leiding hieroor te bedien. Ander pligte, vergoeding en kontraktuele voorwaardes sal tydens die onderhoude onderhandel word. Nadere besonderhede is beskikbaar by die Voorsitter van die Erediens Diensgroep,Johan Vorster (083 766 8888) of die Registrateur, Gawie Jooste (012 991 8877). Belangstellendes moet hul aansoeke, vergesel van ‘n CV en verwysings, asseblief skriftelik indien vir die aandag van Die Registrateur (Gawie Jooste), per epos by [email protected], of by Posbus 1181, Garsfontein, 0042, of per faksnommer 086 524 0495. Die sluitingsdatum is 18 November 2016.

@@@@@

ENGELSE GEREFOR-MEERDE GEMEENTE

(Rainbow Christian Fellowship) wat ons

terrein deel hier by Wapadrant

Elke Sondag word daar met groot passie erediens gehou in die GROOT TENT hier op ons terrein. Die passievolle en geesvervulde predikant is ds. Malwande Mdonga wat sy proponentskap hier by ons gemeente in Wapadrant gedoen het. Hy is beroep deur New Life City Church (die ou GK Sunnyside- gemeente) met die doel van kerkplanting in Pretoria-Oos. Hy is deur God geroep en dit is sy passie om uit te reik na die armstes van die armes hier in ons omgewing en om die Woord van God aan hierdie mense te bring en hulle dan ook dissipels van Jesus Christus te maak. Eredienste word in Engels aangebied en musiek, lofprysing en aanbidding speel tesame met woordbediening ‘n baie belangrike rol in hierdie gemeente. Dissipelskapklasse word

gedurende die week deur Malwande aangebied en Evangelisasiegeleenthede word op ‘n baie gereelde basis geskep. Die gemeente is nog klein en regtig baie arm en dit beteken dat ds. Mdonga meeste van sy tyd en energie aan ander “tentmaker-bedrywighede” moet bestee ten einde die pot aan die kook te probeer hou. Dit is nie ideaal nie en beteken dat ds. Mdonga nie regtig sy roeping kan uitleef nie. WPR ondersteun hierdie gemeente deur ‘n maandelikse bydrae van R3 000 en die verhuring (gratis) van die tent en ander fasilitiete op die WPR-terrein. ‘n Paar van ons Wapadrant-lidmate het in 2015 ‘n “steungroep” vir Malwande en die RCF-gemeente gestig omdat ons glo dat God ds. Mdonga en hierdie gemeente wil gebruik om op ‘n baie unieke manier hier in die ooste van Pretoria ‘n verskil te maak in baie mense se lewens. Ons vind dat, deur van onsself, ons kennis, ons ondervinding en ons finansiële middele te deel, ons eie lewens geweldig verryk word. Ons is egter net ‘n paar stemme in die woestyn

Page 7: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

7

en ons het asseblief ook JOU hulp, durf, raad, en daad nodig om te help verseker dat ons ds. Mdonga in staat kan stel om God se roeping vir hom, hier in ons omgewing uit te leef. Kontak asseblief vir myself, Hans Lensink, by 083 629 8527 of epos [email protected] indien u graag op enige manier betrokke wil raak. Donasies is ook baie welkom en kan oorbetaal word in RCF-gemeente se bank-rekening. Besonderhede is soos volg: Bank First National Bank Takkode 258155 Rekeningno: 625 2505 7916 Tjekrekening: Rekeningnaam: Rainbow Christian Fellowship

Plot 3 Posbus 1181 Sunrise Road Garsfontein Olympus 0042 0081 Op hierdie stadium kan ons nie alle gate toestop nie (RCF begroot vir ‘n maandelikse tekort van ongeveer R16 000 vir 2017) en glo en bid en vertrou ons dat die Here u ook sal lei om by Rainbow Christian Fellowship betrokke te raak. Kom ontmoet gerus vir Malwande Sondag-oggende by die tent en kyk hoe Jesus ook deur hom werk. Inligting is ook beskikbaar by dr. Jaco Kruger, Abri de Vries, Anthea White en Florence Hattingh. U broer in Christus ons Here. Hans Lensink Voorsitter: RCF Mission Support Group

