maatskappynuus · ecsponent groep in die pan-afrikaanse hernieubare energiemaatskappy, investor...

4
November 2018 Suid Afrika: [email protected] • 087 8080 100 • Fintech Campus, Hv Botterklapper- en Ilangastrate, Die Wilgers, Pretoria, Gauteng Swaziland: [email protected] • +268 2417 1616 • 7 The Gables, Ezulwini, Swaziland Botswana: [email protected] • +267 391 8756 • Eenheid G3, Victoria House, Plot 132 Independencelaan, Gaborone, Botswana Hierdie inhoud is uitsluitlik voorsien ter inligting en moet nie as beleggingsadvies geag word nie. D ie vierde nywerheidsrevolusie is hier! Die skepping van kunsmatige menslike intelligensie is ‘n kerndeel wat die hele wêreld en ons bestaan gaan verander. Daar is reeds ‘n verskuiwing weg van tradisionele produksieprosesse, soos kapitaalbeleggings en arbeid, na ‘n era waar groei deur kunsmatige intelligensie gedryf word. Wat is kunsmatige intelligensie en hoe sal dit die wêreld verander soos ons dit ken? Nuwe era bring groei MAATSKAPPYNUUS Vervolg op bladsy 2 A frika is ryk aan hulpbronne en geleenthede. Die vastelande benut egter nie sy volle potensiaal nie. Energieproduksie is ‘n voorbeeld waar die meeste lande in Afrika nie genoeg krag voorsien om aan die vraag te voldoen nie. Net so word daar nie belê in toekomstige kapasiteit vir die groeiende bevolking nie. Beleggings in energieproduksie, veral hernieubare energie, bied geleenthede aan beleggers en kan help om die lewe van die mense van Afrika te verbeter. Finansiering van die grootste (22MW) sonenergie-aanleg in Zimbabwe wat deur die inwoners besit word Vervolg op bladsy 3 D ie aanwysers dui op ‘n afswaai in die plaaslike en wêreldmarkte wat drasties toeneem en wat dalk ‘n teken is van ‘n groter wêreldkrisis as tien jaar gelede. Terwyl die meeste beleggers ongemaklik is met wisselvalligheid, kan hierdie sikliese markbewegings vergelyk word met die see se getye waar hoogwater (bulmark) altyd gevolg word deur laagwater (beermark) en tussenin is daar golwe (ekonomiese ontwikkelinge ) wat die eb of die vloei bepaal. Die vraag is hoe om jou besigheids- en persoonlike finansiële situasie stabiel en gesond te hou ten spyte van deurlopende markwisseling? Bemeester krisis soos Rockefeller Vervolg op bladsy 4 Het jy al jou plek bespreek? BUITENGEWONE BELEGGINGS. KYK VERBY ONSEKERHEID EN VIND GELEENTHEDE. Bloemfontein 5 November 2018 16:00 Umhlanga 6 November 2018 16:00 Port Elizabeth 7 November 2018 16:00 Somerset-Wes 8 November 2018 16:00 Pretoria 13 November 2018 8:30 Johannesburg 13 November 2018 16:00 Die wêreld is besig om baie vinnig te verander. Twyfel en verdeeldheid is aan die orde van die dag en nuwe tye is ‘n gegewe. Ons wêreld voel onstabiel, chaoties en gevul met teenstrydige realiteite. Dit is geen wonder nie dat beleggers vra: “Wat is die beste manier om te navigeer in die wêreld wat ons tans in die gesig staar? “ Terwyl ons geen kristalbal het om die toekoms te voorspel nie, glo ons dat daar, ondanks die onsekerheid, geleenthede is om rykdom te skep en dit te verseker. As u op soek is na geleenthede om die impak van die onbestendigheid op u portefeulje te verminder, dan moet u in die loop van November een van ons aanbiedings bywoon. Ons sal opsies bespreek wat u benadering tot beleggings kan verander en afwyk van die tradisionele instrumente, markte, streke en geldeenhede. Kom luister na ons kundiges wat buitengewone beleggingsgeleenthede met u sal deel en wat slegs voordeel vir u langtermyn-portefeulje inhou. Landwye toer Beperkte sitplekke beskikbaar. Kliek hier om u bywoning te verseker Lees meer hier

Upload: others

Post on 04-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: MAATSKAPPYNUUS · Ecsponent groep in die Pan-Afrikaanse hernieubare energiemaatskappy, Investor Solar Africa Limited, gaan belê. Hierdie “skoon energie vervaardiger” ... elektriese

November 2018

Suid Afrika: [email protected] • 087 8080 100 • Fintech Campus, Hv Botterklapper- en Ilangastrate, Die Wilgers, Pretoria, GautengSwaziland: [email protected] • +268 2417 1616 • 7 The Gables, Ezulwini, SwazilandBotswana: [email protected] • +267 391 8756 • Eenheid G3, Victoria House, Plot 132 Independencelaan, Gaborone, BotswanaHierdie inhoud is uitsluitlik voorsien ter inligting en moet nie as beleggingsadvies geag word nie.

