maandkrant sept 2016 geproeflees - wapadrant · wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer,...

20
1 Maand-Krant SEPTEMBER 2016 Hierdie Maand-Krant asook vorige Maand-Krante is beskikbaar op die webblad by http://www.wapadrant.co.za/maand-krant AANVAAR GOD SE TROU AAN SY BELOFTES! Uit: Deo Gloria Kuberbrief 18 Julie 2016, Nommer 27, Jaargang 17. Geskryf deur: Dr Callie Opperman - Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid Ek het die gekerm van die Israeliete, wat deur Egipte verkneg word, duidelik gehoor en Ek het aan my verbond gedink. Daarom moet jy vir die Israeliete sê: Ek is die Here. Ek sal julle van die dwangarbeid van Egipte bevry. Ek sal julle van die verknegting verlos, Ek sal julle vry maak met mag en met groot reddingsdade. (Eksodus 6:4,5). Dit het Moses toe aan die Israeliete vertel, maar in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie na hom geluister nie (Eksodus 6:8). Jy ken die Bybel, die belofte dat die lewende God jou Vader is, dat Hy vir jou sal sorg en dat jy in sy seëninge sal deel. Maar dan gee die lewe jou so 'n dwarsklap wat jou moedeloos maak. Jy word ernstig siek, jy verloor jou werk, jy beland in 'n motorongeluk, jy word beroof, jou gesin verbrokkel, of wat ookal. Dan is dit of jou ore toeslaan vir die waarheid van die evangelie. Daarom is dit nie snaaks om te lees: Die Israeliete het uit moedeloosheid nie na Moses geluister nie. Nie dat dit 'n verskoning is nie, dit is bloot 'n werklikheid. Waarom? Omdat die volk nie rekening gehou het met die almag van God en veral met sy goddelike getrouheid nie. Die volk was vir vier honderd jaar in slawerny. Die farao van Moses se tyd was erger as die voriges. Wreed, jaloers, hardvogtig. Die volk moes uitgewis word omdat hulle vir hom 'n bedreiging geword het. Maar die tyd het ryp geword vir die verlossing van Israel. Daarvoor is Moses geroep en na baie teenskop het hy die opdrag aanvaar. Hy sal na die farao gaan en gebied dat die volk vrygelaat word. Maar die eerste poging om die farao te oorreed het die teenoorgestelde uitwerking. Net swaarder werk volg. Moses was teleurgesteld, want hy het nie die Here se plan verstaan nie. Daarom maak Hy Hom weer as getroue Verbondsgod bekend. Moses se geloof word versterk, die HERE sal waarlik sy volk verlos. Hy maak farao se hart hard sodat Hy sy almag as El Shaddai aan die nasies kan toon. Maar Israel was op 'n laagtepunt. Die negatiewe reaksie van die farao en die harder werk was net te veel. Wie sal nog aan verlossing dink? Wie sal hulle kan verlos? Hoe reageer God? Hy gaan voort met sy werk. Moses word in diens geneem en speel sy rol. Israel sal mettertyd ook deur die tien plae oortuig word dat God waarlik HERE is. Hulle sal sy verlossing beleef - Hy is die HERE. Hy doen wat Hy beloof. Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat Hy Verlosser is, dat alles vir jou ten goede sal wees, dat jy in die geloof die volle verlossing sal smaak wanneer Jesus weer kom - kan vir jou soos hol klanke klink. Moet jou egter nie onttrek aan sy Woord nie. Laat die bewyse van sy getrouheid in die geskiedenis van sy ou verbondsvolk Israel ook jou oë en ore mettertyd oopmaak. Die finale bewys van sy trou is in Jesus Christus, die Verlosser. Hou die oë op Hom en sy koms, sien God se vaderhande raak selfs ook wanneer jy beproewing moet deurmaak. Onthou! Sy Naam is HERE - Hy is waarlik wat Hy is en doen wat Hy beloof.

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

1

Maand-Krant

SEPTEMBER 2016

Hierdie Maand-Krant asook vorige Maand-Krante is beskikbaar op die webblad by

http://www.wapadrant.co.za/maand-krant

AANVAAR GOD SE TROU AAN SY

BELOFTES! Uit: Deo Gloria Kuberbrief 18 Julie 2016, Nommer 27,

Jaargang 17. Geskryf deur: Dr Callie Opperman -

Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid

Ek het die gekerm van die Israeliete, wat deur Egipte

verkneg word, duidelik gehoor en Ek het aan my

verbond gedink. Daarom moet jy vir die Israeliete sê: Ek

is die Here. Ek sal julle van die dwangarbeid van Egipte

bevry. Ek sal julle van die verknegting verlos, Ek sal julle

vry maak met mag en met groot reddingsdade. (Eksodus

6:4,5). Dit het Moses toe aan die Israeliete vertel, maar

in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie

na hom geluister nie (Eksodus 6:8).

Jy ken die Bybel, die belofte dat die lewende God jou

Vader is, dat Hy vir jou sal sorg en dat jy in sy seëninge

sal deel. Maar dan gee die lewe jou so 'n dwarsklap wat

jou moedeloos maak. Jy word ernstig siek, jy verloor jou

werk, jy beland in 'n motorongeluk, jy word beroof, jou

gesin verbrokkel, of wat ookal. Dan is dit of jou ore

toeslaan vir die waarheid van die evangelie.

