marketstraat 145, fairland (011) 678-4591/2 ...€¦ · skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-,...

10
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 36 16 November 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Eksamen Leerders moet asb. goed voorbereid eksamen kom skryf. BELANGRIKE DATUMS VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar: Theresa Schutte - 17 November Karén Reyneke - 21 November Arinda Nap - 21 November Mag dit vir julle ‘n wonderlike, gesëende lewensjaar wees. REDAKSIE Die 2017- hings ruik nou die stalle en hardloop soos ‘n wafferse resiesperd eindbestemming toe, met ons almal wat soos joggies vasklou om nie af te val nie. Ja, die einde is in sig en die tempo neem geensins af nie. Dis juis nou wat ons moet kophou, want planne vir 2018 se resies is reeds in die pyplyn. Raad vir almal wat klou om lewe en dood: Byt vas! Jy weet jy kan. Dink aan saliger dae wanneer jy rustig kan wei. Werk aan jou kondisie. Onthou ‘n maermerrie is ‘n kwesbare ding! En ‘n nagmerrie is ‘n lelike ding. Een van die dae kan jy jou tuig neerlê en rol op die gras. Dis mos lekker vooruitsigte!! Erika DATUM AKTIWITEIT SPORT 13 17 November Krieket: o/9 Trinity Cricket Festival ALGEMEEN 21 23 November Gr. R-Boekuitstalling 27 November Gr. 1- tot gr. 6-afsluitingsfunksie 27 November Gr. 7-gedenkklokseremonie 29 November Gr. 7-Gold Reef City AKADEMIE 10 27 Nov. Eksamen: Gr. 4- tot gr. 7-leerders

Upload: others

Post on 17-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...€¦ · Skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-, sang- of klavierlesse! Resonanze Musiekskool, Berario Gemeenskapsentrum, 081 351-7491

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 36 16 November 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Eksamen

Leerders moet asb. goed voorbereid eksamen kom skryf.

BELANGRIKE DATUMS

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:

Theresa Schutte - 17 November Karén Reyneke - 21 November Arinda Nap - 21 November Mag dit vir julle ‘n wonderlike, gesëende lewensjaar wees.

REDAKSIE

Die 2017- hings ruik nou die stalle en hardloop soos ‘n wafferse resiesperd eindbestemming toe, met ons almal wat soos joggies vasklou om nie af te val nie. Ja, die einde is in sig en die tempo neem geensins af nie. Dis juis nou wat ons moet kophou, want planne vir 2018 se resies is reeds in die pyplyn.

Raad vir almal wat klou om lewe en dood: Byt vas! Jy weet jy kan. Dink aan saliger dae wanneer jy rustig kan wei. Werk aan jou kondisie. Onthou ‘n maermerrie is ‘n kwesbare ding! En ‘n nagmerrie is ‘n lelike ding. Een van die dae kan jy jou tuig neerlê en rol op die gras.

Dis mos lekker vooruitsigte!!

Erika

DATUM AKTIWITEIT

SPORT 13 – 17 November Krieket: o/9 Trinity Cricket Festival

ALGEMEEN 21 – 23 November Gr. R-Boekuitstalling

27 November Gr. 1- tot gr. 6-afsluitingsfunksie

27 November Gr. 7-gedenkklokseremonie

29 November Gr. 7-Gold Reef City

AKADEMIE 10 – 27 Nov. Eksamen: Gr. 4- tot gr. 7-leerders

Page 2: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...€¦ · Skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-, sang- of klavierlesse! Resonanze Musiekskool, Berario Gemeenskapsentrum, 081 351-7491

2

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Vakature: Algemene werker Vereistes: Moet bouwerk en loodgieter werk kan doen Loodgieterwerk Algemene instandhouding van geboue en terrein Algemene herstelwerk Verf van geboue en strukture

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2017 Kontakpersoon: Mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2 / [email protected] Bouprojek Die bouprojek het begin. Die beheerliggaam is baie opgewonde oor die nuwe administratiewe kantore wat aangebou word. Ons vra asb. ouers, leerders en personeel se ondersteuning en “vasbyt” in die maande wat voorlê!