Die vierde nywerheidsrevolusie is hier! Die skepping van kunsmatige menslike intelligensie is ‘n kerndeel wat die hele wêreld en ons bestaan gaan verander.

Daar is reeds ‘n verskuiwing weg van tradisionele produksieprosesse, soos kapitaalbeleggings en arbeid, na ‘n era waar groei deur kunsmatige intelligensie gedryf word. Wat is kunsmatige intelligensie en hoe sal dit die wêreld verander soos ons dit ken?

Nuwe era bring groei

MAATSKAPPYNUUS

Vervolg op bladsy 2

Afrika is ryk aan hulpbronne en geleenthede. Die vastelande benut egter nie sy volle potensiaal nie. Energieproduksie is ‘n voorbeeld waar die meeste lande in Afrika nie genoeg krag voorsien om aan die vraag te voldoen nie. Net so word daar nie

belê in toekomstige kapasiteit vir die groeiende bevolking nie. Beleggings in energieproduksie, veral hernieubare energie, bied geleenthede aan beleggers en kan help om die lewe van die mense van Afrika te verbeter.

Finansiering van die grootste (22MW) sonenergie-aanleg in Zimbabwe wat deur die inwoners besit word

Vervolg op bladsy 3

Die aanwysers dui op ‘n afswaai in die plaaslike en wêreldmarkte wat drasties toeneem en wat dalk ‘n teken is van ‘n groter wêreldkrisis as tien jaar gelede.

Terwyl die meeste beleggers ongemaklik is met wisselvalligheid, kan hierdie sikliese markbewegings vergelyk word met die see se getye waar hoogwater (bulmark) altyd gevolg word deur laagwater (beermark) en tussenin is daar golwe (ekonomiese ontwikkelinge ) wat die eb of die vloei bepaal. Die vraag is hoe om jou besigheids- en persoonlike finansiële situasie stabiel en gesond te hou ten spyte van deurlopende markwisseling?

Bemeester krisis soos Rockefeller

Vervolg op bladsy 4

Het jy al jou plek bespreek?

BUITENGEWONE BELEGGINGS. KYK VERBY ONSEKERHEID EN VIND GELEENTHEDE.

Bloemfontein5 November 2018

16:00

Umhlanga 6 November 2018

16:00

Port Elizabeth7 November 2018

16:00

Somerset-Wes8 November 2018

16:00

Pretoria13 November 2018

8:30

Johannesburg13 November 2018

16:00

Die wêreld is besig om baie vinnig te verander. Twyfel en verdeeldheid is aan die orde van die dag en nuwe tye is ‘n gegewe. Ons wêreld voel onstabiel, chaoties en gevul met teenstrydige realiteite. Dit is geen wonder nie dat beleggers vra: “Wat is die beste manier om te navigeer in die wêreld wat ons tans in die gesig staar? “

Terwyl ons geen kristalbal het om die toekoms te voorspel nie, glo ons dat daar, ondanks die onsekerheid, geleenthede is om rykdom te skep en dit te verseker.

As u op soek is na geleenthede om die impak van die onbestendigheid op u portefeulje te verminder, dan moet u in die loop van November een van ons aanbiedings bywoon. Ons sal opsies bespreek wat u benadering tot beleggings kan verander en afwyk van die tradisionele instrumente, markte, streke en geldeenhede. Kom luister na ons kundiges wat buitengewone beleggingsgeleenthede met u sal deel en wat slegs voordeel vir u langtermyn-portefeulje inhou.

Landwye toer

Beperkte sitplekke beskikbaar. Kliek hier om u bywoning te verseker

Lees meer hier

Page 2: MAATSKAPPYNUUS · Ecsponent groep in die Pan-Afrikaanse hernieubare energiemaatskappy, Investor Solar Africa Limited, gaan belê. Hierdie “skoon energie vervaardiger” ... elektriese

Wat is kunsmatige intelligensie?Kunsmatige intelligensie (KI) is die teorie en ontwikkeling van rekenaarstelsels wat take kan verrig wat normaalweg menslike intelligensie vereis, soos visuele persepsie, spraakherkenning, besluitneming en vertaling.