Daarom is dit nie snaaks om te lees: Die Israeliete het uit

moedeloosheid nie na Moses geluister nie. Nie dat dit 'n

verskoning is nie, dit is bloot 'n werklikheid. Waarom?

Omdat die volk nie rekening gehou het met die almag

van God en veral met sy goddelike getrouheid nie.

Die volk was vir vier honderd jaar in slawerny. Die farao

van Moses se tyd was erger as die voriges. Wreed,

jaloers, hardvogtig. Die volk moes uitgewis word omdat

hulle vir hom 'n bedreiging geword het. Maar die tyd het

ryp geword vir die verlossing van Israel. Daarvoor is

Moses geroep en na baie

teenskop het hy die opdrag

aanvaar. Hy sal na die farao

gaan en gebied dat die volk

vrygelaat word. Maar die

eerste poging om die farao te

oorreed het die teenoorgestelde uitwerking. Net

swaarder werk volg. Moses was teleurgesteld, want hy

het nie die Here se plan verstaan nie. Daarom maak Hy

Hom weer as getroue Verbondsgod bekend.

Moses se geloof word versterk, die HERE sal waarlik sy

volk verlos. Hy maak farao se hart hard sodat Hy sy

almag as El Shaddai aan die nasies kan toon. Maar Israel

was op 'n laagtepunt. Die negatiewe reaksie van die

farao en die harder werk was net te veel. Wie sal nog

aan verlossing dink? Wie sal hulle kan verlos?

Hoe reageer God? Hy gaan voort met sy werk. Moses

word in diens geneem en speel sy rol. Israel sal

mettertyd ook deur die tien plae oortuig word dat God

waarlik HERE is. Hulle sal sy verlossing beleef - Hy is die

HERE. Hy doen wat Hy beloof.

Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore

dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy

die lewende God is, dat Hy Verlosser is, dat alles vir jou

ten goede sal wees, dat jy in die geloof die volle

verlossing sal smaak wanneer Jesus weer kom - kan vir

jou soos hol klanke klink. Moet jou egter nie onttrek aan

sy Woord nie. Laat die bewyse van sy getrouheid in die

geskiedenis van sy ou verbondsvolk Israel ook jou oë en

ore mettertyd oopmaak. Die finale bewys van sy trou is

in Jesus Christus, die Verlosser. Hou die oë op Hom en

sy koms, sien God se vaderhande raak selfs ook

wanneer jy beproewing moet deurmaak.

Onthou! Sy Naam is HERE - Hy is waarlik wat Hy is en

doen wat Hy beloof.

Page 2: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

2

WAPADRANT GEREFORMEERDE KERK: MUSIEKBEDIENING

Musiekbediening in Wapadrant gemeente val onder die mandaat van die

Erediensdiensgroep (EDG) en word oorhoofs georganiseer deur ‘n Lofprysingskoördineerder. Vir

elkeen van ons drie eredienste word ‘n musiekleier aangestel, wat verantwoordelikheid neem vir

die beplanning en uitvoering van die musiekbediening vir die spesifieke idioom in samewerking met

die liturg vir elke erediens. Sekere gesamentlike eredienste en spesiale eredienste word ook

aangebied, waar die musiekleiers van tyd tot tyd verantwoordelikhede deel.

Dis vir die EDG en musiekleiers van Wapadrant gemeente belangrik om die musiekbediening onder

die leiding van die Heilige Gees aan te pak en tot uitvoer te bring. Dit is vir ons ‘n voorreg om die

gemeente tot die beste van ons vermoëns te lei in sang en met musiekbediening, terwyl ons nederig

bly oor die talente wat ons ontvang het om mee te woeker. Aan God alleen die eer!

In hierdie lig gesien, graag die volgende ordereëlings:

Oudisies

Daar sal twee geleenthede per jaar geskeduleer word vir oudisies. Ter aanvang hiervan is die eerste

geleentheid in Oktober 2016. Die oudisies is ʼn ope uitnodiging aan enigeen met ‘n talent,

vaardigheid en roeping om die gemeente d.m.v. musiek te bedien by die kontemporêre, klassieke of

straatkafee eredienste. Lede van die bestaande musiekspan sal teenwoordig wees om die oudisies

te hanteer en elke oudisie sal uit twee komponente bestaan:

1. i) Sing/speel van voorbereide musiek.

ii) Sing/speel van ‘n Psalm/Kerklied wat kort voor die oudisie beskikbaar sal wees.

iii) Sing/speel van ‘n onvoorbereide lied.

2. Persoonlike gesprek met ‘n paar mense soos saamgestel deur die Erediensdiensgroep.

Na afloop van die oudisies sal deelnemers per epos in kennis gestel word van die uitslag. Dit mag

gebeur dat die musiekleiers ten spyte van ‘n onsuksesvolle oudisie glo dat ‘n persoon tóg

waardevolle talent en vaardigheid het, wat ontwikkel kan word. Sulke persone sal die geleentheid

gebied word om enige van die orkeste te “shadow”. Dit behels die bywoning van ten minste twee

oefeninge en die betrokke eredienste per maand. Tydens die oefeninge, sal hierdie persone

speelgeleentheid kry en die musiekleier(s) sal voorstelle maak met betrekking tot aspekte waarin

hy/sy kan verbeter. Na ‘n tydperk sal so ‘n persoon toegelaat word om ‘n tweede oudisie af te lê

wat volgens dieselfde prosedure sal geskied.

