maart 2016 nuusbrief - cdn.nucleusnetwork.org · kennis dat ons as public benefit...

7
Maart 2016 Huisvesting en Aktiwiteitsentrum vir volwassenes met intellektuele beperkings. Nuusbrief Webblad: www.onshuistrust.co.za E-pos: [email protected] Tel/faks: 012 3456130 TRUST NR. IT 8231/01 NPO NR: 011591 PBO NR. 1811132412 Posbus 2149 Alouettestraat 560 Wingate Park Elarduspark 0153 Pretoria 0181 _________________________________________________________________________________ Daar is baie gestremdes en byna net soveel tipes en vlakke van gestremdheid. Die oorsake is talryk: probleme by geboorte, geneties, ongelukke, gesondheid, ens. Wat egter van belang is, is dat hulle liefdevolle, vriendelike en dankbare mense is wat ‘n behoefte het aan liefde en aanvaarding. Dus: as jy een van hulle raakloop, stel belang, wees vriendelik en wys dat jy omgee. Gun jouself die wete dat jy ‘n verskil gemaak het! DANKIE aan elkeen wat hierdie brief lees. Versprei dit asseblief so wyd moontlik, en volg ons op ons facebook blad en deel die blad met julle vriende en familie, want die blootstelling is vir ons belangrik. Daarop kan almal sommer sien waaraan ons deelnemers ‘deelneem’ en wat hul lewe by Ons Huis insluit. Gaan kyk gerus op facebook by Onshuistrust. Hierdie sentrum het ontstaan omdat mense omgegee het en ons kan nie voortbestaan daarsonder nie! 2015: Oorsigtelik Nog ‘n droom is verwesenlik – nog ‘n fase is afgehandel! Soos die Inwoning drie jaar gelede, is ons Aktiwiteitsentrum se fasiliteite ook verbeter, met vyf badkamers wat mooier is en rolstoelvriendelik. Die jongmense is baie in hulle skik hiermee. Ons is innig dankbaar vir talle besighede wat ons onder- steun het deur skenkings van boumateriaal, gratis dienste, afslag, ens. ‘n Weldoener het dit vir ons jongklomp moontlik gemaak om Afrikaans is groot te gaan luister! Hulle was so in hulle noppies! Ons het ook nuwe naamborde by Luilekker (inwoning) en Miernes (Aktiwiteitsentrum) laat opsit, sodat ons meer ‘sigbaar’ kan wees. (Neem asseblief kennis dat hierdie “volwassenes met spesiale behoeftes” persone is met intellektuele beper- kings en NIE bejaardes of verswakte persone nie.)

Upload: buinguyet

Post on 30-Mar-2019

216 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Maart 2016

Huisvesting en Aktiwiteitsentrum vir volwassenes met intellektuele beperkings.

Nuusbrief Webblad:

www.onshuistrust.co.za

E-pos:

[email protected]

Tel/faks: 012 3456130

TRUST NR. IT 8231/01 NPO NR: 011591 PBO NR. 1811132412

Posbus 2149 Alouettestraat 560 Wingate Park Elarduspark 0153 Pretoria 0181

_________________________________________________________________________________

Daar is baie gestremdes en byna net soveel tipes en vlakke van gestremdheid. Die oorsake is talryk: probleme by geboorte, geneties, ongelukke, gesondheid, ens. Wat egter van belang is, is dat hulle liefdevolle, vriendelike en dankbare mense is wat ‘n behoefte het aan liefde en aanvaarding. Dus: as jy een van hulle raakloop, stel belang, wees vriendelik en wys dat jy omgee. Gun jouself die wete dat jy ‘n verskil gemaak het! DANKIE aan elkeen wat hierdie brief lees. Versprei dit asseblief so wyd moontlik, en volg ons op ons facebook blad en deel die blad met julle vriende en familie, want die blootstelling is vir ons belangrik. Daarop kan almal sommer sien waaraan ons deelnemers ‘deelneem’ en wat hul lewe by Ons Huis insluit. Gaan kyk gerus op facebook by Onshuistrust.

Hierdie sentrum het ontstaan omdat mense omgegee het en ons kan nie voortbestaan daarsonder nie!