Johan Kilian Voorsitter: Beheerliggaam

AKADEMIE

Eksamenrooster

EKSAMENROOSTER: NOVEMBER 2017

DAG DAT. GRAAD 4 GRAAD 5 GRAAD 6 GRAAD 7

Vr. 17/11 Wiskunde Wiskunde Wiskunde (common) Wiskunde

Ma. 20/11 Engels Engels Engels (common) Engels

Di. 21/11 STUDIEDAG

Wo. 22/11 Geskiedenis Geskiedenis Geskiedenis Geskiedenis

Do. 23/11 STUDIEDAG Geografie

Vr. 24/11 Geografie Geografie Geografie SK

Ma. 27/11 LV LV LV Tegnologie

Eksamenreëlings Die leerders skryf daagliks tydens die eerste sessie eksamen. Gr. 4’s en gr. 5’s skryf in hul registerklasse en gr. 6’e en gr 7’s in die saal.

Dagrooster tydens eksamen

07:25 tot 07:45 Registerperiode en inneem van boeke

07:45 tot 08:00 Beweeg na saal

08:00 tot 10:15 Eksamen

10:15 tot 10:45 POUSE

10:45 tot 12:00 Studiesessie

12:00 tot 12:20 POUSE

12:20 tot 13:00 Studiesessie

Vir die duur van die eksamen kom die leerders om 13:00 uit.

Page 3: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...€¦ · Skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-, sang- of klavierlesse! Resonanze Musiekskool, Berario Gemeenskapsentrum, 081 351-7491

3 Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle vanaf 10:15 tot 10:45 kom uitteken. Die reëling geld reeds vanaf 10 November. Ons vra egter vriendelik dat ouers nie voor 10:00 hiervoor by die skool sal opdaag nie en ook nie na 10:45 leerders kom uitteken nie. Indien u nie u kind vroeër kan kom haal nie, kan u kind eers om 13:00 gehaal word. LET WEL: GR. 4- TOT GR. 7-LEERDERS WORD BY DIE AFDAKKE LANGS DIE HOOFINGANG

(MARKETSTRAAT) UITGETEKEN. Indien ouers nie self hul kind kom haal nie, maar ʼn drywer, vriend of familielid stuur, moet hulle in besit wees van ʼn brief wat aandui dat hulle magtiging het om die leerder te kom haal. Die naskoolsentrum funksioneer normaalweg tot en met Dinsdag 5 Desember. Die naskoolsentrum sal vir die res van die vakansie gesluit wees. Die eksamen duur tot en met 27 November. Vanaf Dinsdag 28 November tot Woensdag 6 Desember 2017 sal daar verskeie aktiwiteite beskikbaar wees vir die leerders om aan deel te neem. Hul sal ook die personeel help met die gereedmaking van die lokale vir 2018. Sommige van die personeel verskuif na ander klaskamers, tafels word afgeskuur en handboeke word gekontroleer. Die leerders kan vanaf 28 November LO-drag dra. Die rapporte sal op Woensdag 6 Desember 2017 tussen 07:30 en 08:00 by die registerklasse uitgedeel word. Op dié dag sluit die skool om 11:00. Indien u dan reeds met vakansie vertrek het,

moet ʼn gefrankeerde koevert vroegtydig by die registeronderwyser ingehandig word. Die koevert moet groot genoeg wees vir die jaarblad ook.

KULTUUR

SENIORKOOR

BELANGRIKE DATUMS 2018

Verpligte werkswinkel: 3 Februarie 2018

DRAMA

N.B. ALLE DRAMALEERDERS! Juf. Suné sal van 2018 af beskikbaar wees vir privaatlesse. Almal wat graag aan solo-items in LFK wil deelneem of aan die redenaars wil deelneem, kan haar skakel by 0741188030 vir verdere inligting. Groepklasse sal voortgaan in 2018.

REVUE-GROEPE 2018

BELANGRIKE INLIGTING Ons sal aan die begin van 2018 vir u alle inligting aangaande die afskop van ons beoogde revuegroepe in die Vinkie en op die School Communicator plaas. Ons is tans in die beplanningsfase en behoort teen vroeg volgende jaar die oudisieproses te begin. Alle leerders wat belangstel en hou van beide sing en dans, moet hulle nuusbriewe dophou vir die inligting. Ons is baie opgewonde oor die nuwe geleentheid wat van volgende jaar af vir ons kultuurleerders geskep gaan word. Hoop ons sien baie van julle by die oudisies.