Ons glo vas in die beginsels van geestelike gawes, soos uiteengesit in 1 Korintiërs 12. Hierin is dit

duidelik dat elke gemeentelid ‘n unieke deel van die liggaam vorm met sy/haar eie unieke gawes om

mee te bedien. Die wonderlike hiervan is dat, alhoewel elke posisie nie vir elke lid beskore is nie,

geen lid of gawe belangriker as ‘n ander is nie. Dit is kosbaar om die ware vreugde te beleef wat

ontstaan wanneer ‘n gemeentelid die plek vind waarin sy/haar Godgegewe talente hom/haar in

staat stel om optimaal deel te word van die bediening in God se koninkryk. Ons is opgewonde om

meer mense te betrek by die musiekbediening.

Page 3: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

3

UITREIKBEDIENING: SUNRISE NPO � TRAUMA SENTRUM @ GARSFONTEIN POLISIESTASIE

SunRise Trauma Sentrum benodig vrywilligers, op Maandae - Vrydae tussen 12:00 – 19:00 te kom help, al is dit net om tel te antwoord! Skofte duur slegs 2 ure. Kontak Collette by 079 392 1100 vir meer inligting.

� SUNRISE NASKOOL – HELPERS VIR DONDERDAE ASB! Wapadrant Gemeente se SunRise Naskool wat op die kerk se terrein funksioneer benodig twee vrywilligers/helpers op Donderdagmiddae van 13:30-17:00 om te help met die Naskoolkindertjies se versorging en huiswerk. Indien jy kan help, kontak asb Magda Harris 084 409 1858 of Anlia du Plessis by [email protected] / 012 991 4907.

� SUNRISE NPO GELDINSAMELING - MOUNTAIN BIKE PRETDAG! “SAVE THE DATE” vir Wapadrant Gemeente se SunRise Mountain Bike Pretdag op Saterdag, 1 Oktober 2016. Meer inligting volg binnekort! Vir navrae, kontak asb Magda Harris 084 409 1858 of Anlia du Plessis by [email protected] / 012 991 4907.

^^^^^^^

LIEFDEGAWES (kollektes tydens erediens) – WAARVOOR GAAN DIT? Sondae sal u opmerk op die databord verskyn die volgende:

Twee derdes vir Verdienstelike Sake Binne Gemeente (Diakonie) Die bedrag word geallokeer na die Diakonie wat dit o.a. aanwend vir barmhartigheid, ens. Een derde vir Verdienstelike Sake Buite Gemeente (A dmin Buro (sien onder) en andere Die bedrag word twee jaarliks oorbetaal aan die Administratiewe Buro. Hieronder verskyn ʼn riglyn wat Wapadrant per belydende lidmaat aan die Admin Buro moet oorbetaal.

TIPE LIEFDEGAWES BETAALBAAR AAN

ADMINISTRATIEWE BURO POTCHEFSTROOM 2016 – 2017

RIGLYN Belydende

lidmaat per jaar Bybelverspreiding Doel: Om die Bybelgenootskap van SA by te staan met die druk en verspreiding van Bybels.

Borg ‘n Bybel

Dankbaarheidsfonds Doel: Om dankbaarheid teenoor die Here te betoon dat Hy die Gereformeerde Kerke vir 150 jaar bewaar het. Die opbrengs word as 'n addisionele inspuiting bestem om die Emeritaatversorgingstrust te versterk, kerke wat nie voldoende finansiële middele het nie, te help en historiese geboue van die GKSA in stand te hou.

R25

Kerklike Tydskrifte Doel: Om aktuele artikels met 'n Gereformeerde grondslag te publiseer en na lidmate en ander belangstellendes teen 'n billike prys te versprei.

R10

Ekumenisiteit [Buitelands] Doel: Om skakeling met ander Gereformeerde kerke met wie die GKSA noue bande in die buiteland het, te bevorder.

R10

Page 4: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

4

Ekumenisiteit – Gereformeerde Jeug in Londen Doel: Om die Gereformeerde jeug wat in Londen verkeer met Woordbediening en pastorale hulp by te staan.

R5

Emeritaatsversorging Doel: Om die emerituspredikante, -weduwees en -wese van die Gereformeerde Kerke met lewensonderhoud en mediese bystand eervol te help versorg.

R20

GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie finansieel onafhanklik kan bestaan nie by te staan sodat die Woordverkondiging steeds daar kan voortgaan en om nuwe voorposgemeentes te stig waar die Woordverkondiging dringend noodsaaklik is.

R20

Pro Ecclesiastudieleningsfonds Doel: Om studente van behoeftige Gereformeerde lidmate wat aan die NWU te Potchefstroom wil studeer, finansieel met behulp van studielenings te ondersteun. Studente van Aros en ander opvoedkunde-geakkrediteerde instansies ook vir toekennings uit die fonds in aanmerking kan kom.

R10

Teologiese Studentekas Doel: Om studente wat aan die Teologiese Skool te Potchefstroom studeer, finansieel met beurse te help sodat die Gereformeerde leer uitgebou en verkondig kan word.

R25

Christelike Onderwys – Instituut vir Christelike Onderwys [ICO]/Lesmateria al Doel: Bevordering onafhanklike Gereformeerde skole en onderwys

R5

Deputate Jeugsorg

R10

Bystandsfonds vir Diakonie kragtens KO, art 25 Doel: Om predikante wat uit die bediening is (of afgesette predikante) en in nood verkeer te help.

