marketstraat 145, fairland 011 678-4591/2 … · 2014-06-19 · 2 akademie tweede kwartaal graad 4...

8
Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 21 nr 18 5 Junie 2014 Vinkie Vinkie Laerskool Fairland BELANGRIKE DATUMS 5-13 Junie Eksamen 10 Junie Junior- en Seniorkoor – L/s Jan Celliers 18 Junie Fotodag – Eerste stel sport- en kultuurfoto’s 21 Junie Gr. 7-fondsinsameling 24 Junie Seniorkoor – Jakkie Louw en Cansa 27 Junie Skool sluit om 11:00 – Rapporte word om 10:45 in registerklas uitgedeel UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons verwelkom die volgende leerders wat hierdie week by ons aangesluit het: Sean Doyle - Gr. 2.13 vanaf Laerskool Oosterkruin Danika Pienaar - Gr. 2/16 vanaf Laerskool Fontainebleau Alexis Alberts - Gr. 3/45 vanaf Laerskool MW de Wet Kyle Pienaar - Gr. 6/40 vanaf Laerskool Fontainebleau Personalia Ons neem hierdie week afskeid van juf.Tina wat op 4 maande verlof gaan.Tina, ons wens jou baie sterkte toe en glo en vertrou dat dit sommer baie goed met julle sal gaan. Eksamen: Gr. 4- tot gr. 7-leerders Ons moedig die leerders aan om hard te werk gedurende die eksamen. Baie sterkte! VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeel wat hierdie week verjaar: Johanette Judels - 07 Junie Retief Swart - 10 Junie (Voorsitter: Finansiële Komitee) Ons glo en vertrou dat jul nuwe lewensjaar voorspoed en baie geseënd sal wees! REDAKSIE Die afgelope Comrades-maraton het weereens bewys dat talent op sigself nie genoeg is om sukses te verseker nie. Letterlik duisende atlete het soos elke jaar die geval is, aan die moeilikste ultra-maraton ter wêreld deelgeneem. Hier word baie meer as blote talent gemeet. Soms is daar obskure karakters wat die wenstreep oorsteek en soms is dit atlete met gebreke of hindernisse. Die meeste van hulle is natuurlik vermaarde en kranige sportmanne en –dames. Mense, wat weke, maande en selfs jare lank voorberei en die padwerk insit. Mense wat met die hulp van hulle klubs en die kennis en ondersteuning van hulle afrigters die beste tye behaal. Dan is daar die ander – dié wat aan geen klub behoort nie en sonder professionele afrigting, die onmoontlike regkry. Ek wonder dikwels wat dit is wat dié ouens so laat uitstyg bo die norm. Ek het ‘n teorie hieromtrent: Sommige mense het ‘n intense behoefte om die beste te wees in dit waaroor hulle passievol is. Ander toets hulleself gereeld teen oorweldigende struikelblokke, sodat hulle met dryf en toewyding, beter anderkant uitkom. Nog ander hou daarvan om grense te skuif. Grense wat dikwels deur vooropgestelde opvattings van ander mense op hulle afgedwing word. Sulke mense floreer op uitdagings. Hulle hou van adrenalien en sal altyd die onmoontlike aanpak, ongeag die uitkoms daarvan. Dit is die ouens wat ons leer oor die onmeetlike vermoë van die mens se talente, veral as dit gekombineer word met ‘n positiewe ingesteldheid. Aan die anderkant is daar die mense vir wie elke dag ‘n uitdaging is. Mense wat van molshope berge maak en wat vergeet het hoe dit voel om te wen. Wroeging hou vir hulle sy eie bekoring in en kan ‘n magtige minnares word. Die gevaar lê daarin dat so ‘n leefstyl gewoontevormend kan wees. Die lewe is kort. Skop daai klip in jou pad dat hy sommer so woer-woer in die niet verdwyn. Jy sal verstom wees om te sien hoe gemaklik jy dan vorentoe beweeg! Ek sluit af met ‘n aanhaling van Vic Johnson. Many people can’t achieve the success of their dreams because they are too busy building monuments to the hurts and struggles of their past. Breek dit af! Klippie vir klippie. Dis al. Erika