##########

PROJEK - ZIMBABWE PENSIONER SUPPORT FUND (ZPSF) Kleingroep G002 wil graag ‘n dienswerkprojek loods deur fondse in te samel vir die ZPSF wat verarmde

pensionarisse versorg. Hierdie saak is in ooreenstemming met beide die RAK- en HART-beginsels van ons

gemeente se fokusjaar.

Die ZPSF is ‘n maatskappy sonder winsbejag wat ongeveer 1 500 verarmde pensionarisse in 28 aftreeoorde in

Zimbabwe ondersteun. Die pensionarisse se lot is tragies. Weens Zimbabwe se hiperinflasie van die 1990’s, kan

jare se swaarverdiende pensioene en polisse vandag nie eers ‘n brood koop nie. Robert Mugabe se regering voel

vir hulle niks en die meeste se familie is dood of vervreem. Hierdie bejaardes kry baie swaar, baie ly aan

wanvoeding en van hulle is al letterlik dood van die honger en beperkte mediese sorg. Die mense is aan die

genade van ander se gawes oorgelaat.

Die ZPSF onder leiding van Hannes Botha lewer elke 8 weke basiese voedsel en medikasie aan die pensionarisse.

Volgens Hannes is dit hartroerend om te sien hoe die mense vir sy lorrie wag. Hulle staan daar soos opgewonde

kinders. Daarna loop die trane as elkeen sy pakkie met sy naam daarop ontvang. Dinge soos ‘n bietjie toiletpaier,

kookolie, rys, meel, vars groente, koffie, kerse en tandepasta beteken vir hulle alles. Een ou oom wat batterye vir

sy flits gekry het, het soos ‘n kleuter daaraan vasgeklou. Dit is werklik hartseer.

Wat kan ons doen? ZPSF het fondse nodig om hierdie liefdeswerk te doen. Elke aflewering kos ongeveer

R250 000. Donasies kan direk in ons gemeente se rekening gedoen word waarna dit in Desember aan ZPSF

oorbetaal sal word.

Bank: ABSA

Rekening: Gereformeerde Kerk Wapadrant

Rekeningn: 349 0151 957

Takkode: 632 005

Verwysing: ZPSF en naam

Page 8: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

8

Aangesien ZPSF as ‘n NPO geregistreer is, sal skenkers die donasie as ‘n uitgawe vir belastingdoeleindes kan

terugeis. E-pos asseblief die volgende besonderhede aan [email protected] sodat ‘n amptelike Art. 18-

kwitansie aan u uitgereik kan word: Voorletters en van, adres, selfoonnommer en bedrag

At the end of life we will not be judged by how many diplomas we have received, how much money we have

made, how many great things we have done.

We will be judged by “I was hungry and you gave me to eat, I was naked and you clothed me, I was homeless

and you took me in”.

Hungry not only for bread – but hungry for love. Naked not only for clothing – but naked for human dignity and

respect. Homeless not only for want of a room of bricks – but homeless because of rejection.

Mother Teresa

U is welkom om my te kontak indien u enige navrae het of verdere inligting oor die ZPSF wil bekom.

Pierre van der Merwe (082 498 9997)

Gaan kyk na die video op Wapadrant se “facebook” bl ad.