KI bestaan gewoonlik uit sagteware algoritmes, masjienleer en neurale netwerke wat gedragspatrone kan leer, situasies kan ontleed en voorspel wat in die toekoms sal gebeur.

Volgens navorsing kan die jaarlikse ekonomiese groeikoers in 2035 verdubbel as die aard van werk begin verander en ‘n nuwe verhouding tussen mense en intelligente masjiene ontstaan.

Dit sal produktiwiteit met tot 40% verhoog en KI-tegnologie sal mense in staat stel om hul tyd beter te gebruik, innoverend op te tree en roetinetake aan masjiene of robotte oor te laat.

Waar word dit benut?KI word oor ‘n wye reeks velde benut, wat strek van mediese diagnose, elektroniese handel, beleggingsbestuur, afstandswaarneming, asook in finansies, gesondheidsorg, onderwys, vervoer en die media.

Ecsponent gebruik ditVir Ecsponent is een van die belowendste aspekte van KI die geleentheid om meer mense by die finansiële wêreld te betrek en sodoende ook hul bydrae tot ekonomiese groei en ontwikkeling moontlik te maak.

Tans het sowat 1,7 miljard mense in die wêreld geen toegang tot finansiële produkte of dienste nie -- volgens die Global Findex-databasis van 2017.

Die ontwikkeling van KI gaan dit verander deur die gaping tussen die bank- en nie-bank kliënte te benut en finansiële insluiting te verbeter. In Afrika het die meeste mense selfone en mobiele beursies. Dit beteken geleenthede vir KI soos kredietverskaffing, portefeuljebestuur en, onder meer, onderskrywing.

Krediet is ‘n katalisator vir groeiEen van die paradokse in ons finansiële stelsel is dat krediet net verleen kan word as ‘n aansoeker ‘n bewese kredietgeskiedenis kan toon. In Afrika is kontant koning en dit bring mee dat baie transaksies nooit aangeteken word nie en dat die kredietprofiel van ‘n persoon dikwels geen inhoud het nie. Boonop moet ‘n bank- en salarisstaat by ‘n kredietaansoek ingesluit word. Daarsonder kan krediet nie toegestaan word nie. Dit lei tot finansiële uitsluiting.

MyBucks SA, ‘n Frankfurt genoteerde fintech maatskappy waarvan Ecsponent ‘n wesenlike belang besit, gebruik KI baie suksesvol met kredietverlening. Volgens MyBucks se hooftegnologiebeampte word nie-tradisionele databronne, soos inligting op iemand se selfoon, gebruik om krediettoekennings te bepaal.

Duisende “eienskappe” wat ‘n individu se finansiële gedrag bepaal, kan uit sy selfoondata onttrek word. Hierdie “onverwante eienskappe” kan egter saamgevoeg word om ‘n kredietbepaling te maak op grond van die persoon se vorige leningsgedrag. Dit sluit in alledaagse transaksies soos wanneer en hoe mobiele data gekoop word, wat jou rekening se balans op die vyfde van elke maand is en hoe gereeld jy brandstof ingooi.

Ontsluit plattelandse potensiaalHierdie toegang tot “irrelevante data” stel fintech maatskappye in staat om die kredietpotensiaal van uitgeslote gemeenskappe, soos in die platteland, te ontsluit. Dit bied ‘n helpende hand aan banklose mense om ekonomiese geleenthede te benut en sodoende tot groei in agtergeblewe gebiede by te dra.

Nuwe era bring groeiSkrywers van wetenskapfiksie het die vermoë om soms baie duidelik oor die toekoms te visualiseer. Mark Twain het byvoorbeeld reeds die internet in 1898 voorspel. Hy het geskryf oor ‘n sogenaamde telektroskoop - eintlik ‘n soort oproepverbindingstelsel – wat mense toelaat om by ‘n wêreldwye netwerk via hul telefone in te skakel en inligting van oor die wêreld te sien en te hoor.

Oorsprong van KI

“Kunsmatige intelligensie” mag futuristies klink, maar die term is reeds in 1956 geskep. Daar is selfs verwysing na intelligente masjiene in die Griekse mitologie. Ontwikkeling in KI-tegnologie het die afgelope paar jaar momentum gekry en synde tegnologie is dit vol jargon. Hier is ‘n paar sleutelterme:

1 Kunsmatige intelligensieIntelligente gedrag wat algemeen met mense geassosieer word, maar deur masjiene uitgevoer en toegepas word.