Upload: others

Post on 16-Feb-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 21 nr 18 5 Junie 2014

Vinkie Laerskool FairlandVinkie Laerskool Fairland

BELANGRIKE DATUMS5-13 Junie Eksamen10 Junie Junior- en Seniorkoor – L/s Jan Celliers18 Junie Fotodag – Eerste stel sport- en kultuurfoto’s21 Junie Gr. 7-fondsinsameling24 Junie Seniorkoor – Jakkie Louw en Cansa27 Junie Skool sluit om 11:00 – Rapporte word om 10:45 in registerklas uitgedeel

UIT DIE HOOF SE KANTOOROns verwelkom die volgende leerders wat hierdie week by ons aangesluit het: Sean Doyle - Gr. 2.13 vanaf Laerskool OosterkruinDanika Pienaar - Gr. 2/16 vanaf Laerskool FontainebleauAlexis Alberts - Gr. 3/45 vanaf Laerskool MW de WetKyle Pienaar - Gr. 6/40 vanaf Laerskool FontainebleauPersonaliaOns neem hierdie week afskeid van juf. Tina wat op 4 maande verlof gaan. Tina, ons wens jou baie sterkte toe en glo en vertrou dat dit sommer baie goed met julle sal gaan.Eksamen: Gr. 4- tot gr. 7-leerdersOns moedig die leerders aan om hard te werk gedurende die eksamen. Baie sterkte!

VERJAARSDAEBaie geluk aan die volgende personeel wat hierdie week verjaar:Johanette Judels - 07 JunieRetief Swart - 10 Junie (Voorsitter: Finansiële Komitee)Ons glo en vertrou dat jul nuwe lewensjaar voorspoed en baie geseënd sal wees!

REDAKSIEDie afgelope Comrades-maraton het weereens bewys dat talent op sigself nie genoeg is om sukses te verseker nie. Letterlik duisende atlete het soos elke jaar die geval is, aan die moeilikste ultra-maraton ter wêreld deelgeneem. Hier word baie meer as blote talent gemeet. Soms is daar obskure karakters wat die wenstreep oorsteek en soms is dit atlete met gebreke of hindernisse. Die meeste van hulle is natuurlik vermaarde en kranige sportmanne en –dames. Mense, wat weke, maande en selfs jare lank voorberei en die padwerk insit. Mense wat met die hulp van hulle klubs en die kennis en ondersteuning van hulle afrigters die beste tye behaal.Dan is daar die ander – dié wat aan geen klub behoort nie en sonder professionele afrigting, die onmoontlike regkry. Ek wonder dikwels wat dit is wat dié ouens so laat uitstyg bo die norm. Ek het ‘n teorie hieromtrent:Sommige mense het ‘n intense behoefte om die beste te wees in dit waaroor hulle passievol is. Ander toets hulleself gereeld teen oorweldigende struikelblokke, sodat hulle met dryf en toewyding, beter anderkant uitkom. Nog ander hou daarvan om grense te skuif. Grense wat dikwels deur vooropgestelde opvattings van ander mense op hulle afgedwing word. Sulke mense floreer op uitdagings. Hulle hou van adrenalien en sal altyd die onmoontlike aanpak, ongeag die uitkoms daarvan. Dit is die ouens wat ons leer oor die onmeetlike vermoë van die mens se talente, veral as dit gekombineer word met ‘n positiewe ingesteldheid.Aan die anderkant is daar die mense vir wie elke dag ‘n uitdaging is. Mense wat van molshope berge maak en wat vergeet het hoe dit voel om te wen. Wroeging hou vir hulle sy eie bekoring in en kan ‘n magtige minnares word. Die gevaar lê daarin dat so ‘n leefstyl gewoontevormend kan wees.Die lewe is kort. Skop daai klip in jou pad dat hy sommer so woer-woer in die niet verdwyn. Jy sal verstom wees om te sien hoe gemaklik jy dan vorentoe beweeg! Ek sluit af met ‘n aanhaling van Vic Johnson.Many people can’t achieve the success of their dreams because they are too busy building monuments to the hurts and struggles of their past.Breek dit af! Klippie vir klippie. Dis al.Erika