Page 4: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...€¦ · Skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-, sang- of klavierlesse! Resonanze Musiekskool, Berario Gemeenskapsentrum, 081 351-7491

4

SPORT

ATLETIEK

Atletiekseisoen open eers weer in Januarie 2018. Oefenprogramme is op die School Communicator geplaas onder Bronne / Sport: Atletiek.

RUGBY

Rugbyvaardighede Huidige o/9-, o/10-, 0/11- en o/12-seuns gaan gedurende die eksamen rugbyvaardighede oefen ter voorbereiding vir 2018 seisoen. Bywoning van oefeninge is egter nie verpligtend nie.

DATUM TYE: o/9’s TYE: o/10-; o/11- en o/12-seuns

20 Nov. 13:00 – 14:00 10:15 – 11:15

22 Nov. 13:00 – 14:00 10:15 – 11:15

HOKKIE

D10-HOKKIE Baie geluk aan die volgende leerders wat na die tweede rondte proewe in 2018 genooi is: Dogters o/12: Annika Dirker Megan Fritz Ellie Knobel René Naudé Lione Pretorius Mika Theron Mia van Niekerk

Dogters o/13: Jessica Goosen Inge Schoeman Kara Schreuder

Seuns o/12: Hannes Alberts Diaan Rooseboom Richard Steenkamp Nelius van Graan Tyron van Schelt

Seuns o/13: Ethan Ceronio Andries de Kock Darian Leite

ALGEMEEN

VERE-KAS

Vere-kas-tye (gedurende die eksamen)

MAANDAG WOENSDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Let asb daarop dat die Verekas gedurende die eksamen slegs in die oggende oop sal wees op dié

dae wat die seniors eksamen skryf.

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige navrae in verband met die Vere-kas.

Page 5: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...€¦ · Skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-, sang- of klavierlesse! Resonanze Musiekskool, Berario Gemeenskapsentrum, 081 351-7491

5

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Blouklas: Matthew Joubert Groenklas: Carla du Toit Oranjeklas: Minke Beck

Persklas: Harold Smit Geelklas: Milah Neveling Rooiklas: Channiel Keyter

STERRE VAN DIE WEEK

Gr. 1/14 Maddison Burgess Gr. 1/22 Carla Haasbroek Gr. 1/24 Larissa Bouwer

Gr. 1/25 Roxanne Nortjé Gr. 1/26 Shané v Heerden Gr. 1/27 Ryan vd Straaten

Gr. 2/15 llze v Niekerk Gr. 2/16 Marku Venter Gr. 2/17 Zanelle Balt

Gr. 2/18 Danika Strauss Gr. 2/21 Duané Coetzee Gr. 2/23 De Wet le Roux

Gr. 3/12 Ru-Zayne Lottering Gr. 3/13 Lijan Smal Gr. 3/28 Caiden Bouwer

Gr. 3/29 Llewellen Haasbroek Gr. 3/45 Lumé Erusmus Gr. 3/46 Amy Erasmus

GOEIE GEDRAG

Isabella vd Venter Gr. 6/32 Shanae Fourie Gr. 4/48

PRYSUITDELING

Ek bedank die volgende persone:

Amanda McQueen van “No shrinking violet” vir die pragtige blomme tydens die toekenningsaande. Jou pragtige rangskikkings is elke jaar voortreflik!

Die voorsittermammas vir die heerlike bederfgeskenke vir die besige onderwyser/es.

Ewald Taljaard van Ewald Taljaard Photography vir die neem van die foto’s: jou tyd en moeite hiermee word waardeer.

Riana Naudé, Erika Steyn, Lila Botha, Jeanine du Toit, Diana Janse van Rensburg, Debbé Potgieter, Ilana Landman, Kobie Swart, Sandra van Dyk en Marilet Vosloo wat verversings vir die ouers en leerders met die gr. 7-toekenningsaand so keurig voorgesit het. Dit was baie spesiaal.

Morné Brandon en Zenéy van der Walt, oud-leerders, wat tydens die gr. 4- tot gr. 7-toekenningsaande gehelp het met die uitdeel van die spesiale toekennings. Dit was ‘n voorreg om sulke pragtige sportsterre hier by ons terug te verwelkom. Julle is beslis rolmodelle waarna ons Fairland-leerders kan opkyk!

Elke leerder wat so hard gewerk het deur die jaar: Ons is baie trots op julle!