2 MasjienleerDit is ‘n vlak van kunsmatige intelligensie wat statistiese tegnieke gebruik om rekenaarstelsels die vermoë te gee om van data te leer, sonder dat dit doelbewus so geprogrammeer is.

3 Natuurlike taalverwerkingDit is ‘n rekenaar se poging om skriftelike of gesproke taal te interpreteer.

4 Robotiese proses outomatisering‘n Tipe KI wat opleidingsprogrammatuur leer om algoritmes na te boots om te bepaal hoe ‘n werknemer ‘n spesifieke taak sal voltooi.

5 Turing-toetsDie Turing toets, ontwikkel deur Alan Turing in 1950, is ‘n toets van ‘n masjien se vermoë om intelligent en net soos ‘n mens op te tree, sonder dat daar bepaal kan word dit is ‘n masjien.

bladsy 2

Page 3: MAATSKAPPYNUUS · Ecsponent groep in die Pan-Afrikaanse hernieubare energiemaatskappy, Investor Solar Africa Limited, gaan belê. Hierdie “skoon energie vervaardiger” ... elektriese

Finansiering van die grootste (22MW) sonenergie-aanleg in Zimbabwe wat deur die inwoners besit word

Afrika se tekort aan energie demp ekonomiese groei, werkskepping

en landbou-transformasie. Dit vertraag ook die pogings om gesondheid en onderwys te verbeter.

Volhoubare ontwikkelingsdoelwitte in Afrika en wêreldwyd sal slegs bereik kan word indien leiers optree om kwessies rondom energie die hoof te bied.

Net so moet hulle die noodsaaklikheid van sosio-ekonomiese hervorming verstaan en bereid wees om elektrisiteit te verskaf wat betroubaar, skoon en bekostigbaar vir almal is.

Terwyl Suid-Afrika vasgevang is in fossiel branstofvervaardiging, is die res van Afrika besig om in hernieubare energie te belê om hul eie mense te bemagtig.

Dit beteken groot geleenthede vir beleggers in Afrika en dit is waarom die Ecsponent groep in die Pan-Afrikaanse hernieubare energiemaatskappy, Investor Solar Africa Limited, gaan belê.

Hierdie “skoon energie vervaardiger” van Botswana het ontwikkelings- en finansieringskontrakte gesluit om 22 Megawatt (MWp) se hernieubare energie ter waarde van $ US23 miljoen* te ontwikkel.

Konstruksie aan die Havara-projek sal in middel November begin. Die terrein is sowat 40 hektaar groot en naby die Bwoni-dorp aan die suidwestelike kant van Harare geleë. Die plaaslike inwoners van die Bwoni-gemeenskap sal 10% van die projek besit wat deur ‘n gemeenskapsontwikkelingstrust bestuur sal word.

Met hierdie belegging en ander wat in die loop van die afgelope finansiële jaar aangekondig is, het Ecsponent se aandeleportefeulje aansienlik in waarde vergroot en dit is tans oor ‘n groot verskeidenheid gebiede in verskillende geldeenhede versprei.

Twee derdes van die inwoners van Afrika, oftewel 620 miljoen mense, het steeds nie toegang tot bekostigbare, betroubare, volhoubare en moderne elektrisiteit nie. Dit is een van die belangrikste ontwikkelingsdoelwitte van die Verenigde Nasies, maar danksy dekades se verwaarlosing en wanbestuur het Afrika vandag van die swakste elektriese netwerke.

Sonkrag kan verligting aan miljoene honger mense bring

Afrika, Suid van die Sahara, se voedselsekerheid is onder bedreiging.

Die tragedie beteken dat bykans 224 miljoen mense in 2016 ondervoed was. Die situasie is besig om by die dag te versleg. Teen die huidige groeikoerse sal Afrika net 13% van sy bevolking met sy eie voedselbronne in 2050 kan voed.

Wêreldvoedseldag word jaarlikse regoor die wêreld gevier ter ere van die stigtingsdag van die Voedsel en Landbou Organisasie van die Verenigde Nasies.Die doel van die organisasie is om bewustheid oor voedselsekerheid regoor die wêreld te skep. Die tema vanjaar was: Maatskaplike Beskerming en Landbou: Breek die Siklus van Landelike Armoede.