2

AKADEMIETweede Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Ma. 2 Junie Tegnologie

Di. 3 Junie Skeppende Kuns

Do. 5 Junie SW SW SW SW

Vr. 6 Junie Afrikaans Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Naweek

Ma. 9 Junie NW NW NW NW

Di. 10 Junie Engels Engels Engels Engels

Wo. 11 Junie LO

Do. 12 Junie LV LV LV EBW

Vr. 13 Junie Wiskunde Wiskunde Wiskunde Wiskunde

GrondslagfaseTwee van ons leerders gaan die skool by die distrik verteenwoordig. Ons sê baie dankie aan hulle dat hulle, hul talente met die ander skole se maats gaan deel en wens hulle sterkte toe! 3 Junie - Gr. 3 Roelof le Roux Literacy and Life Skills celebrations by Boskop12 Junie - Gr. R Mignon Potgieter Show and Tell by IR GriffithOns is trots op julle!Sylvia Smith

KULTUURREVUEDie oefenprogram vir Woensdae 18:00 - 20:00 is soos volg:

DATUM 18:00-19:00 19:00-20:00

18 Junie Dansgroep Dansgroep

WoensdagoefeningeOuers moet asb op die nuwe rooster werk. Die vorige een het nie die eksamen in gedagte gehou nie en is sodanig aangepas.KostuumgeldBaie dankie aan al die ouers wat so positief gereageer het op ons versoek vir die inbetaling van kostuumgelde. Alle gelde moet asb. teen VRYDAG 5 JUNIE inbetaal wees. Baie dankie vir u begrip.

BorgskappeDaar is ‘n aantal ouers wat ander leerders borg en ons wil u verseker van ons waardering vir u empatie en vrygewigheid. Dit gaan beslis ‘n paar kinderharte bly maak.Indien enigiemand belangstel om ‘n bladsy of dalk die hele program te borg, kan u direk met Erika skakel by [email protected]. Daar sal ongeveer 1000 programme gedruk word.SATCHIndien leerders vrystelling ontvang het (Goud, Dubbelgoud en AMTC-uitnodiging), moet die vrystellingsbriewe ook by juf. Johanette Judels ingehandig word om in aanmerking geneem te word vir kultuurpunte.NEAAlle aanlyn-inskrywings: Sluit 9 Junie (word deur juf. Leanie Taljaard hanteer)Individuele inskrywingsgelde:1 inskrywing - R100.002 inskrywings - R250.003 inskrywings - R435.004 inskrywings - R640.005 inskrywings - R850.006 of meer inskrywings - R175.00 tel by per inskrywing meer as 5Individuele inskrywingsvorm op Communicator of web: www.eisteddfod.co.za beskikbaar.Vergelyk webtuiste vir alle groep-inskrywings.Inskrywingsvorms en –gelde moet betyds ingehandig word. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.Ons versoek dat inskrywings deur Laerskool Fairland geskied, asook dat inskrywingsgeld in Laerskool Fairland se rekening inbetaal word (met die nodige verwysings asb.) en inskrywings nie direk by NEA gedoen word nie.Dit is krities dat u as ouer hierdie reëling sal respekteer aangesien daar elke jaar ‘n groter groep leerders ingeskryf word en dit administrasie bemoeilik. Dis onmoontlik om tred te hou van watter gelde by die skool en watter direk by die NEA inbetaal is. Met die oog op erkenning vir kultuurpunte (gr. 4 – 7) is dit noodsaaklik om die nodige kontrole te hou.Laerskool Fairland sal dan die inskrywings instuur en die korrekte bedrag in die NEA se rekening oorplaas. Die aanlyn-inskrywings tesame met kontant/of EFT-bewys van betaling in die skool se rekening, moet na Leanie Taljaard gestuur word. Sy sal dan die globale bedrag namens die ouers onder die skool se naam oorbetaal as ons inskrywings.