Elke ouer/voog/familielid wat die toekennings bygewoon het: dit is en bly spesiaal vir elke kind!

Mnr. Jaco van Rooyen en me. Lindsay Stadtlander vir julle hulp met die aanmekaarsit van foto’s vir die skyfievertoning. Dit is ‘n herinnering wat die gr. 7’s met hul kan saamdra.

Die graad-organiseerders (Theresa Schutte, Lizahn le Roux, Linda Dangoumou en Corisa Niemand) en al die kollegas wat ingespring en gehelp het waar nodig, al was dit net om koffie aan te dra, ‘n briefie te kom skryf of ‘n ekstra raam betyds te koop.

Me. Louisa van Rensburg vir die tik van al die spesiale toekennings se sertifikate en druk van al die ander sertifikate. Jy is elke jaar ‘n ware staatmaker! Ek gaan jou vir 2018 se prysuitdeling laat “invoer!”

Mnr. Willie Goosen, me. Marilet Vosloo, mnre. Servaas Nel, Ebbe le Roux en Dean Benadie: baie dankie vir julle ondersteuning en hulp met die raakvat van elke toekenningsgeleentheid.

Beheerliggaam: Dankie vir julle teenwoordigheid en belangstelling in ons leerders.

Mnr. Jaco van Rooyen wat gesorg het dat die klank doeltreffend werk, die ligte aangeskakel is, die lugversorger op die regte temperatuur gestel is, ens.

Baie dankie aan Eurette Theart wat my so ondersteun het ....... jy raak nou vinnig my regterhand!

Lizzie wat elke jaar so getrou help om al die drukwerk wat ‘n toekenningsgeleentheid behels, betyds en keurig klaar te kry.

Al die helpers wat elke dag gesorg het dat die saal skoon, netjies en gereed is vir die volgende funksie. Baie dankie! Leanie Taljaard

Page 6: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...€¦ · Skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-, sang- of klavierlesse! Resonanze Musiekskool, Berario Gemeenskapsentrum, 081 351-7491

6

ADVERTENSIES

Die skool is genader deur onderstaande persoon/maatskappy om ‘n advertensies te plaas wat ons wel gedoen het. Ons wil net graag onder u aandag bring dat die redaksie/skool geen verantwoordelikheid aanvaar vir enigiemand wat besigheid met hierdie persoon/maatskappy doen nie. Dié persoon/maatskappy kom nie sy/hul finansiële verpligtinge ten opsigte van dienste gelwer, na nie!

[email protected] Vaughan 076-310-4823

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL

Dis HEERLIKE LENTE ~ kom ons vier dit met musiek! Skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-, sang- of

klavierlesse! Resonanze Musiekskool, Berario Gemeenskapsentrum, 081 351-7491

[email protected]

ADVERTENSIEBORDE

Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar:

Spasies beskikbaar: 1.18m x 0.46m (Koste: R1700 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.)

Kontakpersoon: Karén Reyneke ([email protected])

AU PAIR BENODIG

Ons het ‘n au pair nodig gedurende die skoolkwartaal vir twee kinders, verkieslik iemand wat in die

Fairlandarea woon. Kontak Lilané le Grange by 073 186 1871 vir meer inligting.

Page 7: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...€¦ · Skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-, sang- of klavierlesse! Resonanze Musiekskool, Berario Gemeenskapsentrum, 081 351-7491

7

MEENTHUIS TE HUUR IN STRUBENSVALLEI

Beskikbaar 1 November 2017. 3 slaapkamers; 2 badkamers; 2 leefareas; Jacuzzi. Park vir die gebruik

van huurders. Naby Retail Crossing in Hendrik Potgieterstr. Huur R10500, water en ligte uitgesluit.

Benodig deposito gelykstaande aan 1 maand se huur. Kontaknommer 082 451-9287

Page 8: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...€¦ · Skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-, sang- of klavierlesse! Resonanze Musiekskool, Berario Gemeenskapsentrum, 081 351-7491

8

Page 9: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...€¦ · Skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-, sang- of klavierlesse! Resonanze Musiekskool, Berario Gemeenskapsentrum, 081 351-7491

9

Page 10: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...€¦ · Skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-, sang- of klavierlesse! Resonanze Musiekskool, Berario Gemeenskapsentrum, 081 351-7491

10