R10

Teologiese Skool Biblioteek Doel: Om boeke vir studiedoeleindes en naslaanwerke by die Jan Lion Cachet-biblioteek van die Teologiese Skool van Potchefstroom aan te koop.

R5

Teologiese Skool Publikasies Doel: Om die publikasie van akademiese boeke vir die opleiding van teologiese studente en vir die bekendstelling van die gereformeerde leer plaaslik en in die buiteland te steun.

R5

Thusofonds Doel: Om die emeriti uit die jonger kerke (voormalige Sinode Middellande en Klassis Capricorn) te help versorg.

R5

Sentrum vir Kerkgroei Doel: Om ‘n sentrum vir bedieningstoerusting en begeleiding onder die toesig van die Kuratore en in samewerking met Fakulteit Teologie te vestig.

R5

Buiten hierdie bogenoemde liefdegawe wat oorbetaal word, word die Ramingsbedrag ook maandeliks oorbetaal. Dit beloop ongeveer R70 per maand per belydende lidmaat, ongeag die ouderdom. Dus kan u aflei dat as elke belydende lidmaat ʼn minumum van R70 per maand betaal, die kerkraad nie daarvoor hoef in te staan nie en u dus te “subsidieer” nie. Wapadrant het pas die faktuur ontvang vanaf die Administratiewe Buro vir die tydperk Julie 2016 – Junie 2017. Die bedrag beloop R1 413 658.12. Wapadrant betaal dus ʼn bedrag van R117 804,84 per maand oor na die Buro.

Page 5: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

5

UIT DIE PREDIKANTE SE VERSLAE AAN DIE RAAD VAN OUDERLINGE (RvO):

1) Waarnemings oor die Gemeente:

a) Mense in ons gemeenskap lewe onder baie spanning (ook finansieel), soos ook gesien kan word uit die terugvoer vanaf die Traumasentrum by Garsfontein se Polisiestasie.

b) Betrokkenheid by ‘n kerk raak vir mense minder belangrik. Baie mense is weg oor naweke.

c) In die gemeente self, dink ek, word die fokusjaar tema, nl. dien met jou gawes, gehoor. Wat my betref is dit egter op hierdie stadium ook belangrik dat die boodskap van troos en bemoediging in Jesus Christus duidelik gehoor word.

d) ‘n Groot groep mense val skielik in ‘n bejaarde fase van hul lewens met besondere uitdagings wat dié lewensfase bring.

e) Al meer gesinne help om familie te onderhou wat geen of nie genoeg inkomste het nie.

f) Pastorale uitdagings soos hierbo genoem se omvang is tans groot. g) Dit is wel opvallend dat waar die gawes aanwesig is, daar nie altyd die passie is om

dit voltyds in die gemeente uit te leef nie. Dit is ‘n tendens wat regdeur die gemeente sigbaar is.

h) Dit is vir my duidelik dat daar by die meerderheid van ons lidmate groot erns is oor hulle geloof en hulle kerk-wees.

i) Die lidmate is almal geweldig besig. Die Raad van Ouderlinge (RvO) het van die bg. stellings kennis geneem en in sekere gevalle ook verwys na ‘n geskeduleerde beplanningsvergadering op 11 Sept 2016, om dit ook in ag te neem vir toekomstige strategiese insette.

2) Waarmee is die Predikante elkeen spesifiek besig , buiten hulle gewone take:

JACO: (Tans net 20% betrokke by die gemeente)

a) Betrokkenheid by die werksaamhede van die Uitreik Diensgroep. (Uitreik dagbestuur en Exco; Direksies van die drie WPR NPO’s; Stuur Mei(y); Skakeling met Sizanani, Rainbow Christian Fellowship, Menlyn Maine Forum).

b) Gesprekgroepe / toerusting. (Geloof-wetenskap gesprekgroep; Nagmaal-werkgroep; Wapadrant Praat Saam).

c) Pastoraat. (paar pastorale gesprekke; paar huweliksbevestigings en begrafnisse). PEET:

a) Deel van Diakonie se armsorg-been. Hierdie is ‘n baie aktiewe deel van die diakonie wat hul moeitevolle werk met groot onderskeiding doen.

Page 6: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

6

b) Begrafnispreke – poog wat pas by die omstandighede & persoon betrokke. c) Bevestinging van huwelike soos gevra. d) Pastoraal soos op aanvraag uit alle lewensfases. e) Sterwensbegeleiding. f) Hospitaalbesoeke. g) Besoek bejaardes: Byna almal bo 80 is reeds hierdie jaar besoek: Tema by meeste

van die besoeke was geloofsekerheid behalwe waar omstandighede anders vereis het. Besoeke van ander lidmate in lewensfase bo 65 gaan prioriteit kry vir res van die jaar.

h) Dien op El-pida direksie wat poog om bejaardes wat nie aftree oorde kan bekostig nie te help om langer in hul eie huise te kan aanbly. Verskeie ander dienste word aan die bejaardes gelewer soos gebalanseerde etes, hulpdienste, toere.

i) Probeer voortdurend seniors bemoedig en ondersteun waar nodig. j) Betrokke by ‘n studie groep – “Gang reis” en die eerste fase is voltooi en hulle gaan

nou oor na fase twee.