KOORJuniorkoorOefening vir Donderdag 5 en 12 Junie: 13:15 – 15:00

3

SeniorkoorOefening gedurende eksamentyd:Donderdag 05 Junie 12:00 – 13:00Dinsdag 10 Junie 12:00 – 13:00JuniorkoorOefening:Donderdae: 14:00 – 15:30 in die saal.Erika Joubert

SPORTNETBALUitslae: Ligawedstrydeo/10C - Fairland vs Boskop Primary wen 6 – 0 (A- en B-spanne)o/10D - Fairland vs Boskop Primary wen 15 – 0 (A- en B-spanne)o/11C - Fairland vs Boskop Primary verloor 10 – 15 (A- en B-spanne)o/11D - Fairland vs Boskop Primary verloor 5 – 11 (A- en B-spanne)o/12C - Fairland vs Boskop Primary verloor 7 – 9 (A- en B-spanne)o/12D - Fairland vs Boskop Primary wen 11 – 8 (A- en B-spanne)o/13C - Fairland vs Boskop Primary verloor 6 – 7 (A- en B-spanne)o/13D - Fairland vs Boskop Primary verloor 9 – 12 (A- en B-spanne)Uitslae: Ligawedstrydeo/10C - Fairland vs TrinityHouse (Randpark) wen 19 – 1 (A- en B-spanne)o/10D - Fairland vs TrinityHouse (Randpark) wen 12 – 4 (A- en B-spanne)o/11C - Fairland vs TrinityHouse (Randpark) wen 14 – 1 (A- en B-spanne)o/11D - Fairland vs TrinityHouse (Randpark) wen 8 – 5 (A- en B-spanne)o/12C - Fairland vs TrinityHouse (Randpark) wen 12 – 6 (A- en B-spanne)o/12D - Fairland vs TrinityHouse (Randpark) wen 18 – 4 (A- en B-spanne)o/13C - Fairland vs TrinityHouse (Randpark) wen 11 – 4 (A- en B-spanne)o/13D - Fairland vs TrinityHouse (Randpark) wen 12 – 3 (A- en B-spanne)Netbaloefening:Oefentye (o/9 – o/13):

Neem asb. kennis van die volgende:• Net bogenoemde spanne oefen, die res is klaar vir die seisoen.Eksamenoefentye sal met die onderskeie spanne gereël word.Ligadatums:Neem asb. kennis dat hierdie datums wel weer kan verander. Leerders wat speel sal per brief in kennis gestel word.Jomo-liga (A- en B-spanne):6 Junie - Jomo-uitspele13 Junie - Gautengkampioenskap20 Junie - D10-winterspeleUitslae van Jomo-liga:o/10A - derdeo/10B - tweedeo/11A - vierdeo/11B - derdeo/12A - tweedeo/12B - tweedeo/13A - vierdeo/13B - vyfdeDie o/12- en o/13-netbaldogters speel 13 Junie by EG Jansen, Boksburg. Verdere inligting volg later.o/11A-netbalspan: WinterspeleVind plaas op 20 Junie by Hoërskool Randburg.Mini-netbaltoernooi (o/9): 28 Mei, 4 en 11 Junie by Laerskool Fontainebleau

RUGBYRugby-uitslae: L/s Pres. Steyn (28 Mei)o/9A - verloor 5 – 17o/9B - wen 17 – 15 o/10A - wen 10 – 7o/10B - wen 26 – 7o/11A - wen 26 – 0o/11B - verloor 0 – 7Derde span - wen 43 – 0Tweede span - wen 41 – 7Eerste span - wen 42 – 12