Die belegging in hernieubare energie om voedselsekerheid te bevorderHernieubare energie, veral sonkrag, kan ‘n groot verskil aan die

lewensgehalte van mense maak deur toegang tot water, tegnologie en inligting te verseker. Dit bied ook alternatiewe maniere van voedselverwerking en kan nuwe werksgeleenthede skep.

Geleenthede vir beleggings in die nuwe tegnologie is volop en baie belowend. Beleggings in veral sonkrag kan byvoorbeeld uitstekende dividende in vier gebiede lewer waar die landbou gemoderniseer word.

Die artikel is geskryf deur Terence Gregory, uitvoerende hoofbestuurder van Ecsponent, en het in BizNis Africa verskyn.

Lees dit hier

‘n Groot deel van Suid-Afrika se sakewêreld bestaan uit klein en medium ondernemings (KMO’s) wat ‘n kenmerk van ‘n ontwikkelende ekonomie en ‘n sterk teken van toekomstige groei is. Bykans 90% van ons plaaslike besighede kan as KMO’s beskryf word. Dit verteenwoordig sowat die helfte van ons werkmag en ‘n derde van ons bruto binnelandse produk.

* Van die totale projekkoste is US $7 miljoen van Old Mutual Asset Management Zimbabwe verkry en Norsad Finance het finansiering van US $5 miljoen verskaf. Die balans van die projekbefondsing is deur Invest Solar Africa verkry, wat deur Ecsponent Beperk gerugsteun is. Invest Solar Africa sal na verwagting teen die einde van 2018 op die Botswana-aandelebeurs noteer.

bladsy 3

Fokus op hernieubare energie

Afrika se elektrisiteit geleenthede

1/3 van die mense van Afrika het geredelike toegang tot elektrisiteit

8/10 van die mense van Sub-Sahara Afrika maak van oop vure gebruik om hul kos te kook en huise te verhit

50% van Afrika besighede meld dat hul bedrywighede en groei gedemp word deur gebrekkige toegang tot betroubare energie

Die uitbreidingskoers van elektrisiteit in Afrika is vandag soortgelyk aan die koers wat in 1970 in China gegeld het

$19 miljard word jaarliks benodig om algehele blootstelling aan elektrisiteit in 2030 te verseker

Bron: Internasionale Energie-agenstskap en die

Sentrum vir Globale Ontwikkeling

KOLLIG

OP

Page 4: MAATSKAPPYNUUS · Ecsponent groep in die Pan-Afrikaanse hernieubare energiemaatskappy, Investor Solar Africa Limited, gaan belê. Hierdie “skoon energie vervaardiger” ... elektriese

Wat gebeur tans in die markte? Daar is sterk aanduidings dat die Amerikaanse bulmark wat sedert Maart 2009 nooit een keer met meer as 20% gedaal het nie, nou besig is om momentum te verloor.

Vir Suid-Afrika hou dit ernstige implikasies in, want ons het nie soos ander ontluikende lande voordeel uit die Amerikaanse bulmarkte getrek nie, weens ons interne ekonomiese en politieke terugslae. Nogtans sal ons soos die res van die wêreld die spit afbyt met ‘n beermark in Amerika as dit is wat in die toekoms gaan gebeur. Dit beteken Suid-Afrika kan ‘n tweede agtereenvolgende beermark betree wat daadwerklike negatiewe gevolge vir ons ekonomie inhou. Dit sal groot eise aan plaaslike maatskappye stel om berekende risiko’s te loop en hul ondernemings te herposisioneer.

Ons is ongelukkig, ten spyte van President Ramaphosa se poging om dit te verander, net nie meer ‘n ooglopende goeie beleggingsopsie soos sekere ander ontluikende lande nie, want ons gekaapte ekonomie kan nie presteer nie.

Dit is egter nie net ons eie interne krisis wat te blameer is nie. Volgens die South China Morning Post word miljarde dollar van die Amerikaanse Wall Street-beurs na Europese en Asiese beurse geskuif, in afwagting van die handelsoorlog tussen Amerika en China wat reeds begin toeneem. Dit spruit uit die Trump-administrasie se aandrang dat China sy intellektuele eiendomspraktyke aanpas, sy markte vir buitelandse mededinging open, hoë subsidies op sy tegnologieprodukte afskaal en stappe neem om die handelsbalans met Amerika te balanseer. Dit het gelei tot honderde miljarde dollar se tariewe wat wedersyds teen mekaar ingestel is.