RASSIE:

a) Betrokke by die inisiatiewe en uitvloeisels van ‘n proses waarby onder andere gekyk word na die verhouding met die kerkverband. Veral dan in die lig van die afgelope Sinode besluite en die gevolge wat daaruit voortgespruit het, soos skakeling en opstel van revisies en beswaarskrifte.

b) Betrokke by die Kleingroep Diensgroep. c) Leiding by die Herder Ouderlinge (as voorsitter). d) Pastorale werk. e) Jeugbediening (veral Hoërskool jeug met die opstel van hulle lesmateriaal; betrokke

by die riviertoer by Frankfort wat weer hierdie jaar vroeg in Desember plaasvind). f) Musiekbediening (veral die Klassieke Diens). WILHELM:

a) Huweliksvoorbereiding. b) Diakonie strategiese beplanning. c) Kleingroep strategiese beplanning. d) Herder Ouderlinge en Raad van Ouderlinge beplanning. e) Strategiese werkgroep. f) 2017 Fokusjaar beplanning. g) Belydenistoewyding. h) Verdere Studies - ’n Meestersgraad in Teologie wat handel oor: “Praktiese Teologie – Bedieningspraktyk”. (Wilhelm sal self later in die Maand-Krant meer hieroor bekend maak)

@@@@@@

Page 7: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

7

Vakature: Kleingroepdiensgroep: Bestuurder

Van: Wapadrant Gemeente Voltydse pos om die Kleingroepbediening van Wapadrant Gemeente te bestuur en moet die volgende verantwoordelikhede aanvaar: Verantwoordelikhede: HOOF FUNKSIES:

a) Kleingroepe administrasie en bestuur. b) Beplanning, Organisering, Skakeling, Koördinering en Verslagdoening. c) Kommunikasie en Bemarking. d) Opleiding, Fasilitering, Hulp en Ondersteuning. e) Navorsing, Evaluering en Ontwikkeling.

Meer gedetailleerde posbeskrywing kan by die kerkkantoor aangevra word. Vereistes: Moet ‘n deurleefde Christen wees en kan vereenselwig met die visie en fokus-areas van die gemeente. Bereid wees om lidmaat te word van Wapadrant gemeente. Rekenaarvaardig; Administratiewe en organiserende vaardighede; Kennis en ervaring van Kleingroepe; Goeie kommunikasie vaardighede; Mensgerig (Vermoë om met mense te kan werk en verhoudings te kan bou); Spanwerker; Lojaal en Pligsgetrou; Kreatief; Nuwe idees en planne te kan inisieer en implementeer, Vermoë om selfstandig te werk; Beskikbaar vir vergaderings en ontmoetings met kleingroepleiers wat in die aand plaasvind. Beskikbaar tussen die twee eredienste Sondagoggende. Diensvoorwaardes: Voldag pos (40 ure/week) met fleksietyd (omrede daar baie na ure pligte ook sal wees); salaris en ander diensvoorwaardes sal tydens onderhoude met kandidate bespreek word. Indien ‘n 3 maande proeftydperk suksesvol voltooi word sal permanente aanstelling bevestig word. Kwalifikasie: Toepaslike naskoolse kwalifikasies en ervaring. (In Kantooradministrasie; Bestuur; Rekenaarvaardigheid; Menseverhoudinge; Teologiese kennis; ens.) Salaris: Sal tydens die onderhoude bespreek word, Diensaanvaarding: 01 November 2016 of gouer indien beskikbaar. Handig nou jou CV en ander stawende dokumente in by die Kerkkantoor voor Vrydag 16 September 2016 of stuur dit per e-pos na [email protected] en dui aan dat u vir die spesifieke pos aansoek doen. Vir verdere navraag kontak Gawie Jooste by 082-939 5464 / 012-991 8877. (Die aansoeke sal ge-evalueer word en die mees geskikte kandidate sal daarna vir onderhoude genooi word.)

Page 8: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

8

GKSA ALMANAK 2017 Bestellings kan nou geplaas word deur jou naam, van , aantal en kontaknommer op koevert te skryf en in bydraekassie te plaas. Koste R75 per eksemplaar. Bestellings sluitT Sondag 23 Oktober

^^^^^^^^ WAPADRANT PRAAT SAAM VANDAG EN 16 OKTOBER Kom praat saam op vandag (4 September) van 17:30-18:30 oor die onderwerp van homoseksualiteit , en op Sondag 16 Oktober , selfde tyd, oor groot doop en klein doop (geloofsdoop en kinderdoop). Die doel met Wapadrant Praat Saam is om saam te groei oor elke byeenkoms se onderwerp, nie noodwendig om mekaar te oortuig, of by ‘n gemeenskaplike antwoord uit te kom nie. ‘n Inleiding word gegee wat die onderwerp bekendstel, en daarna is daar geleentheid vir vrae en bespreking. Hierdie is die plan vir al die Wapadrant Praat Saam gesprekke in die toekoms: nie noodwendig amptelike standpunte, of groepsdruk om saam te stem nie. Indien nodig, sal tersaaklike standpunte as deel van die inleiding as agtergrond gegee word. Maar daarna groei ons saam deur vrae te vra en met mekaar te gesels. Elke keer word ‘n nuwe tema bespreek, so jy hoef nie die voriges by te gewoon het nie! Dankie aan almal wat voorstelle vir temas gestuur het. Ons gaan almal probeer inwerk, en ook sorg dat daar genoeg afwisseling is. Soms toerusting, soms ‘n kontroversiële vraag, soms ‘n oorsig oor ‘n Bybelboek, soms ‘n saak van die dag… Kom praat saam! Jaco Kruger

<<<<<<<<<

KRUIS KULTUURNUUS Hier in die Oos-Vrystaat het ons nou twee

besonder droë seisoene agter die rug, in ons

dorp word iemand as bevoorreg beskou as jy

‘n kraan het wat lek want dit beteken dat jy

ten minste water in jou huis het! Die meeste

damme op die plase is al lank leeg, net ‘n paar

groot damme het nog geklou aan die bietjie

water wat soos ‘n plas in die middel gelê het.