4

Rugby-oefentye

Oefening tydens eksamenDie onderskeie afrigters sal die tye deurgee aan hul spanne.Ligabepalings 201413 Junie - kwart-finaal17 Junie - semi-finaal20 Junie - finaalDean BenadieTENNISDaagwedstryde:Die daagwedstryde vir die Bethlehemtoernooi is nou gesluit.JuniorsTennisoefening: Maandae 16:00 – 17:00 (by Jean – Top 8) Dinsdae Daar sal geen oefeninge op Dinsdae plaasvind nie, as gevolg van netbaloefeninge. Oefeninge sal eers weer in die derde kwartaal begin.LigaLigawedstryde vind in die derde kwartaal plaas. Datums sal in die Vinkie geplaas word sodra dit bekend is.SKAAKOefeningGr. 1: Kamer 22 13:30 – 14:15Gr. 2 en 3: Kamer 25 14:00 – 15:00 Gr. 4 – 7: Kamer 1 15:00 – 16:30

Gr. 2-leerders moet in die wagklas wag totdat skaak begin.Alle spelers moet asb. skaakoefening bywoon. Spanne word nou gefinaliseervir ligawedstryde wat in die derde kwartaal plaasvind.SkaakgroeteAnnemarie HeymansKRIEKETKrieketproeweKrieketproewe vir die o/9- tot tweede span seuns vind plaas op 23, 24 en 25 Junie direk na skool.KrieketvaardighedeKrieketvaardighede vir gr. 1- en gr. 2-leerders vanaf Maandag 9 Junie 13:00 – 13:45. Alle seuns is welkom. Oefeninge vind plaas op Maandae, Dinsdae en Woensdae tot einde van die kwartaal.Micheal VermeulenHOKKIEDie hokkie-seisoen begin in die derde kwartaal. Spelers moet solank hul mondskerm, “shinpads” en hokkie-stokke regkry vir die seisoen. Onthou die stokke moet heuphoogte wees.ONDERSTEUNERSHEMDE EN –PETTEDaar is nog ondersteunershemde- en pette beskikbaar by Adele Ekron in die kantoor. Ons doen ‘n beroep op ons ouers om asb. ‘n ondersteunershemp en –pet aan te skaf sodat Fairland se ondersteuners duidelik kan uitstaan.

INLIGTINGSENTRUMWOW-SPELFEES 2014Baie sterkte aan al ons Fairland-spellers! Ons hou vir julle duimvas! Gr. 1- tot gr. 3- leerders het op Woensdag 4 Junie hul speltoets afgelê. Ons sal so gou as moontlik briefies uitdeel aan die leerders wat deur is na rondte 2! Gr. 4- tot gr. 7- leerders skryf hul speltoetse op Donderdag 19 Junie.ATKV-KINDERBOEKTOEKENNINGOnthou om jou stembriefie in te handig sodra jy al die boekies gelees het. Daar is nog ‘n paar leerders wat hul boekies moet deurlees, maar gelukkig is daar nog sowat 6 weke oor om jou boeke kaf te draf.ATKV- leesprojek, gr. 6 en gr. 7Onthou om jou boeke deur te lees asook op te som. Jy is self verantwoordelik om boeke te kom ruil en seker te maak dat jy al die boeke gelees het. Eksamendatum: 6 Augustus. Briewe is aan betrokke deelnemers uitgedeel.SANTAM-KINDERKUNSKOMPETISIEDie sluitingsdatum is nou om die draai. Jou kunsstuk moet op Donderdag 12 Junie by juf. Leanie ingehandig wees.Die tema vanjaar is “Kinderregte” en jy moet deur jou kunsstuk wys wat kinderregte vir jou beteken of watter een vir jou baie belangrik is. Gaan kyk gerus op die internet watter kinderregte daar is of kom loer pouses in die inligtingsentrum, dan sal een van die medialeiers jou help. Jy

5

kan verf, teken of enige ander medium gebruik. Die finale kunsstuk moet in ‘n vierkant-formaat wees. Verken jou wêreld en moenie bang wees om kreatief te raak nie. Die wenners se kunsstuk verskyn in die Santam Kinderkunskalender vir 2015. Sluitingsdatum: 12 Junie 2014 (Intern – alle inskrywings sal deur Laerskool Fairland versend word.) Inskrywingsvorms by juf. Leanie beskikbaar.Woeker met jou talente!Leanie Taljaard