Die president van Indonesië, Joko Widodo, het tydens die pas afgelope Internasionale Fonds se spitsberaad in Bali gewaarsku dat die handelsoorlog tussen Amerika en China ernstige

implikasies vir ontwikkelde, sowel as ontwikkelende markte inhou.

Die goewerneur van die Bank van Frankryk, Francois Villeroy de Galhau, het tydens die beraad gesê die wêreld het skielik vanaf gesinkroniseerde groei tot ekonomiese verdeeldheid beweeg. Die Internasionale Monetêre Fonds het reeds sy vooruitsigte van wêreldgroei vir 2018/19 van 3.9% tot 3.7% aangepas en gewaarsku dat ontluikende ekonomieë die impak eerste gaan voel as die Amerikaanse Federale Reserwebank en ander groot sentrale banke hul monetêre beleid vinniger gaan verstewig as wat verwag is.

Bepalend is die stand van Amerikaanse rentekoerse oor die volgende paar maande. Indien inflasie in dié moondheid toeneem, sal rentekoerse verhoog word. Dit het reeds begin met looninflasie (werkloosheid is op rekordlaagte) wat skerp in Amerika styg en verbruikersinflasie verhoog. Dit beteken die tienjaar tesourie-effekte (tans onder 3%) kan verhoog word, wat die einde van die bulmark sal beteken.

Kan ons rommelstatus vryspring?Hier by ons lyk dit reeds na ‘n gegewe dat Moody’s Investor Services binne die volgende paar maande Suid-Afrika kan afgradeer. Moody’s is die enigste van die drie kredietgradeerders wat Suid-Afrika nog op beleggingsgraad, Baa3, het.

‘n Afgradering deur Moody’s sal beteken dat Suid-Afrika van, onder meer die Citigroup World Government Bond Indeks uitgesluit sal word. Dit sal beteken dat tussen R60 en R140 miljard uit plaaslike effekte onttrek en na die buiteland geskuif word, omdat die indeks vereis dat effekte nie in lande met rommelstatus belê mag word nie.

Fokus op geleenthede, pleks van chaosDie onsekerhede skep egter ook geleenthede waarop gekapitaliseer kan word. Soos die bekende woorde van JD Rockefeller, waarskynlik die rykste man

in ons tyd en in die geskiedenis: “Die manier om geld te maak, is om te koop as bloed in die strate loop.”

Ecsponent se beleggingsfilosofie bly onveranderd in tye van markwisseling. Ons belê oor ‘n wye spektrum om ons bates oor streke, geldeenhede en winshorisons te versprei. Met ons voorkeuraandele bied ons vasgestelde opbrengste wat stabiliteit en gemoedsrus vir beleggers verseker.

Hierdie strategie het ons in staat gestel om die afgelope sewe jaar te floreer en in bates te belê wat oor verskeie groeisektore versprei is. Voorts het ons bedryfsbeleggings in krediet- en beleggingsdienste op nismarkte gefokus en veral in gebiede waar verbruikers swak bedien is.

As ‘n buigsame organisasie, is ons goed geposisioneer om op uitdagings in die markte te reageer en geleenthede raak te sien terwyl die res van die wêreld bloed op die strate sien. Registreer om ons landwye aanbiedings by te woon en meer te leer van geleenthede wat ons gaan ontsluit en hoe u as belegger in die veranderde markssituasie koers kan hou.

Vir ons voorkeur-aandeelhouers beteken dit die voortsetting van ons stabiele, voorspelbare opbrengste wat gemoedsrus verseker.

Bemeester krisis soos Rockefeller

Financial Services

Suksesvolle ondernemings sal in die tye van verandering net kan oorleef en groei as lewensvatbare geleenthede geïdentifiseer, benut en met deursettingsvermoë aangepak word. Dit verg entrepreneurs wat die internasionale en plaaslike omgewing se risiko’s kan ontleed en idees en visualisering in suksesvolle produkte en dienste kan omskep.

Wanneer is meer eintlik minder? Lees atyd die fynskrifDie verbetering van opbrengste is elke belegger se oogmerk en hulle kan nie anders nie as om op te merk as sekere produkte skielik heelwat meer aanbied as gewoonlik. Die hoër as verwagte opbrengste kan egter deels toegeskryf word aan advertensies wat nie die fynskrif na behore uitlig nie.

Weet jy waarna om te kyk as beleggingsopbrengste vergelyk word?

Kliek hier om meer op ons webtuiste te lees.

bladsy 4

PERSOONLIKE

FINANSIES