2015: Oorsigtelik

Nog ‘n droom is verwesenlik – nog ‘n fase is afgehandel! Soos die Inwoning drie jaar gelede, is ons Aktiwiteitsentrum se fasiliteite ook verbeter, met vyf badkamers wat mooier is en rolstoelvriendelik. Die jongmense is baie in hulle

skik hiermee. Ons is innig dankbaar vir talle besighede wat ons onder-steun het deur skenkings van boumateriaal, gratis dienste, afslag, ens.

‘n Weldoener het dit vir ons jongklomp moontlik gemaak om Afrikaans is groot te gaan luister! Hulle was so in hulle noppies!

Ons het ook nuwe naamborde by Luilekker (inwoning) en Miernes (Aktiwiteitsentrum) laat opsit, sodat ons meer ‘sigbaar’ kan wees. (Neem asseblief kennis dat hierdie “volwassenes met spesiale behoeftes” persone is met intellektuele beper-kings en NIE bejaardes of verswakte persone nie.)

K e r s m a r k, Oktober 2015

As ons terugdink aan die Kersmark, is die eerste gedagte: Gawe mense en wonderlike ondersteuning!

Hoe sê ons dankie aan almal wat bygedra het om die dag suksesvol te laat verloop? - Al die besoekers en ondersteuners - Mense wat stalletjies ‘gehuur’ het om hulle eie interessanthede te bemark. - Doreen en die deelnemers met hulle harde werk en bruikbare handewerk dwarsdeur die jaar - Mense wat heerlike beskuit, koeke, terte, kleinkoekies, poedings,konfyt, handwerk en baie ander dinge gemaak en geskenk het - Ander wat gehelp het met pannekoek bak, kosmaak, en doen wat hulle hand vind om te doen. - Al ons ouers en personeel wat hard gewerk en saam beplan het.

‘n Dag van PRET EN VROLIKHEID

‘n Dag van KOOP en VERKOOP ‘n Dag van GESELLIG SAAMWEES

‘n Dag van musiek ‘n Dag van kosmaak, eet en geniet!

Kindergoed Mooi en bruikbare goed Lekker eetgoed

DANKIE aan ‘n ieder en ‘n elk.

______________________________

This invitation is also available in English.

Erkenning en waardering aan:

Apple wat op gereelde basis vir ons deelnemers verjaarsdag- partytjies hou en aan elkeen wat verjaar het geskenke gee.

Tamog Agencies c c vir die donasie.

House of Coffees in Woodlands bederf ons deelnemers met wafels en melkskommel.

Ed's Electrical Moreletapark Wat help net waar en wanneer ons hulle nodig het.

Woodhill Residential Estate and Country Club vir die groot donasie van die ‘charity golf day’. .

Jaenine wat ons deelnemers bederf met 'n kontant-geldjie op hul verjaarsdae. Linda Powrie is nie net ons fotograaf nie, maar ook ‘n kosbare vriendin van ONS HUIS.

Solly en Yvonne Knouwds wat gereeld met ons inwoners godsdiens hou en lekker sing.

Christi Weinmann (Tannie Blom) leer ons deelnemers tuinmaak en dit lyk pragtig

Dan was daar vanjaar se Valentynsokkie met die tema: cowboys & crooks…

Unique Timber Plastics vir banke vir

ons tuin, waaroor ons baie

opgewonde is!.

2016 het goed begin. Ons het ‘n paar nuwe deelnemers bygekry. Hulle pas

goed aan en ons geniet hulle. WELKOM AAN: Dawid Lombard en sy ma Christa, Francois Botma en sy ouers Danie en Rina, Ruben Alfama en sy ouers Alfie en Carla en Dwain Bekker en sy ouers Collin en Debbie.

Ons het ‘n lekker ‘afskopfunksie’ gehad om die jaar in te wy. Almal was daar: ouers, deelnemers, personeel, vrywilligers en ondersteuners.

Martin en Doreen word gelukgewens met die eersteling wat oppad is..

Christie, Alex

en Hanlie

Die jongklomp

geniet dit om vir

die gaste te sing.

Tannie Elize speel

kitaar en Magda

Lourens begelei

op die klavier.