ALGEMEENVERE-KASVere-kastye:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Vere-klastye gedurende die eksamen:Die Vere-kas sal tydens die eksamen net in die oggende oop wees van 07:10 - 07:40, behalwe vir 11 Junie 2014. Dan sal die Vere-kas gesluit wees.Vere-kasgroeteLillian Ankersmit082 324-5034STERRE VAN DIE WEEKWeek: 29 Mei 2014Gr. 1/22 : Danël BooysenGr. 1/23 : Sophia KotzéGr. 1/24 : Francois BritzGr. 1/25 : Karma VisagieGr. 1/26 : Inge van der WaltGr. 1/27 : Joof EnslinGr. 2/13 : Liam van DammeGr. 2/14 : Chad EsterhuyseGr. 2/16 : Tiaan SmitGr. 2/17 : Justin CoultierGr. 2/18 : Lené DysonGr. 2/21 : Cherrellé WelgemoedGr. 3/12 : Francois van ZylGr. 3/15 : Zian van BlerkGr. 3/28 : Emile LiebenbergGr. 3/29 : Kara SchreuderGr. 3/45 : Mea du ToitGr. 3/46 : Melia Jordaan

‘n SPESIALE DANKIE...‘n Besondere dankie aan ál my klas se kindertjies en ouers wat my verjaardag so spesiaal gemaak het met die pragtigste bos blomme en groot geskenkbewys. Die kinders was omtrent opgewonde met hul speldjies wat hul kon aansteek om saam met juffrou verjaardag te vier. Ek waardeer dit uit die diepste van my hart. Julle is baie spesiaal!!LiefdeJuffrou Magdaleen

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBANDDie beheerliggaam het besluit dat daar vir die volgende vier sportkodes (buiteskoolverband) koördineerders uit die personeel aangestel word. Hierdie persone sal slegs die nodige inligting deurgee. Geen afrigting sal verskaf word nie. • Gholf - Ruan Basson ([email protected])• Swem - Johanette Judels ([email protected])• Avontuursport - Lindsay Stadtlander ([email protected])• Ruitersport - Marli Grobbelaar ([email protected])AVONTUURSPORTAvontuursport is ‘n kombinasie van swem, hardloop en fietsry. Van die byeenkomstes is vir die o/12’s maar die meeste is vir die o/13’s. Die leerders moet inskryf as gemengde spanne van seuns en dogters. Die datums vir die res van die jaar is soos volg: 1. Saterdag 10 Mei om 12:00 by Dabulamanzi Canoe Polo Mini Adventure – Emmarentiadam.Hierdie sal ‘n baie maklike byeenkoms wees. Die spanne mag in 2,3 of 4 ingedeel wees en ouers

is ook welkom om in te skryf. Geen voorbereiding is nodig nie. 2. Hennops Mini-Adventure – Hennops 4x4 Trail – 8 June 20143. Hoërskool Lichtenburg moet nog bevestig vir die provinsiale byeenkoms, maar ons verwag

dat dit die einde van Augustus sal wees. 4. Die SA’s sal by Stanford Lake College wees en dit sal einde September, begin Oktober

plaasvind. Sien asb die webtuiste www.schoolsar.co.za vir inskywingsvorms en ander inligting.

AKROBAAT Madelein Venter het op Saterdag 22 Mei aan die Sentraal-Gauteng Akrobaatkompetisie deelgeneem.Sy dring met haar punt van 8.5 deur na die interprovinsiale kompetisie wat gehou word vanaf 12 tot 14 Junie. Hiervoor verwerf sy ‘n medalje. Madelein, ons is baie trots op jou en wens jou voorspoed toe met die komende kompetisie.