Die visse het per sms mekaar laat weet waar

daar nog ‘n kniediep watertjie oor is en dan

het hulle geswem dat die stof so staan om

desperaat dié nattigheid te bereik. Van die

oorblywende damme was daarom so dig

bevolk aan vis dat mens bykans op die visse se

rûe oor die water kon stap na die ander kant!

Nodeloos om te sê dat boere in ons omgewing

soos ook op ander plekke maar swaar gedra

het aan hul gemoed en dat hoop nie ‘n ding

was wat mens volop raakgeloop het nie. Maar

die Here het ‘n wonder hier in ons geweste

gedoen, ‘n paar weke gelede het die Here in

die winter ons damme laat volreën! Deur

twee somers was die reën te skraps om

damme se vlakke te lig, maar waarlik hier in

die winter kom reën hulle onverwags vol. Wat

‘n oorvloedige geskenk, dit het my sommer

wakker geklap om weer dankbaar te leef. Ons

as mense soek so na dit wat ons nog nie het

nie dat ons die oorvloed hier neffens ons

miskyk. Dalk moet ons gereeld bietjie boek

hou van dankbare dinge wat God doen sodat

ons bewus raak van al die seëninge wat om

ons opgestapel word. Miskien sal ons verbaas

Page 9: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

9

wees om te sien hoeveel wonders ons Koning

gereeld in ons lewens doen.

Ek is seker dat ons nog baie wonders gaan

beleef, veral as ons ons koppe bietjie uit die

modder van negatiewiteit uitlig, bewus raak

van die feit dat ons Koning Jesus leef en in ons

leef tot nuwe hoop en vrede in alle

omstandighede!

Ek is dankbaar om die volgende met julle te

deel.

Skoolbou

Soos julle weet is ons

plaasskool al 4 jaar aan die

gang, daar is al 115

kinders wat weekliks agter

ons skoolbanke sit. Elke jaar het ons ook die

uitdaging om die skool met nog ‘n klas te

groei soos die kinders na die volgende graad

vorder. Hierdie groei beteken dat nog klasse

aangebou moet word en nog onderwysers

aangestel moet word. Hierdie kort sinnetjie

beteken veral een ding naamlik, meer geld

word benodig. Ons weet almal die ekonomie

wurg aan almal se kele en dit was ook vir my

‘n bekommernis maar ek is so dankbaar om te

getuig dat die Here vir ons voorsien het sodat

ons nog twee klasse kan aanbou. Wonderlik

om te dink dat te midde van die ekonomiese

klimaat ons kan voortgaan om uit te brei, alle

eer aan God vir die voorsiening!

Wat meer is is dat die afgelope maand hordes

mense van Wapadrant gemeente ons kom

besoek het om te help bou aan verskillende

strukture op die skoolterrein. Kan julle glo dat

mense vanuit Pretoria ry om ‘n langnaweek in

die koue te kom trotseer tot seën van

plaaskinders in die Oos-Vrystaat? Hierdie

groep van ongeveer 50 mense het reuse werk

in die langnaweek verrig en ons skool is

bevoorreg om te spog met verskeie nuwe

bykomstighede! Dankie vir elkeen so groot

opoffering.

Ek is sommer dankbaar vir elke persoon wat

oor die 7 jaar van Kruik se bestaan dit

moontlik gemaak het vir die bediening om te

kom tot waar dit vandag is! Elke persoon is

soos reën wat damme volmaak om die

Koninkryk oor sy walle te laat spoel tot impak

van baie mense se lewens. Mag die Here die

damme van ons geloof vol hou sodat ons

propvol hoop die uitdagings van ons tyd kan

stormloop. Mag julle dit elkeen beleef.

Ons skool moet ook volgende jaar ‘n nuwe

onderwyser aanstel vir gr. 4. Bid asb. saam

met ons dat God vir ons die regte persoon sal

stuur tot seën van die skool en sy kinders. Ons

vertrou ook dat die Here vir ons sal voorsien

om hierdie aanstelling finansieel moontlik te

maak. Wow, kyk waar trek ons al!

Hospitaal klankstelsel

‘n Pastoor vanuit Meqheleng (Sotho

woongebied) het my kom vra om hom te help

om ‘n klankstelsel te koop om in die staats-

hospitaal te installeer. Hy was ‘n paar maande

gelede vir ‘n lang tyd in die hospitaal en het

die begeerte gevoel om die Woord van die

Here te hoor maar daar was nie gereeld

mense om hom te bemoedig deur uit die

Bybel te lees en te bid nie. Die Here het dit

toe op sy hart gedruk om ‘n klankstelsel te

installeer sodat ander pasiënte wat soos hy in

‘n hospitaalbed lê die hoop van die Evangelie

kan hoor. Hy het toe toestemming van die

hospitaal gevra om so ‘n klankstelsel te

installeer om die Evangelie aan pasiënte te

bedien.