<<<<<<<<

TOT HIERTOE HET DIE HERE ONS GEHELP (1 SAM 7:12)

N.P.O. Reg. No: 062-069-NPO Van der Heeverstr 966 Art.21 Mpy. / Sec.21 Co. Reg.nr 2007/028200/08 Daspoort

Pretoria Tel: (012) 379-8504

Sel: 082 928 5746 E-Pos:[email protected]

OORWIN MET LIEFDE

FONDSE VIR SEEVAKANSIE BY HARTENBOS 2016 Kleingroep G022 is betrokke by Huis Ebenhaeser. Die huis ontvang ook kruideniersware vanuit die Diakonie se Pakhuis. Kleingroepe wat by die huis betrokke wil raak kan Wapadrant-kerkkantoor kontak.. Die huisouers wil graag 25 kindertjies, waarvan heelwat nog nooit by die see was nie, Desember see toe neem. Hulle is baie dankbaar dat ʼn donateur die blyplek elke jaar betaal. Enige donasie kan in HUIS EBENHAESER se bankrekening inbetaal word: Absa, Spaarrekening nommer 9114120038, Verwysing: Hartenbos. Vir meer inligting omtrent die seevakansie kan die huisouers Johnny en Soekie Thomas gekontak word.

Page 9: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

9

NEEM-en-DEEL-Bybelprojek “Halfjaar mini-verslag” Meer as 5800 Bybels is die afgelope ~5 jaar jaar versprei deur middel van die NEEM-en-DEEL-projek – met baie groot dank en lofprysing aan ons Here ons God. Die afgelope 5 maande het pragtige donasies vir die projek ingekom, sodanig dat ongeveer 400 Bybels in dié tyd deur ons gemeentelede en besoekers versprei kon word. ‘n Verdere 200+ Bybels is ook onlangs aangekoop en is reg vir verspreiding. Baie dankie almal. Julle volgehoue finansiële ondersteuning en veral gebede vir die projek word baie waardeer. Gemeentelede of besoekers kan die Bybels kry (NEEM) by die Bybelrak in die kerksaal vir verspreiding (DEEL). Die visie is om ten alle tye Bybels in alle tale van Suid-Afrika en waar moontlik ook van ons buurlande, beskikbaar te hê vir verspreiding (DEEL). Die inligting oor hoe die projek werk kan by die Bybelrak gevind word. Enige navrae kan ook direk aan Hans Lensink (083 629 8527, [email protected]) gerig word, of die kerkkantoor kan geskakel word vir inligting. Die aanvraag na God se Woord is werklik onuitputlik en hierdie projek is ‘n baie mooi en heerlike geleentheid vir almal om in die wingerd van God werksaam te wees. Almal word uitgenooi om deel hiervan te wees. Die Bybels wat tot dusver deur Wapadrant-gemeentelede en besoekers via die Neem-en-Deel-projek versprei is, is saamgevat in die onderstaande tabel en grafiek.

Ondersteuning en deelname aan die Neem-en-Deel-projek word gevra in hoofsaaklik die volgende drie areas: 1) Gebede. Bid asseblief dat die Heilige Gees in elkeen wat ‘n Bybel ontvang se harte sal werk, en waar gelowiges dit ontvang, dat hulle sal groei in geloof en waar ongelowiges dit ontvang, dat hulle tot bekering sal kom.