6

ADVERTENSIESPROFESSIONELE LESSEWiskunde en Engels – Gr. 1 -12 (Gratis assessering)Skakel Jorrie en Almarie Jordaan - 011 478-2114 of 0727706299Kip McGrath Education Centres, NorthcliffCONSTANTIA SKOOLKLEREOuers kan nou vir Constantia kontak om te hoor of hul reeds die klere ontvang het.Tel.no.: (011) 791-1300Adres: Hoërskoolsentrum, Malibongwerylaan, Robindale, Randburge-posadres: [email protected] leweransiers:Sportmans Warehouse:Tel.no.: (011) 431-0406Adres: Heathway Square, Beyers Nauderylaan, Cresta, Johannesburgwebtuiste: www.schoolandleisure.co.zaBurgers Broers:Tel.no.: (011) 782-1055Adres: Beyers Nauderylaan 159, Northcliff, Johannesburge-posadres: [email protected] SEWES - KAMP (Voorbereidingskamp vir hoërskool)Datum: 9 OktoberKoste: R800 per persoon + R70 busgeldKontak: Ds. Jaco Schoeman (082 411-4080) Wimpie Kritzinger (082 672-3332) Ds. Anton Ferreira (082 495-5968HUISHULP BENODIGVoltydse huishulp dringend benodig in Weltevredenpark. Kamer beskikbaar. Kontak Christelle 076 793 9476.

JUNE – JULY HOLIDAY TENNIS CAMP COME JOIN THE FUN! AND WIN SOME GREAT PRIZES!! WHEN: 30th June – 4th July (5 days) OR 7th July – 9th July (3 days) WHERE: Fairlands Tennis Club 4 LEVELS OF PLAY: RED, ORANGE, GREEN and YELLOW AGES: 6 – 13 TIME: 8:00 – 13:00 - (5 hours) COSTS: 1 day @ R200 per child (5 hours) 3 days @ R500 per child (15 hours) Full week @ R850 per child (Special rate) (25 hours)

CLOSING OF ENTRIES: 25th June (no exceptions) Register with, Merisa Steyn on 083 651 7826 or [email protected]. Please send your dates you would like to enter on email to obtain your entry form as well as confirmation of entry. Prizes: Tennis Bag, caps, grips and medals.AGE GROUP 1: 10 – 13 years 08:30 – Attendance and welcoming (all ages) 09:00 – 10:00 (with 5 minute water break) Three (3) game situations: 1. Serving and returning, 2. Playing groundstrokes and rallies 3. Approaching the net and passing the net player. 11:00 – 12:00 (with 5 minute water break) Five (5) basic tactics: 1. Consistency 2. Moving the opponent 3. Maintaining good court position 4. Playing to strengths 5. Exploiting the opponent’s weakness 12:00 – 13:00 (all ages) Matches & Fun games JUNIOR CODE OF CONDUCT BASIC COMPETENCIES REPORT of each player AGE GROUP 2: 6 – 9 years 08:30 – Attendance and welcoming (all ages) 9: 00 – 10:00 (with 5 minute water break) Three (3) game situations: 1. Serving 2. Basic forehand and backhand 3. Volleys 11:00 – 12:00 Five (5) basic tactics: 1. Consistency – what it means and hitting the ball to the same area 2. Moving the opponent – hitting the ball away from your friend, making him move. 3. Maintaining good court position – movement 4. Playing to strengths – where’s my friends strengths? (What is he good at?) 5. Exploiting the opponent’s weakness – what’s my friend’s weakness in the game (what’s he struggling with?) All situations and tactics are learned during play to gain a better understanding. 12:00 – 13:00Matches and fun games

7

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOLKlavier // Dromme // Viool // Sang - Beginners tot gevorderd. Berario Ontspanningsentrum.Retha – 081 351 7491BABA-OPPASSER BENODIGIemand wat voltyds baba kan oppas en huis opruim word benodig vanaf begin Oktober in Ferndale. Verkieslik ouer, Afrikaanse dame. Kontak asb. vir juf. Tina 074 754-7954.HONDJIES TE KOOPChow babahondjies te koop, R1200 elk. 6 Weke oud, Ontwurming en immunisering op datum.Skakel Esmarie 083 581 5257LEERHULP VIR GR. 4- TOT GR. 7-LEERDERSLeerhulp vir gr. 4- tot gr. 7-leerders (individueel en in groepsverband). Skakel Chrissie 0763302745 of Reinette 0845897068.

8