Jonker, Christie en Brenda

Franci van Veijerin en gesin

‘Die tannies van Apple’

Trustees van die ONS HUIS TRUST

Die trustees bestaan uit ouers/voogde van die gestremdes, asook bekwame persone uit die samelewing wat verantwoordelik is vir die oorhoofste bestuur van ONS HUIS. Hulle tree ten alle tye op in die beste belang van die gestremdes. Dit sluit in bestuur van en besluitneming t.o v. finansies, personeelsake, probleemsituasies, skakeling met die buitewêreld ens. Met die onlangse verkiesing van trustees, is die volgende persone aangewys vir die volgende dienstermyn:

Hans van der Merwe (voorsitter) Ds. Alex Clark (verteenwoordiger by die Ring van Oosterlig se Liefdadigheids Trust) Nico de Klerk (Ondersteuning) Danie Botma (Trustee vir Finansies)

Johanna van Rensburg (Sekretaresse van die Trust en trustee vir Inwoning) Marco Breytenbach (Trustee vir Bemarking) Yolande Ella (Trustee vir die Aktiwiteitsentrum) Baie dankie aan Louis Dell en Danie Badenhorst wat vir jare op die Trust gedien en waardevolle werk gelewer het! ONS HUIS is dankbaar vir julle onbaatsugtige diens en die baie tyd wat julle ingesit het. Baie dankie ook aan Annelie Dell wat jare lank die boekhouding hanteer het! Ons bid julle seen toe vir die toekoms,.

___________________________________________________________

Besoek van Apple Properties

Uitgevat in ons Apple T-hemde heers daar groot opgewondenheid onder al die deelnemers. Almal wag vir die “Apple-mense:”

HULLE TREE UIT

As hulle die dag kom kuier, beteken dit net een ding: EET EN PRET! Dit is ‘n gereelde kuier en die wat intussen verjaar het, kry ‘n geskenk. Hulle kom vir ons kuier, maar bring self al die heerlike eetgoed. Ons word getrakteer en het hope pret!

Jy gee om en wil graag ‘n verskil maak; maar hoe??

Kom kuier gerus vir ons (Maak ‘n afspraak by Christie – 012 3456130)

Vertel vir ander van ons sentrum, deel ons facebook blad met hulle, stuur die nuusbrief aan, ens.

Enige vorm van ondersteuning is welkom

Skakel gerus as jy artikels, klere, ens het wat jy nie gebruik nie. Ons hou ‘jumble sale’.

Ondersteun ons personeel en ouers; bemoedig hulle en wys jy stel belang.

Bied hulp aan, deel jou talent, hulpbronne, ens met ons.

ASB, moet nie gestremde persone aanstaar nie; om hulle egter te ignoreer, is byna net so erg! Gee liefde!

Vertel ander van ons gholfdag en help ons om dit bekend te maak.

Hieronder is ‘n wenslysie. As jy daarmee kan help, is ons dankbaar!

Ons is altyd dankbaar vir ‘n donasie, hoe groot of klein ookal. Sien bankbesonderhede onder.

NEEM ASB. KENNIS DAT ONS AS “PUBLIC BENEFIT ORGANISATION” REGISTREER IS. AS BESIGHEDE ‘N BEDRAG OOR HET VIR JUL ‘SOCIAL RESPONSIBILITY’, IS ONS BY MAGTE OM ‘N ARTIKEL 18A KWITANSIE TE

VOORSIEN VIR BELASTING AFTREKBAARHEID.

Wenslysie

Lang lewe melk Koeldrank konsentraat Koffie Beskuit "Stick blender" vir die kombuis

Gif vir miere bv Sipermetrien, Blue Death Gifspuite Nuwe kussingslope (15)

Bankbesonderhede

Bank: ABSA BANK Rekening Naam: ONS HUIS TRUST Rekening Nr: 4054 399011 Tak: Moreleta Park Takkode: 336445 PBO NR: 1811132412 (sien in blou gedruk hierbo) NPO – NR. 011 591

By ONS HUIS word ‘n gesonde balans gehandhaaf. Die deelnemers werk, speel, swem, stap, en vele ander. Dit is be- langrik dat hulle genoeg oefening ook kry. Terselfdertyd word die personeel ook beter toegerus vir hulle taak. Dit sluit onder andere beter begrip in vir die leefwêreld van ‘n gestremde, asook wedersydse begrip vir mekaar.