Ons het toe die klankstelsel gekoop en in elke

saal ‘n luidspreker geinstalleer, nou hoor

almal in die hele hospitaal gereeld die Blye

Boodskap! Prys die Here!

Dissipelskap

Ons is baie dakbaar vir die groei wat daar

plaasvind in ons leiers. Een van ons leiers is

Page 10: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

10

besig om te beplan aan ‘n “dissipelskapkerk”

waar mense op gereelde basis kan saamkom

om nie net na ‘n preek te luister nie maar ook

tydens die diens saam te gesels oor die

implikasie van die boodskap op elkeen se lewe

en in goepe saam te bid sodat God hulle sal

help om gehoorsaam te wees. Die idee is ook

dat elke boodskap ‘n praktiese deel het wat

lede help om te leef wat hulle gehoor het. Op

hierdie wyse word mense gehelp om as

dissipels Jesus te volg en nie net te hoor wat

Hy sê nie.

Met die “Drop in Centres, Health Care Centre”

en Kliniek gaan dit goed danksy die genade

van die Here!

Hoop elkeen van julle geniet die Here en

beleef Sy teenwoordigheid!

Dankie vir elkeen se deelwees.

Petrus (Sloet) Grové, Maraai en kroos.

##########

DAMESOGGEND 20 AUGUSTUS 2016

Die damesoggend ten bate van die President Kruger kinderhuise

aangebied deur die Gereformeerde Kerk Kameeldrift, is iets van die

verlede. Die tema was “Op reis om die wêreld”. Die funksie was ‘n groot

sukses. Die organiseerders kon die mooi bedrag van R185 000 aan die

kinderhuise oorhandig. ‘n Funksie van dié formaat kan nie plaasvind

sonder die medewerking van baie vennote nie. Ons gemeente het sewe

gasvroue gehad met 12 gaste aan elke tafel. Dis altyd ʼn heerlike

ontspanne oggend, daar word gelag en gehuil en die een tafel is mooier gedek as die

ander een. In Augustus 2017 bied Kameeldrift Gemeente die 15de Damesoggend aan.

>>>>>>>>>>>

Page 11: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

11

FINANSIËLE SAKE VAN GEMEENTE

TOT EN MET EINDE JULIE 2016

Na die eerste 7 maande beloop die netto surplus: R 323 217

Ons is dankbaar dat daar weer ‘n toename was in die bydraes vanaf die lidmate gedurende Julie maand, nadat daar ‘n konstante afname merkbaar bespeur kon word in die vorige 3 maande. (Uitgawes was dan ook dienooreenkomstig baie minder in vergelyking met die vorige maand)

Dankoffer inligting

Maand 2016

Aantal potensiële

*bydrae punte

Aantal punte wat geen

beloofde bydrae gemaak het nie

Aantal punte wat beloof het maar

geen bydrae maak nie

Aantal punte wat

agterstallig is

Getroue bydraers

April 1 142 ** (1 771)

384 33.63%

130 11,38%

109 9,55%

519 45,44%

Mei 1 141 **(1 775)

390 34,18%

122 10,69%

99 8,68%

530 46,45%

Junie 1 141 **(1 776)

389 34,09%

118 10,34%

116 10,17%

518 45,40%

Julie 1 146 **(1 780)

389 33,94%

116 10,12%

123 10,74%

518 45,20%

*Bydraepunt = Getroude man en vrou = 1 bydraepunt Belydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt

** Ramings betaalbaar aan Administratiewe Buro te Po tchefstroom. (Gaan kyk na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir volledig inligting oor Ramings) Hou asseblief in gedagte dat die gemeente, bo en behalwe die daaglikse bedryfkostes, ook verantwoordelik is vir die betaling van verpligte ramings aan ons breër kerkverband wat tans

Page 12: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

12

ongeveer R70 per belydende lidmaat (ongeag die ouderdom) per maand beloop en wat maandeliks oorbetaal moet word. Dus kan u aflei dat as elke belydende lidmaat ʼn minumum van R70 per maand betaal die kerkraad u nie daarvoor “subsidieer” nie. GEE JOU TIENDE, ‘N OPDRAG VAN GOD AF: Ware Christene deins nie weg van die lang gevestigde beginsel dat ons tiendes vir die Here moet afsonder nie. (In hierdie en opvolgende Maand-krante sal ons hierdie beginsel ook herbevestig uit die Bybel deur aanhalings vir julle te publiseer): NUMERI 18:21 Vir die dienswerk wat die Leviete in die tent van ontmoeting verrig, gee Ek aan hulle as hulle besitting al die tiendes wat die Israeliete as offergawes bring.

MANIERE VAN AFDRA VAN DANKOFFER • Direkte inbetaling op kerk se bankrekening / per internetbank of / per aftrekorder by jou eie

bank. Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme inbetaling.)

• Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas kontant/tjek in `n koevert in die bydraekassie in die voorportaal of doen ‘n elektroniese oorbetaling in kerk se bankrekening.

• Debietorder: Reël met kerkkantoor by [email protected] of volg hierdie skakel vir vorm http://www.wapadrant.co.za/finansieumlle-sake.html

Nog ʼn manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal Snapscan – Vir gerieflike en vinnige betaling Gaan na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir instruksies.