Bybels uitgedeel per taal

Afrikaans 198

Engels 1268

Zulu 638

Xhoza 251

Suid-Sotho 443

Noord-Sotho 663

Tswana 691

Venda 107

Tsonga 188

Ndebele 121

Swati 39

Portugees 112

Frans 66

Shona 945

Chichewa 45

Herero 33

Chinees 2

Duits 8

TOTAAL 5818

Page 10: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

10

2) Deelname . Almal (jonk tot oud) in ons gemeente, gaste en besoekers, word aangemoedig om hart, oë en ore oop te hou vir waar daar ‘n behoefte vir Bybels is, en dan word almal aangemoedig om daadwerklik Bybels te NEEM en daar te DEEL. 3) Donasies . Sonder jul donasies kan die Bybels nie beskikbaar gestel word vir verspreiding in gevalle waar geld ‘n beperkende faktor is nie. Donasies aan die NEEM-en-DEEL-projek kan gemaak word deur een van die volgende metodes te gebruik. i) Betaal die geld in Wapadrant se bankrekening: ABSA bank, takkode 632005, rekening no. 3490151957 en met verwysing “NEEM-en-DEEL ” (Die verwysing is baie belangrik sodat die geld na die regte “trust” gekanaliseer kan word); of ii) plaas kontant in ‘n koevert wat duidelik gemerk is “NEEM-en-DEEL” wat dan in o ‘n kollektesakkie, o die bydraeboksie in die kerk se voorportaal, of in die o die Neem-en-Deel-donasieboks by die NEEM-en-DEEL-rak in die kerksaal geplaas kan word. U almal word hartlik uitgenooi om aan hierdie projek deel te neem en dit te ondersteun. Hans Lensink

#########

Hekel- en breiblokkies!! Baie dankie aan almal wat so fluks hekel en brei! Daar is reeds 2 061 blokkies

ontvang. Ons mikpunt is 2500 blokke teen April 2017. Hou asseblief aan met brei

en hekel aan die 20 X 20 cm blokke in enige kleur met double knit-wol.

Kontantdonasies is baie welkom. Plaas asseblief blokke en wol in die kartonhouer wat in die saal is naby

die Neem-en-Deel-rak. Kontak Hetta by 082 594 5885 vir navrae.

Meer besonderhede en inskryfvorm op die web by besi kbaar. Die skakel is http://www/wapadrant.co.za/aktiwiteite.html

Page 11: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

11

FINANSIËLE SAKE VAN GEMEENTE TOT EN MET EINDE SEPTEMBER 2016

Na die eerste 9 maande: Bydraes ontvang van R7,011m is 4,8% laer as 2015 se bydraes, 0,4% laer as 2014 se bydraes en 0,9% laer as 2013 se bydraes.

Uitgawes vir die nege maande is egter R601k laer as begroot. (Hoofsaaklik agv strenger dissipline op spandering en is hoofsaaklik as gevolg van tydsverskille in werklike spandering teenoor begroot. Die wesenlikste besparings kom hoofsaaklik voor by hulpverlening binne die gemeente, donasies en skenkings en administratiewe uitgawes.)

Dit laat ons met 'n surplus van R271k teenoor 'n begrote surplus van R446k.

Dankoffer-inligting

Maand 2016

Aantal potensiële

*bydraepunte

Aantal punte wat geen beloofde

bydrae gemaak het nie

Aantal punte wat beloof het maar geen

bydrae maak nie

Aantal punte wat agterstallig is

Getroue bydraers

Julie 1 146 **(1 780)

389 33,94%

116 10,12%

123 10,74%

518 45,20%

Aug 1 150 **(1 783)

392 34,09%

111 9,65%

122 10,61%

525 45,65

Sept 1 149 ** (1 793)

389 33,86%

108 9,40%

135 11,75%

517 45%

*Bydraepunt = Getroude man en vrou = 1 bydraepunt Belydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt

** Ramings betaalbaar aan Administratiewe Buro te Potchefstroom (Gaan kyk na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir volledig inligting oor Ramings) Hou asseblief in gedagte dat die gemeente, bo en behalwe die daaglikse bedryfkostes, ook verantwoordelik is vir die betaling van verpligte ramings aan ons breër kerkverband wat tans ongeveer R70 per belydende lidmaat (ongeag die ouderdom) per maand beloop en wat maandeliks oorbetaal moet word. Dus kan u aflei dat as elke belydende lidmaat ʼn minumum van R70 per maand betaal die kerkraad nie u daarvoor te “subsidieer” nie.