ALMAL SE MANDJIE Voorsiening van gaar groente in houers: Gems, wortels, groenbone, blomkool, broccoli, spinasie, botterskorsies en patats. Alles gereed om in die mikrogolf te druk, warm te maak en te eet. R17.50 per houer. Kontak Sarel Venter vir bestellings en navrae by 083 710 8237. 45-jarige man soek ‘n geskikte werk. Hy het op 40-jarige ouderdom beroerte gehad, maar het deur musiekterapie sodanig herstel dat sy spraak verbeter het en hy die volle gebruik van sy linkerhand het en sodoende sy outomatiese motor kan bestuur (hy is linkshandig). Hy is baie positief en gefokus. Hy was vir etlike jare die bestuurder van ‘n groot drukkery in Pretoria asook van ‘n restaurant in George. Indien iemand moontlik ‘n geskikte werk vir hom het, kontak asb vir Annemarie Bekker by 083 527 4350. Heinrich Neuhoff is nou deur die herstelproses na ‘ n nieroorplanting in Februarie en gereed om te begin werk. Hy het ondervinding in konstruksie en as verkoopsverteenwoordiger of enige iets waarmee hy kan help. Kontak hom op sy selfoon by 083 251 8415.

Page 13: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

13

Eiendom gesoek (verhurings): Soek jy ‘n goeie huurder vir jou huis of meenthuis in die ooste van Pretoria? Ons leuse is nie verniet: Jou eiendom is ONS verantwoordelikheid. Skakel gerus vir meer inligting oor ons werkswyse. Magda 072-510-6531 of Estelle 072 785-3935. Te huur veilige enkel tuinwoonstel (bachelor flat): Waterkloof Rif. Groot vertrek, badkamer, kombuis-geriewe. Skoonmaakdiens een dag per week. Wasgoed addisioneel. Privaat ingang, motor staanplek, gebruik van swembad en lapa. Perfek vir student of jong werkende persoon. R3 800 pm. Okkupasie onmiddelik. Kontak Magda 072 510 6531 of Estelle 072 785 3935. Baie dringend op soek na ‘n enkelwoonstel (bachelor flat of kamer naby Garsfonten Laerskool). Net stort nie bad, motorafdak of garage. Kan R3 000 per maand betaal, onderhandelbaar. Ek is ook bereid om te deel. Kontak Riana Viljoen by 012 301 4077 voor 9:30 of na 17:30.

Meenthuis te huur: ʼn Drie slaapkamer meenthuis met 1 motorhuis, 2 motorafdakke en 2 badkamers in Faerie Glen vanaf 1 Oktober 2016 teen R7 500 per maand. Kontak Peet by 082 336 8465. Te koop: Ford Fiesta 1.6L , Titanium 5 deur, 87 200 km. Voldiens rekord. Ongeluk vry. Prys R115 000. Kontak Esmari 082 565 2067.

########

BEROEPE BEROEPE AANVAAR

• Ds D J de Bruyn (Dirk) van Barkly-Oos/Maclear-Elliot-kombinasie na Middelburg KP. • Proponent R Janse van Rensburg (Regard) na Reitz/Lindley-kombinasie.

BEROEPE ONTVANG • Ds AP Kruger (Abraham) van Welkom/Virginia na Wolmaransstad. • Ds W van der Waal (Willem) van Linden na Sasolburg.

^^^^^^^^

Attestate /Bewys van Lidmaatskap ontvang Geref Brackenhof: Pieter Joris & Maria Hoogwerf; The Retreat nr 172 Geref Brooklyn: Bernard Karl & Alida Johanna Hellberg; Kareepark 24 Geref Brooklyn ; Johandé Ehlers; Linyati Drift Geref Die Bult Potchefstroom: Rizaan Olivier; 14de Straat, Menlo Park Geref Middelburg: Erhard en Johanna Susanna Taljaard; Zamar Place 21 Geref Rietvallei: Francois Leijenaar; Belle Monte 34 Geref Rustenburg-Wes: Johana Elisabeth Opperman; Selrose Park Nr 36 Geref Waterkloofrant: Jan Diedericks & Judith Magdalena Wilhelmina Kleinhans; Glenhaven 257 Bewys/attestaat aangevra: Noëlin du Plessis na Geref Koster Chris du Plessis (emigreer na Nerderland)

Page 14: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

14

Page 15: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

15

Page 16: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

16

Tel: (012) 348 0888

Cell: +27 81 465 7074

Cell: +27 82 448 3591

www.theboys.co.za

email: [email protected]

Page 17: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

17

KYK DIE BAIE BLOKKE Baie dankie aan almal wat so fluks hekel en brei! Daar is reeds 1 100 blokkies ontvang. Ons mikpunt is 2500 blokke teen April 2017. Hou asseblief aan met brei en hekel aan die 20 X 20 cm blokke in enige kleur met double knit wol. Kontantdonasies is baie welkom. Plaas asseblief blokke en wol in die kartonhouer wat in die saal is naby die Neem-en-Deel rak. Kontak Hetta by 082 594 5885 vir navrae.

Page 18: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

18

Page 19: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

19

Page 20: Maandkrant Sept 2016 geproeflees - Wapadrant · Wanneer jy in 'n geloofslaagtepunt verkeer, mag jou ore dalk ook toe raak vir God se verbondsbeloftes. Dat Hy die lewende God is, dat

20