Page 12: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

12

GEE JOU TIENDE, ‘N OPDRAG VAN GOD AF: Ware Christene deins nie terug van die lang gevestigde beginsel dat ons tiendes vir die Here moet afsonder nie. (In hierdie en opvolgende Maand-krante sal ons hierdie beginsel ook herbevestig uit die Bybel deur aanhalings vir julle te publiseer) MALEAGI 3: 6–12: Ek, die Here, het nie verander nie, daarom het julle nie te gronde gegaan nie, nageslag van Jakob. Van julle voorvaders se tyd af het julle van my voorskrifte afgewyk en nie daarvolgens geleef nie. Bekeer julle tot My, dan sal Ek terugkom na julle toe, sê die Here die Almagtige. Maar julle vra: “Waarom moet ons ons bekeer?” Sal 'n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offergawes. Daar rus alreeds 'n vloek op julle en tog bly julle My beroof; die hele nasie doen dit. Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Ek sal die sprinkane keer dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie, en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie, sê die Here die Almagtige. Dan sal al die nasies julle as gelukkige mense beskou; julle sal in 'n begeerlike land woon, sê die Here die Almagtige.

MANIERE VAN AFDRA VAN DANKOFFER • Direkte inbetaling op kerk se bankrekening / per internetbank of / per aftrekorder by jou eie bank.

Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme inbetaling.)

• Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas kontant/tjek in `n koevert in die bydraekassie in die voorportaal of doen ‘n elektroniese oorbetaling in kerk se bankrekening.

• Debietorder: Reël met kerkkantoor by [email protected] of volg hierdie skakel vir vorm http://www.wapadrant.co.za/finansieumlle-sake.html

Nog ʼn manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal Snapscan – Vir gerieflike en vinnige betaling Gaan na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir instruksies.

$$$$$$$$$

Skenkings van klere aan die Pakhuis Baie dankie vir die klere wat aan die Pakhuis geskenk word, dit word baie waardeer. Ons versoek dat die klere skoon en heel is. Ons het nie iemand om dit te was of te herstel nie en hierdie klere gaan dus verlore vir die Pakhuis.

Page 13: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

13

ChrisanteChrisanteChrisanteChrisante SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 / 082 6446 741 / [email protected] PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300 31 OKTOBER – 6 NOVEMBER 2016 Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498 7–13 NOVEMBER 2016 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 14-20 NOVEMBER 2016 Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498 21-27 NOVEMBER 2016 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

Page 14: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

14

28 NOVEMBER – 4 DESEMBER 2016 Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498 5-11 DESEMBER 2016 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 12-18 DESEMBER 2016 Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498 19-25 DESEMBER 2016 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; LIFE FAERIE GLEN-HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); KLOOF-HOSPITAAL: TEL: 012 367 400 Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869; Clara de Jonge: 083 609 9259 / 012 662 3822 WILGERS-HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100 31 OKTOBER – 6 NOVEMBER 2016 Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (Woens/Vry) 7-13 NOVEMBER 2016 Marina v Wyk: 072 202 8250 / 803 0629 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264; Irma Kruger: 084 514 4842 14-20 NOVEMBER 2016 Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (Woens/Vry) 21-27 NOVEMBER 2016 Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Woens); 28 NOVEMBER – 4 DESEMBER 2016 Marina v Wyk: 072 202 8250 / 803 0629 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264; Irma Kruger: 084 514 4842 5-11 DESEMBER 2016 Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (Woens/Vry) 12-18 DESEMBER 2016 Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Woens); 19-25 DESEMBER 2016 Marina v Wyk: 072 202 8250 / 803 0629 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264; Irma Kruger: 084 514 4842 ADDISIONELE LEDE VIR WILGERS: André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 ANDER HOSPITALE: Peet en Lacia Vermeulen: 991-2122 / 082 336 8465 EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, M EDFORUM, ZUID-AFRIKAANS Ben Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen

Page 15: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

15

MUELMED-, HART- & ZUID-AFRIKAANS-HOSPITAAL, JAKARAN DA-, UROLOGIE- André Sandilands: 081 205 8669 KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964 ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL): Voster Combrink: 082 872 9725 SENIORS - TUISBESOEK: Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; MOOIGELEë: Carla Boer: 012 998 6575 / 083 739 2588 KANKERPASIëNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKE Matty Coetzee: 072 330 1545; Anet Hofmeyer: 072 5312 378; 1545; Anet Hofmeyr: 072 5312 378

#########

Danville-kosprojek Kleingroep G005 voorsien elke jaar aan Alet Stroebel van Danville kospakkies vir ongeveer 100 gesinne. Alet voorsien daagliks aan ongeveer 100 mense in Danville kos. Ons kleingroep voorsien op ‘n weeklikse basis bestanddele vir Dinsdae se ete en aan die einde van die jaar voorsien ons 100 kospakkies aan die gesinne vir ‘n volledige Kersete. In Desember “sluit” Alet vir ‘n tyd lank sodat sy en haar gesin ook ‘n welverdiende ruskans kan neem. Sy laat egter nie net hierdie mense aan hulle eie genade oor nie. Sy reël aan die einde van elke jaar ‘n Kersfunksie, gee vir elke persoon ‘n geskenkie en deel ook op 9 Desember kospakkies uit met genoeg voedsel vir ongeveer ‘n maand. Help asseblief een gesin met ‘n kospakkie vir Desembermaand bestaande uit 2 blikkies groente, 2.5 kg suiker 2.5 kg koekmeel, 2 kg rys en 750 ml kookolie. Die koste is ongeveer R120 vir so ‘n kospakkie. Los die kospakkie of losstaande items (tot 4 Desember) in die voorportaal/saal duidelik gemerk DANVILLE. Kontantbydraes ook altyd welkom. Kontantbydraes is natuurlik ook altyd welkom en kan direk in kerk se bankrekening (Absa tjek 3490151957, takkode 632005) inbetaal word met verwysing: Danville. Indien jy enige navrae het, skakel gerus vir Helene Tollig by 083 947 7835.

Page 16: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

16

SONDAG 27 NOVEMBER ADVENTEREDIENS om 10:00. Daar is slegs

een gesamentlike erediens en nie ‘n Straatkafeediens nie.

... soos ‘n boom wat by water staan...” Jeremia 17:7-8

Kursus 1 Bybelse berading Hierdie kursus rus gelowiges toe om Bybelse dinamieke van verandering in hul eie lewens en dié van ander te verstaan. In die 2de semester word die beginsels toegepas in huweliksberading en berading met mense met verslawings, stres en depressie. Aanbiedingswyse Korrespondensie - Kontaksessies – Powerpoint-aanbiedings

Kursus 2 Praktiese Bybelse Berading Die tweedejaarkursus rus jou toe om 1-tot-1 Bybelse berading in praktyk te doen. Kursus 3 Gevorderde Praktiese Bybelse Berading Die derdejaarkursus rus jou toe om op gevorderde vlak 1-tot-1 Bybelse berading te doen. Kursus 4 Bybelse Mentorskap Die kursus fokus op mentorskap as ’n leierskapvaardigheid in ‘n organisasiekonteks. ‘n Bybelse mentormodel is ingesluit. Kursus 5 Bybelse Traumaberading Die kursus fokus op Bybelse berading aan persone wat lyding beleef agv trauma. Kursus 6 Onderrig Bybelse berading aan kinders en hul ouers KONTAK ABBO Marietjie Bezuidenhoud Tel: 012 334 1286 [email protected]; www.abbo.org.za

Page 17: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

17

AUCAMPS SE REIS (Lidmate van ons gemeente) Die lewe is soos ‘n reeks stories. Ons gesin het op ‘n opwindende nuwe storieboek-

avontuur vertrek. Ons wil jou graag uitnooi om ons storie te volg. Hier is ‘n paar

besonderhede: Ons is ‘n gesin bestaande uit pa Johan, ‘n meganiese tekenaar met

‘n tuinbou-agtergrond, ma Anina, ‘n voormalige onderwyseres en professionele

geboorte-assistent, en drie kinders, Stefan (7 jr), Claudia (6 jr) en Andries (2 jr).

Ons harte lê al lankal hoër op in Afrika, ons het net nooit gedink dit is moontlik om

daar uit te kom nie. So ses maande terug het ons ervaar dat God ons vra om op te

pak en te trek. Waarheen is nog nie vir ons duidelik nie, maar die roeping was

duidelik. Pak op en gaan dra die liefde van die Here uit.

So, teen die tyd dat julle hierdie berig lees, is ons al op pad. Ons beplan om, as die Here wil, teen 1 November

2016 op ons avontuur te vertrek. Ons plan is om te reis vir om en by 2 maande en by verskeie sendingstasies aan

te gaan om te help waar ons kan en te leer wat ons kan.

Ons eerste stop is in Botswana by Gereformeerde sendelinge Oom Thys en Tannie Dorette Cronje wat by Motopi

werksaam is. Daarna gaan ons deur Zambië, die noorde van Mosambiek, Malawi, Tanzanië en eindig ons “uit”

reis in Nakuru, Kenya by die sendingstasie van Lydia en Wilco Venter, waar ons vir ‘n paar weke gaan werk en

leer.

Ons bid dat die Here gedurende ons reis vir ons sal wys waar Hy ons op ‘n meer permanente basis wil gebruik en

dat ons dan na die besoek aan Kenya sal terugkeer na die spesifieke punt toe. Ons wil julle uitnooi om ons reis te

volg op ons blog: www.auxinafrica.wordpress.com waar ons julle op hoogte sal hou van ons vordering en ons

gebedsversoeke. Ons sal ook probeer om maandeliks vir die Maand-Krant ‘n beriggie te stuur om te vertel van

ons ervaringe.

Verder het ons BAIE voorbidding nodig, ons kan nie hierdie roeping opvolg sonder die leiding van ons Vader nie.

Ons sal dit dus baie waardeer as julle aan ons sal dink in jul gebede.

########

Almal se mandjie Meenthuis te huur: ‘n Drieslaapkamer-meenthuis met 2 motorafdakke en twee badkamers te huur in Faerie Glen

vanaf Oktober 2016 teen R7 500 per maand. Kontak Peet by 082 336 8465.

Voorsiening van gaar groente in houers: Gems, wortels, groenbone, blomkool, broccoli, spinasie, botterskorsies

en patats. Alles gereed om in die mikrogolf te druk, warm te maak en te eet. R17.50 per houer. Kontak Sarel

Venter vir bestellings en navrae by 083 710 8237.

Kroegyskassie en ‘n klein hangkassie gesoek: vir een van die sekuriteitswagte by die kerk. As jy een beskikbaar

het, skakel asb die kerkkantoor by 012 991 1395.

Heinrich Neuhoff is nou deur die herstelproses na ‘n nieroorplanting in Februarie en gereed om te begin werk.

Hy het ondervinding in konstruksie en as verkoopsverteenwoordiger of enige iets waarmee hy kan help. Kontak

hom by 083 251 8415.

Dupleks-tuinwoonstel te huur in Garsfontein, grootte 80 m2. Naby Menlyn, skole en snelweë. Onderste vloer

bevat ‘n eetkamer, kitchenette (geen stoof), klein badkamer met stort, wasbak en toilet, asook ‘n slaapkamer.

Boonste vloer bevat ‘n groot vertrek geskik vir sitkamer of kantoor. Dubbel-toesluit-motorafdak, geen tuin.

Page 18: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

18

Geskik vir enkelpersoon. Okkupasie onmiddellik @ R5 500 pm, elektrisiteit uitgesluit. Kontak Magda by 072 510

6531 of Estelle 072 785 3935 (agente).)

Nightingale-projek: Afgetrede verpleegkundiges gesoek wat bereid is om verpleegsters te leer om goeie basiese

sorg te lewer. Daar is ‘n finansiële vergoeding met ure soos dit u pas, u moet by die SANC geregistreer wees. Life

Wilgers Hospitaal. Kontak Anmarie Steyn by 082 562 2839 vir navrae.

Helene Tolig bak die volgende: gevulde spekulaas @ R120 vir ‘n groot oondpan, asook 2kg vrugtekoeke @ R225.

Bestel voor 20 November 2016. Kontaknommer 083 947 7835.

Op soek na stukwerk: Koos is op soek na tuinwerk elke tweede Saterdag in ‘n maand. Hy werk Dinsdae tot

Donderdae by die kerk en is uiters betroubaar. Sy kontakbesonderhede is 076 281 5766.

Te koop: koeksisters @ R25 per dosyn en vleisrolletjies R40 per dosyn. Kontak Sannetjie de Klerk vir navrae en

bestellings by 076 203 0237.

Besprekingskonsultant : benodig by Kapama Game Reserve (Pretoria). Gaan na

http://www.wapadrant.co.za/poste-beskikbaar vir inligting

^^^^^^^^^^^

Beroepe

Beroepe ontvang • Proponent W Brotherton (Werner) na Vryheid. • Dr G van Wyk van Trinitas Vanderbijlpark na Rustenburg. • Ds G J (Gert) Erasmus van Komtipoort na Meyerton.

Beroepe aanvaar • Proponent F G Lee na Derdepoort.

Attestate Attestate/Bewys van Lidmaatskap ontvang van:

Geref Parys: Leonard Johannes Oloef Truter,Vaalkopstraat 708A Geref Pinetown: Hans Jurgens & Elizabeth Glodina Steyn, dooplidmaat Elizabeth Glodina; Plot 49B NG Hartbeespoort: Sandra Oberholzer; Timbavati 17 Place A NG Hartbeesspruit Queenswood: Lyle Shane de Lange; Mooiplaas 1 Geref Kemptonpark Noord: Hanri Joubert; Minnesotastraat 290 Geref Wierdapark: Laura Schoeman; Klaradynstraat 32 NG Standerton: Paul Jacobus Oberholzer; Timbavati 17 Place A APK Potchefstroom: Johanna Catharina Truter; Vaalkopstraat 708A APK Pretoria-Oos: Linda de Lange; Mooiplaas 1

Attestate aangevra:

Johannes Frederick & Catharina Anderson Susanna Louisa Grobler Maria Elizabeth Labuschagne Rudolf Waldemar, Lize Winckler en dooplidmate dooplidmate Marian en Elsie Caterien Catharina Beatrix Johanna Coetzee Christoffel Johannes & Anina Aucamp en drie dooplidmate Gerhardus Stefanus, Anna Claudine & Péru & Marisa van Niekerk

Page 19: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

19

Page 20: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

20

Cell: +27 81 465 7074

Cell: +27 82 448 3591

www.theboys.co.za

email: [email protected]

Tel: (012) 248-0888

Page 21: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

21

Page 22: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

22

%%%%%%

EL-PIDA AFSLUITING El-pida nooi graag alle lede en die direksie uit na 2016 se afsluitings-middagete.

Datum: Woensdag, 30 November 2016 Plek: Anja's Teagarden (uit op die Lynnwoodweg) Tyd: Bus vertrek om 11:15 vanaf Valleisig NG kerk Koste: R100 p.p. - Bring gerus u eie wyn saam. Vervoer is gratis. Bespreek asseblief so gou moontlik by Judy, 083 325 2102.

%%%%%

KOEKVERKOPING Die volgende koekverkoping is in die amfi op Sondag 27 November na die 10:00 gesamentike erediens.

Page 23: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

23

Page 24: Maandkrant Nov 2016 - WapadrantDie kind moet besef dat sekere keuses sekere gevolge het en self die gevolge van sy foute dra. 'n Bekende sielkundige, John Rosemond, het die volgende

24